• No results found

Uit die voorafgaande bespreking is dit duidelik dat die regisseur ruimte gebruik om ʼn bepaalde effek te bereik. Teen die agtergrond van hegemoniese Afrikanermanlikheid, word ruimte gebruik om die volgende effekte te bereik: ruimte as skepper van geloofwaardigheid, ruimte as ʼn simbool, ruimte as mikrokosmos, en ruimte as weerspieëling en bepaler van karakters.

Eersgenoemde verwys na die manier waarop die a-filmiese en pro-filmiese ruimte saamwerk om die ante-filmiese werklikheid van die filmwêreld te skep. Dit word op ʼn manier gedoen wat die filmwêreld geloofwaardig en oortuigend maak, soos die uitbeelding van die gemeenskap en die gesin se huis wat noukeurig deur die stelinkleurders geskep is om die tydperk waarin die film afspeel, akkuraat uit te beeld. Die geloofwaardigheid is ʼn belangrike effek omdat dit op sy beurt die weg baan vir ander effekte wat deur ruimte bewerkstellig word.

Ruimte as simbool en mikrokosmos kan in verband gebring word met die uitbeelding van Afrikanermanlikheid. Die spoorweggemeenskap word meer as ʼn representasie van die plek waarin die karakters hulself bevind. Dit bevat ʼn sterk simboliese waarde en ʼn sekere idee word daarmee geassosieer. Die ruimte word vereenselwig met die hegemonie wat tydens die sestigerjare in Suid-Afrika regeer het. Die eksplisiete vertoning van objekte wat met manlikheid geassosieer word, soos die portret van Verwoerd, die drywende kondoom in die hawe aan die begin van die film, en die spoorwegwerkers aan diens, word op so ʼn manier aan die kyker vertoon dat die belangrikheid daarvan beklemtoon word met nabyskote. ʼn Mikrokosmos is ʼn vorm van

word vir die menslike gedrag of toestand in die groter samelewing as geheel (Boggs & Petrie, 2008:105). In hierdie geval wys die spoorweggemeenskap as mikrokosmos op die heersende mag wat die hegemonie op die samelewing uitoefen en die problematiek wat daarmee gepaard gaan (sien afdeling 4.5). Die naamlose spoorweggemeenskap word dus verteenwoordigend van die groter Suid-Afrikaanse konteks waar hegemoniese Afrikanermanlikheid die patrone van interaksie tussen mense bepaal. Ruimte as bepaler van karakter in Roepman kom ook sterk na vore, veral as gevolg daarvan dat die spesifieke ruimte ʼn simbool is vir ʼn onderdrukkende bestel. ʼn Karakter kan nie buite ruimte wees nie en bevind hom- of haarself altyd binne ʼn bepaalde ruimte. Wanneer hierdie ruimte met politiese en sosiale strukture gelaai word, is ʼn karakter deel daarvan of onderworpe daaraan. In die geval van Roepman word al die karakters onderwerp aan hegemoniese Afrikanermanlikheid soos dit ruimtelik (deur middel van sosiale en politieke prosesse) bepaal word. Dit het ʼn invloed op karakters se aard en optrede en word beskou as ʼn bepalende vormingskrag wat die kyker dwing om na te dink oor die omgewing waarin die karakters hulself bevind.

4.4.2 Filmwêreld en karakterisering

Soos reeds in hoofstuk twee uitgelê is, word hegemoniese manlikheid gesien as ’n patroon van individuele gedrag binne ’n spesifieke konteks. Die konteks bepaal die persoon se gedrag, asook die sameloop van omstandighede wat aanleiding gee tot individuele gedrag. Verder is dit ook die konteks wat vorm en energie verskaf aan ’n individu se gedrag. Die spesifieke konteks (onder meer die sosiale, kulturele, psigologiese, politiese, ruimtelike en kognitiewe konteks) waarin ’n persoon hom- of haarself bevind, bied aan hom of haar ’n patroon waarvolgens daar tot aksie oorgegaan word. Afrikanermanlikheid gaan om ’n patroon van interaksie tussen persone en die spesifieke filmwêreld waarin dit geskied. Die wêreld wat hier ter sprake is sluit ’n spesifieke kultuur (en die implikasies daarvan), sowel as die sosiale status (en dus klasseverskille) in. Daar moet egter ook in gedagte gehou word dat die gemeenskap binne ’n bepaalde wêreld nie volkome homogeen is nie: ten spyte van ooreenkomste is daar ook binne ’n groepsverband (die spoorweggemeenskap asook die groter Suid- Afrikaanse samelewing) beduidende verskille. Afrikanermanlikheid betrek ook ’n spesifieke ingesteldheid, ’n selfgemotiveerde, koherente wyse waarop die individu homself in sy spesifieke wêreld oriënteer.

In hierdie geval verwys die “spesifieke wêreld” na die letterlike uitbeelding van die spoorweggemeenskap in Durban, sowel as die groter Suid-Afrikaanse samelewing wat deur die gemeenskap as mikrokosmos voorgestel word. Hier is met ander woorde sprake van twee wêrelde: die kleiner spoorweggemeenskap binne die groter wêreld van die Suid-Afrikaanse samelewing.

Connell (1987, 2005) se verdeling van manlikheidstipes en hul verhouding tot die hegemoniese vorm van manlikheid kan ingespan word om die manlike karakters se omgang en verhouding met hegemoniese Afrikanermanlikheid te analiseer. Vervolgens sal Abram, Harry, Hein en Joon bespreek word om aan te toon hoe hulle met Afrikanermanlikheid omgaan en hoe die filmwêreld (en kinematografiese elemente) hierdie verhouding uitbeeld26

.

4.4.2.1 Abram as beliggaming van hegemoniese Afrikanermanlikheid

Die karakter wat die sterkste en duidelikste verteenwoordiger van hegemoniese Afrikanermanlikheid is, is Timus se pa Abram. Vir Crous (2011) word die eienskappe van die wit hegemoniese manlikheid wat tydens die sestigerjare die samelewing gedomineer het, verenig in die figuur van die vader. Hy verwys na die rassistiese interaksie met verskillende rasse, asook die “vasklou aan een godsdiens, een taal en een velkleur” (Crous, 2011). In ʼn ander resensie verduidelik Bürger (2011:6) dat Pa vasklou aan stoere Afrikanersienings en glo dit verseker stabiliteit vir hom en sy gesin. Om uiteindelik te illustreer hoekom Pa die beliggaming is vir hegemoniese Afrikanermanlikheid, is dit nodig om na die karakteriseringsproses deur middel van filmiese tegnieke te verwys.

Pa word filmies uitgebeeld in die meeste tonele (soos stilbeeld 4.6 illustreer) met ʼn laehoekskoot en ʼn afwisseling tussen nabyskote en groot nabyskote. Beide hierdie skote beklemtoon Pa se belangrikheid en gesag en vestig sy outoriteit. Boggs en Petrie (2008:152) dui aan dat die laehoekskoot gebruik word om die grootte en belangrikheid van die subjek oordrewe te maak. Die nabyskoot dra ook by tot die bevestiging van outoriteit omdat Pa die enigste karakter in die skerm is. Alhoewel die ruimte van die

26

Alhoewel Timus as die film se protagonis beskou word, is die fokus van hierdie studie gerig op Afrikanermanlikheid en hoe die randfiguur dit destabiliseer. Timus het wel ook ʼn verhouding met dié tipe manlikheid en streef aanvanklik daarna, maar hy is egter nog ʼn kind wat steeds in die proses is om sy

kombuis sigbaar is, is dit uit fokus en word die kyker se aandag by die karakter bepaal. Die beligting in sekwense waar Pa die skerm vul, word gekenmerk deur donker beligting. Hierdie tipe beligting skep spanning en teken Pa as ʼn vreesaanjaende karakter. Tesame met die beligting word die spanning volgehou deur die afwesigheid of geleidelike uitdowing van ekstra-diëgetiese klank of musiek in tonele waar hy teenwoordig is of op skerm verskyn.