• No results found

Dissipelskap: 'n uitdaging vir die Kerk van die een-en-twintigste eeu na aanleiding van die Markus-evangelie

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Dissipelskap: 'n uitdaging vir die Kerk van die een-en-twintigste eeu na aanleiding van die Markus-evangelie"

Copied!
130
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)1. INLEIDING Hierdie studie handel oor dissipelskap as uitdaging vir die kerk in die een-en-twintigste eeu met die Markus-evangelie as vertrekpunt. Dissipelskap is immers die hart van die evangelie van Jesus Christus. Dit is die kern van die kerugma van Jesus Christus, Apostel Paulus, die ander Apostels en die vroeë kerk. Dit omsluit die kerk se totale bestaan, identiteit en integriteit. Die karakter van die navolger van Jesus Christus word daardeur gekenmerk. Evans (2001:30) verklaar: “To be a true disciple, one must accept the fate of the Master; and the Master’s fate is inextricably bound up with his identity, purpose, and mission. True discipleship cannot emerge in isolation from true christology.”. 1. Terminologie. Die skrywer bied ‘n oorsig van die insigte van Hans Weder & Dennis Martin (1992:207-210) in die Anchor Bible Dictionary, van die begrippe: “dissipel” en “dissipelskap” in die Nuwe Testament.. 1. 1. “Dissipel” / “Dissipelskap” Hierdie begrippe word in die Nuwe Testament uitgedruk deur verskeie Griekse woorde, naamlik: mathētēs wat beteken: “discipleship” en akolouthein met die moontlike betekenisse van: “to walk behind, to follow”. Die werkwoord mathētēuō. beteken: “to make someone into a disciple” en. karakteriseer daarmee saam ook die kwaliteite van dissipelskap van Jesus Christus. In die Nuwe Testament word twee honderd een en sestig (261) keer verwys na die begrip “dissipel” en word hoofsaaklik aangetref in die vier evangelies en die boek Handelinge. Die woord: “akolouthein” wat beteken “om na te volg” kom neëntig (90) keer voor in die Nuwe Testament, waarvan dit nege-ensewentig (79) keer in die evangelies voorkom, terwyl die res van hierdie verwysing gevind word in Handelinge vier (4) keer, Openbaring ses (6) keer en in 1 Korinthiërs een (1) keer). Die begrip “dissipel” verwoord in al hierdie verwysings: ‘n noue verbintenis met Jesus Christus (a close association with Jesus himself). Freedman (2000:348-349) beskryf die lewe van ‘n dissipel: “…as a supreme devotion to Jesus through the acceptance of his lofty demands. Commitment to him (Jesus) must come before all other attachments.” (Luke 9:57-62; 14:25-33)..

(2) 2 Volgens Freedman is daar een dimensie aan dissipelskap wat somtyds uit die oog verloor of oor die hoof gesien word: dit is die belofte van vreugde, blydskap en “winste” vir diegene wat bereid is om hulle kruis op te neem om Jesus te volg (Lukas 14:12-14; 18:29-30).. 1. 2. Karaktertrekke van dissipelskap in die Nuwe Testament. Die begrip: “dissipel” fuksioneer nie sonder of los van enige karaktertrekke nie. Wanneer daar na hierdie begrip verwys word, word daar sondermeer ook heengewys op die verskeie karatertrekke wat daaraan gekoppel is. Die skrywer wil aan die hand van Weder (1992:208-209), verskillende karaktertrekke van dissipelskap in die Nuwe Testament uitlig, wat verder kan lig werp in hierdie studie op die betekenis van ware dissipelskap, veral in die lig van die gebrekkige dissipelskapvisie wat huidiglik in die kerk aanwesig is, maar ook vanweë die moraliteitskrsis in die Suid-Afrikaanse samelewing, wat die kerk ingrypend raak. Hierdie karaktertrekke sal die kerk help om weer na te dink oor die teologiese basis van hulle lewenstyl, en om dit sodoende in lyn te bring met “Jesus en die evangelie” (Markus 8:35). Verder kan dit die kerk dwing en oproep tot verantwoordelike Bybelinterpretasie met betrekking tot ware dissipelskap om sodoende met integriteit en geloofwaardigheid te kan leef in die wêreld. ‘n Oorsig van die dissipelskap-karaktertrekke wat in die Nuwe Testament gevind word, word soos volg aangegee, naamlik: ‘n Persoon kan slegs ‘n dissipel word indien Jesus so ‘n persoon roep om Hom na te volg (Mark. 1:17, Mark. 2:14). “Discipleship always comes into being as the result of the call of Jesus” (Weder 1992:209). Die inisiatief van hierdie roeping gaan dus uit van Jesus Christus. Naas hierdie goddelike roeping tot dissipelskap bestaan daar geen ander aanvaarbare rede of motief waardeur enige persoon aanspraak kan maak om ‘n dissipel van Jesus te word nie. Die grondslag en beweegrede tot dissipelskap word gevind uitsluitlik in Jesus se roeping tot navolging van ware dissipelskap. Die roeping van Jesus het tot gevolg dat die geroepene ‘n totale en radikale breuk moet maak met die verlede (Mark. 1:16-20; Mark. 2:14). Dit het weer die gevolg dat van die geroepene verwag word om familie-betrekkinge, beroepslewe, ontspanning, alle bronne van voorsienigheid moet verlaat om getrou te word aan die roeping tot navolging van Jesus Christus, met ander woorde: “renunciation of possessions, abandonment of all social ties” (Weder 1992:209)..

(3) 3 Volgens die Anchor Bible Dictionary (Weder 1992:208): “In view of the call of Jesus, the holiest duties of the past become objectless. The call of Jesus demands and makes possible the break with the past in as much as it gives the disciple a new future” (Luke 9:57-60). Dissipelskap beteken om verbind te word aan ‘n intieme lewenslange verhouding met Jesus Christus (Markus 3:14) wat ooreenkom met ‘n “leerling en leermeester” verhouding. In hierdie verhouding is dit nie Jesus se leringe/onderrig wat sentraal staan nie, maar Hyself, sodat volgens Weder, die dissipels “…had no student relationship but a life relationship to him” (1992:209). Hierdie verhouding is alles omvattend (to live from what Jesus distributes, to realize that to which he calls, to be a recipient dependent upon what Jesus embodied in his person). Dit sluit in dat die dissipel sal deel hê aan die onsekere lewe van Jesus (traveling preacher), maar ook om te deel in die lyding en sterwe van Jesus, hulle enigste leermeester. “The disciple is not there merely to learn from the teacher but to share his whole life with him without reservation” (Weder 1992:208). Dissipelskap word ook verbind aan sending, die kerugma van die Koninkryk van God (Mark.1:15, Mark.3:14ev.) ontvang van die outoriteit om duiwels uit te dryf en genesings te onderneem. Die dissipels vervang nie vir Jesus nie, maar ontvang van Jesus die mag en die outoriteit om sulke wondertekens te doen (Mark. 6:7). Jesus maak sy dissipels bekwaam en rus hulle toe vir hierdie roeping. Dissipelskap word verder onderskei van ‘n klomp ander groepperings of nakomelinge in die Nuwe Testament (Lukas 6:13-17, Mark. 2:15). Op talle plekke in die Nuwe Testament word verwys na Johannes die Doper wat ook ‘n groep dissipels vergader het (Mark. 2:18; Joh. 1:35evv, Joh. 4:1; Matt. 11:2evv). Hóé hulle geroep is en in watter verhouding hulle met Johannes gestaan het, is nie duidelik nie. Die begrip “dissipel” verwys alleenlik na die twaalf wat Jesus vir Homself uitgekies en geroep het. “The Twelve symbolize the claim of Jesus on all of Israel, his non-exclusive movement towards the whole nation. The Twelve were chosen by Jesus from out of the crowd. These Twelve are than also the ‘sent ones’ (apostoloi)”, volgens Weder (1999:209)..

(4) 4 ’n Verdere karaktertrek van dissipelskap in die Nuwe Testament word gevorm aan die hand van die begrip: “mimesis” wat beteken “om na te maak”, “Teachers and students are bound together by a certain teaching and practice of life, and the student is recognizable in his imitation of the teachings and life of the teacher” (Weder 1992:209).. 1. 3. Dissipelskap in die Markus-evangelie. In die lig van die voorafgaande paragraaf se verduideliking van die Bybelse- en teologiese verstaan van die begrippe: “dissipel” en “dissipelskap”, beweeg die skrywer nou nader na die Markus-evangelie, aangesien die Markus-evangelie geneem word as sleutelbron en vertrekpunt vir die studie oor ware dissipelskap. Markus se fokus op die dissipels en dissipelskap strek verder as net die mislukkings van die dissipels teenoor hulle dissipelskap. Die volgende stories en momente word in die Markusevangelie belig, naamlik: “Jesus approaches human beings in order to get them to approach others, Jesus ‘sees’ human beings; one become a disciple not through certain conditions of life but because of the unexpected call of Jesus, and not as a decision of the called” (Freeman 1992:209-210). Hierdie roeping ontwikkel hul eie voorwaardes en eise van navolging. Dissipelskap in die Markus-evangelie berus algeheel op Christologie, en staan volledig in diens van die Seun van die Mens. Hierdie diens vind gestalte in die navolging, uitleef en verkondiging van “Jesus en die evangelie” (Mark.8:35).. 2. Historiese oorsig rondom dissipelskap: (1960 - 1985). Segovia (1985:3-4), verwys na vier belangrike groot werke van geleerdes, oor die onderwerp van dissipelskap wat sedert 1960 die lig gesien het, naamlik:. 2. 1. Eduard Schweizer: Lordship and Discipleship (1960). Schweizer se benadering tot die onderwerp van dissipelskap kan omskryf word as Christologies van aard. Hy verwys ondermeer na die belydenisse van die vroeë kerk oor Jesus en veral na die Christologiese titels oor Jesus, die gebruik en toepassing daarvan deur Jesus. Hierdie titels bied die belydenis grondslag, wat nodig is om Jesus na te volg..

(5) 5 Schweizer laat die klem in sy werk sterk val op geïsoleerde gedeeltes, eenhede en verse in die Bybel, wat te make het met die belydenis omtrent Jesus en die spesifieke Christologiese titels. Meyers (in Brook & Ringe 2002:42) verklaar: “one cannot know who Jesus is until one shares his way with him.” Schweizer gee nie juis aandag aan ‘n spesifieke Skrifgedeelte of ‘n spesifieke skrywer, as onafhanklike outeur nie.. 2. 2. Anselm Schulz se monografie: Nachfolgen und Nachahmen (1962). Die titel bied ‘n aanduiding van die tipe benadering en struktuur wat deur Schulz gebruik word in die onderwerp van dissipelskap. In hierdie werk word uitvoerig besin oor die begrippe: “om na te volg” (to follow) en “om na te maak” (imitatio) en soortgelyke begrippe in die Joodse en Griekse literatuur sowel as in die Nuwe Testamentiese tekste. ‘n Gebrek aan die behandeling van die werke van ‘n spesifieke geskrif of outeur, word ook in Schulz se benadering tot die onderwerp van dissipelskap ondervind. Geen melding word ook gemaak van byvoorbeeld die behandeling van sekere tekste uit die Sinoptiese evangelies nie.. 2. 3. Hans Dieter Betz: Nachfolge und Nachahmung Jesu Christi in Neuen Testament (1967). Betz se werk word in drie hoof onder-afdelings ingedeel: a. Eerstens hanteer hy die konsep van: “navolging” van Jesus, in die verskillende Sinoptiese evangelies. b. Tweedens gee hy uitvoerrig aandag aan die konsep van “imitation” soos wat dit in die vroeë Mediteriaanse wêreld voorgekom het. c. Derdens gee hy aandag aan die konsep van “imitation” in die teologie van Paulus. Die hooffokus van Betz se werk is veral gefokus op die konsep: “imitation”.. 2. 4. Martin Hengel: Nachfolge und Charisma (1968). Hengel se werk is ‘n reaksie op al bogenoemde drie groot werke. Sy gevolgtrekking van hierdie werke is dat dit hoofsaaklik fokus op die historiese Jesus en sy eerste navolgers..

(6) 6 Hengel benader daardie ondersoek vanuit ‘n godsdienstigs-geskiedkundige perspektief, (“history-ofreligions perspective”). Die rol van die charasmatiese leiers en hulle navolgers in die vroeë wêreldgeskiedenis word benadruk. Bovermelde literatuur beklemtoon die uiteenlopende sienings en karaktertrekke in die verskillende geleerdes se denke met betrekking tot die ondersoek, benadering en bestudering van die begrip van dissipelskap. Dissipelskap word in ‘n omvattende sin verstaan. Die karakter daarvan word uitgedruk soos wat dit in die tradisies van die vroeëre Joodse- en Griekse gemeenskappe en in die Nuwe Testament bestaan en uitgeleef is. Die voormelde werke is dus rigtinggewend van aard, oor die manier hóé daar in vroeëre tydperke in die geskiedenis van die kerk besin en nagedink is oor dissipelskap. Die afleiding wat die skrywer uit bovermelde werke maak, is dat die konsep dissipelskap op verskillende wyses in die kerkgeskiedenis verstaan is.. 2. 5. Nuwe Testamentiese Simposium: 15-17 April 1982. Die skrywer van hierdie studie poog om na aanleiding van die werk van Segovia, Discipleship in the New Testament (1985), ook te wys op die verskillende definisies of betekenisse van dissipelskap wat tydens ‘n Nuwe Testamentiese Simposium aan die lig gekom het. Hierdie simposium is op 15-17 April 1982 gehou by die Teologiese Fakulteit van die Marquette Universiteit, onder die tema “Call and Discipleship – Towards a re-examination of the shape and character of christian existence in the New Testament”. Verskeie bekende Nuwe Testamentici het deelgeneem aan hierdie simposium en het in hulle afsonderlike voorleggings gefokus op dissipelskap in die Nuwe Testament. Die bydraes van die verskeie geleerdes (Kelber, Edwards, Talbert, Kurtz, Wild, Fiorenza, Johnson & Elliot), word op ‘n ander plek in hierdie studie verwoord. Die uitkoms van hierdie simposium het die gedagte onderstreep dat die konsep “dissipelskap” op ‘n pluralistiese en diverse maniere verstaan moet word. Sommige geleerdes het tydens hierdie simposium in hulle definisie van dissipelskap gefokus op die eksklusiewe en uitsluitlike gronde van ’n “leermeester” (Jesus) en “leerling” (dissipel) verhouding, waarin terme soos: “navolging”,” selfverloëning” en” kruisdra”, na die voorbeeld van Jesus, die deurslag bied aan so ‘n dissipelskap-verhouding..

(7) 7 In ‘n dissipelskap-verhouding word geloof in Jesus Christus, die enigste diepste grond en voorvereiste vir ware dissipelskap. Geleerdes soos Kelber (Segovia 1985:24-46: Apostolic Tradition and the Form of the Gospel), Edwards (Segovia 1985:47-61: Uncertain Faith: Matthew’s Portrait of the Disciples), Elliot (Segovia 1985: “Backward and Forward “In His Steps”: Following Jesus from Rome to Raymond and Beyond. The Tradition, Reduction, and Reception of 1.Peter 2:18-25.”) en Donahue (Segovia 1985: The Theology and Setting of Discipleship in the Gospel of Mark”), word aan hierdie definisie van dissipelskap verbind. Ander geleerdes het weer dissipelskap gedefinieer op grond van die praktiese uitlewing van die christelike verhouding met Jesus. In hierdie uitlewing word die identiteit, karakter en integriteit van die kerk en mens tot uitdrukking gebring en veral in die manier waarop Christene in die samelewing en in die wêreld van die dag lééf (style of life on the part of the believers). Die identiteit, karakter, integriteit, lewenswandel en diensbaarheid (betrokkenheid) van die kerk word begrond in die Skriftuurlike norme en waardes, soos gevind, in Jesus en die evangelie (Markus 8:35). Christene behoort dit te internaliseer ten einde uitdrukking te gee van hulle verhouding met Jesus op alle lewensterreine (onder andere, politiek, ekonomie, sosio-maatskaplik, kuns, wetenskap, ensovoorts). Hierdie veranderde en nuwe tipe lewenstyl van gelowiges word daarin onderskei dat dit gemoduleer moet word op die lewe en bediening van Jesus. Aan hierdie definisie van dissipelskap word geleerdes soos Kelber (Segovia 1985:24-46: Apostolic Tradition and the Form of the gospel), Segovia (Segovia 1985:76-102: “Peace I Leave with You; My Peace I Give to You”: Discipleship in the Fourth Gospel), Johnson (Segovia 1985 “Friendship with the World / Friendship with God: A Study of Discipleship in James”) en Talbert (Segovia 1985:62-75: Discipleship in Luke-Acts), verbind.. 2. 6. Gevolgtrekking Die verskillende definisies, (bovermeld) van dissipelskap kan nie los van mekaar bedink of verstaan word nie..

(8) 8 Die één is die logiese oorsaak (bekering, as gevolg van geloof in Jesus Christus) en die ander die logiese gevolg (vrugte van bekering, die nuwe nuwe lewenstyl van gelowiges in die wêreld), van die ander. Die skrywer wil egter vir die studie van dissipelskap poog om die volgende verstaan van dissipelskap te belig en te beredeneer vanuit die Markus-evangelie naamlik: 1. Dissipelskap gebaseer op grond van ‘n “leermeester-” (Jesus) en `n “leerling-” (dissipel) verhouding. In hierdie verhouding vorm aspekte soos navolging, selfverloëning en kruisdra die basis van funksionering. Die vertrekpunt en diepste grond waardeur sodanige verhouding tot stand kom en gebou sal word, is die geloof in die Here Jesus Christus. 2. Dissipelskap wat funksioneer as gevolg van die praktiese uitlewing van die Christelike geloofsverhouding in Jesus Christus. Met ander woorde, die identiteit, karakter en integriteit van die navolger van Jesus Christus wat tot uitdrukking kom in die maniere waarop Christene in die samelewing en in die wêreld van ons dag lewe. Dié karakter van die navolger van Jesus word gebou op Jesus Christus en die evangelie, bedoelende vanuit ‘n duidelike teologiese oortuiging wat uitloop in ‘n lewenswyse na die voorbeeld van Jesus Christus. Hierdie lewenstyl heet dissipelskap en moet geleef word op alle terreine van die menslike bestaan, byvoorbeeld kuns, politiek, ekonomie, wetenskap, die sosio-maatskaplike terrein, ensovoorts. Hierdie definisie van dissipelskap vorm die uitgangspunt van hierdie studie. Na die mening van die skrywer ervaar die kerk in Suid-Afrika tans ‘n integriteits- en karakterprobleem. Die rede vir die skrywer se siening word gevind deurdat die teologiese oortuigings wat sy oorsprong het in die belydenis oor Jesus Christus en die evangelie, in die alledaagse lewe omvorm is. Dit het gelei tot ‘n karakter-en integriteitslose lewenstyl deur sommige Christene. Die een-en-twintigste-eeuse kerk beleef tans ‘n vervlakking en goedkoop Christenskap wat die karakter van die kerk se Christenskap leeg en integriteitsloos laat. Die grootste uitdaging waarteen die kerk in die een-en-twintigsteeeu te staan gekom het, veral met betrekking tot die moraliteitskrisis in Suid-Afrika en die gebrekkige dissipelskapvisie, is om ‘n nuwe en geloofwaardige integriteit te ontwikkel. Die skrywer wil die Markus-evangelie as bron gebruik om eksegeties na te vors om te bepaal wat dissipelskap vir die kerk in die eerste eeu na Christus beteken het en watter betekenisvolle moontlikhede dit kan bied vir die kerk in die een-en-twintigste eeu- en hulle verstaan en definisie van die begrippe: “dissipel” en “dissipelskap”..

(9) 9. 3. Probleemstelling. Smit (2004:19-29) is van mening dat: “Morality keeps society from disintegration. Moral codes have evolved to keep society in harmony, in a state of peace and justice. Without morals there would be chaos and confusion. Morality helps people to be good citizens. Morality produces the virtues that a society or nation needs. Morality forms the basis, the social fabric, of any society.” Vervolgens het Zimbabwe se president, Robert Mugabe reeds in 1992 verskillende kerke toegespreek oor moraliteit. In sy toespraak het hy soos volg verklaar: “We have won our liberation but we are in danger of losing it because we don’t know to handle our freedom. What is missing is the will and the moral power to build a new society. The church should revisit its task of moulding our values, of teaching the difference between honesty and corruption and of creating a transformative fabric for society” (Smit 1994:19). Die moraliteitskrisis in Suid-Afrika gee ‘n aanduiding van die gebrekkige dissipelskapvisie wat daar vandag in die kerk aanwesig is. Dit op sigself vra van die kerk ‘n diepgrypende interpretasie van die Bybel met betrekking tot ware dissipelskap. Wanneer in hierdie studie oor die kerk gepraat word is dit belangrik om nie “kerk” as iets eenduidigs te sien nie. Ons moet tussen die verskillende gestaltes van die kerk onderskei. Koopman & Vosloo (2002:54-55), gee ‘n aanduiding van die bestaan van die verskillende gestaltes van die kerk, naamlik: 1.Die erediens, wat gebou is rondom die bediening van die Woord en sakramente. Sondag se liturgie staan nie los van die liturgie van Christene in die wêreld nie. 2.Die plaaslike gemeente kan die moraliteit van die plaaslike omgewing beïnvloed. Gemeentes het goeie infrastrukture, materiële- en menslike bronne. 3.Die denominasie waar die plaaslike gemeentes verteenwoordig word, met ander woorde die breër kerkverband (ringe, sinodes) van die verskillende denominasies is sterk ontwikkel. 4.Die samewerking van kerke binne die ekumene wat verseker dat kerke ‘n geloofwaardiger en meer verenigde bydrae tot morele oriëntasie in die samelewing lewer. 5.Christene wat by burgerlike inisiatiewe, aksies, bewegings en instansies betrokke is lewer groot en deurlopende bydrae tot openbare morele oriëntasie.

(10) 10 6.Individuele lidmate wat binne die verskillende lewensverbande waarin hulle staan die saak van morele oriëntering dien deur woord- en daadgetuienis. In hierdie studie word die kerk dus ook nie gereduseer tot net een toegespitse sektor in die SuidAfrikaanse samelewing, soos onder andere, die demokratiese staatsbestel, die ekonomie en die burgerlike samelewing nie. Die begrip kerk, vanweë die omvattenheid daarvan, word in hierdie studie telkens afgewissel met ander begrippe soos: Christene in die samelewing, gelowiges in die verskillende lewensverbande en die kerk, met verwysing na die verskillende gestaltes waarin dit staan en funksioneer. Dit help die leser om geen verwarring oor die begrip “kerk”, te mag hê nie. Volgens skrywer strook die huidige Suid-Afrikaanse samelewing nie met verantwoordelike Bybelinterpretasie nie. Verantwoordelike Bybelinterpretasie lei immers tot ‘n veranderde en verantwoordbare samelewing met verantwoordelike burgers wat morele waardes en norme najaag en uitleef, soos begrond vanuit "Christus en die evangelie” (Markus 8:35). Die huidige Suid-Afrikaanse samelewing is ‘n aanduiding van ‘n gebrekkige dissipelskapvisie wat opnuut weer ‘n appèl tot die kerk rig vir ‘n diepgaande interpretasie van die Bybel oor ware dissipelskap. ‘n Gebrek aan ‘n Skrifgefundeerde dissipelskapvisie het implikasies en konsekwensies vir die kerk se belydenis en lewenswandel in die wêreld. Christene oorbeklemtoon die evangelie as Woord ten koste van byvoorbeeld die daad en op hierdie wyse word die evangelie, deur menslike toedoen, vir ons tyd ‘n meer komplekse probleem. Die kerk moet met begrip en liefde die boodskap van ware dissipelskap uitwys en uitleef. Die kern van die boodskap van ware dissipelskap, setel in Jesus en die evangelie. Hierdie boodskap behoort die kerk se hele bestaan en al sy aktiwiteite te vul. Die evangelie moet nie skeefgetrek of afgewater word in die soeke en die aanvaarding van menslike guns of goedkeuring nie. Baie Christene voel bedreig deur die pluraliteit van godsdienste wat ook daarop aanspraak maak dat hulle waar is, maar die uniekheid van ons eie christelike geloof moet sterk en duidelik na vore gebring word. Die kerk moet in Suid-Afrika vandag steeds as ‘n profetiese kerk sy roeping onverskrokke en onomwonde uitleef ongeag die implikasies en konsekwensies wat dit mag vra. Onbewus daarvan het die kerk in Suid-Afrika begin funksioneer soos die kerk in die vierde eeu in die Konstantynse era waar die christelike godsdiens en die staat integraal en onlosmaaklik deel van mekaar geword het, waar geen skeiding tussen staat en kerk moontlik was nie..

(11) 11 Die kerk het die status quo aanvaar en daarmee saamgeleef. Natuurlik het dit korttermyn voordele vir beide die kerk en staat ingehou, maar die integriteit en profetiese roeping van die kerk het in die slag gebly en daarom verlore geraak. Die integriteitloosheid van die een-en-twintigste-eeuse kerk word ervaar in die kerk se onaanvaarbare magteloosheid en onvermoë om standpunt in te neem “vir Christus en die evangelie” (Markus 8:35). Dit gebeur veral in godsdienstige, morele, politieke en sosio-ekonomiese sake wat die kerk diep en ingrypend raak. Sake soos korrupsie, dobbelary, verbrokkeling van die huwelik- en gesinstrukture, materialisme, ekonomiese ongeregtigheid, globalisering, perverse homoseksuele lewensstyl, wettiging en sluiting van “gay”- huwelikke, aborsie, pornografie en die misbruik van die Naam van die Here in moderne flieks en televisieprente is maar enkele voorbeelde van gesigte van die moraliteitskrisis wat die kerk raak. Die kerk het nie alleen ‘n dooie punt bereik ten opsigte van die groot sekulêre ideologieë nie maar ook ten opsigte van die sosiale en politieke boodskappe van die Christendom self. Vir baie eeue is die kerk se boodskap besmet en ontkrag deur met korrupte politieke magte saam te werk. Toe die Engelsman John Hawkins in 1652 die slawehandel begin het, het hy die skip waarmee slawe vanaf Afrika vervoer is Jesus genoem! Dit is één voorbeeld van hoe die naam van Jesus Christus in die verlede misbruik is. Maar vandag nog bestaan daar genoegsame rede om te twyfel of die Christendom nog ‘n betroubare boodskap vir die openbare lewe kan hê. Die skrywer is van mening dat ten spyte van die kerk se foute en stilswye in die verlede, die kerk ‘n evangelieboodskap het wat kragtig is in sigself. Dit behoort prakties uitgeleef te word in die verskillende sfere van menslike bestaan. Voorbeelde van morele verval, soos in die paragraaf hierbo vermeld, is ‘n aanduiding dat die kerk sy teologiese oortuiging begin verloor het. Die teologiese oortuigings word immers bepaal vanuit Jesus Christus en die evangelie. Hierdie teologiese oortuigings verskaf die grondslag om ‘n Christelike lewenstyl te bou en te handhaaf wat daarmee ooreenkom. Hierdie Christelike lewenstyl heet dissipelskap..

(12) 12 In die Suid-Afrikaanse samelewing blyk dit dat sommige Christene hul verwagte dissipelskaplewenstyl opgegee het. Die opgee van die verwagte dissipelskap-lewensstyl het gevolglik gelei het tot ‘n teenoorgestelde tipe lewenstyl wat meegehelp het aan die moraliteitskrisis wat tans in Suid-Afrika ervaar word. Niebuhr (1941:89-90) skryf “...we are unable to see the effects of who we are and what we are on the lives and the future of others, therefore we must act responsible in the present in order to make the future better and more humane.” Die grootste uitdaging van die kerk is juis om hierdie moraliteitskrisis aan te spreek deur te wys op die teologiese oortuigings wat verkry word vanuit die dissipelskap-verhouding met Jesus Christus en die waardes van die evangelie. Hierdie verhouding vereis integriteit en karakter van die gelowiges in die wêreld. Die skrywer wil die kerk se aandag daarop fokus dat die moraliteitskrisis in wese ‘n groot uitdaging is om die hoof te bied. Om die geweldige omvang van die moraliteitskrisis in Suid-Afrikaanse samelewing te onderstreep en die ingrpyende implikasies wat dit tot gevolg het vir die kerk, wys die skrywer in die volgende afdelings na enkele belangrike verwysings van individue en instansies wat melding maak van die morele krisis. Voorbeelde is: President Thabo Mbeki, in sy staatsrede op 8 Februarie 2002; Mark Chapman, se artikel oor pluralisme en morele herstel in Julie 2004 sowel as die verklaring van die Suid-Afrikaanse Leierskap Beraad (SACLA) te Pretoria op 7-11 Julie 2003.. 3. 1. Moral Regeneration Movement, 16 April 2002. President Thabo Mbeki, het op 8 Februarie 2002, in sy Staatsrede (State of the nation addresss) soos volg na die “Moral Regeneration” verwys:.

(13) 13 inculcating in us and youth that service to the people, selfless commitment to the common good, is more valuable than selfish pursuit of material rewards. Productive investment is more valuable than aimless gambling in markets for derivatives. Payment for honest work is more fulfilling and sustainable than theft. Children and women are there to be respected, not to become targets of abuse. (http://www.gov.za/issues/mrm/index.html).. Die president verwys na ‘n belangrike, maar tog kontroversiële sentiment in hierdie toespraak, naamlik, die van: “common good”. Dit blyk vir die skrywer dat hierdie sentiment van die president, oorweeg moet word in samehang met die konkrete werklikheid van die ekonomiese en demografiese verskille in Suid-Afrika. Verder behoort daar ook eers ‘n magbalans gevind te word tussen die diverse en pluralistiese waardes van die verskillende groeperings in die samelewing en die verdraagsaamheid (in hierdie plurale samelewing) om die president se sentiment vir ‘n nuwe Suid-Afrikaanse identiteit te verstaan. Die vraag wat volgens Chapman (2004:6-7) ook nog beantwoord moet word is: “...share many (the) core of “common good” (values)?” ‘n Paar maande na President Mbeki se staatsrede op 8 Februarie 2002, het die Adjunk-President, Jacob Zuma, in soortgelyke terme gepraat (oor moraliteit), in die voorbereiding vir die totstandkoming van die Moral Regeneration Movement. In sy toespraak verwys hy na sekere belangrike Afrika-begrippe soos “ubuntu” en “botho”, naamlik: Our people have high moral values which are evident in all our cultures. We must transform the antisocial acts that threaten our country. The MRM recognises and endorses this concern, and is a framework to encourage, facilitate, sensitise and network the response in every sector of our society. It envisages a.confident community with a strong moral fibre. Its mission is to revive the spirit of ubuntu / botho, using all.the resources available in government and civil society (http://www.gov.za/issues/mrm/index.html.). Tydens die loodsing van die Moral Regeneration Movement van die regering by die Waterkloof Lugmagbasis op 16 April 2002, het een van die sprekers die Suid-Afrikaanse samelewing soos volg beskryf:.

(14) 14 It has the ring of a prophet of ancient Israel, especially Amos. Murder! Robbery and theft! Rape! Women and.child abuse! Domestic violence! Drug trafficking! Fraud! Embezzlement of public funds! Crooked business.dealings! Racism! Muggings! Hijacks! Gangsters! Abusing .the Bill of Rights! Laziness! Collapse of the.family! Land hunger! Lack of will to resist evil! The growing gulfs between haves and have nots! Slow.delivery! Perverted religion! Backbiting!.Greed! Selfishness! Moral collapse! Corruption from police to.parliament! (Koopman 2004:21-22).. 3. 2. Mark Chapman: Pluralism and moral regeneration, Julie 2004. Chapman (2004:4-14), Visie-Prinsipaal van die Ripon Kollege Cuddesdon in Oxford, Engeland verwys in ‘n artikel: Pluralism and moral regeneration, na die eerste indrukke wat ‘n buitelander / besoeker op die Suid-Afrikaanse samelewing het, wanneer so iemand die land besoek. Hy beskryf daardie indrukke soos volg: The outsider visiting South Africa is immediately struck by the extraordinary levels of security, where even relatively modest properties are protected by razor wire, ferocious dogs, and signs warning of armed response units. Although there is some debate over the actual (as against perceived) levels of crime, it is clear from figures like the murder rate, that the society is, at least in some places, extremely violent. (Chapman 2004:4-14). Die huidige moord / misdaad statistieke word bereken op drie en dertig (33) per honderdduisend (100 000) in Suid-Afrika, in vergelyking met 5.6 in Amerika. In Suid-Afrika het die misdaad statistieke ‘n al groter wordende politieke kontroversie geword. Vir meer detail kan die volgende webtuiste raadpleeg word: http://www.saps.org.za/ en http://www.fbi.gov/ucr). “Other statistics, including the rate of HIV/AIDS infection which affects up to one quarter of the total population, as well as the high numbers of reported rapes and incidents of domestic violence, also seem to indicate the breakdown of traditional family ties, which have historically formed the backbone of communities.” Die getal verkragtings staan in Suid-Afrika tans op 83.5 per honderdduisend (100 000) in vergelyking met 31.8 in Amerika. “Alongside this, there are other signs of social alienation, including high levels of gambling, as well as alcohol and drug abuse.”.

(15) 15 Die amptelike data van 2001 wys dat 24,8% van die Suid-Afrikaanse bevolking met HIV geinfekteer is, terwyl KwaZulu-Natal die hoogste infeksies het van 33,5%. In totaal is daar nagenoeg 4.74 miljoen Suid-Afrikaners wat ly onder HIV/AIDS. Die inligting is opgeteken op die volgende webtuiste: http://www.avert.org/safricastats.htm. Ook verwys die skrywer na die statistieke in die boek van Charlene Smith (2001). Hierdie indrukke sê Chapman is ‘n duidelike teken van: “…a apparent breakdown of morality” (2004:6). Die wesenlike oorsake aan die enorme sosiale probleme en die “a apparent breakdown of morality” (2004:6), is volgens Chapman geleë in die massiewe inkomste verskille tussen die verskillende bevolkingsgroepe in Suid-Afrika. In 1994 het Swartmense sowat 75,3% van die hele SuidAfrikaanse bevolking uitgemaak, maar hulle inkomste het bestaan uit sowat 39% van die nasionale inkomste. In hierdie geval verwys die skrywer na Andrew Whiteford (1994 table 5.1). Chapman reken dat die groot probleem wat die kerk en Christene in Suid-Afrika tans in die gesig staar is die vraag: “how to recreate the close commitment exemplified by the notion of discipleship in the New Testament world, but at the same time to maintain the freedom of others to express themselves differently, provided that their differences does not threaten the freedom of the community…” Met ander woorde, hoe gaan die Suid-Afrikaanse samelewing moreel herstel en gebalanseer word met pluralisme. Chapman (2004:14) kom tot die gevolgtrekking, dat die kerk en Christene, allereers wéér moet begin leef volgens die waardes van dissipelskap soos begrond in Jesus en die evangelie…eerstens in die geloofsgemeenskap. Verder word van Christene verwag om ‘n verbintenis met Christus aan te gaan om Hom getrou en gehoorsaam na te volg; en om diensbaar te raak in die transformasie prosesse van die moreel vervalle Suid-Afrikaanse samelewing. Chapman verklaar verder: “the church are answerable to God alone, any use of the churches for the implemantation of externally imposed policy goals needs always to be subject to constant vigilance about the church’s own identity which is rooted in discipleship” (2004:13)..

(16) 16. 3. 3. SACLA ( South African Leadership Assembly), 7-11 Julie 2003, Pretoria. Gedurende 7-11 Julie 2003 het byna 4000 kerkleiers en afgevaardiges, verteenwoordigers uit die hele spektrum van kerkwees en die verskillende sfere van die samelewing, in Pretoria byeengekom in een konferensie, genaamd SACLA (South African Church Leadership Assembly) om die Here se lig en leiding te soek by die groot uitdagings voor die deur van die kerk. In die lig van vier oorhoofse dagtemas: “bekering”, “ons hoop in Christus”, “ons steek grense na mekaar oor en word versoen” en “ons is die lig en sout vir die wêreld”, het twaalf fokusgroepe (kerkleiers, jong volwassenes en studente, jeugleiers, politiek en regering, reg, geregtigheid en vrede, burgerlike samelewing, wetenskap, tegnologie en omgewing, besigheid, arbeid en landbou, media, kuns en vermaak, ensovoorts) geworstel tydens hierdie konferensie met die sewe groot reuse as uitdagings aan die kerk in die Suid-Afrikaanse samelewing. Dié sewe groot reuse heet HIV/VIGS, geweld, misdaad, rassisme, armoede en werkloosheid, seksisme en die krisis en verbrokkeling van die huwelik-en gesinstrukture. Volgens die verslag van dr. Johan Botha, sekretaris van die Algemene Kommissie vir Getuienisaksie Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika en Nederduits Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika, aan die Sinodale Kommissie in sitting te Cradock, 14-17 Augustus 2003, het die verteenwoordigers aan die einde van die konferensie verklaar dat hierdie groot reuse nie onoorkombaar is nie en dat daardie ontmoeting gehelp het om saam te fokus op die kerk se getuienis en diens in die wêreld. Die uitdaging is aan die kerk gestel om hierdie reuse aan te pak en te oorwin. Uit bogenoemde verwysings kan met erns afgelei word dat die kerk vandag ‘n nuwe integriteit en geloofwaardigheid benodig, aangesien die morele krisis in die Suid-Afrikaanse samelewing die kerk se integriteit, karakter en deugdelikheid bevraagteken. Hierdie nuwe integriteit moet sy oorsprong vind in ‘n hernieude ontdekking van die kerk se teologiese oortuigings soos begrond in Jesus Christus en die evangelie, wat verder gedra word deur ‘n nuwe lewenstyl, genaamd dissipelskap.Hierdie visie van dissipelskap word hier beskryf soos dit in die Markus-evangelie gevind word..

(17) 17. 4. Waarom is die integriteitsloosheid van die kerk ‘n probleem? Op outobiografiese vlak is die skrywer ‘n predikant (vir die afgelope twaalf jaar) in ‘n voltydse gemeentelike bedieningsopset en beweeg en werk dus elke dag met Christene in verskillende samelewingsverbande. Deur waarneming en deur direkte en aktiewe pastoraat by lidmate is die skrywer se gevolgtrekking dat daar ‘n te gemaklike aanpassing is by die postmodernistiese lewensgevoel van die een-en-twintigste eeu. Daar bestaan ‘n ernstige probleem met Christene wat wil ontkom aan alle vorme van die Christendom en in die proses deur middel van belydenis en lewe die boodskap van Jesus Christus, die Messias, in die openbaar kragteloos te maak.. 4.. 1. Kontekstuele studies. Bovermelde waarheid word onderskryf deur kerklike artikels en publikasies van die afgelope paar jaar. In die soeke na ‘n gesamentlike bediening in die Nederduits Gereformeerde Kerk familie te Vredendal: Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika (VGK-Vredendal), Nederduits Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika (NGK Vredendal-Wes, NGK-Vredendal Moeder-gemeente), het daar ook skokkende ontdekkings gekom in die situasie-analises (kontekstuele studies) en die Christen se integriteit as sodanig. Hierdie kontekstuele studies is deur die vermelde drie gemeentes sedert 2001-2004 onderneem. ‘n Konteksgroep wat bestaan uit gewillige lidmate is gevorm (in beide NG-Kerke in Vredendal) wat gedurende die tydperk verskillende instansies en rolspelers in die gemeenskap genader het met een enkele vraag: “Watter nood is julle van bewus in julle werkkring?” Dit het deel gevorm van ‘n visie-bou proses in die twee gemeentes onder leiding van twee uiters bekwame konsultante, naamlik in die NGK-Vredendal (Moedergemeente), dr. Frederick Marais en in die NGK Vredendal-Wes, dr. Michiel van der Merwe. Albei konsultante is verbonde aan BUVTON. (Buro vir voortgesette teologiese opleiding en navorsing). Buvton is ‘n instelling van die Universiteit Stellenbosch wat in vennootskap met die kerk spesialisdienste lewer aan predikante en gemeentes. Dit beywer homself tot ‘n diensruimte waar predikante en gemeentes mekaar inspireer en begelei om ons roeping in diens van die Drie-Enige God nuut te ontdek en uit te leef..

(18) 18 Die uitslag van die kontekstuele navorsing was skrikwekkend, maar daar was verder die gevoel dat dit eintlik net die punt van die ysberg was, aangesien die nood baie groter was as wat dit gelyk het. Binne die VGK-Vredendal is daar in dieselfde tydperk ‘n teologiese strategiese beplanningsfase sowel as ‘n vyfjaarlikse visie-bou proses onderneem deur drie konsultante, te wete dr. Johan Botha (sekretaris van die algemene kommissie vir getuienisaksie in die NGK-familie), di. George Cloete (huidiglik, predikant van die VGK-Saron, in die Wes-Kaapland Streeksinode) en Chris Spies, verbonde aan die Instituut vir heling van herinneringe (IHOM) wat versoeningsprosesse help ondersteun en uit te bou in vennootskap met Buvton. ‘n Samevatting van al drie gemeentes se navorsing ten opsigte van interne sowel as eksterne skandering van die samelewing en die gemeentes word verder af in die studie weergegee. Volgens die skrywer bied dit grootliks ‘n aanduiding en bevestiging dat die impak en invloed van die morele krisis in die breë Suid-Afrikaanse samelewing ook die kerk ingrypend raak. Andersyds onderstreep dit die gedagte van ‘n gebrekkige dissipelskapvisie, aangesien daar by die teologiese oortuigings van die kerk, wat gebou is vanuit die kerk se geloofsverhouding met Jesus Christus en die evangelie, ‘n verslapping ingetree het. Die teologiese oortuigings behoort immers gedra te word deur ‘n bepaalde lewenstyl wat dissipelskap heet, en tog beleef die skrywer dat daar ‘n teenoorgestelde lewenswyse vanuit die kontekstuele studies van die drie gemeentes na vore getree het. Hierdie integriteitloosheid vorm die grondslag van die talle tendense wat deformasie van die grondbeginsels van die evangelie, en verskuiwings, vervlakking en die afwatering van ware dissipelskap in die kerk in die hand werk. Bewyse word verkry uit die enkele aanwysings vanuit hierdie kontekstuele studies, naamlik: 1. Maatskaplike en sosio-ekonomiese probleme. Die volgende probleme kom voor in hierdie kontekstuele studies: mense volg verkeerde en vernietigende. waardesisteme. na,. ineenstorting van huweliks- en gesinstrukture, drank-en. dwelmmisbruik en aanverwante probleme, armoede, hongersnood, ondervoeding en kinders met sosiale probleme..

(19) 19 Wat verder duidelik na vore kom, is werkloosheid, die gebrek aan leiersfigure in die gemeenskap, `n hoë. persentasie. weeskinders,. toename. in. kinderverwaarlosing. en. gedragsprobleme. wat. kommerwekkende afmetings aanneem. Materiële afgunstigheid en `n onbekostigbare hoë lewensstandaard deur sommige inwoners op Vredendal eindig in finansiële nood, huweliksonmin, ontrouheid en gebroke huwelike. 2. Lae moraal van openbare amptenare. ‘n Algemene lae moraal ten opsigte van werksbevrediging en werksdruk word ervaar onder die dorp se polisie, verkeerspolisie en ambulanspersoneel wat lei tot selfmoord as gevolg van ‘n tekort aan morele ondersteuning, aanvaarding en erkenning. Die gemeenskap se betrokkenheid is uiters pateties en weerspieël ‘n nie-omgee kultuur in die dorp. Die lae moraal van openbare amptenare lei tot lae kerklike inskakeling, kerkloosheid, kerkvervreemding en verskeie geloofsworstelinge. Die gebrek aan kerklike betrokkenheid kom ook voor onder heelwat boere, onderwysers, sakelui en besigheidslui. 3. Kinders, jongmense en kerk. Omtrent 5% van die kinders in die groter Vredendal-omgewing, vanaf 4 tot 10 jaar was nog nooit in die kerk nie. Omtrent 1% van dié kinders se ouers hou nog huisgodsdiens. Die aand eredienste word afgestel vanweë gebrekkige belangstelling. Gekombineerde eredienste, bidure en aanddienste word gehou om belangstelling te wek. Daar is `n afname in getalle van kerkbywoning. Opnames toon dat gedurende die Paasnaweek, wat die hart van die christelike geloofservaring behoort te wees, baie kerke in Vredendal op enkele uitsonderings na dolleeg is, aangesien lidmate vakansie hou. Lidmate raak vervreemd of verlore vir die kerk vanweë hulle onvergenoegsaamheid en ongelukkigheid met die transformasieprosesse in die kerk. Kinders is ledig en beoefen geen stokperdjies nie. Hulle kuier naweke by plaaslike nagklubs en smokkelhuise waar drankmisbruik voorkom. Kinders, en jongmense so jonk as agt jaar is reeds seksueel aktief. Tiener-swangerskappe is iets alledaags in Vredendal. Kinders, en jongmense is betrokke by bende- bedrywighede wat lei tot gewelddadige groepsdruk. Gebrek aan ouer-ondersteuning word ervaar by kinders en jongmense se akademiese vordering. Wedersydse agting en respek vir hulself, ander se eiendom en die van hulleself ontbreek. Kinders en jongmense het ‘n gebrekkige selfdissipline, beperkte toekomsvisie en is moeilik selfwerksaam..

(20) 20 Leerders het ‘n lae selfbeeld en moraal. Sommige leerders het `n gebrek aan fisiese en higiëniese versorging en beleef moeilike huislike omstandighede as gevolg van egskeiding, finansiële gebreke, middel-afhanklike ouers en kerkloosheid van beide ouers en kinders. 4. Sakekamer en Besighede in Vredendal. Geestelike armoede is aanwesig by besighede in Vredendal. Daar bestaan geen arbeids- of nywerheidsbediening in Vredendal nie. Kindertoelaes word spandeer op alles behalwe die kinders se versorging. Kleiner kontantwinkels wat goedere op skuld voorsien, ondervind al hoe meer probleme om die skuld vereffen te kry. Wanbesteding by meubelwinkels as gevolg van ‘n gebrekkige beplanning kom voor. Banke is ook onder groot druk as gevolg van die enorme skuldlas van die gemeenskap. Meer korrupsie en misdaad kom voor. 5. Predikante en Sielkundiges se groot werkslading. Sielkundiges se werklading in Vredendal is soos volg: 55% depressie, 20% angs en paniek, 15% middelafhanklikheid en 10% huweliksprobleme. Predikante se werkslading vergroot as gevolg van gesinsverbrokkeling, huweliksprobleme, ekonomiese krisisse, konflik- en kommunikasie probleme, depressie en ander siektetoestande. 6. Nood in die algemeen. Die gemeenskap in Vredendal word diep en sterk onderskei op grond van die verskille tussen ryk en arm. Volgens die demografiese statistiek is 75% van die besteebare inkomste in die gebied in 30% van die inwoners se hande. Die afleiding wat gemaak kan word, is dat die ander 25% besteebare inkomste dus in die hande van die ander 70% inwoners is, maar dat daar heel waarskynlik ook onder daardie 70% inwoners, wisselende vlakke van inkomste voorkom. Die meeste inwoners leef dus op die broodlyn. Daar is net geld vir die mees basiese behoeftes, naamlik goedkoop kos en klere. Daar is en kan geen sprake wees van nog geld vir die aankoop van voertuie, uitneem van lewenspolisse, vakansies en ‘n ekstra paar skoene of ‘n tweede hemp of rok nie. Dit gaan in die gemeenskap dus om oorlewing..

(21) 21 Die uitstaande kenmerke van hierdie kontekstuele studies is die morele verval, gebrek aan eenheid, gebrek aan samewerking en vertroue, onwilligheid en onbetrokkenheid, onverskilligheid teenoor en onder mekaar, individualisme, sekularisme, gebrek aan egte koinonia, gebrek aan voldoende en genoegsame spiritualiteit, goeie kommunikasie en inligtingsnetwerke. Met ander woorde, ‘n gebrek aan integriteit en deugdelikheid, en ‘n duidelike bewys van die invloed en simptome van die postmodernisme in die kerk en gemeenskap van Vredendal. Die skrywer gaan elders in hierdie studie meer uitgebreid skryf rondom die begrip postmodernisme en waarom dit ‘n probleem is wat bydrae tot die morele verval in die Suid-Afrikaanse samelewing en die kerk. Saam met die probleem van postmodernisme is daar ook ander oorwegende en grondliggende oorsake vir die moraliteitskrisis in die kerk en Suid-Afrika, naamlik: die verbrokkeling van die teologiese basis van die kerk. Dit weer staan in verband met ‘n gebrek aan verantwoordelike Bybelinterpretasie oor dissipelskap. Jesus en die evangelie behoort die basis van die kerk se teologiese oortuiging en moraliteit te wees.. 4. 2. Postmodernisme as tydsgees. Postmodernisme as ‘n lewensbeskoulike ingesteldheid is en bly ‘n moeilik definieerbare begrip. Craig van Gelderen (1999:41-45) wys op verskillende redes wat aangevoer kan word vir die opkoms van postmodernisme vanaf die sestiger-en sewentigerjare van die vorige eeu. Volgens Van Gelderen verwys Frederick Jameson na die verskuiwing van ‘n plaaslike ekonomie na ‘n geglobaliseerde verbruikerskapitalisme, as die belangrike rede vir die opkoms van postmodernisme. Daarteenoor is daar weer Jean-Franqois Lyotard wat die postmodernistiese verskille sien as ‘n reaksie op die ineenstorting van die metanarratiewe wat voorheen die sosiale orde volgens die essensiële, eenvormigheid en objektiwiteit verklaar het. In die verwerping of dekonstruksie van “die Storie” (evangelie) lê die geleentheid om jou eie storie te ontdek (identiteitsvorming / rekonstruksie). Van Gelderen sê, vir Gilles Deleuze & Felix Guattari is die onttroning van die rede en die opkoms van die gevoel en begeerte as die basis vir menslike keuse die basiese rede vir die ontstaan van die postmodernisme. Michel Foucault sê die postmodernisme het die normgewende objektiwiteit van die Verligting ontmasker..

(22) 22 Volgens Jean Baudrillard is die oorsaak vir die opkoms van die postmodernisme geleë in die opkoms van ‘n beeldkultuur van simulasie. Die beeld op die skerm is werkliker en intenser as die ervaring van die werklikheid – die detail word beter en vanuit verskillende gesigspunte raakgesien. Die kamera word die nuwe oog van die siel wat ‘n kode van beelde en gedagtes op die menslike psige inprent waarvolgens die lewe geïnterpreteer moet word. Daar is ‘n enorme keuse van video’s, TV-kanale, flieks, verbruikersgoedere, ontspanningsaktiwiteite en werkgeleenthede, en elkeen konstrueer die lewe op hul eie manier. Lee Wyatt (1999) sê die uitstaande kenmerk van die postmodernisme is die verwerping van “die Storie” as die groot verhaal waardeur mense se identiteit in ‘n gemeenskap gevorm is. Die verhaal of idee het ‘n ideologie geword wat mense verslaaf en hulle hul menswaardigheid ontneem het. Gesaghebbende verhale soos dié van die Westerse beskawing of die bybel word as voorskriftelik beleef en daarom verwerp. Om hierdie rede verklaar Wyatt (1999:44), staan die hedendaagse mens, soos Josua (Jos .24:15), op die punt om te moet kies wie hulle wil dien in ‘n kulturele en morele wildernis. In dié tyd kan die Heilige Gees nuwe dinge laat gebeur. Die evangelie daag die kultuur met sy Godloosheid en die kerk met sy wêreldsheid gelyktydig uit. Van Gelderen neem Norman Denzin se definisie van postmodernisme as samevatting en uitgangspunt om die veelvuldige kenmerke daarvan te beskryf, naamlik: “In die postmodernisme is daar aan die een kant ‘n nostalgiese verlange na die verlede, en aan die ander kant ‘n vervaging van die grense tussen die verlede en die hede. Terselfdertyd is daar ‘n intense betrokkenheid by die werklikheid en die gestaltes waarin dit manifesteer. Die klem val dus op die visuele, en menslike begeertes word veralgemeen. In ‘n verbruikersamelewing wat die ideale van die manlike kultuur objektiveer, het mense intense emosionele ervarings wat gevorm word deur angs, vervreemding, verlange en losmaking van ander”. (1999:41-42). Hassan verwoord postmodernisme soos volg: “Postmodernism is often used as a mysterious ingredient like raspberry vinegar, which instantly turns any recipe into nouvelle cuisine” (1987:85). Wanneer postmoderniteit in aanvang geneem het, is moeilik aantoonbaar. Sommige geleerdes vind die wortels daarvan by Nietzsche, terwyl andere dit nog verder terug voer na die Griekse denker Heraklitus met sy teorie dat alles in ‘n toestand van plooi is, volgens Koopman & Vosloo (2002:28)..

(23) 23 David Harvey (1990) verwys na Charles Jencks se presieser datering van die simboliese einde van moderniteit: die deurgang na postmoderniteit (in argitektuur) het plaasgevind op 15 Julie 1972 om 15:32. Dit was die oomblik waarop die Pruitt-Igloe-behuisingsontwikkeling in St Louis (‘n bekroonde weergawe van Le Corbusier se masjien vir menslike lewe en vroeër beskryf as ‘n baken in moderne argitektuur) met dinamiet platgeskiet is; dis beskryf as ‘n onbewoonbare habitat vir die laeinkomstegroep wat daar gehuisves was! Wat duidelik word is dat postmodernisme egter verskillende dinge vir verskillende mense beteken. Bauman ( 2002:29) verstaan postmodernisme as ‘n sekere lewenshouding of denkraamwerk (state of mind). Hierdie lewenshouding word openbaar deur diegene wat die gewoonte (of obsessie) het om oor hulleself te reflekteer. (obsessiewe selfkritiek). Hierdie refleksie word gekenmerk deur: “its allderiding, all-eroding, all-dissolving destructiveness.” Na April 1994 word hierdie paradigmaskuif, met ander woorde ‘n verandering of verskuiwing in die manier waarop Christene dink en lewe genaamd postmodernisme, sterk ervaar in die kerk en SuidAfrikaanse samelewing wat totale beheer oor elke lewensverband en -instelling tot gevolg het. Dit moet egter vermeld word dat daar ook ander leef- en denkpatrone na April 1994 ontstaan het, naamlik individualisme, sekularisme, materialisme, konsumerisme en so meer. Suid-Afrika het sedertdien ‘n regstaat geword met ‘n grondwet as die oppergesag met ‘n sterk handves van menseregte. Manifeste en liberale demokrasie beheer nou die Suid-Afrikaanse samelewing. Die mens “demos” en sy regte word in die sentrum geplaas. Boonop is die huidige staatsbeskouing sekulêr van aard. Volgens Goudzwaard (1998:1-6) het postmodernisme ontwikkel as gevolg van die ontnugtering met die mens en al sy vermoëns. Dit, volgens hom, dui op die ineenstorting of ontbinding van al die groot drome of hoof ideologieë wat die Westerse wêreld in die negentiende en twintigste eeu verkondig het. Waar kennis binne die modernisme as inherent goed beskou is, is daar in postmodernisme ‘n groeiende agterdog teenoor kennis. Die boodskap van die Fascisme, Sosialisme, Kommunisme of Liberalisme kan nie meer vertrou word nie, want in plaas van die beloofde heil, het hierdie bewegings en oortuigings ellende en lyding veroorsaak. Selfs Kapitalisme wat deesdae die oorhand in die wêreld het na die val van Kommunisme, is nie uitgesluit van veroordeling nie..

(24) 24 Lyotard (1985), een van die grootste hedendaagse Franse postmodernistiese filosowe, toon aan dat kapitalisme die oorsaak is van die lyding van miljoene verhongerdes in Afrika, Indië en Bangladesh. Daar is dus ‘n duidelike dooie punt bereik in al die sosiaal-politieke paaie van die modernisme. Waar optimisme en vertroue in die toekoms ‘n heersende waarde van die moderniteit was, is agterdog nou die kenmerk van postmodernisme, volgens Koopman & Vosloo (2002:30).. 4. 3. Enkele verskille tussen modernisme en postmodernisme. Müller (2002:18-22) verklaar dat modernisme, postmodernisme voorafgegaan het en die Europese samelewing vir drie eeue op ‘n ongelooflike intense wyse beïnvloed het. Ook buite Europa het modernisme, onder andere as gevolg van Kolonialisme, ‘n geweldige invloed op die hele wêreld gehad. Die begrip modernisme, volgens Müller (2002) en Koopman & Vosloo (2002:22) beskryf ‘n tydvak wat in die sewentiende en agtiende eeu in Europa begin en in die twintigste eeu sy hoogtepunt bereik het. Modernisme is gebou op twee pilare van die moderne filosofie, met René Descartes as sleutelfiguur en die moderne wetenskap met Galileo en Isaac Newton as die belangrike figure. Descartes (15961650) se bekende uitspraak, Cogito ergo sum (“Ek dink, daarom is ek”), verwoord volgens Koopman & Vosloo (2002:22) die moderne lewenshouding se klem op die redelikheid en individualiteit. Volgens Danie Dreyer (2003:45-46), gaan dit om die vraag: Wat gee sin aan my lewe? Dit gaan om ‘n tussen die sin (betekenis / essensie) en die syn (bestaan / eksistensie). As die nomos (wet) van die nominaliste nie meer betekenis aan die lewe gee nie, wys die realiste op die werklikheid (dit wat bestaan). In ooreenstemming met die essensialiste sê die realiste: “Omdat ek dink, daarom bestaan ek” (Descartes). Descartes het gesoek na sekerheid en vastigheid te midde van onstuimige tye. Die samelewing was aan die soek na nuwe sosiale strukture. Teenoor die rasionaliste staan weer die eksistensialiste (Husserl, Heidegger, Kierkegaard & Sartre). Hulle keer die proses om: “Omdat ek bestaan, daarom dink ek.” Die Neo-Marxiste het sterk te velde getrek teen die verskraling van die mens tot ‘n een-dimensionele (werkende) mens. Die tema van dekonstruksie en konstruksie was ‘n wesenlike element van die filosofie van die revolusie..

(25) 25 Die opstand teen die verslawing van die mens deur die “Groot Storie” van die wetenskap, tegniek en organisasie vind sy hoogtepunt ná die Tweede Wêreldoorlog. Die ontnugterde mens het finaal besef sy hoop lê nie in vaste idees nie. Hierdie eksistensiële ontnugtering oor die sin van die lewe was volgens Dreyer (2003:44) ‘n vrugbare teelaarde vir die postmodernisme. Europa was dus soekend na sosiale en politieke stabiliteit, wat nou verweef was met intellektuele sekerheid in die filosofie en wetenskap-beoefening. Uit die klem op die rede en die individu het daar in die sewentiende-en agtiende-eeuse Europa ‘n beweging begin groei wat as die Verligting (Aufklärung) bekend staan. Die gevolg is dat proses van essensie na eksistensie omgekeer word van eksistensie na essensie. Sonder die essensie kan die mens nie bestaan nie. Soms is die essensie die vertrekpunt, ander kere die eindpunt. Volgens die skrywer is die “Groot Storie” (Jesus en die evangelie: Markus 8:35) die enigste “essensie” wat hoop kan bring in ‘n hopelose situasie. Die enigste werklike antwoord volgens Dreyer (2003) op die vraag na die sin van die lewe is die nuwe lewe wat te vind is in Jesus Christus. Naas die filosofiese revolusie het die skouspelagtige opkoms van die wetenskap en tegnologie ontstaan. Newton (1642-1727) se wetenskaplike teorieë het die geloof laat groei dat die wêreld wetenskaplik kenbaar en verklaarbaar is. In die modernisme was daar baie meer vertroue in die rede of intellek van die mens. Bybelstudie, kerkleer, katkisasie, kategismus, gesag, toesig, kerkorde, kerklike tug, dissipline, korrektheid en dergelike dinge is in hierdie tydsgees as belangrik ervaar. Moderniteit se betekenis word gevind in die feit dat alles op rasionele wyse verstaan moet word, met ander woorde die rede word verhef tot finale oordeel. Die samelewing moet op ‘n rasionele wyse ge-orden en herskep word soos wat ‘n mens ‘n masjien sou bou. Op hierdie redelike konstrukte – soos die markmeganisme of die demokratiese meganisme moet daar vertrou word. Die rasionele wêreld is terselfdertyd ‘n geslote wêreld sonder antwoorde, want dit neig om van politiek ‘n demokratiese magspel te maak sonder enige roeping tot geregtigheid. En van die ekonomiese lewe word die roeping tot rentmeesterskap verwyder, terwyl aanvaar word dat elkeen deur middel van die “vrye” mark hul eie materiële geluk nastreef..

(26) 26 Hierdie moderne wêreld het nou in ‘n krisis beland, want dit besit ‘n ingeboude neiging om die omgewing uit te buit en te vernietig; om kultuurverskille te ignoreer en nie te respekteer nie en om arm mense aan rykes se gierigheid uit te lewer. Postmodernisme word nie net gebruik as ‘n begrip om ‘n nuwe tydvak aan te dui nie maar as ‘n totale paradigmaverskuiwing. Volgens Müller (2002) verwys die voorvoegsel “post-” dat ‘n voorafgaande era verbygegaan het. Heyns (1998:19) verklaar dat die woord postmodernisme hom in verleentheid stel wanneer dit gebruik word, aangesien die voorvoegsel: “post”, kronologies gesproke ‘n aanduiding is van ‘n einde. Volgens hom is dit ‘n term wat vir amper drie dekades redeliker wye ingang gevind het om die huidige denkwyse en kultuursituasies aan te dui. Postmodernisme is ‘n kritiek op al die skynsekerhede van modernisme. Jean Baudrillard, een van die uitgesproke postmoderniste, verklaar dat die beelde van die hedendaagse kommunikasie-en televisie kultuur sterker is as die werklikheid self. Om die werklikheid te sien, is nie meer moontlik nie; ons word deur beelde oorweldig en gefassineer en kan ons nie van hulle losmaak nie. Die wêreld soos ons dit geken het, bestaan nie meer nie. Die beelde regeer en ons moet toegee, ons laat ons betower en boei deur die hedendaagse nuwe tegnieke en verskillende beelde. Postmodernisme is ook nie net die teëpool van die modernisme nie aangesien dit geen werklike oplossing bied vir die moderne mens nie. In die postmoderne era word die intuïtiewe en emosionele belangriker. Dit dui ook op ‘n kentering in lewensbeskouing en wetenskap. Kerklike konvensies, bybelse- en dogmatiese leeruitsprake word deur die oorgrote meerderheid Christene nie meer aanvaar, bloot omdat hulle op redelike vlak “reg” is nie. Die elke dag belewing en ervarings van mense in die lewenspraktyk, behoort nou ook in ag geneem te word. Die optimistiese hoop en positiewe lewensgevoel van die modernisme (wetenskap en tegnologiese rewolusie), het nie meer aan mense se lewensgevoel voldoen nie, vanweë die twee wêreldoorloë kort na mekaar, die verskriklike ellendes wat deur hongersnood en armoede op aarde veroorsaak word, die talle rampe, ongeneeslike siektes, pandemies, ensovoorts. Postmodernisme het toe ontstaan uit ‘n diepgevoelde wantroue in die sogenaamde objektiewe waarhede as hoop vir die samelewing..

(27) 27 Die. uiterste. lewensinstelling. waartoe. postmodernisme. sou. kon. lei,. is. onverskilligheid,. onverantwoordelikheid en die verheerliking van die uitleef van menslike instinkte (Müller 2002:19). Dit opsigself lei tot die onafwendbare, onvermydelike kontingente, sonder enige sin van die werklikheid, met ander woorde geniet jou lewe, want môre sterf jy tog. En laastens skrik hierdie lewensbenadering nie vir onsekerheid en paradokse nie.. 4. 4. Postmodernisme en veranderinge Die opkoms van postmodernisme het met enorme spanning en polarisering in die samelewing, staat, vakbonde en die kerk, selfs tussen die verskillende generasies binne families, gepaard gegaan. Enkele voorbeelde is: 1.Die ineenstorting van ‘n enkele geloofsisteem, genaamd die Christendom. Die Christendom het sy bevoorregte en voorkeurposissie onder al die verskillende godsdienste begin verloor. Daar is geen universele konsensus oor wat beskou kan word as waarheid nie. Al die verskillende geloofsisteme word met die oog op publieke gebruik uitgestal. Voor 1990 was die Christelike godsdiens een van die pilare wat aan ons samelewing stabiliteit verleen het. Godsdiens was een van die belangrikste kragte wat mense oortuig het dat dit reg was dat SuidAfrika oorheers en die samelewing ge-orden word aan die hand van die christelike geloof. Skole, universiteite, ouerhuise, plaaslike bestuursliggame, provinsiale en die sentrale regering en verskeie ander liggame het almal saamgewerk met die godsdiens as die sentrale steunpilaar. Die godsdiens het voor 1990 oorkoepelende vastigheid en sekuriteit gebied. Gelowiges het uit die godsdiens en godsdienshandelinge ‘n gevoel van geborgenheid geput. Na 1990 is die samelewingsorde omgekeer. Die apartheidsbestel wat deur die godsdiens gesanksioneer is, het in diskrediet verval. Nuwe strukture vir die nuwe Suid-Afrika het ontstaan en godsdiens as pilaar is nie belangrik geag nie en het daarom sy bevoorregte posissie verloor. Godsdiens is nou afgewentel en beperk tot ‘n meer persoonlike vlak. Waardes soos gesag, orde, en kerklike patriotisme, katkisasie, kerkorde, korrektheid, kerklike tug en onderworpenheid in die kerk het begin afneem soos wat Christene bewus geword het van vryheid en menslikheid..

(28) 28 Die charismatiese beweging bied nou die ruimte aan die postmoderne lewensgevoel wat na 1990 baie Christene se aandag getrek het. Daar word verwag dat die historiese kerke op dieselfde wyse moet funksioneer en hulle kan dus nie daaraan ontkom nie dat ook hulle hulle dinge moet doen op golflengtes wat toenemend postmodern word. Baie Christene ervaar die byeenkomste van die historiese kerke as dooierig en sonder gevoelsbelewing terwyl die charismatiese beweging vir hulle ‘n nuwe wêreld van gevoel oopmaak. Boonop ervaar Christene die godsdiens in die historiese kerke as onvry en verknegtend terwyl charismatiese kerke vry voel om hulself te wees. Postmodernisme het die klimaat help vorm vir die besef aan ruimte vir die verskeidenheid van soorte en style. 2. ‘n Nuwe polarisasie het ontwikkel. Konflikte oor die aard van gemeenskaplike waarhede en waardes het ontwikkel. Daar ontstaan kultuuroorloë – gevegte oor kritieke sake soos gesag van die Skrif, die historiese Jesus, morele ontwikkeling, aborsie, HIV/VIGS, homoseksualiteit, dobbelary en so meer. ‘n Pluraliteit van waardestelstels is aan die orde van die dag met ‘n sterk klem op die voordeel en voorkeure. van. die. individu.. Die. grense. tussen. christelike. en. ander. tradisies. van. spiritualiteitsontwikkeling vervaag. 3. Daar is ‘n sterk afname aan algemene godsdienstigheid (veral georganiseerde godsdiens). Coenie Burger (1995:13-14) verklaar dat lidmaatgetalle van historiese kerke in oorgangstye tot 25% kan afneem. Sekularisasie sou ook kan begin toeneem. Die kerk sal ook vrae moet beantwoord oor sy aandeel in die apartheidsbeleid. En as gevolg van die kerk se betrokkenheid en deelname aan apartheid, sal daar wantroue en teleurstelling sowel as beskuldigings gemaak word teen die kerklike leierskap oor skynbare misleiding en verleiding met betrekking tot apartheid, wat ‘n wegbeweeg vanuit die kerk, toename in kerkvervreemding, kerklos- en kerkloosheid tot gevolg kan hê. 4. ‘n Huiwering ontstaan ten opsigte van finale antwoorde en waarhede, met ander woorde kritiek teen rasionele selfgenoegsaamheid, terwyl dit van uiterste belang is dat die kerk sover as moontlik op rasioneel insiggewende wyse rekenskap gee van die hoop wat in ons leef. Die beliggaming van dit wat die kerk glo, die uitleef van die evangelie-boodskap, van integriteit, deugsaamheid en karakter het oortuigingskrag anderkant die grense van die rasionele argument. Óf jy probeer om rasionele verklarings te gee vir jou oortuigings, óf jy gaan so ver dat jy geen poging aanwend om redes aan te voer vir jou oortuigings, óf jy begin om jou geloofsoortuigings af te water en selfs te karikaturiseer..

(29) 29 Dit bly die kerk se taak om God te verteenwoordig in hierdie moderniserende en sekulariserende samelewing en om die evangelie-boodskap te lééf. Die gevaar van wettisisme, (waar mense in ‘n situasie sukkel om tussen reg en verkeerd te onderskei, die morele lewe tot wetlike voorskrifte beperk), of moralisme (eerder ‘n moreel-etiese debat voer oor die gebruik van kondome en die groter nood van mense byvoorbeeld met HIV/VIGS in die samelewing uit die oog verloor) en fundamentalisme (waar jy oordeel of jou siening of standpunt getrou is aan die evangelie en dit dan met geweld verdedig en bevorder), mag nie uit die oog verloor word nie, verklaar Koopman (2004:21). 5. ‘n Groeiende waardering vir diversiteit en pluraliteit. Die veranderende demografie van woonbuurte en skole, veral waar dit met toenemende multi-kulturaliteit en veeltaligheid verband hou, dwing die kerk om weer na te dink oor die inklusiwiteit van die evangelie. Die vraag na wat dit beteken om ‘n gemeenskapskerk te wees, begin in al meer gemeentes opduik. Met “gemeenskapskerk” word bedoel ‘n gemeente wat nie alleen die evangelie in baie gestaltes aan die gemeenskap bedien nie, maar wat self as gemeente ook toenemend die demografiese samestelling van die gemeenskap reflekteer. Coenie Burger (1995:15) verklaar dat die Afrikaanse gemeenskap wat tot twintig jaar gelede nog baie homogeen was, toenemend heterogeen raak (vergelyk die navorsing van Hentie Boshoff 1990) en gesekulariseerd. Volgens Burger is die kerk nie gerat vir hierdie groeiende heterogeniteit nie en daar word vermoed dat dit op bedieningsvlak nog heelwat kopsere gaan gee. Na aanleiding van bogenoemde veranderinge kan die volgende gevolgtrekking gemaak word: onder al hierdie warboel van verskuiwings en veranderings het Christene gevolglik ook die besef van hul identiteit in Jesus Christus (ware dissipelskap) verloor deurdat Christene te gemaklik akkoord gegaan het met die tydsgees (“Zeitgeist”) van die een-en-twintigste eeu en poog nog voortdurend om hul Christenskap aan hierdie tydsgees te akkommodeer en andersom. Hierin sien die skrywer dat die Christenskap en Christelike geloof as ‘n karikatuur voorgestel word, wat dui op ‘n verkeerde voorstelling “van Christus en die evangelie” (Markus 8:35). Al bovermelde warboel van veranderings is tans aanwesig in die Suid-Afrikaanse samelewing..

(30) 30 Dit is nie moeilik om te sien dat hierdie faktore mettertyd ook ‘n diep ingrypende effek en impak op die kerk van Christus, kerkwees in die een-en-twintigste eeu en alle gelowiges, maar ook op dissipelskap en navolging van Jesus Christus, het nie. Die evangelie van die Koninkryk van God het immers implikasies vir die sosiale, politieke en ekonomiese lewe in elke tyd.. 4. 5. Die positiewe kant van postmodernisme Mede deur die toedoen van die postmodernisme het daar ‘n groeiende behoefte begin ontstaan om weg te beweeg van individualisme na gemeenskap (verskeidenheid), na die opbou van kragtige ondersteunende, troostende, inspirerende, gedragsvormende gemeenskap met ander Christene (Nicol 2000:188-190). Ander positiewe elemente aan postmodernisme is die erkenning van die eindige, betreklike, menslike karakter van die wetenskap – die vroeëre pretensie van absoluutheid word verwerp te midde van die erkenning van die invloede van buite-wetenskaplike faktore: sosiale omstandighede, kultuur, godsdiens, en so meer, op die wetenskapbeoefening (Geertsema 1998:13). Postmodernisme vestig die aandag van die mens daarop dat wetenskaplike kennis nie absoluut, algemeen geldig of bo-histories is nie, maar dat die mens se denke deur sy tyd en omstandighede beïnvloed word. Daar het ook ‘n ekologiese bewussyn na vore getree, met ander woorde, ‘n gevoeligheid vir en betrokkenheid by allerlei misstande, soos byvoorbeeld besoedeling en vernietiging van die natuurlike omgewing en maatskaplike diskriminasie, die herwaardering van die buite-sintuiglike en transendente by mense. Postmodernisme benadruk ook die verskeidenheid soos byvoorbeeld by Derrida, Lyotard en ook in die Feminisme van Irigaray (Lyotard 1995). In ‘n wêreld waarin al die groot ideologieë ‘n doodloopstraat bereik het, is daar een ding wat bo alles vermy moet word en dit is dat Christene verlei sal word om weer te glo in groot stories, algemene beginsels of formules waarmee die wêreld verlos moet word of waardeur ‘n utopia bereik word, aldus postmodernisme. Pluraliteit moet bo eentonigheid verkies word, verskeidenheid is belangriker as eenheid..

(31) 31 Alle aansprake oor iets wat vir ‘n groep of die hele mensheid goed sou wees moet met die diepste agterdog bejeën word, volgens die postmodernisme. Postmodernisme kritiseer ook die verskeidenheid strewes na mag in die samelewing. Dit wys ook elke strewe na ‘n integrale beheersing van die samelewing vanuit byvoorbeeld die vooruitgangsidee af, en juis daarom word kapitalisme verwerp.. 4. 6. Die negatiewe kant van postmodernisme Volgens Geertsema (1998:13) lei postmodernisme tot ‘n diepe ontworteling van die Westerse kultuur omdat waardes en norme as bloot relatiewe dinge, produkte van bepaalde tye en omstandighede, beskou word. In postmodernisme word ook ‘n gebrek of weiering om positief ‘n bepaalde rigting vir die samelewing aan te dui gevind. Die rede hiervoor is omdat postmodernisme van die veronderstelling uitgaan dat ‘n integrale lewensbeskouing noodwendig totalitêr sou wees. Dit wil sê: dieselfde as ‘n ideologie. Dit weer kan vervolgens weer lei tot fragmentering of verbrokkeling omdat postmodernisme nie ‘n oog het vir die samehang in die verskeidenheid nie. Nog ‘n nadeel van postmodernisme is die feit dat mense hulself op ‘n relativistiese en humoristiese wyse distansieer van alle openbare standpunte en nooit persoonlike en diepste bedoelings openbaar nie, gegee die vrees vir verraad en seerkry. Om die pyn van teleurstelling te ontduik, organiseer mense vir hulleself ‘n wêreld op ‘n manier dat pyn en teleurstelling nie deel daarvan moet vorm nie. In hierdie eie klein wêreldjie word probeer om die ervaring van steeds nuwe media-beelde te geniet en jou oor te gee aan alles wat die mens kan verbruik, want niemand weet hoe die wêreld van môre daar sal uitsien nie. Die vraag is waarom ‘n mens blywende en langdurige oortuigings moet huldig, aangesien dit mos geen waarde het nie, aldus postmodernisme.. 4. 7. Gevolgtrekking: Die kerk se geloof is begrond in Jesus Christus en nie in die huidige tydsgees, of dit modernisme of postmodernisme is of enige ander filosofiese tendens nie. Christene vind hul waardes en lewenstyl in hul teologiese geloofsoortuigings wat gegrond is in Jesus Christus en die evangelie, volgens Markus 8:35. Filosofiese tendense is beperk tot sekere tye in die menslike bestaan, byvoorbeeld in die agtien honderds (1800’s) was dit in Europa maklik om op ‘n pre-moderne manier te glo..

(32) 32 Toe kom die Verligting waartydens die denkende mens krities begin dink het oor sake soos gesag, die kerk en geloof. Ons teologiese oortuigings en waardesisteme word begrond in Jesus Christus en die evangelie en vind neerslag in ‘n lewenstyl wat dissipelskap heet. Die waardes waarvolgens die meeste Christene tans in Suid-Afrika leef, is anders as wat Jesus en die evangelie vir ons voorskryf. Die Christene wat Jesus volg, behoort beslis “anders as ander” te wees. Die waardes wat tans deur die samelewing die hoogste eer ontvang, is deels verantwoordelik vir die morele krisis wat vandag in Suid-Afrika ervaar word. Wat hierdie neigings in ons samelewing ekstra gevaarlik maak, is dat dit gedryf word deur ideale wat nie in hulself sleg is nie, maar in hul oordrywing. Die tydsgees sê dat dit nie sleg is om suksesvol te probeer wees in jou werk of om gerieflik en luuks te wil lewe nie, maar dit word sleg as dit té belangrik word in verhouding tot die baie ander ideale wat ons lewe behoort te motiveer. As die lewenstyl van baie Christene só lyk, is dit dan vreemd dat daar so baie korrupsie en witkraag-misdaad is? Vorm hierdie lewenstyl nie dalk juis saam met andere meer armoede, geweld en werkloosheid wat dien as voedingsbron vir die invloed van misdaad en morele verval in ons land nie? Die kerk moet weer herkenbaar raak as mense met ‘n dissipelskap-lewenstyl. Christene moet hul optrede en keuse opnuut weer laat bepaal deur Jesus en die evangelie. Op hierdie wyse word die kerk `n vertoonvenster waardeur Jesus vir die wêreld wys hoe die ware lewe lyk. Moraliteit het ‘n bedreigde entiteit geword. Die grys area tussen reg en verkeerd, goed en kwaad het al groter geword. Groter roekeloosheid word ervaar op religieuse, politieke, ekonomiese en sosiaalmaatskaplike gebied. Hier wil die skrywer wys op die ineenstorting van die morele basis in die SuidAfrikaanse samelewing. Enkele bewyse van die verbrokkeling van die Suid-Afrikaanse morele basis, word gesien in die moraliteitskrisis, sosio-politieke probleme, ekonomiese vraagstukke, maatskaplike en die ernorme godsienstige probleme in Suid-Afrika. Die skrywer poog in hierdie tesis om die kerk se aandag op hierdie waarheid te fokus. Christus en die evangelie is nie relatief van aard of net beperk tot ‘n sekere tydperk in die kerkgeskiedenis nie; die boodskap van die evangelie waarvan Christus die sentrale punt is, is vir alle tye en tydperke in die geskiedenis van die kerk net so relevant en mag nie of kan nie deur enige filosofiese tendense begrens of gemarginaliseer word nie..

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Verder handel hierdie navorsing by uitstek oor ouer-kind-opvoedingsverhoudinge en word daar deurgaans besin oor die wese en doel van opvoeding, oor die

Die skole het nou staatsondersteunde inrigtings geword, want toelae is volgens skoolinskrywings bepaal. Engelbrecht: Thomas Francois Burgers, 134.. Geen

Die oudi ti ewe perseptuele tekorte wat bestaan het, is na die toepassing van .die hulpverleningsprogram oorko~ In heelparty van die ouditiewe funksies het die

In die aanduiding van enkele vorme van buitengewoonheid word veral klem gele op die minderbegaafde en begaafde leerlinge, waarvoor in die gewone skool op

In die junior primere fase val die klem op algemeen-vormende klasonderwys as inleiding tot meer formele skolasties-akademiese leerstof. Leerlinge ontvang ook

Hierdie motiewe word nie aangebied as abstrakte filosofiese brokkies nie, maar word gewoonl ik deur Ma-Bet gekoppel aan die duiwe.. Spikkel wil gaan waar hy

In die Knnpprovinsie word dio provinsi'::',lo koshuise ge- adninistreer volgens dio proscduro wat oorspronklik dour dio Suid-Afrika-wet neergele is, wat dit

staan in dienste van 'n maatskaplike aard. 10) Vanwee die belangrikheid van taal as denk- en abstraheringsmedium (vgl.. ling van die kind deur ouers, onderwysers,