• No results found

TEORETIESE BEGINSELS VIR DIE OPSTEL VAN ’N NUMERIESE ONDERSTEUNINGSPROGRAM VIR

WISSELWERKING VAN KOGNITIEWE EN NEURO-PSIGOLOGIESE FAKTORE IN DIE WISKUNDEPRESTASIE VAN LEERDERS MET

4.8. TEORETIESE BEGINSELS VIR DIE OPSTEL VAN ’N NUMERIESE ONDERSTEUNINGSPROGRAM VIR

LEERDERS MET SEREBRALE GESTREMDHEDE 23

4.9 SAMEVATTING 26

BIBLIOGRAFIE 29

3

LYS VAN FIGURE

BLADSY

Figuur 4.1: Die ‘multi store model’ van Atkinson en Shiffrin beskryf geheue as inligting wat deur ’n sisteem vloei. Inligting word waargeneem deur sensoriese insette en opgeneem in die sensoriese geheue, waarna dit deur die korttermyngeheue gaan waar dit herhaal word. Daarna gaan dit deur die langtermyngeheue, waar dit weereens herhaal en gestoor word. Wanneer die herhaling nie plaasvind nie, gaan die

inligting verlore (McLeod, 2007). 14

Figuur 4.2: Die rol van linguistiese vaardighede vir die ontwikkeling van sleutelgetalle, tel, numeriese konsepte en basiese rekenkundige

4

ARTIKEL 4

WISSELWERKING VAN KOGNITIEWE EN NEURO-PSIGOLOGIESE

FAKTORE IN DIE WISKUNDEPRESTASIE VAN LEERDERS MET

SEREBRALE GETREMDHEDE

ABSTRAK

Die kernoorsaak van numeriese agterstande by leerders met serebrale gestremdhede (SG) word beskryf. Oorsake en eienskappe van diskalkulie as numeriese gestremdheid, die invloed van linguistiese vaardighede op numeriese vaardighede, en diskalkulie as numeriese gestremdheid by leerders met SG, word bespreek. Sig-, gehoor- en spraakgestremdhede by leerders met SG veroorsaak dat daar nie ’n presiese letter/syfer/simbool by die ooreenstemmende klank in die fonologiese kringloop in die werkgeheue gepas word nie. Dus is daar nie ’n duidelike beeld wat na die subvokale repeteringsproses in die fonologiese kringloop kan gaan, sodat dit in die geheue behoue kan bly nie. Dus gaan die begrip van wiskundefeite verlore. Aangesien die fonologiese kringloop vir leerders met SG nie voltooi word nie, word basiese numeriese vaardighede nie ontwikkel nie. Leerders met SG se numeriese vaardighede verbeter dus nie wanneer hulle deur middel van tradisionele onderrigmetodes onderrig word nie. ’n Teoretiese ondersoek van moontlike onderrigmetodes word gedoen ten doel die ontwikkeling van ’n numeriese ondersteuningsprogram vir leerders met SG ter ondersteuning van die fonologiese kringloop en versterking van die visueel-ruimtelike funksie in die werkgeheue. Kleurreekse, visuele beelding en die Davis-strategieë word geïdentifiseer as geskikte onderrigstrategieë vir die ontwikkeling van die numeriese ondersteuningsprogram vir leerders met SG.

Sleutelwoorde: serebrale gestremdhede, diskalkulie, fonologiese kringloop, visueel-

5

ABSTRACT

The root cause for the numerical disabilities of learners with cerebral palsy (CP) is described. Causes and properties of dyscalculia as numerical disability, the influence of language skills on numeracy skills, and dyscalculia as numeracy disability of learners with CP are discussed. Vision, hearing and speech disabilities in learners with CP is the cause that there is no exact letter/number/symbol to match the corresponding sound in the phonological loop. The result is that no clear image is sent to the subvocal repetition store in the working memory to be retained in the memory. Therefore, comprehension for mathematical facts is lost. Since the phonological loop in the working memory for learners with CP is not completed, basic numerical skills are not developed. Learners with CP's numerical skills do not improve when taught by means of traditional teaching methods. A theoretical investigation is made of possible teaching methods with the aim to develop a numerical support programme for learners with CP in order to support the phonological loop and strengthen the visual-spatial function in the working memory. Colour sequences, visual imagery and the Davis strategies are identified as suitable teaching strategies to compile a numerical support programme for learners with CP.

Keywords: cerebral palsy, dyscalculia, phonological loop, visual-spatial function,

6

4.1 INLEIDING

Serebrale verlamming is ’n nie-progressiewe ontwikkelingsversteuring as gevolg van ’n breinbesering tydens die voorgeboortelike tydperk, geboorteproses en tydperk na die geboorte van die baba, met gevolglike motoriese en kognitiewe versteurings (Courbois, Coello & Bouchart, 2004:226). Navorsers postuleer dat 78% van die leerders met leer- en fisiese gestremdhede, soos leerders met serebrale gestremdhede (SG)1, numeriese

probleme ervaar, terwyl net 69% van hierdie selfde groep leerders leesprobleme ervaar (Jenks, De Moor, Van Lieshout, Maathuis, Keus & Gorter, 2007:862). Die veld van numeriese gestremdhede is egter kompleks en navorsing hieroor in vergelyking met navorsing oor lees en skryf, is verreweg in die minderheid (McKenzie, Bull & Gray, 2003:93; Farmer, Riddick & Sterling, 2002:3; Hein, Bzufka & Neumärker, 2000:87). Hierdie feit word ondersteun deur navorsers wat beweer dat daar meer leerders met numeriese agterstande, as leerders met leesgestremdhede is (Jenks, De Moor & Van Lieshout, 2009:824; Jenks et al., 2007:862) en dat diskalkulie (as spesifieke numeriese gestremdheid) net soveel voorkom as disleksie (as spesifieke linguistiese gestremdheid), maar dat daar minder navorsingsresultate oor diskalkulie beskikbaar is (Silver, Ring, Pennet & Black, 2007:847).

In die literatuur word numeriese probleme deur middel van verskillende terme deur navorsers beskryf, onder andere as developmental dyscalculia (Butterworth, 2003:2; Davis, 2003:9); acquired and developmental dyscalculia (Geary & Hoard, 2001:635); mathematics

disabilities (Bryant, Bryant, Gersten, Scammacca & Chavez, 2008:20; Geary, 1993); arithmetic disability (Geary & Hoard, 2001:635); number fact disorder (Temple &

Sherwood, 2002); en psychological difficulties in mathematics (Allardice & Ginsburg, 1983). Hierdie verskillende beskrywings maak dit moeilik om ’n spesifieke numeriese gestremdheid te identifiseer, as gevolg van die oorvleueling van die verskillende tipes numeriese gestremdhede (Wadlington & Wadlington, 2008:1). In sommige gevalle

1Vir die doel van hierdie studie word daar vir die frase ‘serebrale verlamming en leergestremdhede’ verwys

7

bemoeilik die gelyktydige voorkoms van numeriese- en linguistiese gestremdhede ook die identifikasie van ’n spesifieke soort numeriese gestremdheid. Aangesien die meeste diagnostiese kriteria die term ‘ontwikkelingsdiskalkulie’ (developmental dyscalculia) vir numeriese gestremdhede met eienskappe van diskalkulie gebruik, is hierdie term2 die

beste beskrywing vir die numeriese gestremdheid van leerders met SG (Shalev, 2004:765).

Volgens navorsingsgegewens het leerders met SG meer beduidende numeriese agterstande wanneer hulle met leerders van hul ouderdom vergelyk word (Van Rooijen, Verhoefen & Steenbergen, 2012). Hoofsaaklik is die numeriese agterstande wat by leerders met SG voorkom die gevolg van die wanprosessering in die werkgeheue van getalgrootte, getalbegrip, getalfeite, begrip van numeriese syfers/simbole en basiese wiskundeprosedures en –woorde (Landerl, Bevan & Butterworth, 2010b:34; Baroody, Bajwa & Eiland, 2009:69; Emerson & Horner, 2008:1; Butterworth, 2003:3) en is enige laer- orde wiskundige prosesse, selfs die hoofbewerkinge soos optel, aftrek, deling en vermenigvuldiging (+, −, ×, ÷), buite hulle bereik (Butterworth, 2003:6). Sonder die regte ondersteuningsprogram wat daarop gerig is om die fonologiese kringloop en visueel- ruimtelike funksie te ondersteun, sal hierdie leerders min of geen vordering op wiskundige gebied toon nie en word die numeriese gestremdheid al groter (Mancil & Maynard, 2007:24).

Navorsers postuleer dat ’n linguistiese gestremdheid ’n negatiewe uitwerking op numeriese agterstande het (LeFevre, Fast, Skwarchuk, Smith-Chant, Bisanz & Kamawar, 2010:1753; Simmons & Singleton, 2008:85) aangesien taal deur die jong leerder gebruik word om abstrakte begrippe van wiskunde te verstaan (Butterworth, 2010:534-541). In die voorafgaande arikels is reeds aangevoer dat dit vir SG leerders met sig-, gehoor- en spraakgestremdhede onvermydelik is dat die onderbreking van die fonologiese kringloop linguistiese agterstande gaan veroorsaak. Cain, Oakhill en Bryant (2004:40) het bevind dat as gevolg van ’n onvermoë om foneem-grafeem-ooreenkomste te ontwikkel, dit onmoontlik sal wees om fonologiese bewustheid en prelinguistiese vaardighede wat nodig is vir latere

2 Ter wille van bondigheid, word daar in hierdie artikel na die term ‘ontwikkelingsdiskalkulie’ verwys as

8

geletterdheidsvaardighede, te ontwikkel. Leerders met SG het dus ’n dubbele kognitiewe agterstand ten opsigte van 1) numeriese prosessering (diskalkulie) en 2) linguistiese vaardighede.

Hierdie studie word begrond op die Multiple Cognitive Deficit Model soos dit deur Pennington (2006:385) voorgestel word. Pennington het die model beskryf om beter begrip van ontwikkelingsagterstande, soos diskalkulie, disleksie en ook die leergestremdhede van leerders met SG, te vorm. In die literatuur word ook verskillende soorte diskalkulie geïdentifiseer, byvoorbeeld ontwikkelingsdiskalkulie of visueel-ruimtelike diskalkulie (Kaufmann, Vogel, Wood, Kremser, Schocke, Zimmerhackl & Koten, 2008:376). Hierdie model van Pennington maak voorsiening vir vier vlakke van analise: etiologies; neuraal; kognitief; en simptomaties, en maak dus voorsiening vir ’n wye reeks faktore wat betrokke kan wees by ’n leergestremdheid. Volgens Pennington (2006:386) en Shalev (2004:765) ontstaan ontwikkelingsagterstande juis uit ’n verskeidenheid faktore wat mekaar oorvleuel, soos swak onderwys, neurologiese hindernisse, omgewingsdeprivasie en ’n vrees vir wiskunde.

In aansluiting by die model van Pennington, word hierdie artikel voorts ook begrond op die eko-sistemiese tipe benadering van Morton en Frith (1995) en Bronfenbrenner (2005), wat in sekere opsigte baie ooreenstem. Hierdie benaderings wys op die interafhanklikheid van intrinsieke en ekstrinisieke versperrings tot leer en die voortdurende interaksie tussen die betrokke faktore. Binne die ekosistemiese benadering word gefokus op die intrinsieke kognitiewe en neuropsigologiese funksionering van leerders met SG, sowel as die voordurende interaksie met die omgewing. Die opvoedkundige omgewing waar hierdie leerders hulle tans bevind, dra by tot hul dilemma, aangesien die onderrigsituasie, waar leerkragte nie voldoende opgelei is nie, nie voldoen aan hul behoeftes nie (Hay, Smit & Paulsen, 2001).

9

4.2 PROBLEEMSTELLING EN NAVORSINGSVRAE

Navorsers is dit eens dat ’n gebrek aan getalbegrip by die jong leerder die begin van ’n numeriese gestremdheid beteken (Jenks et al., 2009:831; Peeters, Verhoeven, Van Balkom & De Moor, 2008:76; Hanley, 2005:347). Leerders wat met SG gediagnoseer is, het ’n groter risiko om probleme ten opsigte van hulle werkgeheue en uitvoerende funksie te ondervind (Shalev, 2004:765; cf. artikel 2, 2.1) en gevolglik ten opsigte van hulle numeriese vermoëns (Jenks et al., 2009:824).

Leerders met SG het probleme in hul werkgeheue ten opsigte van die onvoltooide fonologiese kringloop as subfunksie in die werkgeheue, met gevolglike taal- en numeriese agterstande. Hierdie leerders kan egter ook probleme ten opsigte van ruimtelike prosessering in die tweede subfunksie in die werkgeheue, die visueel-ruimtelike funksie, ervaar (Shalev, 2004:765). Tradisionele onderrig – die mees algemene keuse vir onderrig in die klaskamer – is ongewens vir leerders met SG, omdat hul kognitiewe ontwikkeling nie dieselfde roete volg as die algemene leerders wat goed vaar onder tradisonele onderrig nie. Gevolglik maak hulle nie vordering op die gebied van numeriese ontwikkeling nie en lei dit tot onnodige frustrasie vir die leerders en leerkragte. Voordat die oorsake van die spesifieke numeriese gestremdheid van leerders met SG nie deur die gepaste ondersteuningsprogram aangespreek word nie, sal geen tradisionele intervensie enige verbetering by hierdie leerders teweeg bring nie.

Diskalkulie as numeriese gestremdheid by leerders met SG het vele uitdagings in die klaskamer. Tans bestaan daar nie ’n numeriese ondersteuningsprogram wat spesifiek ontwikkel is om die oorsake van numeriese gestremdhede by leerders met SG suksesvol aan te spreek nie, terwyl leerkragte nie bemagtig is ten opsigte van die ondersteuning van die spesifieke leergestremdhede van leerders met SG nie (Emms & Gardner, 2010:19).

Na aanleiding van bogenoemde bespreking, sal die volgende navorsingsvrae deur middel van ’n uitgebreide literatuurstudie bespreek word.

10

• Wat is die oorsake en eienskappe van wiskundegestremdhede en spesifiek diskalkulie?

• Watter implikasie kan die oorsake en eienskappe van hierdie wiskundegestremdhede (diskalkulie) vir leerders met SG hê, met spesifieke verwysing na uitvoerende funksie?

• Hoe word die neuropsigologiese en kognitiewe funksionering van leerders met SG bespreek, deur spesifiek te verwys na die werking van die uitvoerende funksie; leerders met SG se informasieprosessering; die interaksie tussen taal-, linguistiese en numeriese vaardighede; hul motoriese ontwikkeling en die effek daarvan; leerders met SG se visueel-perseptuele en visueel-ruimtelike vermoëns; asook hul leer- en geheue-uitdagings?

• Watter moontlike didaktiese riglyne en alternatiewe numeriese ondersteuningsmetodes kan geïdentifiseer word vir die verbetering van die numeriese gestremdhede van leerders met SG?