• No results found

HOOFSTUK 2: DIE AARD VAN SKRYFVAARDIGHEID

2.5 Die konvensies van akademiese skryfvaardigheid op universiteit

2.5.1 Formele taal

Binne ʼn akademiese konteks is die gebruik van ʼn formele register die norm (Archer, 2008:263; Van Loon et al., 2011:48,83). Die akademiese skrywer moet derhalwe in staat wees tot die gebruik van duidelike taal, volledige sinne, komplekse maar effektiewe sinskonstruksies, korrekte tydsvorme, voornaamwoorde en voorsetsels (Archer, 2008:252; Blanpain, 2008:41; Van de Poel & Gasiorek, 2007:18). Voorts moet die akademiese skrywer op ʼn selfbeheersde, analitiese, objektiewe, intellektuele en rasionele wyse te werk kan gaan met die linguistiese middele tot sy beskikking (Ventola, 1996:155).

Die formaliteit van geskrewe akademiese tekste word volgens Lourens (2004:65), Blanpain (2008:41) en Van Loon et al., (2011:48,80) ook verder verhoog deur die toepaslike en korrekte gebruik van algemene en spesifieke akademiese woordeskat (Voorbeeld 2.1), en deur algemene woorde en uitdrukkings met meer formele alternatiewe woorde en uitdrukkings te vervang (Voorbeeld 2.2). Die gebruik hiervan dra by tot geloofwaardigheid van die teksinhoud. Daarom behoort die skrywer vae leksikale items (soos ding, iets, enkele, vele) te vermy (Butler, 2006:35; De Wachter & Van Soom, 2008:93).

Algemene akademiese woordeskat Spesifieke akademiese woordeskat kunsmatig

mikroskoop skeurbuik teleskoop

fitopatologie (kennis van plantsiektes) Cestoda (lintwurms)

Soöliet (versteende stuk van ʼn dier) Spirometer (asemhalingsmeter) Voorbeeld 2.1: Algemene en spesifieke akademiese woordeskat

Formele alternatiewe woorde en uitdrukkings

Die data van die ondersoek verifieer (i.p.v. stel vas) dat…

X en Y postuleer (i.p.v. veronderstel) verder dat…

Die literatuur word gekenmerk deur diverse (i.p.v. verskillende) beskouings aangaande…

X antisipeer (i.p.v. voorspel) dat die uitslag van hierdie navorsing… Voorbeeld 2.2: Formele alternatiewe woorde en uitdrukkings

Grammatikale korrektheid (Voorbeeld 2.3) dra ook direk by tot die mate waartoe ʼn geskrewe teks as formeel deur die leser ervaar word. Die skrywer moet daarom ook in staat wees om die

formaliteit van sy teks te verhoog deur onnodige woorde, oorbodige sinsdele, omslagtige formulerings, onnodige herhalings, verkeerde interpunksie (skryf- en leestekens) en foutiewe spelling te vermy (Blanpain, 2008:33; Craswell & Poore, 2012:56-58; De Wachter & Van Soom, 2008:88-93; Du Toit & Smith-Müller, 2003:52-59).

Paragraaf met grammatikafoute Paragraaf sonder grammatikafoute

Alzeimer se siekte is ʼn komplekse genetiese

siekte toestand. Alzheimer se siekte word veroorsaak deur meer as een genetiese

mutasie asook omgewingsfaktore. Alzheimer

se siekte word gekenmerk deur geleidelike

verergering van geheuverlies. Verder word dit ook gekenmerk deur die onvermoë om nuwe inligting op te roep, of die korrekte

woord vind, afname logiese denke, agteruitgang van spraak en waarnemings-

vermoë; afname in spiervermoë

(Aangepas uit: Retief, F. 2010.

http://docfrancois.wordpress.comm/2010/02/01/alzheimer- se-siekte/)

Alzheimer is ʼn komplekse genetiese siektetoestand waar beide genetiese mutasie as omgewingsfaktore ʼn rol speel. Dit word gekenmerk deur die geleidelike toename van geheueverlies, ʼn onvermoë om nuwe inligting op te roep, en ook om die korrekte woord te vind. Hierbenewens word Alzheimer ook gekenmerk deur ʼn afname in logiese denke, die agteruitgang van spraak en waarnemingsvermoë, en ʼn afname in spiervermoë.

Voorbeeld 2.3: Grammatikale korrektheid

onnodige herhaling

lidwoord ontbreek

onvanpaste woord

verkeerde gebruik van kommapunt, en weglating van “en ʼn”.

weglating van punt spelfout

spelfout onnodige herhaling

spelfout

Volgens Bakthin (soos aangehaal deur Viete en Le Ha, 2007:42), kan geskrewe tekste nie losgemaak word van skrywerintensies en uitdrukkings afkomstig vanuit ander tekste nie. Volgens Viete en Le Ha (2007:44) beteken dit dat kommunikasie verstaan moet word in terme daarvan dat kennis nie eensydig is nie, maar heterogeen. Derhalwe is dit belangrik dat ʼn skrywer ook in ʼn sekere mate sy eie outeurskap aan die leser bekend behoort te maak (Viete & Le Ha, 2007:44). Hierdie bekendmaking moet volgens hulle nie beskou word as disrespek teenoor die leser nie, maar eerder as die erkenning van die bestaan van verskille en wedersydse beleefdheid.

Nietemin word geskrewe tekste dikwels steeds beskou as nie-dialogiese, nie-dinamiese, en nie- diverse aktiwiteite (Viete & Le Ha, 2007:40,42). Die gevolg hiervan is dat akademiese skrywers steeds oor die algemeen geneig is om hul outeurskap ten alle tye van die teks te probeer weerhou deur uiters objektief te werk te gaan, en byvoorbeeld van passiefkonstruksies gebruik te maak. Hyland (2005:175) wys ook daarop dat interaksie in geskrewe akademiese tekste juis behels dat die skrywer homself in sy skryfwerk moet posisioneer, nie net teenoor die kwessies wat hyself in sy teks bespreek nie, maar ook teenoor die standpunte wat ander persone teenoor hierdie kwessies mag huldig. Hoewel skrywersidentiteit (Voorbeeld 2.4) ʼn essensiële akademiese vaardigheid is (Blanpain, 2008:42,44,46), wys Craswell en Poore (2012:72), Van de Poel (2006:26) en Archer (2008:263) daarop dat goeie akademiese skryfwerk ook gekenmerk word deur toepaslike en konsekwente afwisseling in die gebruik van die afwesige en aanwesige outeur. Dit impliseer dat die skrywer oor die vaardigheid behoort te beskik om die

toon in sy skryfwerk op ʼn kontinuum te wissel vanaf uiters staties of neutraal tot meer aktief en

betrokke (De Jong, 2010:209).

Blanpain (2008:42-43) asook De Wachter en Van Soom (2008:79) is van mening dat wanneer die doel en die organisering van ʼn teks uiteengesit word, wanneer ʼn spesifieke houding jeens ʼn bepaalde stelling uitgedruk word, of wanneer ʼn gevolgtrekking gemaak word uit die vergelyking van twee of meer studies, dit aanvaarbaar is dat ʼn skrywer na homself as outeur verwys. Die korrekte en effektiewe gebruik van outeurskap kom volgens Hyland (2005:181) veral in die natuurwetenskappe voor waar persoonlike voornaamwoorde gebruik word om die fenomeen wat ondersoek word te beklemtoon, en ook om ʼn presiese uiteensetting van navorsingsmetodes te kan verskaf. Hierteenoor word dit in die humaniora en sosiale wetenskappe gebruik wanneer die skrywer homself vereenselwig met ʼn spesifieke argument, en ook wanneer hy krediet gee aan ander se perspektiewe (Hyland, 2005:181). Hy wys verder ook daarop dat die gebruik van

die persoonlike voornaamwoord “ek” skrywers in staat stel om hul eie bydrae tot ʼn studieveld te kan beklemtoon.

In die onderstaande voorbeeld (2.4) word skrywersidentiteit aangetoon deur gebruik te maak van die slot, samevatting of gevolgtrekking van drie verskillende akademiese artikels. In uittreksel 1 is die skrywer afwesig, terwyl die skrywer in uittreksel 2 (hoewel omslagtig) sowel as in uittreksel 3 aanwesig is. Die aanwesigheid van die skrywer word in uittreksel 2 en 3 aangedui deur dit donker te druk, en in geel te kleur.

Uittreksel 1

Die onderhawige navorsing het ten doel gehad om die aard, doel en effektiwiteit van assessering in tersiêre wiskunde aan TUT te belig. Die klem het deurgaans op praktyke by Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) geval en wiskunde is nie in isolasie nie, maar as deel van ingenieursopleiding beskou.

Die feit dat TUT met ʼn samesmeltingsproses besig is, is nie buite rekening gelaat nie. Die oorskakeling na ʼn UGO-benadering op skoolvlak en die implikasies daarvan vir tersiêre onderrig is belig. Assessering by TUT is in die lig van die voorgenoemde en ander faktore grondig ondersoek en data is op verskeie maniere ingewin. Die oogmerk was om deur middel van intervensies praktykverbetering teweeg te bring.

Indien slegs een positiewe uitvloeisel uit die onderhawige studie genoem moet word, is dit dat dosente besef dat hulle nie net met betrekking tot die inhoud van hul vakgebied spesialiste moet wees nie, maar veral meer oor assessering en aanbieding moet begin nalees ten einde spesialiste ook op hierdie gebiede te word.

Uit: Maree, J.G. & Louw, C.J. 2007. Die aard, doel en effektiwiteit van assessering in tersiêre wiskunde aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie. Suid-Afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie, 26(4):279-297.

Uittreksel 2

Montgomery et al.69 stel dat vele hedendaagse studies op ad hoc aannames of eenvoudige empiriese korrelasies gebaseer is. ʼn Soliede teoretiese basis verskaf maniere om data te veralgemeen, ʼn objektiewe, herhaalbare metodologie en hipotesetoetsing in plaas van slegs data-insameling.

Uit die bespreking is dit duidelik dat geen enkele filosofiese standpunt genoegsaam is om geomorfologiese analises op mesoskaal uit te voer nie. Deur van elemente uit verskillende benaderings gebruik te maak toon die skrywers dat, wat hulle as “sistemiese realisme” wil bestempel ʼn benadering is wat in meso-skaal studies gevolg kan word. Deur enkele resultate van ʼn gevallestudie te gebruik, toon hulle aan dat sistemiese realisme as teoretiese begronding vir mesoskaal studies haalbaar is. Die benadering is getoets aan drie kriteria: Die studie was in staat om ʼn holistiese beeld van die prosesse en landvorme in die gebied as ʼn konseptuele model te toon. Dit kon ook sekere kousale prosesse uit die literatuur met die huidige vorm van die landskap verbind en het ook ʼn verdere moontlike verband met dreinering en geologiese afsetting aangetoon. Met behulp van sistemiese modellering kan die moontlike toekomstige ontwikkeling van die morfologie in die gebied voorspel word.

vir die bewaring van ekologiese stelsels te versoen deur die vermoë van ʼn landskap om volhoubare gebruik te onderhou, op ʼn wetenskaplike en objektiewe manier te analiseer. Hierdie metodologie bied dan ook die moontlikheid vir die skep van scenario‟s waarin parameters verander kan word ten einde die bestuur van water as ʼn skaars hulpbron te vergemaklik.

Uit: Barker, C.H. & De Villiers, G. Du T. 2008. ʼn Holistiese beskouing van landskapontwikkeling in Geomorfologie: ʼn Wetenskapsfilosofiese basis. Suid-Afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie, 27(3):165-182.

Uittreksel 3

Die oogmerk van hierdie navorsing is om ʼn bydrae te lewer tot die ontwikkeling van ʼn outomatiese lettergreepverdeler, en uiteindelik ook van ʼn betroubare woordafbreker vir Afrikaans. Tans word woordafbreking per hand nagegaan voordat boeke, tydskrifte en koerante gedruk word.

Ons benadering tot lettergreepverdeling is om woorde bloot as patrone van letters te beskou sonder om morfologie, sintaksis of die wyer konteks waarin dit voorkom, in ag te neem. Die doel van hierdie artikel is om die grense te bepaal van wat met hierdie eenvoudige dog doeltreffende benadering bereik kan word.

Ons het reeds die moontlikheid ondersoek om die masjienleertegnieke kunsmatige neurale netwerke en beslissingsbome vir outomatiese lettergreepverdeling te gebruik. Beide tegnieke lewer aanvaarbare resultate, maar dis duidelik dat nie een van die twee op sy eie ʼn perfekte oplossing bied nie. Die moontlikheid word ondersoek om ʼn kombinasie van tegnieke te gebruik of selfs om ʼn nuwe benadering te vind.

ʼn Spesifieke uitdaging vir verdere navorsing is om lettergreepverdeling rondom die letter s te hanteer. Van die belangrikste redes vir die gereelde voorkoms van foute in die omgewing van die letter s is dat lettergrepe byna net so gereeld daarmee begin as eindig en dat die verbindings-s en opsionaliteit in afbrekingsreëls dikwels tot onreëlmatighede lei. Om die prestasie van masjienleertegnieke te verbeter, sal meer gesofistikeerde metodes ontwikkel moet word om hierdie vaagheid rondom die letter s te hanteer.

Uit: Fick, M. & Swanepoel, C.J. 2010. Afrikaanse Lettergreepverdelingspatrone. Suid-Afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie, 29(2):48-65.

Voorbeeld 2.4: Skrywersidentiteit

Alhoewel die aanwesigheid van die skrywer in geskrewe tekste al meer bepleit word, wys Lourens (2004:67-69) en Swetnam (2009:101) daarop dat indien die skrywer deurentyd as handelende instansie (“ek” of “ons”) optree, dit die objektiwiteit (neutrale/statiese toon) van ʼn teks kan skaad. Objektiwiteit (Voorbeeld 2.5) beteken dat die verwysing na mense tot die minimum beperk word, en dat die leser ook nie in die teks direk aangespreek word nie (Lourens, 2004:67-69; Swetnam, 2009:101). Objektiwiteit is daarom nie impressionisties, subjektief, emosioneel of polemies van aard nie (Ventola, 1996:155). Dit beteken dat geskrewe tekste nie ingeboude waarde-oordele of gesindhede bevat wat die kredietwaardigheid van die teks kan benadeel nie (Van der Walt, 2013:115).

Subjektiewe sin Objektiewe weergawe

 In elk grashalm se vou blink ʼn druppel van dou en vinnig verbleek dit tot ryp in die kou.

(Poësie word deur uiters subjektiewe taal gekenmerk)

(Uit: “Winternag” – E.N. Marais)

 Tydens die hofverrigtinge het meneer X baie senuwee-agtig voorgekom, hy is beslis skuldig aan die moord op die bejaarde meneer Y.

 Met die vorming van ryp is die temperatuur onder vriespunt en staan dit bekend as die ryppunt-temperatuur. Met rypvorming ver- ander die waterdamp in die lug nie in waterdruppeltjies nie, maar regstreeks in yskristalletjies.

 Die liggaamstaal en gesigsuitdrukking wat meneer X tydens die hofverrigtinge getoon het, dui op ʼn moontlike skuldgevoel oor die moord op die bejaarde meneer Y.

Voorbeeld 2.5: Subjektiewe en objektiewe taal

Lourens (2004:67), Skillen (2006:143) en Blanpain (2008:159-162) wys daarop dat objektiwiteit onder andere bewerkstellig kan word deur die passiefkonstruksie (Voorbeeld 2.6) te gebruik (soos hierbo genoem). Hierdeur beklemtoon die skrywer dit wat gebeur het eerder as wie die handeling uitgevoer het. Verder werk dit lomp sinskonstruksies teen, en bevorder kohesie deurdat dit die skrywer help om nuwe en gegewe inligting optimaal te struktureer. Terselfdertyd het dit ook ʼn versagtende uitwerking op kritiek, aangesien die fokus eerder op die effek val as op wie die doener van die handeling is. Deur die passiewe vorm sinvol te gebruik, word die kompleksiteit en abstraktheid van die teks verhoog sonder om enige belangrike inligting verlore te laat gaan. In die onderstaande voorbeeld (2.6) word die sinvolle gebruik van die passiefkonstruksie (kolpunt 1) teenoor die minder sinvolle gebruik daarvan (kolpunt 2) geïllustreer.

Sin sonder passiefkonstruksie (bedrywende vorm)

Sin met passiefkonstruksie (lydende vorm)

 In die ontleding van die kortverhaal gebruik ek die onderskeidinge storie en

verhaal om te verwys na die verskillende

vlakke waarop mens ʼn teks kan ontleed.

 Meteoroloë het Suid-Afrikaners gewaarsku teen uiterste temperatuurskommelings wat gedurende November en Desember oor die hele land kan voorkom.

 In die ontleding van die kortverhaal sal die onderskeidinge storie en verhaal gebruik

word om te verwys na die verskillende

vlakke waarop die teks ontleed kan word. (Sinvolle gebruik van die passief)

 Suid-Afrikaners is teen uiterste tempe- ratuurskommelings gewaarsku wat gedu- rende November en Desember oor die hele land kan voorkom.

(Belangrike inligting gaan verlore) Voorbeeld 2.6: Passiefkonstruksie

ʼn Tweede tipe grammatikale vorm wat volgens Ventola (1996:153) dikwels gebruik word om objektiwiteit te bevorder, is nominalisering (Voorbeeld 2.7). Dit is algemeen en noodsaaklik dat nominalisering in geskrewe akademiese tekste gebruik word sodat aksies, stellings of eienskappe in meer komplekse, saaklike en duidelike konsepte omgeskakel kan word (Blanpain, 2008:36; Van der Walt, 2013:109). Biber et al. (soos aangehaal deur Terblanche, 2009:40) omskryf nominalisering as ʼn afleidingsproses waartydens ʼn suffiks aan ʼn werkwoord of ʼn byvoeglike naamwoord gevoeg word ten einde ʼn selfstandige naamwoord met ʼn ander betekenis te vorm. Nominalisering neem dus ʼn dinamiese proses, en maak daarvan ʼn statiese toestand sodat daar oor die eienskappe daarvan besin kan word. Schleppegrell (2008:552) wys daarop dat nominalisering egter nie net tot die kondensering van ʼn werkwoorddeel beperk is nie, maar dat dit ook die kondensering van ʼn sinsdeel tot ʼn nominale konstruksie kan behels; dit wil sê die skrywer skakel werkwoorde om na naamwoorde om die modaliteit van ʼn sin of paragraaf asook die agent van die handeling uit die teks te skakel (Lourens, 2004:71; Paltridge, 2006:15). Alhoewel nominalisering volgens Butler (2006:36) bydra tot die ontwikkeling van abstraksies, en volgens Lourens (2004:82-83) en Skillen (2006:143) ook bydra tot ʼn teks se informasiedigtheid, moet daar teen die oormatige gebruik van nominalisering gewaak word, aangesien dit ʼn teks moeilik prosesseerbaar kan maak vir die leser.

Werkwoord/sinsdeel sonder nominalisering

Werkwoord/sinsdeel met nominalisering

 vervel

 herdenk

 opvoed

 belowe

 bombasties

 ...omdat dit die feit dat alle mense gelyk is en dat alle mense vry is beskerm, en verbied dat daar gediskrimineer word teen mense op grond van hoe ʼn mens seksueel georiënteer is.  vervelsel  herdenking  opvoeding  belofte  bombasme

...omdat dit vryheid en gelykheid beskerm, en ʼn verbod plaas op diskriminasie op grond van seksuele oriëntasie.

Voorbeeld 2.7: Nominalisering