• No results found

Die Nasionale Museum van St. Georgestraat na Wardenplein

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Die Nasionale Museum van St. Georgestraat na Wardenplein"

Copied!
2
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

DIE NASIONALE MUSEUM

van St. Georgestraat na Wardenplein

Die stigtingsvergadering van die Nasionale M useum is op 20 Julie 1877 in die stadsaal van B l o e m f o n t e i n o n d e r v o o r s i t t e r s k a p van hoofregter F.W. Reitz gehou. Op 20 Mei 1878 is die Museum, w a t vir die volgende 36 ja ar in die historiese Raadsaalgeboutjie in St. Georgestraat gehuisves sou w ord, am ptelik deur president J.H. Brand geopen. In 1906 is 'n spesiale komitee aangestel om die omstandighede w a arin die M useum verkeer te ondersoek. Hierdie komitee het bevind dat die bestaande museumgebou te klein en heeltemal ontoereikend w as om die versameling te huisves. Die stadsraad van Bloem fontein het die westelike gedeelte van W ardenplein, agter die biblioteek, geskenk vir die oprigting van 'n nuwe museum, 'n Bedrag van £12 0 00 (R24 000) is op die 190 7-1908 b e g r o t i n g d e u r di e r e g e r i n g v a n di e O ranjerivierkolonie vir die bou van die Museum beskikbaar gestel. In hierdie stadium het die oorgang van die O ranjerivierkolonie vanaf 'n kro o n ko lo n ie na 'n selfregerende kolonie plaasgevind en die bou van die M useum is as gevolg hiervan uitgestel — die eerste in 'n lang reeks vertragings w a t die oprigting van die nuwe M useum in die wiele sou ry.

'n Boukommissie bestaande uit verteenwoor- digers van die ORK-regering, die stadsraaden die m useum kom itee het deur m iddel van 'n kompetisie planne vir die bou van die nuwe museum aangevra. In totaal is 34 ontwerpe voorgele w a t die kommissie met behulp van dr. L.A. P6ringuey, d ire kte u r van die S u id -Afrikaanse M useum in Kaapstad, beoordeel het. Die ontw erp van die Kaapstadse argiteksfirm a, Hawke & M cKinlay, is met die eerste prys van £ 1 0 0 (R200) bekroon.

Die bekroning van Hawke & M cK inlay se ontw erp het egter nie by alm al byval gevind nie en 'n petisie is opgetrek w a arin versoek is dat 'n lys van agt ontwerpe weer v ir oorweging voorgele moes w ord. Die ondertekenaars van die petisie w as ook ontevrede omdat die kompetisie nie slegs tot argitekte van die O ranjerivierkolonie beperk is nie. Die koloniale sekretaris het egter hul besware verwerp en daarop gewys dat die

D .A . v.d. Bank

/ \

Dr. H u g h Exton, eerste e re -k u ra to r van die N asionale M u s e u m (1 8 7 7 -18 8 8 ). H y w as ook 'n geneesheer, geoloog en voorsitter van die S u id -A frik a a n s e Mediese Vereniging.

prysgeld reeds uitbetaal is.

As gevolg van die O ranjerivierkolonie se swak finansiele posisie is daar in 1908 besluit om nie voort te gaan met die bouplanne nie. Hierdie stand van sake het tot 1910 voortgeduur. Na U niew ording in 1910 is die Nasionale Bank van die O ranjerivierkolonie deur die Nasionale Bank van S u id-A frika oorgeneem. Aangesien die ORK- r e g e r i n g di e g r o o t s t e a a n d e e l h o u e r i n eersgenoemde bank was, is hulle gedeelte van die opbrengs uit hierdie transaksie gebruik om 'n aantal openbare projekte af te handel en 'n bedrag van £15 0 0 0 (R30 000) is vir 'n nuwe museumgebou beskikbaar gestel.

Hawke & M cK inlay w a t in daardie stadium besig w as met die oprigting van die Hooggeregshof in Bloemfontein, het versoek dat die museumprojek ook aan hulle toevertrou moes word. Sover egter uit beskikbare planne en korrespondensie afgelei ka n w ord, is dit onder toesig van die Departement van Openbare Werke gedoen.

Die hoeksteenlegging is op 13 Desember 1911 deur die eerste adm in istra teu r van die Vrystaat, dr. A.E.W. Ramsbottom, waargeneem. Ander sprekers by die geleentheid w as dr. B.O. Kellner (sedert 1888 ere-kurator in die plek van dr. H. Exton), die burgemeester en dr. J. Brill, 'n

(2)

Tydelike verhoog is opgerig en die terrein is met vlae en vlagdoek versier. Die drukkende hitte en

'n st of st or m het egter verhoed dat die

h o e kste e n le g g i ng d e u r 'n g r oot a a n t a l belangstellendes bygewoon is.

Dit is interessant om daarop te let dat die naam

Nasionale M useum ingevolge n kom iteebesluit

van 4 Junie 1910 verander is na Oranje

V rijstaats M u se u m /O ra n g e Free State M useum .

Hierdie naam het blykbaar nooit inslag gevind nie en mettertyd is die naam Nasionale M useum weer in ere herstel.

Die bouwerk aan die-nuwe Museum is teen die einde van M aart en die begin van A p ril 1913 voltooi en op 14 A p ril het die komitee vir die eerste keer in die nuw e gebou vergader. Die voltooide gebou moes egter vir ongeveer 21 maande leegstaan, omdat die komitee nie oor voldoende fondse beskik het om die versameling oor te plaas en om die nodige uitstalkaste aan te skaf nie. Op 4 Januarie 1915 is die Museum a m p t e l i k d e u r di e v o o r s i t t e r v a n di e m useunkom itee, in daardie stadium dr. Kellner geopen. Die opening w a t sonder enige toesprake of seremonie plaasgevind het, is slegs deur enkele besoekers, w aaronder die komiteelede en dr. Ramsbottom en sy gesin, bygewoon.

BIBLIOGRAF1E

ARNDT, E.H.D. Banking and currency development in South A frica (1652-1927). Cape

Town: Juta. 1928. De Express, 26 Julie 1877.

Nasionale M useum. Notules 1907-1915. Nasionale M useum . Plan no 1 4 0 9 /2 ; 1 4 0 9 /3 .

The B loem fontein Post. 13 Desember 1911; 13 Augustus 1912. The Friend, 13 Desember 191 1. 5 Januarie 1915.

Vrystaaise Argiefbewaarplek. Colonial S e cretary.C /S 1 2 3 6 /6 /0 6 ; 1 2 3 6 /7 ; 1 2 3 6 /9 /0 6 . Vrystaarse Argiefbewaarplek. Provincial A dm inistra tion. P.A. 1 /2 .

B e rn h a rd O tto Kellner, tweede e re -ku ra to r en voorsitter van die m useum kom itee ten tye van die opening van die n u w e gebou. Dr. Kellner, 'n geneesheer, w as ook burgemeester, D uitse k o n s u l en Volksraadslid. CR Ml, MUM l a t. BY ™^0KA5WR ADMINISTRATOR of n I L ' ” ON THI £ 0 F s Decemberl9„

/4 s gevolg van aanbouings m oes die hoekstene u it die m u u r

verwyder word, D it is tans op u its ta llin g in die M useum .

Die n u w e Nasionale M u se u m ko rt na vo ltooing in 1913. Die ita lia a n se teeldak was die eerste van sy so o rt in B loem fontein.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

13 Het luiden van de klok(ken) is gewoonlijk één van de taken van een koster. Als ervan wordt uitgegaan, dat deze eerste klok in 1436 werd opgehangen, moet de toren gedurende

Hy lacht in ons verderf, komt uit, en wilt niet fchroomen : Zulx is voor deczen ook een Kooningh ooverkoomen, DicSalcmsfccptcr drocgh , en met benauwder ziel Ontvliendc in

Tijdens de ontwikkeling en groei van weefsels van de mens komt het soms voor dat aan het eind van de mitose de karyokinese niet gevolgd wordt door een cytokinese?. Hierdoor ontstaat

Bij een virusinfectie ontstaat een cytotoxische T-eel respons die gericht is tegen door virus geïnfecteerde cellen3. Kan er ook een humorale respons tegen in de

Bewering 1: Deze komen frequent voor bij zowel niet-zieke als zieke personen. Bewering 11: Deze hebben kleine effecten bij niet-zieke personen en grote effecten bij zieke

'Lean body mass' en 'Fat free body mass' zijn verschillende termen voor hetzelfde begrip.. Het verschil tussen lean body mass en fat free body mass is de hoeveelheld 'essent ial

De Tweede Kamerleden hebben hun fractie-assistenten en bikkers (bik = bewerktuiging indi- viduele kamerleden). De Senatoren kennen die niet. Erg onbaatzuchtig, want

een vèrgaande controle op o.a. beheersing van het pro- duktieproces alsook de ver- deling van de opbrengst daar- van door de gemeenschap, zijn in de socialistische