• No results found

1. INLEIDING EN HISTORIESE AGTERGROND

1.4. Historiografiese ontleding en historiese begronding

1.4.8. Ander relevante bronne

Omdat J.C. Smuts, as leier van Suid-Afrika tydens die Tweede Wêreldoorlog, ook van belang is vir hierdie studie, is dit nodig om verskeie werke oor Smuts ook in ag te neem. Die twee mees onlangse werke is Jan Smuts: van boerseun tot wêreldverhoog, wat in 2017 met J.A. Du

Pisani as hoofredakteur gepubliseer is,131 en A. Ludi se meestersverhandeling Smuts: Lost in

transmission?,132 beide werke dek aspekte van Smuts se lewe soos dit hoofsaaklik in die vroeë 20ste eeu ter voorskyn kom. Ander belangrike bronne oor Smuts sluit die volgende in: Jan Smuts: ʼn Biografie van F.S. Crafford,133 Jan Smuts and his International Contemporaries deur

O. Geyser,134 Smuts: The fields of force, 1919-1950 deur W.K. Hancock,135 asook Jan Smuts:

Man of courage and vision deur A. Lentin.136 Al hierdie bronne word geraadpleeg om ʼn

duidelik prentjie van Smuts se aksies tydens die Tweede Wêreldoorlog te bekom. Primêre bronne rondom Smuts se lewe is ook verkrygbaar in die Suid-Afrikaanse Nasionale Argief te Pretoria.

Behalwe vir die bogenoemde bronne is verskeie ander bronne ook nodig om hierdie verhandeling suksesvol te voltooi. Koerantartikels gaan byvoorbeeld benut word in hierdie

130 Van Rensburg, Their paths crossed mine, pp. 217-220.

131 J.A. Du Pisani, D. Kriek & C. De Jager (reds.), Jan Smuts: van Boerseun tot wêreldverhoog

(Pretoria, Protea Boekhuis, 2017). Vir meer inligting oor Jan Smuts: van Boerseun tot wêreldverhoog sien: C. Gouws, ‘Boekresensie: Jan Smuts: van Boerseun tot wêreldverhoog’, New Contree, 79 (Desember 2017), pp. 193-196; E. Kleynhans, ‘Book review: Reappraisal of an enigmatic character – Jan Smuts: van Boerseun tot wêreldverhoog, Kobus Du Pisani, Dan Kriek and Chris De Jager (eds.)’,

Historia, 62, 2 (2017), pp. 149-152; B. van der Merwe, ‘Jan Smuts: van Boerseun tot wêreldverhoog:

’n lesersindruk’, LitNet, (Oktober 2017), beskikbaar by https://www.litnet.co.za/jan-smuts-van- boerseun-tot-wereldverhoog-n-lesersindruk/, geraadpleeg op 6 September 2018.

132 A. Ludi, ‘Smuts: Lost in transmission?’ (MHCS dissertation, University of Pretoria, 2016). 133 F.S. Crafford, Jan Smuts: ʼn biografie (Cape Town, Edina Works, 1947).

134 O. Geyser, Jan Smuts and his International Contemporaries (Johannesburg & London, Covos Day,

2001).

135 W.K. Hancock, Smuts: The fields of force, 1919-1950 (Cambridge, Cambridge University Press,

1968).

136 A. Lentin, Jan Smuts: Man of courage and vision (Johannesburg & Cape Town, Jonathan Ball

31

verhandeling. Wanneer daar na koerantartikels verwys word, is dit belangrik om in ag te neem dat sekere koerante sekere politieke agendas bevorder of minstens ondersteun het. Hierdie aspek van koerantartikels as bronne is iets waarmee daar voortdurend rekening gehou word tydens die navorsingsproses. Belangrike Afrikaanse koerante van die tyd bied byvoorbeeld belangrike inligting rondom die politieke omstandighede van die tyd.137 Ander nie-Afrikaanse

koerante bied tog ook belangrike bruikbare inligting vir hierdie verhandeling.138

Koerantartikels van beide Afrikaanse en nie-Afrikaanse koerante sal in hierdie verhandeling benut word om deeglike konteks en insig oor die OB, die noodregulasies, die politieke omstandighede in Suid-Afrika, asook uitvloeisels van die noodregulasies (soos die Noodhulpfonds) te bekom. Publikasies wat binne die OB self gepubliseer is, sal ook benut word om die verhandeling so omvattend as moontlik te voltooi.

Die OB-argief word tans op die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom kampus gehuisves. Die skenking van alle dokumente van die OB aan die Ferdinand Postma-biblioteek is een van die laaste besluite wat deur die OB Groot Raad geneem is tydens die ontbinding in 1954.139

Hierdie dokumente is van kardinale belang vir hierdie verhandeling omdat geskiedenis staatmaak op primêre dokumente wat dikwels in argiewe bewaar word. Die dokumente in die OB-argief gaan gevolglik benut word om leemtes te vul wat nie tans in die bestaande literatuur voorkom nie.

*

The challenge to any historian is not simply to repeat what is already common coin but to come out with previously unknown or ignored information and with fresh interpretations.140

Dit is hierdie uitdaging, soos gestel deur D. Fourie in ʼn resensie oor Van der Waag se militêre geskiedenisboek, wat in hierdie verhandeling ter harte geneem word. Die uitdaging en mikpunt is om uiteindelik ʼn bydrae te lewer tot die historiografie met betrekking tot ʼn gefokusde aspek

137 Voorbeelde van prominente Afrikaanse koerante van die tyd sluit in: Die Transvaler, Die Burger, Die

Volksblad, Die Oosterlig, Die Vaderland en Die OB.

138 Voorbeelde van belangrike nie-Afrikaanse koerante van die tyd sluit ondermeer in: Rand Daily Mail,

Pretoria News, The Star en The Friend.

139 Robinson, ‘Die Ossewa-Brandwag-uitstalling: ’n perspektief’, p. 1. 140 Fourie, ‘Review: A military history of modern South Africa’, p. 199.

32

van die Suid-Afrikaanse geskiedenis tydens die Tweede Wêreldoorlog. Hierdie aspek is die interneringsbeleid, en spesifiek interneringskampe, wat as uitvloeisel van die noodregulasies ʼn direkte impak op die lede, bedrywighede en karakter van die OB gehad het. Soos Fourie dit stel is dit belangrik om nuwe voorheen onbekende inligting te verskaf. Vanuit die boonste literatuurstudie is dit duidelik dat genoegsame sekondêre inligting bestaan oor die OB, die Stormjaers, Naziïsme en ander elemente van rassisme onder Afrikaners, Suid-Afrika tydens die Tweede Wêreldoorlog, die Noodhulpfonds en Afrikanernasionalisme. Tog bestaan daar geen deeglike analise van die Smuts-regering se interneringsbeleid en noodregulasies, asook die impak daarvan op OB-lede, bedrywighede en karakter nie. Die interneringskampe word veral afgeskeep in die bestaande literatuur.

Hierdie verhandeling poog om sulke leemtes te vul deur nuwe inligting die lig te laat sien en sterk gebruik te maak, en in gesprek te tree met, primêre bewysmateriaal. Ten einde ʼn suksesvolle verhandeling te lewer, en gevolglik by te dra tot die groeiende historiografie van die Ossewa-Brandwag, sowel as die Suid-Afrikaanse konteks tydens die Tweede Wêreldoorlog, sal die bogenoemde bronne deurgaans benut word met die oog op die beantwoording van die gespesifiseerde navorsingsvrae.

Die bogenoemde historiografie vorm reeds deel van die verhandeling se metodiese oriëntasie. Die doel is om ʼn narratief-beskrywende geskiedenis op skrif te stel ten einde verklarend na die effekte van die noodregulasies te kyk. Daar word in die volgende afdeling baie kortliks na die essensiële metodiek van die narratief-beskrywende tradisie verwys.