• No results found

Gedrags en emosionele probleme van die kinderhuiskind as gevolg van

Die meeste kinders in ‘n kinderhuis het een of ander vorm van kindermishandeling of kinderverwaarlosing beleef voor hul plasing in die kinderhuis. Die verlede van hierdie kinders dra by tot ‘n groter risiko vir gedrags- en emosionele probleme. Volgens verskeie studies wat met behulp van die Child Behavior Checklist en die Youth Self

Report toetse gedoen is, is daar bevind dat kinders binne ‘n kinderhuis ‘n baie hoër

voorkoms van gedrags- en emosionele probleme openbaar teenoor kinders wat in hul ouerhuise woonagtig is (Kjelsberg & Nygren, 2004:319-323). Fourie (2004:37) ondersteun hierdie stelling deur te noem dat kinders in ‘n kinderhuis verskeie sosiale en emosionele probleme ervaar as gevolg van hul geskiedenis van mishandeling, verwaarlosing, verwerping en ontwrigting tydens die plasing in die kinderhuis. Aanhoudende skeiding vanaf die primêre versorger veroorsaak trauma wat tot onstabiliteit aanleiding kan gee. Onstabiliteit lei weer tot gedragsprobleme en identiteitsprobleme.

Carey (2006:1) noem ‘n lys van gedrags- en emosionele probleme wat by die kinderhuiskind kan ontstaan as gevolg van trauma wat deur die kind beleef word: depressie, weghardloop, akademiese agterstand, seksuele en fisiese geweld, en bednatmaak/enurese. Hierdie probleme is almal gedrags- en emosionele probleme wat vervolgens bespreek gaan word.

3.3.1 Gebrekkige gehegtheid

Gehegtheid is ‘n spesiale band tussen twee persone. Gehegtheid is ‘n diep en langdurige emosionele konneksie wat tussen ‘n kind en ‘n versorger ontwikkel in die eerste paar jare van die kind se lewe. Dit beïnvloed elke komponent van die menslike toestand – die geheue, liggaam, emosies, verhoudings en waardes. Gehegtheid aan ‘n beskermende en liefdevolle versorger wat leiding en ondersteuning verskaf is ‘n basiese behoefte van alle mense. Wanneer ‘n kind gehegtheid aan die primêre versorger beleef voel die kind veilig en versorg. Indien die gehegtheid ontbreek beleef die kind gemengde gevoelens teenoor hierdie primêre versorger (Holmes, 1995:67).

Die eerste paar jaar van ‘n kind se lewe is die kritieke ontwikkelingsvlak waarbinne ‘n kind basiese vertroue, ‘n gewete en kognitiewe vaardighede ontwikkel. Baie kinders

ervaar egter nie ‘n hegte binding met ‘n liefdevolle, betroubare en beskermende versorger nie en word gelos sonder die noodsaaklike fondamente vir ‘n gesonde ontwikkeling. Hierdie kinders bots dikwels met die gereg oor verskeie probleme en het ‘n hoë risiko om weer eendag hierdie siklus met hul eie kinders voort te sit. Kinders wat hulle lewe begin met verwronge bindings word dikwels impulsief, kwaad, aggressief en geweldadig, hulle het ‘n gebrek aan empatie en aan ‘n gewete en hulle is nie in staat om ware liefde en affeksie te gee of te ontvang nie.

Die bekendste oorsake van gebrekkige gehegtheid word in drie kategorieë groepeer: die ouer of versorger se bydrae, byvoorbeeld mishandeling, verwaarlosing, depressie of sielkundige afwykings; die kind se bydrae, byvoorbeeld ‘n moeilike temperament, vroeggeboorte, fetale alkohol sindroom; en die omgewing se bydrae, byvoorbeeld armoede of ‘n stresvolle en geweldadige huis of gemeenskap. Die mees algemeenste oorsaak van gebrekkige gehegtheid is mishandeling, verwaarlosing, verskeie plasings en ander langdurige skeidings van die primêre bindingsfiguur (byvoorbeeld as die primêre bindingsfiguur in die hospitaal of tronk is) (Levy, 2004:9). Bukatko en Daehler (2004:413-415) ondersteun hierdie laasgenoemde mening deur ook die oorsake van gebrekkige gehegtheid te gee as vroeë geboorte, aannemings en pleegsorg, kindermishandeling en emosionele ervarings. Vondra en Barnett (1999:4) assosieer gebrekkige gehegtheid met probleemouers en probleme in sosiale en emosionele aanpassing. Dit beklemtoon dus dat ‘n kind in ‘n kinderhuis maklik hierdie gebrekkige gehegtheid kan ontwikkel, aangesien daar meer as een van die bogenoemde oorsake betrokke is wanneer ‘n kind in ‘n kinderhuis geplaas is.

Die gebrekkige gehegtheidsteorieë beklemtoon dat die ontwikkelende kind se vroeë bindingservarings die persoonlikheidsfunksionering en verhoudings van die kind dwarsdeur sy/haar lewe affekteer. Dit lei ook die kind se gedrag en emosionele reaksies en skep ‘n basis vir toekomstige interaksies (Levy, 2004:6-9; Poehlmann, 2005:679).

Verwaarloosde, mishandelende en nie-reagerende versorgers produseer buite- beheer, aggressiewe, depressiewe kinders sonder hoop teen die ouderdom van twee tot drie jaar. Hierdie kinders verloor gereeld hul humeur, is impulsief en soek desperaat na aandag deur negatiewe gedrag. Hulle is rusteloos, geïrriteerd, het ‘n kort aandagspan en toon ‘n lae frustrasietoleransie reeds tydens die voorskoolse jare. Teen die ouderdom van vyf, is hulle kwaad, opponerend en toon ‘n gebrek aan

entoesiasme om te leer. Hul onvermoë om hulle impulse en emosies te beheer lei tot aggressie en ‘n gebrek aan gesonde verhoudings. Teenoor kinders wat hegte bindings ervaar, is kinders sonder hegte bindings baie meer aggressief, ontwrigtend en anti-sosiaal. Dit is hierdie kinders wat ‘n groter risiko het om ernstiger probleme te ontwikkel (Levy, 2004:10-11). Die afwesigheid van hegte bindings veroorsaak dus dat die kind nie emosionele en sosiale welstand ten volle kan beleef nie (Vondra & Barnett, 1999:97).

Seksuele mishandeling is ook ‘n groot oorsaak wat lei tot probleme om bindings te vorm. Soos reeds bespreek sluit die geskiedenis van ‘n kinderhuiskind dikwels seksuele molestering in as bydraende faktor wat gelei het tot die plasing van ‘n kind in ‘n kinderhuis. Earl-Taylor en Thomas (2003:2-3) het ‘n studie gedoen oor die langtermyneffek van seksuele mishandeling op jong kinders. Volgens hulle skep die ondervindings wat plaasvind op ‘n jong ouderdom die fondament vir ‘n leeftyd. Wanneer die oorspronklike ondervindinge van ‘n kind met die primêre versorger vrees, onvoorspelbaarheid, pyn en abnormale geslagsensasies insluit, skep dit ‘n wanpersepsie van seksualiteit. Die kind kan abnormale assosiasies maak tussen geslagsaanraking en vrees, wat dan die fondament lê vir probleme in sy/haar seksuele ontwikkeling. In die geval waar bloedskande plaasvind, sal die kind lewenslank sukkel met intimiteit, vertroue, aanraking en bindings - die hoof elemente vir gesonde funksionering en ontwikkeling deur die lewenssiklus. Dit is duidelik dat die verwronge binding wat ontstaan as gevolg van seksuele mishandeling ‘n nadelige invloed sal hê op alle toekomstige verhoudings, veral in die areas van intimiteit, vertroue en vermoë om bindings te vorm.

3.3.2 Materne deprivasiesindroom

Volgens (Goldenring, 2004:1) is materne deprivasiesindroom wanneer ‘n jong kind verwyder word vanaf die biologiese moeder. Materne deprivasiesindroom is ‘n sindroom wat lei tot ‘n mislukking om uit te blink in alle aspekte van die lewe as gevolg van die skeiding vanaf die biologiese moeder. Ongeveer twee derdes van alle gevalle word veroorsaak indien die kind nie ‘n goeie verhouding met die primêre versorger het nie, armoede, kindermishandeling en ouers wat nie belangstel in die toepaslike versorging van hul kind nie. Volgens Holmes (1995:37-38) is dit ‘n reeds bewysde feit dat langdurige deprivasie van ‘n kind van materne versorging ‘n ernstige effek op sy/haar karakter sowel as op die res van sy/haar lewe kan hê. Die

totale gebrek aan materne versorging het amper altyd ‘n beskadigende bydrae en ernstige langtermyngevolge op die kind. Studies oor kinders wat in ‘n kinderhuis grootword, het ook al bewys dat die kinders meer aandag vereis, rusteloos is, ongehoorsaam optree en meer geneig is om depressie te ontwikkel as gevolg van materne deprivasie. Materne deprivasie sindroom is dus ‘n emosionele- en gedragsprobleem wat voorkom as gevolg van die skeiding vanaf die moeder figuur wat die kinderhuiskind beleef (Holmes, 1995:51).

3.3.3 Bednatmaak/Enurese

Enurese word slegs as ‘n afwyking beskou as die kind reeds 5 jaar oud is en die probleem vir ongeveer ‘n jaar of langer duur. Dit word primêre enurese genoem as dit vanaf geboorte voortduur en sekondêre enurese as dit tussen die ouderdom van 5 en 8 jaar begin (eMedicineHealth, 2007:1). Volgens Women at the Summit (2005:1) kan enurese ‘n reaksie wees op ‘n emosionele konflik wat die kind ervaar. Sielkundiges dui dikwels aan dat kinders hulle bed begin natmaak gedurende tye van konflik by die huis. Faktore soos om ‘n ouer te verloor of na ‘n vreemde plek soos ‘n kinderhuis geneem te word, veroorsaak onsekerheid by die kind wat kan lei tot bednatmaak. Dit is dus belangrik om die kind se omstandighede deeglik te ondersoek wanneer hierdie probleem vorendag kom. Die American Academy of Child and Adolescent Psychiatry (2002:1) is ook van mening dat daar verskeie

emosionele oorsake is hoekom kinders hulle bed natmaak. Bednatmaak kan gebeur as gevolg van nuwe vrese en onsekerhede soos om te trek na ‘n nuwe woonplek of wanneer die kind ‘n ouer of iemand waarvoor die kind baie lief was, verloor. Beide hierdie oorsake stem ooreen met die plasing in ‘n kinderhuis, die kind beweeg na ‘n nuwe woonplek naamlik die kinderhuis, en word weggeneem vanaf almal waarvoor die kind lief is.

Volgens Strydom (1970:208) kom enurese ook voor as gevolg van ‘n lae selfbeeld. Volgens hom moet die kind gehelp word om selfvertroue op te bou, die kind moet in staat wees om ‘n binding te vorm met ‘n belangrike persoon en die kind se lewe moet so ontspanne as moontlik gemaak word. Hierdie is nie altyd maklik nie, aangesien die kind in ‘n kinderhuis grootword en daar nie altyd ‘n persoon beskikbaar is om die kind intensief by te staan en te help nie. Intervensie is dus van uiterste belang wanneer hierdie tipe probleem voorkom by ‘n kinderhuiskind.

Behalwe van die algemene probleem om die beddegoed om te ruil, moet hierdie probleem met simpatie hanteer word, aangesien dit die kind se selfbeeld affekteer. Positiewe verandering is waargeneem in kinders wat effektiewe intervensie ontvang het. Toepaslike intervensie is dus van uiterste belang om hierdie probleem te help oorkom (American Academy of Child and Adolescent Psychiatry, 2002:1).

3.3.4 Dros

Volgens Strydom (1970:204-207) is daar hoofsaaklik drie hoofredes hoekom kinders wegloop vanuit ‘n kinderhuisopset. Die eerste is as daar ‘n sterk binding of verlange na die ouerhuis is. Indien daar niemand in die kinderhuis is met wie die kind ‘n binding kan vorm nie is daar geen rede vir die kind om in die kinderhuis te bly nie. As die ouers ook vir ‘n lang periode nie kom kuier het nie, loop die kind dikwels huis toe om die verwerping teen te werk en die primêre versorger se aandag op hom/haar te vestig. Tweedens loop die kinderhuiskind weg om ‘n spesifieke doel buite die inrigting te verwesenlik. Seuns loop dikwels weg om ‘n daad te pleeg, byvoorbeeld diefstal. Dogters loop dikwels weg om ‘n seksuele behoefte te bevredig. Wanneer ‘n meisie verwerping beleef wend sy haar dikwels tot die teenoorgestelde geslag in ‘n poging om die verwerping te oorkom. Die derde rede vir wegloop is wanneer die kind nie inpas by die kinderhuis nie. Die kind het dikwels swak verhoudings met die personeel en ander kinders of die kind se ingesteldheid teenoor die kinderhuis is negatief.

3.3.5 Vloek/Skeltaal

Volgens Downs, Blagojevic, Labas, Kendrick en Maeverde (2005:43-44) vloek kinders as gevolg van hulle emosionele behoeftes, blootstelling aan hierdie taal en omgewingstoestande. Wanneer die emosionele behoeftes bespreek word kom dit na vore dat kinders dikwels nie weet hoe om hulle gevoelens anders uit te druk nie, byvoorbeeld as hulle kwaad, gefrustreerd of hartseer voel. Wanneer ‘n kind blootstelling kry aan hierdie taal, sal hulle dit benut om oorsaak en gevolge te toets. Soos die kind meer onafhanklik raak besef die kind ook dat volwassenes nie kan beheer wat hulle sê nie en dan toets hulle die beperkings. Vir ouer kinders is vloek dieselfde as enige ander wangedrag, hulle doen dit omdat hulle ontsteld of ongelukkig is. Vloek en skeltaal kom algemeen by die kinderhuiskind voor, veral net na die plasing. Die kind wat in die kinderhuis geplaas word kom meestal uit onstabiele huishoudings waar vloek en skeltaal algemeen voorgekom het. Die kind

het dus nie ‘n begrip van watter taal reg en watter taal verkeerd is nie. Indien die kinderhuis ‘n hoë vlak van morele waardes het, en verkeerde taalgebruik gestraf word, is dit wel moontlik om hierdie tipe probleem te oorkom (Children, youth and women’s services, 2007:2).

3.3.6 Akademiese onderprestering

Navorsing deur Martin en Jackson (2002:121-125) oor die afgelope twintig jaar het bewys dat kinders in ‘n kinderhuis agter raak op skool, minimaal goeie akademiese kwalifikasies behaal en baie minder geneig is om na skool verder te studeer. Volgens Lubbe (2003:25) is institusionele versorging van kinders tussen die jare 1999 en 2003 katastrofies van aard in Suid-Afrika. Volgens statistieke sal slegs een uit 300 gekommitteerde kinders naskoolse opleiding aan ‘n ontvang. Kinders wat vir langer as ‘n jaar in ‘n kinderhuis is sal ongeveer twee jaar agter wees met leesvaardighede en ‘n jaar agter met wiskunde.

Martin en Jackson (2002:121-125) bewys egter dat ‘n klein hoeveelheid kinders vanuit die kinderhuis wel akademies presteer. ‘n Studie oor ‘n vier jaar lange periode het bewys dat kinders in ‘n kinderhuis dertien keer meer geneig is om spesiale akademiese behoeftes te hê. Tesame met ander faktore dra die onstabiliteit van ‘n kinderhuis, die geskiedenis van mishandeling en verwaarlosing, en die lae verwagtinge van versorgers en onderwysers by tot die akademiese onderprestering. Die risiko vir jong persone in ‘n kinderhuis om swak te presteer is so hoog, dat dit belangrik is vir hierdie kinders om ‘n netwerk van ondersteunende verhouding op te bou wat omgee vir hulle en hul akademiese vordering. Tydens laasgenoemde outeurs se navorsing het dit na vore gekom dat die betrokkenheid van ‘n maatskaplike werker ‘n groot bydrae kan lewer. Dit is egter belangrik dat die betrokke kinderhuiskinders die maatskaplike werker vrylik kan kontak vir ondersteuning en advies en so ook moet die maatskaplike werker die kind gereeld kontak en ‘n opregte belangstelling toon in die welsyn en die akademiese vordering van die kind (Martin & Jackson, 2002:121-125).

Volgens Scott (2005:9) het die dood van ‘n ouer ‘n negatiewe effek op die kind se akademiese prestasie. Studies het bewys dat ‘n kind ongeveer ‘n derde van ‘n jaar agterstand kry direk na die dood van ‘n ouer. Kinders word dikwels in ‘n kinderhuis geplaas as gevolg van die dood van ‘n ouer. Hierdie kinders het dan reeds ‘n akademiese agterstand by die plasing. Intervensie moet onmiddellik aan hierdie

kinders gelewer word om hulle sodoende te help om die dood van die ouer te verwerk.

3.3.7 Seksuele geweld

Volgens Triggle (2007:1-2) openbaar kinders van so jonk as 5 jaar oud reeds seksueel ontoepaslike gedrag. Hy is van mening dat hierdie kinders self al trauma soos seksuele mishandeling beleef het. Kinderhuiskinders is dikwels blootgestel aan ‘n vorm van seksuele mishandeling voor die kinderhuisplasing en is dus geneig om self seksueel ontoepaslike gedrag te openbaar. Gerretsen (2007:1) gee statistieke van misdade wat deur jong kinders gepleeg word. By jong seksuele oortreders is 88% self blootgestel aan huishoudelike geweld. Alle jong seksuele oortreders het al een of ander vorm van emosionele geweld of verwaarlosing beleef.

Verskeie studies deur The office of Trauma Service (2001:3-4) het bewys dat die meeste geweldadige persone as kinders fisies of seksueel mishandel is en dat kinders vanaf geweldadige huise is 24 keer meer geneig om seksuele misdade te pleeg as kinders vanaf nie-geweldadige huise. Dieselfde tendens geld vir fisiese geweld.

3.3.8 Fisiese geweld

Volgens Triggle (2007:1-2) is kinderhuiskinders dikwels blootgestel aan ‘n vorm van geweld voor die kinderhuisplasing en is dus geneig om self geweldadig op te tree. Du Plessis (2006:5) beweer dat misdaad wat deur kinders gepleeg word aan die toeneem is, baie geweldadiger word en op ‘n jonger ouderdom gepleeg word.

Volgens Barry (2000:1) toon kinders wat vanaf geweldadige huise kom, beide die wat self slagoffers van geweld was en die wat geweld waargeneem het, gedragsprobleme in die vorm van aggressie as effek van die geweld. Soos reeds bespreek kom kinderhuiskinders dikwels vanaf huise waar hulle blootgestel was aan geweld en mishandeling. Geweld is dus vir hulle normaal en natuurlik. Kinders wat woede en frustrasie beleef as gevolg van onvervulde behoeftes reageer op verskeie maniere, soos om te steel, middele te misbruik en geweldadig op te tree teenoor ander kinders. Psychology Today (1995:1) beklemtoon dat kinders wat betrokke is by geweld meestal uit onstabiele gesinne met multi-probleme kom. Verder sê

Psychology Today (1995:1) dat aggressie vroeg geïdentifiseer moet word sodat

ondersteun ook hierdie mening deur voorbeelde te noem wat daarop dui dat kinders wat blootgestel was aan geweld of slagoffers van geweld was, meer geneig is om self geweldadig op te tree. Hulle noem dat die uitreagering van kinders wat slagoffers was, die grootste oorsaak is van geweld in ons samelewing. Bewyse hiervan is as volg: verskeie studies deur The office of Trauma Service het al bewys dat die meeste geweldadigers as kinders mishandel is; 85% van seuns en meisies wat in ‘n jeugsentrum opgeneem is as gevolg van geweldadige optrede, het self ‘n geskiedenis van trauma; en sonder hulp, kan ‘n derde van die kinders wat mishandel word die siklus voortsit en self ook ander mishandel.

Indien ‘n kind dus geweldadig optree in die kinderhuis moet daar in gedagte gehou word dat dit nie alleenlik die kind se skuld is nie, maar ook die agtergrondomstandighede van die kind wat veroorsaak dat die kind op hierdie manier ontslae raak van sy/haar emosies en gevoelens. Daar moet intervensie plaasvind met hierdie kinders om te verhoed dat hulle hul eie probleme en emosies probeer verbeter deur met geweld teenoor ander kinders op te tree.

3.3.9 Depressie

Alhoewel dit normaal is om soms hartseer en ongelukkig te voel, is depressie ‘n baie dieper emosie. Depressie sluit die liggaam, gevoelens en denke in. Dit affekteer die manier waarop ‘n persoon oor homself/haarself voel sowel as hoe die persoon oor ander dinge voel (Psychology Today, 2005:1). Algemene simptome van depressie sluit die volgende in: ‘n aanhoudende hartseer en leë gevoel; ‘n verlies aan belangstelling of plesier in aktiwiteite wat voorheen geniet was; ‘n gevoel van hopeloosheid en negatiwiteit; gevoelens van skuld, waardeloosheid en hulpeloosheid; slaaploosheid of te veel slaap; gewigstoename of gewigsverlies; ‘n afname in energie; gedagtes aan die dood en selfmoord of selfmoordpogings; rusteloosheid en geïrriteerdheid; sukkel om te konsentreer, te onthou en besluite te neem; en fisiese simptome wat nie reageer op behandeling nie soos hoofpyne en kroniese pyn (sahealtinfo, 2006:1; Psychology Today, 2005:2).

Verskeie faktore dra by tot die ontwikkeling van depressie. Omgewingsfaktore soos ‘n toename in stres, ‘n persoonlike verlies en ‘n verandering in die leefpatroon speel veral ‘n belangrike rol in die ontwikkeling van depressie. Kinders in ‘n kinderhuis het dus ‘n hoë risiko om depressie te ontwikkel, aangesien dit stresvol is om aan te pas in ‘n nuwe omgewing. Hulle lei ook ‘n persoonlike verlies, aangesien hulle

weggeneem word van hul huislike omstandighede, hul versorger en alles wat vir hulle bekend is (SAhealthinfo, 2006:1; Psychology Today, 2005:3). Holmes (1995:179-185) beklemtoon die stelling dat ‘n persoonlike verlies bydrae tot die ontwikkeling van depressie. Volgens ‘n studie op persone wat aan depressie lei, het 60%-70% van die persone ‘n persoonlike verlies gelei in die jaar voordat hulle aan depressie begin lei het. Verder beweer laasgenoemde outeur dat vroeë verlies of skeiding vanaf ‘n moeder, veral tesame met ‘n gebrek aan versorging, die kind se risiko verhoog om depressie te ontwikkel. Soos reeds bespreek, is HIV en VIGS ook ‘n oorsaak van hoekom kinders in die kinderhuis geplaas word. Volgens Brandt (2005:1) het kinders wat ‘n HIV positiewe ouer het ‘n groter risiko om gedrags- en emosionele probleme te openbaar en veral om probleme soos depressie te ontwikkel.

Kinders wat aan depressie lei, toon dikwels ongewone gedragsprobleme. Depressie kan veroorsaak dat hulle gedrag verkeerd geïnterpreteer word as stout en ongehoorsaam en hulle word gestraf inplaas van om behandeling te ontvang vir depressie (sahealthinfo, 2006:1).

Depressie is iets wat nie deur ‘n kind beheer kan word nie, ‘n kind kan homself/haarself nie sommer net regruk of vanself beter word nie (Psychology Today, 2005:1). ‘n Kind wat in die kinderhuis emosionele- of gedragsprobleme openbaar as gevolg van depressie moet nie gestraf word nie, maar eerder