• No results found

MARKUS 8:34-9:1 – Voorwaardes en eise om Jesus te volg en die eindoordeel.

MARKUS-EVANGELIE: ‘N HISTORIESE-, KRITIESE EN LITERÊRE VERKENNING.

MARKUS 8:27-9:1: EKSEGETIESE EN TEOLOGIESE VERKENNING

3. Skrifgeleerdes: Hierdie groep was die spesialiste in die interpretasie / uitleg van die Ou Testament, die Wet en die Profete en van die Rabbynse tradisies Hulle het Jesus daarvan beskuldig dat Hy

2.3 MARKUS 8:34-9:1 – Voorwaardes en eise om Jesus te volg en die eindoordeel.

Jesus se verdere lering volg waar Hy die dissipels en die “skare” leer dat dit ‘n kruis en selfverloëning kos om Hom te volg, maar dat dit tot wins en heerlikheid sal lei. (Mark. 8:34-9:1). Om die skare by Jesus se lering te betrek, spel Jesus daarmee uit volgens die die New Interpreter’s Bible (1995:626) “…the ongoing reality of discipleship” Volgens Brooks “Discipleship involves suffering. If the Messiah must suffer, so must his followers” (1991:137-138). Evans sê die ironie van ware dissipelskap word gevind in die vergelyking tussen die kruis en die wet: “In the rabbinic parlance a disciple is urged to take up the yoke of Torah or the yoke of the commandments, never to take up the cross.”

Jesus reageer op Petrus se optrede deur die voorwaardes vir dissipelskap eksplisiet uit te spel en te verduidelik aan beide die dissipels en die menigtes. Om ‘n dissipel te wees, moet die persoon bereid wees om “homself te verloen”, “die kruis dra” en “Jesus volg” (vers 34). Daardie persoon moet ook bereid wees om sy lewe te verloor vir Christus en die evangelie (vers 35).

Die Markus-evangelie is gerig aan die Romeinse Christene wat vervolging en marteling ervaar het onder die bewind van Keiser Nero. Hierin wil Markus verklaar dat hulle ervaring nie in isolasie staan nie, maar deel is van die lewe van dissipelskap. Jesus rig Hom tot die dissipels, maar ook tot die menigte mense, aangesien hy oor ‘n belangrike saak met hulle almal wil kommunikeer. Mattheus (Mat. 16:24) maak alleen melding van die dissipels, terwyl Markus die dissipels en skare (Mark. 8:34) vermeld. Daardeur wil Jesus aantoon dat die vereistes en voorwaardes vir navolging nie net alleen vir die dissipels nie, maar vir almal, alle gelowiges en almal wat Jesus wil navolg, geld.

As dit kom by die lyding van Christus en sy navolging, word geen onderskeid getref tussen die dissipels en skare nie. Om Jesus na te volg (“agter My wil aan wil kom”), kan mens dit doen as ‘n meeloper, saamloper, bewonderaar, nuuskierige of sensasie-soeker, maar dit impliseer nog nie dat jy ‘n dissipel is of die weg van dissipelskap aanvaar het nie; daar moet eers ‘n verbintenis kom waarin Jesus bely word as Christus.

Vir die kerk in Rome sou dit ook geweldige implikasies inhou, want nie net vir die kerkleiers nie, maar ook vir almal wat Jesus bely as Messias, sal hierdie voorwaardes geld. Hulle wat Jesus wil navolg, moet dit nie net doen uit hoofde van “observers of his passion” (Lane 1988:306-307) nie, maar moet in geloof groei met betrekking tot hierdie lyding en selfs bereid moet wees om dit self te ervaar en deur te maak. Om agter Jesus aan te kom, beteken volgens Groenewald (1981:97) om by Jesus aan te sluit, om voortaan “van Christus” te wees.

2. 3. 1. Die Voorwaardes en eise vir ware dissipelskap:

2. 3. 1. 1. “homself verloën (Markus 8:34)

Die woord “verloën” beteken volgens Lenski (1961:247-248) “to turn someone off, to refuse association and companionship with him, to disown, not merely some portion, some special habit or desire, some outward practice, but the ‘self”. The natural, sinful self is meant as it centres in the things of men and has no use for the things of God”. Dit beteken totale prysgawe, om geen erkenning te verleen aan alles wat die self, die eie-ek, omring, om eie aandrifte en wense te misken en alleen die wil van God te erken.

Dit is die essensie van die Christelike lewe, van ware bekering en die eerste stap vir ware dissipelskap. Alleen so ‘n volslae en algehele aflegging van die self maak die opneem van die kruis moontlik, verklaar Groenewald (1981:82).

Om bovermelde gedagte verder te belig, word die betekenis van selfverloëning verder omskryf deur Gaebelein en Lane, soos volg: Gaebelein (1984:697) sê: “By denail of self, Jesus does not mean to deny oneself something. He means to renounce self – to cease to make self the object of one’s life and actions. This involves a fundamental reorientation of the principle of life. God, not self, must be at the centre of life”.

Lane (1988:306-307) verklaar selfverloëning soos volg: “It is to shift the centre of gravity in their lives from a concern for self to reckless abandon to the will of God, …disowning of any claim that may be urged by the self, a sustained willingness to say “no” to oneself in order to be able to say ‘yes’ to God... a radical denunciation of all self-idolatry and of every attempt to establish one’s own life in accordance with the dictates of the self.”

Brooks se definisie van selfverloëning, vra om vermelding. Om hierdie definisie gedeeltelik aan te haal, sal afbreek maak aan die skrywer se bedoelings:

To deny oneself is not to do without something or even many things. It is not asceticism, not self- rejection or self-hatred, nor is it even disowning of particular sins. It is to renounce the self as the dominant element in life. It is to replace the self with God-in-Christ as the object of affections. It is to place the divine will before self-will. Self-denail is a willingness to give up everything dear in life and even life itself for the sake of Jesus. It is a willingness to suffer for Jesus and for others.

(Brooks 1991:137)

Selfverloëning is nie net beperk tot situasies van fisieke gevaar ter wille van Jesus en die evangelie nie, maar volgens die gelykenis van die Saaier, verloor mense hulle geloof omdat die sorge van die lewe en die verleiding van rykdom en die begeertes na allerhande dinge, hulle totaal begin oorweldig het. (Mark. 4:19).

Selfverloëning is ‘n radikale gebeurtenis met die oog op ware dissipelskap. Dis daarom nie vreemd dat daar sommige Christene en die kerk in die een-en-twintigste eeu is wat daarvan probeer terugdeins nie. Baie Christene het vanweë die radikaliteit en omvangrykheid en totale implikasies van die begrip selfverloëning, probleme om hulle aan die betekenis en inhoud daarvan te verbind.

2. 3. 1. 2. “Kruis opneem” ( Markus 8:34)

Kruisiging was ‘n wrede, gewelddadige en die mees veragte straf wat die Romeine van die Karthagers of Puniërs oorgeneem het en wat net op slawe en politieke oortreders toegepas kon word. “Om die kruis op te neem”, beteken dus om te besef dat jy ‘n tot die dood veroordeelde mens is, vir wie daar op geen ander wyse heil te vind is nie, maar alleen deur die prys van die oortreding te betaal. Die gekruisigde wat tussen hemel en aarde gehang het, is as’t ware nie werd geag om ‘n plek in die lewe te hê nie. Die hande en voete is aan die kruis vasgebind of vasgespyker. Die veroordeeldes is eers gegésel en dan gedwing om die kruis na die plek van teregstelling te dra. In baie gevalle was dit net ‘n dwarsbalk en was die vertikale paal permanent in die grond ingeplant op die plek van teregstelling. Dan is die dwarsbalk daaraan opgehys. Die lyding aan die kruis, veral as die gemartelde net vasgebind was, kon ‘n paar dae duur (Tolmie 2002:3-7).

Die Ou Testament het nie die kruisiging as straf geken nie, maar wel die hang van ‘n misdadiger se lyk aan ‘n paal om daarmee vervloeking en veragting aan te dui (Deuteronomium. 21:22; Galasiërs 3:13), volgens Tolmie (2002:5). Alhoewel vers 34 geen aanduiding gee dat Jesus aan ‘n kruis sou sterf nie, was dit wel later die geval volgens Matteus 16:24 en Lukas 14:27. So het “kruis opneem” die betekenis gekry “om soos Jesus bereid te wees om te sterwe” (Lukas 23:26), met ander woorde, om dieselfde veragting, marteling, lyding te ervaar en deur te maak volgens Groenewald (1981:97). ‘n Werklike nawandel van die Here op die lydensweg, word in die opneem van die kruis veronderstel.

2.3. 1. 3. “Sy kruis” - beteken ‘n spesifieke een wat vir hom (of vir haar) uitgesit is; nie noodwendig die kruisweg soos wat Jesus binnekort sou ervaar nie. Verder dra dit die betekenis van ‘n weg van lyding, pyn en smarte soos wat gelowiges op daardie stadium reeds ervaar het vanweë die vervolging van Keiser Nero. Verder kan dit ook dui, soos reeds vermeld, op die totale prysgawe aan alles, sowel die implikasies wat daarmee in verband staan, naamlik dat jy jouself en jou lewe verloor, eerder om dit vir die wêreld as “wins” (Markus 8:36) aan te bied.

Dit beteken ook om geen erkenning te verleen aan alles wat die self sentraliseer nie of om eie aandrifte en wense te misken en alleen “Jesus en die evangelie” (Markus 8:35) na te volg.Gispen (1977), gee uitgebreide detail oor die weg van die gekruisigde of kruiseling: “Aan die kruis kon die gemartelde ‘n vreeslike dors ervaar; die neerhangende hoof het ondraaglike pyn en `n hewige dors ervaar. Angs het die opgehangdes gekwel; die hele gestel is aangetas. Soms is ‘n end gemaak aan die lyding deur die bene van die kruiseling te breek.” Donahue (in Smit 1992:89) se formulering oor dissipelskap moet vermeld word as samevatting van die vermelde twee voorwaardes/eise vir die navolging van Jesus, naamlik:

Mark is writing a gospel, good news, not an ethical treatise. He is writing principally for believers and describing the consequences of discipleship, not its conditions. Mark presents a narrative picture of the implications of the faith they share with each other and the engagement with the mystery of Christ which results from their baptisms. As such Mark is a narrative expansion of the journey.of commitment and recommitment that.is to characterize Christian life. Such a life to hear again.the proclamation of Jesus,.‘be converted and believe in the good news’ (Mark 1:15). To believe, however, is to.be called by Jesus in the midst of one’s ordinary activity, to leave the old way of life to follow a new path of companionship with Jesus and with others who have heard this call

(Donahue in Smit 1992:89)

Volgens Donahue beteken hierdie roeping om toegerus te word vir sending en ‘n lewenslange diensbaarheid aan die wil van God. Dit vra absolute vertroue in Jesus Christus te midde van die vervolging en lyding wat verbonde is aan die uitleef van hierdie roeping.

Verder nog sê hy “Those who are called must be ready to leave old sources of identity and security, family and possessions, but will become members of a new family. This new family will be characterized by mutual service and the renunciation of the desire for power and prestige which is the way of the gentiles and not of the Son of Man.” (in Smit 1992:89)

Die dissipels en skare wat Jesus navolg, moet hulleself verloën, hulle eie identiteit prysgee en hulle kruis opneem. Uit die evangelie van Markus word dit duidelik dat die dissipels inderdaad tog hulle besittings opgegee en hulle werk en familie verlaat het (Markus 10:28-31). Jesus roep hulle op om mekaar te dien (Markus 9:35).

Wie ter wille van die evangelie wil optree, moet juis sy of haar lewe, hulle beroep, leefwyse en besittings ter wille van die verkondiging van die evangelie aan alle mense (Markus 13:10), opgee (Markus 10:17-27). Hy of sy moet bereid wees om hul lewe ter wille van die evangelie prys te gee en die weg van lyding en diens te gaan. Vir die lesers van Markus het dit beteken dat hulle ook deur almal gehaat sou word (Markus 13:12). Dit is die weg waarop Jesus self gegaan het (Markus 10:45) en waarop Hy die kerk en alle Christene dwarsdeur die eeue steeds roep: “Wie my dissipel wil wees, moet homself verloën, sy kruis opneem en agter My aankom.” (Markus 8:34) “en My volg”… in die 1983- Vertaling).

Die waarskuwing van Jesus teenoor diegene wat eerder ‘n theologia gloriae verkies bo die theologia crucis, is tekenend. Diegene wat die theologia gloriae verkies, maak ‘n keuse vir eie-belang, selfliefde en behoud van eie lewe. Daar kom in die Markus-evangelie baie voorbeelde voor van mense wat Jesus nagevolg het. Dit sal egter later blyk dat hierdie navolging nie ‘n keuse vir die theologiae crucis ingesluit het nie. (Markus 3:7, 5:24, 37, 11:9, 14:51, 54). Markus 8:35 dui ook op ‘n alternatief vir ware dissipelskap aan diegene wat nie Jesus wil navolg nie. Volgens Joh. 6:41-7:1-9 was daar wel persone wat Jesus nie meer wou volg op die weg van dissipelskap nie. Ons lees daarvan in Johannes 6:66, naamlik: “Hieroor het baie van sy dissipels omgedraai huis toe en nie meer saam met Hom gegaan nie…”

Kan dit wees dat diegene wat omgedraai het, daardeur ‘n keuse gemaak het téén die lyding en vervolging van die navolgingsweg om daardeur hulle lewe te red, maar daardeur tog ook die eskatologiese lewe, die ewige lewe, hulle redding, verloor het? Om Christus te bely en getrou na te volg ten spyte van die fisieke ontberings, vervolging en die dood, vra ‘n keuse-making, maar die prys is die ewige lewe, al verloor hulle in die huidige tyd hulle fisieke lewe.

Die kerk in Rome was onder geweldige marteling en vervolging onder die bewind van keiser Nero. Christene het in hierdie tyd in versoeking gekom om Jesus te verrraai, te verloën of te verlaat indien hulle voor die gereg gedaag word of in die gevangenis geplaas sou word om rekenskap te gee oor Jesus en hulle sogenaamde Christenskap. Indien hulle Jesus sou verraai, die rug toekeer of sou ontken, sou dit vir hulle hulle vrylating kon beteken, die spaar van hulle fisieke lewe en geen vervolging of marteling nie.

Jesus stel egter die onvervangbaarheid van die lewe op aarde teenoor die eskatologiese lewe, naamlik die ewige lewe. Jesus hou rekening met die feilbaarheid en gebrokenheid van die menslike lewe; dat dit bedreig kan word deur die dood, vervolging, tronkselle, en dat mense maklik daaronder kan swig, maar waarsku egter dat indien mense hulle sekuriteit, waarborg van hulle eie bestaan, soek en Jesus daardeur sou verraai (en nie getrou en gehoorsaam wil navolg nie), gaan dit vir hulle in die huidige tyd tydelike uitkoms bied, maar in die toekoms sal dit vir hulle groot implikasies inhou: “hulle sal hulle lewe verloor.” (Markus 8:35, 36). “Vir hom sal die Seun van die Mens Hom ook skaam wanneer Hy kom…” (Markus 8:38). Lane (1988:308) verklaar: “Jesus pregnant statement deals realistically with the concrete, existential character of the dynamism of life. The theology of life affirmed is grounded in the paradox that a man can guarantee that dynamism only by sacrificing it.”

2.3. 1. 4. “Vir my en die evangelie” Lane (1974:309) verklaar dat daar in die vroeë kerk ‘n christelike slagspreuk bestaan het, naamlik: “For Christ and the gospel”, for which believers suffered and overcame.” In Markus praat Jesus vir die eerste keer onomwonde oor Homself. Die dissipels word geroep om ter wille van Hom (Jesus) vervolg te word; hulle lewe te verloor; alles moet verlaat en die moontlikheid van haat in die gesig te staar ter wille van sy Naam (Markus 8:35, Markus 10:29, Markus 13:9, 13), ter wille van Hom wat sy liggaam vir die dissipels laat breek het en sy bloed vir baie laat uitgiet het (Markus 14:22-24).

Dit gaan oor Jesus Christus wat op die weg van navolging gevolg moet word. As hulle Hom wil navolg, moet hulle onthou Hy het gekom om te dien en sy lewe as losprys te gee vir vele (Markus 9:35vv, Markus 10:35-40, 41-44). Die oomblik dat Jesus sy kruis opneem, vlug die dissipels om die lyding vry te spring, en word hy selfs deur Petrus verloën (Markus 14:50, 71). Daardeur gebeur waarteen Jesus hulle gewaarsku het: “Want wie sy lewe vir homself wil behou, sal dit verloor” (Markus 8:35). Dit blyk asof dit slegs in noue verbintenis met Jesus is waardeur die ewige lewe ontvang sou kon word. Dit het Jesus reeds aan die ryk man in Markus 10:17, 21 en 23-25 verduidelik. Slegs diegene wat hulle lewe ter wille van Jesus en van die evangelie prysgee, kan dit behou. Die weg van dissipelskap is die weg tot die ewige lewe. Redding lê in die navolging van Jesus Christus. (Markus 8:35, 10:29).

Navolging beteken ook om jou lewe ter wille van die evangelie te verloor (Markus 8:35) en om jou nie te skaam vir Jesus se woorde nie (Markus 8:38). Die persoon wat ter wille van die evangelie alles verlaat, sal nou reeds honderd maal meer ontvang (Markus 10:29-30).

Hy wat ter wille van Jesus uitgelewer word, gegésel word en teregstaan, lewer reeds getuienis en verkondig die evangelie (Markus 13:9 ev.). Die verhouding tot Jesus word parallel met die verhouding tot die evangelie gestel.

Breytenbach (1992:30) verwys ook na die sentraliteit van die begrip “evangelie” in die Markus- evangelie. Ná die opstanding van Jesus, dit wil sê in die tyd van die skrywe van die evangelie, neem die evangelie die plek van Jesus in. Die destydse skare en dissipels se verhouding tot die aardse Jesus word gelykgestel aan die leser en hoorder se verhouding tot die evangelie. Die navolging van Jesus word nou die navolging van sy woorde, die evangelie, die goeie nuus aangaande Hom, sy wondere en krag, sy identiteit en taak, sy lyding en opstanding, sy sterwe as losprys vir vele en die totale aard van sy messiaanse koningskap.

Die “evangelie” is vir Breytenbach ook die “Evangelie” (1992:31). Breytenbach lê ook veral klem op die “missionêre aard” en die “ekumenisiteit” (1992:32-33) van die evangelie-verkondiging. Die evangelie word in die hele wêreld verkondig (Markus 14:9) en sodoende ontstaan daar ‘n nuwe gemeenskap, ‘n nuwe mensheid, ‘n nuwe karakter en identiteit en ‘n nuwe familie. In hierdie nuwe gemeenskap word almal geïnkorporeer: Jode en nie-Jode, Heidene en vreemdelinge. Dissipelskap gaan gepaard met die vorming van ‘n nuwe gemeenskap - ‘n opvallende gemeenskap vanweë die nuwe karakter en integriteit, anderse lewenswyse en verhouding met Jesus Christus.

Hierdie karakter en integriteit word gedra deur ‘n lewenstyl wat dissipelskap heet. Hierdie lewenstyl word verder begrond deur die teologiese insigte van die belydenis oor Jesus Christus, die Messias, sowel as die waardebepalings wat die evangelie voorskryf.

Die skrywer is van mening dat Jesus die dissipels ook pastoraal begelei; veral diegene wat die keuse gemaak het vir die theologia crucis, die kruisweg, bo die theologia gloriae. Jesus wys die dissipels op die hoogste waarde van die lewe (Markus 8:36-37). Beide hierdie verse bied aan ons die onvergelyklike waarde van die siel in verhouding met die eskatologiese lewe. Onder andere word verwysings en bekende konsepte uit die kommersiële wêreld gebruik om die onvergelyklike waarde van die menslike lewe mee aan te dui, naamlik: “wins en verliese “of “verloor”, “in ruil gee vir”. Die Christene in die kerk van Rome was magteloos teen die felheid van Keiser Nero se vervolgings teen hulle.

Al word die “hele wêreld” (Markus 8:36) ingepalm of gewen en aangebied as kompensasie, maar die eskatologiese lewe word verruil, kan daarvoor niks meer vergoed word nie. Met die “hele wêreld” bedoel Jesus, volgens Lenski (1964:351): “…all world’s wealth, power, pleasure, glory, the beauty of all the fair things that ever graces the world, the sweetness of all the high delicacies that ever grew in it, the grandness of all the high things that ever towered aloft in it, all sensations, all enjoyments, all achievements, all satisfactions.”

Daarteenoor verklaar Lane (1988:309): “When a man has forfeited eternal life, he experiences absolute loss, even though he may have won the approval of the world with his denail of Jesus and the gospel.”