• No results found

Die karakterkrisis en integriteitloosheid van die kerk van die een-en-twintigste eeu, met betrekking tot ware dissipelskap, is opsigtelik en duidelik merkbaar in die verbrokkeling van die morele basis van die Suid-Afrikaanse samelewing. Hierdie studie dien as ‘n poging om dit te bewys. Oor die afgelope dekades het op haas alle terreine van die samelewing het ‘n paradigmaverskuiwing plaasgevind in die wyse waarop baie Christene dink en leef. Hierdie paradigmaskuif is die gevolg van die invloed en impak van die sogenaamde postmodernistiese lewensgevoel wat soos ‘n veldbrand versprei het in die kerk en die samelewing. Dit moet vermeld word dat postmodernisme ook natuurlik op verskeie terreine positiewe ontwakings tot gevolg gehad het, soos reeds in hierdie studie aangetoon (die verwerping van absolutisme, ekologiese bewussyn, diversiteit en pluraliteit, openheid ten opsigte van buite- wetenskaplike faktore op die wetenskapbeoefening), maar ongelukkig het daarmee saam ook heelwat negatiewe tendense en deformasie saamgekom.

Die uiterste lewensingestelheid waartoe hierdie postmodernistiese denke gelei het, wissel vanaf die bevraagtekening van Westerse waardes en pogings om bestaande norme tot relatiewe produkte van bepaalde tye en omstandighede te beperk. Boonop bevraagteken dit ook die aard van blywende en langdurige oortuigings aangesien dit volgens postmodernisme lei tot roekeloosheid op godsdienstige, religieuse, politieke, ekonomiese en sosio-maatskaplike gebiede. Dit het weer aanleiding gegee tot verdere morele verval, misstande en vergrype soos wat dit tans die Suid-Afrikaanse samelewing kenmerk.

In die vroeë Christelike kerk het ‘n slagspreuk ontstaan in die kerk se keuse tussen ‘n theologia gloriae en theologia crucis. Die keuse wat toe deur ‘n groot aantal Christene gemaak is, tydens hulle teologiese en Christologiese stryd binne die kerk en andersyds tydens die wrede vervolging onder keiser Nero, in die eerste eeu van die kerkgeskiedenis, was volgens Lane (1988:309): “For Christ and the gospel.” Die wyse waarop die kerk in die wêreld leef, is die gevolg van ‘n doelbewuste keuse vir Jesus Christus en die evangelie, wat ook verantwoordelike Bybelinterpretasie van Jesus en die evangelie insluit.

Die evangelie-boodskap verskaf immers aan Christene en die kerk die boodskap om met integriteit en geloofwaardigheid voor God en medemens in die wêreld te leef en te bestaan. Die karakter- en integriteitsprobleem van die kerk word aangespreek deur evangeliese lering, toerusting en dissipline in die teologiese insigte van die belydenis omtrent Jesus Christus, die Messias.

Met daardie kennis en teologiese insigte kan die kerk ‘n voorbeeld en model word vir Skrifgefundeerde waardes en moraliteit, karakter en integriteit in die vervalle Suid-Afrikaanse samelewing. Die egte geloofswaardes is daardie waardes wat iets kos en van die kerk ‘n prysgawe vra, naamlik selfverloëning en kruisdra in die navolging van Jesus Christus, die Gekruisigde en Opgestane Here.

Die antwoord vir die morele probleem in die Suid-Afrikaanse samelewing word gevind in ‘n herontdekking van die etiese waardes van die evangelie waaruit en waarmee Christene en die kerk moet leef. Allereers behoort die kerk haar te verantwoord op die volgende vrae: “Who am I ?” Who and what must I be in order to contribute to a good society in which coming generations will be in a position to live humanely?” (Hauerwas 1988:70). Volgens Hauerwas kan die kerk die samelewing transformeer. Die ekklesia is vir hom die plek waar Christene geskool word deur waaragtige (truthful) stories en deur, maar ook tot geloofwaardige rolmodelle. Die kerk is die ruimte waar morele vaardighede geleer word ten einde as ‘n alternatiewe gemeenskap (as resident aliens) in die wêreld te leef. Hauerwas sê die kerk moet nie bloot ‘n klomp dinge doen nie, die kerk moet op ‘n sekere manier kerk wees. Die kerk bestaan nie om liberale of konserwatiewe waardes te propageer nie, maar om trou te wees aan sy aard. Die morele krisis in die Suid-Afrikaanse samelewing vra dat die kerk opnuut aan die morele dimensies van kerkwees aandag gee, naamlik: liturgie, verkondiging, koinonia en diens.

Morele oriëntasie of vorming geskied deur die praktyke wat dit vir die kerk moontlik maak om sekere waardes of waarhede deel van ons lewe te maak. Moraliteit is dus nie iets wat ons (soms) doen nie, maar het te make met ons identiteit (wie ons is) en waardeur (teologiese leringe) en deur wie (deur die Drie-Enige God) en waar (in die kerk) ons identiteit gevorm word. Die kerk se morele uitdaging vir ons tyd setel volgens die skrywer in die Markus-evangelie in ‘n daadwerklike terugkeer na Jesus en die evangelie (Markus 8:35). Dit beteken nie dat die kerk nuwe dinge moet doen nie, maar dat die kerk die wesenlike dinge só sal doen dat dit lewensvernuwend beleef word.

Verder behels dit nog ‘n diep- en hartgrondige bekering ten einde bekeerd te kan leef. Dit vra dat die kerk sal worstel met die eise van getrouheid en gehoorsaamheid aan die geloofswaardes van die Koninkryk van God. Die gevolg is dat die kerk van die een-en-twintigste eeu nie net verantwoordelike lidmaatskap en Christene kweek nie, maar ook verantwoordelike burgers ontwikkel, wat ‘n moreel gesonde samelewing tot gevolg kan hê. Dit is immers die kerk se lidmate wat op die verskillende terreine (kuns, wetenskap, polities, ekonomies, sosio-maatskaplik, sport, ensovoort) van die samelewing, leef en bestaan.

Toegeruste en evangelies-lewensveranderende Christene kan ook die samelewing transformeer, ook met betrekking tot karakter, integriteit en geloofwaardigheid. Die skrywer lê ook nadruk op die feit dat die moraliteitskrisis in die Suid-Afrikaanse samelewing grootliks saamhang met die probleem om die teologiese insigte te verstaan, wat ten grondslag lê van die kerk se belydenis oor wie Jesus is. (Christologies en teologies). `n Gedeeltelike oplossing kan gevind word in die kerk se soeke en strewe na diepgaande eksegese en hermeneutiek rondom die verstaan van ware dissipelskap. Die kerk moet weer tot hernieude verstaan kom van die teologiese insigte van hulle geloofsbelydenis-grondslag, naamlik, oor wie Jesus Christus is en die konsekwensies en implikasies van wat dit beteken om Jesus na te volg. Volgens die Markus-evangelie vra dissipelskap ‘n duidelike keuse ten opsigte van “om nie te dink aan wat mense wil hê nie, maar aan wat God wil hê” (Markus 8:33). Wat God wil hê, is selfverloëning, kruisdra en die moontlikheid om jou lewe te verloor vir “Jesus en die evangelie” se ontwil (Markus 8:35). Hierin, volgens die skrywer setel die grootste uitdaging vir die kerk van die een- en-twintigste eeu. Hierdie uitdaging kan die hoofgebied word met die vernuwende en transformerende krag van die Heilige Gees.

BRONNELYS

Anon, 1982. Ons Glo… Die Drie Formuliere van Eenheid en Ekumeniese Belydenisse. Kaapstad: NG Kerk-Uitgewers.

Barrett, C K 1987. The New Testament Background: Selected Documents. London: William Cloves Limited.

Bauman, Z 1992. Th Intimations of Postmodernity. London: Routledge.

Bellah, R N et al 1985. Habits of the Heart. San Francisco: Harper and Row.

--- et al 1991. The Good Society. New York: Alfred A Knopf.

Bonhoeffer, D 1955. Ethics. London: SCM Press.

--- 1964. The Cost of Discipleship. London: SCM Press.

--- 1975. Letters and Papers from Prison. New York: Macmillan.

Boshoff, H 1990. Samelewingsveranderinge en die kerk in die negentigerjare: moontlike implikasies. Potchefstroom: Instituut vir Reformatoriese Studie.

Botha, J G 2003. Verslag van die Sinodale Kommissie vir Getuienisaksie aan die Sinodale Kommissie Werkskema: VGK-Wes-Kaapland, Sinodale Kommissie in Sitting te Cradock. 14-17 Augustus

2003.

Breytenbach, C & Lategan, B (reds) 1992. Dissipelskap volgens Markus: Om Jesus na te volg. Scriptura: Tydskrif vir Bybel en Teologie in Suider-Afrika. Vol. s.19

Brook, H & Ringe, H (eds) 2002. The New Testament – Introducing the Way of Discipleship. Maryknoll: Orbis Books.

Brooks, J A 1991. The New American Commentary, MARK. Vol. 23. Nashville: Broadman Press.

Burger, C 1995. Gemeentes in Transito. Vernuwingsgeleenthede in Oorgangstye. Kaapstad: Lux Verbi.

Burger, C W, Muller, B A, & Smit, D J (reds) 1992. Verdere Riglyne vir Lydensprediking Kaapstad: Lux Verbi.

Chapman, M D 2004. Pluralism and Moral Regeneration: Building Community in South African Perspective. Journal of Theology for Southern Africa: 4-14.

Combrink, H J B; De Villiers, H, Du Plessis, I J, & Du Toit, (reds) 1988. Handleiding by die Nuwe Testament IV. Pretoria: NG Kerk-Uitgewers.

Cranfield, C E B, 1972. The Gospel According to St. Mark, 4th ed. Cambridge: Cambridge State University Press.

De Villiers, A 1974. Dat Julle kan Glo. Pietermaritzburg: The Natal Witness Limited.

Donahue, R J 1973. Are you the Christ? The Trial Narrative in the Gospel of Mark. SBLDS, 10. Missoula: Scholars Press.

--- 1983. The Theology and Setting of Discipleship in the Gospel of Mark. Milwaukee: Marquette University Press.

Douglas, J D, Hillyer, N, & Bruce, F F (eds) 1988. New Bible Dictionary. Leicester: Inter-Varsity Press.

Dowley, T (red), et al 1988. Die Geskiedenis van die Christendom. Kaapstad: Struik Christelike Boeke.

Dreyer, D 2003. Lééf jou Gemeente Regtig? Wellington: Lux Verbi.

Duling, D C 1979. Jesus Christ Through History. New York, San Diego, Chicago: Harcourt Brave Jovanovich.

Du Plessis, P J & Lategan, B C 1983, Agtergrond en Geskiedenis van die Nuwe Testament. Goodwood, Kaapstad: Nasionale Boekdrukkery.

Duvenage, S 1981. Die dekor van die Nuwe Testament. ‘n Kultuur-Historiese Agtergrondstudie. Kaapstad: Interkerklike Uitgewerstrust.

Evans, C A 2001. Word Biblical Commentary. Vol. 34B. Nashville: Thomas Nelson Publisher.

Fowl, S E & Jones, L Y 1991. Reading in Communion: Scripture and Ethics in Christian Life. Grand Rapids: William B Eerdmans Publishing Company.

Freedman, D N (ed) 1992. Disciple and Discipleship. The Anchor Bible Dictionary. Vol.2 D-G. Grand Rapids: William B Eerdmans Publishing Company.

Freedman, D N (ed) 2000. Eerdmans Dictionary of the Bible. Grand Rapids: William B Eerdmans Publishing Company.

--- 1967. Martyrdom and Presecution in the Early Church. New York: State University Press.

Gaebelein, F E 1984. The Expositor’s Bible Commentary.Vol. 8. Grand Rapids: Zondervan Corporation.

Geertsema, H G 1998. ‘n Kort karakteristiek van die Postmodernisme. In Goudzwaard, B et al. Wat beteken Postmodernisme?, 10-17. Potchefstroom: Instituut vir Reformatoriese Studie van die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys.

Gispen, W H, Oosterhoff, B J & Ridderbos, H N (reds) 1977. Bybelse Ensiklopedie. Kaapstad: Verenigde Protestantse Uitgewers.

Goudzwaard, B, Geertsema, H G & Heyns, M F 1998. Wat beteken Postmodernisme?, 1-40. Potchefstroom: Instituut vir Reformatoriese Studie van die Potchefstroomse Universiteit

vir Christelike Hoër Onderwys.

--- 1998. Hoe om sin te maak van die Postmodernisme. In Goudzwaard, B et al. Wat beteken Postmodernisme?, 1-10. Potchefstroom: Instituut vir Reformatoriese Studie van die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys.

Groenewald, E P 1981. Die Evangelie van Markus. Kaapstad: NG Kerk-Uitgewers.

Gustafson, J M 1961. Treasure in Earthen Vessels. New York: Harper & Row.

--- 1988. Varieties of Moral Discourse: Prophetic,Narrative,Ethical, and Polity. Grand Rapids: Harper & Row.

Hanekom, B 2003. Leef jou Geloof. Vereeniging: Christelike Uitgewersmaatskappy.

Harrison, E F 1964. Introduction to the New Testament. Grand Rapids:William B Eerdmans Publishing Company.

Harvey, David 1990. The Conditions of Postmodernity. Oxford: Blackwell

Hassan, I 1987. The Postmodern Turn. Ohio: Ohio State University Press.

Hauerwas, S 1988. Christian ExistenceToday. Durham: The Labyrinth Press.

Heyns, M F 1998. Die Bewaring en Dekonstruksie van die Self. In Goudzwaard, B et al. Wat Beteken Postmodernisme?, 18-40. Potchefstroom: Instituut vir Reformatoriese Studie van die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys.

Janson, M 2003. My Nalatenskap – Die Kuns om Gelukkig te Lewe. Wellington: Lux Verbi.

Keck, L E (ed) et al 1995. Mark 8:27-16:20. The Son of Man Must Suffer. In : The New Interpreter’s Bible. General Articles and Introduction, Commentary and Reflections For Each Book Of The Bible, including The Apocrypal / Deuterocanonical Books In Twelve Volumes. Vol.VIII. Nashville: Abingdon Press.

Kingsbury, J D 1991. Gospel and Social-Scientific Interpretation. Harrisburg: Trinity Press International.

Klijn, A F J 1980. An Introduction to the New Testament. Leiden: E.J.Brill

--- Inleiding tot de Studie van het Nieuwe Testament. Kampen:Uitgeversmaatschappij J.H.Kok.

Koopman, N & Vosloo, R 2002. Die Ligtheid van die Lig. Morele oriëntasie in ‘n Postmoderne tyd. Wellington: Lux Verbi.

Koopman, N 2004. Oor dié Evangelie skaam ek my. Kruisgewys 3:21-22

Lane, W L 1988. The New International Commentary of the New Testament. Grand Rapids: William B Eerdmans Publishing Company.

Lenski, R C H 1964. The Interpretation of ST. MARK’S GOSPEL. Minneapolis: Augsburg Publishing House.

Louw, J P & Nida E A 1988. Greek-English Lexicon of the New Testament based on Semantic Domain. Vol. 1 & 2. Goodwood, Cape: National Book Printers. Lyotard, J 1985. The Postmodern Condition. Manchester: Manchester University Press.

Mann, C S 1986. Mark. A New Translation with Introduction and Commentary. New York: Doubleday.

Marshall, H (ed) 1979. New Testament Interpretation –Essays on Principles and Methods. Paternoster: Paternoster Press Limited.

Marshall, M S 1960. Matthew Henry’s Commentary. Broad Oak Ed. Hong Kong: The Continental Printing Company.

Moltmann, J 1974. Man: Christian Anthropology in the Conflicts of the Present. Philadelphia: Fortress Press.

Müller, J 2002. Gesinne van Binne. Vertel die Verlede en Droom oor die Toekoms van Jou Gesin. Bloemfontein: CLF-Drukkers.

Myers, C 2002. Mark’s Gospel. Invitation to Discipleship. Maryknoll: Orbis Books.

Nelson, Weder , et al 2000. Disciple and Discipleship. In: Freedman, The Anchor Bible Dictionary. Vol 2. D-G.pp. 207 -210. Grand Rapids: William B Eerdmans Publishing Company.

Nicol, W 2000. Godsdiens wat Werk. Ontdek die Soort Godsdiens wat vir jou die beste Werk. Wellington: Lux Verbi.

Niebuhr, R 1941. The Mmeaning of Revelation. New York: Macmillan Company.

--- 1951. Christ and Culture. New York: Harper & Row.

Peterson, E H 1986. Five Smooth Stones for Pastoral Work. Grand Rapids: William B.Eerdmans Publishing Company.

Perkins, P 1988. Reading the New Testament. 2nd ed. New York: Paulist.

Rasmussen, Larry 1993. Moral Fragments and Moral Community. Minneapolis: Fortress Press.

Rhoads, D & Michie, D 1982. Mark as Story: An Introduction to the Narrative of a Gospel. Philadelphia: Fortress Press.

Rhoads, D 1996. The Challenge of Diversity. The Witness of Paul and the Gospels. Philadelphia: Fortress Press.

--- 1991. Losing Life for Others in the Face of Death. Mark’s Standard of

Judgement. In Kingsbury, D (ed) et al. Gospel and Social-Scientific Interpretation Approaches, 83-94. Harrisburg: Trinity Press International.

Segovia, F F 1985. Discipleship in the New Testament. Philadelphia: Fortress Press.

Smit, D J 1988. Hoop in Lewe en Lyding. Goodwood, Kaapstad: Nasionale Boekdrukkery.

--- 1992. Lyding, Christologie en Dissipelskap volgens Markus – en die Prediking.

Burger, C W, Müller, B A et al Verdere riglyne vir lydensprediking, 73-92. Kaapstad: Nasionale Boekdrukkery.

--- 2004. Morality and Individual Responsibility. Journal of Theology for Southern Africa. Julie, 19-30.

Smith, Charlene 2001. Proud of Me: Speaking Out Against Sexual Violence and HIV. Johannesburg: Penguin Books.

Stambaugh, J & Balch, D 1986. The Socia lWorld of the First Christians. Great Brittain: Anchor Press.

Tolbert, M 1989. Sowing the Gospel: Mark’s World in Literary-Historical Perspective. Minneapolis: Fortress Press.

Tolmie, F 2002. By die Kruis. Bloemfontein: CLF Drukkers.

Van Gelderen, C 1999. Reading Postmodern Culture Through the Medium of Movies. Grand Rapids: William B Eerdmans Publishing Company.

Van Gelderen, C (ed) 1999. Confident Witness – Changing World. Rediscovering the Gospel in North America. Grand Rapids: William B Eerdmans Publishing Company.

Van Zyl, A H 1987. Hy wat sou Kom. Messiaanse Prediking in die Ou Testament. Kaapstad: NG Kerk- Uitgewers.

Vorster, Du Toit, et al 1988. Handleiding by die Nuwe Testament. Vol 4. Die Evangelie volgens Markus: Inleiding en Teologie, 37 152. Pretoria: NG Kerk-Boekhandel.

Warren, R 1995. ThePurpose Driven Church. Growth Without Compromising your Message and Mission. Grand Rapids: Zondervan Publishing House.

Weder, Nelson et al 1992. Disciple, Discipleship. The Anchor Bible Dictionary. Vol. 2. 207-210. Grand Rapids: William B Eerdmans Publishing Company.

Whiteford, Andrew & McGrath, Michael 1994. The Distribution of Income in South Africa. Pretoria: Human Sciences Research Council.

Wyatt, L A 1999. Preaching to Postmodern People. In Van Gelderen, C (ed), Confident Witness – Changing World. Rediscovering the Gospel in North America. Grand Rapids:.William B Eerdmans Publishing Company.