• No results found

Die Afrikaanse volksang- en volkspelebeweging as draer van 'n bepaalde Afrikaner-identiteit

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Die Afrikaanse volksang- en volkspelebeweging as draer van 'n bepaalde Afrikaner-identiteit"

Copied!
119
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

DIE AFRIKAANSE VOLKSANG- EN

VOLKSPELEBEWEGING AS DRAER VAN 'N BEPAALDE

AFRIKANER-IDENTITEIT

Rozetta de Klerk Hons.B.Mus.

Skripsie voorgele ter gedeeltelike nakoming van die vereistes vir die graad Magister Musicae aan die Potchefstroomkampus van die

Noordwes-Universiteit

Studieleier: Prof. J. Kruger

(2)

Opsomming

Titel: Die Afrikaanse Volksang- en Volkspelebeweging as draer van 'n bepaalde Afrikaner-identiteit.

Met as uitgangspunt die veronderstelling dat die mens die skepper is van sy omstandighede deur die interaksie met ander lede van die samelewing wil hierdie skripsie 'n oorsigtelike studie maak van die Afrikaanse Volksang- en Volkspelebeweging as 'n sosiale instelling waardeur 'n bepaalde Afrikaner-identiteit bevestig word.

Om bogenoemde doelwit te bereik word die volgende aspekte bespreek: kultuur; musiek as kultuur en draer van identiteit; die Afrikaner se identiteitsideologiee; die geskiedenis en oogmerke van die Afrikaanse Volksang- en Volkspelebeweging en musikale simboliek in liedtekste en dansbewegings soos dit voorkom in die bundel, Ons Volkspele-erfenis (AWB: 1989). Nie-musikale simboliek soos bv. kleredrag, vlae en vaandels, verversings ens., waardeur die identiteit van hierdie groep Afrikaners versterk word, word ook bespreek.

Summary

Title: The Afrikaanse Volksang- en Vo/kspelebeweging as exponent of a specific Afrikaner identity.

In this study the hypothesis that man is the creator of his own circumstances through interaction with other members of his community, is the basis of an synoptic study of the Afrikaanse Volksang- en Volkspelebeweging as a social movement that establishes a specific Afrikaner identity.

To achieve this objective the following aspects are discussed: culture; music as culture and exponent of identity; the identity ideologies of the Afrikaner; the history and objectives of the Afrikaanse Volksang- en Volkspelebeweging and musical symbolism in song texts and dance movements, apparent in the volume Ons Volkspele-erfenis (AWB: 1989). Non-musical symbolism, apparent in i.e. clothing, the kinds of food and refreshments being used, and the utilization of flags and banners, is also discussed.

(3)

INHOUD

1 INLEIDING ... 1

1.1 Probleemstelling ... 1

1.2 Sentrale teoretiese argument ... 3

1.3 Doelstellings ... 3

1.3.1 Algemene doelstelling ... 3

1.3.2 Spesifieke doelstellings ... .4

1.4 Begrensing ... 4

1.5 Metode van ondersoek ... 4

1.6 Hoofstukindeling ... 5

2 MUSIEK AS KUL TUUR ... 7

2.1 Kultuur: 'n definisie ... 7

2.2 Musiek as kultuur. ... 8

2.3 Sim bole van interaksie ... 11

3 DIE AARD EN FUNKSIE VAN IDENTITEIT ... 13

3 .1 Sosiale identiteit ... ~ ... 13

3.2 Persoonlike identiteit ... 13

3.3 Die Afrikaner se identiteitsideologiee ... 14

3.3.1 Historiese verloop ... 14

3.3.2 Religieuse invloede ... 16

3.4 Persepsies van Afrikaner-identiteit in post-Apartheid-Suid-Afrika ... 18

3.5 Meerduidigheid in Afrikaanse musiek ... 20

4 DIE AFRIKAANSE VOLKSANG- EN VOLKSPELEBEWEGING ... 22

4.1 Die geskiedenis van die Afrikaanse Volksang- en Volkspelebeweging ... 22

4.:1.1 1914-1941 ... 22

4.1.2 1942-1962 ... 25

4.1.3 1961-2008 ... 27

4.2 Oogmerke van die Afrikaanse Volksang-en Volkspelebeweging ... 29

4.3 Opsomming ... 31

5 MUSIKALE SIMBOLIEK ... ~ ... 32

5.1 lnleiding ... 32

5.2 Dans ... 32

5.2.1 Dans: 'n definisie ... 32

5.2.2 Dans as deel van die Afrikanertradisie ... 33

5.2.3 Dans as 'n middel tot opvoeding en enkulturasie ... 36

5.2.4 Dans as faktor van sosiale stratifikasie ... 37

5.2.4.1 Dans as aanduider van ouderdom ... 37

5.2.4.2 Geslag: skeiding en integrasie ... 38

5.2.4.3 Dans as aanduider van magsverhoudinge ... .40

5.3 Liedtekste ... 41

5.3.1 lnleiding ... 41

5.3.2 Teksinhoud van volkspeletjies ... .42

5.3.2.1 Ouderdom ... 43

5.3.2.2 Vroulike geslag ... 45

5.3.2.3 Manlike geslag ... 48

(4)

5.3.2.4 Landelike bestaan ... 52

5.3.2.5 Huwelikstatus ... 53

5.3.3 Tekste van liedere wat slegs vir samesang gebruik word ... 55

5.3.3.1 Vaderlandsliedere ... 55 5.3.3.2 Lekkersingliedere ... , ... 57 5.4 Musikale styl ... 58 5.4.1 Vorm ... 59 5.4.2 Toonsoort en harmonie ... 59 5.4.3 Maatsoort ... 61 5.4.4 Ritme ... 61 5.4.5 Dinamiek ... 62 5.4.6 Melodiek ... 63 5.4.7 Tempo ... 63 5.4.8 Beurtsang ... , ... 64

5.5 Uitbeelding van teks deur middel van musiek en dans: enkele voorbeelde65 5.5.1 "Nana bak mosbeskuit" ... 65

5.5.1.1 Melodie ... 66

5.5.1.2 Simboliek in die dans ... 68

5.5.2 "Kallie" ... 69

5.5.2.1 Melodie ... 70

5.5.2.2 Simboliek in die dans ... 70

5.5.3 "My vader was 'n trekker" ... 73

5.5.3.1 Melodie ... 73

5.5.3.2 Simboliek in die dans ... 73

5.6 Algemene simboliek in die spele ... 76

6 NIE-MUSIKALE SIMBOLIEK ... 79 6.1 lnleiding ... 79 6.2 Nie-musikale elemente ... 79 6.2.1 Die laer ... 79 6.2.2 Verversings ... 81 6.2.3 Kleredrag ... 82 6.2.4 Musiekinstrumente ...•... 87 6 .. 2.5 Vlae ... 89 6.2.6 Embleme ... 90 7 SAMEVATIING EN GEVOLGTREKKING ... 96 7.1 Doelstelling ... 96

7.2 Musiek as kultuur en draer van identiteit ... 96

7.3 Die aard en funksie van identiteit.. ... 96

7.4 Die geskiedenis en oogmerke van die Afrikaanse Volksang- en Volkspelebeweging ... 97 7.5 Musikale simboliek ... 98 7.5.1 Dans ... 98 7.5.2 Liedtekste ... 99 7 .5.3 Musikale styl ... 100 7 .6 Nie-musikale simboliek ... 100 7. 7 Gevolgtrekking ... 101 BIBLIOGRAFIE ... 104 111

(5)

L YS VAN ILLUSTRASIES

Fig. 1 Daaglikse voortrekkerdrag ... 84 Fig. 2 Dr. Pellisier en gesin in kisdrag ... 85 Fig. 3 Volkspeledrag: lede van die Klaradynvolkspelelaer en die juniorlaer

van Laerskool Goudkop, Klerksdorp tydens 'n optrede in 2005 ... 86 Fig. 4 Embleem van die Afrikaanse Volksang- en Volkspelebeweging ... 94 Fig. 5 Embleem van die Katjiepieringvolkspelelaer, Klerksdorp ... 95

MUSIEKVOORBEELDE

Voorbeeld 1 "Nana bak mosbeskuit" ... 67 Voorbeeld 2 "Kollie" ... 71 Voorbeeld 3 "My vader was 'n trekker" ... 76

(6)

DANKBETUIGINGS

Die volgende persone word bedank vir hul bydrae om hierdie studie moontlik

te maak:

• Prof. Jaco Kruger van die Skoal vir Musiek van die Noordwes-Universiteit se Potct)efstroomkampus wat as studieleier opgetree het.

• Die lede van die Katjiepieringvolkspelelaer in Klerksdorp wat 'n

belangrike bydrae gelewer het tot die hoofstuk oar nie-musikale simboliek en mnr. Johan Rossouw wat as voorsitter van die laer oak belangrike kritiek gelewer het.

(7)

1 INLEIDING

1.1 Probleemstelling

Musiek en dans is 'n unieke vorm van kultuurspesifieke den.ke en handelinge met arbitrere en assosiatiewe betekenis wat help om kulturele patrone te vestig. Sheperd (1991:12) merk dienooreenkomstig op dat musiek en dans dus geanaliseer behoort te word met inagneming van die sosiale omgewing waarin dit gewortel is en waarvan dit 'n weerspieeling is.

Blacking (1973:100) voer aan dat:

The rules of musical behaviour are not arbitrary cultural conventions, and techniques of music are not like development in technology. Musical behaviour may reflect varying degrees of consciousness of social forces, and the structure and function of music may be related to basic human drives and to the biological need to maintain a balance between them.

Hy toon derhalwe aan dat dans 'n noodsaaklike katalisator is vir sosiale aanpassing en strukturering van die gemeenskap. Ander skrywers wat ook die standpunt onderskryf en na wie later meer volledig in die skripsie verwys word, is Hanna (1979), Ballantine (1984), Sheperd (1991), Jumba (1997), Trochimczyk (1999), Duree (1999), Coplan (1994) en Kruger (2000, 2001, 2004a en 2004b).

Sosiale identiteit is noodsaaklik vir menslike welsyn ("wellbeing"), en kan beskryf word as:

die gevoel van 'n persoon dat hy tot 'n groep mense, byvoorbeeld 'n volk of 'n ouderdomsgroep, behoort, dit wil se dat hy in die belangrikste opsigte soos hulle is en dat hy horn met hulle vereenselwig (Plug et al., 1986:150).

(8)

Verder is sosiale identiteit nie aangebore nie, maar 'n voortdurende vormingsproses wat uit sosiale interaksie vloei (Meyer et al., 1988: 138; Lauw, 1991:10).

Sosiale interaksie betrek normatiewe simboliese sisteme wat gedeelde betekenisse oproep en oordra. Byeenkomste soos volksfeeste en kerkdienste, waar musiek, dans en sang 'n belangrike rol speel, is voorbeelde van geleenthede waar 'n gevoel van solidariteit geskep word deur die uitvoer

van rituele handelinge met gemeenskaplike betekenis. Hierdie gevoel van

solidariteit word verder versterk deur die gebruik van nie-musikale simbole soos monumente, kleredrag, vlae, slagspreuke en verversings. Letterkunde en skilderkuns word oak, soos sang en dans, middele waardeur die identiteit van 'n groep uitgedra word. Norme kan so vasgele word en oak so aan die

nageslag oorgedra word om kulturele kontinu'iteit te verseker.

Die Afrikaanse Volksang- en Volkspelebeweging het sy hoogtepunt gedurende die 1930's tot 1960's bereik toe Afrikaners enersyds hul eie kulturele en politieke invloed vergroot het en andersyds meganismes moes ontwikkel om 'n deel van hul eie bevolking op te hef uit die swak sosio-ekonomiese omstandighede waarin hulle vasgevang was. Die Afrikaanse Volksang- en Volkspelebeweging was saam met die Afrikanerbond, Reddingsdaadbond, Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge en Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging 'n organisasie wat ten doel gehad het om 'n Afrikaanse kultuur te bevorder en 'n Afrikaner-identiteit te vestig.

Die term "Afrikaner" dui volgens die WAT (1970, 1:90) op "iemand wat Afrikaans is deur afstamming of geboorte". Hierdie bran brei bogenoemde definisie verder uit met 'n aanhaling van ds. S.J. du Tait na aanleiding van die diaspora waardeur Afrikaners hulleself in Zimbabwe (toe Rhodesie), Kenia en Argentinie gevestig het. Volgens die definisie was daar:

Afrikaners met Engelse harte. En daar is Afrikaners met Hollandse harte. En dan is daar Afrikaners met Afrikaanse harte. Hulle noem ans Regte Afrikaners.

(9)

Hierdie meerduidige definisie van Afrikaner-identiteit staan lynreg teenoor Boshoff (1992:48-53) se definisie van 'n Afrikaner as 'n blanke, Afrikaanssprekende inwoner van die Republiek van Suid-Afrika wat identifiseer met die geskiedenis van die Groot Trek, die Anglo-Boereoorlog en 'n sterk Christelik-Nasionale Calvinistiese lewens- en wereldbeskouing.

Boshoff se definisie van Afrikaner-identiteit is aanvegbaar en selfs problematies. Afrikaans word deur verskeie ander kultuurgroeperings gepraat. Verder is daar oak blanke Afrikaanssprekendes wat hulle nie aangetrokke voel tot die Calvinisme of met die geskiedenis van die Groot Trek identifiseer nie. Jonger Afrikaanse kunstenaars, soos byvoorbeeld Koos Kombuis (2008:8), verkies 'n meer diverse, inklusiewe vorm van Afrikaner-identiteit.

Gegewe die rol van musiek en dans in die sosiale konstruksie van alle kulture kan aangeneem word dat die musiek en dans van die Afrikaanse Volksang-en Volkspelebeweging oak 'n bepaalde idVolksang-entiteit sal weerspieel. In die lig van die meerduidigheid van Afrikaner-identiteit ontstaan die vraag egter watter bepaalde Afrikaner-identiteit deur die musiek en dans uitgebeeld word.

1.2 Sentrale teoretiese argument

Daar word 'n bepaalde Afrikaner-identiteit weerspieel deur die musiek en danse van die Afrikaanse Volksang- en Volkspelebeweging.

1.3 Doelstellings

1.3.1 Algemene doelstelling

Met as uitgangspunt die veronderstelling dat die mens die skepper van sy omstandighede is deur die interaksie met ander lede van sy samelewing wil hierdie studie 'n oorsigtelike, kwalitatiewe studie maak van die Afrikaanse Volksang- en Volkspelebeweging as 'n sosiale instelling waardeur 'n bepaalde Afrikaner-identiteit bevestig word.

(10)

1.3.2 Spesifieke doelstellings

Die spesifieke doelstellings is om

• musiek as kultuur en draer van identiteit te bespreek;

• die algemene aard en funksies van sosiale identeit te beskryf; • 'n oorsig van Afrikaner-identiteitsideologiee te bied; en

• te bepaal watter van hierdie identiteitsideologiee aansluiting vind by die musikale en nie-musikale simboliek van die Afrikaanse Volksang- en Volkspelebeweging.

1.4 Begrensing

• Die simboliek van die beweging is baie uitgebreid. Daar sal slegs 'n oorsig gegee word van die belangrikste musikale en nie-musikale simbole.

• Die studie sal op die aktiwiteite van die beweging sedert 1930 fokus. • Volksliedere uit die volkspelebundel van 1989, Ons Volkspele-erfenis,

sal bestudeer word. Die bundel is 'n versameling van spele vanaf 1914 tot 1989.

1.5 Metode van ondersoek

• Databasisse: Yahoo, Ebscohost, Academic Research Premier, llMP, RSAT en Nexus is gebruik.

• Bronne in die biblioteek: boeke en vaktydskrifte. • Koerantberigte en media-uitsprake.

• lnformele telefoniese gesprekke met twee lede (mee. Bishoff en Niehaus) van die spelekomitee van die Nasionale Raad vir Volksang en Volkspele. Hulle is onderskeidelik sekretaresse en lid van die spelekomitee van die genoemde raad.

• lnformele gesprekke met lede van die Katjiepieringvolkspelelaer (tans die enigste volkspelelaer in die Klerksdorpomgewing). Hierdie

(11)

gesprekke was met laerlede en die laerleier random nie-musikale simboliek, asook oar algemene aktiwiteite van die laer.

• Die laerleier van die Katjiepieringvolkspelelaer, asook gewese en huidige lede van die Nasionale Raad vir Volksang en Volkspele, is gevra om op die hele skripsie kommentaar te lewer, terwyl lede van die Katjiepieringvolkspelelaer veral kommentaar gelewer het op die hoofstuk oor nie-musikale simboliek.

• 'n DVD is gemaak om die drie spele wat in hoofstuk 5 bespreek word, te illustreer. Daar is ook insetsels van die 2007-saamtrek van die Katjiepieringvolkspelelaer, asook 'n kart gesprek met twee jong lede van die laer; hierdie gesprek handel oar jongmense se mening oor die kleredrag van die volkspelers. Met die DVD is probeer om die verloop van 'n saamtrek, verversings wat te koop is en die begeleiding van spele aan te dui.

1.6 Hoofstukindeling

In hoofstuk 2 sal musiek as kultuur en draer van identiteit bespreek word. Die term "kultuur" sal gedefinieer word en daar sal aangetoon word hoe musiek identiteit weerspieel.

In hoofstuk 3 word 'n kart definisie van identiteit gegee, waarna 'n bespreking van die Afrikaner se identiteitsideologiee volg. Daar word op die meervoudigheid van die kultuur van die Afrikaner gewys. 'n Uiteensetting van die manier waarop identiteit deur middel van simbool en ritueel gekommunikeer word, word ook gegee.

In hoofstuk 4 word die geskiedenis en oogmerke van die Afrikaanse Volksang- en Volkspelebeweging kortliks bespreek.

Hoofstuk 5 behandel die musikale simboliek soos dit in Ons Volkspele-erfenis (1989) voorkom.

(12)

In hoofstuk 6 word die nie-musikale simboliek van die Afrikaanse Volksang-en Volkspelebeweging aangetoon.

In hoofstuk 7 sal gepoog word om aan te toon watter bepaalde Afrikaner-identiteit deur die dans en liedere van die Afrikaanse volksang- en volkspelebundel verteenwoordig word.

(13)

2 MUSIEK AS KUL TUUR

2.1 Kultuur: 'n definisie

Voordat enige definisie van musiek as kultuur geformuleer kan word, is dit nodig om 'n definisie van kultuur daar te stel.

Die HAT (2005:636) definieer kultuur as "die begrip wat die ganse geestelike besitting van 'n volk op elke terrein bevat." Die WAT (1991 :Vlll:385) beskryf kultuur onder andere as:

'n kompleks van menslike gebruike wat van geslag tot geslag selektief oorgedra en bestendig word, veral die veredeling en verfyning deur die mens van sy omgewing of homself, en die skeppinge wat daaruit voortvloei, bv. denke, spraak, vorm- en singewende handelinge en die stoflike en nie-stoflike produkte daarvan.

Plug et al. (1986: 196) definieer kultuur as:

die totaliteit van gebruike, gedragsreels, taal, kunste en wetenskap, sowel as godsdienstige en politieke gedrag wat die mens van ander organismes, of die een groep van die ander, onderskei.

Boshoff (1992:14-31) se bespreking van kultuur kan soos volg opgesom word:

Kultuur is 'n eksklusief menslike aktiwiteit, gegrond in 'n bepaalde

wereldbeskouing of religie. Dit kom in 'n bepaalde tyd~ewigheidsamehang tot

stand, sodat daar 'n bewuste emosionele band tussen 'n gemeenskap en sy

geskiedenis is. Kultuurhandelinge en -produkte is die resultaat van 'n

bepaalde etniese begrensing wat weerklank vind in byvoorbeeld taal en politiek. Verder word kultuur binne bepaalde staatkundige en fisieke terreine geskep. Kultuur is integrerend en omvat alle instellings waarbinne menslike interaksie plaasvind.

Kultuur word deur Kruger (2004a:42) beskryf as die "way of life, a view of life, and a strategy aimed at social survival". Hierdie drie komponente is

interafhanklik. Verder is kultuur nie aangebore nie, maar aangeleer en

(14)

oorgelewer van geslag tot geslag. Omdat kultuur binne spesifieke tydskontekste funksioneer, is dit 'n veranderende verskynsel.

Uit bogenoemde definisies kom die volgende basiese aspekte van kultuur na vore:

• kultuur is 'n uniek menslike aktiwiteit.

• kultuur is 'n allesomvattende begrip wat alle aktiwiteite van die mens op alle terreine van sy bestaan insluit.

• kultuur is nie aangebore nie, maar aangeleerde gedrag.

• kultuur word binne 'n bepaalde tyds-ewigheidsamehang geskep. • kultuur is die resultaat van 'n bepaalde etniese begrensing.

• kultuur word binne bepaalde staatkundige en fisieke terreine geskep. • kultuur is 'n dinamiese fenomeen en word voortdurend aangepas en

verfyn, en dus selektief oorgelewer aan daaropvolgende geslagte. • kultuurhandelinge is die resultaat van 'n bepaalde lewens- en

wereldbeskouing.

• kultuur is 'n lewenstrategie wat noodsaaklik is vir die voortbestaan van die mens.

2.2 Musiek as kultuur

Die eienskappe van kultuur wat in bogenoemde bespreking na vore kom, vorm vervolgens die grondslag vir die bespreking van musiek as kultuur.

Kultuur is 'n uniek menslike aktiwiteit wat alle aktiwiteite van die mens op alle terreine van sy bestaan insluit. Die beoefening van musiek is een van hierdie aktiwiteite en daarom kan musiek as 'n uniek menslike aktiwiteit beskou word. In 'n bepaalde kulturele omgewing word belangrike paradigmas gevorm wat die denkprosesse van die mens be"invloed. Musiek se betekenis is dus arbitrer en assosiatief, en het belangrike metodologiese implikasies. Sheperd (1991:12) merk op:

If musical styles have an inherent social significance, then it should be possible to demonstrate that significance by carrying out musical

(15)

analysis in terms of social reality which gave birth to and is articulated by a particular musical style.

Kulturele handelinge word verder be·invloed deur 'n bepaalde lewens- en wereldbeskouing. Musiek as kulturele handeling behoort dus 'n bepaalde lewens- en wereldbeskouing te weerspieel. Hierdie aspek van musiek as kultuur word bespreek in Ballantine (1984), Sheperd (1991) en Sachs (1969).

Ballantine (1984:36) toon aan hoe die sonatevorm met die dialektiese filosofie

van Hegel korreleer, asook die verskil tussen die filosofiee wat die ontstaan van die fuga en sonatevorm onderle. Die konflik tussen die verskillende temas in die sonate is tekenend van die definiering van die eie identiteit deur konflik met ander. Hierdie stryd bereik uiteindelik 'n hoogtepunt in 'n

bevestiging van elkeen se individualiteit en bestaansreg. Daarenteen veronderstel die voortvloeiende, veelvuldige lae van die fugale kontrapunt 'n harmonieuse, geordende totaliteit waarin die onderskeie musikale lyne mekaar ondersteun en 'n omgewing skep waarin elkeen die rol sal vervul wat vooraf vir horn bepaal is.

Sheperd (1991) toon aan dat die wereldbeskouing van die Middeleeuse gemeenskap in die algemeen berus het op 'n onvoorwaardelike geloof in God en in blinde gehoorsaamheid aan gesagstrukture. Hierdie wereldbeskouing word deur 'n eenvoudige, monodiese musikale struktuur weerspieel. Namate die klassieke feodale stelsel be"invloed is deur verstedeliking, kommersialisering en die aanvangsvorme van kapitalisme, verander die musikale struktuur ook in die laat Middeleeue en vroee Renaissance van 'n

polifoniese na 'n homogene en eksplisiete struktuur van funksionele tonaliteit.

Met die ontwikkeling van fonetiese geletterdheid verander sosiale strukture en paradigmas wat in die ontwikkeling van tonaliteit vergestalt word: Toenemende nasionalistiese gevoelens wat tot dialoog lei oor wie binne hierdie nasionale sosiale strukture die sentrale mag moet he, manifesteer in 'n

tonale stelsel wat altyd na 'n bepaalde sentrale toonsentrum toe terugkeer.

(16)

Curt Sachs (1969:360-362) verduidelik hoe die "verlangen tot separeren, classificeren en zuiveren" van die 16de eeu ook weerspieel word in die verwerping van danse van gemengde vorm, soos die basse danse. Die ondersoekende gees van die Renaissance wat lei tot die Reformasie en Kontra-reformasie, en die onderskeid tussen wetenskap en geloof, lei ook in hierdie dans tot kategorisering en onderskeiding. In die basse danse is beeldende seksies, waarin byvoorbeeld diere nageboots word, met nie-beeldende seksies afgewissel. In die Barak word die nie-beeldende dele egter laat vaar en die danse is 6f eenvoudig, ernstig en statig, 6f vrolik, robuust en uitbundig. Gedurende die 1 ?de eeu word die opkoms van die bourgeoisie gesimboliseer deur die oorname van die statige menuet deur die contradanse (Sachs, 1969:416).

Die aard van musiek as 'n denkraam is ook duidelik in die Suid-Afrikaanse konteks. Coplan (1994) bestudeer byvoorbeeld die liedere van die Basotho-trekarbeiders en toon aan hoe hulle deur middel van hierdie liedere 'n kulturele skild opbou teen afhanklikheid, onteiening en verontmensliking inherent aan die rasseverhoudinge in Suid-Afrika. In hierdie liedere verkry die metafore wat gebruik word om die verlede uit te beeld, gesag omdat hulle geldig is vir die hede. "The past gives meaning to the present as much as the present reconstitutes the past." (Coplan, 1994:14)

Bogenoemde voorbeelde toon ook aan dat musiek, soos kultuur, tot stand kom in 'n bepaalde tyd-ewigheidsamehang en funksioneer binne 'n besondere tydskonteks en in bewuste verband met 'n bepaalde gemeenskap en geskiedenis. Musiek gee ook uitdrukking aan unieke eienskappe van bepaalde sosiale groeperings.

Net soos kultuur, word musiek binne 'n bepaalde ruimte geskep en behels dit omvattende menslike interaksie. Musiek betrek die mens in al sy fassette: emosioneel, intellektueel en fisiek. Volkspele vereis byvoorbeeld nie net die aanleer en sing van liedtekste nie, maar ook die aanleer en uitvoer van die vereiste dansbewegings.

(17)

Musiek is verder, as unieke menslike fenomeen en as gevolg van die dinamiese aard van menslike interaksie, 'n dinamiese proses wat voortdurend ontwikkel en verander.

Musiek as middel tot sosiale interaksie is aangeleerde gedrag en is eie aan die bepaalde gemeenskap waartoe 'n persoon behoort, alhoewel musikale potensiaal aangebore is. As sodanig verteenwoordig musiek 'n bepaalde lewensuitkyk, -styl en -strategie en is dit dus beeldend van die identiteit van 'n bepaalde groep of individu.

2.3 Simbole van interaksie

Die interaksie wat tussen individue plaasvind om 'n bepaalde identiteit te

vestig is in wese simbolies. lnternetopsommings van die werke van Mead en Blumer (Anon, 2006a en 2006b) en Goffman (Barnardt, 2006) dui aan dat hulle simboliese interaksioniste is wat voel dat die mens se eerste simboliese interaksie met homself is en dat hy vanuit die betekenisse wat hy aan simbole en situasies heg met sy gemeenskap assosieer. Hierdie mikrovlak van interaksie kring van 'n individu binne sy eie gesin uit tot interaksie op makrovlak met die grater gemeenskap en groepe waarby hy horn aansluit. Simboliese interaksie is noodsaaklik vir die oorlewing van die mens - daar is geen menslike interaksie of gemeenskap daarsonder moontlik nie. Vir sinvolle interaksie moet simbole egter vir mense dieselfde betekenisse he.

Kragtige meestersimbole ("master themes") soos sosiale klas, mag en beheer, geslag, ouderdom en etnisiteit speel 'n belangrike rol in die mens se uiteindelike gevoel van identiteit (Anon, 2006b).

Die aard en werking van meestersimbole en ander meganismes van betekenisoordrag kom in die rituele interaksieteorie ter sprake, wat suggereer dat menslike oorlewing afhang van sosiale solidariteit en gedeelde bewussyn (dit wil se 'n algemene bewustheid van 'n spesifieke situasie) en dat die middele om dit te verkry ritueel is. 'n Ritueel is 'n handeling wat oar en oor herhaal word.

(18)

In 'n sosiologiese sin dui dit egter op die gesamentlike aksie van 'n groep. Die rituele proses vereis 'n georganiseerde byeenkoms van mense met 'n gesamentlike fokus en gedeelde simbole. Hierdie omstandighede lei tot intense gedeelde emosies wat die bevordering van sosiale identiteit en die betragting van sosiale aangeleenthede in die hand werk. Gedeelde emosies en oortuigings lei tot 'n gevoel van solidariteit en groepsidentiteit (Kruger, 2004a:55).

Taal is een van die belangrikste vorme van simboliese interaksie waardeur persoonlike en groepsidentiteit bevestig en uitgebou word. Lindgren (1969:243) noem taal normatiewe sisteme van simbole of simboliese gedrag wat gedeelde betekenisse oordra. Spesifieke aanwendings van taal sluit letterkunde en liedere in. Deur verbale middele word norme vasgele, geskiedenis en tradisies oorgedra en die voortgang van die kultuur bevorder.

Nie-verbale vorms. van betekenisoordrag van die geskiedenis en tradisies van 'n groep sluit byvoorbeeld instrumentale klank, dans, kleredrag, monumente en vlae in (Kruger, 2004a:65-90). Wanneer volkspelesaamtrekke en volkspelebyeenkomste bygewoon word, word dit duidelik dat van sowel verbale as nie-verbale simboliek gebruik gemaak word om 'n gevoel van emosionele solidariteit en sosiale identiteit te vestig. Die kombinasie van veelvuldige vorme van kommunikasie soos sang, musikale klank,

liggaamsbeweging en visuele beelde lei tot intense toestande van gedeelde

bewussyn. Volkspelebyeenkomste vertoon oak rituele handelinge wat deelnemers kragtige gevoelens van solidariteit laat ervaar en wat dus as sodanig kan lei tot die daarstelling van sosiale identiteit.

Uit bogenoemde bespreking blyk dat kultuur 'n omvattende begrip is wat alle aktiwiteite op alle vlakke van die mens se bestaan insluit. Die beoefening van musiek is een van hierdie aktiwiteite. Musiekbeoefening vereis emosionele en fisieke betrokkenheid, asook interaksie van individue met mekaar. Hierdie interaksie is in wese simbolies en lei tot intense gevoelens van solidariteit waardeur persoonlike en sosiale identiteit gevorm en die oorlewing van die individu en groep verseker word.

(19)

3 DIE AARD EN FUNKSIE VAN IDENTITEIT

3.1 Sosiale identiteit

In die voorbeelde genoem in hoofstuk 2 is belangrike sosiale

identiteitsteoretiese beginsels reeds duidelik: Die identiteit van 'n persoon word onteenseglik gevorm deur die gemeenskap waarbinne hy horn bevind, en die aard van die gemeenskap is die resultaat van die interaksie tussen die lede daarvan. Die vorming van persoonlike en sosiale identiteit is dus 'n dinamiese proses van wedersydse be·invloeding. Meyer et al. (1988:8) definieer die persoonlikheid as:

die gedurig veranderende maar tog relatief stabiele organisasie van alle liggaamlike, psigiese en geestelike eienskappe van die individu wat sy gedrag in interaksie met die omgewing bepaal.

Louw (1991 :459) beskryf 'n persoon se identiteit as "die individu se bewustheid van homself as 'n onafhanklike, unieke persoon met 'n bepaalde plek in die samelewing". Hierdie definisie sluit aan by Plug et al. (1986:150) se definisie van sosiale identiteit as:

die gevoel van 'n persoon dat hy tot 'n groep mense, byvoorbeeld 'n volk of ouderdomsgroep, behoort, dit wil se dat hy in die belangrikste opsigte soos hulle is en dat hy horn met hulle vereenselwig.

3.2 Persoonlike identiteit

Brigham (1991:47-53, 321), Wrenn (1999), en Stets en Burke (2003) meld dat 'n goed geformuleerde persoonlike en sosiale identiteit noodsaaklik is vir die welsyn ("wellbeing") van 'n individu en bevestig dat beide identiteite nie aangebore is nie, maar voortdurend gevorm word deur interaksie met ander mense. Hierdie aanvaarding en bevestiging van die persoonlike identiteit is noodsaaklik vir die voortbestaan van die individu en daarom word 'n ingewikkelde sisteem van vergelykings en keuses gebruik om die individu te help om te besluit aan watter groep(e) hy sal behoort. lngewikkelde skemas

(20)

of heuristieke wat deur interaksie met ander lede van die groepe gevorm word, lei tot persepsies waardeur die eie groep altyd positief geevalueer word ten opsigte van die buitegroep. Vooroordele en stereotiperings kan ontwikkel, wat lei tot verwerping van ander en die verabsolutering van die eie kultuur, tot so 'n mate dat selfs verontmensliking van die ander groep kan voorkom. Groepe kan hulself oak toenemend isoleer om hul eie kultuur teen ander kulture te "beskerm". Persoonlike identiteit is die belangrikste vorm van identiteit en omvat alle ander identiteitsvorme, soos byvoorbeeld sosiale, geslags-, ouderdoms- en beroepsidentiteit. lndien die persoonlike identiteit nie deur bepaalde groepe ondersteun en bevestig word nie, sal 'n individu die groepe verlaat en aansluit by groepe wat wel sy persoonlike identiteit bevestig.

3.3 Die Afrikaner se identiteitsideologiee

Soos in die inleidende hoofstuk aangetoon, bestaan daar uiteenlopende persepsies van Afrikaner-identiteit. Hierdie uiteenlopende persepsies was van die vroegste jare van die Kaapkolonie deel van die Afrikaner se geskiedenis en is die resultaat van veral historiese verloop en religieuse invloede.

3.3.1 Historiese verloop

Volgens Gilliomee (2003:22) is die term "Afrikaander" die eerste keer op 17 Maart 1707 deur Hendrik Biebouw gebruik. Hy en sy vriende het drank met hulle perde deur Stellenbosch gejaag en 'n groat oproer by die Kompanjie se meule veroorsaak. Landdros Starrenberg het hulle gevra om die meule te verlaat. Biebouw het skreeuend geantwoord: "lk wil niet loopen, ik bin een Afrikaander, al slaat die landrost mij dood, of al setten hij mijn in den tronk, ik sal nag wil niet swygen."

Die gebeure random Biebouw was die eerste opgetekende geleentheid waar 'n persoon van Europese oorsprong homself 'n Afrikaner genoem het. Aan die begin van die 18de eeu is die term gewoonlik gebruik om die inheemse

(21)

bevolking of die nageslag van die inheemse bevolkings, slawe of vryswartes aan te dui.

Gedurende 1730 word die term "Afrikaander'' weereens in die konteks van politieke opstand gebruik. Estienne Barbier, 'n Franse soldaat, wat in opstand was teen die Kompanjie se beleid ten opsigte van handel met die Khoisan, versoek sy "Afrikaanders Broederen" in 'n manifes om horn te ondersteun in sy opstand teen die kompanjie. Hy kon daarin slaag om 'n klein aantal boere van die Drakensteinvallei oak in opstand te bring teen die wanadministrasie van die V.O.C. se amptenare (Gilliomee, 2003:52; Sleigh, 2004:54).

Vanaf 1770 tot 1780 verwys die burgers van die Wes-Kaap toenemend na

hulself as "Africaners". Sommiges gebruik die term om die inwoners van die Kaapse stede aan te dui, terwyl die term "Boeren" op die plattelanders dui. Die Britte het na die slawe met 'n ligte velkleur as "Africanders" verwys. Die

term is egter uiteindelik uitgebrei om mense van Duitse, Franse en

Nederlandse afkoms wat Nederlands gepraat het, aan te dui (Gilliomee, 2003:520).

Vanaf die stigting van die Kaapse verversingstasie in 1652 tot na die Anglo-Boereoorlog was Afrikaners en hul voorgeslagte hoofsaaklik boere (Gilliomee, 2003:318). Die term "Boer" word dus dikwels gebruik om 'n Afrikaner mee aan te dui. Die Afrikaner het egter weens verskeie faktore tot 'n groat mate in die vroee twintigste eeu verstedelik, sodat die term "Boer" nie altyd 'n korrekte aanduiding van 'n Afrikaner is nie.

Boshoff (1992:48-53) formuleer 'n eksklusiewe identiteitsvorm wat in die

Apartheidsbeleid gemanifesteer het. Hy omskryf die "Afrikaner" as 'n blanke

persoon wat Afrikaans praat en as kultuurgemeenskap apart van die ander

kultuurgemeenskappe in die land wil funksioneer. Hierdie behoefte is deels die resultaat van vrees as gevolg van traumatiese ervarings met die swart

volke op die landsgrense, onderskeiding tussen die heidense inheemse

godsdiensgroepe en die Christelike godsdiens van die Afrikaner, 'n

(22)

rasseverskil, en die vrees vir oorheersing deur 'n swart meerderheid (Gilliomee, 2003:33-36, 55).

Boshoff se Afrikaner strewe na 'n sterk nasionalisme wat as saambindende faktor dien. Sy nasionalistiese ideaal is mensbepaald, dit wil se "gerig op die instandhouding van 'n voortgesette vryheidsin en -strewe wat enkelinge aan die nasionale gemeenskap bind" (Boshoff, 1992:53).

Hierdie nasionalisme behels oak die strewe na onafhanklikheid en die

verkryging van 'n eie grondgebied waarbinne hy self regeer. Hierdie

Afrikanernasionalisme is integrerend en omvat alle aspekte van die volkslewe: gemeenskaplike afkoms, geskiedenis, tradisies, gebied, taal, godsdiens, sosiale organisasie, ekonomiese organisasie, politieke instellings en

gemeenskaplike doelwitte.

3.3.2 Religieuse invloede

Bosh off ( 1992: 17-21) beklemtoon dat Afrikaner-identiteit ook religieus bepaald

is: Hierdie Afrikaner identifiseer met 'n sterk Calvinistiese lewens- en

wereldb_eskouing. Hy sien die ontstaan van sy volk as die wil van God, en sy rol binne Suid-Afrika as die van die uitverkore volk van God wat andere moet kersten. Die nasionalisme van die Afrikaner word oak uitgedruk in terme van geloofsroeping: Hy is deur God geroep tot 'n spesifieke rol en funksie in hierdie land. Viljoen (1978:12) beklemtoon oak hierdie gedagte, alhoewel

Gilliomee (2003: 179) aantoon dat die gedagte van die Afrikaner as

"geroepene" die oortuiging was van slegs 'n klein deel van die Afrikanervolk en dat die ideologie nooit algemeen deur die Afrikaner aanvaar is nie. Talle

Afrikaners identifiseer ook nie meer met die Calvinistiese lewens- en

wereldbeskouing nie en baie Afrikaanssprekendes is vandag lede van ander geloofsgroepe.

Van Jaarsveld (1984:5) kritiseer verskeie aspekte van Afrikaner-identiteit

vanuit 'n historiese perspektief en wys op die gevare wat ontstaan wanneer 'n

politieke aktivisme aan 'n historiese bewussyn verbind word, soos wat gebeur

(23)

het met die Swart Bewussyn-aanhangers en die Afrikaner. Dit geld ook die Afrikaners van die verlede wie se historiese ideologie, soos dit in 'n eksklusiewe geskiedenisbeeld uitdrukking gevind het, die krag van 'n doktrine verkry en

[ ... ] tot 'n politieke godsdiens geword het wat aan selfaanbidding gren~, om byvoorbeeld aan die God van ons vaders te dink in teenstelling met die God van die Bybel en aan 'n volkskerk in teenstelling met 'n Christus-kerk. In die ideologie van die Christelike Nasionalisme het 'n religieus-bepaalde nasionalisme oorgegaan in 'n

nasionalisties-bepaalde religie [ ... ] (Van Jaarsveld, 1984:5)

Van Jaarsveld (1984:21) voer verder aan dat, in 'n paging om hierdie eie identiteit te bewaar en bevestig, die Groot Trek verabsoluteer word en "tot nasionale mite verhef word waarin die Voortrekkers as legendariese figure verskyn, byna soos heilige aristokrate". Dit kulmineer in die Eeufeesviering van 1938 wat deur Van Jaarsveld beskryf word as "'n sprang in die verlede en 'n gryp na 'n toekomstige republiek". Volgens E.A. Messina (soos aangehaal in Van Jaarsveld, 1984:22) het die Afrikaner na 'n rigtingwyser gesoek vir die pad vorentoe en hulle na die verlede gewend vir lig en leiding. Hierdie ondersoek en identifisering met ideale en strewes van die voorgeslagte was so diepgaande dat dit sou uitloop op verheerliking, aanprysing en byna fanatiese navolging van hierdie ideale. Dit is veral ironies indien onthou word dat maar sowat 6 000 mense (10 persent van die Kaapkolonie se blankes en 20 persent van die Oostelike distrikte se bevolking) aan die Groot Trek deelgeneem het (Gilliomee, 2003:161).

Oat daar pogings deur organisasies was om die identiteit van die Afrikaner te vereng tot die van Boer of Voortrekker word gesuggereer deur die volgende aanhaling van N.P. van Wyk Lauw uit Lojale Verset, 1939 (Versamelde Prosa, 1986:74):

Laat ek dit se vir Afrikaners wat graag 'n Voortrekker- of 'n

Boerekultuur by ons wil bestendig [ ... ] dat ans kultuur nooit die van veertig of van tien jaar gelede kan wees nie [ ... ] elke geslag van Afrikaners het net soveel die plig om uit eie krag kultuur te skep as enige voorafgaande geslag [ ... ].

(24)

Bogenoemde aspekte van Afrikaner-identiteit word oak in Gerrit Viljoen se boek ldeaal en Werklikheid (1978) bespreek. Hy waarsku dat alhoewel die Afrikaner op hoogte meet wees van veranderinge en ontwikkeling ten opsigte van tegnologie, wetenskap, politiek, ensovoorts en daarby meet aanpas, dit nooit meet gebeur ten koste van Afrikaner-identiteit nie. Hy bepleit suiwerheid ten opsigte van ras, godsdiens en taal, 'n goeie kennis van die geskiedenis van die volk en die uitbou en verryking van die kulturele identiteit (Viljoen: 1978:29-37).

Opsommenderwys blyk uit die bogenoemde bespreking dat die vorming van 'n persoonlike identiteit noodsaaklik is vir die welsyn en voortbestaan van die mens. Hierdie persoonlike identiteit word deur interaksie met die omgewing gevorm en omvat sosiale identiteit wat die mate aandui waartoe 'n individu homself deel voel van 'n bepaalde groep of groepe. In die ontwikkeling van die persoonlike en sosiale identiteit van die Afrikaner het veral historiese gebeure en religieuse oortuigings 'n belangrike rol gespeel, sodat 'n bepaalde Afrikaner-identiteit met 'n sterk · Christelik-nasionale karakter ontstaan het. Hierdie Christelik-nasionale identiteitsideologie het gelei tot 'n behoefte aan selfbeskerming en dus isolasie van ander groepe in die land. Afrikaner-identiteit is egter 'n meerduidige begrip en verwys nie net na 'n konserwatiewe vorm nie, maar oak na 'n meer moderne of liberale vorm wat veral in post-Apartheid-Suid-Afrika na vore kom.

3.4 Persepsies van Afrikaner-identiteit in post-Apartheid-Suid-Afrika

Die meerduidigheid van Afrikaner-identeit kom na vore in 'n artikel van Goosen en Rossouw (2006: 19). Hu lie persepsie van die Afrikaner in die post-Apartheidsera is negatief. Hulle beskryf 'n "cliche-Afrikaner'' wat oar waardes moraliseer, op bestuur fikseer, van denke af wegvlug, die religie verburger, visielose organisasies bedryf en sy siel vir vermaak verkoop. Hierdie Afrikaner verhef toerisme en seevakansies tot die rede om te lewe, kan nie behoorlik Afrikaans of Engels praat nie en hemel Mediterreense kookkuns op as enigste verwysing na Europese kultuur wat nag ender hulle leef. Die Afrikaner is deesdae 'n nabootser van Amerikaners wat op Amerikaanse

(25)

glanspersoonlikhede fikseer en hulle lewens so veel moontlik probeer

naboots. Verder kan hierdie Afrikaner nie verhoudinge met ander groepe

bedink en realiseer nie.

Koos Kombuis skryf in sy rubriek in Rapport (2006:8):

Ek wil net so ontsettend graag ontslae raak van al die onnodige sielkundige bagasie van "Afrikaner" wees. Die bagasie wat aan my opgedwing is deur mense wat nou al oar die veertig jaar vir my probeer voorskryf wie en wat 'n "Afrikaner" is. Waarin 'n "Afrikaner" veronderstel is om te glo. Vir wie hy moet stem, wat hy moet lees, watse kak klere hy behoort aan te trek en hoe hy sy openbare vakansiedae deurbring [ ... ] Want dalk is dit die ware wedergeboorte:

om na 'n lang proses van stry en wroeg en alles gee op 'n dag wakker

te word en te besef: Ek is nie meer deel van die donnerse laer nie. Ek is vry.

In dieselfde rubriek in Rapport (2008:8) is daar egter 'n verrassend positiewe paradigmaskuif wat te danke is aan Koos Kombuis se persepsie, na aanleiding van die gebeure by die Reitz-kamerwonings op die kampus van die Vrystaatse Universiteit, dat die Afrikaner homself distansieer van rassistiese optrede. Hy skryf:

Die afgelope week of twee het iets in die psige van die Afrikanerdom gebeur waarvoor ek, en vele ander, al jare lank hoop en bid. Dit was asof my mense ·wakker word uit 'n diepe slaap en soos een man opstaan en se: "Ek wil nie 'n rassis wees nie."

Hy vind 'n gesindheidsverskuiwing van 'n tier na 'n vredesduif, van mense wat wil trek, of veg, na mense wat wil saamwerk om van die Nuwe Suid-Afrika 'n

sukses te maak.

Dit is oak die strekking van die artikel "Ons bly net hier!" (2008:4-5) waarin onder andere Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, verklaar: "Ek is daartoe verbind om saam met my mede-Afrikaners te stry vir 'n toekoms hier in Suid-Afrika. My roeping is tussen my mense in Afrika."

(26)

Jacob Zuma (soos aangehaal in Salzwedel, 2008:29), die president van die ANC, beskou die Afrikaner as die "enigste wit stam in Afrika" wie se tuiste in Suid-Afrika is. Hierdie uitsprake dui daarop dat daar 'n groep Afrikaners is wat hulself toenemend as deel van Afrika ervaar, teenoor 'n ander groep wat steeds aan hul Europese oorsprong vashou.

3.5 Meerduidigheid in Afrikaanse musiek

Hierdie meerduidige identiteit word oak in die musiek van die Afrikaner aangedui: Die musiek van die Brielfamilie, byvoorbeeld, het die tragiese

lewensomstandighede van die verarmde en verstedelikte Afrikaner

weergegee, die musiek van Chris Blignaut het dikwels na die boerelewe terugverwys, terwyl Nellie du Tait en Ge Karsten operamusiek by die meer welvarende en geskoolde Afrikaner gewild gemaak het. Nag later het onder andere Ge Karsten, Rina Hugo en Johan van Rensburg 'n groat bydrae tot die

skepping van 'n ligtemusiek-genre gelewer. Tans is daar oak weer 'n

toenemende belangstelling in tradisionele boeremusiek wat, anders as 'n

moderne boeremusiekorkes (soos byvoorbeeld Die Klipwerfboere-orkes), slegs van tradisionele instrumente gebruik maak. Daar word meestal slegs

van 'n konsertina en ghitaar gebruik gemaak, hoewel die viool en kontrabas

oak gebruik kan word (Schultz, 2001:124,143).

Oat transkulturasie 1 ook in die musiek van die Afrikaner voorkom, is duidelik: Anton Hartman (1959:169-178) wys daarop dat talle Maleierliedjies deel van

tradisionele Afrikaanse musiek geword het. Taliep Petersen (2006:3)

bevestig dit en merk op: "Ons het dit niks gelaaik nie. Dis die hele ding van vat wat nie aan jou behoort nie. Ek het al boeke gesien met die naam Boere-sangbundel, dan wemel dit van Maleise musiek." Almal is oak bekend met die Kaapse Klopse wat met Nuwejaar in die Kaap feesvier, asook met liedjies (soos byvoorbeeld "Daar kom die Alibama") waarvan koorverwerkings dikwels gemaak is (Casaleggio, 1970:71).

1

Die proses waardeur verskillende kulture mekaar be"invloed (Kruger, 2004a: 127).

(27)

Moderne Afrikaanse kunstenaars, soos byvoorbeeld Laurika Rauch, Ralph Rabie (Johannes Kerkorrel) en Dozi, integreer soms musikale elemente van tradisionele inheemse musiek met hul eie musiek. Alex van Heerden (soos aangehaal deur Marlene Malan, 2008:7) maak egter die volgende tipering van Afrikaanse musiek:

Die klanke wat deesdae as Afrikaanse musiek opgedis word, is 'n derderangse na-apery van Amerikaanse rock[ ... ] Mense met 'n swak selfbeeld oor hul kultuur en hul agtergrond, wat skaam is oor wie hulle is, sing en komponeer dit.

Afrikaanse musiek is volgens Alex van Heerden "ver van die ritme-en-klank-mantra wat dit behoort uit te beeld".

In hoofstuk 2 is aangedui dat musiek 'n denkproses is wat in 'n bepaalde kulturele omgewing gegrond is. Kultuur sluit alle vorme van menslike aktiwiteit in waardeur die mens 'n bepaalde identiteit vir homself skep in interaksie met ander mense. Musiek is een van hierdie aktiwiteite waardeur persoonlike en sosiale identiteit gevorm en weerspieel word. Musiek is dus kultuur en word binne 'n bepaalde tyd-ewigheidsamehang geskep wat die aard en funksie daarvan be·invloed.

Afrikaner-identiteit is deur ingewikkelde prosesse gevorm waarin historiese gebeure en religieuse ideologie 'n belangrike rol gespeel het. Afrikaner-identiteit is meerduidig van aard en verteenwoordig verskillende vorme. Die meerduidigheid word duidelik deur die verskillende Afrikaanse musiekgenres weerspieel.

Hierdie studie wil voorts vasstel watter bepaalde Afrikaner-identiteit verteenwoordig word deur die musiek in die 1989-bundel, Ons

Volkspele-erfenis. Om die musiek van die Afrikaanse Volksang- en Volkspelebeweging

reg te verstaan is 'n kort bespreking van die geskiedenis en oogmerke van die beweging egter nodig.

(28)

4 DIE AFRIKAANSE VOLKSANG- EN VOLKSPELEBEWEGING

4.1 Die geskiedenis van die Afrikaanse Volksang- en Volkspelebeweging

4.1.1 1914-1941

In die voorwoord tot Casaleggio (1970:v) beskryf dr. S.H. Pellisier die ontstaan van die beweging soos volg:

Sewe-en-vyftig jaar gelede en wel in 1912 toe ek as student vir ses weke in die Europese somer - Junie en Julie - 'n vakansiekursus saam met omtrent vyfhonderd ander jongmense langs 'n meer in Suid-Swede bygewoon het, het die sang van die Swede my geweldig be"indruk. Elke aand het die vyfhonderd van ans aan volkspele deelgeneem en daarna die groat saal verlaat, om die groat Sweedse vlag gedrom en met liefde, lus en toewyding Sweedse volks- en vaderlandsliedere gesing.

Hy was oak be"indruk deur die feit dat die Swede by elke uitstappie voortdurend, sander 'n amptelike leier, gesing het. Hy skryf verder (Casaleggio, 1970:v):

Ek, armsalige produk op sanggebied van die ingevoerde Engelse onderwysstelsel in die verowerde twee gewese Republieke na die Anglo-Boereoorlog, het die Swede bewonder en beny en my voorgeneem om, wanneer ek terug is in my vaderland, my te beywer om volksang te bevorder onder die jeug van my volk.

Vanaf 1914 het hy horn besig gehou met die bekendstel van volkspele by die skole waar hy betrokke was (eers in Boshoff en later in Ficksburg). Dit het bestaan uit vier Sweedse spele ("Boemfaderella", "Nikko-die-kom-dei", "Ses wakker meisies in 'n kring" en "Die vaste band") wat hy vertaal en tydens 'n Sondagskoolpiekniek op 28 Maart 1914 op die plaas Vuisfontein in die Boshof-distrik die eerste keer aan die kinders geleer het. Hierdie spele het bekend gestaan as "Swedish Games" en is ge·integreer met ander piekniekspele, soos "Jolly Miller", "Ellie Rose" en "Daar kom die wa", wat algemeen gespeel is (AWB, 1989: 1 ).

(29)

Dit is eers toe hy 14 jaar later Direkteur van Onderwys in die Vrystaat geword het dat hy sy planne breedvoerig kon begin uitvoer. Hy het vanaf 1926 die speletjies veral aan die Bloemfonteinse Onderwyskollege bekendgestel. Saam met die bekende komponis Petrus Lemmer organiseer hy sangfeeste in alle skole en vanaf 1936 lenteskole2 vir die naskoolse jeug. Die eerste lenteskool word in Bethlehem aangebied.

Die eerste geleentheid waar volkspele formeel aangebied is as deel van die program van die lenteskool, was in 1937 by die lenteskool op Smithfield. In dieselfde jaar het die eerste openbare volkspelevertoning plaasgevind by 'n funksie van die Oranje-Vrouevereniging in die Koningspark, Bloemfontein.

Me. Kohler was die leier (Kohler, 1941). In 1939 word nog drie Sweedse danse deur mee. A.M. Kohler en M.E.J. Coetzee vertaal ("Meisies en seuns wat kom van die plaas", "Ons is musikante" en "Korn Saartjie laat ons gaan"). By die volgende volkspelekursus op Bloemfontein in 1940 was daar alreeds 17 spele beskikbaar wat in 'n bundeltjie te koop aangebied is. Hierdie danse het gaandeweg die gewone piekniekspele vervang. Me. Kohler het in 1941 hierdie spele saam met nog 16 ander in 'n bundel versamel wat deur die Reddingsdaadbond uitgegee is onder die titel Reddingsdaadbond se Volkspelehandleiding. Die musiekredaksie is deur mnr. S.H. Eyssen (AWB, 1989:2; Kohler, 1941) behartig. Op versoek van mense wat die lenteskole bygewoon het, is kursusse landwyd gehou waar volksang en volkspele tot sy reg kon kom (AWB, 1989:2).

Dit was egter ook noodsaaklik om die ondersteuning van die kerke te kry, omdat sekere Afrikaners, weens hul sterk Calvinistiese lewensopvatting, besware teen dans gehad het. Om hierdie rede is die term "spele" i.p.v.

"dans" gebruik (AWB, 1989:1-2). Gedurende 1940 het me. Judith Pellisier dus tydens die sitting van die Sinode van die NG Kerk in Bloemfontein, 'n volkspeledemonstrasie gereel wat deur ongeveer 500 volkspelers uitgevoer is

2

Hierdie skole het as doel gehad die opleiding van die naskoolse jeug in bv. die

kultuur, geskiedenis, landbou, godsdiens en maatskaplike onderwerpe. Dit is

aangebied volgens die voorbeeld van soortgelyke skole in Denemarke (Jooste,

1978:200).

(30)

andere vertoon. Die draai van die wiel van volkspelers is gesien as simbool van die onkeerbare voortstuwing van Afrikaner-nasionalisme. Die sinode was so be·indruk dat hulle hul voile steun aan die Volkspelebeweging toegese het (AWB, 1989: 1-2). Die goedkeuring van die sinode het daartoe bygedra dat Volkspele met vrymoedigheid deur belangstellendes beoefen kon word.

Na die baie suksesvolle lenteskool wat in 1940 in Bloemfontein aangebied is, rig dr. Pellisier 'n versoek tot die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings (FAK) dat volkspele onder Uniale bestuur geplaas word. In 1941 stig Vader Kestell die Reddingsdaadbond (ROB) met as oogmerk die opheffing van die Afrikaner op sosiaal-ekonomiese gebied. Die Uniale Raad vir Volksang en Volkspele kom in dieselfde jaar (1941) op aandrang van dr. Pellisier tot stand en staan onder die beskerming van die Reddingsdaadbond. Die eerste Uniale Komitee vir Volksang en Volkspele word dus in 1941 gestig en die eerste komiteevergadering vind op 1 Maart 1941 plaas. Al drie die Afrikaanse Gereformeerde susterskerke was verteenwoordig by hierdie vergadering en het steeds sitting op al die vergaderings van die beweging. Die Volkspelebeweging is beskou as 'n kragtige middel om die Afrikaner se volksbewussyn en volkstrots aan te wakker. 'n Spesiale fonds word vir die bevordering van volkspele in die lewe geroep en weens die uitgestrektheid van die land word ses provinsiale komitees ingestel. Laasgenoemde komitees se opdrag is die bevordering en uitbouing van volkspele regdeur die land (AWB, 1989:3).

Hierdie nasionale ontwaking wat weerspieel word deur die stigting van organisasies socs die ROB en die FAK was grotendeels die resultaat van die simboliese Ossewatrek van 1938 waardeur die Groot Trek van 1836-1838 herdenk is. Die simboliese Ossewatrek van 1938 het

die eintlike stimulus en oplewing aan die volkspele gegee, en dit het hand aan hand gegaan met die ontwaking van die Afrikaner se selfbewussyn en volkstrots (AWB, 1989:2).

(31)

4.1.2 1942-1962

Die Afrikaanse Volksang- en Volkspelebeweging het sedert die stigting daarvan 'n belangrike rol in die versameling van Afrikaanse volksliedjies gespeel en verskeie bekende Afrikaanse musici het 'n belangrike bydrae gelewer. Die voorblad van die bundel van Morrison (1942) dui aan dat al die musiek en lirieke van die liedere deur M.L. de Villiers, komponis van "Die Stem", verskaf is. Daar is dertig liedere in hierdie bundel vervat, waarvan 18 steeds opgeneem is in die 1989-bundel, Ons Vo/kspele-erfenis. Ander bekende Afrikaanse musici wat bydraes gelewer het, was Bosman de Kock, P.J. Lemmer, Danie Bosman en S.H. Eyssen.

Die 1945-bundel, Nuwe Spele, die tweede amptelike volkspelehandleiding van die ROB, dui aan dat die meeste volkswysies in die bundel deur Bosman de Kock getoonset is, terwyl ses volkswysies deur horn verwerk is. S.H. Eyssen het oak belangrike werk in die bundel gedoen. 'n Ander belangrike eienskap van hierdie 1945-bundel is die weglating van die sewe Sweedse spele. S.P. van der Walt, voorsitter van die Transvaalse Provinsiale komitee vir Volksang-en Volkspele in 1945, skryf in die voorwoord tot die bundel dat die redaksie "slegs een doel voor oe gehad [het] en dit is om 'n aantal spele te versamel wat uit die volk ontstaan het en wat hopelik deur die volk as volkspele aangeneem sal word". Hierdie bundel bevat dus net eg Suid-Afrikaanse spele.

Met die inwyding van die Voortrekkermonument op 16 Desember 1949 het 2000 volkspelers 'n demonstrasie as deel van die verrigtinge gelewer. Die Volksblad (soos aangehaal in Jooste, 1978: 141) berig soos volg daaroor: "Daar was 'n betowering by die Monument gisteraand. Dit was 'n spesiale soort betowering omdat dit nooit weer beleef sal word nie [ ... ]."

Op Donderdagaand, 3 April 1952 is daar oak 'n demonstrasie deur 3 000 volkspelers by die Van Riebeeckfeesvierings gelewer (De Ridder, 1955:v).

(32)

Oor hierdie geleentheid skryf die Pretoria News (socs aangehaal in Jooste, 1978:151):

The floodlit crags of Table Mountain formed a magnificent background last night as 3 000 dancers from all parts of the Union and Rhodesia took part in a mass display of volkspele [ ... ]. Fifty thousand people sat spellbound as the arena was transformed [ ... ]to an ever-changing pattern of bright colours and graceful movements in the greatest mass spectacle South Africa has ever seen[ ... ].

Albei die geleenthede is deur De Ridder beplan en gelei. Die reaksie op hierdie vertonings het die leiers van die Uniale Raad vir Volksang en Volkspele oortuig dat volkspele nou aanvaar is as deel van die Afrikaner se kultuur. Twee volkspeletoere vind gedurende die vyftigerjare (1953 en 1958) na die buiteland plaas. Dr. Pellisier het gevoel dat die Afrikaanse Volksang-en Volkspelebeweging 'n groot rol kon speel in die bekendstelling van die Afrikaner in die buiteland en dat bande met veral die stamlande behou moes word. Vir die 1953-toer na sewe stamlande stel me. Cecile de Ridder 'n spesiale bundeltjie van 15 spele, getiteld Volkspele uit sonnige Suid-Afrika,

hiervoor saam. Al die spele was outentiek Suid-Afrikaans (De Ridder,

1955:vi). Die lande wat besoek is, is Holland, Belgie, Wes-Duitsland,

Denemarke, Swede en Engeland. By Naas in Swede, waar dr. Pellisier in 1912 die eerste keer die Sweedse volksdanse en volksang beleef het, het hy 'n boom geplant. Daar is 'n bronsplaat langs die boom aangebring waarop in Afrikaans en Sweeds aangedui is dat die Volkspelebeweging in Suid-Afrika op hierdie plek ge"inspireer is (De Ridder, 1955:xv).

Gedurende 1955 word 'n vyfde volkspelehandleiding, Ons eie Volkspele, deur

De Ridder saamgestel. In die voorwoord gee dr. Pellisier weer die rede vir die weglating van die sewe Sweedse spele as die paging om slegs spele te gebruik wat "ons eie" is. Hy wys egter daarop dat die sewe Sweedse spele "ons gehelp [het] om ons eie volkspele gedissiplineerd en met grasieuse bewegings gespeel te kry" (De Ridder, 1955:v). Die gevoel was dat die Volkspelebeweging nou volwasse genoeg was om op sy eie voete te staan. Slegs Afrikaanse spele is dus opgeneem. Gedurende 1955 was daar reeds

(33)

Volkspelebeweging nou volwasse genoeg was om op sy eie voete te staan. Slegs Afrikaanse spele is dus opgeneem. Gedurende 1955 was daar reeds meer as 220 geaffilieerde laers met sowat 7 000 spelers in Suid-Afrika (De Ridder, 1955:xvi).

Gedurende die eeufeesvierings van Pretoria in November 1955 word nie net drie baie suksesvolle volkspeledemonstrasies, weereens onder leiding van De Ridder, op Loftus Versveldt gehou nie, maar tree sewe groepe volksdansers uit Holland, Belgie, Swede, Wes-Duitsland, Denemarke en Engeland oak as deel van die feesprogram op. Hulle toer na alle dele van die land en tree in verskillende sentra op (Virons Volkspelers, 1962:12).

Gedurende 1958 is daar oak 'n binnelandse volkspeletoer gereel en in 1959 toer 'n groep Oostenrykse studente met die finansiele steun van die Uniale Raad deur die land. Vir die Uniefees in Bloemfontein in 1960 is agt groepe

volksdansers uit Holland, Belgie, Engeland, Wes-Duitsland, Swede,

Oostenryk en Israel, weereens met die finansiele steun van die Uniale Raad,

laat kom om aan die feesprogram deel te neem. 'n Demonstrasie voor

ongeveer 50 000 toeskouers is deur 2 500 volkspelers gelewer (Vir ans

Volkspelers, 1962: 13).

Sedert 1951 was die Uniale Raad vir Volksang- en Volkspele nie meer onder

beskerming van die Reddingsdaadbond nie, maar funksioneer dit as 'n

selfstandige liggaam. Daar is beraam dat daar vanaf 1941 tot 1962 ongeveer 100 000 na-skoolse jeug vir ten minste 'n aantal jare aan 'n volkspelelaer behoort het (Virons Volkspelers, 1962:13-14).

4.1.3 1961-2008

As deel van die viering van die 21ste bestaansjaar van die Volksang- en Volkspelebeweging in 1961 is 'n bundel, Vir ans Volkspelers, met 84 spele in 1961 gepubliseer. In hierdie bundel het mnr. M. Casaleggio, as voorsitter van die samestellers van die bundel, 'n leeue-aandeel gehad. Hy voorsien hierdie bundel van trekklaviernotasie (Vir ons Volkspelers, 1961 :8), maar speel oak

(34)

reeds van die beginjare van die beweging af 'n belangrike rol as verwerker van volksliedjies, begeleier van volkspelebyeenkomste, oorsese toere en

volkspelekursusse, en sangleier by volkspelegeleenthede (Vir ans

Volkspelers, 1961 :5).

Na Republiekwording in 1961 staan die Uniale Raad bekend as die Nasionale Raad vir Volksang-en Volkspele. In 1978 besluit die Nasionale Raad om die Volkspelebeweging in terme van die Maatskappywet as 'n maatskappy sender winsoogmerke te registreer (Ons Volkspele-erfenis, 1978:4).

Daar is baie moeite gedoen om volkspele aan die jeug bekend te stel: Handleidings vir die stigting van juniorlaers aan laerskole word geskryf en die Pellisierweek vir die opleiding van volkspeleleiers uit Graad 10, 11 en 12 word jaarliks vanaf 1982 aangebied met die oog op die slyping van leierspotensiaal. Sedert 1985 word 'n soortgelyke kursusweek, die Judith Pellisierweek, ook vir laerskoolleerders in graad 6 en 7 aangebied. Die beweging gaan ook voort met die reel van toere oorsee en binnelands (Ons Volkspele-erfenis, 1978:5).

Die Afrikaanse Voksang- en Volkspelebeweging kwyn egter gedurende die sewentiger- en tagtigerjare ten spyte van alle pogings van die Nasionale Raad. Le Roux (soos aangehaal in Jooste, 1978:233) bepaal die ledetal in 1978 op 2 400 volwasse spelers (in 1960 was daar meer as 12 000 volwasse lede). Geen amptelike statistiek kon in 2008 van die Nasionale Raad verkry word nie, maar op die Transvaalse Komitee vir Volksang- en Volkspele se vergadering op 1 Maart 2008 is aangedui dat daar 26 laers geregistreer is in die gebied wat vroeer as Transvaal bekend gestaan het (dit wil se Limpopo,

Mpumalanga, Gauteng en Noordwes). Mnr. Willie Olivier, wat die kursus van die Katjiepieringvolkspelelaer te Klerksdorp op 7-8 Maart 2008 gelei het, het die getal geregistreerde volkspelers in die land op 2 000 gestel.

Jooste (1978:234) gee die volgende redes vir die agteruitgang:

Suid-Afrika bevind horn al hoe meer in vinnige kommunikasie en kontak met die res van die wereld. Die gevolg is dat vreemde

(35)

ideologiee baie vinniger tot die jeug kom. Die jeug gryp die teatrale van oorsee aan, die dinge wat vir die oomblik genot verskaf. "Popmusiek" en aksievolle danse imponeer horn, terwyl die volkspele horn verveel. Dit is die tydgees waarteen daar moeilik wal gegooi kan word.

Hy noem ook die verpligte militere diens van die jare 1970-1994 en die televisie as faktore wat die afname in getalle van volkspelers veroorsaak het.

4.2 Oogmerke van die Afrikaanse Volksang- en Volkspelebeweging

In die vestigingsjare van die Volkspelebeweging (1940-1950) was die bekendstelling en uitbouing van die beweging 'n belangrike doelwit. Hierdie eerste bekendstellings het veral vanaf die Vrystaat na dorpe regoor die land uitgekring. Die skoling en opheffing van die Afrikaner was egter van die begin af 'n ander belangrike doelwit. In die voorwoord tot Die Reddingsdaadbond se Volkspelehandleiding (Kohler, 1941) stel Pellisier dit soos volg:

In die Vrystaat is ons ideaal al baie jare: 'n singende, werkende volk. Hierdie singende, werkende volk wat ons graag wil opbou moet tog ontspanning he. Die jukskeispel en volkspele bied nou aan oud en jonk die nodige geleentheid vir hartlike en gesamentlike ontspanning.

Hy spreek ook die hoop uit dat die volkspelebeweging daarin sal slaag om strydende partye binne die Afrikanervolk te verenig.

In die voorwoord tot Nuwe Spele (1945) verwys De Ridder spesifiek na die oogmerk om ou volksliedjies te versamel en te choreografeer. Volkspele moet steeds uitgebou word. In Ons eie Volkspele (De Ridder, 1955:ix) verklaar De Ridder dat die Afrikaanse Volksang- en Volkspelebeweging in die doel geslaag het om iets uit te bou wat uniek "ons eie is, met 'n sterk eie karakter". Die oogmerk wat later duideliker na vore sal kom, is die idee om die Afrikaanse volkspele teen invloede van buite te beskerm:

Dit was geen maklike taak om ons spele uit die gedrang van na-apery, kunsmatigheid en "jazz" te hou nie. Die versoeking was dikwels groat om oorsese spele eenvoudig te vertaal of te verbloem [ ... ](De Ridder, 1955:x).

(36)

Volkspele moet suiwer bly en moet die karakter van die eenvoudige piekniekspele waaruit dit gegroei het, behou.

In die 1961-bundel Vir ans Volkspelers word die volkspele pertinent as erfgoed aangedui (1962:8). In die voorwoorde van die vorige bundels moes die volkspele nag as kultuurskat aanvaar word. Sedert 1962 is volkspele egter aanvaar en word dit gesien as"[ ... ] die band wat ans aan ans volk bind [ ... ]" en as "[ ... ] 'n spierwit lelieblom [ ... ] die verwesenliking van 'n wonderskone ideaal [ ... ]" (Vir ans Volkspelers, 1962:4,9).

Sleet (AWB, 1989), beskermheer van die Afrikaanse Volksang- en

Volkspelebeweging in 1989, verduidelik die oogmerke van die beweging soos volg:

[ ... ]die Afrikaanse Volksang- en Volkspelebeweging het deur die jare as grondslag gehad en hul beywer vir die beoefening, ontwikkeling en

standaardisering van die Afrikaanse volksang en volkspele

ooreenkomstig die sedes en tradisies van die Afrikanervolk, om daardeur 'n bydrae te !ewer tot die verryking van die Afrikaanse volkskultuur soos dit in sy verskillende vorme gestalte vind [ ... ]. Hierdie lofwaardige doelwit is deurgaans nag deur die organisasie nagestreef om, nieteenstaande die aanslag van internasionale en volksvreemde moderne musiek en dansritmes, die kultuurtradisie en -erfenis van die Afrikaner te bly uitbou en aan die opkomende jeug bekend te stel [ ... ].

Die doelwitte van die Afrikaanse Volksang- en Volkspelebeweging word in die grondwet van die beweging (AWB, 1995: 1) soos volg uiteengesit:

Die doelstellings van die A.V.V.B. is:

• die bestendigheid van die Christelike grondslag soos beliggaam in die Afrikaanse volksgeskiedenis.

• die beoefening, propagering, ontwikkeling en standaardisering van die volksang en volkspele van die Afrikanervolk op georganiseerde grondslag.

• die verryking, uitbouing en bewaring van die Afrikanervolk se kultuur. • die bedrywighede van die A.V.V.B. sal geheel en al daarop gemik

wees om sy vernaamste of enigste oogmerk te bevorder.

(37)

4.3 Opsomming

In die voorafgaande bespreking is vasgestel dat die Afrikaanse Volksang- en Volkspelebeweging reeds in 1914 sy beslag gekry het. In die beginjare was die materiaal waarmee gewerk is hoofsaaklik sewe Sweedse spele en die tradisionele piekniekspele wat uit tradisionele Afrikaanse en Engelse

piekniekspele bestaan het. Die Sweedse en Engelse spele het egter verdwyn en is met outentieke Afrikaanse volksliedjies vervang wat verwerk en gechoreografeer is en sedert 1945 landwyd, maar ook wereldwyd, bekendgestel is.

Die Afrikaanse Volksang- en Volkspelebeweging het die grootste groei na die historiese Ossewatrek van 1938 getoon en is toe gesien as een van die sterkste wapens in die opheffing van die Afrikaner uit moeilike sosio-ekonomiese omstandighede. Na 1955 het die beweging egter begin kwyn weens moeilike ekonomiese en politieke gebeure en die beweging beleef tans

'n laagtepunt.

Die beweging stel horn die bewaring en uitbouing van die Afrikaner se kultuurgoedere ten doel en identifiseer met bepaalde aspekte van die geskiedenis van die Afrikanervolk en die Christelik-nasionale

identiteitsideologie van die Afrikaner, soos uiteengesit in hoofstuk 3. Die

Afrikaner word deur die beweging gesien as-die nasaat van die Europese

immigrante wat gedurende die 17de en 18de eeu na Suid-Afrika gekom het

en doen moeite om bande met die Europese stamlande te behou (AWB,

1995:26).

In die hieropvolgende hoofstukke sal die musikale en nie-musikale simboliek

in die musiek en spele van die Afrikaanse Volksang- en Volkspelebeweging bestudeer word met die doel om vas te stel hoe dit by die identiteitskonsep soos uiteengesit in die bogenoemde paragraaf, aansluit.

(38)

5 MUSIKALE SIMBOLIEK

5.1 lnleiding

In hoofstuk 1 is aangetoon dat daar in hierdie studie uitgegaan word van die veronderstelling dat die mens die skepper is van sy omstandighede deur die interaksie met ander lede van sy samelewing. Deur ingewikkelde prosesse van vergelykings en keuses besluit die individu aan watter groep(e) hy sal behoort. Hierdie groepsidenteit word dan versterk deur die gebruik van verskillende simboliese meganismes soos taal, musiek en dans.

Die doel van hierdie hoofstuk is om die simboliek van die liedere en spele van die 1989-bundel, Ons Volkspele-erfenis (AWB, 1989), te analiseer. Daar sal aandag gegee word aan die volgende aspekte van musikale simboliek: dans, teks en musikale styl.

5.2 Dans

5.2.1 Dans: 'n definisie

Die HAT (2005:144) definieer dans as "'n reeks bewegings en passies op die maat van musiek uitgevoer. Die dans kan 'n uitdrukking van gevoelens wees". Plug et al. (1986:56) wys op die terapeutiese gebruik van dans om aan onbewuste konflikte uiting te gee. Die WAT (1974:11:36) gee die volgende uitgebreide definisie van dans:

Reeks ritmiese bewegings van die liggaam of van die ledemate, of van die liggaam en die ledemate, gewoonlik op die maat van musiek, handgeklap of ander ritmiese geluid, as uitdrukking van individuele of groepsemosie, as godsdienstige ritus, middel tot liggaamlike opvoeding, sosiale vermaak en oak as kunsvorm.

Daar volg dan 'n kart uiteensetting van verskillende dansvorme.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

dense wat daar in kurrlkulumvernuwing mag be staan, Met hierdie kennis as agtergrond kan die hoof vernuwingsmoontlikhede in sy skoal identifiseer, soos

0 tot 6 jaar •  Recidiverend ‘piepen op de borst’ (4 of meer keer in het afgelopen jaar), waarbij het niet uitmaakt of het samengaat met luchtweg- infecties en/of hoesten..

Based on the judgement "bad" or "good", with respect to the singular values of the "B-matrix", a numerically reliable algorithm is obtained from a collec-

Diagonaal frezen lijkt op basis van de metingen van de ammoniak- concentratie de beste methode om een sleufvloer op te ruwen. zonder de emissie

Op deze archieven zijn geen archiefwettelijke verplichtingen van toepassing, zoals het in een goede, geordende en toegankelijke staat brengen en houden van een archief, het

[r]

As a result, this research shows that the policy is not functioning in an effective way due to a too narrow top-down approach by the city council and the establishment of

Unlike firm age, the significantly negative coefficient (t statistic = -2.26) from Panel C indicates that firms with high growth opportunity perform worst, which