• No results found

l.l HOOFSTUK 1

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "l.l HOOFSTUK 1"

Copied!
4
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

HOOFSTUK 1

INLEIDING,

PROBLEEMVRAAG,

DOEL, METODE EN PROGRAM VAN

ONDERSOEK

l.l

INLEIDING

Om leer by leerders te bewerkstellig, is dit nodig dat hulle effektief by die onderrig1eergebeure betrokke moet wees. Fenstermacher ( 1986:38) en Steyn (1988: 14 7) ste1 dat die interaksie wat tussen die onderriggewer en die leerder plaasvind een van die wesenstrekke van onderrig is. Hierdie interaksie hou in dat

leerlinge onderling met mekaar asook met die onderriggewer moet kan kommunikeer.

Dit is duidelik dat kommunikasievrees, of die afwesigheid daarvan, die sukses van die kommunikasieproses en dus ook die onderrigleergebeure grootliks kan bepaal.

McCroskey { 1977a:28 & 1978: 192) definieer kommunikasievrees as die vrees wat 'n persoon ervaar in 'n werklike of geantisipeerde kommunikasiesituasie met een of meer persone. 'n Persoon met 'n hoe mate van kommunikasievrees sal kommunikasiesituasies sover as moontlik probeer vermy.

Leerlinge met 'n hoe mate van kommunikasievrees sal byvoorbeeld nie spontaan aan onderrigleergesprekke deelneem nie (Daly, 1986:21). Hierdie gebrek aan deelname sal leer bemoeilik en effektiewe onderrig kan nie plaasvind nie. Verskeie navorsers het reeds aangetoon dat 'n hoe mate van kommunikasievrees by leerlinge hul akademiese prestasie nadelig be"invloed (Comandena & Prusank, 1988:270).

Na raadpleging van die literatuur is vasgestel dat daar nog geen navorsing gedoen is aangaande kommunikasievrees van Afrikaanssprekende leerlinge in die

(2)

onderrigleersituasie nie. Hierdie navorsing word onderneem om vas te stel tot watter mate kommunikasievrees van Afrikaanssprekende hoerskoolleerlinge 'n negatiewe uitwerking op die sko!astiese prestasie van sodanige leerlinge uitoefen.

Om bogenoemde probleem na behore na te vors sal die volgende probleemvrae ondersoek word:

1. Wat is die aard en omvang van kommunikasievrees van AJrikaanssprekende hoerskoolleerlinge in versk.illende tipe komm unikasiekontekste?

2. Wat is die verband tussen leerlinge se kommunikasievrees en a) hul gemiddelde skotastiese prestasie en

b) hut prestasie in Afrikaans.

1

.2

DOEL VAN DIE

ONDERSOEK

Die doel van hierdie navorsing is om vas te stel:

1.2.1 wat die aard en omvang van kommunikasievrees van Afrikaanssprekende hoerskootleerlinge is en

1.2.2 wat die moontlike verband tussen die genoemde leerlinge se kommunikasievrees en

a) hul gemiddelde skolastiese prestasie asook b) hul prestasie in Afrikaans is.

1.3 METODES VAN NAVORSING

(3)

1.3.1 LITERATUURSTUD1E

'n Uteratuurstudie 1s onderneem om as basis te dien vir die emptriese ondersoek.

Inligting aangaande kommWlikasie in die algemeen, klaskamerkommunikasie en kommunikasievrees is ingewin, bestudeer en geevalueer.

Tydskrifartikels en navorsingsverslae is deur middel van Dl.ALOG-soektogte uit die ERJC-databasis opgespoor.

1.3.2 EMPIRIESE ONDERSOEK

1.3.2.1 Navorsingsontwerp

Daar is van 'n ex post facto-ontwerp gebruik gemaak. Vraelyste wat hul kommunikasievrees meet is deur leerlinge van Afrikaanse hoerskole in Potchefstroom ingevul. Die leerlinge se persentasie kommunikasievrees is met hul akademiese prestasie in Afrikaans en hul gemiddelde skolastiese prestasie vir al hul vakke vergelyk.

1.3.2.2 Populasie

'n Verteenwoordigende steekproef is by wyse van gestratifiseerde ewekansige tros

streekproefneming geneem u.it die vier Afrikaanse sekondere skole in Potchefstroom.

1.3.2.3 Verandertikes

Die veranderlikes wat ter sprake was in hierdie navorsing is:

• Komm unikasievrees as onafhanklike veranderlike

• Geslag en standerd as kontrole veranderlikes en

(4)

se skoolvakke as afhanklike veranderlikes.

1.3.2.4 Meetinstrurnent

• Biografiese vrae1ys

• McCroskey ( 1978: 192) se vraeiys aangaande kommunikasievrees wat

bekend staan as die PRCA (Personal Report of Communication

Apprehension) word algemeen gebruik omdat dit oor 'n hoe mate van

betroubaarheid en geldigheid beskik.

Hierdie vraelys is vertaal en 'n ielwat aangepas om ook die vrees vir

klaskamerkommunikasie van die leerlinge te bepaal (Vergelyk paragraaf 4.3.2.1 ).

1.3.2.5 Statistiese verwerking

Die inligting wat met behulp van die vrae]yste ingesamel is, is deur die Statistiese

Konsultasiediens van die PU vir CHO verwerk. Beskrywende statistiek met t-toetse en

effekgrootte as tegnieke is in die navorsing gebruik.

1.4 PROGRAM VAN NAVORSING

Die leerlinge het die vraelyste s1egs eenmaal (in September 1994) ingevul. Die inJigting

wat met die vraelyste verkry is, is met behulp van die Statitiese Konsultasiediens van

die PU vir CHO verwerk. Die leerlinge se v1akke van kom m unikasievrees is bepaa1 en

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

There is a very simple interpretation of the first two terms in the chain free energy (eq A6). The first term describes an entropic penalty experienced by the polymer chain due

Wat da Semarang Courant betreft,kunnen wy U mededeelan dat deze sedert 5 Mei heeft opgehouden te verschynen en in liquidatie is getre- den.De Locomotief heeft met haar

De regievoerder neemt het initiatief voor de organisatie van de inrichting van het werkgeversservicepunt, en faciliteert deze organisatie en inrichting.. Het doel van de

Table 2: Median total expected waiting time from referral by GP to treatment, by specialty, 2020 (in weeks) Table 3: Median patient wait to see a specialist after referral from a GP,

Policy recommendations to mitigate the physician shortage emphasize on increasing enrolment at medical schools, improving the distribution of physicians in urban and rural areas

Op basis van het bovenstaande stellen wij het college voor bij gelegenheid van de begroting aan de raad voor te stellen de gemeentelijke bijdrage ongeclausuleerd ter beschikking

De comparanten beslissen dat de aan de mede-eigendom ver- bonden lasten, met name de kosten van onderhoud, herstelling en vernieuwing, zullen worden omgeslagen naar

Een grondiger essay schetst dan weer hoe kunst ‘therapeutisch’ kan zijn: zoals wij gereedschap ontwikkelen om de mogelijkhe- den van ons lichaam te vergroten (een hamer,