• No results found

HOOFSTUK 6: VERWERKING, ONTLEDING EN INTERPRETASIE

6.7 Geldigheid en betroubaarheid

Geldigheid verwys na die mate waarin ʼn toets meet wat dit veronderstel is om te meet. Geldigheid van konstrukte is verseker deur gebruik te maak van faktor-analises wat ook as datareduksie gebruik is. Geldigheid dui op die mate van akkuraatheid van die meetinstrument. Die vraag wat gestel is, moet ondubbelsinnig wees en meet wat gemeet moet word.

Tabel 6.4: Konstrukte by afdeling C1 na datareduksie

Afdeling Konstruk Items

C1 Produkspesifikasie

Prestasie van leweransiers

Hoeveel om te betaal vir die produk/diens? Waar om aan te koop?

Aankoop of huur van produkte en dienste

C1 Aankoopproses

Wat om te koop? Produkspesifikasie Hoeveelheid aangekoop Voorraadvlakke

C1 Tender Die opsie om gebruik te maak van ʼn tenderproses

By afdeling C1 is nege items na datareduksie gereduseer na 3 konstrukte (Sien tabel 6.4).Kaiser se mate van steekproeftoereikendheid (MSA) is bereken om te bepaal of die faktorontleding toereikend is. Vir afdeling C1 is ʼn MSA waarde van 0.73 bereik. Volgens Hair et al. (1998:99) is ʼn MSA-waarde van 0.73 middelmatig. Volgens Field (2009:647) is ʼn MSA-waarde van bo 0.5 aanvaarbaar, dus was die faktorontleding toereikend. Verder is die persentasie variansie verklaar 68,85%, wat aanvaarbaar is. Kommunaliteite is die geskatte variansie wat teenwoordig is van die komponente van die items wat behou is na die faktorontleding (Field, 2009:660). Laastens wissel die kommunaliteite tussen 0.47 en 0.81.

Tabel 6.5: Konstrukte by afdeling C2 na datareduksie

Afdeling Konstruk Items

C2

Aankoopvloei

Aankoopnavorsing Proses van bestellings Standaardisasie

Skedulering van aankope

Aankoopbeplanning

Aankope

Bepaal aankoophoeveelhede Bepaal aankoopwagtye Ontvangs en inspeksie

Leweransiers Prosessering van fakture

By afdeling C2 is tien items na datareduksie gereduseer na 3 konstrukte (Sien tabel 6.5). Kaiser se mate van steekproeftoereikendheid (MSA) is bereken om te bepaal of die faktorontleding toereikend is. Vir afdeling C2 is ʼn MSA-waarde van 0.74 bereik. Volgens Hair et al. (1998:99) is ʼn MSA-waarde van 0.74 middelmatig. Volgens Field (2009:647) is ʼn MSA-waarde van bo 0.5 aanvaarbaar, dus was die faktorontleding toereikend. Verder is die persentasie variansie verklaar (69.14%), wat aanvaarbaar is. Kommunaliteite is die geskatte variansie wat teenwoordig is van die komponente van die items wat behou is na die faktorontleding (Field, 2009:660). Laastens wissel die kommunaliteite tussen 0.49 en 0.86.

Tabel 6.6: Konstrukte by afdeling E1 na datareduksie

Afdeling Konstruk Items

E1 Aankoopnavorsing Aankope en onderhandeling Aankoopnavorsing Opvolging en versnelling Administrasie Aankoopbeplanning Ontvangs en inspeksie Produksiebeplanning Voorraadbestuur

By afdeling E1 is ses items na datareduksie gereduseer na 2 konstrukte (Sien tabel 6.6). Kaiser se mate van steekproeftoereikendheid (MSA) is bereken om te bepaal of die faktorontleding toereikend is. Vir afdeling E1 is ʼn MSA-waarde van 0.66 bereik. Volgens Hair et al. (1998:99) is ʼn MSA-waarde van 0.66 middelmatig. Volgens Field (2009:647) is ʼn MSA-waarde van bo 0.5 aanvaarbaar, dus was die faktorontleding toereikend. Verder is die persentasie variansie verklaar 69.5%, wat aanvaarbaar is. Kommunaliteite is die geskatte variansie wat teenwoordig is van die komponente van die items wat behou is na die faktorontleding (Field, 2009:660). Laastens wissel die kommunaliteite tussen 0.5 en 0.85.

Tabel 6.7: Konstrukte by afdeling F1 na datareduksie

Afdeling Konstruk Items

F1

Kliëntbehoeftes

Beskikbaarheid van produkte Leweransiersprestasie Kliëntesorg

Leweransiersfokus

Beperkte aantal leweransiers Die gebruik van tussengangers Hoeveelheidsafslag

By afdeling F1 is ses items na datareduksie gereduseer na 2 konstrukte (Sien tabel 6.7). Kaiser se mate van steekproeftoereikendheid (MSA) is bereken om te bepaal of die faktorontleding toereikend is. Vir afdeling F1 is ʼn MSA-waarde van 0.71 bereik. Volgens Hair et al. (1998:99) is ʼn MSA-waarde van 0.71 middelmatig. Volgens Field (2009:647) is ʼn MSA-waarde van bo 0.5 aanvaarbaar; dus was die faktorontleding toereikend. Verder is die persentasie variansie verklaar (71,92%), wat aanvaarbaar is. Kommunaliteite is die geskatte variansie wat teenwoordig is van die komponente van die items wat behou is na die faktorontleding (Field, 2009:660). Laastens wissel die kommunaliteite tussen 0.66 en 0.84.

Tabel 6.8: Konstrukte by afdeling F2 na datareduksie

Afdeling Konstruk Items

F2

Leweransiersdienste

Tekort aan produkte en dienste in die mark Swak afleweringsdienste van leweransiers Min leweransiers in die mark

Swak na-verkoopdiens van leweransiers Bestelling kan nie opgevolg word nie Investering in voorraad word vereis

Prysvorming en oligopolie by leweransiers Wetlike regulasies

Beperkte produksiekapasiteit van leweransiers Mededingers in beter aankoopposisie

Aankoopbeleid

Invoerbeleid

Sanksies en boikotte

By afdeling F2 is 13 items na datareduksie gereduseer na 2 konstrukte (Sien tabel 6.8). Kaiser se mate van steekproeftoereikendheid (MSA) is bereken om te bepaal of die faktorontleding toereikend is. Vir afdeling F2 is ʼn MSA-waarde van 0.86 bereik. Volgens Hair et al. (1998:99) is ʼn MSA-waarde van 0.86 verdienstelik. Volgens Field (2009:647) is ʼn MSA-waarde van bo 0.5 aanvaarbaar, dus was die faktorontleding toereikend. Verder is die persentasie variansie verklaar 70%, wat aanvaarbaar is. Kommunaliteite is die geskatte variansie wat teenwoordig is van die komponente van die items wat behoue is na die faktorontleding (Field, 2009:660). Laastens wissel die kommunaliteite tussen 0.56 en 0.84.

Tabel 6.9: Konstrukte by afdeling F3 na datareduksie

Afdeling Konstruk Items

F3

Onvoldoende tegnieke en ondervinding

Onvoldoende mannekrag Swak aankooptegnieke

Tekort aan onderhandelingsvaardighede

Onvoldoende kennis van aangekoopte produkte en dienste Ontoereikende inligtingsisteme

Beperkte opbergingsruimte

Ontoereikende administratiewe prosedures

Swak

aankoopvaardighede

Groot getal dringende en nood bestellings Min prestasie-evaluering van leweransiers Onvoldoende spesifikasies

Rekwisisie met onvolledige inligting Swak bestuursbesluite deur topbestuur

By afdeling F3 is 12 items na datareduksie gereduseer na 2 konstrukte (Sien tabel 6.9). Kaiser se mate van steekproeftoereikendheid (MSA) is bereken om te bepaal of die faktorontleding toereikend is. Vir afdeling F3 is ʼn MSA-waarde van 0.78 bereik. Volgens Hair et al. (1998:99) is ʼn MSA-waarde van 0.78 verdienstelik. Volgens Field (2009:647) is ʼn MSA-waarde van bo 0.5 aanvaarbaar, dus was die faktorontleding toereikend. Verder is die persentasie variansie verklaar 73,22 %, wat aanvaarbaar is. Kommunaliteite is die geskatte variansie wat teenwoordig is van die komponente van die items wat behou is na die faktorontleding (Field, 2009:660). Laastens wissel die kommunaliteite tussen 0.53 en 0.92.

6.7.2 Betroubaarheid

Betroubaarheid verwys na die mate van konsekwentheid en/of akkuraatheid waarmee ʼn meetinstrument meet. Betroubaarheid van konstrukte is verseker deur Cronbach alfa waardes te bereken (Field, 2009:675). ʼn Vraag is betroubaar wanneer ʼn respondent op verskillende geleenthede dieselfde respons sal gee op die vraag of wanneer twee respondente die vraag dieselfde sal interpreteer. Onduidelike en dubbelsinnige bewoording moet vermy word sodat respondente op verskillende tye die vraag op dieselfde wyse sal interpreteer. Die Cronbach alfa koeffisiënte van konstrukte volg in tabel 6.10. Na aanleiding van die Cronbach Alfa koeffisiënt is die volgende gevind:

Tabel 6.10: Cronbach Alfa koeffisiënte van konstrukte

Konstruk Cronbach alfa

Produkspesifikasie 0.83 Aankoopproses 0.71 Aankoopvloei 0.77 Aankoopbeplanning 0.77 Leweransiers 0.39 Aankoopnavorsing 0.74 Stoorkamer beplanning 0.83

Let daarop dat Tender net uit 1 item bestaan en dus kan Cronbach alfa nie bereken word nie. Volgens Field et al. is al die konstrukte betroubaar want Cronbach alfa waardes van al die konstrukte is bo 0.6.