w I 5
1- -
Roelf
Labuschagne
L 1(BA.,
Horns.)
&
--
+
II
.-- P I&b*
i--
-
L-
1 I* L - - I~erhandelin~
vooriele
ter
gedeeltelike
nakorning
van
die
vereistes
vir
die
graad
Magister
Artium
in
Menslike
Bewegingskunde
am
die
Noordwes-
Universiteit, Potchefstroomkampus.
Potchefstroom
I4r.
r'November
2006
,
,7.
Studieleier
:
Prof.
dr.
~ . ~ . ~ t r y d o m
-
DIE
suksesvoUe
afhmdelbg
van
hierdie
W i e
sw
de
mmntlik
g e w ~ s
het
sonder
die
b y h
en
onbaahgtige
hulp
van
verskeie
individuc
nie.
Gmag
wil
&-
hiennee
my
Prof.
~ i h
waders
my
mede-studicleier:
M
e
v i
jou
bystand
met
die
;&tis~ese
venverkhg
v m
die
data
asook
jou
volgehoue
motivering.
I-
Mev.
Ingrid
Weyer vir
die
noukeurige
taalversorging.
My
ouers:
Dankie
vir
a1
julle
liefde
en
morele
ondersteuning
w o k die
christelike
waardes
en
voorbeeld
van
v o l h h g
watjulle
vir
my
gestel
het.
Met
groot
liefde
en
waardering
dra
ek
die
verhandeling
a m
jdle
q.
My
gesin:
Miki
my
vrou
asook my
kinders
Ruben,
Mine
en
Zane,
baie
M evir
julle
liefde,
geduld,
ondersteuning
en
begrip
en
ocrk
vir
die
laat
aande
wat jullealleen
gaan
Graag
wil
ek
afsluit
met
die
voorwoord
dew
vir
my
Hemelse
Vader
M
e
te
sb
vir
die
verstandelike vennoe
wat
Hy
vir
my
gegee
het
om
as
mens
voluit
tekan
lewe
en
my
studies in
Sy
naam
te
voltooi.
Sonder
Sy
leiding
en
genade
is niks
moontlik
nie.
November
2006
'r:
r
I
' 4; C4.
Hime
gee
die
ondergetekende
mede-outem
van
die
&els
tote-g
dat
dit
gebfi~ik
mag
word
as
deel
van
hierdie
verhandeling.
d
'Dit
word
ook bevestig
dat
die
by&@
v i h
die
mede-ou'
~ r s
' ;was
tot
akaderniese
leiding
en
advies
as
studieleiers
by
hierdie
navorsing.
- I I
w
I '
7=
c
I:,
...
Prof.
dr.
G.L
Strydom
(Studieleier)
't'
IL
...
Miganisaie
asmk
dieverbeterhg
vmr tegrmoIogieht
veroorsuak
dntdie
@eke
aWWWmM
vsnw e r h m r s
verlaug
het, ke&l indie
digemen her
m r
sn
?rieeTPsiek
onukitt~f
gem&Hiwdie
& n t h ltx@s@I
Ran
OanleidiPrg
gee
tot die o ~ i h t i w van ~~e skka wt &r&re
rSsShf&ure
vir dieo M h l i ~ &
lranRoroMre
krtwtsie&e i m M . D ~ Bgmolg
~ S B ~ ~ ~ C B I iS Cjhf'n
uerrk~&idges&Idsri&
3, wataaniei4ng
kim
gee tothamaW&t,
m mortalkitondwiW.
Inrim
Aierdle
~ ~ i d s r f s I k o ' $
m e
hher
wo?dnk
Avn & lei fvtswuk
gejortdka
en
'n
presentesimeJ w 8 r b ~ f w e s i g k s ~
m h g i k
g t ? s ~ ~ & o t g k o s t e s
ea
h
cy&m
inptxihbhiteit.
h f vim
!tierdie
siu&e wus OJH &pro@&?
van #&ekeak.thW&t-
@?4,
g9es0&i&m-(G-@,
ieefw- &Y&l
en
b&re
ri&indeks
m
mknemem
a m
'nfiplcl]rri@lekvq&drdrewe
instellkg
te bepaal asook die invloed van fisieke ahiwiteit daarop te evalueer.
Die navorsingsgroep ket bestaan uit 475 werknenms (159 nognr 3 16 h e s )
met
'n
gemi&d&ouderdom van 35.8 h 8.6 en 35.1 h 8.5
jam
vir dlem m
endinPPa
cdkr&*le
Wh
r
in &eouBer&msgt.oep
mamlik
<. 35,
36-
45en
2 446J'w,
w&eZ Ss.Rediute
het
~ O Odaf
Rdiemeerrdsrheid
van diet s m k r z e m r s f i s ~ ~ ~ 5 e f
war m in die to#Ifirs
fm&)
kegr,rW
g a d ktten opsigte
van
gesondheidstatw;k@f$l-geww#@
ear W
vlr die o ~ i h l i t t g vgn-RGlro&e
hariwtsieke.
Die
Zeef~I~iPtdeb
vm
die
o wgroep
maas
(>, 46) wasbe-&
beter
as
dYb
vm
die
g~sondheidirtuhs verbdev
k
t
m m $ e
& e l m e
mfisieke aktiw#e& verbog-het. Die leefityl indeb vandie mans sowel as die h m s kt
h&&d
betervercooM
by diefisiek-akiewe groep. 'LDie bevindinge dui
aun
dui dif in beste b e h g van beidede
werkgmeren
werhwner is amSLEUTELTERME:
Fisieke aktiwiteit, gesonhid,
leefstylgewoontes,
e -s e h r ,
bromdre
Watsiekte,
KEY
WORDS:
m
cmPhysical
activity, health,lifestyle
@its, covi
absenteeism,
productivity-Techdogiciai advmes
tmb
m c h W a
h e r d w e d p l y n d dcfivityImek.
Lfl~sryle
in
gemml
h
h c o m ~
more
andmore physically
hct-lve.fits
;~ehmI@sMe
mu'leud
to thedmebprnent
of k p k m d c diseases wMch inter alla i n c l d e risk factors forthe
development
of
cororrbryh.m?
disewe.
comquemes
m e a variety of health risk factors that cart contribute to k a r t &erne, stroha d
mw~dfty.
Ylq?
m n e n d e d , these risk factors canlead
toill
hahh
and
re&edp&Nv@.
fli
h d hin
the
~ o ~ p o r u t e sector can lead to presenteeism,abmfseism,
highW r k
e m
costsmil
r e b e d
prcdw~Mp.
purpose
of this study was to a n d y ethe
pofides
of ~
~
u c w -a
(Pi@,b
health
stam-
(m,
li;fs@e- (LSI) and coronary risk index&&'a
among mployees
ina$rraneSal
instifufimin order to evaluate the impact ofphysical activity.
The research sample included 475 employees (159 male
an8
316femaIe;I with a mean age of 55.8.A8.6
and 35.1 h 8.5 for the male andfemale group respectiwiy,
divided
into
three age @ q s of 535,
36
-
45 and 2 46years.
Results
St&ca&e-d #ha the majority offhe empiopes wereph-pkati'y
Inacttve
and
falling
in the
m&rate
topoor
megory
in term of health status, li$k$fyIe bb.ii3d
c o r o q : k m t . d & e a s e
risk
The
J@.@e
index oft h
older mhs&
46) w m ~ i p ~ c m ~ ybetter than
tb$eof
rhe yfmgdr d e $ .Remlrs
also indcuted t k c o r o q heart $iswe ri&Ii$esiyIe
mzd
health
status
i w v eas
p@sical activityIwekr
improve.
lifes&le
index of d e s and females were significantlybener
among thephyrikl acrSve p u p .
The findings suggest the
needfor
mployws and empkg.~eg.s fa prevenf ? y p d h t i c &or&?$ which cancause 'Ipresenteeism" which may result in ~Q~cerlprudwlivify
and
i w c a e d
kdth care costs. Theliterature also indicate the
m d
for c o w i e s to naewwe mad keeptrack
ofthe
health risk profile oftheir stag since employees cuq
rnigrae
betweea
low,
moderm
and
high
risk
catewes aryrwI€y.KEY WORDS:
akmxism,
productivitySLEUTELTERME:
Lys
van tibelle..
...
x
Lys
van
figure..
...
xi
I
L ~ Svan
~ o r t i n g s . .
...
,
...
,
...
,:.
xii
Bylaes..
...
xiii
-
-
1
-
P R ~ L E E M - E N
m n s m m ~
VRN-DIE
O
R
-....
1.1
Inleiding.
...
.+1
2
Probleemstelling
...
,
•.,,
...*..*...
...
1.3
Doelstelling..
...
;1.4
Higotese..
...
1.5
S e w
van
die
verhandeling..
...
1.6
Bibliome..
...
2
~ S I E K E
A
K
~
ST^
,
EN
GESONMEIP
S'TA"FZDS
-
'N
m T U U R O O R S I B
eEWB
OP DIE.
I&RK.NEMER
W
DIE
KORPORRTIEY~E
SEKTOR
2.1
Inleiding..
...
2.2
Die
gesondheidstatus
van
die
werknemer..
...
2.3
Koronere
risikofaktore
en
webemmgaondheid
...
2.4
Lewenstyl
en
werknemergesondheid..
...
2.5
F
i
s
ieke
aktiwiteit
en
werlolemergesondheid
...
2.6
Fisieke
aktiwiteit
en
enkele
ander
komponente
in
die
korporatiewe
werksomgewing
...
36
2.7
Noodsaaklike
komponente
van
effektiewe
gesondheidsbevorderings-
;
2.8
Samevatting
...
m,,.
..,i..
...
.-*...
2.9
Bibliografie..
...
,
...
-.-- --..., ...,.
...-..
. . .
--I
t
II I5.1
Samevatting
...
B5.2
Gevolgtreldring..
...
L5.3
Verdere
navorsing..
...
:.
...
5.4
Bibliograf~e..
...
C
...
Bylae
B..
Bylae
C.
...
I
I L3i!?~
V f i ~
TAB
Besktywende
statistiek
van
enkele
gesondheidskonstnkte
by
mans
en
dames
werksaam
aan
'n
finansiele
instelling..
...
66
Profielontleding
van
enkele
gewndheidskonstmkte
by
mans
en
dames
werksaam
am
'n
f'lnansiele
instelling
...
69
Beskrywende
statistiek
van
enkele
gesondheid~konstrukte
by
mans
en
dames
werksaam
am
'n
finansiele
instelling
...
86
r
--L=TABEL
4.2
Die
invloed
van
fisieke
aktiwiteit-deelnarne up
enkele
gesondheidskonstrukte
by
mans
aan'n
finansiele
-
-
instelling.
...
TABEL
4.3
Die
invloed
van
fisieke
aktiwiteit-deelname
op
enkele
gesondheidskonstrukte
by
dames
aan'n
fmmsiele
...
' I - I
--
- IFIGUUR
2.1
Verspreiding
en mipasie
van
werknemers
ten
opsigte
van
hul
gesondheidsrisiko..
...
12
FIGUUR
2.2
Vergelyking
van
obesiteit
(wat
gerneet
en
gerapporteer
is)
onder
Suid-Afrikmse
mans
en
dames..
...
18
FIGUUR
2.3
Die
voorkoms
van
sigaretrook
per
etniese
groep
in
-
Suid-Afr-ika,
1998.
...
FIGUUR
2.4
Sigaretrook
tuis
en
'h
die
werksomgewing.
FIGUUR
2.5
FIGUUR
3.2
Internasionale
kostes
van
kardiovaskuli3re
siektes
in
2004.
...
41
Profielontledhg
van
manlike
en
vroulae
werlcnemers
am
'n
fmansiele
instelling
ten
opsigte
van
fisieke
aktiwiteit-
en
lewenstylindeks..
...
70
Profielontleding
van
manlike
en
vroulike
werhemers
aan
'n
fmansiele
instelling
ten opsigte
van
gesondheid-
...
&tatus-
en
koronere
ri:
.o-indeks
FIGWR
4.1
Die
invloed
van
fisieke
aktiwiteit-deelname
op
enkele
gesondheidskonstnrke
by
mans
aan'n fmansiE1e
...
instelling..
...92
I
FIGUUR
4.2
Die
invloed
van
fisieke
aktiwiteit-deelname
op
enkele
gesondheidskonstrukte
by
dames
aan'n
finansiele
American
College
of Sports
Medicine
Fisieke aktiwiteit
e?
rnKoronere
hartvatsiekte
Liggaamsmassa-indeks
Lewensty
lindeks
Maksimumw
aarde
Aantal
respondente
in
'n
kleiner
groep
Standaard
afwyking
South
AEcan
National
Games
and
Leisur
Activities
Gemiddelde
waarde
'
Mhimumwaarde
B
Die
voorskrifte
(Inligting
am
outeurs)
volgens
u q
aura-r?niRaarUw
Tydskrif
vir
Navorsing
in Sport,
Liggaamlike
Opvoedkunde
en
PROBEEM-
EN
D
-
'ON
'
I
cr
I.
1.3
Doelstelling..
...
.:
...
4
-
-
-
r
7
1.4
Hipotese..
...
I1.1 INLEIDING
Die tipiese Suid-Afrikaanse leefstyl asook die aard van werk in die algemeen het in toenemende mate sedentCr geword. Die rekenaar, lessenaar en draaistoel het sodoende 'n gesondheidsrisiko vir kantoonverkers geword, aangesien dit veroorsaak het dat talle werknemers die grootste deel van hul werksdag sedentCr deurbring en derhalwe die prooi val van hipokinetiese siektes (Lombard, 1988:22). Strydom (2000: 18) venvys in die verband na die skerp toenarne in chroniese siektes sedert die ontstaan van die industriele revolusie. Uys en Coetzee (1999:85) toon verder dat die fisieke aktiwiteitsprofiel van Suid-Afrikaanse bestuurslui in die uitvoering van hul dagtaak hoofsaaklik sedentCr is en dat slegs 12.4% van manlike bestuurslui in Suid-Afrika sport en fisieke aktiwiteit as hoe prioriteit beskou. In 'n soortgelyke studie op uitvoerende amptenare vind Du Toit (1996:45) dat twee derdes van die respondente 'n sedentCre leefstyl handhaaf, tenvyl 76% van die totale groep se fisieke aktiwiteitsindeks te laag is om enige betekenisvolle gesondheidsvoordele te kan uitlok.
Hierdie sedentere werksomstandighede kan aanleiding gee tot die ontwikkeling van hipokinetiese siektes (Kaplan, 1997:14). Volgens Strydom (2000:27) sluit hierdie siektes sekere vorme van hipertensie, aterosklerose, houdingsafwykings en sekere vorme van hartsiektes in. Van hierdie hipokinetiese siektes vorm ook onder andere koron&e risikofaktore wat die risiko vir die ontwikkeling van koronere hartvatsiekte kan verhoog (Strydom, 2000:27). KoronCre risikofaktore kan in twee groepe verdeel word naamlik; primere en sekondCre risikofaktore (Gordon & Gibbons, 1991:206). Primere risikofaktore sluit in hipertensie, verhoogde cholesterolkonsentrasie, fisieke onaktiwiteit, sigaretrook asook obesiteit, aldus Myers (2003) [WEB:]http:Ncirc.ahajournals.org/csl/contenM107/l/e2 [Date of access:24 October 2006). Die res van die risikofaktore naamlik familiegeskiedenis van hartsiekte, ouderdom, geslag, diabetes mellitus, oormassa, stres en oormatige alkoholinname, word as sekondere risikofaktore genoem (Gordon & Gibbons, 1991 :206).
1.2 PROBLEEMSTELLING
29% van die respondente 3 van die primere risikofaktore vir die ontwikkeling van koronere hartvatsiekte vertoon het. 'n Verdere 43% het twee-, en 25% het een van die primere risikofaktore vertoon. Curfman (1993574) meen dat pasifnte met erkende koronere hartvatsiekte 'n verlaagde funksionele werksvermoe en produktiwiteit het maar toon aan dat dit verbeter kan word deur 'n fisiek aktiewe leefstyl. KoronCre risikofaktore soos verhoogde cholesterolkonsentrasie, hipertensie en diabetes mellitus word dikwels met medikasie beheer, en kan op die wyse finansiele implikasies vir die werkgewer sowel as die werknemer inhou. Pelletier, (1993: 55) meen in die verband, dat indien die voorkoms van hartvatsiekte met 1% verlaag kan word dit 'n besparing van ongeveer R7.5 miljoen per jaar tot gevolg kan hC.
Uit die studie van Paffenbarger (1988:430) en Blair et al. (1995:25) is die meeste kritici oortuig dat fisieke aktiwiteit 'n betekenisvolle rol kan speel in die voorkoming van koronere hartvatsiekte. Fisieke fiksheid kan ook 'n "beskermende rol" verrig selfs in die aanwesigheid van primere koronere risikofaktore (Barlow et al., 1990). Swanepoel (2001:90) vind dat 75,6% van topvlakbestuurders en 77,9% van middelvlak bestuurders nie die mees basiese beginsels van 'n gesonde lewenstyl soos beskryf deur Belloc en Breslow (1972:46-64) nakom nie. Blair et al. (1994:25) meen dat destruktiewe leefstylfaktore grootliks verantwoordelik is vir die voorkoms van chroniese siektes in die moderne wereld. KoronCre risikofaktore presenteer as gevolg van oorenvingsfaktore, en persoonlike destruktiewe leefstylgewoontes wat in samewerking met die invloed van omgewingsfaktore die moontlikheid van koronere hartvatsiekte kan verhoog (Gordon & Gibbons, 1991:206). Ma et al. (2000:108) vind in die verband dat sigaretrokers neig om groter hoeveelhede alkohol te gebruik en dat hulle ook ongesonder eet as nie-rokers en voormalige rokers. Laasgenoemde outeurs dui ook aan dat 'n onaktiewe lewenstyl gepaard gaan met verhoogde risiko van alleoorsake mortaliteit. Hy vind verder dat 'n odkse persoon se risiko om te sterf aan alleoorsake mortaliteit tot agt keer hoer kan wees as die van 'n fikse persoon. Die sinvolle behandeling van 'n destruktiewe leefstyl is gewoonlik gelee in die aanrnoediging van selfierantwoordelikheid by die individu vir sy eie welstand wat gepaard gaan met die doelbewuste navolging van 'n gesonde leefstyl. Laasgenoemde sluit onder andere in die gereelde deelname aan fisieke aktiwiteit, korrekte en gesonde eetgewoontes, nie rook nie, matige of geen alkoholinname asook stresbeheer- tegnieke.
Uit die voorafgaande beskrywing is dit duidelik in die belang van die korporatiewe sektor om na die gesondheid van sy werknemers om te sien, ten einde maksimale werksproduksie te verseker (Scott, 1999:123). Dit het dan ook daartoe gelei dat verskillende werkgewers en maatskappye reeds bepaalde gesondheidsbevorderende intervensiestrategiee vir hul werknemers in plek gestel het. Volgens Musich et al. (2003:393) is dit vir enige werkgewer belangrik om te onthou dat die werknemer-risikoprofiel nie staties is nie maar voortdurend kan verander. In die opsig beweer hulle dat die ''nomale" risikoprofiel-verspreiding in 'n maatskappy ongeveer 15%, 25% en 60% is ten opsigte van werkers in die hoe, matige en lae risikokategoriee respektiewelik. Indien daar nie doelbewuste intervensiestrategiee in plek is in so 'n korporatiewe groep nie kan 2 - 4% van die populasie in elke groep jaarliks na 'n hoer risikokategorie migreer. Edington (2001:341) meen dat dit net so noodsaaklik is om die lae risiko-groep in diC kategorie te hou as wat dit is om die fokus op die hoe risiko-groep te plaas. Hy (Edington, 2001:341) toon verder aan dat die potensiele besparing van 'n matige risiko- vermindering $153 per persoon per jaar beloop, teenoor die besparing van $350 vir risiko- vermyding (voorkoming).
Uit die bogenoemde is dit dus duidelik dat dit vir enige maatskappy belangrik is om 'n gesondheidsrisikoprofiel van sy werknemers te he, ten einde te bepaal hoedanig die intervensieprogram moet wees. Vanwee die diverse werksmag in Suid-Afrika asook veranderende ekonorniese omstandighede wat die werksomgewing betekenisvol kan be'invloed is dit nodig dat meer navorsing oor die aspekte gedoen sal word.
Die vrae wat derhalwe met hierdie studie gevra wil word, is wat die fisieke aktiwiteit-, koronkre risiko-, lewenstyl-, en gesondheidstatusprofiele van mans en dames werksaam aan 'n finansiele instelling is en tweedens wat die interaksie van fisieke aktiwiteit op die koronere risiko-, lewenstyl
-
en gesondheidstatus-indeks by mans en dames is? Sodanige inligting uit hierdie studie kan waardevol wees in die samestelling van intervensie-programme vir die bevordering van die algemene gesondheid onder die werknemers in die korporatiewe sektor.1.3 DOELSTELLING
Die doe1 van die ondersoek kan as volg omskryf word:
1.3.1 Om die fisieke aktiwiteit-, koron&e risiko-, lewenstyl- en gesondheidstatusprofiele van mans en dames werksaarn by 'n finansiele instelling te bepaal.
1.3.2 Om die invloed van fisieke aktiwiteit-deelnarne op koronCre risiko-, lewenstyl-, en gesondheidstatus-indeks van mans en dames werksaam aan 'n finansiele instelling te ontleed.
1.4 HIPOTESES
1.4.1. Die profiele met betrekking tot fisieke aktiwiteit-deelname-, koronCre risiko-, lewenstyl- en gesondheidstatus-indeks van mans en dames werksaam aan 'n finansiele instelling vertoon swak.
1.4.2. Fisieke aktiwiteit het geen betekenisvolle invloed op die koronCre risiko-, lewenstyl- of gesondheidstatus-indeks by mans en dames werksaam aan 'n finansiele instelling nie.
1.5 STRUKTUUR VAN DIE VERHANDELING
Die verhandeling sal in artikelfonnaat aangebied word wat impliseer dat die resultate van die studie in twee artikelmanuskripte venverk word wat aan wetenskaplike joernale vir publikasie aangebied sal word. Die skryf- en bibliografiese styl van die twee artikels sal wees ooreenkomstig die vereistes van die bepaalde joernale aan wie die artikels gestuur word. Dit sal dus verskil van die styl wat in die ander hoofstukke (wat volgens die Universiteit se vereistes geskryf is) aangebied word. Die verhandeling word dus as volg aangebied:
Hoofstuk 1 (Probleem- en doelstelling): Hierdie hoofstuk bestaan uit die inleiding, probleemstelling, doelstellings en hipoteses. 'n Bibliografie word aan die einde van die hoofstuk volgens die voorskrifte van Noordwes-Universiteit, Potchefstroom- kampus aangebied.
Hoofstuk 2 (Literatuuroorsig): Die hoofstuk dien as 'n literatuurstudie wat die basis sal vorm van die onderskeie artikels. Die bibliografie van hierdie hoofstuk word ewe-
eens aan die einde van die hoofstuk volgens die voorskrifte van Noordwes- Universiteit, Potchefstroomkampus aangebied.
Hoofstuk 3 (Artikel 1): Hierdie hoofstuk word in artikelformaat aangebied volgens die voorskrifte van die "African Journal for Physical, Health Education, Recreation and Dance".
Hoofstuk 4 (Artikel 2): Hierdie hoofstuk word ewe-eens in artikelformaat aangebied volgens die voorskrifte van die Suid-Afi-ikaanse Tydskrif vir Navorsing in Sport, Liggaamlike Opvoedkunde en Ontspanning.
Hoofstuk 5 (Samevatting, gevolgtrekking en verdere navorsing): In hierdie hoofstuk word 'n kort samevatting van die studie verskaf, gevolg deur die gevolgtrekkings en verdere navorsing.
Bylae: Die vraelyste en ander tersaaklike inligting word as bylae by die studie ingebind. Verder word die voorskrifte van die onderskeie joernale ook vervat in die bylae
.
Bibliografie: Alle bronne wat deur outeurs geraadpleeg is verskyn in die bibliografie en nie noodwendig in die teks soos in die geval van 'n bronnelys nie, behalwe in die geval van die artikels waar net 'n bronnelys aangebied word.
1.6 BIBLIOGRAFIE
1. BLAIR, S.N., BRILL, P.A. & BARLOW, C.E. 1994. Physical activity and disease prevention. (In Quinney, H.A., Gauvine, L. & Wall, A.E.T., eds. Toward active living. Champaign, Ill.: Human Kinetics. p.25-3 1 .)
2. BLAIR, S.N., KOHL, H.W., BARLOW, C.E., PAFFENBARGER, R.S. GIBBONS, L. W. & MACERA, C.A. 1995. Changes in physical fitness and all-cause mortality.
Journal of the American Medical Association, 274(14): 1093 - 1098.
3. BARLOW, C.E., BRILL, P.A., BLAIR, S.N. & KOHL, H.W. 1990. Practical advice on fitness and mortality; a new approach to exercise prescription. American Journal
ofHealth Promotion, 4(5):39 1 - 3 93 .May/June.
4. BELLOC, N.B. & BRESLOW, L. 1972. The relation of physical health status and health practices. Preventative medicine, 1 :46-64.
5. COETZEE,
M.F.
1999. Modifiable health risk factors among white male executives in the Zululand area. The South Afiican Journal of Sports Medicine. 2(6): 1 6- 19.6. CURFMAN, G.D. 1993. The health benefits of exercise. The New England Journal
of Medicine, 4(8):547-576.
7. DREYER, L.I. 1996. Die effek van inoefening op enkele koronere risikofaktore en hulle onderlinge venvantskap by Suid-Afikaanse bestuurslui. Potchefstroom: PU vir CHO. (Proefskrif - Ph.D.) 457p.
8. DU TOIT, D. 1996. Die fisieke aktiwiteitsindeks en fisieke werksvermoE van swart uitvoerende amptenare in Mrnabatho. Potchefstroom: PU vir CHO. (Skripsie - M.A.) 60p.
EDINGTON, D.W. 2001. Emerging research: A view from one research center.
American Journal of Health Promotion, 1 5(5):34 1 -349.
GORDON, N. & GIBBONS, L. 1991. The complete heart recovery guide: Oxford University Press, Cape Town. 497p.
KAPLAN, K. 1997. How good is your program? Association of Worksite Health
Promotion 's, 4(4): 14- 19.
LOMBARD, P. 1988. Employee Fitness: Corporate Philosophy for the 80's. Keep
Fit International, 1 :22
-
24.MA, J., BETTS, N.M. & HAMPL, J.S. 2000. Clustering of lifestyle behaviors: the relationship between cigarette smoking, alcohol consumption and dietary intake.
American Journal of Health Promotion, 15(2): 107-1 17.
MUSICH, S., MCDONALD, T., HIRSCHLAND, D., & EDINGTON, D.W. 2003. Examination of risk status transitions among active employees in a comprehensive worksite health promotion program. Journal of Occupational & Environmental Medicine, 45(4):393-399.
MYERS, J. 2003. Exercise and cardiovascular health: circulation [WEB:] http://circ.ahaj ournals.org/cgi/contenll/ 1 0711 /e2 [date of access:24 October 20061.
PAFFENBARGER, R.S. Jr. 1988. Contributions of epidemiology to exercise science and cardiovascular health. Medicine and Science in Sport and Exercise. 20 (5):426 - 438.
17. PELLETIER, K.R. 1993. A review and analysis of the health and cost - effective outcome of comprehensive health promotion and disease prevention programmes at the worksite. American Journal ofHealth Promotion, 8(1):50 - 62, Oct.
18. SCOTT, E.J. 1999. Fisieke aktiwiteit en lewenstyl se verband met gesondheidstatus van uitvoerende amptenare. Potchefstroom: PW vir CHO. (Skripsie - M.A.) 125p.
19. STRYDOM, G.L. 2000. Biokinetika: 'n Handleiding vir studente in Menslike Bewegingskunde. Potchefstroom: PU vir CHO. 323p.
20. SWANEPOEL, N. 2001. Bestuursvlak en fisieke aktiwiteit se verband met
lewenstyl en gesondheidstatus by manlike bestuurslui. Potchefstroom: PU vir CHO. (Verhandeling - MA.) 100p.
21. UYS, R. & COETZEE, J.J.C. 1989. Selfbestuur en selfinstandhouding by die moderne bestuurder. Navorsingsverslag: NSB. Potchefstroom: Publikasie van die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoer Ondenvys.
b a
2.1
Inleiding..
...
9
2.2
Die
gesondheidstatus
van
die
wedaiemer..
...
10
2.3
Koronbe
risikofaktore
en
werknemergesondheid..
...
14
2.5
Fisieke
aktiwiteit
en
werknemergesondheid
...
I---
31
d
2,6
Fisieke
Mwiteit
en
enkele
ander komponente
in
die
korporatiewe
werksomgewing
...
36
2.7
Noodsaaklike
komponente
van
efiektiewe
gesondheidsbevorderhgs-
2.1 INLEIDING
Die werknemer is die belangrikste bate van die werkgewer en dit is belangrik dat daar na die instandhouding van die gesondheid en welstand van die werknemer omgesien sal word ten einde optimale werksproduksie te verseker en ook die maatskappy se "belegging" in die werknemer te beskerm (Scott, 1999:125).
In
hierdie hoofstuk gaan die klem derhalwe hoofsaaklik val op die waarde van goeie gesondheid van die werknemers-korps vir die werkgewer, nie net om aanwesig te wees nie, maar "gesond aanwesig" te wees. Werknemers wat "siek" aanwesig is kan nie optimale werksproduksie lewer nie en hou ook 'n risiko in dat hulle infeksies aan gesonde werknemers kan oordra (Scott, 1999:125). Die literatuur sal vanuit hierdie fokus benader word, en empiriese studies wat bekom kon word sal ontleed word ten einde dit toe te lig.Die tipiese Suid-Afrikaanse lewenstyl asook die aard van werk in die algemeen het in toenemende mate sedenter geword. Die rekenaar, lessenaar en draaistoel het sodoende 'n gesondheidsrisiko vir kantoorwerkers geword, aangesien dit veroorsaak het dat talle werknemers die grootste deel van hul werksdag sedentCr deurbring en derhalwe die prooi word van hipokinetiese siektes (Lombard, 1988: 22). McDowell-Larsen (200 1 : 1-2) beskryf die leefstyl van bestuurslui as volg: "Sitting at desks, in meetings, in cars and in airplanes
most of the day with mobile phones and e-mails to ensure wor@low and communication, as well as having the closest parking spots to their convenience, in order to save time and ensure better productivity". Haskell (2000:930) meen in die verband dat nuwe tegnologie en
meganisasie veroorsaak het dat die mens minder fisiek-aktief is. Hutchinson (2004:17) beweer dat tegnologie dit vandag vir meer mense moontlik maak om onaktief te wees en venvys na inkopies op die internet, roltrappe en bewegende bande by onder andere lughawens, wat die fisieke aktiwiteitsvlak van mense verlaag. Volgens Uys en Coetzee (1989:85) is Suid-Afiikaanse bestuurslui hoofsaaklik sedentCr in die uitvoering van hul dagtaak en beskou slegs 12.4% van manlike bestuurslui in Suid-Afiika sport en fisieke aktiwiteit as hoe prioriteit. Du Toit (1996:60), in 'n soortgelyke studie op uitvoerende arnptenare toon aan dat twee derdes van die respondente 'n sedentCre leefstyl handhaaf, terwyl76% van die totale groep se fisieke aktiwiteitsindeks te laag is om enige betekenisvolle gesondheidsvoordele te kan uitlok. Strydom (2000:18) venvys in die verband na die skerp
toenarne in chroniese siektes sedert die ontstaan van die industriele revolusie. Kaplan (1 997: 14) beweer dat sedentCre werksomstandighede kan aanleiding gee tot die ontwikkeling van hipokinetiese siektes wat volgens Strydom (2000:27) aterosklerose, houdingsafwykings, sekere vonne van hartsiektes en hipertensie insluit. Strydom (2000:27) wys verder daarop dat hierdie hipokinetiese siektes ook onder andere koronCre risikofaktore vorm wat die risiko vir die ontwikkeling van koronCre hartvatsiekte kan verhoog, en die gesondheidstatus van die individu negatief kan be'invloed.
Dit wil dus voorkom dat dit in belang van die werkgewer is om 'n werkskultuur te skep wat die fisieke vlak van sy werknemers kan verhoog om sodoende die gesondheidstatus van die werknemers te verbeter. In hierdie hoofstuk gaan daar dus spesifiek gefokus word op die belang van die gesondheidstatus van die werknemers, hul lewenstyl en die risiko om koronere hartvatsiekte te ontwikkel, asook die invloed van fisieke aktiwiteit op die genoemde parameters. Aangesien koronere risikofaktore, lewenstyl en gesondheidstatus as afsonderlike meetinstrumente in die studie gebruik word, word dit ook in hierdie hoofstuk (Hoofstuk 2), as afsonderlike gedeeltes bespreek. Die interaksie tussen die genoemde drie aspekte (koronCre risikofaktore, leefstyl en gesondheidstatus) sal sover as moontlik ook aangetoon word.
2.2 DIE GESONDHEIDSTATUS VAN DIE WERKNEMER
Gesondheidstatus is 'n omvattende begrip wat die voorkoms van chroniese en infektiewe siektetoestande insluit (Boshoff, 2000:256). Fielding (1987:19) meen dat die meeste chroniese gesondheidsprobleme stadig en met verloop van tyd ontwikkel en 'n beduidende irnpak op gesondheidstatus en lewenskwaliteit het aangesien die gesondheidsprobleem moeilik reggestel kan word wanneer dit eers gevestig is. So byvoorbeeld is daar slegs 'n 5% moontlikheid om longkanker (lewenstyl-venvant) te oorleef, terwyl25% van alle hartaanvalle skielik en sonder enige voorafgaande simptome gebeur waarna die slagoffer dikwels forseer word om beide sy werk en sosiale verpligtinge af te skaal. Fielding (1987:19) laat hom as volg hieroor uit: "While these and other major health problems may appear with devastating
suddenness, they share a long progressive phase that is without symptoms. They are both chronic diseases although they appear as $@om the blue". Wat ook al die aard van 'n
klignte-diens (Clyrner, 2005:l). Dit is om hierdie rede goed vir die maatskappy om te be16 in gesondheidsbevorderingsprogramme wat gerig is om die gesondheidstatus van die werknemers te verbeter. Buckley (2001:29) meen dat die Britse industrie nagenoeg 18 miljoen werksdae per jaar verloor aan werkverwante siektes. Hy beweer verder dat werkgewers alreeds geraak word deur verlaagde produktiwiteit as gevolg van siek lede wat afivesig is van die werk, maar toon ook aan dat die aanwesigheid van siek lede wat infeksies kan versprei, nog voordat enige mediese sorgkoste en eise ter sprake is, 'n verdere risiko vir die werkgewer inhou deurdat hierdie siek werknemers nie produktief is nie en produktiewe personeel kan siek maak. Buckley (2001:38) meen dat stres die mees algemene oorsaak van swak gesondheid in die werksomgewing is en dat stresvenvante siektes soos depressie en spanningshoofpyn verantwoordelik is vir 6.5% van die genoemde 18 miljoen verlore werksdae per jaar in die Britse industrie. Hy meen dat stres in die werksomgewing veroorsaak kan word dew onsekerheid, te veel sowel as te min werk, en dat dit verder aanleiding gee tot depressie en hartvatsiekte wat produktiwiteit laat afheem.
Kogan (1997:146-147) meen dat programme ter bevordering van die gesondheidstatus van werknemers, vir die werkgewer voordele soos afname in werksafwesigheid, afname in werknemeromset, laer gesondheidsorgkostes, verbeterde werknemerverhoudinge en voordele ten opsigte van personeelwenving kan inhou. Die werkgewer dra ook by tot 'n groot deel van gesondheidsorgkostes van die werknemer asook indirekte kostes as gevolg van produksie- verliese, werksafwesigheid, bedankings, aftrede asook premature sterftes (Clyrner, 2005: 1).
In die 1980's was die benadering in die RSA ten opsigte van gesondheidsorgkostes meer ingestel op die behandeling van siektetoestande deur middel van medikasie as die voorkoming
daarvan (Cooper, 1982:28). Die Suid-Afiikaanse Hartstigting meen in die verband dat die
behandeling van hartsiekte in 1982 reeds R2 rniljoen per dag, of te we1 R750 miljoen per jaar beloop het (Cooper, 1982:28). Pelletier (1993: 50-62) meen dat 'n geringe afhame (1%) in die voorkoms van hartsiekte die land in die omgewing van R7.5 rniljoen per jaar kan bespaar. Volgens 'n mededeling van Steyn (Suid-AfXcaanse Hartstigting, 2005) toon die mees resente syfers van die Suid- Af&aanse Hartstigting dat die koste van hartvatsiekte en beroerte in 1991 tussen R4 135 en
R5
035 biljoen loop het.Implikasie vir werkgewers met warknemers met matig tot hoe risikn
-
Meer chroniese siektes-
Hoer direkte mediese koste-
Hoer werksafwesiyheid-
Hoer ongeskiktheid enwerkerskompensasie kostes
I
-
Laer produktiwiteit a.g.v. werksafwesigheid-
Meer chmiese s i e k t c-
Uitgeputte mediesefanth
-
Gmter pyn en ongen'ef- Y e r l a ~ l g d ~ lewenskwslihit
-
Yerbagde perswnlike ehktiwitait 25% Matige r i s i k o 3-
4 risiko's....p likasie vir werkgewers met werknemers met
'n lea
risiko
-
Gesonder produktiewewerknemers
-
Laer gesondheidsorgkostesen eff ektiwiteit
InPllKaSlE VIP w~rmemers
net
'n
lae risihI
-
Beter gesondheidVerlaayde mediese kastes
Minder pyn en ongerief
-
Meer energie-
Verhooyde lewens- enwerksatisfaksie
Figuur 2.1 Verspreiding en migrasie van werkuemers ten opsigte van bul
Musich et al. (2003:393) beweer dat dit belangrik is vir die maatskappy om te besef dat die gesondheidstatus van sy werknemers nie staties is nie en dat 'n lae risiko-individu vandag mbre 'n hoe risiko-individu kan wees (Figuur 2.1). Laasgenoemde navorsers is van mening dat dit in belang van die maatskappy is om basiese gesondheidsrisiko's van die werknemers te bepaal en hul migrasie tussen laag, matig en hoe risiko kategoriee te monitor. Musich et al. (2003:393) beweer verder dat die volgende inligting veral van belang is:
Wat is die gesondheidsrisikoprofiel van die organisasie;
Wat is die mees algemene gesondheidsrisiko-faktore (bv. obesiteit en fisieke onaktiwiteit);
Wat is die koste implikasie vir die organisasie.
Vanuit die werkgewer se oogpunt is dit belangrik om te weet dat die meeste van hierdie chroniese siektetoestande en risikofaktore tot 'n sekere mate voorkombaar en beheerbaar is deur middel van lewenstylkeuses (Boshoff, 2000:256). Laasgenoemde toon aan dat veral deelname aan gereelde fisieke aktiwiteit die voorkoms van chroniese siektetoestande betekenisvol kan beheer en selfs verrninder. Pederson et al. (1996:243) meen dat fisieke aktiwiteit ook die immuunfunksie van die mens versterk en horn minder vatbaar maak vir infektiewe siektetoestande. Lee (1995:289) toon aan dat fisieke aktiwiteit
'n
beduidende rol speel by kankenvering deurdat dit die konsentrasie van sekere kankerwerende agente in die bloed kan verhoog. In 'n studie in Noorwee op mans met 'n hoe en lae fisieke fiksheid (Lee, 1995:289), is gevind dat die lae fiksheidsgroep 'n 95% groter moontlikheid toon om aan kardiovaskulCre siekte te sterf. Die gevolgtrekking was dat 'n hoe vlak van fisieke fiksheid beskerrning kan bied teen sterfte as gevolg van kardiovarskulere siekte (Lee, 1995:289).Uit bogenoemde bespreking blyk dit dat die werknemer die kern is waarom die sukses van die werkgewer draai. Die werkgewer se verantwoordelikheid teenoor die werknemer is om finansieel in die werknewer te belC deur hom op te lei en ook sekere voordele aan hom te bied in mil vir sy diens. Dit is dus voordelig vir die werkgewer om 'n werksomgewing te skep waarin die werknemer sy gesondheid kan verbeter en sodoende meer produktief en langer tot diens vir die werkgewer kan wees. Die werknemer moet egter op sy beurt ook selfverantwoordelikheid vir sy gesondheidstatus aanvaar deur gesonde lewenstylgewoontes te
beoefen ten einde optimale diens aan die werkgewer te lewer. Vervolgens word die invloed van koronere risikofaktore op die werknemergesondheid bespreek.
2.3 K O R O N ~ R E RISIKOFAKTORE EN
WERKNEMERGESONDHEID
KoronCre risikofaktore kan beskryf word as oorenvingsfaktore en persoonlike gedragsgewoontes wat in sarnewerking met die invloed van omgewingsfaktore die moontlikheid van koronere hartvatsiekte verhoog (Gordon & Gibbons, 1991:206). KoronCre hartvatsiekte het geen enkele oorsaak nie, maar is die gevolg van interaksie tussen 'n verskeidenheid van faktore wat onder andere genetiese faktore, lewenstylgewoontes en mediese toestande insluit (Gordon & Gibbons, 1991:206). Ehnnan et al. (2003:202) toon aan dat koronCre hartvatsiekte begin met 'n degeneratiewe aksie in die binneste wand van die koronere arteries, en meen dat aterosklerotiese plaak reeds op ouderdom so vroeg as een jaar in arterie-wande aanwesig kan wees. Hulle meen verder ook dat die progressie van aterosklerose afhang van die interaksie van hemodinamiese kragte (bloeddruk en bloedturbulensie), vlakke van plasma lipoprotei'enkonsentrasie @DL en LDL) en die beskadiging van die binnewand van die arterie deur vrye radikale (oksidasie) en sigaretrook (chemiese beskadiging). Lnteraksie tussen bogenoemde faktore gee aanleiding tot die ontwikkeling van ateroom wat met die verloop van tyd in fibrotiese plaak ontwikkel (Ehrman et al., 2003:202). Laasgenoemde outeurs toon verder
aan dat ander faktore soos diabetes, fisieke onaktiwiteit, obesiteit, homosiste'ien- konsentrasie, C-reaktiewe prote'ien, stres, en veroudering moontlik 'n invloed kan hC op die ontwikkeling van aterosklerose.
Strydom (2000: 104) toon aan dat koronCre risikofaktore in twee groepe naamlik primere en sekondere risikofaktore verdeel kan word en groepeer hipertensie, sigaretrook, fisieke onaktiwiteit en verhoogde serumcholesterolvlakke as primere risikofaktore. Intussen is obesiteit ook as 'n primCre risikofaktor aanvaar (Wallace, 2003:149). Ander faktore soos emosionele spanning, persoonlikheidstipering, ouderdom, ras, geslag en farniliegeskiedenis van hartvatsiekte kan as sekondCre risikofaktore geklassifiseer word (Strydom, 2000:104). Gordon en Gibbons (1991 :209) meen dat koronere risikofaktore verder ook in veranderbare risikofaktore (hoofsaaklik lewenstyl-venvant en wat deur gedragsmodifikasie beheer kan word bv. rook, hipertensie, obesiteit, cholesterol en fisieke onaktiwiteit) en onveranderbare
risikofaktore (hoofsaaklik genetiese verwant en wat nie deur gedragsmodifikasie beheer kan word nie bv. ras, ouderdom, geslag, en familiegeskiedenis van hartvatsiekte) verdeel kan word. Laasgenoemde navorsers meen dat veral die aanwesigheid van meer as een risikofaktor die moontlikheid van korontre hartvatsiekte verhoog. So sal 'n persoon met twee risikofaktore se moontlikheid om koronCre hartvatsiekte te ontwikkel 9 keer groter wees as die van 'n persoon wat net een risikofaktor het (Gordon & Gibbons, 1991 :209). Indien 'n persoon drie risikofaktore het verhoog dit sy risiko vir die ontwikkeling van koronCre hartvatsiekte 16 keer (Gordon & Gibbons, 1991:210). Dit sou dus beteken dat 'n persoon met 'n cholesterolkonsentrasie van 10.34rnrn01.1-~, 'n laer koronCre risiko het as 'n persoon met 'n cholesterolkonsentrasie van 6.72mmol.l-l, maar 30 sigarette per dag rook. Indien die negatiewe patrone en neigings van die risikofaktore nie gereeld gemonitor en reggestel word nie, kan dit die dood tot gevolg
he
(Gordon & Gibbons, 1991:210). Vervolgens word koronQe risikofaktore wat verander kan word verder bespreek.2.3.1 KoronQre risikofaktore wat verander kan word
Vir die doe1 van hierdie studie gaan daar slegs gefokus word op die koronke risikofaktore soos aangetoon in die korontre risiko-indeksvraelys van Bjiirstrom en Alexiou (1978:521), wat in die studie gebruik is en we1 verander kan word.
Totale cholesterolkonsentrasie:
'n Verhoogde serum totale cholesterolkonsentrasie is een van die primtre risikofaktore vir die ontwikkeling van aterosklerose en koron&e hartvatsiekte (Assmann et al., 1998:2). Die ACSM (2006:45) klassifiseer 'n totale cholesterolkonsentrasie van 1 200mg. dl-' as ideaal, 200
-
239mg. dl-' as matig hoog en 3 240mg. dl-' as hoog. Gordon en Gibbons (1991 :212) het reeds in die 90's beweer dat 'n totale cholesterolkonsentrasie van 200mg. dl-' (5.17mmol-I-') of minder as die ideaal beskou kan word. 'n Waarde van 230mg.dl-I (5.94 mmol.1-l) verhoog die risiko vir 'n hartaanval tweevoudig, tenvyl 'n persoon met 'n waarde van 300mg.dl-I (7.7 mrnol-1-l) 'n vier keer groter moontlikheid vir 'n miokardiale infarksie vertoon (Gordon & Gibbons, 1991 :212). The Cleveland Clinic [WEB:]http: www.webmd.com /content/pages/9/1675-578 15 [Date of access:24 October 2006) het in die verband gevind dat die risiko vir koronCre hartvatsiekte verlaag kan word deur die serumtotale cholesterolkonsentrasie te verlaag. Die resultate van die studie dui daarop dat 'n 1% verlaging in totale cholesterol gepaard gaan met 'n 2% verlaging in die moontlikheid van 'n miokardiale infarksie. Gordon en Gibbons (1991:213) is dit eens dat verhoogde cholesterolkonsentrasie een van die primere koronCre risikofaktore is en meen in die verband dat indien 'n persoon geen risikofaktore onderlede het nie, maar 'n konstante verhoogde laedigdheidlipoproteiene-cholesterolkonsentrasie (LDL-C) het, dit genoegsaarn is vir die ontwikkeling van koronCre hartvatsiekte. Assmann et al. (1998:2) maak die stelling dat verhoogde laedigdheidlipoproteiene-cholesterolkonsentrasie (LDL-C) en 'n lae hoedigdheidlipoprotiene-cholesterolkonsentrasie (HDL-C) noue verwantskappe toon met verhoging in kardiovaskul&re morbiditeit en mortaliteit. Barth (1995:849) meen dat 'n verhoging in ho~digdheidlipoprotei'ene-cholesterolkonsentrasie (HDL-C) die vooruitgang van aterosklerose asook sy kliniese manifestasie kan vertraag. Durstine et al. (2003: 142) meen dat verhoogde cholesterol- sowel as die verhoogde trigliseriedvlakke 'n risiko inhou vir die ontwikkeling van koronCre hartvatsiekte. Gordon en Gibbons (1 99 1 5 3 ) toon aan dat trigliseriedkonsentrasie hoofsaaklik dieet-venvant is. Laasgenoemde navorsers is dit eens dat verhoogde trigliseriedkonsentrasie met verhoogde risiko van koronere hartvatsiekte geassosieer kan word.
Coetzee (1 999: 16) in sy navorsing op voorkoms van veranderbare koronere risikofaktore onder manlike topbestuurders in Suid-Afiika, toon aan dat slegs 35% van die 176 proefpersone normale totale serurncholesterolkonsentrasies (<5.2mrnol.l-I) gehad het tenvyl 21% 'n matige risiko (5.68 & 1.23 mmol.1-l) en 42.4% 'n hoe risiko (>6.0rn1nol.l-~) getoon het.
'n Ander risikofaktor wat tans ook beskou word as 'n oorsaak vir verhoogde risiko vir koronere hartvatsiekte, is homosistei'en. Holford en Braly (2003:43) voer aan dat verhoogde homosistei'envlakke in die bloed die selwand beskadig en sodoende die aterosklerotiese proses bevorder. Homosiste'ienkonsentrasie as 'n risikofaktor vir werknemers in die korporatiewe sektor is nie in hierdie studie nagevors nie en verdere navorsing in hierdie verband is nodig.
Obesiteit:
Obesiteit is 'n toestand wat ontstaan as gevolg van oormatige akkurnulasie van liggaamsvet (Abate, 2000: 154). Durstine et al. (2003: 149) gee aan die hand dat obesiteit gediagnoseer kan word sodra 'n man meer as 25% liggamsvet het of 'n dame meer as 32% liggaamsvet het. Ehrman et al. (2003:153) beweer in die verband dat die meeste wetenskaplikes die liggaamsmassa-indeks, wat bereken word deur 'n persoon se gewig (uitgedruk in kilogram) te deel dew sy of haar lengte (uitgedruk in meter) gekwadreer, as 'n siftingsmetode om obesiteit te bepaal, erken. Laasgenoemde navorsers toon aan dat 'n persoon met
'n
liggaarnsmassa- indeks van meer as 30 (kg.m7), obees is. Abate (2000:154) meen dat persone wat obees is, meer vatbaar is vir die ontwikkeling van siektetoestande soos hipertensie, diabetes en hipercholesterolemia, wat op hulle beurt weer die ontwikkeling van koronere hartvatsiekte kan verhoog. Volgens Gordon en Gibbons (1991:253) plaas 'n ekstra massa van 450g liggaamsvet 'n addisionele las op die hartspier gelykstaande aan die werksverrigting om die bloed deur 'n addisionele 1,5krn bloedvate te pomp. Laasgenoernde outeurs meen dat hierdie ekstra las op die hartspier kan veroorsaak dat obesiteit aanleiding gee tot hartversaking.Wallace (2003: 149) toon aan dat voorkoms van obesiteit in Amerika in so 'n mate toegeneem het dat die "American Heart Foundation" obesiteit ook as 'n primere faktor vir die ontwikkeling van koronere hartvatsiekte verklaar het. Laasgenoemde outeur voer verder aan dat 35% van alle mans en 33.2% van alle dames in die Verenigde State in 1999 oorgewig was, onderskeidelik 'n 14% en 19% verhoging in vergelyking met die getalle in 1995. Bogenoemde verklaring dew die "American Heart Foundation" het ook die grondslag gelC vir die "Centers for Disease Control" om diabetes as 'n epidemie te verklaar aangesien obese persone meer geneig is tot diabetes. Coetzee (1999:17) beweer dat slegs 20.4% van die topbestuur in Suid-Afrika 'n lae liggaamsvetpersentasie ( 4 5 % ) het, tenvyl 24.9% 'n gemiddelde liggaamsvetpersentasie (15-20%), en 23,8% 'n bogemiddelde liggaams- vetpersentasie (21
-
25%) getoon het. Laasgenoemde outeur toon verder aan dat 25% van topbestuur in Suid-AIXka obees (>25% liggaamsvet) is.Alhoewel oormatige liggaamsvet erken word as 'n risikofaktor, is dit veral die interaksie met ander risikofaktore (hipertensie, diabetes en verhoogde serumcholesterolvlakke) wat die
risiko vir die ontwikkding van koronere
hartvatsiekte verhoog
(Gordon
CQGibbons,
1991 :209-217). Abate (2000: 155) meen dat daar nie
'n
stak verband tussen liggaamsvet
en diegraad
van aterodderoseis
niemaar is
dit e n s dat obese individue meer geneig is tothipertensie, diabetes en vehoogde serumlipiedvlakke wat
aanleiding gee tot die
ontwikkeling
van
koronCre
hartvatsiekte. Navorsing op Suid-Afkkaause mansen dames
watmiddellyf
omtrekke van 2102crn
virmans
en >8&m vir vrouens gebruik het as kriteria om obesiteitaan
te
toon,
beweer datrniddellyf omtrekke p t e r
as die genoemde waardes geassosieer word met kortasemigheid tydens trappeHim,
t i pII diabetes,
moeiteom
aan fisieke
da@akvm~isteste
voldoen, amok
'n
gxoter voorkoms van koronk risikofaktore [WEB:]http:f/wmv.doh.gov.za/facts/l998/sadhs98[Date
of access: 6 Oktober 20051.Gemeet
0 -
1
I I I !'.
" + .(:, Swart Kleurllng Blanke Asigr Swart Kleurllng Blanke As~er< .
.
. - ..>
mans mans mans mans vroue vroue vroue vroueFiguur
2 3
Vergelyking vanobesiteit
(watgemeet
en gerapporteer
is)onder
Suid- Afrikaanse mansen
damesUit Figuur 2 2 .
biyk
dit dat obesiteit die meeste voorkom onder blankmans,
swarten
blankvroue. Dit blyk verder dat slegs kleurling en blanke vroue se gerapporteerde liggaamsamestelling ooreen stem met hul getoetste profiele tenvyl die oorblywende groepe se persepsie was dat hulle nie obees is nie.
Die Suid-Afiikaanse Mediese Navorsingsraad
[WEB:]http://www.health24.com/hypertension
[Date of access: 28 Oktober 20051 voer aan dat Suid-Afiika op pad is om die land met die hoogste voorkoms van oormassa en obesiteit wereldwyd te word as gevolg van verstedeliking en die aanvaarding van Westerse eetgewoontes wat hoog in versadigde vette is. Die Suid- Afiikaanse Mediese Navorsingsraad
[WEB:]http://www.health24.com/hypertension
[Date of access: 28 Oktober 20051 toon ook aan dat 45% van alle Suid-Afrikaners oor die ouderdom van 15 jaar oormassa is, tenvyl 20% obees (liggaamrnassa-indeks > 30 kg.m7),) is. Hulle toon verder aan dat 56% van Suid-Afiikaanse dames-, en 29% van Suid-Afiikaanse mans, oormassa is. Ten opsigte van obesiteit in die korporatiewe sektor toon Coetzee (1999:17) aan dat meer as die helfte (54 %) van die proefpersone, obees was.Hipertensie:
Gordon (2003:76) beweer dat hipertensie 'n probleem is in die meeste Westerse lande tenvyl Coetzee (1 999: 17) van mening is dat hipertensie die mees algemene kardiovaskulgre siekte is. Hy toon verder aan dat bloeddrukwaardes van meer as 140190mmHg as hipertensief beskou kan word en geassosieer word met verhoogde risiko vir korongre hartvatsiekte. Gordon (2003:76) meen dat die risiko vir korongre hartvatsiekte en beroerte progressief toeneem namate sistoliese en diastoliese bloeddrukwaardes toeneem. Laasgenoemde outeur toon verder aan dat 95% van persone tussen die ouderdom van 18 en 65 jaar wat as hipertensief geklassifiseer is in die 1997 verslag van die "Joint National Committee on Prevention,
Detection, Evaluation and Treatment of Hipertention" geen identifiseerbare oorsaak van
hipertensie gehad het nie, en skryf dit toe aan verhoogde perifere weerstand. He
[WEB:]http://www.health24.com/hypertension[Date
of access: 28 September 20051 toon aan dat op meeras
700 000 proefpersone wgreldwyd, ongeveer 1 biljoen mense wgreldwyd hipertensief is en dat die syfer by verwagting teen 2025 tot ongeveer 1.56 biljoen kan verhoog. Laasgenoemde outeur meen dat hipertensie die hoofoorsaak vir hartaanvalle en beroertes is en vir 30% van alle oorsake van mortaliteit wereldwyd verantwoordelik is.Crackel (2004:20) beweer dat hipertensie kan lei tot 'n hartaanval, hartversaking, nierversaking, beroerte en vroee dood. Hy voer verder aan dat werknemers dikwels nie van hipertensie bewus is nie, aangesien dit nie noodwendig met daadwerklike simptome gepaard gaan nie. Bove en Sherman (1998: 45-53) beskryf hipertensie as die "stil siekte" wat nie noodwendig in daadwerklike sirnptome manifesteer nie en daarom is dit belangrik dat die evaluering, bewusmaking, voorkoming en behandeling daarvan hoe prioriteit geniet. Laasgenoemde outeurs assosieer verhoogde bloeddrukwaardes ook met 'n toename in die voorkoms van kardiovaskul2re mortaliteit en morbiditeit, hoofsaaklik as gevolg van beroerte, hartsiekte of vernouing van die arteries in die liggaam. Reeds in die 80's het Fielding (1 987: 16) aangetoon dat individue met bloeddrukwaardes van 140190rnmHg en hoer, drie keer meer geneig is tot koronere hartvatsiekte, ses keer meer geneig is tot kongestiewe hartversaking en sewe keer meer geneig is om beroertes te kry as persone met 'n nonnale bloeddrukwaarde van 120/80rnrnHg. Gordon (2003:77) beweer dat toename in fisieke aktiwiteit, massa-verlies, verlaagde alkohol-inname, verlaagde sout-innarne en ophou rook, hipertensie kan beheer en selfs uitskakel.
Volgens He [WEB:]http://www.health24.comlhypertension[Date of access: 28 September 20051 is een uit elke ses persone in Suid-Afiika hipertensief. Laasgenoemde outeur doen ook aan die hand dat persone met 'n sistoliese bloeddruk van 120 tot 139mrnHg of 'n diastoliese bloeddruk van 80 tot 89 mmHg pre-hipertensief is en reeds modifikasies aan hul leefstyl moet aanbring om destruktiewe lewenstylgewoontes te elimineer. Ten opsigte van hipertensie in die Suid-Afrikaanse korporatiewe sektor beweer Coetzee (1 999: 1 8) dat 17% van die topbestuur hipertensief was met bloedrukwaardes van meer as 140190rnmHg. Coetzee (1999:18) toon verder aan dat 80.6% van die bestuur normale sistoliese bloeddruk (< 14OmmHg), 1 1,8% grenslyn- (140