• No results found

1. INLEIDING EN HISTORIESE AGTERGROND

1.4. Historiografiese ontleding en historiese begronding

1.4.5. Die impak van Afrikanernasionalisme op die veranderende karakter van die OB

Ten spyte van die komplekse verhouding tussen die OB en die HNP, het die OB ʼn massiewe bydrae gemaak tot die mobilisering van Afrikanernasionalisme wat ʼn hoogtepunt sou bereik met die 1948-verkiesing. Die OB het volgens Marx die idee in Afrikaners gekweek dat

97 C. Marx, ‘“Dear listeners in South-Africa”: German propaganda broadcasts to South Africa, 1940-1941’,

South African Historical Journal, 27, 1 (1992), pp. 148-172.

98 Vir meer inligting rondom die inhoud van die uitsendings, asook die individue wie betrokke was by die

uitsendings, sien: Van der Schyff, ‘Verset teen “Empire-oorlog”’, pp. 237-250.

99 H. Strydom. Vir Volk en Führer: Robey Leibbrandt & Operasie Weissdorn (Johannesburg, Jonathan Ball

Uitgewers, 1983), pp. 262-263.

100 Furlong, Between Crown and Swastika, p. 135.

101 Furlong, Between Crown and Swastika, pp. 134-135; Marx, ‘“Dear listeners in South-Africa”’, pp.

160-161; Marx, Oxwagon Sentinel, p. 525. Vir beter konteks rondom die konsentrasiekampe van die Anglo-Boereoorlog, asook ander beleide wat deur Brittanje ingestel is, sien: L. Callinicos, B. Nasson, H. Giliomee & A. Grundlingh, ‘Goud en oorlog’ in H. Giliomee & B. Mbenga (reds.), Nuwe

Geskiedenis van Suid-Afrika (Kaapstad, Tafelberg, 2007), pp. 214-215. Die impak wat die Suid-

Afrikaanse Oorlog se konsentrasiekampe op toekomstige Afrikanergenerasies gehad het, word deeglik ontleed deur Stanley en Dampier, sien: L. Stanley, & H. Dampier, ‘Aftermaths: post/memory, commemoration and the concentration camps of the South African War, 1899-1902’, European Review

of History: Revue européenne d’histoire, 12, 1 (2005), pp. 91-119.

25

nasionalisme die oplossing is vir alle probleme, hetsy dit ekonomies, polities of sosiaal is.103

As ʼn afgebakende tema binne die OB se geskiedenis, is Afrikanernasionalisme relevant vir hierdie verhandeling as ʼn faktor wat die karakter en bestaansreg van die OB beïnvloed het. Afrikanernasionalisme was verder ʼn dryfkrag wat individuele lede gemotiveer het om aan te sluit en deel te word van verset. Hierdie verset-aksies sou later bydra tot die regverdiging van die implementering van die noodregulasies.

In 1975 verskyn T.D. Moodie se boek oor die Afrikanerdom. Moodie gee veral aandag aan die leier van die OB, kommandant-generaal Hans van Rensburg, die rol wat Duitse elemente in Suid-Afrikaanse politiek gespeel het, asook ʼn omvattende beskrywing van die opkoms en mobilisering van Afrikanernasionalisme.

C. Marx se boek, Oxwagon Sentinel: Radical Afrikaner Nationalism and the History of the

Ossewabrandwag, is onontbeerlik vir hierdie verhandeling.104 Soos uitgelig deur Kössler, dek

Marx se boek basies drie hooffases.105 Eerstens word die basiese elemente van

Afrikanernasionalisme bespreek. Hierdie aspek is belangrik omdat Afrikanernasionalisme ʼn groot impak gehad het op die ontstaan, denkpatroon en latere militante aktiwiteite van die OB. Hierdie latere militante aktiwiteite, gepaard met meer lydelike vorme van verset, sou uiteindelik gedeeltelik daartoe bydra dat die Unieregering sekere noodregulasies in plek stel tydens die Tweede Wêreldoorlog. Tweedens word die drastiese uitbreiding en verspreiding van hierdie nasionalisme tydens die 1930s en 1940s deeglik bespreek binne die historiese konteks waarbinne Afrikaners van die tyd gefunksioneer het. Hierdie aspek is belangrik vir die verhandeling omdat dit die konteks waarbinne die OB ontstaan het verduidelik. Dit gee ook genoegsame konteks rondom die OB se groei tot massa-beweging. Derdens word die OB self, asook al die uitvloeisels daarvan, bespreek.106 Hierdie aspek is belangrik omdat hierdie

verhandeling fokus plaas op die wyses waarop OB-lede se lewens geaffekteer is deur die Smuts-regering se implementering van die noodregulasies, meer spesifiek uitvloeisels wat as gevolg van die noodregulasies ontstaan het. Marx se boek is ʼn uiters noodsaaklike bron- gebaseerde vertelling van hierdie drie bogenoemde fases van Afrikanergeskiedenis. Al drie

103 Marx, ‘The Ossewabrandwag as a mass movement’, p. 219. 104 Marx, Oxwagon Sentinel.

105 Kössler, ‘Review: A Wide-Ranging History of Afrikaner Nationalism’, p. 314. 106 Marx, Oxwagon Sentinel.

26

fases, en dus Marx se totale boek, is noodsaaklik om hierdie verhandeling suksesvol te voltooi, en verder op sy uitkomstes te bou.

Furlong se 1992-artikel werp meer lig op hoe Nazi Duitsland, sowel as ingevoerde idees rondom nasionalisme, internasionale rassisme en fascisme, bygedra het tot die vorming van wat hy as “modern Afrikaner nationalism” bestempel.107 Hierdie studie is historiografies van

aard, maar bied tog belangrike feite rondom die invloed wat eksterne magte, soos Naziïsme, op Afrikanernasionalisme gehad het. Furlong bied ook interessante inligting rondom individue wat direk by die OB betrokke was, soos Geoffrey Cronjé.108 Die wyse waarop OB-lede se

lewens geaffekteer is deur die implementering van die noodregulasies, asook die invloed wat Afrikanernasionalisme op die OB se bedrywighede, lede en karakter gehad het, is identifiseerbaar in Furlong se artikel.

In 1992 verskyn nog ʼn artikel wat die verband tussen die “Third Reich” en die Unie van Suid- Afrika verduidelik.109 Hagemann se artikel fokus eerstens op die kulturele, ekonomiese en

politiese verband tussen die “Third Reich” en die Unie van Suid-Afrika. Tweedens word daar aandag gegee aan die bydrae wat die “Third Reich” en nasionale sosialisme tot die vorming van Apartheid gehad het. Afrikaners, veral OB-lede, het Duitsland hoofsaaklik as ʼn vennoot beskou in die “long struggle against the British Empire”.110

ʼn Verdere werk wat insig bied tot die politieke klimaat waarbinne die OB ontstaan, gegroei en uiteindelik ontbind het, is D. Prinsloo se 1985-artikel oor die verband tussen H.F. Verwoerd en die OB.111 Hierdie artikel beskryf die ontstaan van die OB, die komplekse verhouding tussen

die OB en die HNP, die noodregulasies wat deur die Smuts-regering ingestel is, die politiek wat tussen verskillende koerante se ondersteuners ontstaan het, asook die invloed wat die 1948- verkiesing op politieke gevangenes gehad het.112

107 P.J. Furlong, ‘Fascism, the Third Reich and Afrikaner Nationalism: an assessment of the historiography’,

South African Historical Journal, 27, 1 (1992), p. 113.

108 Furlong, ‘Fascism, the Third Reich and Afrikaner Nationalism’, pp. 125-126.

109 A. Hagemann, ‘Very special relations: The “Third Reich” and the Union of South Africa, 1933-1939*’,

South African Historical Journal, 27, 1 (1992), pp. 127-147.

110 Hagemann, ‘Very special relations’, p. 131.

111 Prinsloo, ‘Dr. H.F. Verwoerd en die Ossewa-Brandwag, 1938-1952’, pp. 73-85.

112 Vir verdere konteks rondom die komplekse verhouding tussen die OB en die HNP, asook die invloed

van die 1948-verskiesing op politieke gevangenes en geïnterneerdes sien D. O’Meara, Volkskapitalisme:

Class, Capital and Ideology in The Development Of. Afrikaner Nationalism, 1934-1948 (Cambridge,

Cambridge University Press, 1983); N. Stultz, The Nationalists in Opposition, 1934- 1948 (Cape Town, Human & Rousseau, 1974).

27

1.4.6. Inligting rondom wie geïnterneer is

In 2012 verskyn K. Shear se artikel rondom die kompleksiteite van die Suid-Afrikaanse staat se hantering van binnelandse onrus.113 Shear se artikel word binne die tydraamwerk van 1939

tot 1963 geplaas, wat dit baie relevant maak vir hierdie verhandeling omdat die hele Tweede Wêreldoorlog gedek word. In hierdie artikel word fokus geplaas op die rol van die Suid- Afrikaanse Polisie (SAP) tydens die Tweede Wêreldoorlog, asook ná die Nasionale Party se 1948-verkiesingsukses. Dit is duidelik dat ʼn dinamiese verhouding binne die SAP ontstaan het as gevolg van die groot hoeveelheid OB-lede.114 OB-lidmaatskap is amptelik verbied vir alle

polisiebeamptes in November 1940. Die Stormjaers het egter kort daarna onderlangs begin polisiebeamptes nader om deel te word van die sabotasie-aksies teen die regering.115 Baie van

hierdie OB-polisielede is gearresteer met die massa-arrestasies van 1942.116

Wat Shear se artikel veral uitlig is dat verskeie lede wat onder die Smuts-regering se noodregulasies gearresteer en geïnterneer is, later baie belangrike posisies in die SAP beklee het. Hierdie belangrike posisies is veral te sien na die 1948-verkiesing. Shear lig verskeie voorbeelde uit van geïnterneerdes wat later as helde vereer is in belangrike staatsposisies onder die NP-regering.117 Hierdie artikel bied dus vir die doeleindes van hierdie verhandeling

belangrike inligting rondom wie binne die SAP geïnterneer is, asook die historiese konteks rondom wat met hierdie individue gebeur het na die 1948 Nasionale Party oorname. Shear se artikel gee ook agtergrond inligting rondom die OB self. Inligting word verskaf rondom die dualistiese veranderende struktuur van die OB, die ontstaan van die organisasie en die Stormjaers. ʼn Deeglike verduideliking van die Smuts-regering se vrywilligersbeleid en die teken van die “Rooi”-eed word ook verskaf.118 Hierdie inligting is belangrik om die komplekse

situasie wat onder Afrikaners ontstaan het as gevolg van hierdie eed en die dra van die “rooi- lussies” te verstaan. Die dra van die “rooi-lussies” het ʼn direkte teenpool gevorm met die OB se versetbedrywighede tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die dra van die “rooi-lussies” het ʼn

113 K. Shear, ‘Tested loyalties: policies and politics in South Africa, 1939-63*’, Journal of African History,

53, 2 (2012), pp. 173-193.

114 In hierdie verband, sien: K. Shear, ‘Colonel Coetzee’s War: Loyalty, Subversion and the South African

Police, 1939–1945’, South African Historical Journal, 65, 2 (2013), pp. 222-248.

115 Shear, ‘Tested loyalties’, p. 182. 116 Shear, ‘Tested loyalties’, p. 174.

117 Hierdie opmerking word ook gemaak deur Marx, sien: Marx, Oxwagon Sentinel, pp. 558-560. 118 Shear, ‘Tested loyalties’, p. 179.

28

skeiding in die volk veroorsaak, ʼn skeiding wat twee dele gevorm het. Die eerste was Afrikaners ten gunste van Suid-Afrikaanse deelname aan die Tweede Wêreldoorlog, die tweede was Afrikaners gekant teen deelname.119 Hierdie twee direkte teenpole, waarvan die

een uiteindelik gedeeltelik sou bydra tot die implementering van die Unieregering se noodregulasies, het die land en die volk “diep geskeur”.120

In 2015 verskyn daar wel ʼn interessante artikel deur J.M. van Tonder rondom die Afrikaanse kerke in die Tweede Wêreldoorlog, wat spesifiek oor internering handel.121 Van Tonder maak

melding van spesifieke geïnterneerde/gearresteerde individue wat direk verbind was met die kerk. Van Tonder se artikel is dus belangrik vir die verstaan van die rol van die kerk asook die regulasies wat deur die staat in plek gestel is. Meer onlangs is verskeie werke oor belangrike individue in die OB, insluitend individue wat deur die noodregulasies geraak is, ook gepubliseer. Hieronder kan Albert Blake se 2018-publikasie Wit terroriste: Afrikaner-

saboteurs in die Ossewabrandwagjare veral uitgelig word.122