• No results found

HOOFSTUK 3: GESKREWE DISKOERS BINNE ’N UNIVERSITEITS-

3.7 Akademiese genres en akademiese tekstipes binne ʼn

Om genres en tekstipes binne ʼn universiteitskonteks te definieer, word die literatuur gekenmerk deur drie verskillende navorsingsterreine, te wete die Nuwe Retoriek, die Sisteem-Funksionele

Linguistiek en Taal vir Akademiese Doeleindes (Hyland, 2003:21). Alhoewel hierdie

navorsingsterreine ʼn ooreenkoms toon in die poging wat hul aanwend om reëlmatighede ten opsigte van die doel, vorm en sosiale aksie van genres te beskryf, verskil hul aansienlik in die klem wat geplaas word op teks óf konteks, stabiliteit óf verandering, taalgebruik óf funksies, navorsingsmetodologie en die tipe pedagogie wat hulle aanmoedig (Hyland, 2003:22; Hyland, 2006:46).

3.7.1 Nuwe Retoriek

Die Nuwe Retoriek-benadering is beïnvloed deur die strukturalisme, redenaarskuns en die skryf van opstelle in ʼn eerste taal (Hyland, 2003:21). Hierdie benadering sien genre as ʼn sosiale diskoersvorm wat uit ʼn bepaalde retoriese situasie ontstaan (Hyland, 2002b:114). Die fokus val hier op die sosiale konteks waarbinne die teks geproduseer word, en derhalwe word genre bestudeer as ʼn gemotiveerde, funksionele verhouding tussen tekstipe en retoriese situasie. Aangesien die fokus hier eerder val op die retoriese omstandighede waarin genres voorkom as

Genres word gesien as entiteite wat blootgestel word aan voortdurende verandering, en daarom word tekste eerder etnografies as linguisties geanaliseer (Hyon, 1996:696). Hierdeur word die wyse waarop individue deur genres geposisioneer en beïnvloed word, aangedui, en word die moontlikhede wat dit vir effektiewe kommunikasie bied, ook blootgelê (Hyland, 2006:48).

3.7.2 Sisteem-Funksionele Linguistiek

Die Sisteem-Funksionele Linguistiek, ʼn teorie wat taal in konteks en die betekenisfunksie daarvan as onlosmaaklik van mekaar beskou (Pienaar, 2009:11), sien genre as ʼn sosiale en doelwitgeoriënteerde proses. Dit lê in die besonder klem op die sinvolle, interaktiewe en opeenvolgende karakteristieke eienskappe van genres (Hyland, 2002b:114-115). Verder beklemtoon die Sisteem-Funksionele Linguistiek ook die verskillende wyses waarop taal sistematies verbind kan word tot die konteks waarbinne dit gebruik word (Hyland, 2002b:114). Hyland (2002b:115) wys ook daarop dat hierdie benadering die onderskeie stappe (rangskikking van gebeure, probleemstelling, doelstelling, evaluering en oplossing) wat betrokke is by die skryf van ʼn spesifieke genre verduidelik (vgl. Voorbeeld 3.2). Verder dui dit ook die leksikale patrone, grammatikale patrone en kohesiewe keuses wat by die genre betrokke is, aan (Hyland, 2002b:115). Genres word gevolglik verklaar in terme van interne linguistiese kriteriums, dit wil sê die groepering van tekste volgens dieselfde formele eienskappe (Bruce, 2008:19; Hyland, 2006:46). Op grond hiervan word gesproke en geskrewe genres dan verdeel in narratiewe, vertellings, argumente en eksposisies (Hyland, 2007:153). Elkeen van hierdie genres word tot stand gebring deur die stapsgewyse uitvoering van bepaalde aktiwiteite wat bydra tot die algehele doel van die betrokke genre (Hyland, 2006:48). Hyland (2006:47) verduidelik dit aan die hand van verskillende geskrewe universiteitsgenres (Voorbeeld 3.2):

Genre Genre purpose Stage Stage purpose

Recount To reconstruct past experiences by retelling events in original sequence Orientation Record of events (Reorientation) Provides information about a situation Presents events in temporal sequence Brings events into the present

Procedure To show how something is done Goal Materials

Gives information about purpose: title or intro The equipment required

Genre Genre purpose Stage Stage purpose Steps 1–n

(Results)

Activities to achieve goal in sequence

Final state or „look‟ of the activity

Narrative To entertain and instruct via reflection on experience Orientation Complication (Evaluation) Resolution Information about characters‟ situation Problems for characters to solve

The major events for the characters

Sorts out the problems for the characters

Report To present information, usually by classifying and then

describing characteristics Problem Reason n (Conclusion) Recommendations Identification of a problem Possible reasons for or result of problem Suggestions for solving the problem

Measures to be adopted from report

Explanation To explain how and why things happen

Identification Explanation steps

n

States the topic of the text Sequence in how

something occurred

Notes: Parentheses indicate an optional stage. n indicates that the stage may recur. Voorbeeld 3.2: Hyland (2006) se indeling van universiteitsgenres

Deur genres soos Hyland in te deel, kan die skrywer van sy bestaande kennis van ander genres gebruik maak om die tipiese linguistiese kenmerke van geskrewe universiteitsregisters in detail te oordink en selfs te kombineer (Biber, 2006:177). Die multidimensionele model van Biber (2006) toon ʼn gelykvormige voorkoms van linguistiese patrone in geskrewe universiteitsregisters aan. Hy identifiseer tekste, net soos Hyland, op grond van die groepering van bepaalde linguistiese eienskappe. Biber (2006:214-218) toon onder andere aan dat geskrewe akademiese taal gekenmerk word deur min bepalende eienskappe (o.a. aktiewe

komplekse naamwoordfrases (o.a. naamwoorde, byvoeglike naamwoorde, preposisionele frases, verhoudingsinne en -paragrawe) weer baie algemeen voorkom in alle geskrewe universiteitsregisters. Voorts word geskrewe akademiese registers gekenmerk deur komplekse sintaktiese strukture, en ʼn meer omvangryke woordeskat wat skaars en gespesialiseerde woorde insluit. Verder toon Biber (2006:218) aan dat skrywers van universiteitsregisters selde na hulself verwys, aangesien hulle nie in direkte kontak met die leser is nie (vgl. weer 2.5.1). Hierdie indeling van universiteitsgenres op grond van tipiese eienskappe (Biber, 2006; Hyland, 2006) is nuttig om ʼn diskoersdomein te ontleed wat baie verskillende tekskategorieë behels (Biber, 2006:181-182). Op grond hiervan kan bestaande kennis gebruik word om meer spesifieke makro-genres, soos byvoorbeeld resepte, instruksie-handleidings en wetenskaplike laboratoriumverslae, te kan skryf (Hyland, 2006:48; Hyland, 2007:153).

3.7.3 Taal vir Akademiese Doeleindes

Taal vir Akademiese Doeleindes inkorporeer aspekte van die Nuwe Retoriek en die Sisteem- Funksionele Linguistiek om ʼn meer linguisties georiënteerde benadering tot genre te vorm.

Hierdie benadering sien genre as gestruktureerde kommunikatiewe gebeurtenisse wat deur spesifieke diskoersgemeenskappe gebruik word. Die lede van hierdie diskoersgemeenskappe deel dan ook breë kommunikatiewe doelwitte (Hyland, 2002b:115; vgl. weer 3.2 en 3.3). Aangesien tekste se formele eienskappe en die kommunikatiewe doel daarvan binne ʼn spesifieke sosiale konteks as belangrik geag word, word linguistiese metodes aangewend by die analise daarvan (Hyon, 1996:695).

Hierdie benadering fokus dus spesifiek op aspekte soos communicative events, communicative

purposes, structure, style, content en audience by die definiëring van genres (Swales, 1990:58).

Dit beteken verder dat die spesifieke kommunikatiewe behoeftes van spesifieke akademiese groepe in ag geneem word by die bestudering van die struktuur en die betekenis van akademiese tekste, die eise wat akademiese kontekste aan kommunikatiewe optrede stel, en die pedagogiese praktyke waarbinne hierdie kommunikatiewe optrede verder ontwikkel kan word (Hyland, 2006:49; Hyland & Hamp-Lyons, 2002:2-3).

Vervolgens ressorteer tekste onder sekere benamings ten einde die spesifieke doel, konteks en gehoor daarvan aan te dui (Hyland; 2006:49). Binne ʼn universiteitskonteks kan tekste volgens Hyland (2006:50) dan soos volg (Voorbeeld 3.3) ingedeel word:

Geskrewe genres Gesproke genres  Navorsingsartikels  Kongresopsommings  Fondsaansoeke  Voorgraadse essays  Navorsingsvoorleggings  Lesings  Seminare  Tutoriale sessies  Mondelinge eweknieterugvoer  Colloquia Voorbeeld 3.3: Akademiese genres

Op grond van hierdie indeling (Voorbeeld 3.3) vorm Taal vir Akademiese Doeleindes binne die raamwerk van hierdie studie ʼn gepaste benadering vir die definiëring van genre binne ʼn

universiteitskonteks.

Deur gebruik te maak van Hyland (2006:50) se indeling kan die geskrewe genre van hierdie studie geklassifiseer word as ʼn akademiese skryfstuk waarvan die subgenre geklassifiseer word as ʼn argumentatiewe skryfstuk. Aangesien skryf binne ʼn universiteitskonteks nie geskei kan word van die kognitiewe en sosiale konteks nie, word Bruce (2008:8) se indeling ook gebruik om die klassifikasie van genre vir hierdie studie soos volg (Tabel 3.1) uit te brei:

Sosiale genre Kognitiewe subgenre/tekstipe

Akademiese skryfstuk/referaat (voorgraads) Akademiese argument Tabel 3.1: Genre-klassifikasie

In aansluiting by hierdie klassifikasie (Tabel 3.1) wys Van de Poel en Gasiorek (2007:34) daarop dat:

In an academic context, the most common and most important type of writing is ARGUMENTATIVE WRITING (vgl. 1.2).

Die belangrikheid hiervan (reeds vanaf die begin van universiteitstudie) word deur Carstens (2009:88-90) bevestig. Sy wys daarop dat studies oor akademiese skryfwerk (1983-2003) aangedui het dat voorgraadse studente die meeste van die tyd ʼn akademiese argument (wat vervolgens bespreek word) moet skryf.