• No results found

5.3 Navorsingsresultate

5.3.3 Behoeftes, gedrags en emosionele probleme van die

Tabel 5.5 bied ‘n uiteensetting van die temas met betrekking tot die behoeftes, gedrags- en emosionele probleme van die kindehuiskind wat deur die deelnemers aangebied is.

Tabel 5.5 Behoeftes, gedrags- en emosionele probleme

TEMA SUB-TEMAS

5.3.3 Behoeftes, gedrags- en emosionele probleme van die kinderhuiskind

5.3.3.1 Behoeftes van die kinderhuiskind

5.3.3.2 Gedrags- en emosionele

probleme van die kinderhuiskind 5.3.3.3 Intervensie met betrekking tot

gedrags- en emosionele probleme

5.3.3.1 Behoeftes van die kinderhuiskind

Die deelnemers is gevra om die behoeftes, wat hulle by die kinderhuiskind kan identifiseer, aan te dui.

Tabel 5.6 Behoeftes van die kinderhuiskind BEHOEFTES VAN KINDERHUISKINDERS

f

Behoefte aan liefde, aandag en sekuriteit 18 (100%)

Behoefte aan emosionele sekuriteit en selfbeeldontwikkeling 18 (100%) Behoefte aan binding met betekenisvolle persone 17 (94,44%)

Behoefte aan ‘n eie identiteit 17 (94,44%)

Behoefte om van waarde te wees en iewers te behoort 17 (94,44%)

Behoefte aan klarifikasie rondom verwydering 15 (83,33%)

Behoefte aan onafhanklikheid en verantwoordelikheid 15 (83,33%)

(n=18)

Tabel 5.6 gee ‘n voorstelling van die behoeftes wat by die kinderhuiskind geïdentifiseer kan word. Al die deelnemers beleef dat daar ‘n behoefte is aan liefde, aandag en sekuriteit, sowel as aan emosionele sekuriteit en selfbeeldontwikkeling. Sewentien (94,44%) van die deelnemers beleef dat daar ‘n behoefte aan binding met betekenisvolle persone is, ‘n behoefte aan ‘n eie identitiet is asook ‘n behoefte om van waarde te wees en om iewers te behoort. Vyftien (83,33%) van die deelnemers beleef dat daar ook ‘n behoefte aan klarifikasie rondom verwydering sowel as aan onafhanklikheid en verantwoordelikheid bestaan. Literatuur staaf die deelnemers se bevindings. Nel (2004:39-44); Meyerhoff (2008:1); Lerwick (2002:13-39) en Steyn (2005:34) is van mening dat daar sekere bydraende faktore bestaan wat aanleiding gee tot die ontwikkeling van behoeftes by die kinderhuiskind:

• Die kinders is nie bewus van die redes hoekom hulle verwyder is nie. • Kinders ontvang nie genoegsame liefde en individuele aandag nie.

• ‘n Gebrek aan emosionele sekuriteit en selfbeeldontwikkeling lei daartoe dat die kind dit moeilik vind om homself/haarself lief te hê, te vertrou, te respekteer en te waardeer.

• Die primêre versorger-kind verhouding word bedreig.

• Individualisering as gevolg van die groot aantal kinders word beperk.

• Die kinders voel nie of hulle iewers behoort nie en ook nie of hulle van waarde is nie as gevolg van geen erkenning nie.

• ‘n Kinderhuiskind het min geleenthede om verantwoordelikheid te aanvaar, verantwoordelike besluite te neem of onafhanklik op te tree.

Die deelnemers het ook ‘n behoefte aan bemeestering (wat bydra tot die gevoel van sukses) by die kinderhuiskind geïdentifiseer.

Die volgende respons deur ‘n deelnemer illustreer ook ‘n behoefte aan ‘n toekomsbeplanning:

• “Om te weet wat die toekoms vir hulle inhou, hul plan vorentoe, veral

waarheen hul gaan nadat hulle die ouderdom van 18 bereik het. Die kinders moet betrokke wees by hul toekomsbeplanning. Hierdie behoefte is veral waarneembaar by die gestremde kind sowel as kinders met mediese kwale wat langtermyn/lewenslange versorging benodig.”

Vanuit die bogaande uiteensetting is dit duidelik dat intervensie om die emosionele behoeftes van die kinderhuiskind te ondervang, noodsaaklik tydens dienslewering aan die kinderhuiskind is.

5.3.3.2 Gedrags- en emosionele probleme van die kinderhuiskind

Die deelnemers is gevra watter van die volgende gedrags- en emosionele probleme by die kinderhuiskind voorkom.

Tabel 5.7 Gedrags- en emosionele probleme

GEDRAGS- EN EMOSIONELE PROBLEEM f

Akademiese agterstand 18 (100%)

Bednatmaak/enurese 15 (83,33%)

Gebrekkige gehegtheid 14 (77,77%)

Fisiese- en seksuele geweld 13 (72,22%)

Materne deprivasiesindroom 12 (66,66%)

Vloek/skeltaal 12 (66,66%)

Depressie 11 (61,11%)

Dros 8 (44,44%)

Tabel 5.7 gee ‘n uitleg van watter probleme by die onderskeie kinderhuise voorkom. Vanuit die deelnemers se response kom akademiese agterstand by al die kinderhuiskinders voor, terwyl bednatmaak/enurese, gebrekkige gehegtheid, fisiese en seksuele geweld, vloek/skeltaal, materne deprivasiesindroom en depressie by meer as die helfte van kinders in kinderhuise voorkom. Slegs agt (44,44%) deelnemers het aangedui dat dros by hul kinderhuise voorkom, maar dit is egter nie op ‘n gereelde basis nie.

Verskeie literatuurbronne bevestig die bevinding van die hoeveelheid gedrags- en emosionele probleme wat by die kinderhuiskind voorkom. Kinders binne 'n kinderhuis toon 'n hoër voorkoms van gedrags- en emosionele probleme as kinders wat in hul ouerhuise woonagtig is (Kjelsberg & Nygren, 2004:319-323). Fourie (2004:37) en Carey (2006:1) ondersteun hierdie stelling deur te verwys na kinders in 'n kinderhuis wat verskeie sosiale en emosionele probleme ervaar as gevolg van hul geskiedenis van mishandeling, verwaarlosing, verwerping en ontwrigting tydens die plasing in die kinderhuis. Die kind se geskiedenis van versorging is die grootste risikofaktor wat tot antisosiale- en gedragsprobleme by die kinderhuiskind aanleiding gee.

Die volgende gedrags- en emosionele probleme is ook deur die deelnemers geïdentifiseer en stem met die menings van Steyn (2005:30) en Nel (2004:39) ooreen:

• Kinders soek aandag op negatiewe maniere as gevolg van onvervulde behoeftes;

• Diefstal, leuens, rebelse gedrag en misdadige gedrag; • Obsessiewe-kompulsiewe gedrag en eetversteurings; • Skeidingsangs en lae selfbeelde;

• Weerstand teen intervensie.

5.3.3.3 Intervensie met betrekking tot gedrags- en emosionele probleme

Die deelnemers is gevra wat die mees toepaslike maatskaplikewerk-metode is om die gedrags- en emosionele probleme van die kinderhuiskind aan te spreek. Die deelnemers moes hulle response met redes staaf.

Metodes van maatskaplikewerk- intervensie 5,56% 11,11% 83,33% Gevallewerk Groepwerk Gemeenskaps werk

Figuur 5.2 Metodes van maatskaplikewerk-intervensie

(n=18)

Figuur 5.2 gee ‘n voorstelling van watter maatskaplikewerk-metode die onderskeie deelnemers as die effektiefste metode beskou om die probleme van die kinderhuiskind aan te spreek. Soos vanuit figuur 5.2 afgelei kan word, beskou die grootste hoeveelheid deelnemers (83.33%) gevallewerk as die effektiefste metode om die probleme van die kinderhuiskind aan te spreek. Die volgende response deur die deelnemers is voorbeelde van hulle redes vir die benutting van die onderskeie maatskaplikewerk-metodes:

Gevallewerk

••

“Gevallewerk is meer intensief en kan meer fokus op die individuele

probleem. In ‘n groep kyk jy dikwels verby dieper onderliggende probleme omdat jy op die hele groep moet fokus. Kinders benodig ook individuele aandag.”

• ••

“Tydens gevallewerk kan beter assessering van die werklike probleem

gedoen word, aangesien kinders sukkel om hulself uit te druk tydens groepwerk.”

• ••

“Binne ‘n kinderhuisopset is dit die beste om gevallewerk toe te pas. Dit is

baie moeilik om konfidensialiteit te verseker wanneer groepwerk gedoen word, aangesien die kinders saam woon. Sodra konflik ontstaan sê en doen die kinders goed om mekaar seer te maak... die kinders soek ‘n manier om seer te maa omdat hulle seer is.”

• ••

“Elke kind is ‘n individu en elke individu se probleme is uniek en moet

individueel hanteer word.” Groepwerk

• ••

“Tydens die benutting van groepwerk is daar nie direkte aandag op die kind

nie. Die kind is ook nie die enigste een met die probleem nie. Daar word egter ‘n groot aantal kinders gelyk bereik.”

Gemeenskapswerk

••

“Ons moet op gemeenskapsvlak werk en na dinge holisties kyk. Die probleem

Die bogaande voorbeelde word ondersteun deur Van Rooyen en Combrink (1985:69-71) se postulasie dat gevallewerk se doel is om die psigososiale funksionering van die kind, wat probleme ondervind, te herstel, te herskep en te versterk. Die maatskaplike werker verbeter gevolglik maatskaplike en persoonlike hulpbronne sodat die kind in staat is om op ‘n emosionele-, maatskaplike-, intellektuele- en fisieke vlak beter te kan funksioneer. Alhoewel die plek en rol van groepwerk en gemeenskapswerk nie ontken word nie en dit geïntegreerd benut moet word, is dit belangrik om na aanleiding van die bogaande response van deelnemers spesifiek in ooreenstemming met Thackeray, Farley en Skidmore (1994:49) op individualisering te fokus. Elke kind verskil van ander kinders en beleef sy/haar probleme anders. Probleme is nie noodwendig afwykings van die norm nie, maar ontstaan ook dikwels as gevolg van unieke onbevredigde behoeftes. Hierdie onbevredigde behoeftes veroorsaak eiesoortige spanning wat dan die maatskaplike funksionering van die individuele kind beïnvloed en aanleiding gee tot die ontwikkeling van gedrags- en emosionele probleme. Dit kan spesifiek deur middel van gevallewerkintervensie in maatskaplike werk aangespreek word (Van Rooyen & Combrink, 1985:72).