• No results found

In die vorige hoofstuk is die Suid-Afrikaanse ontwikkelingsgerigte benadering tot maatskaplike welsynsdienste oor die algemeen ontleed. In hierdie hoofstuk word nou binne die konteks van hierdie benadering in die besonder aandag gegee aan die ontleding van die beleid van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling wat ’n maatskaplike ontwikkelingsgerigte benadering volg ten opsigte van die kapasiteitsbou van IGO’s deur gevestigde welsynsorganisasies.

Die bespreking bestaan uit vier dele. Eerstens word die konteks van kapasiteitsbou van IGO’s in terme van die Suid-Afrikaanse maatskaplike ontwikkelingsgerigte benadering met inagneming van relevante beleidsdokumente geanaliseer. Die verwysings na kapasiteitsbou van IGO’s word in die besonder in terme van twee toonaangewende beleidsdokumente, naamlik die Witskrif vir Welsyn (1997) en die Nasionale Ontwikkelingsplan (2011), beskryf. Alhoewel die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se Geïntegreerde Dienslewe- ringsmodel (2006) nie pertinent van die kapasiteitsbou van IGO’s melding maak nie, word daar kortliks na hierdie beleid verwys, aangesien die kapasiteitsbou van IGO’s in hierdie studie as deel van maatskaplike dienslewering beskou word. Tweedens word die begrip “kapasiteitsbou van IGO’s” vir die doel van hierdie studie omskryf en dien dit as vertrek- punt vir die verdere bespreking daarvan. Laastens word ’n beknopte uiteensetting gegee van die twee praktiese staatsbeleidstukke wat ’n direkte effek op die kapasiteitsbou van IGO’s deur gevestigde organisasies het: (a) Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se Finansieringsbeleid vir Maatskaplike Diensverskaffers (2012a) wat die kapasiteitsbou van IGO’s as transformasievereiste vir gevestigde organisasies stel, asook veral (b) die Wet op Organisasies sonder Winsoogmerk (Republiek van Suid-Afrika, 1997) wat die vereistes uiteensit waaraan IGO’s moet voldoen om as niewinsgerigte organisasies geregistreer te word. Hierdie uiteensetting sal dien as konseptualisering van die kapasiteitsbou van IGO’s deur formele maatskaplike diensorganisasies wat in hoofstuk 4 ontleed sal word.

3.2 MAATSKAPLIKE ONTWIKKELINGSGERIGTE BENADERING SPESIFIEK TEN OPSIGTE VAN KAPASITEITSBOU VAN IGO’s

Vervolgens word die maatskaplike ontwikkelingsgerigte benadering spesifiek ten opsigte van die kapasiteitsbou van IGO’s ondersoek.

3.2.1 Kapasiteitsbou in die konteks van maatskaplike welsyn

Soos reeds aangetoon is in hoofstuk 2, hou die begrip “maatskaplike welsyn” op makrovlak verband met die algemene welstand van burgers in die samelewing, wat daarop dui dat ’n samelewing nie alleen reeds ’n mate van voorspoed, welstand en gesondheid geniet nie, maar ook dat daar geleenthede vir ontwikkeling, behoeftevervulling en selfverwesenliking vir individue, groepe en gemeenskappe bestaan (Barker, 2003; Kirst-Ashman, 2013; Patel, 2005; Vaktaalkomitee, 1995; Zastrow, 2013). Maatskaplike dienslewering op mikrovlak, daarteenoor, verwys na intervensies afgestem op individue en gesinne met die doel om maatskaplike probleme te verlig en op te los, burgerlike deelname te bevorder en gemeenskapsgebaseerde dienste binne ’n geïntegreerde en algemene model van maatskaplikewerkdienste en -praktyk te lewer (Lombard, 2011). Die kapasiteitsbou van IGO’s kan dus beskou word as die bevordering van burgerlike deelname deur die daarstel van koste- effektiewe en toeganklike hulpbronne in gemeenskappe om mense in staat stel om die welstand van landsburgers te verbeter en selfvolhoubaarheid in die hand te werk.

3.2.2 Maatskaplike ontwikkelingsgerigte benadering tot kapasiteitsbou van IGO’s in Suid-Afrika

Daar is reeds in die vorige hoofstuk aangetoon dat die wyse van konseptualisering van

maatskaplike welsyn en die benadering wat tot maatskaplike werk in Suid-Afrika gevolg word,

intrinsiek verweef is met die land se politieke, ideologiese, ekonomiese en kulturele beskouings in ’n spesifieke tydsgewrig. Met die oorname van die ANC-regering in 1994 is ’n nuwe ontwikkelingsgerigte welsynsbenadering in die voorsiening van maatskaplike dienste aangeneem wat gestalte gevind het in die Suid-Afrikaanse Witskrif vir Welsyn as maatskaplike welsynsbeleid (1997). Dié benadering word verder aangevul deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Ontwikkelingsplan (2011) en verpraktiseer deur die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se Diensleweringsmodel (2006) (Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, 2006; National Planning Commission, 2011; Lombard, 2011; Ministerie vir Welsyn en

Bevolkingsontwikkeling, 1997). Vir sover daar in die genoemde beleidstukke na die kapasiteitsbou van IGO’s verwys word, word elkeen kortliks bespreek.

3.2.2.1 Witskrif vir Welsyn (1997)

Soos reeds in hoofstuk 2 genoem is, verbind die Departement van Maatskaplike Ontwikke- ling hom deur die Witskrif vir Welsyn (Ministerie vir Welsyn en Bevolkingsontwikkeling, 1997) tot die transformasie van maatskaplike dienste. Die regering se benadering tot dienslewering het van ’n maatskaplike behandelingsmodel na ’n ontwikkelingsgerigte diensleweringsmodel verskuif, wat die interafhanklikheid van maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling beklemtoon (Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, 2012a). Dit gaan gepaard met die daadwerklike herstrukturering van die maatskaplike diensleweringsisteem (Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, 2006; Ministerie vir Welsyn en Bevolkings- ontwikkeling, 1997; Patel et al., 2005).

Een van die hoofdoelstellings van die herontwerp van die diensleweringsisteem is die gelyke herverspreiding van dienste aan alle kwesbares, met direkte verwysing na die maatskaplike diensverskaffers wat hierdie maatskaplike welsynsdienste lewer. Die Witskrif vir Welsyn (Ministerie van Welsyn en Bevolkingsontwikkeling, 1997) erken dat sowel die formele diens- organisasies as die IGO’s twee van die vele diensverskaffers is wat ’n waardevolle bydrae tot ontwikkelingsgerigte welsynsdienste kan en moet lewer. Die verlening van gelyke status aan IGO’s aan die een kant en die formele welsynsektor aan die ander kant word as een van die prioriteite van die regering in die Witskrif vir Welsyn (Ministerie van Welsyn en Bevolkingsontwikkeling, 1997; Patel, 2005) uitgesonder. Desnieteenstaande word gemeen- skapsgebaseerde organisasies tot op hede nog grotendeels van finansiering deur die Staat uit- gesluit omdat hulle nie voldoen aan die vereistes wat vir staatsfinansiering in die welsyn- sektor gestel word nie (Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, 2012a).

Die noodsaaklikheid van die ontwikkeling van gemeenskapsgebaseerde organisasies vir die vooruitgang van die maatskaplike ontwikkeling van kwesbare en gemarginaliseerde gemeen- skappe in Suid-Afrika word deur Patel (1998) beklemtoon. Die outeur (1998) voer aan dat, ten einde IGO’s meer effektief as hulpbronne te kan benut, ’n bemagtigende omgewing geskep moet word wat kapasiteite sal ontgin vir ontwikkelingsdoeleindes. Net soos die benadering tot dienslewering in die welsynsektor na aanleiding van die Witskrif vir Welsyn (1997) moet verskuif vanaf ’n maatskaplike behandelingsmodel na ’n ontwikkelingsgerigte

diensleweringsmodel, moet die kapasiteitsbou van IGO’s die ontwikkeling van dienste ten doel hê met die klem op bemagtiging eerder as remediëring. Kapasiteitsbou van IGO’s behoort dienooreenkomstig vanuit die maatskaplike ontwikkelingsgerigte benadering wat die klem plaas op bemagtiging, ontwikkeling en groei, gelewer te word. Die uiteindelike doel van die kapasiteitsbou van IGO’s is dat hulle as effektiewe hulpbronne vir die gemarginaliseerde gemeenskappe kan funksioneer en volhoubaar dienste kan lewer aan mense in nood. Hierdie fokusverskuiwing in kapasiteitsbou behoort derhalwe direk tot die herstrukturering of hervorming van die huidige diensleweringsisteem ten opsigte van maatskaplike welsyns- dienste te lei.

3.2.2.2 Diensleweringsmodel van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling (2006)

Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling bevestig in sy Diensleweringsmodel (2006) die standpunt van die Verenigde Nasies se Ekonomiese Kommissie vir Afrika dat maatskaplike ontwikkeling die deelname van mense behels om kwalitatiewe en kwantitatiewe verandering in die maatskaplike toestande van individue, groepe en gemeenskappe tot stand te bring deur beplande maatreëls soos maatskaplike beleid, maatskaplike welsyn, maatskaplike sekuriteit, maatskaplike dienste, maatskaplike werk, gemeenskapsontwikkeling en institusionele bou. “Institusionele bou” verwys dus spesifiek ook na die kapasiteitsbou van IGO’s. Een van die Staat se fokusareas in die Diensleweringsmodel (Departement van Maatskaplike Ontwikkkeling, 2006) is fasilitering van institusionele ondersteuning en ontwikkeling, met die klem op die skepping en versterking van die huidige staatsinstellings en burgerlike samelewingsorganisasies, wat dus dan ook die kapasiteitsbou van IGO’s insluit.

Die maatskaplike ontwikkelingsraamwerk vereis interverhoudings, intersektorale same- werking en ’n geïntegreerde ingesteldheid ten opsigte van dienslewering deur die onderskeie staatsdepartemente en sy sektore. Samewerking en koördinering is slegs moontlik indien dit in houdings en gedrag weerspieël word en waardes nagestreef word wat die maatskaplike ontwikkelingsgerigte benadering voorstaan (Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, 2006).

3.2.2.3 Nasionale Ontwikkelingsplan vir Suid-Afrika (2011)

In ooreenstemming met die voorafgaande beklemtoning van die waarde van IGO’s ten opsigte van maatskaplike ontwikkeling van kwesbares en die fokus op die herstrukturering van die

diensleweringsisteem in die Witskrif vir Welsyn (Ministerie van Welsyn en Bevolkingsontwikkeling, 1997), bevestig die National Planning Commission (2011) die Staat se beskouing van IGO’s as waardevolle en noodsaaklike hulpbronne.

Die National Planning Commission (2011) spreek hom verder spesifiek uit oor die onvoldoende finansiering van maatskaplike diensverskaffers en stel voor dat die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling sy finansiering aan gevestigde maatskaplike diensverskaffers verhoog, sodat verantwoordbare en professionele dienste deur gevestigde diensverskaffers aan kwesbare Suid-Afrikaners gelewer kan word. Die National Planning Commission (2011) wys voorts daarop dat die regering ’n vennootskapsmodel van dienslewering aanvaar het en sterk steun op nieregeringsorganisasies om professionele maatskaplike welsynsdienste te lewer. Die National Planning Commmission vestig die aandag daarop dat die huidige model waardeur die Staat die las van versorging, behandeling en rehabilitasie na die nieregeringsektor en arm gemeenskappe verskuif, onsuksesvol is (National Planning Commission, 2011). Die finansiering van nieregeringsorganisasies het sedert 1994 afge- neem, wat gelei het tot die afname in omvang en kwaliteit van dienste terwyl die behoefte aan sodanige dienste juis drasties toegeneem het. Sulke organisasies beskik aan die een kant weens maatskaplike fragmentasie en die gebrek aan maatskaplike ondersteuningsisteme eenvoudig nie oor die vermoë om op die grootskaalse omvang en kompleksiteit van armoede in Suid-Afrika te reageer nie. Aan die ander kant val die las van versorging op arm gemeen- skappe, vroue en ouer persone, wat dan ook dikwels lei tot ’n gevoel van magteloosheid en maatskaplike isolasie. ’n Meer sistematiese betrokkenheid tussen regerings- en nieregeringsdiensverskaffers wat nodig is om die omvang van maatskaplike fragmentasie en doelbereiking effektief te kan aanspreek, word gevolglik in die Nasionale Ontwikkelingsplan bepleit (National Planning Commission, 2011).

3.3 OORHOOFSE BEGRIP VAN “KAPASITEITSBOU VAN INFORMELE