• No results found

Cilliers, J. 2012. Dancing with Deity. [Boekbespreking]

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Cilliers, J. 2012. Dancing with Deity. [Boekbespreking]"

Copied!
1
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

94

BOEKBESPREKINGS Hetta Potgieter

Dancing with Deity. Re-imagining the beauty of worship Johan Cilliers 2012

Bybelmedia Posbus 5

Wellington 7654 ISBN 978-0-86487-554-9

M

et hierdie boek laat Johan Cilliers mens werklik nuut dink oor rol van die kunste in die liturgie. Cilliers is ’n briljante skrywer en hy beklemtoon dat aanbidding mooi (beautiful) is en dat alle mense God wil ken en vreugde daaruit wil put (know and enjoy). Alhoewel hy uit die perspektief van ’n gereformeerde teoloog skryf, verwys hy na die invloed wat Afrika op hom het om ’n estetiese perspektief oor liturgie te vorm. Die hooftema in die boek handel oor die verband tussen godsdiens (wat aanbidding insluit) en die kunste (die estetika). As agtergrond gee Cilliers ’n kort historiese ontwikkeling van die verband tussen godsdiens en die kunste. Die vraag word behandel of God uitgebeeld kan word deur byvoorbeeld skilderkuns of ikone. Maar waarom is die estetiese so belangrik in vandag se gereformeerde liturgie? Die redes wat genoem word, is van teologiese en musikologiese belang. Die herontdekking van beweeglikheid (embodiment) en ’n kultuur van die verbeelding is vandag weer aktueel. Die Bybel is deurspek met beelde (images). Die kerk word in hierdie era waar die visuele so ’n groot impak op die mens het, genoodsaak om die plek van die kunste in die liturgie te heroorweeg.

’n Verskeidenheid kunswerke word na verwys en Guernica van Pablo Picasso word in besonderhede bespreek. Cilliers is gemaklik met sy bespreking van die kunste en met die praktiese uitvoering daarvan aangesien die voorblad deur homself ontwerp is.

In Dancing with Deity word die skilderkuns, argitektuur, taalkuns en musiek ook by die kunste ingesluit. Die gebruik van metafore word in die bespreking van die taalkuns uitgelig. Hy noem dat multisensoriese taal nie net twee sintuie aanspreek nie maar ’n holistiese kommunikasie na vore bring. As voorbeeld word genoem dat eredienste waar die liturg daarin slaag om al die sintuie te benut, gewoonlik effektief en geslaagd is. Luther kan hier as ’n voorbeeld gebruik word.

Musiek is die uitdrukking van die lewe in klank. Woorde alleen is nie voldoende vir ’n mens se erediensbelewenis nie. In die begin was ... daar Klank. Cilliers fokus veral op die waarde van sang en noem dit ’n spirituele oefening. Liturgie handel oor ’n estetiese spel. Dans en sang word in-diepte in die laaste hoofstuk bespreek.

Dancing with Deity maak die leser opgewonde oor die mooi dinge wat benut kan word in die mens se soeke na betekenis: aanbidding kan vars en nuut beleef word.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Om hierdie eise suksesvol te kan hanteer, behoort onderwyskandidate wat oor die gewenste persoonseienskappe vir doeltreffende onderwys beskik, tot die onderwys toe te

derings vergaderings van c[lpsdraers as sodanig is, gee ons hom dit t tDe cie.t, waar die kerkrade deur ampsdraers verteenwoordig word, hulle tog ook agtens

Die oudi ti ewe perseptuele tekorte wat bestaan het, is na die toepassing van .die hulpverleningsprogram oorko~ In heelparty van die ouditiewe funksies het die

Table 2: Median total expected waiting time from referral by GP to treatment, by specialty, 2020 (in weeks) Table 3: Median patient wait to see a specialist after referral from a GP,

1 Dutch Reformed' bekend was, maar dui ook aan dat.dit die spesifieke Afrikaan- se (Dutch) kerk teenoor die Anglikaanse, Roomse en ander volksvreemde kerke was,

toestand het sodanig verergeJ?~,,clatClie R.c.v.v. ·the :distr.ibution of Gove·rnme:nt.. van die Vereniging gesit~ Dit was onwetenskaplik vir hulle. tog geen Sosialo

[r]

Samen gaan we in geloof op weg, één plus één zijn er al twee.. Zie, zoals de herders in die nacht, God, geboren in