• No results found

Bevindinge rakende die doelwit om die ooreenkom ste en verskille tussen skole, wat leerderondersteuning

Tema 5: Aanspreek van gemeenskapsfaktore

4.2.2 Bevindinge rakende subdoelwitte

4.2.2.3 Bevindinge rakende die doelwit om die ooreenkom ste en verskille tussen skole, wat leerderondersteuning

betref, uit te lig.

Uit die Waarderende Ondersoek in hierdie studie is die volgende ooreenkomste en verskille tusse die twee skole wat leerderondersteuning betref, gevind. Elkeen van die bevindinge word toegelig met stawende aanhalings.

101

Die ooreenkomste sluit direkte aktiwiteite in wat leerders in staat stel om skolastiese vordering te toon: Prinsipale en Onderwysers van beide skole plaas die klem op die bereiking van goeie akademiese uitkomste, veral leesuitkomste. Akedemiese ondersteuning is vir hulle baie belangrik: “... aan leerders wat sukkel gee ons ekstra tyd en doen baie herhaling, deur lees of skryf.

Vaslegging deur baie herhaling moet ook gedoen word”,(onderwyser by skool 2). Die onderwyser by skool 1 onderstreep die ooreenkoms, “...een-tot een onderrig en gereelde huiswerk”. Die prinsipale van beide skole bevestig dit ook: “ons bring die kurrikulum na die kind deur middel van byvoorbeeld, tydskrifte, koerante, boeke ensovoorts...”(prinsipaal van skool 2).

Albei skole is geklassifiseer onder die “no-fee” skoolbeleid as ‘n tipe bydrae tot leerderondersteuning. “Die skool is ‘n “no-fee” skool en ons mag dus geen skoolgeld van leerders verhaal nie...”, (prinsipaal by skool 1 ). Die leerders is afhanklik van staatstoelae ter verdere ondersteuning om minder sosio ekonomiese struikelblokke te beleef,“...al die leerders ontvang staatstoelae...” (prinsipaal by skool 2).

Beide skole se ouers is besorg oor die fisiese welstand van die leerders. Hulle is betrokke as skoolbeheerligaamlede en voedselvoorbereiders van die skole,”...ons staan elke dag vroeg op om die kos voor te berei ”, (ouer van skool 1). Die ouers van skool 2 bevestig die besorgdheid oor die fisiese welstand van die leerders,” ..daar is baie leerders wat soggens skool toe kom met ‘n leë magie,...of op ‘n Maandag met ‘n hemp aankom, wat nie ‘n knoop aan het nie, dan moet ek dit gou aanwerk...”, (ouer van skool 2).

Ouers besef ook die verantwoordelikheid om saam met die onderwysers te staan om die vordering van hul leerders te bewerkstellig. Die volgende aanhalings, ondersteun dit “...namiddae help ons die leerders met hul tuiswerk as ons kan...”, (ouer van skool 1). “...Ons help die onderwysers dat leerders hul beste kan gee”, (ouer van skool 1). “Wanneer ‘n leerder met ‘n

102

probleem kom, lig ek die onderwyser in as ek dit nie kan oplos nie”, (ouer van skool 2).

Die leerders van albei skole het die noue samewerking en toewyding van onderwysers in die vordering van hul leerders uitgelig:”...Meneer gee ekstra aandag aan die leerders wat veral sukkel met lees of Wiskunde...”,(leerder van skool 2).

Dit word verstewig in die volgende stelling: “Meneer stuur die leerder wat sukkel met lees, na juffrou sodat sy vir hulle oefeninge kan gee...”, (leerder skool1).

Onderwysbestuurders is verantwoordelik vir beide skole se opleiding van die kurrikulum: “...ons bied gereelde werkswinkels vir onderwyser...”,(onderwys- bestuurder van skool 1). Die onderwysbestuurder van skool 2 onderstreep dit:“...ons is verantwoordelik vir die opleiding en implimentering van die kurrikulum”.

Die ooreenkomste van leerderondersteuning sluit ook aktiwiteite in wat ontwikkeling aanhelp in die gemeenskap sodat leerders skolasties kan verbeter: Die skole besef ook hul verantwoordelikheid teenoor die gemeen skap deur hul bronne beskikbaar te stel, wat tot vooruitgang van leerders sowel as lede van die gemeenskap kan strek: “...Die gemeenskappe is arm en ons stel soms ons geriewe, soos die telefoon en faksmasjien, beskikbaar...”, (prinsipaal van skool 2). Daar is ook ooreenkomste waar beide skole hul morele verantwoordelikheid teenoor leerders en die gemeenskap besef, waar hulle ondersteuning bied by die afsterwe van geliefdes “... ons help die familie as daar sterfgevalle is...”, ( prinsipaal van skool 1).

Albei skole se ouers neem verantwoordelikheid oor die voedingskema program wat by die skole bedryf word: “ ...ons sorg dat die leerders ‘n goed gebalanseerderde maaltyd elke dag eet...”, (ouer van skool 2).

103

Die ouers van skool 1 bevestig hierdie verantwoordelikheidsin: “...ons staan soggens douvoordag op om die voedsel voor te berei...”, (ouer van skool1). Die leerders is dit eens dat onderwysers goeie ondersteuning aan hulle bied. Hulle ontvang nie net ondersteuning by die skool nie, maar sien ook hul onderwysers loop nog die ekstra myl om die nodige ondersteuning in die gemeenskappe te bied: “... toe een van die leerders gesterf het, het ons as die hele skool na haar huis gegaan...”, (leerder van skool 1).

Die leerders van skool 2 onderstreep hierdie tipe ondersteuning wat onder- wysers deurgaans bied: “... die hele skool beweeg na die persoon wie gesterf het se huis. Meneer lees uit die Bybel en doen ‘n gebed...”, (leerder van skool 2).

Onderwysbestuurders onderstreep hierdie doelwit van aktiwiteite vir ontwikkeling by beide skole sodat skolastiese verbetering kan plaasvind, deur te sorg vir die nodige opleiding van ouers wat op die skoolbeheerligaam dien: “Die nuwe lede moet opgelei word...van skool- beheerliggame wat op die been gebring is...”,(onderwysbestuurder van skool 1). Noue samewerking met die ouerkorps word ook beklemtoon: “Ouervergaderings moet gereeld geïnisieer word...”(onderwysbestuurder van skool 2). Die verskille tussen die skole se lewering van leerderondersteuning sluit direkte aktiwiteite in wat leerders in staat stel om skolastiese vordering te toon: Die een skool kan selfonderhoudend optree deurdat hulle ‘n eie groentetuin kon kweek en die voedingskema aanvul.“...Ons het self ons eie groentetuin waar leerders ook help met die aanplant, oes en verwerking van die voedsel...”, (prinsipaal van skool 2). Terwyl die ander skool dit nie kan doen nie, omdat die rivier onvoorspelbaar is en die feit dat onderwysers nie in die eilande woon nie, maar elke dag in en uit moet reis na hul woonareas: “Ons moet elke dag die gevare van die brȗe trotseer ”,( prinsipaal van skool 1).

Die gevare van die rivier wat die een skool bedreig en groot ontwrigting veroorsaak op die lewens van leerders is ook ‘n verskil en dit kan nadelig op akademies sowel as emosionele gebied wees: “...ons moes die skool op ‘n

104

stadium ontruim as gevolg van die vloed...”, (prinsipaal van skool 1). “Dit is baie ontwrigtend, want soms staan die akademie stil ”, ( onderwyser van skool 1). Onderwysers reken dat die tydelike verskuiwing uit die vloed gebied na ‘n koshuis in die dorp, egter ‘n goeie skuif was: “ Leerders het nou ‘n bed om op te slaap en dit is ook verseker dat hulle drie maaltye vir die dag eet ”, (onderwyser van skool 1).

Ouers by skool 2 mobiliseer hulself om die behoeftes van leerders, skool en gemeenskap aan te kan spreek deur die stigting van vroueforums. “...die vroueforums help as daar sterfgevalle in families is...”, (ouer van skool 2). Hierdie selforganisasie is in teenstelling met ouers van skool 1 wat ten volle aanspraak maak op die hulp van die staat: “...ons het baie van ons bestitings in die vloed verloor en die staat het tydelike huisvesting, kos, komberse en klere aan ons voorsien...”, (ouer van skool 1).

Leerders se verwagtinge verskil ook van mekaar deurdat die een skool se leerders verlang om weer by hul eie skool te kan wees “ dit sal lekker wees om net weer voor ons skool sokker te kan speel...en ‘n nuwe skoolgebou te kan hê”, (leerder van skool1) na hul tydelike verskuiwing as gevolg van die vloed. Die ander skool se leerders sien uit na aktiwiteite buite hul plek: “...ons sal graag die see wou sien...”, (leerder van skool 2).

Onderwysbestuurders se verwagtinge van die skole verskil ook deurdat die een bekommerd is oor die dag tot dag bestuur en akademie van die leerders as gevolg van die ontwrigting deur die vloed “...ek is bekommerd oor die akademie van leerders wat vir ‘n tydperk stilgestaan het, as gevolg van die vloed...”(onderwysbestuurder van skool 1). Die volgende onderwysbestuur der wil skool 2 na die volgende vlak van ontwikkeling neem: deur die voorsiening van relevante dienste: “...meer terapeute moet aangestel word en intensiewe opleiding aan onderwysers gegee word... ”, (onderwysbestuurder skool 2).

105

4.2.2.4 Bevindinge rakende die doelwit om aanwysers vir