• No results found

DIE BASIESE EKONOMIESE BEGINSELS

3.2 Definisie van Ekonomie

Daar behoort eers bepaal word wat met die terme “ekonomiese”, die “ekonomie”, en “Ekonomie as wetenskap” bedoel word. Dit sal die verdere analise van die basiese ekonomiese konsepte en aannames vergemaklik. ʼn Verskeidenheid omskrywings en definisies word in die literatuur aangetref, wat dit wat bedoel word onduidelik maak.

Ekonomiese terme hou almal verband met materiële selfversorging van die mensdom as homo sapiens. Homo sapiens is die enigste lewende wese op aarde wie se materiële selfversorging ʼn kulturele formaat aanneem. By alle ander organismes is die selfversorging natuurwetmatig ingebou en gespesialiseerd. Homo sapiens moet kies hoe om homself of haarself te versorg, en moet die bruikbare dinge hiervoor in sy omgewing selekteer en verwerk. Dit is oor hierdie prosesse wat erkende werke oor ekonomiese kwessies al sedert Aristoteles handel. Filosofiese verskille help dat sommige omskrywings wyer en vaer is, en sommige dalk te eng. ʼn Kort kritiese analise van die omskrywings, sal die gebruik daarvan later in die skripsie vergemaklik.

Die ekonomie verwys in die moderne tyd allerweë na die wêreld van geld en hoe om welvaart te skep. Ekonomie bestudeer hoe markdeelnemers beperkte middele optimaal kan toewys ten einde soveel moontlik van die onbeperkte behoeftes en begeertes te bereik (Mankiw & Taylor, 2011:3). Dit dui op materiële selfversorgingsplanne, waarvolgens almal die beste gebruik van die beskikbare hulpbronne, ter wille van oorlewing, moet maak.

Laasgenoemde definisie van Mankiw en Taylor (2011) baken die vakgebied af, maar daarin lê reeds talle aannames verskuil, byvoorbeeld dat lewensbehoeftes onbeperk is en dat middele altyd tekort skiet2. Sodanige definisies is reeds veranker in die moderne ekonomiese denke.

2

Lionel Robbins (1935:115) wys daarop dat alle middele wat nodig is om menslike doeleindes te bereik, nie altyd beperk is nie. Geen tyd of geld is byvoorbeeld nodig om die suurstof, wat alle mense benodig om van te lewe, te bekom nie. Maar dikwels moet mense wel keuses maak. As mens een ding doen, ontneem dit die tyd en hulpbronne wat aan ‟n ander bestee kon word.

52

Oneindige behoeftes is ‟n aanname wat dikwels wel waar is. Die mensdom het talle lewensbehoeftes wat bevredig moet word. Daar kan egter aangetoon word dat talle dinge wat aanvanklik na behoeftes lyk, bloot begeertes wat nie noodwendig nodig is nie en selfs op hedonisme en egoïsme gebou is. Talle dinge wat die verbruiker na vra is bloot luukshede en ander gebou op hebsug, wat tot die verwringing van die mark, of selfs tot ekonomiese krisisse, kan lei. Die Ekonomiese wetenskap poog steeds om vir die mensdom die hoogste mate van welvaart en armoedeverligting te skep, onderworpe aan die feit dat hulpmiddele om dit te bereik beperk is. Die begrip van skaarsheid is gevolglik nog ‟n aanname en ʼn veronderstelling in die Ekonomie wat ook bevraagteken kan word.

Leibniz (1714:27) beweer dat God die grootste mate van orde op die eenvoudigste wyse tot stand bring en dat almal dan ook daarna moet strewe om met die minste middele die grootste effek te produseer, wat dan die meeste mag, kennis, geluk, en goedheid in die wêreld behoort te bring. Hierdie orde impliseer maksimum wins, of om maksimum effek te verkry met ‟n minimum uitleg of inset. Leibniz stel dit dat die wil altyd die mees voordelige verteenwoordiging nastrewe, wat die hoogste wins of voordeel impliseer (Rescher, 1967:19 & Stark, 1943:45).

Adam Smith (1776:117) het die geneigdheid om te ruil as ‟n basiese menslike instink beskou. Smith plaas daarom die klem in Ekonomie op ruil. Markdeelnemers ruil by mekaar om hulself in ‟n beter posisie te plaas. Die uiteindelike doel bly dus om die beste en meeste te verkry uit dit wat die indiwidu het; dus, om hulpbronne so toe te wys dat die hoogste vlak van tevredenheid en voordeel bereik kan word3.

3In sy Grundrisse stel Karl Marx (1973:103) dit egter dat dit eenvoudig verkeerd is om ruil in die sentrale plek van die menslike

53

John Neville Keynes4 (1917:70) wys daarop dat die term “ekonomies” verwys na die mees spaarsamige besteding van geld, tyd en inspanning. Die “ekonomiese” verwys dan na die versigtige benutting van hulpbronne, met diskresie, om daaruit die maksimum opbrengs van nut te verkry. J.S. Mill (1844:107) definieer Ekonomie ook as die wetenskap wat die wette vir die skepping van welvaart van die gemeenskap navors. Hiermee stem J.N. Keynes saam en definieer “ekonomiese aktiwiteite” as daardie menslike aktiwiteite wat gerig is op die skepping, verkryging en akkumulasie van welvaart. Ekonomiese instellings en gebruike is dan daardie instellings en gebruike van die menslike samelewing op welvaart gerig. Ekonomie is dan in hierdie sin die studie van die totale doktrine van ekonomiese verskynsels. J.N. Keynes (1917:71) bestempel Ekonomie dan as ‟n afdeling van toegepaste logika.

Daar bestaan verskeie omskrywings van Ekonomie as wetenskap. Die engere betekenisse hou verband met die oorsprong van die term by die Grieke “oiko(s) - nomia” wat huisbestuur beteken – die materiële versorging van die huishouding. So het Aristoteles dit ook in sy analises gebruik. Hierdie definisie raak reeds die idee aan dat markdeelnemers nie kan bestee wat hulle nie het nie. Mankiw en Taylor (2011:4) sê gevolglik Ekonomie bestudeer hoe die samelewing sy skaars hulpbronne bestuur, wat weer neerkom op die bestuur van die huishouding op mikrovlak en die volkshuishouding op nasionale vlak. Marshall (1890:45) beaam welvaart as die sentrale tema van Ekonomie, maar beskou die bestudering van die mens as die belangrikste onderwerp.

Von Hayek (1952) se doelgerigtheidsteorie van menslike aksies, wat Von Hayek en sy leermeester Von Mises praksologie genoem het, was ‟n poging om van die suiwer meganiese visie te ontkom. Von Hayek wou vasstel hoe die indiwidu vrye besluite neem, aangesien ‟n makro-ekonomiese teorie nie volgens Von Hayek moontlik is, sonder om in totalitarisme te verval nie. Gesien vanuit die perspektief van Von Mises (1962) en Von Hayek (1952) kan dit gestel word dat persone doelgerigte aksies neem om hul doel te bereik (Kleynhans, 1993). Sodanige aksies van mense hoef dan ook nie

4 John Neville Keynes was die vader van die beroemde John Maynard Keynes, skrywer van The General Theory (1953) – sien

54

net ekonomiese handelinge te wees nie en die hoofdoel ook nie wins nie. George Bernard Shaw sê Ekonomie is “the art of making the most out of life” (Mohr, 2010:26).5

Die “besluitnemingsteorie” oor Ekonomie is moontlik ‟n poging om ‟n suiwer ekonomiese teorie te bou, sonder psigologisme of Marshall se totalitêre teorie. Backhaus en Medema (2009:222) beskou Ekonomie as die studie van menslike gedrag, met die fokus op besluitneming. Max Weber (1949:85) bestempel Ekonomie as ‟n “tegniek” om welvaart te verhoog, eerder as ‟n stelsel van teorieë.

Reformatories gesien vertrek elke denker vanuit ‟n ander basis van Dooyeweerd (1948:41) se modaliteite en dit het ‟n invloed op hul mensbeskouing, wat weer hul definisie van Ekonomie beïnvloed. Tog is dit so dat alle moderne ekonomiese denkers, vanaf die Renaissance en veral sedert die Verligting, ‟n meganiese mens- en wêreldsbeeld het en hul denke daarvolgens rig. Dit lei ook tot die idee dat die ekonomiese wetenskap ‟n natuurwetenskap is (sien afd. 4.6 hieronder).

Die rede waarom hierdie definisies hier beoordeel word, is sodat daar duidelikheid in hierdie studie kan bestaan oor wat met die term Ekonomie bedoel word. Daar is ander aspekte van die ekonomie wat baie belangrik is, soos dat mense indiwidue is en baie belangrik is, maar dit word op die terrein van die Bedryfsosiologie bestudeer en nie Ekonomie nie. Ekonomie gaan primêr oor die bereiking van die hoogste voordeel of doel met die beperkte bronne tot die individu se voordeel.

Soos hierbo aangetoon, is sommige definisies onbruikbaar wyd vir die doel van hierdie studie. Indien van hulle wel onveranderd gebruik word, word daar maklik in ‟n reduksionisme verval. Dan word alle handelinge gereduseer tot die materiële, of word

5

In die Klassieke Ekonomie werk die analise van verbruik en produksie op dieselfde beginsel. Verkopers maksimeer wins en verbruikers maksimeer nut. Of dit nou produsent, winkelier of verbruiker is, elkeen probeer die beste maak met dit wat hy of sy het. Hetsy dit wins of nut is, die addisionele wat mens ontvang, moet gelyk wees aan die addisionele wat daarvoor opgeoffer word. Produsente verkoop produkte en werkers verkoop dienste. Die beginsel bly dieselfde. In hierdie studie word daar dikwels nie onderskei tussen die twee wanneer abstraksies soos byvoorbeeld die Marginale reël, of die vlak van ewewig bestudeer word nie.

55

dit ʼn totalitêre ingesteldheid tot die wêreld, waar alle optrede wat besparing of effektiwiteit verhoog, sonder meer as “ekonomies” omskryf word, en alle metafore wat met ekonomiese optrede te make het, letterlik gemaak word. Met “die ekonomie” word bedoel die stelsel waarvolgens ʼn gemeenskap met hul bronne omgaan om hulself materieel te versorg, en ʼn materiële “ruimte” vir hul kultuur en geestelike lewe ontwikkel. “Ekonomie” is die wetenskap wat hierdie interaksies tussen mense en dinge, en ook hierdie stelsels, bestudeer. Die volgende afdeling beskryf nou die basiese ekonomiese aannames.