• No results found

1. INLEIDING EN HISTORIESE AGTERGROND

2.2. Aard en omvang van die oorlogsmaatreëls en noodregulasies

Suid-Afrika het die oorlog betree sonder dat die bevolking self oor die kwessie gestem het. O’Meara meen ook dat indien die blanke bevolking toegelaat is om te stem oor die kwessie van die oorlogsdeelname, die resultaat hiervan waarskynlik teen oorlogsdeelname sou wees.95

Hierdie argument is ook volgehou deur anti-oorlogsgesindes tydens die oorlog.96 Omdat die

Afrikaner geen stem gehad het in die besluit om deel te neem aan die oorlog nie, het verskeie anti-oorlogsfaksies ontstaan. Dit het elkeen ingesluit wat op hul beurt verset het teen die Smuts- regering se besluit, hetsy dit passiewe of aktiewe verset was.

Weens die verskeie aktiwiteite wat in anti-oorlogsfaksies ontstaan het, was dit nodig vir die regering om verskeie noodregulasies in plek te stel wat met tyd uitgebrei en vermeerder het. Soos reeds bespreek, het die Smuts-regering verskeie wyses gehad om die instelling van hierdie regulasies te regverdig, dit is egter nou van belang om die aard en omvang van hierdie

94 OBA: J.P. de Villiers-versameling, B/L 1/2, omslag 7: Die Vaderland, spotprent, Die Nuwe Bedeling. 95 D. O’Meara, Volkskapitalisme: Class, Capital and Ideology in The Development Of. Afrikaner

Nationalism, 1934-1948 (Cambridge, Cambridge University Press, 1983), p. 121.

54

regulasies weer te gee. Soos wat Monama dit stel, het die ondergrondse anti-oorlog aktiwiteite bygedra tot ʼn verskeidenheid van die regulasies wat in plek gestel is:

The activities of the extra-parliamentary movements, subversive operations, sabotage, and declining morale among the Union troops as well as the prevalence of the social and economic tensions, required the authorities to adopt various measures to maintain control and authority.97

Die spanning waarvan Monama melding maak het reeds lank voor die oorlog begin, maar is vererger tydens die oorlog. Hierdie toename in sosiale, politieke en ekonomiese druk het ʼn “more extremist response” vanuit regeringsoorde ontlok.98

Die eerste stel noodregulasies is slegs veertien dae ná die oorlogsverklaring aangekondig. Hierdie stel noodregulasies het die toestemming aan aangestelde hoofbestuurbeamptes gegun om bymekaarkomste wat nie van godsdienstige aard is nie te verbied.99 Die regering het groepe

se mag om hulself op militêre wyses te organiseer ook gedemp deur Proklamasie 201 van 1939 bekend te stel, asook ook die Wet op Oorlogsmaatreëls van 1940.100 Hoewel hierdie regulasies

nie onmiddellik streng toegepas is nie, is die noodregulasies stelselmatig ontwikkel en uitgebrei om verskeie elemente in te sluit.101

Volgens Van der Walt is die doel van hierdie noodregulasies om “ondergrondse beweginge op te spoor en die anti-oorlogse elemente te intimideer”.102 Ten spyte van hierdie observasie deur

Van der Walt, is dit veilig om te meen dat die noodregulasies verskeie ander motiverings gehad het as slegs die opsporing en intimidasie van ondergrondse en anti-oorlogse faksies. Ingevolge die Noodregulasie 15 van 14 September 1939 en Oorlogsmaatreël 47 van 10 Desember 1941, kon enige individu wat van ondergrondse aktiwiteite of anti-oorlogse gesindhede verdink word geïnterneer word.103 Die internering het verskeie gewone en prominente lede van die OB ten

nouste geraak. Die impak van die oorlogsmaatreëls, en meer spesifiek die grootskaalse

97 Monama, ‘Wartime Propaganda in the Union of South Africa, 1939-1945’, p. 105. 98 O’Meara, Volkskapitalisme, p. 128.

99 A.J.H. van der Walt, ʼn Volk op trek: ʼn Kort geskiedenis van die ontstaan en ontwikkeling van die Ossewa-Brandwag (Johannesburg, Publicité, 1941), pp. 42-43.

100 A.M. Fokkens, ‘Afrikaner unrest within South Africa during the Second World War and the measures

taken to suppress it’, Journal for Contemporary History, 37, 2 (2012), p. 127.

101 Van der Walt, ’n Volk op trek, p. 43. 102 Van der Walt, ’n Volk op trek, p. 43.

55

internering wat hoogty gevier het, word in afdeling 2.3. verder bespreek. Behalwe vir internering het die noodregulasies verskeie ander aspekte van alledaagse lewe beïnvloed. Ingevolge die noodregulasies is die dra van uniforms deur burgers verbied.104 Verder is

verskeie spesiale howe ingestel om politieke misdade te verhoor.105

Op 7 Februarie 1940 ontvang Smuts die nodige magtiging om sekere noodregulasies in plek te stel.106 Op 13 Februarie 1940 wen Smuts die mosie om die Oorlogsmaatreëlwet in te stel, met

79 teenoor 59 stemme.107 Ingevolge Proklamasie 20 van 1941 neem die regering die besluit om

ʼn oorlogsmaatreël in te stel wat alle staatsamptenare verhoed om OB-lede te wees.108 Hierdie

oorlogsmaatreël “bepaal dat geen amptenaar, hetsy Uniaal, Provinsiaal of Spoorwegamptenaar, lid mag bly van die Ossewa-Brandwag of aan sy strewe of verrigtings mag deelneem” of “sy beleid voorstaan” nie.109 Die maatreël het verder vereis dat alle staatsamptenare “binne veertien

dae sy lidmaatskap moet beëindig”.110 Hierdie nuwe maatreël het die polisielede, wat ook OB-

lede was, ten nouste aangeraak.111 Van Rensburg het egter strategies hierop reageer deur alle

staatsamptenare “eervol te ontslaan”.112 Volgens die amptelike bevel sien die OB die

motivering agter hierdie maatreël as tweeledig, eerstens om die “Ossewa-Brandwag te breek” en tweedens om “die Staatsdiens van Afrikanergesinde personeel te suiwer”.113 Die OB se

motivering agter die eervolle ontslag van alle staatsamptenare blyk volksgeoriënteerd en ekonomies verantwoordelik te wees: “Dit is nie in hul [staatsamptenare] belang en ook nie in

104 Hancock, Smuts: The fields of force, p. 338; Van der Walt, ’n Volk op trek, p. 18; Blake, Wit Terroriste,

p. 59.

105 Robinson, ‘Die Ossewa-Brandwag-uitstalling: ’n perspektief’, p. 8; Blake, Wit Terroriste, pp. 55-56. 106 Blignaut, ‘Goddank dis hoogverraad en nie laagverraad nie!’, p. 77.

107 Hancock, Smuts: The fields of force, p. 338.

108 OBA: Kommandant-Generaal- versameling, B/L 2/4 omslag 19: Korrespondensie. Bevel no. 5/1941, 5

Maart 1941; Die Oosterlig, 10.02.1941; Rand Daily Mail, 19.02.1941; Die Volksblad, 1.03.1941; Die

Suiderstem, 1.03.1941; Sunday Express, 2.03.1941; Fokkens, ‘Afrikaner unrest within South Africa

during The Second World War and the Measures taken to suppress it’, p. 128; C. Marx, ‘The Ossewabrandwag as a mass movement, 1939-1941’, Journal of Southern African Studies, 20, 2 (1994), p. 216; D. Prinsloo, ‘Dr. H.F. Verwoerd en die Ossewa-Brandwag, 1938-1952’, Kleio, XVII, 1 (1985), pp. 73-85; Die tema word ook vlugtig deur A. Venter aangeraak in ‘Die politieke oortuigings van Hans van Rensburg (1898-1966): kontinuïteit en verandering’, Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 48, 1 (2008), p. 75.

109 OBA: Kommandant-Generaal-versameling, B/L 2/4 omslag 19: Korrespondensie. Bevel no. 5/1941,

5 Maart 1941.

110 OBA: Kommandant-Generaal-versameling, B/L 2/4 omslag 19: Korrespondensie. Bevel no. 5/1941,

5 Maart 1941; Die Vaderland, 2.04.1941.

111 Die Volksblad, 23.11.1940. 112 Blake, Wit Terroriste, p. 60.

113 OBA: Kommandant-Generaal-versameling, B/L 2/4 omslag 19: Korrespondensie. Bevel no. 5/1941,

56

die belang van die Afrikanerdom dat hul met vrou en kind op straat gesmyt word sonder dat die offer ons saak bevorder [nie].”114

ʼn Verdere vergestalting van die noodregulasies was om alle private vuurwapens op te eis onder Proklamasie 139 van 1940.115 Die motivering hieragter is moontlik om ʼn gewapende opstand

te voorkom. Tog het die Smuts-regering volgehou dat die motivering hieragter was dat die regering die wapens in die oorlog teen Duitsland benodig.116 Sowat 88 000 vuurwapens is reeds

teen Augustus 1940 gekonfiskeer. Vele meer sou volg omdat die oorlog tot 1945 sou duur.117

In ʼn Spesiale Verslag aan die regering het die Kommissaris van polisie verskeie inligting rondom sabotasie-aksies, en die Stormjaers, uitgelê.118 Vir bestaande navorsing op die

Stormjaers, sien Visser, Fokkens, Marx en Badenhorst.119 Die Stormjaers word ook in

Hoofstuk 3 verder bespreek. Die primêre dokument lees: “In these circumstances it is again stressed that the Ossewabrandwag organisation is a grave danger and should be immediately banned.”120 Volgens Visser is die enigste onmiddellike reaksie hierop die instelling van ʼn

addisionele wet wat op 4 Februarie 1942 ingestel is, en uiteindelik in die noodregulasies opgevat is. Kortliks bepaal die wet dat enige individu wat plofstowwe benut in die versetbeweging teen die regering tot die dood veroordeel kan word.121

Soos wat Visser dit duidelik maak was die OB onder die indruk dat hulle die ware Afrikaners is, die “patriote”, terwyl die res van die pro-oorlog Afrikaners die verraaiers is.122 Die

Stormjaers het “aktiewe weerstand teen die oorlogspoging gebied”, en gevolglik was beide

114 OBA: Kommandant-Generaal-versameling, B/L 2/4 omslag 19: Korrespondensie. Bevel no. 5/1941,

5 Maart 1941.

115 Fokkens, ‘Afrikaner unrest within South Africa during The Second World War and the Measures

taken to suppress it’, p. 127.

116 Liebenberg, ‘Van die Statuut van Westminster tot die Republiek van Suid-Afrika, 1931-1961’, p. 382;

Terblanche, John Vorster – OB-generaal en Afrikanervegter, p. 99; Marx, ‘The Ossewabrandwag as a mass movement’, p. 201; C. Marx, ‘“Dear listeners in South Africa”’, p. 159; Blake, Wit Terroriste, p. 59.

117 Blake, Wit Terroriste, p. 59.

118 Visser, OB: Traitors or patriots?, p. 104.

119 Visser, OB: Traitors or patriots?, p. 104; Fokkens, ‘Afrikaner unrest within South Africa

during The Second World War and the Measures taken to suppress it’, pp. 130-132; C. Marx, Oxwagon

Sentinel: Radical Afrikaner Nationalism and the History of the Ossewabrandwag (Pretoria, University

of South Africa Press, 2008), pp. 22, 353-362; J.J. Badenhorst, ‘Die organisasiestruktuur van die Ossewa-Brandwag’ (MA verhandeling, Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys, 1985), p. 59.

120 Visser, OB: Traitors or patriots?, pp. 104-105. 121 Visser, OB: Traitors or patriots?, p. 105. 122 Visser, OB: Traitors or patriots?, p. 123.

57

geheimhouding en wapenbesit van kardinale belang.123 Dit is tog nodig om in ag te neem dat

die OB en die Stormjaers nie sinonieme vir mekaar is nie, “[d]ie verhouding tussen die OB en die Stormjaers was kompleks”.124 Alhoewel die Stormjaers uit die OB ontstaan het, het dit

daarna los daarvan ontwikkel.125 Die kompleksiteit van hierdie verhouding word ook in

Hoofstuk 3 verder ontleed.

Die Smuts-regering se pogings om binnelandse verset te demp het dus ʼn bose kringloop ontketen. ʼn Kringloop waarin elke aksie van anti-oorlogsgesindes met weerstand deur die regering ontmoet is en elke aksie van die regering is met reaksie deur anti-oorlogsgesindes ontmoet. Van Rensburg beskou die sabotasie-aksies van OB-lede nie as “acts of violence” nie, maar eerder as “violent reactions” teen die internering en arrestasie van mede-OB kamerade.126

Robinson ondersteun Van Rensburg se standpunt in ʼn 1988 pamflet oor die OB-uitstalling, Robinson meen ook dat die sabotasie-aksies “gepleeg [is] as teken van protes teen die regering se interneringsbeleid”.127 Die aard en omvang van die oorlogsmaatreëls en noodregulasies het

dus die OB, en die breër Afrikanerdom, ten nouste geraak. Die bostaande paragrawe behoort as bewys te dien dat die noodregulasies verskeie vorme aangeneem het. Deur dit kaleidoskopies te besigtig is dit moontlik om die aard en omvang daarvan beter te begryp. Die presiese impak van die maatreëls en regulasies word in die volgende afdeling in diepte verken.