• No results found

Die verband van sportdeelname met gesondheidsrisikogedrag by adolessente in die Potchefstroomdistrik

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Die verband van sportdeelname met gesondheidsrisikogedrag by adolessente in die Potchefstroomdistrik"

Copied!
130
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

~~... 'IJ ".

. ~ fl. , . .

- ~~~

(2)

"The greater the obstacle, the more glory in overcoming it."

Baie dankie aan die volgende persone wat my gemotiveer het om die studie te voltooi: Dok Mercia Coetzee - ''A teacher affects eternity; she can never tellwhere her inflLnce stops." Baie dankie vir Dok se geduld, hulp, tyd, motivering en kennis wat jy bereid was om met my te deel! Ek het groot waardering vir dok se ure van opofferings en moeite wat gepaard gegaan het met die studie.

Prof Hans de Ridder

-

Dankie vir die idees, insette en tyd wat moontlik gemaak is deur Prof!

Mev. Van der Walt vir die taalversorging!

Dankie aan al my vriende en vriendinne wat my regdeur die studie ondersteun het! Heinrich, vir die motivering en vriend wat jy is! Ree en Bloues, my woonstelmaats wat my elke dag gevra bet of ek a1 klaar is met my " M !

My familie, Pa en Ma, vreeslik dankie vir julle bystand en hulp! Dis lekker om ouers te h& waarop mens baie trots kan wees!

(3)

The correlation between participation in sports and health risk behaviour of adolescents in the Potchefstroom district

Health risk behaviour is certainly one of the most crucial aspects in the life of the present- day adolescent. According to the literature a healthy lifestyle includes regular exercise, health meals, sufficient rest, recreation and managing stress successfully. Health behaviour activities therefore are lifestyle activities that can affect one's health and wellbeing positively or negatively. Health risk behaviour or an unhealthy lifestyle includes violence, smoking, alcohol and drug abuse, sexual activity, unhealthy diet and a lack of physical activity. The adolescent is easily influenced and susceptible and therefore role models can have a strong influence on the behaviour of the adolescent. Many researchers are of the opinion that high performance sport is inclined to be characterised by health risk behaviour of the participants and also indicate that older sportsmen and -women have a definite influence on the behaviour of younger sportsmen and -women. It was also found that young sportsmen and sportswomen are more exposed to health risk behaviour than non-sportsmen and sportswomen.

The aim of the study was, firstly, to establish the health risk behaviour of adolescents of different genders, racial groups and age groups in the Potchefstroom district and to determine if gender, racial groups and age groups had an effect. The second aim was to establish whether the health risk behaviour of sport participants and non-participants differ and if these differences were gender andlor race specific or not.

(4)

470 High school pupils (boys n=205; girls n=265) of different race groups (white n=l58; black n=150; Coloured n=l14 and Indian n=48) between 13 and 18 years of age, living in the Potchefstroom district in the North West Province, were involved in the study. The YRBS questionnare was used to obtain information ragarding the health risk behaviour of the pupils. The health risk behaviours included violence, smoking, alcohol and drug abuse, sexual behaviour and physical inactivity.

The "Statistica for Windows version 6" computer programme (Statsoft, Inc. 2003) was used. To process the collected data, descriptive statistics were used to establish the percentage participation in the distinctive health risk practices. Two-way frequency tables were used to determine the relationship between gender, race and age as well as percentage participation or not.

Tendencies that were established in this study with regard to the high school pupils' risk behaviour correlate with other national studies, but also show that the occurrence of participation in health risk behaviour in South Africa is lower than that found in international studies. A large percentage of the research group (71 %) reported that they participate in school sports, which indicates that participation in sports plays an important role in the youth culture of high school pupils in the Potchefstroom district. Furthermore it is apparant from the results that there is a higher percentage of participation in 4 of the 6 health risk behaviour activities by sport participants. Non-participants were physically inactive and reported more suicide attempts. Although percentage differences were present between the health risk behaviour of participants in sport and non-paticipants, it was not practically significant. Furthermore it was found that gender and race did not have a significant effect on the health risk behaviours of high school pupils in the Potchefstroom district.

Key Words: Health risk behaviour; Adolescents; Sport participants; Non- participants; Violence; Substance; Sexual activity; Physical activity.

(5)

VOORWOORD

...

i

..

ABSTRACT

...

11

INHOUDSOPGAWE

...

iv

..

BYLAE

...

vn

LYS VAN TABELLE

...

vii

. . .

LY S VAN FIGURE

...

viu

HOOFSTUK 1

...

1

PROBLEEM EN DOEL VAN DIE STUDIE

...

1

1 .I INLEIDING

...

1

1.2 PROBLEEMSTELLING

...

2

1.3 DOELSTELLINGS

...

4

1.4 HIPOTESES

...

5

1.5 STRUKTUUR VAN DIE VERHANDELING

...

5

BIBLIOGRAFIE

...

6

HOOFSTUK 2

...

11

LITERATUUROORSIG OOR DIE

GESONDHEIDSRISIKOGEDRAG VAN

ADOLESSENTE

...

11

(6)

...

2.1 INLEIDING 11

...

2.2 ADOLESSENSIE 16

...

2.2.1 Biologiese veranderinge 16

...

2.2.2 Veranderinge in die gesinstruktuur 17

2.2.3 Portuurgroepsdmk

...

17

2.2.4 Algemene risikogedragstendense van adolessente

...

19

...

2.2.5 Risikogedragstendense by adolessentesportlui 20

...

2.3 GESONDHEIDSRISIKOGEDRAG 21 2.3.1 Geweld en aggressie

...

21 2.3.2 Selfmoord

...

22 2.3.3 Rook

...

24

...

2.3.4 Alkoholgebmik en -misbmik 27 2.3.5 Dwelmgebruik

...

30 2.3.6 Seksuele gedrag

...

32

. .

2.3.7 Fisieke onaktiwiteit

...

34

...

2.4 SAMEVATTING 37 BIBLIOGRAFIE

...

39

HOOFSTUK 3

...

52

GESONDHEIDSRISIKOGEDRAG VAN

ADOLESSENTE SE VERBAND MET GESLAG. RAS

EN OUDERDOM

...

52

ABSTRACT

...

54 OPSOMMING

...

55 INLEIDING EN PROBLEEMSTELLING

...

56 METODE

...

58 Ondersoekgroep

...

58 Meetinstrument

...

59 Statistiese prosedures

...

59 RESULTATE EN BESPREKING

...

60 SAMEVATTING

...

69

(7)

BIBLIOGRAFIE

...

70

...

HOOFSTUK

4

76

GESONDHEIDSRISIKOGEDRAG VAN

HOERSKOOL

SPORTDEELNEMERS EN NIE-

DEELNEMERS

...

76

...

ABSTRACT 78

...

INLEIDING 79 METODE VAN ONDERSOEK

...

81

Ondersoekgroep

...

81 Meetinstrument

...

81

. .

Statist~ese prosedure

...

82 RESULTATE EN BESPREKING

...

82 SAMEVATTING

...

88 LEEMTES EN AANBEVELINGS

...

89 SUMMARY

...

90

Health risk behaviour of High school sport participants and non-participants

...

90

BIBLIOGRAFIE

...

91

...

HOOFSTUK

5

96

SAMEVATTING. GEVOLGTREKKINGS.

TEKORTKOMINGE EN AANBEVELINGS

...

96

5.1 SAMEVATTING

...

96 5.2 GEVOLGTREKKINGS

...

98 5.2.1 Gevolgtrekking 1

...

98 5.2.2 Gevolgtrekking 2

...

98 5.3 TEKORTKOMINGE EN AANBEVELINGS

...

99

(8)

BYLAAG A: Instructions to Authors for the Health SA Gesondheid

BYLAAG B: Inligting aan outeurs vir die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Navorsing in Sport, Liggaamlike Opvoeding en Ontspanning

BYLAAG C: Toestemmingsbrief aan skole BYLAAG D: YRBS-vraelys

HOOFSTUK 3

Tabel 3.1 Gesondheidsrisikogedrag se verband met geslag en ras

...

65

Tabel 3.2 Gesondheidsrisikogedrag se verband met ouderdom

...

68

HOOFSTUK 4

(9)

Tabel 4.2 Vrae uit die YRBS wat in verdere venverkings gerapporteer is

...

83

Tabel 4.3 Gesondheidsrisikogedrag van sportdeelnemers en nie-deelnemers

...

84

Tabel 4.4 Gesondheidsrisikogedrag se verband met geslag

...

85

Tabel 4.5 Gesondheidsrisikogedrag se verband met ras

...

86

Tabel 4.6 Ouderdom waarop enkele gesondheidsrisikogedragsaktiwiteite 'n aanvang geneem het

...

88

HOOFSTUK 2

Figuur 2.1 'n Konseptuele raamwerk vir adolessent-risikogedrag: risiko- en beskermingsfaktore, risikogedrag en risiko-uitkomste

...

15

HOOFSTUK 3

Figuur 3.1 Frekwensies van gesondheidsrisikogedrag van adolessente

...

61

(10)

1.1

INLEIDING

Gesondheid is diC aspek in 'n persoon se lewe waar liggaam, gees en verstand as 'n eenheid saamwerk om die mens optimaal te laat funksioneer (Cmich, 1984:31; McAllister, 1993:52). Gereelde oefening, voldoende maaltye, genoeg rus en ontspanning asook streshantering is aspekte wat belangrik geag word in die mens se daaglikse lewe, veral gedurende adolessensie (Pender, 1990:117). Navorsing wys daarop dat sekere aspekte wat vroeg in die adolessent se lewe aangeleer word steeds voortduur met toename in ouderdom (Diclemente et aL, 200 1 : 1363). Dit is dus van kardinale belang dat daar gedurende die kinderjare klem gel& moet word op die kweek van 'n gesonde lewenstyl.

Volgens Millstein et al. (1992:422) bestaan daar kommer oor die gesondheidstatus van die adolessent, aangesien d m besondere blootstelling aan ongesonde lewenstylaktiwiteite is, gedurende hierdie tydperk (Millstein et aL, 1992:422). Volgens Ginzberg (1991589) sluit 'n ongesonde lewenstyl of gesondheidsrisikogedrag aspekte soos rook, alkoholmisbruik, seksuele wanpraktyk, ongesonde dieet, 'n tekort aan fisieke aktiwiteit en die gebmik van dwelms in. Gesonheidsrisikikogedrag onder adolessente is

(11)

aktiwiteite waama daar na ems gekyk moet word in skole of sekondere- en tersi&re inrigtings aangesien dit tot nadelige invloede kan lei op adolessente se toekoms en lewenstyl (Jessor, 1984:71).

1.2

PROBLEEMSTELLING

Soos reeds aangetoon, is gedrag en lewenstyl belangrike determinante van gesondheid en volgens Wold et al. (1994) is daar heelwat literatuur wat daarop dui dat chroniese siektes lewenstylverwant is en dat negatiewe of gesondheidsrisikogedrag vroegtydige sterftes tot gevolg kan h&. Volgens die CDC (National Center for Cronic Disease Prevention and Health Promotion) is risikogedragsaktiwiteite, faktore wat 'n negatiewe invloed op adolessente se latere gesondheid het en sluit dit rook, ongesonde eetgewoontes, onvoldoende fisieke aktiwiteite, seksuele wangedrag, alkohol en ander dwelmgebmik in (National Center for Cronic Disease Prevention and Health Promotion, 2000). Hiermee saam word die afname in fisieke aktiwiteit en 'n ongesonde lewenswyse dikwels deur navorsers genoem as prim&re redes vir morbiditeit en mortaliteit in die hedendaagse samelewing (Kawonen, l996:214; Richmond et al., 1998: 1792).

In die verslag van die Geneesheer Generaal van die VSA (U.S. Dept. of Health and Human Services, 1996), word gestel dat deehame aan matige fisieke aktiwiteite die risiko van hartsiektes, diabetes, kolonkanker en hoe bloeddmk kan verminder. Volgens Aldana et al. (19963 15) is fisieke aktiwiteit geydentifiseer as een van die beste metodes om fisiologiese en selfopgelegde psigologiese stres te verminder. Heath et al. (1994:1131) maak die aanbeveling dat daar meer aandag aan fisieke aktiwiteite gegee moet word deur adolessente, ten einde voorkomend op te tree teen hartprobleme. Oefeninge kan ook 'n groot rol speel in die verbetering van adolessente se algemene lewensgesondheid (Rowland, 1990:181). Volgens die Health Education Authority (19975) is die korttermynvoordele vir adolessente wat aan sportaktiwiteite deelneem, verminderde kanse op hartsiektes, laer vlakke van obesiteit en 'n verbeterde lewensgehalte.

(12)

Adolessensie is 'n tydperk van verhoogde bewuswording van fisieke status en psigiese welstand en word beskou as 'n periode van betekenisvolle groei waarin unieke liggaamlike verandering voorkom en die meeste volwasse kenmerke reeds vasgel& is (World Health Organization, 1995). Adolessensie word tradisioneel beskou as die periode van optimale gesondheid, maar ten spyte hiewan is daar egter faktore wat die adolessent se gesondheid kan bedreig, byvoorbeeld gesondheidsrisikogedrag, stres en depressie (Health Education Authority, 1997). Pate et al. (2000:904) is van mening dat sport die adolessent beskerm teen negatiewe invloede wat kan lei tot jeugmisdaad en misbmik van verdowingsmiddels soos marijuana en kokai'ne. Sportdeelname impliseer dat adolessente 'n groot persentasie van hul tyd afstaan aan oefening, wat tot talle gesondheidsvoordele lei (Pate et al., 2000:904). Aangesien sportdeelname ook dikwels geassosieer word met goeie dieetgewoontes, en die gebmik van tabak en alkohol teenstaan, bevorder sportdeelnemers dus 'n gesonde lewenstyl deur middel van sosiale omgewingskanale (Winnail et aL, 1997:188).

Sport vorm 'n integrale deel van die eietydse samelewing en het 'n groot invloed op die lewens van jong kinders en adolessente (Hare, 1997:l; Amstrong & McManus, 1996:22). Tomori en Zalar (2000:405) het gevind dat adolessente wat sport beoefen, minder geneig is om selfmoord te pleeg en ook minder tekens van depressie toon (O'Neal et al.,

2000:llO; Craft & Landers, 1998). Magil en Ash (1979:230) vind met hul navorsing dat sportdeelname 'n positiewe invloed het op adolessente se selkonsep en persoonlike besluite, tenvyl die navorsing van Pate et al. (1996:1577) aantoon dat adolessente met 'n lae aktiwiteitsvlak dikwels geassosieer word met negatiewe gesondheidsrisikogedrag. Hoewel die meeste navorsingbevindinge dui op die gesondheidsvoordele van sportdeelname, is daar enkele studies wat gevind het dat sportdeelname geassosieer kan word met sekere risikogedrag by universiteitstudente asook hoerskool- en laerskoolkinders (Skolnick, 1993:799; Aaron et al., 1995:1644; Smith & Caldwell,

1994).

Volgens die International Youth Foundation: South Africa (2000) is meer as die helfte van Suid-Afrika se bevolking jonger as 20 jam. Indien daar 'n positiewe ingesteldheid

(13)

ten opsigte van gesondheidsrisikogedrag onder die adolessente gekweek word, kan dit bydra tot 'n positiewe ingesteldheid van toekomstigvolwasse populasie van Suid-Afrika. Volgens Dinger (2000) is ondenvysers en afrigters in die gunstigste posisie om adolessente se gedragsaktiwiteite positief te be'invloed.

Hoewel daar enkele navorsingstudies internasionaal onderneem is oor die effek van fisieke aktiwiteit, sportdeelname en gesondheidsrisikogedrag van adolessente, kon geen studies hieroor in die Suid-Afrikaanse konteks gevind word nie.

Die eerste navorsingsvraag wat uit die probleemstelling na vore kom, is wat is die gesondheidsrisikogedrag van adolessente (12-18 jam) van verskillende ras-, geslag- en ouderdomsgroepe in die Potchefstroomdistrik? Die tweede vraag wat beantwoord wil word, is of daar 'n verband bestaan tussen gesondheidsrisikogedrag en sportdeelname van adolessente van verskillende ras-, geslag- en ouderdomsgroepe in die Potchefstroomdistrik. Antwoorde hierop sal inligting verskaf oor die lewenstyl en insidensie van gesondheidsrisikogedrag van adolessente in die Potchefstroomdistrik, asook oor die verband tussen sportbeoefening en gesondheidsrisikogedrag. Hierdie inligting kan na provinsiale gesondheidsrade en skoolligame deurgegee word ten einde voorkomend en remedierend te kan optree.

1.3

DOELSTELLINGS

Die doe1 van die ondersoek is om te bepaal:

1. Wat die gesondheidsrisikogedrag van adolessente in die Potchefstroomdistrik is en of ras, geslag en ouderdom 'n effek sal h& op die gesondheidsrisikogedrag.

2. Of die gesondheidsrisikogedrag van adolessente sportdeelnemers en nie- deelnemers verskil, en of ras en geslag 'n effek sal h& op die verskille, al dan nie.

(14)

1.4

HIPOTESES

Hierdie ondersoek is op die volgende hipoteses gegrond:

Adolessente in die Potchefstroomdistrik neem deel

aan

gesondheidsrisikogedragsaktiwiteite en geslag, ras en ouderdom sal 'n effek op die gesondheidsrisikogedrag uitoefen.

Adolessente sportdeelnemers se gesondheidsrisikogedrag sal hoer wees as die hoerskoolleerlinge wat nie aan sport deelneem nie, en ras en geslag sal 'n effek h& op die gesondheidsrisikogedrag van sportdeelnemers en nie-deelnemers.

1.5

STRUKTUUR VAN DIE VERHANDELING

Die verhandeling word in artikelformaat aangebied. Die struktuur van die verhandeling lyk soos volg:

1.5.1. Hoofstuk 1 bevat die probleem en doel van die studie. Die bibliografie word aan die einde van die hoofstuk volgens die Puk-voorskrifte aangebied.

1.5.2. Hoofstuk 2 bied 'n literatuuroorsig wat handel oor gesondheidrisikogedrag by adolessente. Hierdie literatuur vorm die basis van die navorsingsartikels soos aangebied in hoofstukke 3 en 4. Die bibliografiee van Hoofstuk 2 word am die einde van die hoofstuk volgens die Puk-voorskrifte aangebied.

1.5.3. Die metode van die ondersoek word v e ~ a t in Hoofstukke 3 en 4 wat die twee navorsingsartikels van die studie bevat. Die bronvenvysings en bibliografie word volgens die betrokke Joernale aan wie die artikel voorgel& is, aangebied.

(15)
(16)

ARMSTRONG, N. & MACMANUS, A. 1996. Growth, maturation and physical education. (In Armstrong, N., ed. New directions in physical education. London :

Cassells. p. 19-5 1 .)

CMICH, D.E. 1984. Theoretical perspectives of holistic health. Journal of school health, 54(1):30-32.

CRAFT, L.L. & LANDERS, D.M. 1998. The effect of exercise on clinical depression and depression resulting from mental illness: a meta-analysis. Journal of sport and exercise psychologv, 20:339-357.

DICLEMENTE, R.J., WINGOOD, G.M., CROSBY, R., SIONEAN, C., COBB, B.K., HARRINGTON, K., DAVIES, S., HOOK, E.W. & OH, M.K. 2001. Parental monitoring: association with adolescents' risk behaviors. Pediatrics, 107(6):1363-1368, Jun.

DINGER, M.K. 2000. Health-risk behaviours of high school and college females. JOPERD. Journal ofphysical education, recreation and dance, i'I(l7): 19-22.

GINZBERG, E. 1991. Adolescent at risk conference: overview. Adolescent health, 12:588-590.

HARE, E. 1997. Die identifisering van rugbytalent by seuns in die senior sekond&re skoolfase. Potchefstroom : PU vir CHO. (Verhandeling

-

M.Ed.)

HEALTH EDUCATION AUTHORITY. 1997. Young people and physical activity: a literature review. London : Mabledon Place. 128 p.

HEATH, G.W., PRATT, M., WARREN, C.W. & KANN, L. 1994. Physical activity patterns in American high school students. Archives for pediatrics and adolescent medicine. 148:1131-1136.

(17)

INTERNATIONAL YOUTH FOUNDATION: SOUTH AFRICA. 2000. Our partners in South Afrca. May 14, 2000. [Web:] http:www.ifnet.org/document.cfm/4/ [Datum van gebmik: 06 Feb. 20021.

JESSOR, R. 1984. Adolescent development and behavioral health. (In Matarazzo, J.D., WEISS, S.M., HERD, J.A., MILLER, N.E. & WEISS, S.M., eds. Behavioral health. New York, NY : Wiley-Interscience. p. 69-90.)

KARVONEN, M.J. 1996. Physical activity for a healthy life. Research quarterly for exercise and sport, 67(2):2 13-2 1 5.

MAGIL, A. & ASH, M.J. 1979. Academic, psycho-social, and motor characteristics of participants and non-participants in children's sport. Research quarterly, 50(2):230-240.

MCALLISTER, R. 1993. Wellness strategies help workers adopt healthy habits in lifestyles. Occupational health and safety, 62(8):50-58, Aug.

MILLSTEIN, S.G., IRWIN, C.E., ADLER, N.E., COHN, L.D., KEGELES, S.M. & DOLCINI, M.M. 1992. Health-risk behaviors and health concerns among young adolescents. Pediatrics, 89(3):422-428, Mar.

NATIONAL CENTER FOR CRONIC DISEASE PREVENTION AND HEALTH PROMOTION. 2001. Youth risk behaviour surveilance: adolescent and school health, August 03, 2001. [Web:] http:Nwww.cdc.~ov/nccdphp/dash/MMWRFilr/ss4703.htm/

[Datum van gebmik: 18 Feb. 20021.

NATIONAL CENTER FOR CRONIC DISEASE PREVENTION AND HEALTH PROMOTION. 2000. School health programs: an investment in our nation's future, August 1 1, 2000. [Web:] htt~:/lwww.cdc.govlnccd~h~/dashlata~lanc.htm/ [Datum van gebmik: 18 Feb. 20021.

(18)

O'NEAL, H.A., DUNN, A.L. & MARTINSEN, E.W. 2000. Depression and exercise. International journal of sport psychologv, 3 1 : 1 10- 135.

PATE, R.R., HEATH, G.W., DOWDA, M. & TROST, S.G. 1996. Associations between physical activity and other health behaviors in a representative sample of US adolescents. American journal ofpublic health, 86(11): 1577-1 58 1.

PATE, R.R., TROST, S.G., LEVIN, S. & DOWDA, M. 2000. Sports participation and health- related behaviors among US youth. Archives of pediatrics and adolescent

medicine. 154:904-911.

PENDER, N.J. 1990. Expressing health through lifestyle patterns. Nurse science

quarterly, 3(3): 1 15-122.

RICHMOND, R.L., WODAK, A., KEHOS, L. & HEATHER, N. 1998. How healthy are the police? A survey of lifestyle factors. Addiction, 93(11):1729-1737.

ROWLAND, T.W. 1990. Exercise and children's health. Baystate Medical Center Springfield, MA : Human Kinetics. 355 p..

SKOLNICK, A.A. 1993. Studies raise doubts about benefit of athletics in reducing unhealthy behaviour among adolescents. J A M . Journal of the American Medical

Association, 270:798-799.

SMITH E.A. & CALDWELL L.L. 1994. Participation in high school sports and adolescent sexual activity. Pediatric exercise science, 6:69-74.

TOMORI, M. & ZALAR, B. 2000. Sport and physical activity as possible protective factors in relation to adolescent suicide attempts. International journal of sport

(19)

UNITED STATES DEPARTMENT OF HEALTH AND HUMAN SERVICES. 1996. Physical activity and health: a report of the Surgeon General. Atlanta, GA : Centers for Disease Control and Prevention.

WINNAIL, S.D., VALOIS, R.F., DOWDA, M., MCLEEWN, R.E. SAUNDERS, R.P. & PATE, R.R. 1997. Athletics and substance abuse among public high school students in a Southern state. American journal of health students, 13: 187-1 94.

WOLD, B., OYGARD, L., EDER, A. & SMITH, C. 1994. Social reproduction of physical activity: implications for health promotion in young people. European journal

ofpublic health, 4: 163-168.

WORLD HEALTH ORGANIZATION. Expert Committee. 1995. Physical status: the use and interpretation of anthropometry: Report. Geneva : WHO. (World Health Organization Technical Report Serial.) 854 p.

(20)

GESONDHEIDSRISIKOGEDRAG V A N

2.1

INLEIDING

Gesondheid kan gesien word as die produk van die geyntegreerde funksionering van die liggaam, gees en verstand, en gedragspatrone of aktiwiteite het 'n betekenisvolle invloed op gesondheidstatus (Cmich, 1984:31; Mcallister, 1993:52). 'n Gesonde lewenstyl sluit in gereelde oefening en maaltye, voldoende rus en ontspanning en die suksesvolle hantering van stres (Pender, 1990: 11 7). 'n Ongesonde lewenstyl of gesondheidsrisikogedrag sluit in rook, alkoholmisbruik, seksuele wanpraktyk, ongesonde dieet, 'n gebrek a m fisieke aktiwiteit en die gebmik van dwelms (Ginzberg, 1991:589).

(21)

Gesondheidsgedragsaktiwiteite is dus lewenstylaktiwiteite wat 'n persoon se gesondheid en welstand positief of negatief kan be'invloed.

Gesondheidsgedragspatrone word tydens die vroee lewensjare en adolessensie vasgel8, en daarom is dit van groot belang om navorsing te doen oor die ontwikkelingstendense van hierdie gedragspatrone, veral onder kinders en adolessente (Wilson et al., 1997:13). Adolessensie word tradisioneel gesien as 'n tydperk van optimale gesondheid. Adolessente het lae mortaliteitsvlakke, 'n lae insidensie van hospitalisasie en relatief lae vlakke van chroniese siektes (Millstein et al., 1992:422). Tog het kommer oor die gesondheidstatus van adolessente gedurende die afgelope paar jare toegeneem, en word die siening dat adolessensie 'n tydperk van optimale gesondheid is, dikwels bevraagteken (Millstein et al., 1992:422). Resnicow et al. (1993:172) is van mening dat die negatiewe gesondheidsrisikogedrag tydens adolessensie 'n fase van verbygaande aard is en dat intewensieprogramme gedurende hierdie fase dus futiel is. In teenstelling hiermee het ander navorsing duidelik uitgewys dat heelwat hoerisikogedrag soos seksuele aktiwiteite, rook en alkoholgebmik tydens die adolessensiejare intree, en we1 in die volwasse lewe voortduur (Diclemente et al., 200 1 : 1363).

Volgens Puskor et al. (1999:119) is die adolessent se persepsies van sylhaar gesondheidstatus venvant aan ekonomiese, sosiale en psigologiese faktore, asook aan skoolbedrewendheid. Suid-Afrika is onmiskenbaar 'n diverse land met betrekking tot populasie en kultuur, wat gevolglik uiteenlopende persepsies ten opsigte van gesondheid en gesondheidsgedrag meebring. 'n Paar aspekte word vewolgens aangestip om die sosio-ekonomiese toestande in Suid-Afrika uit te lig ( G o s h , 2002:163-164):

0 Suid-Afiika het 'n populasie van 40 miljoen mense wat uit 'n verskeidenheid

kultuurgroepe met 11 tale bestaan.

0 35% Suid-Afrikaners val in die 0 tot 14-jarige ouderdomsgroep; 61% in die 15 tot

64-jarige ouderdomsgroep en slegs 4% is ouer as 65 jaar. Die gemiddelde ouderdom is 22 jaar en die gemiddelde lewensvenvagting is 55 jaar.

24% van die skole in Suid-Afrika het nie toegang tot skoon lopende water binne loopafstand nie. 90% van die 27 000 skole het onvoldoende of geen

(22)

sportfasiliteite nie. 30% van Suid-Afrika se populasie het formele onderrig (primer en sekonder) ontvang.

Ses uit tien (63%) Suid-Afrikaners leef onder die minimum broodlyn.

Een uit elke drie volwasse Suid-Afrikaners rook en een uit elke nege stertles is veroorsaak deur tabakgebmik.

Meer as 40% Suid-Afrikaners is obees.

20% van die ekonomies aktiewe werkersgroep is HIV-positief, wat die gemiddelde lewensvenvagting tot 40-jarige ouderdom in die jaar 2008 gaan laat daal.

18% van die Suid-Afrikaanse populasie is ongeletterd en 54% leef in rustieke omgewings.

Net een uit elke tien Suid-Afrikaners neem aan die een of ander sport deel.

Bostaande versterk die vermoede dat gesondheidspersepsies en -gedrag tussen verskillende ras- en sosio-ekonomiese groepe sal verskil. Sosiale, ekonomiese en strukturele aspekte speel dus 'n rol by die beskikbaarheid van hulpbronne wat gesondheidsgedrag kan bepaal. Crockett en Peterson (1993) bevestig ook dat geleenthede vir gesonde ontwikkeling en fisieke sowel as psigologiese welstand behvloed word deur ras en etnisiteit, sosio-ekonomiese status en geslag.

Jessor (1991:602) het 'n konseptuele raamwerk saamgestel vir adolessent-risiko's. Ten einde hierdie raamwerk te kan saamstel het Jessor ondersoek ingestel na die epidemiologie, veral gedragsepidemiologie en sosiale ontwikkelingpsigologie. Jessor (1991:602) is van mening dat 'n paar gesondheidsrisikofaktore 'n groot rol speel in die mens se lewe. Die gesondheidsrisikofaktore kan volgens Jessor (1991:602) in drie hootkategoriee ingedeel word, naamlik risiko- en beskermende faktore, gesondheidsrisikofaktore en risikogevolge. Die risiko- en beskermende faktore bestaan op hul beurt weer uit biologies-genetiese fabore, byvoorbeeld familiegeskiedenis van alkoholisme asook sosiale omgewingsfaRtore soos armoede en rasdiskriminasie. Nog risiko- en beskermende faktore soos waarneembare omgewingsfaktore, byvoorbeeld ouer-vriend normatiewe konflik, persoonlikheidsfaktore, byvoorbeeld lae seltkonsep en

(23)

laastens gedragsfalctore, byvoorbeeld swak skoolwerk kom voor. Die gesondheidsrisikofaktore, volgens Jessor (1991:602), bestaan egter uit adolessent gesondheidsrisikofakfore, byvoorbeeld dwelmmisbmik, misdaad, dronkbestuur, ongesonde dieet, fisieke onaktiwiteit, die nalaat om veiligheidsgordels te gebmik, skoolbywoningsversuim en dwelmmisbmik by die skool. Volgens Jessor (1991:602) bestaan die risikogevolge uit siektetoestande, onfiksheid, sosiale isolasie, depressie, lae selfbeeld, selfmoord en ingeperkte werksvermoe.

Jessor (1991:602) het sy siening van die risikogedrag van adolessente in 'n konseptuele raamwerk saamgevat. Vanuit hierdie konseptuele raamwerk maak Jessor drie aanbevelings, naamlik dat die risikogedrag uit verskillende domeine benader moet word, dat risikogedragsfaktore tesarne met die "beskermende" gedragsfaktore bestudeer moet word, en dat lewenstylverandering as intervensiemetode moet dien. Jessor (1991:601) s& ook hieroor dat risikogedrag venveef is met die groter sosiale konteks van 'n adolessent se lewe en dat afname in risikogedrag ook verandering in sosiale gedrag veronderstel. In Figuur 1 word 'n vertaalde vorm van Jessor se konseptuele raamwerk van adolessent- risikogedrag weergegee.

(24)

Figuur 1: 'n Konseptuele raamwerk vir adolessent-risikogedrag: risiko- en beskermingsfaktore, risikogedrag en risiko-uitkomste (Jessor, 1991)

In 2001 het die CDC (National Center for Cronic Disease Prevention and Health Promotion: 2001) in die VSA navorsing gedoen oor jeuggesondheid en daarvolgens 'n jeugrisikogedragsmoniteringsisteem ontwikkel wat fokus op die spesifieke

gedragspatrone van die jeug wat tot gesondheidsprobleme kan lei. Hiervolgens is die hoofoorsake wat tot mortaliteit en morbiditeit by adolessente lei, in 6 areas gekategoriseer, naamlik gedragsaktiwiteite wat tot doelbewuste en nie-doelbewuste heserings lei, rook, alkohol- en dwelmgebruik, seksuele gedrag wat tot onbeplande swangerskap kan lei en seksueel oordraagbare siektes insluitend VIGS, onaktiwiteit en ongesonde eetpatrone. Die Youth Risk Behavior Survey-vraelys is vir die identifisering en monitering van hierdie 6 gesondheidsrisikogedragsaktiwiteite ontwikkel en word

(25)

tweejaarliks in die VSA geloods. Bogenoemde meetinstrument is in hierdie studie gebruik om die risikogedrag van adolessente te bepaal.

Die bespreking van die literatuur wat hierna volg, sal fokus op die adolessent en risikogedrag wat jeuggesondheid bedreig, soos hier bo aangedui. Spesifieke aandag sal ook gegee word aan die risikogedrag van die adolessentsportlui. Deeglike kennis en agtergrond aangaande die tydperk wat as adolessensie bekend staan, moet ingewin word om sodoende die gesondheidsrisikogedrag van adolessente in perspektief te kan plaas.

2.2

ADOLESSENSIE

Adolessensie word volgens die Vereniging vir Navorsing op Adolessente (Muller, 2000:7) in 3 ontwikkelingstadia geklassifiseer, naamlik vroee adolessensie (10 tot 14 jaar), middel-adolessensie (15 to 17 jaar) en laat-adolessensie (18 tot 25 jaar). In hierdie

studie sal prim& gefokus word op middelvlak-adolessensie (15 tot 17 jaar).

Adolessensie is 'n oorgangstydperk van kindwees na volwassenheid. Die adolessent ondergaan fisiese veranderinge tydens puberteit, seksuele volwassenheid word hereik, veranderinge in kognitiewe vermoens, sosiale emosionele groei en sosiale konteks tree in (Brooks-Gunn & Paikoff, 1992). Hierdie veranderinge het implikasies vir die ontwikkeling van gesondheidsgedrag. Aangesien adolessensie 'n oorgangstadium is, is dit juis die fase waarin positiewe gesondheidsgedrag aangemoedig moet word sodat 'n gesondheidsgedragspatroon gevestig kan word wat tot gesonder volwassenheid kan lei. Vewolgens word enkele veranderinge wat tydens adolessensie plaasvind, bespreek.

2.2.1 Biologiese veranderinge

Volgens Garbers et al. (1983:ll) is die belangrike instrument waardeur die spontane dimensie in die adolessent se ontwikkeling tot uiting kom, in sy liggaamlikheid gelee. Gedurende adolessensie vind juis omvangryke biologiese veranderinge met verreikende

(26)

implikasies vir persoonsontwikkeling, persoonlikheidsreorganisasie en indentiteitsvestiging plaas (Garbers et al., 1983: 11).

Vroee ontwikkelaars, veral dogters, loop die risiko om op 'n woe& ouderdom seksueel aktief te raak, aangsien hulle dikwels met die ouer manlike geslag assosieer, wat die risiko van oordraagbare seksuele siektes en swangerskap ook verhoog (Parfenoff & Paikoff, 1997:7). Volgens Parfenoff en Paikoff (1997:7) is seuns en dogters wat woe& ontwikkelaars is en hulle in ouer portuurgroepe bevind, meer geneig om blootgestel te word aan dwelmgebruik en motorongelukke. Hoewel die volgorde van biologiese ontwikkeling tydens puberteit by alle rasse dieselfde is, kan die ontwikkelingspatrone by rasgroepe en kultuurgroepe verskil (Brooks-Gunn & Reiter, 1990). Brooks-Gunn en Reiter (1990) het gevind dat Afrika-Amerikaanse kinders die fisieke ontwikkelingsmylpale vroeer bereik as ander rasgroepe in die VSA.

2.2.2 Veranderinge in die gesinstruktuur

Die oorgangsfase na adolessensie is ook 'n tydperk van verandering in die ouer-kind- verhouding, waar aspekte soos outonomie en beheer heronderhandel word (Holmbeck, et al., 1995:93). Pa-seun-verhoudings verander aangesien 'n emosionele venvydering dikwels plaasvind wanneer pa's hul geldingsdrang wil bevestig (Steinberg, 1987:459). Dogters beleef ook gedurende addolessensie meer konflik met hul ouers (Steinberg, 1987:459). In die studie van Garbers et al. (1983) is gevind dat adolessente seuns (grade 8 tot 12) se betrokkenheid by die bedrywighede van die huisgesin afneem. In dieselfde studie is gevind dat dogters se betrokkenheid by die huisgesin afgeneem het vanaf grade 8 tot 9, maar weer toegeneem het vanaf graad 10. Volgens Bryant en Demorris (1992) speel die ouer broers en susters in hierdie tydperk 'n groter rol en dien hulle ook dikwels as rolmodelle.

(27)

Die adolessent bestee toenemend meer tyd met die portuurgroep, namate ouderdom toeneem (Savin-Williams & Bemdt, 1990). 'n Behoefte aan nabyheid of intimiteit neem tydens adolessensie toe. Hierdie uitreik weens soeke na intimiteit geskied eers met dieselfde geslaggroepe terwyl uitreik na intimiteit met die teenoorgestelde geslag eers tydens middel-adolessensie geskied. Adolessensie is 'n periode van transformasie van kindwees na volwassenheid en 'n tydperk waarin fisieke, kognitiewe en sosiale veranderinge plaasvind, wat 'n groot rol in die adolessent se lewe speel (Brooks-Gunn & Paikoff, 1992). Gedurende hierdie tydperk speel die portuurgroep 'n groot rol en word negatiewe gesondheidsgedragpatrone dikwels hier gevestig, soos dwelmgebmik, onwenslike seksuele gedrag en geweld (Diclemente et al., 2001:1363; Ginzberg, 1991:588).

Adolessensie is 'n tydperk waarin baie vryheid geniet word en waarin maklike toegang tot dwelmmiddels, alkohol en eksperimentering met seksuele gedrag dikwels voorkom (Jessor, 1984:70). Die portuurgroep speel 'n groot rol by die adolessent se gedrag, aangesien die portuurgroep sekuriteit en geborgenheid bied. Groepsdmk ontstaan gevolglik en afhangende van die individu se vermoe om groepsdmk te hanteer, kan dit tot onwenslike gedrag, drank- en dwelmmisbmik en seksuele aktiwiteit lei (Savin-Williams & Bemdt, 1990). In 'n studie deur Gmber en Macharner (2000:62) is gevind dat seuns meer geneig is om blootgestel te word aan gesondheidsrisikogedrag as dogters van dieselfde ouderdom. So ook is ouer adolessente (16 tot 18 jaar) meer geneig om by gesondheidsrisikogedrag betrokke te raak as die jonger adolessente (12 tot 15 jaar). In dieselfde studie is gevind dat Amerikaans-Indiaanse adolessente twee keer meer geneig is tot gesondheidsrisikogedrag as Kaukasiers van die Afrika-Amerikaners. Adolessente (veral seuns) is geneig om gewild te wil wees onder hulle portuurgroep en gebruik dikwels gesondheidsrisikogedrag, byvoorbeeld rook, alkoholmisbmik, roekelose bestuur en uitdagende aktiwiteite om hul gewildheid te vestig (Martin & Leary, 2001:17). Uit bogenoemde literatuur blyk dit dat die adolossent se gedrag deur die portuurgroep beynvloed kan word.

(28)

2.2.4 Algemene risikogedragstendense van adolessente

Seuns is meer geneig om sigarette te rook, alkohol te gebruik en terpentyn te snuif, tenvyl dogters meer geneig is om selfmoord te pleeg, fisiek meer onaktief te wees, meer bewus te wees van hul gewig en ingestel te wees daarop om gewig te verloor (Takakura et al., 2001:23). In die studie deur Diclemente et al. (2001:1365) is gevind dat adolessente wie se ouers nie streng is nie, meer gesondheidsrisikogedrag openbaar wat rook, marijuanagebruik, seksuele interaksie, alkoholmisbruik en geweld insluit. Kauffman et

al. (1991:14) vind dat adolessente wat negatiewe gesondheidsrisikogedrag toon, ook swak vaar in hul skoolwerk en swak presteer in klasverband. In die studie deur Martin en Leary (2001:22) word gevind dat 75% manstudente hulle skuldig maak a m ten minste een gesondheidsrisikogedragaktiwiteit gedurende die eerste drie maande van hulle universiteitloopbaan.

Adolessente wat rook, alkohol gebruik en onwettige dwelmmiddels gebruik, is geneig om meer betrokke te raak by ander gesondheidsrisikofaktore soos seksuele aktiwiteite, geweld, diefstal en vandalisme (Bachman et al., 1990:179). Volgens Jackson en Sellers (1997:39) is vasgestel dat soveel as 80% van die Afiika-Amerikaners in swak sosio- ekonomiese omstandighede gebore is en grootword, wat daartoe lei dat die kans om aan gesondheidsrisikofaktore blootgestel te word baie groter is. In Suid-Carolina in die VSA is gevind dat 72% van alle sterftes onder jongmense tussen die ouderdomme 5 en 24 jaar toegeskryf word a m motorongelukke (28%), ander onopsetlike beserings (1 I%), moord (21%) en selfmoord (12.3%) (National Center for Health Statistics, 1995). Daar is vasgestel dat baie van die risikofaktore wat kroniese hartsiektes veroorsaak, reeds in die twintigerjare vasgele word, dus is dit nodig om 'n voorkomende lewenstyl te handhaaf (WHO, 1990). Gesondheidsrisikofaktore wat geasosieer word met kardiovaskul&re siektes word op 'n vroee ouderdom reeds deel van die adolessent se lewe en kan gedurende die volwasse stadium vererger (Heath et al., 1994:1131).

(29)

2.2.5 Risikogedragstendense by adolessentesportlui

Nattiv et al. (1997:270) vind in hul studie dat jong sportlui meer aan gesondheidsrisikogedrag blootgestel word as nie-sportlui. Nattiv et al. (1997:270) het ook gevind dat sportlui minder van veiligheidsgordels gebmik maak, saam met bestuurders ry wat onder die invloed van drank is en self ook meer alkohol gebmik. Die gedrag was ook meer algemeen onder manlike sportlui as onder vroulike sportlui. Dieselfde tendens is ook gevind by kontaksportsoorte teenoor nie-kontaksportsoorte. Die adolessent is baie be'invloedbaar en ontvanklik en daarom kan rolmodelle ook 'n groot invloed uitoefen op die gedrag van die adolessent (Smith & Caldwell, 1994:70). Baie navorsers meen dat hoeprestasiegerigte sportsoorte geneig is om gekenmerk te word deur gesondheidsrisikogedrag by die deelnemers (Aaron et al., 1995:1640; Smith & Caldwell 1994:71). Studies deur Guthrie (1986:l I), Smith en Caldwell (1994:72) en Thorlindsson et al. (1990:554) toon ook aan dat ouer sportlui 'n besliste invloed op jonger sportlui se gedrag het in die sin dat hulle as rolmodelle dien. Dit sluit in prestasie ten alle koste, byvoorbeeld om onwettige middels te gebmik vir prestasie, of in die geval van beserings. Ander voorbeelde is dmk om by volwasse sosiale aktiwiteite in te skakel soos alkoholmisbruik, dmk om rolmodelle wat in tabakadvertensies en alkoholverbonde advertensies verskyn na te boots, druk om op 'n woe& ouderdom seksueel aktief te verkeer, dmk om 'n sekere minimum liggaamsgewig te handhaaf (bv. stoeiers en gimnaste) en 'n strawwe dieet of oefeningprogram te volg (Guthrie, 1986: 11; Smith & Caldwell, 1994:72; Thorlindsson et al., 1990:555). Volgens Heath et al. (1994: 1135) en Stephens et al. (1985:151) dui toenemend meer resente bevindinge daarop dat sportlui juis aan risikogedrag blootgestel word v a n w e die aard van kompetisiesport.

Vewolgens sal die ses ge'identifiseerde risikogedragsaktiwiteite wat die adolessent se gesondheid nadelig kan be'invloed individueel bespreek word. Die eerste risikofaktor wat bespreek word, is geweld en aggressie. In die YRBS-vraelys is dit onder opsetlike liggaamlike beskadiging gelys (CDC, 2001).

(30)

2.3

GESONDHEIDSRISIKOGEDRAG

2.3.1 Geweld en aggressie

Geweld is aksies wat uitgevoer word met die bedoeling om 'n ander persoon te beseer. Dit sluit ook in die misbmik van mag en beheer, en nie slegs fisiese aksies van geweld nie (Muller, 2000:7). Smith en Crabbe (2000:159) maak bekend dat emosies soos geweld of aggressie ontstaan wanneer 'n verandering in 'n individu se neurohormonale en biochemiese vlakke intree, byvoorbeeld in gevalle soos te min nagms, verkeerde eetgewoontes en te min fisieke aktiwiteite. Muller (2000:12) maak ook die stelling dat adolessente reeds so vroeg as in die sestiende eeu beskryf is as opstandig, onbeheerbaar, sonder morele waardes, onmstig, antisosiaal en selfs dat hulle 'n direkte bedreiging vir puritanisme en religieuse bekering is. Volgens Muller (2000:15) ontstaan geweld en aggressie binne gesinsverband tussen ouers, tussen broers en susters en tussen ouers en kinders. Suid-Afrika het tans een van die gewelddadigste gemeenskappe in die w&reld, met kinders as die slagoffers en getuies van geweld (Jansen van Rensburg, 2001:4). In die studie van Jansen van Rensburg (2001 :4) is waargeneem dat die oorgrote meerderheid kinders aan statisties beduidend hoe vlakke van kombinasies van geweld blootgestel word, veral tydens geweld binne die gemeenskap.

Blootstelling aan geweldmisdade lei dikwels tot hospitalisering en fatale fisiese beserings. Traumasimptome kom by adolessente voor as gevolg van die gemeenskapsgeweld waaraan hulle blootgestel word (Martinez & Richters, 1993). Volgens Duncan en Rock (1994) lei die meer frekwente blootstelling aan geweldepisodes daartoe dat die adolessente wat by die geweldepisodes betrokke is, geneig is om self aggressors te word, wat adolessente 'n belangrike risikogroep maak. In Suid-Afrika word groot hoeveelhede geweldmisdade daagliks waargeneem. Statistiek wat verskaf is deur die Polisie se Kinderbeskermingseenheid dui daarop dat meer as 17 000 van hierdie misdrywe waarby kinders en adolessente betrokke was, dade van verkragting, sodomie, aanranding en poging tot moord insluit (Anon, 1999). In die studie van Pkrez en Pinzon-

(31)

Pkrez (2002:52) is gevind dat 18% van die 1710 adolessente in Amerika messe en knuppels by hulle dra tenvyl6% gewere dra. Manlike adolessente is ook meer geneig om wapens te dra as vroulike adolessente. Pbez en Pinzon-Pkrez (2002:52) het ook gevind dat 'n groot aantal adolessente meer by fisieke gevegte betrokke raak. Die aantal fisieke gevegte vertoon hoer by adolessente wat enige vorm van wapens dra (Pkrez & Pinzon- Pkrez, 2002:52). Jansen van Rensburg (2001:4) vind dat seuns en ouer adolessente veral meer aan geweld blootgestel word. Blootstelling aan geweld het 'n statisties beduidende verskil tussen rasse van demografiese strata, kinders in informele armoedige areas, as 'n hoerisikogroep uitgewys (Jansen van Rensburg, 2001:4). In dieselfde studie is ook gevind dat swart adolessente baie aan geweld blootgestel word, maar die minste depressiesimptome ervaar, in teenstelling met wit adolessente. Die verskynsel kan moontlik toegeskryf word aan desensitisasie as gevolg van kroniese geweldblootstelling. Volgens Muller (2000:43) kom dit duidelik na vore dat adolessente wat van jongs af aan geweld blootgestel is, deurgaans in hul lewe gewelddadig en aggressief in enige gegewe situasie optree. Gesondheidswerkers behoort hulle te vergewis van die effek van geweldsblootstellings op adolessente, dus word aanbeveel dat voorkomend sowel as kuratief opgetree moet word ten einde die effek van geweld op die lewens van adolessente te stuit.

2.3.2 Selfmoord

Poging tot selfmoord is een van die belangrikste faktore wat die adolessent se gesondheid en psigologiese toestand benadeel (Tomori & Zalar, 2000:405). Depressie kan daartoe lei dat mense se lewenskwaliteit verswak, en dit benadeel die mens se interpersoonlike verhoudings, wat daartoe kan lei dat belangstelling in die lewe afneem (O'Neal ef al., 2000:112). Depressie is een van die vernaamste faktore wat tot selfmoord lei, en dit affekteer, volgens Craft en Landers (1998:339), 2% tot 5% Amerikaners per jaar. In 1997 was selfmoord die derde vernaamste rede vir sterfies onder adolessente tussen die ouderdomme 10 en 19 jaar in die VSA en is dit besig om jaarliks steeds toe te neem (Borowsky et al., 2001:485).

(32)

Volgens 'n studie van O'Neal et al. (2000:112) is vasgestel dat byna 44 biljoen dollar in die V.S.A. gebruik word vir behandeling teen depressie. Daar is vasgestel dat 15% van persone in die V.S.A. wat as gevolg van depressie in hospitale beland het, selfmoord gepleeg het (Coryell et aL, 1982:702). Volgens O'Neal et al. (2000:112) het naastenby 15 000 mans en 3 400 dames in 1990 in die V.S.A. selfmoord gepleeg, waarvan adolessente 'n groot deel uitmaak. In 'n resente studie wat in Suid-Afrika gedoen is, het Coetzee (2003:84) gevind dat 21% adolessente uit 'n proefgroep in Potchefstroom gedurende die 12 maande voor data-insameling selfmoord oonveeg het. Lester (1988:957) maak die stelling dat die insidensie van selfmoord onder die adolessent- populasie jaarliks baie verhoog en toon verder aan dat 20 uit elke 100 000 adolessente in

Slovenia selfmoord pleeg. Volgens Gruber en Machamer (2000:63) is adolessente wat op skool swak presteer twee keer meer geneig tot selfmoord as adolessente wat gemiddeld tot goed op skool presteer.

In 'n studie deur Choquet et al. (1993:653) waar die poging tot selfmoord by adolessente in Frankryk en in die Kanadese provinsie Quebek nagevors is, is gevind dat 5% van die Franse seuns en 12% van die dogters gereeld aan selfmoord dink. Onder die Quebekse adolessente wat ten minste een keer per week aan selfmoord gedink het, was tien persent seuns en twaalf persent dogters. Choquet et al. (1993:653) het ook in hul studie gevind dat 'n verband tussen poging tot selfmoord en dwelmgebruik bestaan. Daar is ook waargeneem dat adolessente met selfmoordgedagtes meer rook en meer aan onwettige dwelmgebruik blootgestel is (Choquet et al., 1993:653).

Volgens Choquet et al. (1993:654) het die adolessente van beide Frankryk en Quebek wat selfmoord oonveeg het, hoe insidensie van slaaploosheid, moegheid, depressie, veweeldheid en spanning getoon. Geen venvantskap is gevind tussen selfmoordpogings en sport- of portuurgroepaktiwiteite nie, maar we1 tussen selfmoordpogings en stresvolle omstandighede soos dood, siekte en verhuising (Choquet et aL, 1993:655). In die studie van Pbez en Pinzon-Perez (2002:52) is gevind dat 21% van die adolessente proefgroep selfmoord oonveeg het. In dieselfde studie het 11% van die adolessente reeds gepoog om selfmoord te pleeg. Betekenisvol meer adolessente wat selfmoord oonveeg, is

(33)

adolessente dogters wat gewigsprobleme ondervind (Pbez & Pinzon- Perez, 2002:53). Volgens Borowsky et al. (2001:486) het minder gevalle van selfmoord onder die Afrika- Amerikaanse adolessente in die verlede (1980-1995) voorgekom, as onder die blanke Amerikaanse adolessente, maar tans kom drastiese verhogings in selfmoordgevalle by die Afrika-Amerikaanse adolessente voor. Die rede hiervoor kan moontlik die sosio- ekonomiese omstandighede waarin hulle grootword wees, wat met verloop van tyd toenemend verswak het. Volgens Roberts et al. (2001:146) is persone wat hulle in lae sosio-eknomiese omstandighede bevind baie meer geneig tot psigologiese disfunksie, depressie en ongesonde lewenstyl, wat tot selfmoord kan lei. Volgens Thatcher et al. (2002:75) is dit belangrik dat intervensieprograrnme reeds so vroeg as gedurende die laerskooljare ge'implementeer word, aangesien baie faktore wat tot selfmoord lei, reeds gedurende die twee laaste laerskooljare kan ontstaan.

2.3.3 Rook

2.3.3.1 Die invloed van rook op die gesondheid van adolessente

Die nadelige invloed van rook op die liggaam is die gevolg van die substanse nikotien en koolstofmonoksied (Gordon & Gibbons, 1991 :291; Byrne, 1991 : 146). Nikotien verhoog die roker se harttempo en bloeddruk en stimuleer ook die afskeiding van 'n adrenalien- tipe substansie wat veroorsaak dat die liggaam meer suurstof benodig (Gordon & Gibbons, 1991:293). Di6 substansie vemou die bloedvate wat dus tot die verhoging in bloeddmk lei. Dit lei weer daartoe dat die miokardium beihvloed word wat op sy beurt tot ventrikulkre aritmiee lei (Gordon & Gibbons, 1991:293). Koolstofmonoksied verbind met hemoglobien, die suurstofdraer in die rooibloedselle, en verlaag dus die suurstofdraervermoe van die bloed (Gordon & Gibbons, 1991:293; Nieman, 1998:173). Volgens Gordon en Gibbons (1991 :294) veroorsaak koolstofmonoksied die verandering in viskositeit van die bloed sowel as die verhoging van die bloedplaatjie-klewerigheid en klontvorming. Dit beskadig ook die bloedvatwande, wat daartoe lei dat meer cholesterol

(34)

infiltreer en aterosklerotiese plaak in vaatwande aanpak, wat tot vroee cholesterolprobleme kan lei (Gordon & Gibbons, 1991:293).

Navorsing aangaande adolessente se rookgewoontes het 'n verskeidenheid persoonlike, sosiale en omgewingsfaktore onthul wat geassosieer word met die eksperimentering en handhawing van rookgedrag (CDC, 1987; Hill, 1990). Adolessente wat rook, is geneig om te rook omdat dit hul selfvertroue verbeter en 'n wyse is om te rebbeleer, en vanwee groepsdruk (Nutbeam & Aaro, 1991:419; Norman & Tedeschi, 1989:556). Nutbeam en Aaro (1991:415) het gevind dat 'n sterk verband bestaan tussen adolessente wat rook en afwesigheid van die skool. Hierdie navorsingsbevindinge is in anti-rook-programme gebruik wat in skole toegepas is. Programme is ontwikkel wat adolessente help om die groepsdruk om te rook, te weerstaan en om selfvertroue en lewensvaardighede te ontwikkel (Nutbeam & Aaro, 1991:415). Hierdie rookinte~ensieprogramme het sukses getoon met betrekking tot die feit dat adolessente eers op 'n later ouderdom begin rook het. Skool inte~ensierookprogramme volgens Nutbeam en Aaro (1991:420) is 'n ideale omgewing om adolessente bewus te maak van die risiko van rook en die negatiewe implikasies daarvan.

Daar word bereken dat ongeveer een miljoen jong Amerikaners elke jaar begin rook, wat by implikasie ongeveer $10 biljoen dollars gesondheidsorgkoste gedurende hul lewensjare teweegbring (Cooper, 1998: 171). Volgens Nutbeam en Aaro (1 99 1 :4l7) wil dit voorkom of 15-jariges meer op 'n weeklikse basis rook as adolessente van ander ouderdomme. Pate et al. (1996:1578) vind dat adolessente in die V.S.A. wat een of meer sigarette per dag rook, ook marijuana gebruik, nie 'n veiligheidsgordel dra nie en ook fisiek onaktief is.

Rook is 'n algemeen erkende gesondheidsrisikofaktor. Die ouderdomsfase waartydens rookgewoontes ontstaan, is gewoonlik gedurende die adolessent-jare (Rowland, 1990:126; Arday et al., 1995:lll). Volgens Boreham et al. (1997:792) begin die meeste adolessente tussen die ouderdom van 12 en 15 jaar rook. Adolessente wat op 'n jong ouderdom (10 tot 12 jaar) begin rook, is meer geneig om permanente rookgewoontes te

(35)

ontwikkel (Pate et al., 1996:1580; Escobedo & Marcus 1993:1391). Freedman et al. (1986:215) vind in hul studie dat adolessente wat rook 'n groter risiko loop om arteriosklerose te ontwikkel. Rook speel 'n groot rol by die ontstaan van kardiovaskul&e siektes, kroniese longdisfunksies en verskillende soorte kanker (US. Public Health Service, 1985).

2.3.3.2 Rook en die sportdeelnemer

Volgens Davis et al. (1997:97) rook nie-sportlui in die VSA meer as sportlui, maar sportlui se gebmik van pmim en snuif is groter as diC van nie-sportlui. Wanneer gekyk word na ras en ouderdom kom dit duidelik na vore dat sportlui wat hoe-intensiteit-sport beoefen minder rook, maar nie noodwendig minder pmim en snuif gebmik nie. Davis et al. (1997:97) vind in hul studie dat Afrika-Amerikaanse sportlui minder van snuif en pruim as die blanke sportlui gebmik maak. Aan die ander kant het die National Collegiate Athletic Association (NCAA) gevind dat pruimgebruik deur sportmanne in die VSA met 40% van 1985 tot 1989 verhoog het. Hoer gebmiksmetings van pruim (28%) en snuif (22%) word verkry by sporlui wat aan medium-intensiteit-sportsoorte deelneem byvoorbeeld bofbal en Amerikaanse voetbal (Davis et al., 1997:lOO). Lae-intensiteit- sportbeoefenaars soos jagters het onderskeidelik 31% pmim- en 26% snuifgebmik getoon. Sportmanne is bekende en belangrike rolmodelle, veral ten opsigte van bofbal en Amerikaanse-voetbal (in Amerika), wat die jeug in die opsig negatief kan be'invloed (Davis et al., 1997:97). Die feit dat sportmanne meer pruim en snuif, kan dalk daaraan toegeskryf word dat hulle onder die indmk is dat diC maniere van tabak gebruik 'n minder negatiewe effek op fisieke fiksheid het en ook daaraan dat pruim- en snuifgebruik meer prakties in die sportw&reld gebruik kan word as die rook van sigarette (Davis et aL,

1997:97).

Davis et al. (1997:97) vind in 'n National Youth Risk Behavior Survey in die V.S.A. dat hoerskoolleerlinge wat sport beoefen, minder rook as leerlinge wat nie sport beoefen nie. Davis et al. (1997:97) rapporteer verder ook dat adolessente wat sigarette rook en onaktief is, se fisieke fiksheid gebrekkiger is as adolessente van dieselfde portuurgroep

(36)

wat nie rook nie en ook onaktief is. Volgens die studie van Boreham et al. (1997:792) in Noord-Ierland rook slegs 12% seuns wat aan vier of meer sportsessies per week deelneem, tenvyl 34% van die seuns wat slegs aan een of geen sportsessies per week deelneem, rook. Escobedo en Marcus (1993:1391) vind dat adolessente wat aan skoolsport deelneem, minder geneig is om 'n rookgewoonte aan te leer, as adolessente wat nie aan sport deelneem nie. Escobedo en Marcus (1993:1394) meen die rede waarom adolessente wat aan sport deelneem minder rook, moontlik 'n h o h seltbeeld, adissionele berading deur afrigters teen rook asook die wete dat rook prestasie negatief bei'nvloed en gesondheid benadeel, is. Hazard en Lee (1999:359) het bevind dat Duitse adolessente wat geassosieer word met portuurgroepkultuur wat rook, meer geneig is om hulle ook aan ander gesondheidsrisikofaktore skuldig te maak, soos deur fisiek onaktief te wees, 'n ongesonde dieet te volg en alkohol te misbruik. Daar moet in ag geneem word dat adolessente in Duitsland rook en alkoholgebruik nie as gesondheidsrisikgedragsfaktore sien nie, maar as integrale deel van hulle sosiale gedrag (Hazard & Lee, 1999:361). In die studie van Valois en Thatcher (1997:437) oor adolessente in openbare hoerskole en adolessente in private hoerskole in Suid-Carolina in die VSA is gevind dat 79% van die seuns in openbare skole a1 gerook het, tenvyl 74% van die seuns in privaatskole al gerook het. Die studie van Valois en Thatcher (1997:437) vind ook dat meer as 40% van die privaathoerskooldogters per geleentheid rook in teenstelling met die 29% van die dogters in die openbare ho&skole. Rook is 'n algemene gesondheidsrisikofaktor vir adolessente op skool, daarom is dit uiters belangrik dat antirookprogramme in skole toegepas moet word.

2.3.4 Alkoholgebruik en -misbruik

Tans is die probleem by adolessente die misbruik van alkohol en nie die gebruik van alkohol nie (Van der Walt, 1996: 10). Volgens Mackay (1965:75) word alkoholmisbmik beskryf as die verlies aan kontrole, verslawing aan alkohol en ernstige psigososiale en gedragsgevolge. Weens bogenoemde faktore is fisiese afhanklikheid 'n belangrike uitvloeisel. Alkoholgebruikers word deur Wechsler en Rohman (1981:149) beskryf as

(37)

individue wat gereeld alkohol gebmik en soms onder die invloed van alkohol verkeer. Volgens Wechsler en Rohman (1981:149) gebruik 95% universiteitstudente gereeld alkohol. Drinkpatrone wat tydens die hoerskool- en universiteitsjare gevestig word, kan 'n voorspeller van alkoholmisbmik in volwassenheid wees (Van der Walt, 1996:l). Groot dmk word gedurende hul skool- en universiteitsloopbaan op adolessente geplaas om mee te doen aan die misbruikkultuur van alkohol en dwelmmiddels (Van der Walt, 1996:l). Hoewel somminge fisiese gevolge van alkoholmisbmik voorkom, ontwikkel adolessente selde fisiese afhanklikheid (Schonberg & Litt, 1976:35). Alkoholmisbmik het egter, bo en behalwe die moontlike fisiese afhanklikheid, genoeg ander uiters negatiewe gevolge, soos motorongelukke, aggresiewe gedrag, tydelike siekte en akute effekte van vergifiiging sowel as die be'invloeding van psigologiese gesondheid en interpersoonlike verhoudings (Flisher et al., 1993:486). In 'n studie wat deur Spaite et

al. (1995:289) ondemeem is, is gevind dat by persone wat hoofbeserings opgedoen het nadat hulle 'n oormaat alkohol gebmik het, ernstiger komplikasies en gevolge ingetree het. Hulle kon met hul studie die afleiding maak dat alkoholgebmik we1 tot meer emstiger beserings lei.

Volgens Desmond (1987:54) toon Britse statistiek 'n toename in alkoholgebmik onder adolessente('n toename in die aantal adolessente wat alkohol gebruik, die frekwensie waarteen hulle drink sowel as die hoeveelheid wat hulle drink). Volgens Van Vuuren (1989:78) toon Suid-Afrikaanse statistiek dat toenemend meer adolessente van alle bevolkingsgroepe jaarliks in klinieke en behandelingsentra opgeneem word. Di6 wat opgeneem is, is ook jonger as vroeer. Dit lyk ook asof die ouderdomsgroep 12 tot 19 jaar 'n redelik kritieke tydperk is ten opsigte van die blootstelling aan en gebruik van alkohol. Volgens Van Vuuren (1989:79) ontwikkel 17% van die alkoholgebruikers in Suid-Afrika jonger as 24 jaar probleme met alkohol. Hoewel die verskille tussen die verskillende bevolkingsgroepe besig is om te vervaag, meld baie meer blanke adolessente vir hulp aan as swart adolessente.

In Duitsland is adolessente geneig om eers op 'n hoe ouderdom (16 tot 18 jaar) op gereelder basis alkohol te gebruik. 'n Studie deur Hazard en Lee (1999:351) vind dat

(38)

82% van die 12 tot 16-jariges in Duitsland reeds alkohol gebruik het, maar slegs 2% gebmik dit meer as een keer per week. Valois et al. (1997:437) vind in sy studie dat 54% van die meisies wat in privaatskole in Suid-Carolina in die V.S.A. is ten minste een alkoholiese drankie daardie afgelope maand met data-insameling geneem het en dat 29% meer as vyf drankies na mekaar geneem het in 'n priode van een uur. Volgens Perez en Pinzon-Perez (2002:52) is die bestuur van 'n voertuig onder invloed van alkohol 'n algemene gebeurlikheid onder Colombiese hoerskoolleerlinge. In dieselfde studie is gevind dat byna 34% van die proefgroep al 'n voertuig bestuur het of in 'n voertuig was waar die bestuurder onder die invloed van alkohol was daardie afgelope maand. Perez en Pinzon-P&ez (2002:52) vind ook dat adolessente van 19 jaar en ouer betekenisvol meer onder die invloed van alkohol bestuur as enige ander jaargroep gedurende die maand van toetsing.

Alkoholgebmik by jong sportlui is 'n algemene verskynsel wat negatiewe gevolge inhou, soos motorongelukke, verswakking van prestasie in sport asook 'n negatiewe verhouding tussen afrigter en sportman (Schwenk, 2000:71). Martin en Leary (2001:6) en Shields (1995:859) vind dat alkoholgebmik onder sportlui meer algemeen is as die neem van enige ander verdowingsmiddels. Pate et al. (1996: 1578) wys daarop dat adolessente wat gedurende die 30 dae van die navorsing alkoholgebmik het, meer aktief verkeer het as adolessente wat glad nie alkoholgebmik het nie. In 'n studie deur C a n et al. (1990:40) waar alkoholgebmik tussen sportlui en nie-sportlui vergelyk is, is gevind dat 50% van die seunsportlui alkohol op gereelde basis gebruik tenvyl 41% van die nie-sportlui alkoholgebmik. Geen verskille is gevind by die vrouesportlui nie. Drie en sewentig persent van die mansatlete teenoor 58% vroue-atlete het alkoholgebmik met die doe1 om dronk te word.

In 'n ander studie deur Overman en Terry (1 991 : 1 13) is gevind dat manlike sportlui wat gereeld alkohol gebmik, reeds op die ouderdom van 12 jaar daaraan blootgestel is. Studies deur Overman en Terry (1991:113) het vasgestel dat alkoholgebmik deur jong sportlui net so algemeen soos alkoholgebruik deur jong nie-sportlui is, behalwe dat sportlui erken dat alkoholgebmik prestasie negatief be'invloed en dat alkoholgebruik

(39)

reeds op skoolvlak 'n aanvang neem. In 'n studie wat deur Wechsler et al. (1997:198) ondemeem is, is gevind dat "binge drinking" (meer as 5 drankies na mekaar by mans en meer as 4 drankies by dames) voorkom. By 61% van die mansatlete wat emstig by atletiek betrokke is, het dit in die 2 weke wat toetsing voorafgegaan het, voorgekom by 55% van die mansatlete wat gemiddeld betrokke is en by 43% van die mans wat glad nie by atletiek betrokke is nie. By dames was die persentasie wat "binge drinking" beoefen het, soos volg: 50% by dames wat emstig by atletiek betrokke is, 36% by dames wat glad nie betrokke is nie.

Die misbmik van alkohol deur adolessente het in die afgelope dekade 'n groot probleem geword (Maney, 1990:30). In die V.S.A. is hierdie probleem hanteer deur opleiding en woegtydige voorkomingsprogramme wat primer by skole aangebied is, asook rehabilitasie- en behandelingsprogramme vir alkoholiste (Maney, 1990:30). Van der Walt (1996:22) is van mening dat adolessente meer bewus gemaak moet word van die implikasies van die misbruik van alkohol en dat voorkomingsprogramme aangebied moet word wat eerder op die voorkoming van alkoholmisbruik fokus as op rehabilitasie.

2.3.5 Dwelmgebruik

Dwelmmisbruik is 'n algemene gesondheidsrisikofaktor wat regoor die wereld, asook toenemend in Suid-Afrika, voorkom (Oliphant, 1992:ll I). Volgens Booysen (1989:52) is die stryd teen dwelmmiddels reeds verlore, aangesien die omvang daarvan emstig aan die toeneem is. Booysen (1989:52) vervolg deur te s& dat 'n verhoging in dwelmsmokkelary, dwelmafhanklikheid en misdade wat met dwelms verband hou, ook tans in Suid-Afrika ondervind word. Dwelmmisbmik kan beskou word as die verkeerde en herhaaldelike gebmik van 'n afhanklikheidsvormende middel (Oliphant, 1992:lll). Volgens Oliphant (1992: 11 1) kan die herhaalde inname van 'n afhanklikheidvormende middel fisiese en psigiese athanklikheid tot gevolg hi?.

(40)

Die dwelmmisbmiker en -afhanklike se fisiese, psigiese, emosionele en sosiale funksionering word direk deur die gebmik van dwelmmiddels be'invloed. Mediese gevolge wissel van gewigsverlies, tot sosiale probleme, soos verbrokkelde gesinsverhoudinge en werkloosheid (Oliphant, 1992: 1 1 1). Volgens Booysen (1 989:6O) word drie dwelmmiddels (marijuana, mandrax en LSD) algemeen in Suid-Afrika gebruik, wat 'n effek op die senuweestelsel het, en ook die gebmiker sowel as die samelewing waarmee die gebmiker in aanraking kom, negatief be'invloed.

Uit die studie van Gruber en Machamer (2000:63) blyk dit dat adolessente wat swak op skool presteer, drie keer meer geneig is om dwelmmiddels te gebmik asook ses tot sewe keer meer geneig is om kalmeermiddels en kokaiine te gebruik. Anabolies-adrogeniese stero'iede is afkomstig van die natuurlike manlike hormoon, testosteroon. Di6 stero'ied word algemeen onder atlete gebruik dwarsoor die wsreld, en in die V.S.A. is vasgestel dat meer as 1 miljoen mense 100 miljoen dollar op die swartmark aan anaboliese stero'iede bestee (Taylor & Black, 1987:155). In 'n studie deur Yesalis et al. (1993:1220) is gevind dat 48% van die gebruikers van anaboliese stero'iede 25 jaar en jonger is. Anaboliese stero'iede het egter baie negatiewe gevolge wat die lewenskwaliteit van individue kan be'invloed, naamlik testikulkre atrofie, gynaecomastia by mans, dieper stem by dames, premature epifisale sluiting by adolessente, aknee, hipertensie, lewerdisfunksies en aggressiwiteit (Johnson, 1990:1120). Daar is gevind dat adolessente wat anaboliese stero'iede gebmik, verslaaf raak daaraan net soos in die geval van ander dwelmmiddels (Yesalis et al., 1989:116; Kashkin & Kleber, 1989:3169). Du Rant et al. (1993:926) het by graad 9-adolessente in Augusta, Georgia gevind dat 'n betekenisvolle venvantskap bestaan tussen die gebruik van anaboliese stero'ide en ander middels soos koka'ine, alkohol, marijuana, sigarette en pmimtabak. Vyf en twintig persent van die adolessente wat anaboliese steroyede gebmik, maak van dieselfde naalde gebruik, wat 'n groot risikofaktor is vir die oordrag van HIV (Du Rant et al., 1993:926).

Stero'iedgebruikers het in 'n studie getoon dat hulle 'n baie hoer gesondheidsrisikogedrag toon teenoor die nie-stero'iedgebruikers. Selfmoord is byvoorbeeld betekenisvol meer oorweeg onder stero'iedgebruikers die vorige 12 maande, geen kondoom is tydens

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

behaald op het Voortgezet Onderwijs of op MBO-niveau. 2) School van herkomst: Leerling volgt momenteel onderwijs op de school van herkomst. 3) Voortijdig school van herkomst

deze groep zijn drie jongens geselecteerd; één uit Amsterdam en twee uit Haarlem (in Den.. Haag waren geen afgeronde AR-behandelingen waarbij de PI

De competenties per competentiegebied van de coaches (CS). De resultaten zijn weergegeven in Tabel 6. Uit analyse van de data aan de hand van de Pearson correlatie komen

Hoewel door onderzoek herhaaldelijk is aangetoond dat angst bij kinderen met ASS vaak voorkomt, ontbreekt een systematisch overzicht betreffende in welke mate angst meer aanwezig

Naar aanleiding van deze resultaten wordt in de huidige studie dan ook verwacht dat kinderen die korter dan twee jaar uit huis geplaatst zijn een hogere mate van problematiek

Daarnaast wordt verwacht dat de sterkte van de samenhang tussen depressieve klachten en indirecte agressie sterker is voor meisjes (hypothese 7), gezien meisjes mogelijk meer

Despite the fact that there are a number of studies on the physical and mental health consequences of CRSV, most of them are conducted among women and girls and very little

In het onderzoek is naar voren gekomen dat de leeftijd van de jongeren en het geslacht van de ouders beiden niet van invloed zijn op de relatie tussen de gehechtheidrelatie en