• No results found

Ki ” “ ” “ ff ness wil luidspreker vanonreg bly

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2022

Share "Ki ” “ ” “ ff ness wil luidspreker vanonreg bly"

Copied!
1
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

NUUSBULLETIN GEWILDSTE

1. 1.

Covid-19: Die jongste syfers en inentings

2. 2.

HOOGTEPUNTE: Bulle skok SA A met 17-14

3. 3.

1ste Covid-geval in atletedorp laat gevaarligte flikker

4. 4.

‘Situasie in Suid-Afrika raak Proteas’

5. 5.

Staak paniek-aankope van kos, sê minister

MANS VROUE SOEK

Juffrou_2020

Sagte persoon, mal oor honde. Stil van geaardheid. Hou van gesond lewe. Uitry , plekke gaan verken. Hou van iemand wat my kan laat lag.

SpanishDestiny

Dink aan Suzelle DIY; Marian; Dowe Dolla. Hard lag. Ek werk gereeld lang uure. Die see. Yorkie hondjies.

Mischief. Passionate. Kissing cuddles.

Stemme

Waldimar Pelser: ‘Stop Zuma,’

sê Zille mos al in 2009

Waldimar Pelser: Raskaart, rassisme tog albei verkeerd

Waldimar Pelser isWaldimar Pelser is redakteur vanredakteur van Rapport enRapport en

aanbieder van 'Inaanbieder van 'In Gesprek' opGesprek' op

kykNET.kykNET.

Waldimar Pelser

Rubriekskrywer Rubriekskrywer

The Sound of Sire…

Nog stories

Matriek is ene ‘kiffness’ in geleende pak by afskeidMatriek is ene ‘kiffness’ in geleende pak by afskeid Arbitrasie oor onbetaalde SAUK-tantième (weer) hervatArbitrasie oor onbetaalde SAUK-tantième (weer) hervat SAUK hof toe gesleep weens onbetaalde tantièmeSAUK hof toe gesleep weens onbetaalde tantième

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou

mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of

persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Met sy parodieë van wêreldbekende liedjies laat hy Suid-Afrikaners óf lag óf rooi sien, maar die musikant David Scott is g’n loskop-opstoker nie. ChristiaanChristiaan

BoonzaierBoonzaier het ontdek Scott, beter bekend as The Kiffness, is eintlik ’n diep denker wat met ’n groot hart en vreeslose stem onreg in die land wil aanpak.

Dit kom gewoonlik in die diepnag by hom op – idees vir skalkse én omstrede parodieë waarmee sy naam in Suid-Afrika reeds sinoniem is.

Hy weet nie eintlik waar dié idees vandaan kom nie, sê Scott, maar dit is gewoonlik enige tyd tussen 23:00 en 02:00 op sy rusbank waar hy inspirasie vir nuwe parodieë kry.

“Nadat die dag se bedrywigheid bedaar, is dit skielik in dié tyd stil,” sê Scott (32) aan die begin van ’n byna uur lange telefoongesprek. ’n Hamer of iets dergeliks doef- doef-doef elke dan en wan deur die gehoorbuis, waarskynlik weens opknappings wat tans in sy woonstel in Kaapstad aangebring word.

“Ek chill dan – ’n rustigheid spoel laataand oor my – en ek kry ’n geleentheid om na die stilte te luister voordat idees vir parodieë arriveer. Wanneer hulle kom, neem ek dit dadelik op, net om ’n rowwe idee vas te vang, en dan gaan slaap ek sodat dit in my onderbewussyn kan prut.”

Sodra hy wakker word, loop die pad tot ’n voltooide parodie eers deur ’n warm stort voordat hy wêreldbekende liedjies met sy eie lirieke oor alles en nog wat – deesdae pal die pandemie en die staat van inperking – in sy tuisateljee opneem.

Sy eie weergawe van die Beatles-trefferlied “Yesterday” is al meer as 1,1 miljoen keer op YouTube gekyk.

“Yesterday,” sing hy, “Covid-19 seemed so far away. Now it looks as though it’s here to stay. Oh, I believe in yesterday.”

Watch on

The Beatles - Yesterday (Lockdown Acap…

Watch later Share

Ook sy meer opgewekte weergawe van Abba se “Dancing Queen” is al meer as 1,2 miljoen keer gekyk.

“I am the Quaranqueen,” lui sy weergawe van die refrein, “I lost my mind on day 17.

Quaranqueen, eating bread without margarine, ooh yeah.”

Watch on

Quaranqueen (Dancing Queen Parody)

Watch later Share

Scott sê hy sou nooit kon voorspel hoe gewild dié parodieë is nie.

“Ek voel steeds soos dieselfde persoon, maar dit is nou interessant: Wanneer ek winkel toe gaan, is ek in die verlede elke dan en wan herken – nou is dit omtrent elke keer.

“As gevolg van die opknappings (in sy woonstel) bring ek baie tyd in teël- en

lamelmateriaal-winkels deur. Ek grap nie as ek sê ek word in elke liewe winkel herken nie. Dit is vreemd, maar ook cool, want ek kry nou afslag op teëls.”

Hy vermoed die parodieë is gewild omdat die liedjies wat hy kies nostalgie

aanwakker en hy onderwerpe soos beurtkrag of korrupsie, waarvoor mense “gatvol”

is, ’n lighartige kinkel gee, juis om meer mense by gesprekke daaroor te betrek.

“Daar is niks soos daai woord nie – gatvol. Ek raak net so gefrustreerd en gatvol soos enige ander Suid-Afrikaner wanneer politici hul hande in staatskoffers druk of die SAUK sy eie stromingsdiens wil begin. Dit frustreer my werklik.

“Iets wat ek wel oor frustrasie geleer het, is dat dit net energie is wat in iets anders omgeskakel kan word. Frustrasie kan in ’n liedjie of kuns of ’n grap omskep word, en dit (parodieë) is bloot ’n kuns wat ek voel ek nog bemeester.”

‘Ek wil soms aanstoot gee’‘Ek wil soms aanstoot gee’

Sy frustrasie skemer tog in van sy parodieë deur, en wanneer hy van parodie tot satire oorskakel – wat ’n mens selfs as hedendaagse protesmusiek kan beskou, veral

wanneer hy oor die politiek sing – maak hy talle politici én van sy gehardste aanhangers goed die josie in.

Watch on

Julius Malema (Jerusalema Parody)

Watch later Share

Vroeër vanjaar het Scott in verband met ’n rassistiese Clicks-advertensie en die EFF se reaksie daarop die liedjie “Julius Malema”, ’n parodie van die liedjie “Jerusalema”, uitgereik. Hy is ook wyd as ’n rassis uitgekryt, onder andere deur Mzwandile Masina, die burgemeester van Ekurhuleni, nadat hy die volkslied in ’n parodie oor die

“sinnelose” verbod op sigaretverkope omskep het.

Watch on

Nkosazan’ Dlamini TraJcker (SA’s New N…

Watch later Share

Dié kritiek, veral wanneer hy vir hooggeplaastes weens beweerde onreg daarin tong uitsteek, sien hy eintlik van myle ver af kom.

“Ek doen altyd hierdie goed wetend wat die moontlike teenreaksie daarop gaan wees,” sê hy.

“Ek het geweet daar gaan mense wees wat nie gaan hou van my weergawe van die volkslied nie, want ek weet daar is mense wat baie patrioties is en glo dat jy nie met die volkslied moet mors nie – maar my mening daaroor is anders.

“Presies dieselfde geld die Julius Malema-parodie – ek het geweet ek gaan oor die kole gehaal word – maar ek wíl soms aanstoot gee. Wanneer jy mense aanstoot gee, dwing jy hulle om te dink oor iets waaraan hulle nie voorheen sou dink nie.

“Ek herinner myself altyd daaraan: Wanneer iets my aanstoot gee, is daar in meeste gevalle ’n les daaragter. Die natuurlike gevoel is om dadelik gal te braak en kwaad te wees, maar ek probeer eerder om die gevoel te ontleed. Hoekom werk ek myself so op oor iets? In die meeste gevalle is dit omdat ek steeds nie een of ander trauma verwerk het nie. Dit is hoekom ek dink dít (aanstoot) is ’n waardevolle gevoel.”

Hy is egter nie immuun teen die sielkundige impak van doodsdreigemente wat hy kry nie – hy is net ’n mens wat ook soms foute maak, sê hy.

“Wanneer ek droogmaak, sal ek die eerste persoon wees om dit te erken. Ek staan wel by wat ek sê – dit is belangrik, maar dit is nie altyd maklik nie. Daar is aande, op ’n onderbewustelike vlak, wat ek werklik stres ervaar. Ek raak wakker met seer tande, waarskynlik weens ’n gekners in my slaap, maar dit (die impak) is nie ernstiger as dít nie. Gelukkig het ek nog nie groot angsaanvalle gehad nie.

“Ek tel net my seëninge: Ek lewe, ek haal asem, ek het ’n vrou wat lief is vir my. Ek herinner my daagliks aan die dinge wat belangrik is. As jy volhard in dít waarin jy glo, is daar baie dinge wat jy nie vrees nie; daarom gaan my stem nie stilgemaak word nie.”

‘Dit is jou plig om kennis te deel’‘Dit is jou plig om kennis te deel’

Hoewel hy in sy parodieë ’n meer humoristiese “luidspreker” van onreg in Suid- Afrika is, is sy benadering tot die vertraagde uitbetaling van sogenaamde

needletime-tantième aan Suid-Afrikaanse musikante, elke keer wanneer hul werk op radio of TV uitgesaai word, heelwat ernstiger.

In dié verband het Scott sy stem meermale reeds dik gemaak en homself as ’n uitgesproke aktivis gevestig wat byna manalleen vuur onder wanbetalers maak.

Hoewel die probleem nog nie opgelos is nie, het hy gemengde welslae behaal – welslae wat hom nou tydens die pandemie, terwyl talle musici hul inkomste kwyt is, toelaat om steeds “gemaklik” te lewe.

Watch on

R500 Billion (The Proclaimers - 500 Miles…

Watch later Share

Hy sê hy het nog altyd gevoel hy móét as gevolg van ’n “burgerlike

verantwoordelikheid” sy pad tot dié welslae met sy kollegas in die bedryf deel;

daarom publiseer hy lang skrywes op sy webwerf waarin hy stap vir stap verduidelik hoe musici ’n hindernisbaan vol papierwerk moet deurkruis om ’n deel van die

tantième te kry waartoe hulle volgens wet geregtig is.

“Daar is steeds so baie musikante wat nog heeltemal in die duister is oor tantième.

Dit moet baie makliker wees (om tantième te kry) as wat dit tans is – en musikante het

’n passiewe inkomste nou meer as ooit tevore nodig.

“Dit is fantasties om boodskappe van musikante te kry wat sê ek is behulpsaam, hulle het hul geld gekry. Ja, dit voel goed, maar ek soek nie iets terug in ruil vir my hulp nie.

As jy kennis het, is dit jou plig om dit met mense te deel.”

Sy rol as parodis en aktivis – ’n wafferse Jesus-figuur met bypassende lang, bruin lokke wat sy vrou van die afgelope vyf jaar, Jüte, hom die afgelope agt jaar reeds belet om kort te knip – is nie iets wat hy ooit beplan het nie.

Scott is baie eerlik oor hoekom: Danksy sy dokter-pa, Neil, en ma, Susan, het hy

“geseënde kinderjare” in Johannesburg gehad – ook later toe hy twee keer as onderskeidelik student in medies en joernalistiek opgeskop het om ’n graad in filosofie en musiek aan die Rhodes- Universiteit te behaal en ’n loopbaan as musikant na te jaag.

“Ek skat alles is nog my hele lewe lank op ’n goue skinkbord vir my aangedra – dwarsdeur skool (Michaelhouse in KwaZulu-Natal) en universiteit is alles net vir my gevoer, al die inligting wat ek nodig gehad het. Dit was nooit vir my nodig om vir enigiets te baklei nie – tot ek sowat drie jaar gelede met organisasies oor tantième begin vassit het.

“Dit is veeleisend om die heeltyd met hulle vas te sit – my aansporing om te baklei vir wat reg is in Suid-Afrika kom en gaan – maar ek is eintlik gelukkig om hulle te pak en te doen wat ek kan om onreg in hierdie land reg te stel.”

Meer oor: Beurtkrag | Satire | Youtube | Parodie | Korrupsie | Sauk | Master Kg | Nomcebo Zikode | Jerusalema | Tantieme | Mzwandile Masina | Julius Malema |

Kwazulu-Natal | Rhodes-Universiteit | Beatles | Abba | The Beatles | Staat Van Inperking | Pandemie | Koronaviruspandemie | David Scott | Inperking | Musiek | Koronavirus | Covid-19-Pandemie | Covid | The Kiffness | Covid-19

Powered by Disqus

Comments for this thread are now closed

×

3 Comments Netwerk24 🔒 Disqus' Privacy Policy Christiaan Boonz…

"

t Tweet fShare Sort by Best

Deon Kruger • 8 months ago

Ons kort nog van sy soort

1△ ▽

Frik Vingers • 8 months ago

“House!” Well done dude, keep on making the skelms squirm.

△ ▽

Gideon Joubert • 9 months ago

Hierdie jongman se bêk kort jam!!

△ ▽

Subscribe

dAdd Disqus to your siteDo Not Sell My Data Recommend

(

Share ›

Share ›

Share ›

Kiffness wil luidspreker van onreg bly

Deur Christiaan Boonzaier 02 November 2020 10:00

MUSIEK

David Scott, beter bekend as The Kiffness. Foto: David Scott, beter bekend as The Kiffness. Foto: thekiffnessthekiffness..comcom

Daar is niks soos daai woord nie – gatvol.

– David Scott (The Kiffness)

Wanneer jy mense aanstoot gee, dwing jy hulle om te dink oor iets waaraan hulle nie voorheen sou dink nie.

– David Scott (The Kiffness)

9°C / 20°C

TUIS NUUS SPORT SAKE STEMME VERMAAK DIE STUDENT SKOOL LEEF TV E-PUBLIKASIES SOEK

Profiel

Streeknuus !

SKAKELS GEBRUIKERSVOORWAARDES PRIVAATHEID 9°C / 20°C

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Daarnaast zal alcoholverstrek- king met een buitentap of horeca- punt op de openbare weg tijdens en na een EK wedstrijd niet toegestaan worden en gelden voor het ophangen

PBZ zal eerst uitzoeken hoeveel grond er benodigd is en aan welke eigenschappen deze moeten voldoen, voordat DLG kan bepalen hoeveel geschikte grond er beschikbaar is..

[r]

Petersburg

Dodelijk in de 16 schiet hij ze er vanuit alle hoeken in bij zijn club Schalke 04, en ook bij Oranje doet hij uitdrukkelijk van zich spreken door al 31 doelpunten te hebben ge-

Door de jarenlange ervaring in het ontwikke- len van klantspecifieke branders voor iedere toepassing wereldwijd garandeert Elco be- trouwbaarheid en uitstekende

Christelijke democratie in twee continenten, door K. Onderwerpen betreffende onderwijs en kultuur

Dit is dé plek waar je voortaan — lekker offline — alles, maar dan ook echt álles, kunt bijhouden over de boeken die je hebt gelezen en die je ooit nog wilt lezen, lenen of