• No results found

HOOFSTUK 4: DIE KOMMUNIKATIEWE DOELWIT VAN LOVELIFE MET FACEBOOK,

4.5 DIE AARD VAN BOODSKAPPE OP LOVELIFE SE FACEBOOK

4.5.2.1 Baie-tot-baie deelnemers wat gelyk is

Soos bespreek in afdeling 2.4.2.2, bied sosiale media verskeie kanale wat multiloë tussen ʼn verskeidenheid deelnemers kan fasiliteer. Vir die multiloë om plaas te vind is dit belangrik dat deelnemers wat aan loveLife se Facebook-blad deelneem, almal gelyk is. Hierdeur word daar verseker dat deelnemers inhoud, opinies en perspektiewe met mekaar deel.

Besoekerplasingafdeling

Daar is ‟n paar plasings op loveLife se besoekerplasingafdeling gevind waar deelnemers op mekaar se plasings gereageer het. Drie plasings is egter geïdentifiseer wat aangedui het dat deelnemers gelyk is en die vrymoedigheid gehad het om op mekaar se kommentaar, kommentaar te lewer.

Die eerste voorbeeld is kommentaar wat deelnemers op ʼn foto gelewer het van ʼn deelnemer met ʼn loveLife sertifikaat (19 Desember 2016).

 Deelnemer 1: “I'm honoured.... #smiles”

 Deelnemer 1: “#once a GB always a GB.... #life is always on play Neva on pause...”  Deelnemer 2: “Kubonga mina "mr sir"”

 Deelnemer 3: “Will miss you Team West Rand. Bana ba Mr Sir..lol”  Deelnemer 1: “Will miss u more tlhe ausi mphoooo... #teary eyes”  Deelnemer 4: “Lol”

 Deelnemer 4: “Bana baka batho”

ʼn Verdere voorbeeld van multiloë wat op loveLife se besoekerplasingafdeling plaasgevind het, was ʼn deelnemer wat aangedui het dat hy/sy ʼn 2016 groundBREAKER is en dat hy/sy hoop om die beste groundBREAKER gedurende 2016 te wees (23 Januarie 2016).

 Deelnemer 1: “I‟m also a 2016 groundBreaker”

 Deelnemer 2 (plaser van boodskap): “That‟s great, do u stay around Capricorn district?”  Deelnemer 1: “Hopefully!”

 Deelnemer 2: “Mpintshi is a kind of peer educator that facilitates to learners at school about the dangers of peer pressure and diseases that are sexually transmitted”

Vanuit die bostaande twee voorbeelde is dit duidelik dat deelnemers die vrymoedigheid het om op ander deelnemers se kommentaar te reageer. In beide voorbeelde is dit duidelik dat deelnemers wat aan die gesprekke deelgeneem het, verskil het ten opsigte van hulle betrokkenheid met loveLife. Vanuit die eerste voorbeeld kan afgelei word dat deelnemer 1, waarskynlik ‟n fasiliteerder by een van loveLife se takke is, terwyl die res van die deelnemers almal groundBREAKERS was by die deelnemer se spesifieke tak. In voorbeeld twee blyk dit dat deelnemer 1 en deelnemer 2 albei nuutgekose groundBREAKERS is en waarskynlik ook mpintsi‟s. Deelnemer 3 aan die ander kant, is moontlik ʼn deelnemer wat nie betrokke is by een van loveLife se programme nie. Ten spyte van deelnemers se verskillende rolle, is dit positief dat deelnemers oor die vrymoedigheid beskik het om op mekaar se kommentaar, kommentaar te lewer. Hierdeur word verskillende persepsies en opinies tussen deelnemers gedeel wat tot verdere interaksie tussen deelnemers kan lei. Dit is duidelik dat deelnemers wat betrokke is by loveLife se programme, hulself nie hoër ag as die res van die deelnemers op die blad nie.

Dit is wel problematies dat daar nie meer as twee voorbeelde gevind is waar multiloë tussen deelnemers plaasgevind het nie, aangesien dit die gedeelde ervaring tussen deelnemers kan beïnvloed, wat plaasvind wanneer verskeie deelnemers inhoud, opinies en perspektiewe deel. Soos bespreek in afdeling 2.3.2.1 is dialoog nodig vir deelnemers oor te gaan na aksie.

loveLife-plasings

Hoewel daar verskeie plasings op loveLife se nuusvoerhoofblad (newsfeed main page) gevind kan word waarop deelnemers kommentaar gelewer het, is daar slegs ʼn paar voorbeelde gevind waarin deelnemers werklik in dialoog getree het, sonder dat een deelnemer die ander probeer domineer het.  Die eerste voorbeeld is ‟n plasing waarin deelnemers aangemoedig is om vrae aan MIZZ B, rakende

die kwessie van sugar daddies, te rig (3 November 2015).  Deelnemer 1: “Wat is de ryt gep of age ina relationship?”

 Deelnemer 2: “3 years”

 In ‟n verdere voorbeeld het loveLife gepoog om deelnemers se kennis rakende MIV/vigs te toets. Deelnemers is onder andere gevra waarvoor MIV staan, hoe MIV oorgedra word en hoe dit voorkom kan word (24 November 2015):

 Deelnemer 1: “Human Immune Virus, it has been transmitted through sex or some other people are born with it and again its transmitted through the process of blood mixed up. Infections can be prevented by using a condom during sex and the use of gloves when assisting an injured person.”  Deelnemer 2: “@ deelnemer 1, HIV stands for ... Human Immmuno deficiency virus”

 Daar is ʼn plasing gemaak waarin deelnemers aangespoor is om op te staan teen geslagsgebasseerde geweld.

 Deelnemer 1: “you do not hit back support SA‟s against violence children and woman abuse stop dont fight yourself behind back.”

 Deelnemer 2: “There also man who are victimised dont specify love life did not its about violence.”  loveLife het ‟n plasing gemaak waarin hulle vir deelnemers gemotiveer het om nie hul drome op te

gee nie (11 Januarie 2016):

 Deelnemer 1: “In life we must not give up no matter how old you are you can still make a change in some one else life”

 Deelnemer 1: plaas „n foto van „n groep leerlinge besig met „n loveLife aangeleentheid met die boodskap: “We the crew of loveLife Jozi metro”

 Deelnemer 2: “If you dnt knw haw to make them true what ar hve to do?”

 Deelnemer 3: “yeah the power is in ur hands u just have 2 find out what ur passion”  Deelnemer 4: “Yeah that is true”

 ‟n Verdere voorbeeld waar deelnemers die onderwerp verander het, is op ‟n motiveringsboodskap waarin loveLife deelnemers aangemoedig het om nie hulle vemoë om uit te blink, prys te gee nie (29 Januarie 2016) :

 Deelnemer 1: “I want to join loveLife, can u pls help me am frm kuruman how can i join”  Deelnemer 2: “Me too but don‟t have in half info n how to become a volunteer”

In die bostaande voorbeelde het die deelnemers nie probeer om mekaar te domineer nie en dit is duidelik dat deelnemers die vrymoedigheid het om kommentaar op mekaar se kommentaar te lewer en so hulle opinies en idees met mekaar te deel. Hier is sprake van ek-jou-kommunikasie wat tussen die deelnemers plaasvind (sien afdeling 2.3.2.1), aangesien deelnemers poog om mekaar te verstaan, eerder as om hulle sieninge of opinies op mekaar af te dwing.

Daar was ook voorbeelde waar slegs loveLife op kommentaar op ander deelnemers se kommentaar lewer:

 ‟n Voorbeeld is geïdentifiseer waar loveLife ‟n plasing op Wêreldvigsdag gemaak het wat deelnemers aanmoedig om hulself vir MIV/vigs te laat toets (1 Desember 2015):

 Deelnemer 1: “I would like to get tested”

 Deelnemer 2 (loveLife): “Send a PLZ CAL ME to 083 323 1023 for assistance”

 Daar bestaan ook ‟n voorbeeld van ‟n plasing wat gehandel het oor stilswye oor geslagsgebaseerde geweld. Die plasing het daarop gedui dat deelnemers wat net oor dié vorme van geweld stilbly, net so skuldig is soos die persoon wat die geweld pleeg (4 Desember 2015).

 Deelnemer 1: “She needs to make her move”

 Deelnemer 2 (loveLife): “you are absolutely right about that. But don‟t forget that women in abusive relationships feel trapped, and also fear for their livesand feel as if no one cares. You can show your support by alerting the police. You can do this anomymously”

 Deelnemer 1: “is nt worth her life joo!”

 ‟n Verdere voorbeeld is die plasing waarin loveLife die 2015 matrieks met hul uitslae geluk gewens het en moontlike beursgeleenthede aan deelnemers gekommunikeer het (8 Januarie 2016):

 Deelnemer 1: “Can anyone help me with a bursary… Registrations are around a corner im desperate… Help!”

 Deelnemer 2 (loveLife): “Visit the NSFAS website for financial aid >> http://www.nsfas.org.za/NSFAS/STUDENTS/APPLY”

 In die laaste voorbeeld het loveLife deelnemers aangemoedig om op die blad te deel of hulle al hulle voete gevind het by hulle onderskeie skole, aangesien dat die tweede week was nadat die skool vir die nuwe jaar begin het. Een deelnemer het die volgende kommentaar gelewer (25 Januarie 2016):  Deelnemer 1: “I feel like I am the smartest...plus am a new comer”

 Deelnemer 2 (loveLife): “Even being smart can make you an outcast. A great way to make buddies at school (in your case) is to create a study group where you can assist others who struggle with certain subjects. Let us know how it goes.”

bostaande voorbeelde is dit duidelik dat loveLife nie noodwendig aan deelnemers voorskryf wat om te doen nie, maar eerder die deelnemers bewus maak van dinge waaraan hulle nie noodwendig gedink het nie. Volgens Lisa (2015) gebruik loveLife ‟n stemtoon op hulle Facebook-blad wat daarna strewe om deelnemers advies en leiding te gee, sonder om voorskriftelik te wees. Dit is duidelik vanuit bostaande voorbeelde dat dit wel nie as negatief beskou moet word indien slegs loveLife op deelnemers se kommentaar, kommentaar lewer nie. Dit is wel belangrik om in ag te neem dat hoewel loveLife deelnemers leiding en advies kan gee, dit moeilik kan wees vir loveLife om hulle ervaring te deel, aangesien loveLife steeds ‟n organisasie is.

4.5.2.1.1 Gevolgtrekking: baie-tot-baie deelnemers wat gelyk is

Vanuit die bostaande afdeling is dit duidelik dat deelnemers op beide die besoekerplasingafdeling en loveLife se blad gelyk is. Hoewel die analise aangedui het dat dialoog op loveLife se besoekerplasingafdeling tot ‟n mindere mate plaasgevind het as op loveLife se hoofnuusvoer. Daar is geen voorbeelde gevind waar ‟n deelnemer gepoog het om sy/haar opinie of siening op ‟n ander deelnemer af te dwing nie. Dit was duidelik dat deelnemers eerder hulle opinies en ervaringe met mekaar gedeel het.

Daar was wel voorbeelde gevind waar slegs loveLife op ‟n deelnemer se kommentaar, kommentaar gelewer het. Dit was duidelik vanuit die analise dat loveLife deur hulle kommentaar nie deelnemers geforseer het om ‟n sekere opinie aan te neem nie, maar wel deur hulle kommentaar gepoog het om deelnemers bewus te maak om uit verskeie perspektiewe na iets te kyk, sonder om voorskriftelik te wees.