• No results found

Bevindinge rakende die begrip wat onderwysers, ouers, leerders en onderwysbestuurders rondom leer-

Tema 5: Aanspreek van gemeenskapsfaktore

4.2.2 Bevindinge rakende subdoelwitte

4.2.2.1 Bevindinge rakende die begrip wat onderwysers, ouers, leerders en onderwysbestuurders rondom leer-

ondersteuning het.

Uit die Waarderende Ondersoek in hierdie studie is die volgende bevindinge gemaak in deelnemers se antwoorde op die vraag: Wat verstaan u onder leerderondersteuning? Elkeen van die bevindinge word toegelig met stawende aanhalings.

Dit is duidelik dat onderwysers en skoolhoofde ‘n goeie begrip ten opsigte van leerderondersteuning openbaar.

Die begrip wat onderwysers en skoolhoofde ten opsigte van leerderonder- steuning toon, sluit direkte aktiwiteite in wat leerders in staat stel om skolasties te vorder: “Een- tot-een onderrig vind gewoonlik plaas, omdat die leerder getalle min is”, soos deur ‘n onderwyser van skool 1 genoem. Onderwyser van skool 2 het aangedui dat hulle vir leerders wat sukkel om take betyds te voltooi, ekstra tyd gee om hul take te voltooi: “Ons gee vir leerders wat sukkel ekstra tyd om hul take te voltooi”.

”Ek sien leerderondersteuning as die tipe hulp of ondersteuning wat aan leerders gegee word soos byvoorbeeld hulp in die klas met hul akademie, as die leerders emosioneel ontwrig is of enige hulp wat hulle mag benodig”,

95

(onderwyser van skool 2). Terwyl die onderwyser van skool 1 dit weer soos volg beskryf:

”Ek sou sê dit is al die nodige hulp wat ons as onderwysers aan die leerders kan bied, sodat hulle ten minste ‘n suksesvolle laerskool loopbaan kan voltooi. Dit sluit ook in al die ondersteuning wat die leerders akademies op sportgebied en in die gemeenskap kan kry om te help met hul vordering”. Onderwysers en prinsipale bring die besef dat leerderondersteuning baie wyer strek as net akademie. ”Ek sou sê dit is wanneer leerders in al hul fasette opgevoed word en die nodige ondersteuning, ontvang”, (prinsipaal van skool 1). Die prinsipaal van skool 2 bevestig dit: ”Leerderondersteuning is wanneer ons die leerder in sy totaliteit opvoed, waar ons kyk na die leerder se akademie, sport, emosioneel, sosiaal en die gemeenskap”.

Die begrip ‘leerderondersteuning’ word verder uitgebring deur die volgende aanhalings wat deur ouers na vore gebring was: “...dit is wanneer ons die leerders help met hul skoolwerk, wanneer hulle siek is, kos aan hulle voorsien en toesien dat hulle veilig voel... ”,(ouer van skool 1).

Die goeie begrip van leerderondersteuning wat ouers het, word bevestig deur die ouer van skool 2: “...ek sou sê dit is wanneer leerders gehelp word, as hulle nie hul skoolwerk verstaan of sukkel daarmee of selfs as hulle met enige probleem van die huis af kom, dit is al die hulp wat ons hier by die skool vir hulle kan gee, maak nie saak wat dit ookal mag wees nie”.

Leerders se begrip het ook sterk ooreenkomste met dié van onderwysers en ouers, dit sluit ook direkte aktiwiteite in wat skolastiese vordering verbeter. Die volgende aanhaling dui die begrip wat leerders het, ten opsigte van leerderondersteuning: “...Meneer of juffrou help die kinders om hul werk te doen. Meneer gee ekstra aandag aan die leerders wat veral sukkel om te lees of Wiskunde te kan doen”, (leerder van skool 2).

Dit word verder gestaaf deur die leerders van skool 1: “Hy sorg dat ons almal kan lees. As die kinders sukkel laat hy hulle weer en weer oor lees”.

96

Die begrip van leerderondersteuning word verder uitgelig deur ‘n leerder van skool 1:”....dit is al die hulp wat ons van meneer of juffrou kry as ons sukkel met ons skoolwerk.

Dit is ook die kos wat ons kry en die hulp as ons siek is of seergekry het”. Die definisie word verder uitgelig in die begrip wat ‘n leerder van skool 2 openbaar: “..dit is die manier waarop die juffrou en meneer ons help om net die beste te doen, as ons sukkel met ons skoolwerk en sport”.

Dit is duidelik dat onderwysbestuurders se begrip ten opsigte van leerder- ondersteuning baie akademies gerig is. Die volgende aanhalings dui direkte aktiwiteite aan om die nodige ondersteuning te bied: “Ons is verantwoordelik vir die opleiding en implimentering van die kurrikulum, sodat die onderwysers dit weer in die klaskamer kan implimenteer. Ons gee ook die nodige ondersteuning aan die opvoeders deur gereelde besoeke aan die skole en byeenkomste te reël”, (onderwysbestuurder van skool 1). Die onderwys bestuurder van skool 2, bevestig hierdie stelling:”...Ons bied gereelde werkswinkels vir onderwysers. Ons besoek gereeld die skole en bied die nodige ondersteuning en hulp. Die opvoeders word opgelei in die kurrikulum inhoud- en -beleide, waarvan die skole weer die leerder onderrig in die bepaalde leerareas of vakgebiede wat aan hulle toegeken is”.

Die definisie wat onderwysbestuurders aan leerderondersteuning gee, onderstreep hierdie stelling: “...skenk aandag aan onderpresteerders. Leerders met leerhindernisse en die wat psigososiale probleme ervaar. Skole moet die nodige aanpassings in die klaskamer maak sodat leerders die nodige ondersteuning kan kry. Die nodige ondersteuningsplanne vir individuele leerders moet ontwikkel word”, (Onderwysbestuurders van skole 1). “Dit is wanneer aan leerders akademies, intelektueel en emosioneel aandag gegee word met betrekking tot die kurrikulum en leerproses”, (onderwysbestuurder van skool 1). Hulle besef egter dat die skakeling met ander diensverskaffers en rolspelers ook noodsaaklik is: “....ouers is betrokke by die skool deur die skoolbeheerliggame.

97

Die nuwe lede word opgelei. ESS gee die nodige ondersteuning aan die leerders wat met emosionele probleme identifiseer was. Leerders word die nodige berading gegee en gedurig gemonitor. Arbeidsterapeute en sielkundiges besoek die skole, waar nodig”, (onderwysbestuurder van skool 1). “Leeders word ook emosioneel ondersteun deurdat hulle berading ontvang vanaf die Inklusiewe eenheid. Sielkundige hulpverlening in tye van trauma”, (onderwysbestuurder van skool 2). Verder sluit onderwysers en prinsipale se begrip ook aktiwiteite in wat ontwikkeling aan help by leerders en in die gemeenskap, sodat leerders skolasties kan vorder: “Ek sou baie graag ‘n bus wou hê om die leerders op uitstappies te neem om die buite wêreld te ontdek”, ( onderwyser van skool 2). “Die gemeenskappe het ook nie elektrisiteit of lopende water in hul huise nie”. “Daarom bied ons aan leerders die nodige spasie na-ure om hul huiswerk te kan doen”, (prinsipaal van skool 2).

“Leerders het ook nie altyd leerspasie nie, omdat hulle in riethuise woon. Hulle kan naskool bly om hul huiswerk te voltooi”, (onderwyser van skool 1). “Sport kan nie beoefen word as gevolg van die min getalle. Soms smelt die skole saam, om sport te kan beoefen”, (prinsipaal van 1). “Soms kan leerders aan individuele sport en inheemse spele deelneem, as daar uitblinkers is”, (prinsipaal skool 2).

Ouers se begrip het sterk ooreenkomste met dié van onderwysers, dit sluit direkte aktiwiteite in wat skolastiese vordering mag verbeter. Die volgende aanhaling dui watter ondersteuning ouers aan leerders bied:“...ons vervul die rol van die moeders. Ons staan douvoordag op om die voedsel voor te berei en toe te sien dat die leerders opstaan, dat die kleintjies gebad en aangetrek word om die skool betyds te kan bywoon. Ons sorg ook dat die koshuis skoon is en dat die leerders die nodige skoon klere het. Namiddae help ons die leerders met hul tuiswerk as ons kan”, (ouer van skool 1).

Die volgende aanhalings dui die aktiwiteite wat ontwikkeling aanhelp by leerders en in die gemeenskap:“...Die gemeenskap het fondsinsameling

98

gehou en ander gemeenskappe betrek om dinge soos klere en kospakkies te voorsien tydens die vloed”, ( ouer van skool 1). Die ontwikkeling word verder versterk deur die stigting van vroueforums: “In die gemeenskap het ons ook ‘n vroueforum wat help as daar sterfgevalle in ‘n famile is. Die familie word dan ondersteun soms met geld of om die kos te kook om aan die mense te bedien”, (ouer van skool 2).

4.2.2.2 Bevindinge rakende die doelwit om deelnemers se