• No results found

Rachel Isabella Steyn

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Rachel Isabella Steyn"

Copied!
5
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

RACHEL ISABELLA STEYN

Die Afdeling Geskiedenis van die Nasionale M u s e u m b e s it 'n ryke en in te re s s a n te fo to ve rsa m e lin g oor die geskiedenis van Bloemfontein en die Oranje-Vrystaat. 1982 is die "J a a r van die Bejaarde” en uit ons versameling spreek die lewe van Rachel Isabella (Tibbie) Steyn as 'n treffende voorbeeld van hoe mooi die ouderdom kan wees. Sy w as 'n vrolike en sonnige kind, 'n bekoorlike meisie, 'n stralende moeder, 'n statige presidentsvrou, 'n fiere ouma en 'n kleinood en besieling vir haar volk tot in die gryse ouderdom.

Tibbie Steyn is op 5 M aart 1865 op Philippolis gebore w aar haar vader, ds. Colin Fraser, sy lewe lank predikant van die N.G. Gemeente was. In Oktober 1887 tree sy in die huw elik met advokaat M.T. Steyn, w aarna die egpaar hulle in Bloemfontein vestig. Na Steyn se verkiesing tot Staatspresident van die Vrystaatse Republiek in 1896, het Tibbie as bekwame gasvrou talle hooggeplaaste besoekers op waardige wyse ontvang en onthaal. Saam met haar eggenoot het sy die spanningsvolle maande gedurende die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) deurgemaak. Na die vre d e slu itin g in 1902, toe haar gesondheid veel te wense oorgelaat het, het sy op eie inisiatief die President na Europa geneem vir behandeling van die toenemende verlam m ing w at by hom ingetree het. Na 'n langsame herstel het president Steyn en Tibbie na hulle terugkoms in Suid-Afrika, hul op Onze Rust gevestig. Hier het sy talle besoekers en hooggeplaastes w at president Steyn as die vertroude raadsman kom spreek het, met gulhartige gasvryheid en kenmerkende vriendelikheid ontvang. In 1907 het die eer haar te beurt geval om die eerste v o o rs its te r van die O ran je -V ro u e ve re n ig in g (O.V.V.) te word.

Groot was Tibbie se droefheid toe haar man haar in 1916 ontval. Sy verdwyn egter nie op die agtergrond nie, maar het intens saam met die gebeure in die Afrikaanse Volksgeskiedenis geleef en steeds die volgehoue agting en erkenning van die volk w at sy gedien het, geniet. Sy tree by verskeie openbare geleenthede open is n waardige ambassadeur vir haar land. In 1 948 is sy op besondere wyse vereer toe sy as uitengewone gesant deur die regering na

'n Vrolike en sonnige kind. (foto. Nasionale Museum)

Nederland afgevaardig is vir die kroning van prinses Juliana. In dieselfde jaar is sy tydens 'n groot Volksfees in Bloemfontein deur die regering gehuldig vir haar toewyding en diens aan haar volk.

Op 3 Januarie 1955 is die verfynde en blymoedige Tibbie oorlede. Haar biograaf, Nellie Kruger, bring hulde aan hierdie merkwaardige vrou as sy getuig:

"D ie lewe het haar beproef en sware lesse geleer, maar sy het die lesse om gew erktot 'n innerlike krag w a a ru it vriendelikheid en w e lle w e n d h e id s tra a l. Sy ken geen bitterheid en geen verwyt nie; sy tob nie oor w at verby is nie. Elke dag is vir haar 'n nuwe dag, w a t sy nie uit verveling verby wens nie, maar gebruik om haar belangstelling te voed. Daarom kan sy nooit 'n ou mens w ord nie. Die toekoms bly haar lok.” ©

(2)

'n Bekoorlike meisie. (foto: Nasionale Museum)

'n Statige presidentsvrou. (foio Nasionale Museum)

(3)

In Europa.

Agter: Cornell's du Preez, Gordon Fraser, Colin Steyn;

Middel: Hannah Steyn, mej. Hannie Richter, pres. M.T. Steyn, mev. /?./. Steyn, Gladys Steyn; Voor: Tibbie Steyn, Emmie Steyn.

(4)
(5)

'n Waardige ambassadeur. (foto Nasionale Museum)

Ontmoeting in 1947 tussen mev. Steyn en koning George VI van Engelandaan huis van haar seun. Colin Steyn, in Bloemfontein

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Op deze manier zullen er grotere verschillen zijn tussen deelnemers in de mate van cognitief functioneren, waardoor cognitieve veroudering beter meetbaar wordt.. Ook zou een andere

Op basis van de gevonden resultaten zou kunnen worden geconcludeerd dat er geen evidentie is voor een verandering van de invloed van ADHD op het episodisch geheugen met

In het onderzoek van Bedford (in press) bleek dat de attention-bias naar slaap gerelateerde stimuli na de training ook niet was gedaald en bleek dat mensen na de training

Olsson (2002) criticized Shogenji’s measure for being specificity sensitive. If a coherence measure is specificity sensitive, the degree of coherence of a set would be bounded by

This is done by elaborations of the concepts Supply-Chain Accountability and Maximum Sustainable Yield, whilst considering the dimensions of International

Kahneman and Tversky (1974, 1979 &, 1986) demonstrated the way human form decisions might depart from assumptions of standard economic theories. They started their research

For the metLOC metric the high risk level value range is thought to represent source code which will probably benefit from being refactored however some framework components have

Ook hier geldt echter dat de relatie tussen aankoopintentie en berichtgeving over financiële bonussen alleen indirect zichtbaar is: de aankoopintentie van consumenten is