• No results found

Elektroniese dataverwerking as kostekontrolehulpmiddel by plaaslike owerhede - 'n kri-tiese oorsig

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Elektroniese dataverwerking as kostekontrolehulpmiddel by plaaslike owerhede - 'n kri-tiese oorsig"

Copied!
61
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

ELEKTRONIESE DATAVERWERKING AS KOSTEKONTROLE-HULPMIDDEL BY PLAASLIKE OWERHEDE

TIESE OORSIG

Dennis Greaves

B COMM, TROD, HBA, MCSSA

'N

KRI-Ingedien ter gedeeltelike voldoening aan die ver-eistes vir die graad MAGISTER BEDRYFSADMINISTRA-SIE, aan die Potchefstroomse Universiteit vir CHO.

Toesighouer

Prof Dr A J E Sorgdrager

(2)

Inleiding 2 Begroting en Subsisteme Die Begroting Bydraende Subsisteme: Die Personeelbesoldigingsubsisteem Die Magasynvoorraadsubsisteem Ander Kostetransaksiebronne 3 Kostesisteme Die Kostesisteem

Bywerking van die Begrotingsleer Verslaggewing

4 Kommerttaar en Slotopmerkings

Summary in Engllsh

(3)

-)-INLEIDING

J. J Gedurende die afgelope dekade het 'n groot aantal Plaaslike Owerhede in Suid-Afrika hulle tot Elektroniese Dataverwerking gewend

in die oplossing van probleme wat ontstaan het hoofsaaklik as gevolg van 'n toena1,1e in die volume werk, veral ten opsigte van die heffing van verbruikersdebiteure en belasting en diensterekeninge, gepaard met 'n tekort aan geskikte geskoolde personeel om hierdie hoe volume werk af te handel.

Dataverwerkings-apparatuur is dus aangeskaf met hoofsaaklik bo-ger,,elde werks tukke as mikpunt. Daar is egter spoedig agtergekom dat die genoemde apparatuur tot veel meer in staat is en velerlei ander aanwendings van die rekenaar is ontwikkel.

Een van hierdie aanwendings is om die reke-naar in te span om ook sy bydrae te lewer tot die kostekontrol stelsel en hierdie werkstuk stel horn dan ten doel om hierdie aspek van die rekenaar soos as dit by Plaaslike Bestuur

(4)

aantref van nader te bestudeer.

1.2 Studiemetode

Weens die algehele gebrek aan literatuur oor hierdie onderwerp is ons aangewys op ter plaatse opnames en navorsing by Plaaslike Owerhede.

Die navorsing is afgehandel op 'n vraelys-tipe ondersoek wat onderling tussen Plaaslike Ower-hede min verskil het omdat die doel was om 'n patroon te bepaal waarvolgens mens die benade-ring tot die kostestelsel kan veralgemeen. Hierin is dan ook na ons mening geslaag.

Ondersoek is ook beperk tot spesifiek die

kostesisteem met sy ve?.'Wante sub ..

aht

em

e.

Doa1; is bevind dat, wat die an.der rekenaarsisteme betref, daar 'n groot mate van onderlingever-skil voorkom wat geen effek op die kostesisteem as sulks het nie en dus liefs vir die doelein-des van hierdie studie daargelaat is.

1.3 · Afbakening van studieveld

(5)

verteen-

-3-woordigend is moes daartl:e Plaaslike Owerhede waar ondersoek gedoen is so geselekteer word dat nie alleen 'n deursnee beeld van die ge-middelde Plaaslike Owerheid verkry word nie maar oak 'n verskeidenheid rekenaarapparatuur verteenwoordig word. Om hierin te slaag is eerstens besluit om :

Stede buite rekening te laat omrede hulle in elk geval weens grootte feitlik deurgaans 1n-ctiwidueel uniek is met betrekking tot benade-ring en aanwending.

2 Kleiner plaaslike ow~rhede n1e in aanmerking te neem nie omrede hulle nie van rekenaarappa-ratuur gebruik maak nie.

3 Ons dan slegs te bepaal by plaaslike owerhede van medium grootte. Ons definieer vir die doeleindes hiervan medium grootte as daardie plaaslike owerhede waarvan die aantal dienste verbruikers in die groep van 10 000 tot 30 000 val.

In die tweede plek is ons keuse uit daardie groep in 3 hierbo genoem verder vernou op

(6)

2

3

grand van die apparatuur wat gebruik word

Minirekenaars en rekenaar-tipe boekhoumas-jiene is nie in aanmerking geneem nie.

Slegs Plaaslike Owerhede wat van bona fide rekenaarapparatuur gebruik maak is oon.eeg.

Vir ons doeleindes is bona fide rekenaars ge-definieer as rekenaarapparatuur wat :

i Interne geheue besit waarin die programmatuur sowel as die data wat verwerk word tydens ver-werking gehuisves word.

ii Oar eksterne magnetiese berging beskik (mag-neetband of skyfleer) waarop data permanent geberg word wanneer dit nie by 'n verwerkings proses betrokke is nie.

Uit die Plaaslike Owerhede wat na toepassing van bogenoemde kriteria beskikbaar was is 'n ·groep gekies wat dan verteenwoordigend is

vol-gens die onderstaande basis van s_eleksie :

(7)

-5-in Suid-Afrika verteenwoordig word en wat -5-in Plaaslike Bestuur verteenwoordiging het is in-gesluit.

2 Ten minste een installasie uit elke provinsie is ingesluit.

3 Daar is verseker dat die platteland sowel as stedelike gebiede verteenwoordig word.

4 Ook plaaslike owerhede wat nie oor 'n eie rekenaar beskik nie maar op 'n buro-basis van nabygelee fasiliteite gebruik maak, is inge -sluit.

5 twee plaaslike owerhede wat saam 'n rekenaar op 'n ~ennootskap-basis deel, is ingesluit.

Nadat dan op die basis soos hierbo uiteengesit

is, besluit is op 'n aantal plaaslik~ owerhede

wat na ons mening vir die doeleindes van

hier-die stuhier-die verteenwoordigend is, is

voortge-gaan om besoek aan elkeen van die gekose Stads-rade te bring en ter plaatse ondersoek te doen

by wyse van onderhoude, proeflopies, verge

(8)

skryf-behoeftes, verslae ens.

Die studie is beperk tot slegs die kostesis-teem as sulks en die verwante subsisteme en beleidsaangeleenthede wat die kostesisteem direk beinvloed.

(9)

2

2. I

-7-. BEGROTING EN SUBSISTEME

Die Begroting

Kontrole by Plaaslike Owerhede word tradisio-neel aan die hand van 'n begroting uitgeoefen. Tot 'n groat mate word deur die onderskeie Provinsiale Owerhede voorskrifte aangaande die

-begroting neergele. Dit is noodsaaklik aange-sien die begroting die kruks van die hele mu-nisipale rekeningkundige en verslaggewingstel-sel is.

Vir elke finansiele boekjaar word daar 'n de-tail begroting van alle verwagte Inkomste en Uitgawes opgestel. Met verloop van tyd het hierdie begroting nie alleen lywiger geraak nie maar ook rneer gesofistikeerd. Ons vind dat daar n1.e meer slegs aan die basiese vereistes van die Provinsiale voorskrifte voldoen word n1.e maar dat die hegroting nou, hoofsaaklik as

gevolg van die inisiatief van die onderskeie Tesouriedeparternente, 'n gesofistikeerde, ge -detaileerde, wetenskaplik opgestelde dokument beslaan hoofsaaklik om die volgende redes :

(10)

moet daar tot in die fynste besonderheid in detail begroot word.

2 Vir a£wykingsverslaggewing is globale syfers van weinig waarde.

3 Die tesourier (finansiele bestuurde·.:-) van ons tyd is in baie gevalle, veral op die platte-land, aan die roer van die finansiele sake van een van die grootste ondernemings in sy onmiddellike omgewing. Om sy taak behoorlik te verrig is dit noodsaaklik dat hy van nou-keurig·e en korrekte detail inligting voorsien word.

4 Aangesien die feite en gegewens van die ver-lede as hoof inligtingsbron dien vir d:e op-stel van toekomstige begrottngs, is dit

impe-ratief dat alle inligting

behoorlik

gespesifi-seer en korrek is.

5 Onder die huidige ekonomiese omstandighede in Suid-Afrika word verwag dat alle ondernemings, maar veral owerheidsinstellings, 'n paging sal aanwend om 'n bydrae tot die herstel van ons ekonomie te lewer. Omrede plaaslike owerhede beperk is waL hul inkomstebronne betref is

(11)

2. 1. I

-9-hulle aangewys op kostet2sparings ten

einde 'n bydrae te lewer. Ten einde koste te kan bespaar is behoorlike inligting nodig. Hierdie inligting rnoet nie alleen rekenkundig korrek en in 'n rnaklike assimileerbare vorm aangebied word nie maar moet ook betyds be-skikbaar wees.

Aangesien hierdie studie horn spesifiek tot die kostebeheer beperk, bepaal ons ons dan verder

slegs by die uitgawebegroting.

Soos reeds gestel word daar in detail vir alle moontlike uitgawes begroot. Omdat ons met elektroni_ese dataverwerking te doen het, is

dit dan ook nodig dat alle items vir identifi-k~sie doeieindes behoorlik gekodifiseer word.

Begrotingskodifisering

Ons vind clan ook dat wanneer daar aanvanklik gerekenariseer word die begroting, in hierdie geval die uitgawebegroting, eenrnalig gekodif i-seer word. Hierdie kodifisering is dan per -manent en benewens enkele aanpassings en reg-stellings wat van tyd tot tyd gedoen word ver

(12)

-antler die basiese kodes nie weer nie. Dit is dan ook noodsaaklik dat die aanvanklike kodifi-sering deeglik beplan en uitgevoer word.

In meeste gevalle bestaan 'n uitgawe of koste-kode uit drie syfergroepe. Elke syfergroep bestaan op sy beurt uit vier, drie of twee sy-fers. In soinmige gevalle word daar ook nog 'n algoritmiese toetssyfer by die kode gevoeg om korrektheid van data-opname te verseker. Afge-sien van hoe die kodesisteem ook al daar uit-sien, is dit belangrik dat die sisteem deur-gaans uniform toegepas word ten einde die reke-naar in staat te stel om die kodes te kan inter-preteer.

Die ondetstaande voorbeeld verduidelik 'n ver-teenwoordigende kodifiseersisteem:

Kostekode XXX/XXX/XXX/X

I I I I

I 2 3 4

Die eerste syfergroep dui die hoof kostekode of uitgawerekening aan.

(13)

-11-of onderafdeling van die ho-11-ofpos.

3 Die laaste syfergroep van drie syfers dui 'n spesifieke item aan wat waarskynlik deur-gaans in die begroting onder verskeie hoofkos-. tekodes herhaal word.

4 Hierdie syfer is 'n algoritmiese toetssyfer wat die korrektheid van die kostekode bepaal.

Voorbeeld Kostekode 10 l 009 054 2 10 l /009 /054 /2 Verkeersafdeling Materiaalvoorraad

Verf vir verkeerstekens Toetssyfer

Vir verdere toeligting verwys ons na die uit-treksel uit 'n begroting wat op bladsy 12 voorgestel word (figuur 1).

(14)

aner/ :ode ,01 30 40 60 90 001 006 007 008 010 011 016 017 022 027 062 065 070 142 · 149 156 161 166 168 176 183 185 192 220 221 240 266 Beskrywing BI!lLIOTEEK

Salarisse, Lone en Toelaes Blanke Salarisse

Bydrae tot groepverwerking Bydrae tot mediese fonds Bydrae tot pensioenfonds Uniforms - Blankes Verlofhonusse Banto<.:lone

Bydrae tot Bantoe-arbeid Uniforms - Bantoes

Algemene Uitgawes Advertensies Diverse

Drukwerk en Skryfbehoeftes Elektrisiteitsverbruik Sanitasie en Riolering Te lefoon

Tydskrifte Verlore boeke Versekering Vervoertoelae Waterverbruik

Herstel en Onderhoud Boeke Geboue Meubels en Toebehore Kapitaalkoste Rente Delging

Bydrae tot Kapitaalbesteding Boeke Meubels en Toebchore TOTAAL Beg roting 1975/76 1976/77 22 000 27 300 200 330 375 410 2 375 2 725 130 175 250 780 600 700 26 34 15 15 26 971 33. 469 400 850 so 60 900 200 200 100 160 185 330 350 so 20 700 700 55 60 150 150 so 50 3 045 3 725 500 700 300 30(, 100 120 900 l 120 l 075 l 055 l 720 3 705 2 795 4 760 5 600 2 100 l 4 10 I 480 7 010 3 580 40 721 46 65'•

(15)

2. I. 2

-13-Opname van die begroting

Nadat die begroting wat etlike honderde indi-widuele items kan beslaan, finaal opgestel en deur die stadsraad goedgekeur is, word die hele begroting (uitgawe) voorberei om in die

rekenaar ing0.voer te word. Hierdie vc orberei-ding behels die opname van alle data op een of antler rekenaar invoermedium soos ponskaarte of magnetiese band of videoskerm.

Vir elke item in die begroting word dan 'n kord op die magnetiese bergingsleer van die re-kenaar geskep. Hierdie rekord beslaan ten minste die vol.gentle inligting:

Kostekode (pcsnommer) Beskrywing van die item Bedrag begroot

Wanneer hierdie begrotingsleer eenmaal geskep is word dit deur 'n verskeidenheid nutspro-gramme in stand gehou en bestaan <lit dan per-manent.

Die begrotingsleer vorm dan oak die kern van die kostekontrolestelsel en word ge .. eeld

(16)

ver-2.2

werk deur die verskillende programme soos later hierin bespreek word.

Bydraende sub-sisteme

Die kostesisteem kom neer op die bywerk van Jie begrotingsleer en daaropvolgend~ verslag-gew1.ng. Met 1.:ywerk in rekenaarsisteme word bedoel die rekenkundige postering van finan-siele inligting na 'n stel meesterrekords.

Transaksietoevoer tot die kostesisteem het by Plaaslike Owerhede basies twee hoofbronne. Hierdie bronne is :

1. Die koste van arbeid ii Die koste van materiaal

Benewens die twee hoofbronne hierbo genoem is daar velerlei ander koste-oorspronge wat ons gerieflikheidshalwe ender een hoof sal be-spreek.

Omrede Elektroniese Dataverwerking by Plaa sli-ke Owerhede neerkom op 'n interafhanklike ge -integreerde stel subsisteme waarvan die

(17)

2. 2. 1

-15-kostesubsisteem grootliks afhanklik is van byproduk afvoer uit ander .subsisteme is dit dan nodig om, voordat die kostesisteem as sulks bestudeer kan word,· die vernaamste sub-sisteme wat die kost:esisteem voed in oenskou te neem.

Die personeelbesoldiging subsisteem

Die salaris- en lonesubsisteme by Plaaslike Owerhede verskil onderling grootliks van me-kaar. Hierdie onderlinge verskille setel in hoofsaak om die onderstaande punte:

1. Die toedeling van maandelikse salarisse na

die kostebegroting. Waar munisipaliteite tans om ekonomiese redes nie alle vakante poste vul nie, ontstaan daar baie oorvleueling en gebeur

dit som

s

dat

een

persoon

se b?soldiging na

'n

verskeidendheid uitgaweposte toegedeel word. In hierdie opsig kom radikale benaderingsver-skille voor.

ii Sommige stadsrade betaal alle werknemers

vol-gens 'n maandelikse salarisskaal, antler tref 'n besliste onderskeid tussen salarisse en

(18)

111 Benewens bogemelde twee verskilpunte is daar 'n magdom kleinere benaderings- en bereke-ningsverskille wat in die

besoldigingsubsis-teme van verskillende Stadsrade voorkom.

Daar is egter een gemeenskaplike aspek wat by almal aangetref word en <lit is die afvoer van koste-inligting na die kostesisteem. Aange-sien hierdie studie nie om die fynere beson-derhede van die salaris- of loonstelsel gaan nie, bepaal ons ons dus verder slegs tot hierdie gemeenskaplike afvoer na die koste-sisteem wat immers die onderwerp is waaroor <lit hier gaan.

Figuur 2 (bladsy 17) gee vir ons diagramma-ti.ese voc:-stelling van daardie onden~fdeling van die personeelbesoldigingsubsisteem wat ten doel het om die kostesisteem te voed.

Dit kom daarop neer <lat daar tydens die voor-bereiding van die salaris of loonstaat as 'n outomatiese byproduk 'n kostetransaksieleer op magnetiese medium geskep word. Hierdie transaksieleer huisves alle moontlike koste wat uit die besoldiging van personeel kan

(19)

Salarisse/Lone Programpakkie 2 Transaksiedata Ure/skofte gewerk Oortyd Bonusse 4 Toelaes Aftrekkings Nuwe aanstellings Diensverlatings Ens

3 Personeelrekords (voor bywerking) -...J I 4 Personeelrekords (nie by,,erking)

s Kostetransaksics (na kostesubsistcem)

3 s@ 6 Verslae : Betaaladviesstrokies Tjeks Kontantontleding Pensioenverslag }!ediese fonds vers lag Ens

(20)

2.2.2

voortspruit en sluit onder ander items soos volg in:

Brute besoldiging Allerlei toelaes

Die Raad se bydraes tot mediese fondse, pen-sioenfondse, versekeringsfondse, werknemers-verenigings, ens.

Elkeen van die menigte bogemelde transaksies word behoorlik geidentifiseer en beslaan ten minste die volgende inligting

Kostekode (begrotingsposnonnner) Datum van die transaksie

Bedrag van die transaksie

Hierdie kostetransaksieleer word behou totdat die inligting daarin deur die kostesisteem by-gewerk is. Die leer is dan weer fisies be-skikbaar om in die volgende siklus hergebruik te word.

Die magasynvoorraad (materiaal) subsisteem

By voorraadsisteme met al hulle ramifikasies en implikasies tref ans in die hedendaagse

(21)

-19-rekenaarbedryf sekerlik die grootste ver-skeidenheid uiteenlopende prosedures en re-sultate aan. Hierdie groat onderlinge ver-skille kom in die praktyk by sowel die private as openbare sektore voor.

Net soos by die personeelbesoldigingsisteem vind ons egter by Plaaslike Owerhede een ge-meenskaplike eienskap by alle

voorraadsis-teme. Dit is naamlik weer eens die byproduk-afvoer van kos teinligtir1g en derhalwe bepaal ans ons hier weer eens spesifiek tot daardie onderdeel van die magasynvoorraadsisteem.

By Plaaslike Owerhede word voorraaditems filegs by wyse van rekwisisies uitgereik. Dit is dan ook juis deur hierdie rekwisisie dat ons nie alleen aanknoping met die kostesis-teem vind nie maar ook kontrole uitoefen.

Wanneer 'n voorraaduitreiking, van watter aard ookal, aangevra word moet dit deur mid-del van 'n amptelike rekwisisie gedoen word. Slegs relatief senior amptenare mag rek wisi-sies goedkeur en alvorens hulle dit doen word vasgestel presies wat die aard van die aang

(22)

e-vraagde uitreiking is, asook die doeleindes waarvoor <lit aangewend gaan word. Wanneet hierdie feite bekend is kan die betrokke amp-tenaar presies bepaal welke begrotingsposte daardeur geraak word en noteer hy dan die korrekte kostekode op die rekwisisi.evorm.

Die rekwisisies moet in elk geval vit reke-naardoeleindes deur die data-opnamefunksie be-weeg en om op hierdie stadium die kostekode

ook vas te le verg weinig addisionele poging.

Figuur 3 (oladsy 21) toon aan hoedat die koste-afvoerleer as byproduk tydens die by-werk van die voorraadsisteem geskep word. In

scrnmige gevalle i~ hierdie interim koste

transaksieleer fisies 'n heel aparte inligting-stel en in ander gevalle deel dit dieselfde leer as die wat deur die salaris en/of loon-sisteem geskep is. Welke van hierdie tegnieke gebruik word het geen effek op die kostesis-teem nie en die keuse word volgens omstandig-hede gedoen.

Die ~~teriaalkoste interimleer beslaan op sy beurt 'n groot aantal indiwiduele transaksies

(23)

Voorraadprograrnpakkie 2 Transaksiec'ata : Uitreikings (rekwisisies) Ontvangstes 4 Joernale Regs tellings

3 Voorraadrekords (voor b)"-·erking) 4 Voorraaclrekords (na b}'\.•erking)

I

N

5 Kostetransnksies (na kostesisteem) 6 Verslaggewing :

3 s@ Voorraadvcr;;lag (beweging)

Dorrnante voorraad

Maksimurn vlakverslag

Herstelvlak Uitreikingsverslag

Ontvangstesvcrslag

Prysaanpassingsverslag Ens

(24)

2.2.3

elk waarvan ten minste die volgende inligting inhou:

Kostekode Datum

Rekwisisienorraner Bedrag

Hierdie kostetransaksies word dan ook tydelik behou totdat hul aangewend is in die bywerk van die kostesisteem waarna die leer dan weer

fisies vrygestel word vir hergebruik deur an-tler subsisteme.

Ander kostetransaksiebronne

Cenewens die personeelbesoldigingsubsisteem

en die magasynvoorraadsubsisteem wat as die twee hoof kostebronne by Plaaslike Owerhede

gesien moet word is daar 'n aantal subsiste-me wat in minder mate ook tot die

koste-transaksiestroom hydra. Die belangrikste van

hierdie ander bronne is die Krediteuresubsis -teem waardeur voorsien word <lat direkte aan-kope items (wat nie in voorraad gehou word nie) oak na die uitgawebegroting gepos word.

(25)

-23-Soos in figuur 4 (bladsy 24) gesien kan word, skep die krediteuresubsisteem ook 'n koste-transaksieleer wat na die begrotingsleer deur middel van die kostesisteem gepos word.

Benewens die skakeling met die kostesisteem by wyse van die kostetransaksie interi~1;er

skep die krediteuresubsisteem ook nog 'n kas-boektransaksieleer wat op sy beurt acmgewend word vir die bywerk van die uitgawekasboek en ban.krekons i 1i as ies is teme.

Die kosterekords wat deur die krediteuresubsis-teem geskep word bestaan uit minstens die on-d.erstaande inligting :

Kostekode

Datum

Tjeknorrnner

Bedrag

(26)

Bes tellings Fakture Kredietnotas

Kwi tansies

4 Ens

3 Krediteurerekords (voor bywerking)

4 Krediteurerekords (na bywerking)

5 I 5 Kasboektransaksielcer N ~ Uitgawekasboek I Tjeklys Bankrekonsiliasie

3 6

©

6 Krediteuretransaksies (na kostesubsis -teem) 7 Verslae : lletaaiildviese Tjcks Krcditeureproefbalans Ens

(27)

-25-By alle Plaaslike Owerrede ontstaan daar ook kostetransaksies wat nie hul oorsprong by een of antler van die bestaande subsisteme het nie en om hierdie rede vind ons dan ook dat daar

'n aparte programpakkie voorsien word met die uitsluitlike doel om spesifieke kostetransak-sies direk op die kost~transaksie interimleer te plaas. Hierdie transaksies is velerlei van aard en kom gewoonlik eenmalig voor. Die-selfde prograrnpakkie wat hiervoor gebruik word word ook benut om aansuiwerings aan die begro-tingsleer aan te being, joernale en regstel-lings na die begrotingsleer te posteer ens,

deur die plasing van spesiale transaksies op die kostetransaksieleer. Figuur 5 (bladsy 26) toon aan hoe eenvoudig hierdie programpakkie

in werklikheid is aangesien dit tro~ens

neer-kom op slegs 'n toevoer, nasien en leerskep-funksie.

(28)

t

I I I_

--4---~

Figuur 5 3@ Direkte Kostetransaksies 2 3 4 Transaksiedata Begrotingsaansuiwerings Joernale Regstellings Oo rp 1 as ings Direkte kosteposterings Ens

Kostetransaksie~ (na kostesubsisteem)

Foutiewe transaksieverslag vir hcrinvoe-r

van varwerpte transaksies

I N 0\

(29)

-27-3 DIE KOSTESISTEEM

3. 1 Hoofstuk twee het gegaan oor die onderskeie

subsisteme ~at benewens hul primere doelstel-lings ook ten doel gehad het om

kostetransak-sies as neweproduk op interim kosteleers te

plaas. Om op te sorn herhaal ons die

onder-skeie kostetransaksiebronne:

Personeelbesoldigingsubsisteem

Magasynvoorraadsubsisteem Krediteuresubsisteern

Opneern van direkte kostetransaksies

In die rneerderheid gevalle word bogenoemde

transaksies tydelik fisiee op verskillende

leers gehuisves. Ten einde die

kostepro.gram-pakkie te vereenvoudig word al die onderskeie

interim kostetransaksieleers na een globale

transaksieleer gekonsoiideer. Hierdie

gekon-solideerde kostetransaksieleer word clan

gesor-teer sodat al die transaksies in kostekode

volgorde voorkom. Binne elke kostekorlegroep

(30)

om in datum en verwysingsnommer volgorde te verskyn.

Tydens die aanvanklike skepping van die hoof-kosteleer (begrotingsleer) is slegs sekere basiese minimum inligting op die leer geplaas,

te wete

Kostekode

Beskrywing van die item Bedrag begroot

Verwys na figuur I (bladsy 12)

Sodra die begrotingsleer egter met transaksie data bygewerk word, vind ons <lat 'n aantal noodsaaklike addisionele inligtingsvelde deur die kostesisteem geskep word en tot die

re-kords reeds op die l~er bygevoeg word sodat

die leerinligting dan soos volg daar uitsien.

Kostekode

Beskrywing van item

Bedrag begroot (totaal vir jaar)

Begroting per maand

Koste vn huidige maand (lopend)

(31)

-29-Onbestede begrotingsaldo (+of-) Persentasie bestee (jaartotaal) Persentasie bestee (pro-rata maand)

Huidige maandpersentasie (bv in 4de maand 33%) Huidige maand begroting - lopend (bv 33% van

totale begroting in 4de maand)

Di t wil voorkom of sonnnige van bogen:oemde data-ve lde onnodig op leer gehou word omdat dit mak-lik berekenbaar is. Dit word egter op leer gehou ten einde die verskillende verslagge-wingsprogra:mme nie met onnodige herhalende

be-rekenings op te saal nie, maar hulle eerder te vereenvoudig en te bespoedig deur alle bereke-nings eenmalig .vooraf te doen en die resultate op leer te hou.

Figuur 6 (bladsy 30) stel die kostesisteem

dia-grannnaties voor. Uit figuur 6 kan afgelei word

dat die kostesisteem Soos dit by Plaaslike Ower· hede aangetref word, in werklikheid 'n

beson-dere eenvoudige sisteem is wat basies neerkom

op 'n prograropakkie wat bestaan uit 'n hoof

bywerkprogram en 'n daaropvolgende stel

ver-slaggewingsprogramme. Afhangende van die appa-ratuur wat gebruik word, word al die

(32)

verslagge-0

~

2 6 3

©

Figuur. & Kostesisteem - Bywerk van Begrotingslcer

d 2 3 4 5 6 7 Direkte kostetransaksies Transaks ieversame lprogramp~kk ie konsolideer A+ B + C + D

Sorteer : Kost<?kode Datum

Begrot ings let' rbyt.'c rkprogrilmp~kkie

Verslagcewingsprogra~pakkie GekcnsoliJeerde, gcsorcecrc.c

trans-aksi~leei (A, B, C, D)

Begrotingsrckords (voor by,,:crking)

Begrotingsrckords (na bywerking)

Koste/negrotinesvcrsldc :

Poste oorspandeer

Globale bcgrotingsverslag

Posontledingsverslag

Posdetail vcrslag Sui>posverslag

Totale begrotingsverslag

Ens

I w

0 I

(33)

3.2

-31-wingsprograrmne soms in een groat program saamgevat.

Alvorens ons die bywerking van die kosteleer en die verslaggewing as sulks bespreek, is dit nodig om weer eens te beklemtoon dat die suk~es al dan nie van die kostesisteem geheel en al afhanklik is van die betrou-baarheid van die transaksiedata wat deur

middel van interim kustetransaksieleers van-af die onderskeie subsisteme verkry word.

Bywerk van die begrotingsleer

Uit figuur 6 (bladsy 30) kan afgelei word dat die bywerkprogram die kern van die koste-sisteem is. Die bywerkproses word maklik verduidelik deur die onderskeie berekenings

en funksies kronologies na te volg:

Kostetransaksies word in die rekenaargeheue

ingelees en opgetel sodat die som van alle

transaksies vir dieselfde begrotingsitem

(kostekode) verkry word.

(34)

o-tingsisteem) word in die rekenaargeheue inge-lees.

3 Indien dit die eerste lopie in die betrokke

maand is word die koste vir die huidige maand eers op nul gestel, die huidige

maandpersenta-sie (bv 4de maand = 33%) en die huirlige n,.1and begroting bepaal.

4 Die transaksietotaal in 1 hierbo bereken word clan by die lopende koste vir die huidige maand sowel as die totale koste vir die jaar dusver

getel.

5 Die totaal vir die j aar dusver word dan

afge-trek van die begrote bedr~g om die onbestede

begrotingsalJo te bepaal. Indien hie11ie s&ldo negatief raak, is die pos ·oorspandeer.

6 Die persentasie bestee (totale begroting) en die pro-rata (lopende maand) persentasie word dan bereken.

7 Nadat al bogenoemde berekenings afgehandel is,

word die nuwe begrotingsrekord na die hoof-kosteleer teruggeskryf.

(35)

-33-8 Hoewel die hoofkosteleer voldoende inligting inhou om daaroor verslag te kan doen, bestaan die moontlikheid tog <lat sonnnige syfers be-twyfel kan word en ten einde in detail tot op transaksievlak verslag te kan doen word alle indiwiduele transaksies ook na die hoofkoste-leer uitgeskryf.

9 Die siklus I tot 8 hierbo word herhaal totdat alle transaksiedata verwerk. is.

Benewens die berekening van bogemelde saldo's word alle transaksies na die begrot.ingsleer geskryf sodat dit beskikbaar is vir verslag-gewing. Afhangende van die magnetiese berg

-vermoe van die betrokke rekenaar wissel die

aantal transaksies wat so geberg word.

Sonnnige Plaaslike Owerhede beskik oor

vol-doende rekenaarkapasiteit om al die transak

-sies vir 'n volle finansiele jaar te behou.

Ander is genoodsaak om slegs ses maande of

'n kwartaal of minder, se transaksies te be-hou. In werklikheid hoef die rekenaar slegs

in staat te wees om die huidige lopende maand se trflnsaksies in detail te berg.

(36)

3.3

maand afgestroop en met nuwe huidige transak-sies vervang, in hierdie geval is daar dan meer besliste verslaggewing nodig waarna verwys kan word indien navrae oar vorige periodes se syfers ontstaan.

Die begrotingdeer bywcrkfrekwende worj na willekeur bepaal en wissel oak onderling tus-sen die onderskeie Plaaslike Owerhede. Som-mige lopies word deur normale siklusse bepaal. So byvoorbeeld is die personeelbesoldigings-kostetransaksies uit die aard van die saak eers beskikbaar nadat die maandelikse salaris- of

loonstaatlopies afgehandel is. Bestuur kan egter op enige tydstip verslaggewing aanvra en dit is dan normaal om, indien daar enige onverw.erkte t1ansaksies is, eers 'n bywerklopie te doen ten einde te verseker dat die begrotingi leer op datum is wanneer die nodige verslag voorberei word.

Verslaggewing

Die grootste voordele wat Elektroniese Data-verwerking bied spruit uit die rekenaar se vermoe om, nadat inligting eenmaal in die re-kenaar gevoer is, <lata teen hoe speed korr~li: te

(37)

-35-verwerk en in verskeie vorrns daaroor ver-slag kan doen deur middel van 'n hoespoed-reeldrukker.

Dit is JU1S hierdie eienskap van die rekenaar

wat by uitstek deur die kostesisteem benut word.

Nadat die begrotingsleer deur die hoof koste-programlopie bygewerk is word <lit gebruik om

'n groat verskeidenheid verslagdoening beskik-baar te stel. Hierdie verskillende verslae kan in 'n hierargie van belangrikheid gerang -skik word vol gens die doel daarvan, die persoon of persone, en die bestuursvlak waa r-op <lit gerig is. Enkele van die meer promi-aente onder hierdie verslae word hieronder kortliks bespreek.

Ten einde enige wanindrukke te vermy moet in gedagte gehou word dat al die verslae nie altyd gedruk word nie, maar dat sommige, veral die mcer detail gerigte verslae, slegs

(38)

3.3. I Paste oorspandeer

Hierdie verslag berus op die beginsel van

uit-sonderingsverslaggewing en word aan senior be-stuur en Raadslede gerig.

Figuur 7 (bladsy 37) toon aan hoe hierdie

ver-slag slegs rapporteer aangaande daardie begro-tingsposte wat die begrote u.itgawebedrag oor-skry. Die oorskryding kan of pro-rata of in to-taal geskied en die betrokke verslaggewing ver-__

skil onderling na gelang die mate vr1.n snfi st:i.

1'-a-sie wat die onderskeie stadsra~~ verlang.

Na bestudering van hierdie verslag kan

Raad-en/of Bestuurslede verdere toeligting (tot op

transaksievlak) bekom deur laer-vlak veialae

aan te vra.

3.3.2 Globale begrotingsverslag

Die globale begrotingsverslag kom neer op 'n

saldolys of begrotingsproefbalans. Hierdie

(39)

Verslag van Paste Oorspandeer

Hoand - September Pro-rata % - 25%

Posnorrrmer/ Totaal "Totaal Pro-rata Bestee Maand Maand

Kostekode Beskrywing begroot bestee begroot % begroot bestee

003 Biblioteek 46 654 17 652 15 525 38 3 888 4 175 017 Kleurlingdorp 84 000 20 000 21 000 24 7 000 7 400 I w 034 Burgerlike Beskermingsdienste 6 000 6 500 500 108 500 4 700 -..J I 043 Vaste Eiendom 48 000 16 000 12 000 33 4 000 8 000 041, Verkeerskcntrole 144 000 60 000 36 000 42 12 000 10 200

077 Parkeermeters, verkeersligte en

verkeers-tekens 12 000 2 500 3 000 21 1 000 1 150

(40)

3.3.3

3.3.4

dui die globale stand ~an sake periodiek (gewoonlik maandeliks) aan.

Figuur 8 (bladsy 39) verstrek 'n voorbeeld van 'n tipiese globale begrotingsverslag. Be-newens essensiele inligting word geen detail

in hierdie verslag weergee nie aangesien dit

by wyse van versoek vir geselekteerde begro-tingsposte aangevra kan word.

Posontledingsverslag

Hierdie verslag word slegs op aanvraag gedruk

en toon alle onderverdelings van 'n betrokke uitgawepos of groepposte aan.

Jie posontledings·,erslag is nuttig c,mdat dit soos in figuuY 9 (bladsy 40) gesien kan word, vir elke subhoof en item onder die betrokke

hoofpos wat aangevra is, sleutelsyfers aandui

waaruit afgelei kan word presies welke item veroorsaak het dat die pas onder die soeklig kom.

Posdetailverslag

(41)

aan-Posno, er/ Totaal Totaal Pro-rata Bestee Maand Maand Kostekode Beskrywing

begroot bestee begroot % begroot bestee

00 I Burgemeester .5 000 900 250 18 417 190

002 Algemcne Uitgawe van die Raad 9 000 2 195 2 250 24 750 682

003 Biblioteek

*

46 654 17 652 15 525 38 3 888 4 175

001, Begraafplase I 800 407 450 23 150 130

00S Busdienste 60 000 13 205 IS 000 22 5 000 4 964

006 Burgersentrum 18 000 2 950 4 500 16 I 500 300

007 Brandweer en Ambulans 36 000 7 320 9 000 20 3 000 2 305

011 Gesondhcidsdienste 48 000 11 200 12 000 23 4 000 3 200

013 lndicrdorp 22 000 4 876 5 499 22 I 833 I 729

014 Lis ens iering 72 000 15 494 18 000 22 6 000 5 148

01S Openbare Werke 120 000 19 400 30 000 16 10 000 6 400

016 Rioolskemas 9 120 600 2 280 7 760 I

017 Kleurlingdorp

*

84 000 20 000 21 000 24 700 7 400 w

018 Parke en Ontspanning 9 600 2 395 2 400 2S 800 370 \.0 I

031 Skut 4 800 967 I 200 20 400 400

032 Stadsingenieur 288 800 66 500 72 000 23 24 000 19 600

033 Stadstcsourier 1S8 000 37 8S0 39 000 24 13 000 11 600

034 Burgerlike Beskermingsdienste ii: 6 000 6 500 I 500 108 500 4 700

035 Stra:itbeligting 3 600 630 200 18 300 205

036 Sypaadjies 5 600 173 401 3 467 041 Elektri•siteit 200 000 279 564 300 000 23 100 000 93 000 01,2 Water 960 000 157 500 240 000 16 80 000 57 469 044 Verkecrskontrole

*

144 000 60 000 36 000 42 12 000 10 200 01,3 Vaste Eiendom

*

48 000 16 000 12 000 33 4 000 8 000 045 Vl ie.gveld 6 000 782 I 500 13 S00 136 046 Abattoir 3 000 684 7S0 23 250 220 061 Mark 120 000 19 6S0 30 000 16 10 000 7 200 062 Paaie 720 000 11 200 180 000 16 60 000 5 600

071 Gruiskwarrie 126 000 29 8S5 31 S00 2 10 S00 10 465

(42)

Maand - September Pro-rata % - 25%

Posnommcr/ Totaal Totaal Pro-rata Bestee Haand Maand

Kostekode Beskrywing begroot bestee begroot % begroot bestee

003 Bib liotcek

001 Salarisse, lone en toelaes 33 469 8 300 8 367 25 2 789 2 787

030 Algemene uitga~es 3 725 994 933 24 311 249 I

.i:--040 Herstel en Onderhoud 0

I

183 Boeke 700 5 34 I 174 763 58 64

185 Ceboue 300 629 75 2 JO 25 85

192 Meubels en Toebehore 120 485 30 404 10 300

060 Kapitaalkoste 4 760 047 191 22 397 396

090 Bydrae tot kapitaalbesteding 3 580 856 894 24 298 294

TOTAAL 46 654 17 652 11 664 38% 3 888 4 175

(43)

3.3.5

3.3.6

-41-vraag gedruk, in daardie gevalle ~aar meer inligting oor ,'n spesifieke hoofpos, subhoof of item verlang word.

Soos in figuur 10 (bladsy 42) aangetoon word, verstrek hierdie verslag detail inligting tot o indiwiduele transaksievlak sodat alle r.avrae ui die weg geruim kan word en duide,likheid aan-gaande syfers wat in die Poste Oorspandeer, of Globale Begrotingsverslag verskyn het, verkry kan word.

Subposverslag

Die Subposverslag (fig~ur 11, bladsy 43) word benewens topbestuur deur veral die Stadstesou-riersafdeling gebruik. So byvoorbeeld sal die Subposverslag in subpos 001 die gro;)ttotaal vi alle salarisse, lone en toelaes vir alle amp-tenare in die raad aandui. Hier kan weer eens om meer detail gevra word in welke geval die

groottotaal vir alle items onder elke subpos aangedui sal word (figuur 12, bladsy 44).

Benewens bogenoemde belangrikste verslae kom 'n verskeidenheid antler voor wat nie deur alle

Plaaslike Owerhcde gebruik word nie en dus nie

(44)

Transaksies bygewerk Bedrag Totaal bestee Huirlige Totaal %

PosnoillI!?er Ven,ys ing / Beskrywing bygewerk vorige maand totaal begroot bestee

003 Biblioteek 14956 Krediteure 63 16239 Krediteure 196 1847 Joernaal 20 -1848 Joernaal 2 I 1242 Magasynuitreiking 46 -P-N 1339 Magasynuitreiking 30 I 2947 Magasynuitreiking 22 3098 Magasynuitreiking 89 18429 Tjek-aankope 7 20043 Tjek-diverse 14 1641 Wer!Ninkel 249

Salarisse, lone en toelaes 2 787

Kapitaalkoste 396

Bydrae tot kapitaalbestedingsfonds 294

.4 175 13 477 17 652 46 654 38%

(45)

Subposvcrslag (Totaal vir alle Paste) Maand - September Pro-rata % - 25%

Totaal Totaal Pro-rata · Bestee Maand Maand

Itemnomner Beskrywing begroot bestee begroot % begroot bestee

xxxOOlxxx· Salarisse, lone en toelaes 4 840 000 208 456 210 000 25 403 333 40 I 894

xxx030xxx Algem?ne Uitgawes 960 000 187 494 240 000 20 80 000 63 200

I

xxx040xxx Herstel en Ouderhoud 240 000 57 450 60 000 24 20 000 19 888 .c-w

xx>.{)60xxx Kapitaalkoste 7 200 000 177 960 180 000 25 60 000 59 645 I xxx090xxx Bydrae tot kapitaalbesteding 560 000 139 620 141 000 25 47 000 47 876

(46)

Maand - September Pro-rata % - 25%

Itemnommcr Beskrywing

Totaal her.root Totaal bestee Pro-rata begroot Bestee ;. Maand bcgroot Maand bestee

Hierdie verslag is identies aan 'die Subposverslag (Figuur 9, bladsy 40) behalwe dat oar elke item ender elke subpos en hoofpos op die begroting verslag gedoen word. Hierdie verslag is dus'n lywige drukstuk wat in werklikheid die status van die begroting op 'n bepaalde tydstip aantoon.

Figuur 12

I ~ ~

(47)

-45-hiervan is die totale begrotingsverslag wat prakties neerkom op 'n posontledingsverslag vir alle poste op die begroting. Hierdie verslag word aan die einde van die finansiele jaar gebruik vir sowel balanseerdoeleindes as die opstel van die uitgawebegroting vir die volgende finansiele jaar.

(48)

4

4. 1

KOMMENTAAR EN SLOTOPMERKINGS

Uit ons studie blyk dit dat die

kostebeheer-sis~eem soos ans dit by Plaaslike Ower~ede

aantref, nie opsigself die in3talleer van

re-kenaarapparatuur regverdig nie. Waar die

re-kenaarinstallasie egter deur 'n antler sisteem

of sisteme, gewoonlik die dienste .

verbruikers-debiteuresisteem geregverdig is~ is die

kos-tesisteem 'n onontbeerlike nuttige neweproduk

van die rekenaarprojek, nie alleen omdat dit

dan teen geringe koste beskikbaar is nie, maar

noodsaaklike bestuursinligting spoedig en

kor-rek beskikbaar stel.

4.2 Weens die relatiewe eenvoud van die

kostesis-teem en die gemak waarmee dit geimplementeer

kan word, tesame met die groat mate van

oor-eenstennning watdaar onderling tussen Plaaslik

Owerhede se benaderings bestaan is daar geen rede waarom elke Plaaslike Owerheid wat na 'n

Elekt1·oniese Dataverwerkingstelsel oorskakel

(49)

-47-uitvind nie. Daar behoort dus 'n groter mate van onderlinge programpakkie-uitruiling tussen Plaaslike Owerhede bewerkstellig te word.

4.3 Aangesien die kostesisteem feitlik geheel en al ontAtaan en afhanklik is van transaksies wat as byprodukte van ander subsisteme geske~ word, is dit noodsaaklik d~t daar tydens die

skepping van daardi~ subsisteme behoorlik vir die kostesisteem vooruitbeplan word. Die duurste enkele item op die begroting vir 'n Elektroniese Dataverwerking installasie is or getwyfeld programontwikkeling. Wanneer hierdie prograrnontwikkeling nie na behore beplan word nie is <lit ondoeltreffend en

word die installasiekoste as gevolg van her-prograrnmering buitensporig hoog. Daar is ge· vind dat sommige Plaaslike Owerhede sekere

bydraende subsisteme geheel en al teen hoe

koste moes herprograr-~,,eer, bloat orndat

daar toe die kostesisteem oorweeg is, ontdek is dat die nodige kostetransaksies nie voo r-sien word nie. Hierdic onnodige koste kan vermy word deur eerstens behoorlik te beplan

en tweedens by anJcr Plaaslike Owerbede wat

(50)

te gaan kers opsteek.

4.4 Wanneer 'n Plaaslike Owerheid die stadium be-reik waar oorskakeling na Elektroniese Data-verwerking oorweeg word, moet die betrokke Stadsraad hom daarvan vergewis dat die aanhe-vole apparatuur wel deeglik in st ~.1t is ·om aan al sy behoeftes te voldoen. In hierdie opsig moet veral gelet word of die apparatuur aangepas kan word namate behoeftes toeneem. Dit kom dikwels voor dat apparatuur aangeskaf word om slegs 'n bepaalde taak te verrig. Deur behoorlike ondersoek sal gevind word dat teen geringe koste, nie noodwendig op die aanvanklike stadium nie, heel party ander sisteme, ook 'n kostesisteem, gerekenariseer kan word. Ook hier moet nie geskroo!ll word om by ander Plaaslike Owerhede wat reeds ge-rekenariseer het, navraag te doen nie.

By die keuse van apparatuur moet vasgestel word of die verskaffer daarvan oor voldoende ondervinding van Plaaslike Owerheid Sisteme beskik en of daardie ondervinding hier ter plaatse van toepassing is. Met die rekenaat be<lryf in Suid-Afrika tans nog aan die begir1 stadium va~ 'n bloeitydperk, verskyn allerle

(51)

-49-dataverwerkingsapparatuurverspreiders soos paddastoele, sonnnige verdwyn net so vinnig.

Potensiele verbruikers moet besef dat program-matuur net so belangrik as goeie apparatuur is. In Suid-Afrika kan 'n keuse gemaak word uit 'n aantal gevestigde verspreiders met jarelange plaaslike ondervinding en dit is dus vir geen Plaaslike Owerheid nodig om as proefkonyn te dien nie.

4.5 Net soos by apparatuurverspreiders vind ans dat programmatuurverspreiders ~'Software Houses")oornag verskyn. Hoewel die sisteme

van Plaaslike Owerhede nie in die besonder

ingewikkeld of moeilik is nie, moet besef word dat hulle tot 'n mate uniek is en

radi-kaal van die normale privaat onderneming ver-skil. Indien 'n Stadsraad dit sou oorweeg

om met 'n programmat,mrversprider te kontrak·

teer vir die ontwikkeling van sy sisteme,

moet hy hornself deeglik vergewis dat die

betrokke verspreider wel oor kennis en onder·

vinding van Plaaslike ·Bestuur Sisteme beskik

Etlike Plaaslike Owerhede het die duur onder·

vinding gchad om met prograrnmatuurverspre

(52)

dat die onkoste op nuttelose programpakkies aangegaan was en dat programmer{ng van meet af aan deur of eie personeel of die apparatuur verspreiders oorgedoen moes word.

4.6 Hoewel ons Plaaslike Owerhede reeds heelwat met Elektroniese Dataverwerkingsprojekte vermag het moet daar nie op louere gerus

4. 6. 1

word nie, aangesien daar steeds ruim plek is vir verbetering en uitbouing, veral ten op-sigte van die kostesisteem. In hierdie ver-band kan aandag bestee word aan veral die on-derstaande twee tekortkominge wat tans by die meerderheid van die bestaande kostesisteme aangetref word :

Dit gebeur dikwels dat die kosteverslae aan-toon dat 'n betrokke begrotingspos gesond vertoon. Die betrokke departementshoof pak

dan projekte aan en bestee fondse wat nie

werklik beskikbaar is nie omdat dit reeds

belas is, maar nog nie f:sies gebruik is nie.

Daar kan byvoorbeeld duur toerusting op

be-stelling wees waervoor daar by aflewering betaal sal moet word. Totdat betaling egter

geskied sal dit blyk dat die betrokke item 01

(53)

4.6.2

-SI-Dit behoort nie moeilik te wees om die kos te-programpakkie sodanig aan te pas dat die ver-slatgewing ook belaste fondse wat nog nie aangewend is nie, aantoon.

Die opstel van die begroting is jaarliks 'n 6root taak wat baie tyd van senior ~mptenare in beslag neem en dikwels die normale

prosedures vir 'n geruime tyd ontwrig. Hoe -wel <lit waarskynlik in moeilike en

gespesia-liseerde rekenaarprojek sal meebring, behoort

ondersoek ingestel te word na die moontlikheid om die rekenaar in te span in die opstel van

die begroting. Die menslike faktor sal in hierdie taak seker nooit vervang kan word nie maar die rekenaar sal daardie taak beslis

makliker maak en die roetine werk aansienlik

verminder.

Ten slotte moet ons egter tot die gevolg

trek-king kom dat Suid-Afrikaanse Plaaslike Owe

r-hede in die relatiewe kort tyd waarin hulle met 'n vreemde vakgebied te doen het besonder

goed gevorder het en hulself knap van hul

(54)

As ors in ag neem dat ons nog maar op die

drumpel staan van die• rekenaarwetenskap se toe-passing op Plaaslike Owerheidsisteme kan ons met groat verwagting en vertroue uitsien na beter en meer verfynde benutting van Elektro-n1ese Dataverwerking deur Plaaslike Bestuur. Met die snelle ontwikkeling van diE- reker •. 1ar-tegnologie is Elektroniese Dataverwerking binn, bereik van die kleiner Plaaslike Owerhede en namate die aantal installasies toeneem en

per-soneel met ondervinding vermeerder, sal reke-naartoepassings en programpakkies ook toeneem en verbeter, veral op die gebied van die koste kontrole.

(55)

-Sl--SUMMARY

Electronic Data Processing has over the last decade established a firm foothold in Local Authorities

in the Republic of South Africa.

Compu er Systems are primarily installed in the Treasurers' Department in order to cope with the

large volume of mundane processing associated with the preparation of consumer debtors statements and the keeping of appropriate records.

It did however became apparent that in most cases where Electronic Data Processing Equipment is em p-loyed such equipment invariably is not fully utilised by the consumer debtors system thus leaving ample excess ti::ie available for the processing of c1 variety of other sub sys terns inr.luding in the main Salaries, Stores and Creditors.

Since the prime sources of expenditure (cost) in Local Authority Accounting Systems are to be found in the abovementioned subsystems_ it followed logi -cally that an advanced nodern costing system could be developed with very little effort by utilising

(56)

-dividual subsystems · a·s byproduct with lit.tle or no additional effort or cost.

Due to the absolute lack of appropriat~ literature this study then, has as prime objective the

under-taking to investigate locally the contribution made

by E:ectronic Data I-rocessing as management tool in

the Costing Systems employed by Local Authorities.

For the purpose of the study a number of

Municipali-ties were selected according to criteria drafted in

order to result in a cross se~tion of average sized

Local Authorities employing Data Processing Facilities

being represented.

Resulting from the information gleaned through

sur-veys conducted at each of the• selected Municipalities we are in the position to document in broad outline

and in very much•generalised terms the computerised

costing system as employed by Local Authorities.

Costing as systems term in the case of Local

Authori-ties should not be read in its normal context as

appl{ed to accounting systems encountered in the

pri-vate sector. Costing in the sense applied here should rather be interpreted as being a connotution

(57)

-55-of a budget control and reporting system.

In sunnnary this study comprises of

A brief overview of the budgeting function as applied by Local Authorities.

A description of each of the major contributing subsystems indicating the integration and interrela-tionships between these individual subsystems and the costing system.

The costing system as such with particular reference to the significance of Magnetic File Storage, Sorting

and Reporting capabilities of Electronic Data

Pro-cessing Equipment. Certain of the more important

reports provid~d are ill~strated in a generalised form representing the most likely information

pro-vided i~ such reports by all municipalities con-cerned.

Finally a number of comments and criticisms are passed which in closing will hopefully be regarded as constructive and for the edification of the student with particular interest in Electronic Data Processing as encountered in Lo al Authorities in the

(58)
(59)

-57-BRONNELYS

Geraadpleegde Literatuur

GAUTHIER R & PONTO S, 1970. Designing system

programs. Englewood Cliffs, New Jersey,

Prentice Hall.

GRACE R J, 1975. Inter municipal co-operation,

Business and Administration, Oct 1975. P12

-.p 13.

HARPER WM, 1967. Cost accountancy. London,

Macdonald & Evans.

HARPER WM, 1969. Management accountancy.

London, Macdonald & Evans.

HORNGREN CT, 1972. Accounting for management

control; 3rd ed, Englewood Cliffs, New Jersey,

Prentice-Hall.

IBM, 1970. Informatie verwerking. IBM, Neder

-land NV.

KATZAN H, 1973. Operating systems, New York,

VNR •

.

LEDLEY R S, 1962. digital computers.

Programming and utilizing

New York. Mc Graw-Hill.

MC CRACKEN DD & GARBASI U, 1965. A guide to

COBOL programming, 2nd ed. New York, John

Wiley & Sons Inc.

MARTIN J, 1965. Programming real time computer

(60)

1NEUNER J J W, 1962. Cost accounting; principles and practice; 6th ed. Homewood, Illinois, Richard

D Irwin, Inc.

REYNDERS HJ J, 1971. Finansiele bestuur, 2de uitg, Pretoria. J L van Schaik Beperk.

SHERWOOD J F

&

CHACE FT, 1955. Principles and

practice of cost accounting; 3rd ed. CinGinnati, Ohio, South Western Publishing Company.

SHILLINGLAW G, 1961. Cost accounting; analysis

and control. Homewood, Illinois, Richard D Irwin,

Inc.

SORGDRAGER A J E, 1964. The particularization of

indirect cost in modern costing administration.

Potchefstroom, Ajax.

SORGDRAGER A J E & TROMP D, 1975. Kosprysbeleid en

-beoordeling. Potchefstroom, Pro Rege.

WELSCH G A, 1971.

control. 3rd ed.

Pr ntice-Hall.

Budgeting, profit planning and

Englewood Cliffs, New Jersey,

LESINGS EN REFERATE

BRUw'ER P JS, 1974. Elektroniese dataverwerking.

HBA-lesings, PU vir CHO, Vanderbijlpark.

DIENER P, 1975. 'n Groepverwerkingstelsel soos

toe-gepas in die Munisipaliteit van Stellenbosch.

Refe-raat, Wes-Kaaplandse munisipale tesourier seminaar, 3tellenbosch.

GREAVES D, 1975. Intyds-gekoppelde rekenaarsisteme by plaaslike owerhede. Referaat, Wes-Kaaplands~ munisipale tesourier seminaar, Stellenbos-::h.

(61)

-59-MOOLMAN R, 1975. Sarnewerking tussen die

stads-rade van Parow en Bellville op rekenaargebied.

Referaat, Wes-Kaaplandse rnunisipale tesourier

serninaar, Stellenbosch.

SORGDRAGER PROF A J E, 1975. Kosprysbeleid en

-beoordeling. HBA-lesings, PU vir CHO,

Vander-bijlpark.

SORGDRAGER ~ROF A j ·E, 1976. Gevorderde

bestuurs-rekeningkunde en besluitkunde. MBA-lesings, PU

vir CHO, Pot chef st room.

SWART PROF N J, 1974. Bestuursr"keningkunde

en organisasie en metode. HBA-lesings, PU vir

CHO, Vanderbijlpark.

TROMP DR D, 1975. Kosprysbeleid en -beoordeling.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Door vuur tijdig aan te tonen voordat er symptomen zichtbaar zijn is mogelijk een gerichtere bestrijding uit te voeren.. Dit is van belang om vuur aan te tonen nog voordat er

In het rapport van de Europese Commissie wordt uitgelegd wat de beste methode is voor het implementeren van fiscale R&amp;D faciliteiten. 84 Door 80 fiscale faciliteiten in 31

Als je zélf wordt buitengesloten door Marokkanen, zou een reactie kunnen zijn dat je daarna zelf deze groep ook meer gaat buitensluiten, afhankelijk van of je vooroordelen hebt over

De drie belangrijkste motieven voor het organiseren van de Olympische Spelen die de laatste decennia meer naar voren zijn gekomen zijn (1) economisch motieven (financiële winst,

Eigenlijk wil je niet dat mensen die heel graag een auto willen hebben op plekken komen te wonen op plekken die niet geschikt zijn voor auto’s.. Je moet gaan onderzoeken hoe je

PDFs of the cosine of the angle between vorticity ω and (a) the eigenvectors z i of the rate of strain tensor, and (b) the vortex stretching vector W, for large- scale forcing K 1 ,1

A study was undertaken in two communities that use firewood in the Keiskammahoek area of the Eastern Cape Province of South Africa to under- stand their

Our estimations of the national effects of rationing took the following into account: (i) that the total number of births in South Africa in 1995 was 809 439; and (ii) that