• No results found

In't spoor van Albert Schweitzer. [CD resensie]

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "In't spoor van Albert Schweitzer. [CD resensie]"

Copied!
2
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

124

IN’T SPOOR VAN ALBERT SCHWEITZER

(In the footsteps of Albert Schweitzer /

Sur les traces de Schweitzer)

J.S. Bach: Toccata, Adagio und Fuga in C, BWV 564; Partita diverse sopra il Corale ‘Sei gegrüsset, Jesu gütig’ , BWV 768; Ich ruf zu dir, Herr Jesu Christ, BWV 639; Jesus, meine Zuversicht, BWV 728; F. Mendelssohn-Bartholdy: Sonate VI in d, Opus 65 (Choral mit Variationen über ‘Vater unser im Himmelreich’, Fuga & Finale); C. Franck: Prière, Opus 20.

Gerrit Christiaan de Gier (orrel)

VDGRAM-RECORDS VDG 20140827 (CD 76:29) Nederlandse, Franse en Engelse kommentaar ingesluit Opname: St. Thomas-kerk, Strasbourg, Frankryk (2014)

A

lbert Schweitzer, in lewe orrelis en mediese dokter in donker Afrika, het elke jaar in die Straatsburgse St. Thomaskerk ’n uitvoering kom gee ten bate van sy werksaamhede in Gaboen. Hy het getrou geoefen op ’n pedaalklavier om sy jaarlikse uitvoerings te kon lewer. Die programme van hierdie konserte het hoofsaaklik uit Bach-orrelwerke bestaan.

Om Schweitzer se afsterwe 50 jaar gelede te herdenk, is ’n cd getiteld In’t spoor van Albert

Schweitzer deur die Nederlandse orrelis Gerrit Christiaan de Gier, orrelis van die Jacobikerk in

Utrecht, opgeneem. Die opnames is gedurende 2014 gedoen in die Straatsburgse St. Thomaskerk op die historiese Silbermann-orrel, sowel as op ’n kleinerige Dalstein & Haerpfer-orrel uit 1905 waarvan die disposisie deur Schweitzer voorgestel is.

De Gier het ’n program gekies waarin die majestueuse sowel as die meer delikate klanke van die Silbermann-orrel uit 1741 tot volle reg kom. Dit is van hierdie orrel wat Schweitzer gesê het: “Es ist eine Wonne, eine Fuge von Bach darauf zu spielen. Ich wüsste keine Orgel, auf der alles so klar und präzis herauskommt” (Dit is loutere plesier om ’n Bach-fuga hierop te speel. Ek weet van geen ander orrel waarop alles so helder en presies uitgevoer kan word nie. – vrye vertaling). Bach se Toccata, Adagio und Fuga in C, BWV 564 en die Partita diverse sopra il Corale ‘Sei

gegrüsset, Jesu gütig’, BWV 768 word op oortuigende wyse uitgevoer. De Gier se kennis van ou

uitvoeringspraktyke en sy praktiese ervaring, wat spruit uit die feit dat hy dikwels op historiese instrumente speel, word duidelik weerspieël in die beheersde en veerkragtige tempi, asook (myns insiens) perfekte registrasiekeuses. Twee kort miniature, naamlik Ich ruf zu dir, Herr Jesu Christ,

BWV 639 (uit die Orgel-Büchlein) en Jesus, meine Zuversicht, BWV 728 sluit die Bach-deel van die

program op ’n roerend-intieme wyse af.

Die tweede helfte van die program is opgeneem op die Dalstein & Haerpfer-orrel. Mendelssohn se Sonate VI in d, Opus 65 open op ’n ingetoë wyse met ’n harmonisasie van die kerklied ‘Vater unser im Himmelreich’, gevolg deur ’n stel variasies, ’n Fuga en ’n Finale. Die orrel is klein en uit ter aard lê dit beperkings op registrasiekeuses. De Gier se fynsinnige registrasies met ’n handjievol registers en die ryk akoestiek van die kerkgebou, verseker egter ’n musikale

(2)

125

ervaring van hoogstaande gehalte. Genoemde kwaliteite dra ook by tot ’n suksesvolle uitvoering van Franck se uitgebreide Prière (Gebed), ’n tegnies moeilike werk, oorwegend piano, met Andante

sostenuto as tempo-riglyn.

Die cd-boekie bevat insiggewende programnotas asook inligting oor die orrels en die kunstenaar – alles ondersteun deur prag-foto’s. ’n Toevoeging wat orreliste veral sal geniet, is die vermelding van registrasiekeuses vir elke orrelstuk Heel laaste word ook die persone vermeld wat by die tegniese versorging van hierdie uitreiking betrokke was. Gehalte was hier die wagwoord.

Gerrit Christiaan de Gier, wat alreeds ’n aantal CD-uitreikings op die kerfstok het, bevestig met hierdie produk weer eens dat hy ’n gerekende uitvoerende kunstenaar is: tegnies vernuftig en musikaal, met ’n besondere aanvoeling vir die dramatiese, uitbundige en ingetoë elemente in die musiek. Hierdie CD behoort vir almal wat dit hoor, aangename luistergenot verseker. (Vir verdere inligting: organist@jacobikerk.nl.)

G

rant Bräsler, een van Suid-Afrika se mees prominente orreliste, het vroeër vanjaar ’n langverwagte cd opgeneem op die historiese orrel van die St. George’s-katedraal. Die orrel, hoofsaaklik gebou deur William Hill, besit ook ouer pypwerk uit die vroeë 19de eeu, en daar is selfs komponente wat dateer uit ’n 17de eeuse Father Smith-orrel. ’n Pragtige program wat die moontlikhede van hierdie instrument belig, en Bräsler se talent as ervare musikus en instrumentalis onderstreep, word ten uitvoer gebring.

Die program word geopen met ’n interessante komposisie, naamlik die Grave – Animato uit Whitlock se Orrelsonate in C-mineur open die program. Whitlock, wat ’n deeglike musiekopleiding ondergaan het onder komponiste soos Stanford en Vaughan Williams, en naam gemaak het as kerk- en konsertorrelis, het uiteindelik in die kusoord Bournemouth tereg gekom as munisipale orrelis. Hier moes hy orreluitvoerings gee, optree saam met die munisipale orkes en dikwels keurspele van populêre dansmelodieë speel by die Bournemouth Pavillion. Al hierdie invloede is merkbaar in sy komposisies – die meeste daarvan kleinskaalse werke. Die Orrelsonate, saam met die Simfonie vir orrel en orkes, is sy enigste uitgebreide komposisies, en word beskou as

CAPE TOWN EXPERIENCE

Organ of St George’s Cathedral, Cape Town

P. Whitlock: Organ Sonata in C minor (Grave – Animato); H. Temmingh: Three Pieces for Organ (Intrada – Cantilena – Toccata); C. Franck: Choral No. 2 in B minor; E. Elgar: Organ Sonata in G major, Op. 28 (Allegro maestoso –

Allegretto – Andante espressivo – Presto).

Grant Bräsler (orrel)

WILLOWHAYNE RECORDS WHR034 (CD 63:57) Engelse kommentaar ingesluit

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

politici, die huiverig stonden ten opzichte van De conclusie kan word ingrijpen van de overheid in de maatschappelijke na 1945 optredende so ontwikkeling, en zonder verzet

De schermafbeelding die hierbij is opgenomen, toont hoe de drie bestanden in verschillende Win- dows kunnen worden geopend en hoe de verschillende functies bin- nen een window

Een vraag die CD&V'ster Sonja Becq vandaag in De Morgen opwierp: "Het is toch niet de bedoeling dat euthanasie straks een recht wordt?".. Becq herhaalde daarna

Dimanche 27 janvier 2008, vers 15h00’, la police et autres services de sécurité civile et militaire ont organisé, au domicile de Mme Aimée Kabila Mulengela, sis avenue de

Te storten op SPES rekening BE21 7350 1021 5603 met vermelding Schweitzer + Naam?. Inschrijven voor 6 december via

of mindere mate in afsonderlike skole aangebied om te verseker dat daar langs hierdie weg in die onderwys 'n beter benutting van die swaksiende se gesigsres

De heer Torfs is het ermee eens dat er meer bevoegdheden naar de regio’s moeten, maar als het Vlaamse discours betekent dat je heel radi- cale, gespierde machotaal moet verkopen,

Na een felle discussie wordt besloten dat men aan deze Duitse amb- tenaar (die in zijn hart veel meer voelt voor de traditionele Belgische machten, het franskiljo- nisme