• No results found

HOOFSTUK 1

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "HOOFSTUK 1"

Copied!
9
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

HOOFSTUK 1

AANKOMS VAN NELLMAPIUS IN SUID-AFRIKA EN VESTIGING IN

TRANSVAAL

1.1 INLEIDING

Alois Hugo Nellmapius (5.5.1847-28.7.1893) is te Boedapest, Hongarye gebore. In Hongarye is hy opgelei as 'n siviele ingenieur. As jong man het hy in verskeie Europese Iande gewerk, maar kon nooit voile bevrediging uit sy werk put nie. Aan die begin van die sewentigerjare het hy hom in Nederland bevind, vanwaar hy na Suid-Afrika gekom het.1

Daar kan nie presies vasgestel word waarom Nellmapius juis na Suid-Afrika gekom het nie. Dit kan egter met 'n redelike mate van sekerheid aanvaar word dat berigte oor die minerale rykdomme van die land hom bereik het ~n dit waarskynlik vir hom 'n groat aantrekkingskrag moes gehad het.

Op reis na Suid-Afrika het hy 'n kajuit met J.X. Merriman, die latere eerste minister van die Kaapkolonie, gedeel. Merriman weerspreek homself in September 1887 deur aanvanklik te noem dat die reis in 1872 aan board van die skip Nathan sou plaasgevind het en sewe-en-twintig dae later dat die reis in 1873 onderneem is.2 Oor die naam van die skip bestaan daar ook twyfel. Volgens The Press het Merriman tydens 'n onderhoud gese dat die reis in 1873 met die skip Northam was,3 terwyl De Pers in dieselfde onderhoud praat van die Northam Castle. Volgens Merriman het Nellmapius 'n aangename persoonlikheid gehad en het gou vriende op die skip gemaak en terselfdertyd leer Engels praat4

1 De Pers, 2 Aug. 1893, p.2; C.J. Beyers (hoofred.), Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek, dee/ 4, p. 424.

2 J.X. Merriman, Selection from the correspondence of J.X. Merriman, VRV 1941, pp. 258,269.

3 The Press, 31 Jul. 1893. .

4 De Pers, 2 Aug. 1893.

(2)

Nellmapius het dus omstreeks 1873 in Suid-Afrika aangekom. Vanaf Kaapstad is hy na die diamantvelde in Kimberley. In Kimberley het hy heel waarskynlik as. delwer vir O.W.A. Forssman, die konsul vir Portugal in Transvaal, leer ken en die sou 'n belangrike rol in Nellmapius se lewe speel. Forssman was 'n vermoende man en was onder andere die eienaar van die Transvaal Goldfields Extension

Transport Company wat pas, passasiers en goedere vanaf die diamantvelde (Du

Toitspan) na die goudvelde (Pelgrimsrus) in die Transvaal vervoer het. Hierdie maatskappy het na die ontdekking van gaud in 1873 in die Oos-Transvaal tot stand gekom.

Waarskynlik het baie van die delwers op die diamantvelde, veral omdat sindikate die kleims daarop gekoop het, besluit om hulle geluk op die goudvelde van die Gas-Transvaal te gaan soek. Nellmapius was een van hierdie delwers. Nadat Forssman verneem het dat Nellmapius van plan was om na die goudvelde te gaan, het hy hom die pas van terminusbestuurder van die Transvaal Goldfields Extension

Transport Company te Pelgrimsrus aangebied.5 Nellmapius het die pas aanvaar,

want dit het hom 'n inkomste gebied. Nadat hy met hierdie werk as terminusbestuurder vertroud geraak het, het hy heel waarskynlik die moontlikheid

van 'n soortgelyke skema tussen Delagoabaai en Pelgrimsrus ingesien en besluit

om so 'n skema te stig.

Gp 7 Desember 187 4 is Nellmapius as vrederegter op die goudvelde van Gas-Transvaal aangestel. Om vir so 'n aanstelling te kwalifiseer, moes hy 'n burger van die ZAR wees. In 1855 is bepaal dat vreemdelinge wat nie in die ZAR (Transvaal) gebore was nie, nie geregtig op burgerskap, stemreg of 'n betrekking in die staatsdiens sou wees nie. Hulle sou oak geen vaste eiendom in die ZAR kon besit nie. Burgerreg kon egter by die toon van 'n paspoort, as blyk van goeie gedrag, en die betaling van 2 000 Kaapse riksdaalders verkry word. In 1871 is bepaal dat persone, wat vir 'n jaar ononderbroke in die ZAR woonagtig was en die ouderdom

5 Nasionale Argief Bewaarplek (NAB), Pretoria, Forssman-versameling, vol. A375, band 4, diverse stukke

1856-1960, brief: Forssman/Evans, ongedateerd, p.1.

(3)

van een-en-twintig jaar bereik het of burgerreg volgens die besluit van 1855 verkry

. 6

het, stemgeregttg was.

Uit Nellmapius se aanstelling as vrederegter en die burgerskapvereistes waaraan hy moes voldoen, kan afgelei word dat hy teen Desember 187 4 reeds Ianger as 'n

jaar in die Transvaal woonagtig was. In Maart 1873 is die eerste ekonomies

ontginbare goud in die Oos-Transvaal ontdek en in Mei 1873 het president T.F.

Burgers die gebied Lydenburg-Ohrigstad as goudvelde geproklameer.7 Nellmapius

moes hom dus as terminusbestuurder en delwer in 1873 in die Oos-Transvaal gevestig het.

1.2 NELLMAPIUS SE SIENING VAN SY NUWE VADERLAND

Nellmapius se gasvryheid was wyd en syd bekend. Sy huis op die goudvelde het

vir almal oopgestaan. Hy was so bekend op die goudvelde dat sy huis en kleims as

bakens vir die afbakening van gebiede of kleims gebruik is.8 Sy aktiwiteite as delwer op die Oos-Transvaalse goudvelde word in hoofstuk 2 meer breedvoerig bespreek.

Nellmapius was 'n besonder energieke en ondernemende persoon. Hy het

verskeie projekte in die ongeveer twintig jaar wat hy in Transvaal woonagtig was, aangepak. Sy ondernemings was nie almal suksesvol nie, maar hy het dwarsdeur sy verblyf in Transvaal 'n onwrikbare vertroue in die potensiaal van die land gehad. Vanaf die staanspoor het hy sy valle gewig by sy nuwe vaderland ingewerp en het hy tot sy dood in 1893 nie 'n besoek aan Europa gebring nie.

'n Opvallende eienskap van Nellmapius was dat hy soveel vertroue in die toekoms

van sy nuwe vaderland gehad het. Hy was 'n immigrant wat nie net sy koffers wou

6 M.J. Hugo, "Die stemreg-vraagstuk in die Zuid-Afrikaansche Republiek", Kieser et al., Argiefjaarboek vir Suid-Afrikaanse geskiedenis, 194 7, p.12.

7 Staats Courant der Zuid-Afrikaansche Republiek, nr. 474, 20 Mei 1873. 8 Gold Fields Mercury, 21 Aug. 1876.

(4)

kom vul en dan weer daarna vertrek nie. In 'n brief aan president Burgers vanaf die goudvelde het Nellmapius hom soos volg oar sy nuwe vaderland uitgespreek.

" ... a country which I gladly add, I am proud and happy to call now my home".9 Sir J. Kotze, die latere hoofregter van die ZAR, het Nellmapius in 1877 op die goudvelde ontmoet en van hom gese: "Nellmapius was an educated man and a travelled thane, and also very optimistic in the mental pictures he drew of the country's future prosperity, a view with which I fully agreed for by that time I had seen and heard enough to satisfy myself that there were sound grounds for such a conclusion" .10 Nellmapius se siening van die inwoners van die Transvaal word duidelik weerspieel in die volgende gedeelte uit sy korrespondensie met J.X.

Merriman : " .... but you know as well as I do that the Boers will not be driven,

although they are so easily led".11 Hieruit blyk dat Nellmapius die karakter van die Boere opgesom het as sou hulle nie in 'n rigting geforseer moet word nie, maar dat hulle wei deur konsensus, indien hulle vertroue gewen is, in 'n rigting gedu kon word.

1.3 SY LATERE VESTIGING IN PRETORIA

Nellmapius se lewe nadat hy hom in Pretoria en omgewing gaan vestig het, is wei bekend. Hy het nadat hy op die goudvelde bankrot gespeel het, 'n tender vir die lewering van 30 000 bale gras vir die Britse soldate se perde en vee in Lydenburg gekry.12 Die geld wat hy hieruit gemaak het, het hom weer aan die gang gekry. Nellmapius het oak deelgeneem aan die oorloe teen Sekhukhune en Njabel waar hy die dinamiet voorsien het wat in die grotte gegooi is wat gehelp het om die twee leiers tot oorgawe te dwing.13 Nellmapius sou later met sy verblyf in Irene naby Pretoria 'n huisvriend van Paul Kruger word.14 Dit blyk dat president Kruger deur Nellmapius gefassineer was : "He (Kruger) was very much like an orthodox Jew

9 NAB, Pretoria, Engelbrecht-versameling, vol. A371, band 3, nr. 13, brief : Nellmapius/Burgers, 29 Mei

1875, p. 122.

10 J Kotze, Biographical memories and reminiscences, vol1, p.469.

11 J.X. Merriman, Selection from the correspondence of J.X. Merriman, VRV 1941, p.300.

12

N. Helme, Irene, p.11.

13 J. Meintjies, President Paul Kruger: A biography, p.152. 14 J.B. Taylor, A pioneer looks back, p.146.

(5)

himself, and this may in part explain the fascination he had for men like Alois Nellmapius and Samuel Marks."15 Nellmapius het so 'n groat vriend van president Kruger geword dat hy altyd welkom in die president se huis was, dag of nag.16

President Kruger moes baie kritiek, as gevolg van sy vriendskap met Nellmapius verduur en hy was bewus daarvan wat duidelik uit die volgende ge"illustreer word: "Ja, you always say it is somebody else. First it was Jorrissen, then Nellmapius, and then it was Leyds".17 Hoe dit ookal sy, dit blyk dat Nellmapius 'n groat invloed op president Kruger se denke gehad het. J.B. Taylor se byvoorbeeld: "Eckstein and 1 soon realised that Nellmapius was such a power in the land that we ought to make an effort to secure his co-operation on behalf of the mining industry of the Witwatersrand."18 In die verband se Merriman, "Had a long talk with Nellmapius who is popularly supposed to be the moving spirit of the clique who rule the Transvaal" .19

Nellmapius as ingenieur, het besef dat industrie vir die voorspoed van die land noodsaaklik was, en se in die verband: "I plan to manufacture sugar, flour, spirituous liquors, beer, cigars, vinegar and starch, to ·tan leather and prepare cement from the products of the country".20 Hy het spoedig die eerste belangrike konsessie om plofstof en ammunisie te vervaardig, in 1881 van Kruger en die Uitvoerende Raad verkry. 21 Die konsessie het hy a an die S.A. Pioneer Powder

Factory Limited wat 'n Londen-Amsterdamse firma was, verkoop. E. Lippert was in

bevel van hierdie maatskappy en Nellmapius is as besturende direkteur

aangestel.22 Met die bestuur van hierdie maatskappy het dit nie goed gegaan nie. Dit blyk dat daar nie altyd genoeg kontant op hande was om die maatskappy te bestuur nie en Nellmapius het oak van sy eie kapitaal gebruik om die maatskappy se sake te laat vlot. Dit het gelei daartoe dat Nellmapius beskuldig is dat hy

15 J. Meintjies, President Paul Kruger: A biography, p.131.

16 J. Fischer, Paul Kruger: His life and times, p.149; J.B. Taylor, A pioneer looks back, p.147.

17 J. Meintjies, President Paul Kruger: A biography, p.287. 18 J.B. Taylor, A pioneer looks back, p.149.

19

J.X. Merriman, Selections from the correspondence of J.X. Merriman, VRV 1941, p.258.

20 H. Kaye, The tycoon and the president, p.38.

21 L.E. van Niekerk, Kruger se regterhand: biografie van dr W.J. Leyds, pp.34-37. 22 N. Helme, Irene, p.12.

(6)

£3 566-9-0 van die maatskappy wederregtelik vir persoonlike doeleindes gebruik het. Die klag is in 1885 aanhangig gemaak. Nellmapius is in 1886 deur regter C.J.

Brand skuldig bevind en vir agtien maande hardearbeid gevonnis. Nellmapius het beweer dat die maatskappy £8 000 aan hom verskuldig was. Hy het geappelleer

waarna president Kruger en die Uitvoerende Raad hom kwytskelding van sy vonnis

gegee het. Hierop het regter Brand bedank. Hoofregter Kotze het Nellmapius

daarop weer laat arresteer, die appel aangehoor en Nellmapius vrygespreek.23

Nellmapius het ook in die vroee tagtigerjare van die vorige eeu die konsessie verkry om alkoholiese drank te vervaardig, wat hy weer aan Sammy Marks, die

Transvaalse pionier op die gebied van mynwese en nywerheid, verkoop het.24

President Kruger het die opening van die plek waar die drank vervaardig sou word

waargeneem en dit De Eerste Fabrieke genoem.25 Die jenewer wat Nellmapius

produseer het is 'Mapius' genoem en whisky is eers na sy dood in 1899 geproduseer.26 Nellmapius het ook 'n konsessie vir die produsering van staal

verkry en hierdie konsessie is aan J.C.A. Henderson verkoop. Nellmapius was ook betrokke by die bou van koetse, by die diamantdelwing in Koffiefontein en die verwerking van lymsteen na sement.27

Nellmapius kon nooit in sy lewe met geld werk nie. Hy het kort-kort 'n probleem met kontantvloei gehad en was diep in die skuld by H. Eckstein en Sammy Marks se firma, Lewis en Marks28, en J.B. Taylor maak die opmerking dat: "Money had only one use in Nellmapius's eyes, it was but a means by which he could develop his ideas".29

Daar word ook beweer dat Nellmapius die huis wat vandag as Krugerhuis

bekend staan vir president Kruger gebou en geskenk het.30 Dit beteken dat

23 L.E. van Niekerk, Kruger se regterhand: biografie van dr WJ. Leyds, pp.34-37; J Fischer, Paul Kruger:

His life and times, pp.164-165; J. Meintjies, President Paul Kruger: A biography, pp. 164-165; J.B. Taylor, A pioneer looks back, pp.147"148; H. Kaye, The tycoon and the president, pp. 50-59.

24 J. Fischer, Paul Kruger: His life and times, pp.157-161.

25 J.A. Mouton, "Generaal Piet Joubert", Kieser et al., Argiefjaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis,

1957, vol 1, p.209. 26 N. Helme, Irene, p.13.

27 H. Kaye, The tycoon and the president, pp. 60-72. 28 N. Helme, Irene, p.13.

29 J.B. Taylor, A pioneer looks back, p.148.

(7)

president Kruger onder obligasie by Nellmapius kon gestaan het en dit die rede was waarom hy (Kruger) so geredelik konsessies aan Nellmapius toegestaan het. Dit kan ook 'n onderliggende rede wees waarom Nellmapius en president Kruger huisvriende was. Sou dit die geval wees, het dit onder die grootste geheimhouding geskied, want slegs staatsekretaris Leyds verwys daarna en geen ander persoon wat na aan Kruger gewees het nie. Tog ontken Leyds dat Kruger omkoopbaar was.31

In die tagtigerjare van die vorige eeu het Nellmapius hom aan die boerdery gewy. Hy het sindikate met sy besigheidsvriende gevorm en saam grand begin opkoop, in so 'n mate, dat die sindikaat in 'n stadium digby een miljoen hektaar grand besit het. Nellmapius het van die Erasmusse, Stephanus Petrus en Daniel Johannes Elardus, 'n gedeelte van die plaas Doornkloof ( 1 125 hektaar) gekoop en dit Irene,

na sy dogter Irene, vernoem. Later het hy van dieselfde twee broers nog 'n gedeelte bygekoop teen 'n totale koste van ongeveer £40 000 wat die plaas vergroot het na 3 605 hektaar.

Daar word beweer dat Nellmapius juis hierdie plaas, Irene, gekoop het omdat hy geweet het die spoorlyn vanaf Johannesburg na Pretoria oor die plaas sou loop.

Nellmapius het met beeste, blomme, groente en vrugte geboer. Hy het 'n besproeiingsisteem aangele deur van gravitasie gebruik te maak. Hy het vir argitek De Zwaan gebruik om sy huis te antwerp. Die antwerp was op die Hongaarse styl geskoei. As sy eerste tuinboukundige het hy vir Richard Wills Adlam, wat in 1889 die kurator van die Pietermaritzburgse botaniese tuine was, aangestel. Hy is opgevolg deur J. Fuchs wat tot 1895 tuinboukundige sowel as plaasbestuurder was. Hy het oak vir Arnold Theiler as veearts aangestel. Theiler sou later beroemd word met die stigting van die departement van veeartseny by Onderstepoort.32

Teen 1889 was daar ses Engelse koerante in Johannesburg wat na die ontdekking van goud op die Witwatersrand verskyn het. Nellmapius het daarop 'n pro -31 L.E. van Niekerk, Kruger se regterhand: biografie van dr. WJ. Leyds, p.332.

32 H. Kaye,

(8)

regeringkoerant, The Press in Engels en De Pers in Hollands in Pretoria laat

verskyn. Hierdie koerante het aanvanklik twee keer per week verskyn en vanaf 17

Februarie 1890, daagliks. Die eerste redakteur Baron Gluckstein, het met

Nellmapius getwis oor verhuringsgeld wat Gluckstein aan Nellmapius verskuldig

was vir die huur van sy geboue. Die saak het in die hof geeindig waarna

Nellmapius vir Gluckstein ontslaan het en vir Leo Weinthal as redakteur aangestel het. In 1897 het Weinthal begin met The Pretoria News wat vandag nog steeds bestaan.33

Uit Nellmapius stam daar twee families. Uit 'n verhouding wat Nellmapius met M.C. du Preez gehad het, is daar twee kinders gebore, naamlik Mary Anne en Albert

Hugo.34 Nellmapius is in 1881 getroud met Johanna Corlydia Hoffman. Haar ouers

was Duits en het hulle in Durban gevestig waar: "Johanna Corlydia's charm and high spirits had earned her the sobriquet of 'Sweet Lily of Berea', and it was as Lily that she became known."35 Uit die huwelik is vier kinders gebore, naamlik Albert Philip, Irene, Alexander en Ernest.36

Op 17 Julie 1893 het Nellmapius ernstig siek geword. Hy het 'n ernstige veluitslag

(erysipela roos- belroos) op sy kop gekry en is behandel deur drs. J.N. Kaye van Pretoria en W.H. Saunders van Johannesburg. Hy sterf op 28 Julie 1893 op die ouderdom van 46 jaar. Sy lyk is vanaf Irene na sy huis "Aibertshuis" in Pretoria vervoer waar president Kruger, vise-president N. Smit, kommandant-generaal P. Joubert, die staatsekretaris dr. Leyds en ander regeringsleiers hulle laaste eer aan

hom betoon het. Die viae op al die regeringsgeboue het halfstok gehang. Meer as

33

N. Helme, Irene, pp. 13-15. 34

Daar kon egter nie daarin geslaag word om of 'n trousertifikaat of 'n egskeidingsbrief van 'n huwelik met die M.C. du Preez op te spoor nie. By 'n kleinkind uit hierdie verhouding tussen Nellmapius en Du Preez is deur middel van 'n vraelys verneem dat Nellmapius van haar geskei is en dat sy daarna in 'n huwelik getree het met ene Campbell wat by Eerste Fabrieke by Nellmapius in diens was. Verder is beweer dat Nellmapius die plaas Hartebeesfontein aan hulle as trougeskenk gegee het. Hierdie plaas is egter nie op hulle naam geregistreer nie en in 1912 is die plaas deur die eksekuteurs van Nellmapius se boedel opgeeis. (Registrateur van Aktes, Pretoria, Folio 229, Boek 2, Registrasie 441, Hartebeesfontein) Mary Anne is later met ene L.M.P. Swanepoel getroud en Albert het later 'n lidmaat van die Hervormde Kerk

geword. (Hervormde Kerkargief, Pretoria, Register no. 2, lys no.1541 van lidmate opgemaak).

35 H. Kaye, The tycoon and the president, p.42. 36

(9)

eenhonderd koetse het aan die optog deelgeneem en die skatting was dat tussen

vyftienhonderd en tweeduisend mense die begrafnis bygewoon het. Oak die

konsuls van Belgie, Nederland en Portugal het die begrafnis bygewoon. Koerante

in Natal, die Kaapkolonie en die twee republieke het oor die afsterwe en begrafnis

van Nellmapius berig.37

Sy vrou Johanna is nie weer getroud nie en sy is op 22 Oktober 1938 oorlede en in

dieselfde graf as Nellmapius begrawe.38 Irene is met 'n makelaar Hendrik Jacobus

Smit getroud en hulle het later by Moorddrift, Potgietersrus geboer waar sy in 1961

in 'n motorongeluk oorlede is. Sy seuns Albert en Ernest het myningenieurs

geword. In 1929 is Albert aangestel as konsul in Tsjeggo-Siowakye. Hy is in 1932

oorlede. Ernest het in die Kaap gaan boer. In 1962 het hy 'n toekenning van die

departement Landbou se landsdiensafdeling ontvang en is in 1970 oorlede. 39

Leo Weinthal, die eerste redakteur van die latere Pretoria News het gese:

"Generations to come would bless the name of Nellmapius, pioneer of industrial

enterprise and scientific agriculture in the South African· Republic". 40 Nellmapius

was inderdaad 'n ondernemende persoon wat 'n bydrae gelewer het op verskeie

terreine in die baanbrekersjare van kapitalistiese ontwikkeling in die Transvaal.

37

H. Kaye, The tycoon and the president, p.108.

38 Graf in ou Engelse gedeelte van die begraafplaas in Kerkstraat, Pretoria in blok G, ry A, nr. 4. 39

H. Kaye, The tycoon and the president, p.114.

40

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

[r]

Daarnaast moet nog opgemerkt worden dat soorten zoals Bastaardsatijnvlinder en Eikenprocessierups niet in bossen maar bijna alleen in laanbeplantingen optreden en in bossen dus

Niet alle systemen geven een verbetering van de technische resultaten om deze extra kosten te compenseren.. Op verzoek van de vleeskuikensector en met financiering van het PPE

oor die bestuur, aankoop of verkoop van grand of geboue wat aan die r aad behoort.. het; die moniteri n g van die geldsake van die dorp en die formulering van

Er zal onderzocht worden in hoeverre er verschillen zijn tussen de kinderen en jongeren met en zonder verstandelijke beperking die seksueel misbruikt zijn met betrekking tot:

Het voorwerp wordt dan op de hoofdas over een afstand van 1,5f dichter naar de lens geschoven... Op een zomerdag duikt Joost in

• Vaak hebben een aantal toestanden

lngevolge Artikel 35 (I) van die Grondwet kan die howe van vergelykbare buitelandse hofbeslissings gebruik maak wanneer die bepalings van onder andere hoofstuk 3