• No results found

LYS VAN TABELLE

3.4 METODE VAN ONDERSOEK

3.4.6 DIE ONTWERP EN TOEPASSING VAN VISUEEL-PERSEPTUELE INTERVENSIESTRATEGIEË VIR GRONDSLAGFASE, SOTHO

3.4.6.2 Visueel-ouditief-taktiele fase

Hierdie fase stel die leerder met SG in staat om die alfabet en woorde op ’n konkrete, tasbare wyse uit te druk en die foneme word visueel en ouditief, deur middel van ’n taktiele ervaring, verbind met die grafeme. Sodoende word die geheue vir die verband tussen ’n spesifieke foneem en grafeem versterk. Na aanleiding van die komplekse leeruitdagings van leerders met SG, word die onderrigtaak in kleiner stappe opgebreek. Elke stap moet eers bemeester word voordat daar voortgegaan word na die volgende, meer komplekse stap (Spiegel & McLaren, 2006:156).

Vir die grondslagfase, Sesothosprekende leerders (graad 1 tot 3) word daar by die letter begin wat die meeste in Sesotho voorkom, naamlik ‘m’ (Kok & Botha, 1978; Du Plessis, Gildenhuys & Moiloa, s.a.), gepaardgaande met ’n vokaal, byvoorbeeld ‘e’. Die heel bekendste woord vir elke kind word gebruik om mee te begin, naamlik mme (ma). Elke leerder kry ’n kaartjie met die woord in vergrote letters in drukskrif3 daarop om op die tafel

te hou as verwysing, asook ’n bal speelklei en ’n gelamineerde bord (met breë lyne waartussen groot letters gemaak kan word) om op te werk. Gewone papier kan ook gebruik word ter wille van kostebesparing. Die letter/woord word uitgespreek en met die wysvinger op die kaartjie nagetrek. Hierna rol elke leerder ’n lang wurmpie klei en vorm die letter(s), volgens die voorbeeld op die kaartjie, tussen die lyne op die gelamineerde bord (cf. CD). Wanneer die kleiletter(s) klaar is, trek die leerder dit met die vinger na op die pas

19

gevormde kleiletter(s) en spreek dit harop of sub-vokaal uit. Dan maak die leerder sy4

toe, ‘sien’ die letter/woord in sy gedagtes (cf. 3.4.6.1), ‘skryf’ dit met die voorvinger in die lug/op ’n maat se rug/in sy hand, en spreek die letter/woord hardop uit, sodat hy dit kan hoor. Direk hierna maak die leerder sy oë oop en skryf die letter/woord op papier neer sonder om na die voorbeeld te kyk. Terwyl hy dit doen, spreek hy dit weereens hardop uit en luister doelbewus na die klank/klanke wat by die letter/letters pas. Die leerder met spraakgestremdhede baat hierby, want hy voel die letter/woord met sy vingers en spreek dit sub-vokaal uit, terwyl sy vinger die letter/woord natrek.

Die sukses van sub-vokalisering vir leerders met spraakprobleme is reeds in verskeie studies deur navorsers beskryf (Jorgensen & Dusan, 2010:354; Binsted & Jorgensen, 2006:1-5). In hierdie studie stel sub-vokalisering die fonologiese kringloop in staat om voltooi te word en kan fonologiese bewustheid dus ontwikkel (cf. artikel 2, 2.1). Aangesien die fonologiese kringloop voltooi word deur die uitspraak van die klank wat by die letter pas, kan sub-vokalisering ’n nuttige tegniek vir leerders met spraakprobleme wees om die letter doelbewus in die gedagtes ‘te sien’ en ‘uit te spreek’. Op hierdie wyse word die fonologiese kringloop dan vir hierdie leerders voltooi. Die leerkrag of ’n medeleerder kan die leerder met motoriese gestremdhede, wat nie volle beheer oor sy hande het nie, help deur die kleiwurmpies vir hulle te rol en te help manipuleer om ’n letter/woord te vorm. Leerders kan ook los, klaargedrukte letterkaartjies rondskuif vir dieselfde doel.

Nadat die alfabet op hierdie wyse aangeleer is, word oorgegaan na tweeletter-woorde en stelselmatig na langer woorde, beginnende by woorde in die kind se beleweniswêreld, byvoorbeeld mme (ma) en tae (das). Dit is belangrik dat die beginwoorde wat gekies word, woorde vir konkrete voorwerpe is, aangesien die jong leerder sukkel om sigwoorde met moeilik verklaarbare betekenis, te verstaan, byvoorbeeld le (en), kapa (of) en empa (maar). Vir die visueel-perseptuele intervensiestrategieë wat vir hierdie studie ontwikkel is, kry elke leerder ’n voorbeeld van die woord, mme5, in groot drukskrif op ’n kaartjie om as voorbeeld

op die tafel te hou. Die betekenis van die woord word bespreek, asook die uitspraak. Die

4 Vir die doel van hierdie studie word daar ter wille van bondigheid na die leerder verwys as ‘hy’ (manlike

vorm) in plaas van ‘hy/sy’ (manlike/vroulike vorm).

5Die leerder kan ’n foto of tekening van sy ma, of enige ander prentjie van ’n vrou, bring om langs die woord

20

letters word met kleirolletjies tussen die breë lyne op die werkkaart gevorm en daarna met die vinger nagetrek en hardop uitgespreek. Aangesien die betekenis van woorde belangrik is en dit in die geheue vasgelê moet word (Van den Broek & Kendeau, 2008), kan die leerder ’n kleimodelletjie van ’n woord soos mme (ma) bou, byvoorbeeld ’n vroutjie (cf. CD). Die leerder moet nou sy oë toemaak, die kleiwoord saam met die kleimodelletjie (of foto/prent) in sy gedagtes ‘sien’, die woord met die vinger skryf en hardop uitspreek. Die leerder toets homself om te bepaal of hy die woord ken, deur sonder om na die voorbeeld te kyk, die woord hardop uit te spreek en op ’n stuk papier neer te skryf.

Tydens hierdie fase word daar noodgedwonge meer tyd spandeer aan die vorm van een enkele grafeem en die foneem wat daarby hoort, aangesien die leerder spesifiek moet dink aan die vorm en die volgorde van die klanke in woorde. Hierdie proses bevorder ook die korrekte spelling van woorde, aangesien spellingsvaardighede een van die sleutelkomponente vir akademiese prestasie is (Wanzek et al., 2006:528). Die leerkrag kan ook hierdie metode gebruik om die leerder wat sukkel om te praat en/of te skryf, se spelling te evalueer (cf. artikel 2, 2.7.3).

3.4.6.3 Vasleggingsfase

Die hoofdoel van hierdie fase is om die kennis wat die leerders ingewin het, ter wille van vaslegging te gebruik. Die vasleggingsfase kan oorvleuel met die visueel-ouditief-taktiele fase en word dikwels herhaal, aangesien dit ook deel van hersiening uitmaak. Dit behels verskillende soorte skriftelike oefeninge (cf. CD) waar die leerder die woord tussen ander woorde, of binne sinne moet uitken en die woord moet neerskryf. Die leerders word aangemoedig om die nuwe letters te gebruik om nuwe woorde of klanke te maak en dit neer te skryf. Leerders wat sukkel om te skryf, kan van letterkaartjies gebruik maak om woorde en sinne te ‘skryf’. Die klas kan ook in spanne ingedeel word en kompeteer vir ’n prys, deur te kyk wie die meeste woorde met die letters of klanke wat hulle reeds ken, kan maak.

21