• No results found

ekspressiewe en relasionele boodskappe 2.1 Inhoud

2. Analise van die agtien nuusbriewe

2.6 Teks ses Die grondwet 1 magsmisbruik

2.6.1 Die ekspressiewe boodskap van Helen Zille

A. “Die ANC het ‘n tweeledige strategie gehad: Eerstens was dit ‘n poging om die veelparty-koalisie in Kaapstad te verdeel sodat die ANC die Stad weer kon terugwen.” (paragraaf 4 en 5)

Geïdentifiseerde tendense:

3, 4, 6 en 13

B. “Die ANC het sy nederlaag in Kaapstad nooit aanvaar nie, en die Erasmus-kommissie was bloot nog ‘n (en die mees gesofistikeerde) poging om die DA sonder ‘n verkiesingsproses uit die kussings te lig.” (paragraaf 5)

Geïdentifiseerde tendense:

3, 4, 6, 13, 16 en 18

• Die spreekwoord waarna verwys word, is:” uit die kussings te lig.”

C. “Tweedens was die instelling van die Erasmus-kommissie deel van ‘n strategie om te verhoed dat die DA volgende jaar die verkiesing in die Wes-Kaap wen.” (paragraaf 6)

Geïdentifiseerde tendense:

3, 4 en 13

D. “Ek het vandeesweek gesê die Hof se uitspraak is nie ‘n oorwinning vir net een politieke party of selfs die Stad Kaapstad nie. Dit is ‘n oorwinning vir die Grondwet.” (paragraaf 8)

Geïdentifiseerde tendense:

1, 2, 13, 17 en 19

E. “Omdat ek en die DA (met die Desai-kommissie onuitwisbaar in ons geheues gegrif) geweet het die Erasmus-kommissie is maar net ‘n ongrondwetlike smeerveldtog, het ons dit onversetlik teengestaan.” (paragraaf 9)

Geïdentifiseerde tendense:

1, 3, 4, 12, 13, 16, 18 en 19

Kommentaar:

• Die spreekwoord waarna verwys word, is: “smeerveldtog”.

• Die veglus verwys na Zille wat die “Erasmus-kommissie” “onversetlik” teengestaan het.

F. “Daar is hoofsaaklik op drie gronde kritiek oor ons uitgespreek toe ons die instelling van die Kommissie bestry het. Eerstens het verskeie kolomskrywers, hoofartikelskrywers en satiriese skrywers die DA, die Stad Kaapstad en my persoonlik daarvan beskuldig dat ons die Erasmus-kommissie verwerp omdat ons die waarheid wou wegsteek.” (Paragraaf 12 en 13)

Geïdentifiseerde tendense:

1, 3, 4, 12, 13 en 19

Kommentaar:

• Die veglus verwys na die feit dat die DA die kommissie teengestaan het.

G. “Die groot ironie is dat die enigste persoon waarop daar onwettig gespioeneer is, ek is. Die Erasmus-kommissie het my selfoonrekords onwettig met ‘n lasbrief van Vodacom verkry en aan die ANC oorhandig. Dit was my huis-telefoon waarop daar ten tyde van die Erasmus-kommissie onwettig ingeluister is.” (paragraaf 17)

Geïdentifiseerde tendense:

1, 3, 4, 6, 13, 14, 16, 19 en 21

Kommentaar:

• Die ironie, soos Zille dit self noem, is die verwysing dat sy eintlik “onwettig” op gespioeneer is.

H. “Maar selfs op Woensdag nog het ‘n hoofartikel in Die Burger gelui dat “hoewel Zille reg is (in haar kritiek op Erasmus), is sy ook verkeerd”. Die implikasie is dat my stelling oor Erasmus op die een of ander manier ‘n aanval op die onafhanklikheid van die regbank is.” (paragraaf 21) Geïdentifiseerde tendense: 1, 3, 4, 13, 16 en 19 Struktuur tendense: 23, 24, 25 en 27 Kommentaar:

• In paragraaf sestien noem sy “leggers”, dit is ’n ouderwetse vorm (vanweë die feit dat dit nie gereeld in gesprekstaal voorkom nie) wat die leser kan verwar. Die gebruiklike meervoud is lêers.

• In paragraaf 28 bespreek sy baie onderwerpe wat die betekenis daarvan beïnvloed. Sy bespreek die DA wat nie voor die hof gedaag is soos Zuma nie, oud-president Mbeki se beweerde inmenging in die strafregstelsel, die strafregstelsel. So ’n veelvoud van onderwerpe is te veel temas vir een paragraaf en die aaneenskakeling daarvan is soms verwarrend.

• Paragraaf twee, drie, twaalf, dertien en negentien is almal eensin- paragrawe.

• Bogenoemde bespreking gee aanleiding vir die teks wat deurmekaar voorkom.

2.6.2 Die ekspressiewe boodskap van die DA

1. “Omdat ek en die DA (met die Desai-kommissie onuitwisbaar in ons geheues gegrif) geweet het die Erasmus-kommissie is maar net ‘n ongrondwetlike smeerveldtog, het ons dit onversetlik teengestaan.” (paragraaf 9).

Geïdentifiseerde tendense:

1, 2, 13 en 19

2. “Ons het geweet as ons toelaat dat die ANC sy mag só misbruik, gaan dit ‘n gevaarlike en dalk selfs onomkeerbare voorbeeld vir ons konstitusionele demokrasie stel.” (paragraaf 9)

Geïdentifiseerde tendense:

1, 2, 3, 12, 13, 17, 19 en 21.

3. “Die aantygings teen ons, naamlik van onwettige spioenering, was van die begin af ‘n verdigsel om ‘n dekmantel van legitiemheid oor al die daaropvolgende onwettige en ongrondwetlike bedrywighede te gooi. Net so die leuen dat die Stadsraad betaal het vir ‘n ondersoek wat die

Geïdentifiseerde tendense:

1, 3, 12, 13, 18, 19 en 23

Kommentaar:

• Die spreekwoord waarna verwys word is: “’n verdigsel om ’n dekmantel”.

• Die moeilike woord is “legitiemheid”. Hierdie is ’n ou woord aangesien dit nie meer so volop in Afrikaans voorkom nie.

4. “Ons het al dié punte destyds al gestel, met net ‘n handvol kommentators en joernaliste het dit verstaan. Die meeste het die moontlik dat die DA dié keer aan wangedrag skuldig was, en nie die ANC nie, gretig aangegryp.” (paragraaf 11)

Geïdentifiseerde tendense:

1, 2, 3, 6, 12, 13, 16 en 19

5. “Die eenvoudige rede waarom die Erasmus-kommissie teengestaan is, is omdat ons na ons mening, en by gebrek aan enige aanklagte of bewyse tot die teendeel, niks verkeerd gedoen het nie.” (paragraaf 18)

Geïdentifiseerde tendense:

1, 2, 12, 13, 16, 19 en 21

Kommentaar:

• Die veglus van die DA word uitgebeeld in Zille se uitlating dat hulle die “Erasmus-kommissie” teengestaan het aangesien hulle geweet het daar was nie bewyse nie.

• Hierdie aanhaling is ook affektief, aangesien dit die houding (emosie) van die DA weerspieël.

6. “Magsmisbruik - veral wanneer die ANC dreigende geluide ten opsigte van die Grondwet maak - moet tromp-op geloop word waar dit hom ook al voordoen.” (paragraaf 26)

Geïdentifiseerde tendense:

1, 2, 3, 6, 11, 12, 13, 18 en 22

Kommentaar:

• Hoewel hierdie aanhaling fokus op die negatiewe van die ANC, dui dit ook ’n beeld van die DA dat hulle teen “magsmisbruik” is. So ’n aanhaling het dus ’n positiewe fokus van die DA.

2.6.3 Die relasionele boodskap

a. “Terwyl ons verder beweeg, kan ons bemoedig voel dat ons ‘n Grondwet en ‘n regbank het wat ons in wese teen magsmisbruik deur die ANC beskerm.” (paragraaf 29)

Geïdentifiseerde tendense:

2, 4, 5, 9, 10, 11, 14, 15, 17, 18, 19 en 21

Kommentaar:

• Zille spreek die leser in hierdie aanhaling vanuit ’n hoë magafstand aan en wil sodoende haar posisie as leier gebruik om die leser te bemoedig oor die welstand van Suid-Afrika se regbank.

2.6.4 Bespreking

In hierdie nuusbrief lê Zille weereens klem op haar opinies van die ANC. Hierdie opinies is ook weer negatief en aanvallend. Sy lê ook klem op die positiewe aspekte van haar party.

Hierdie teks het ook baie verwysings na haarself. Sy lê klem op die feit dat sy die slagoffer was van ANC praktyke. Dit kan problematies wees aangesien

dit kan voorkom asof sy die leser wil oorreed om vir haar te stem aangesien sy ook ’n “slagoffer” is. Zille benut as’t ware hierdie stelling baie goed en dit kom nie voor asof sy die slagoffer speel nie.

Min aandag word aan die leser spandeer. Sy bou nie ’n verhouding met haar leser nie. Die rede hiervoor is aangesien sy nie ’n opinie oor haar leser gee nie en die leser uit die teks skryf deur hom/haar voor te sê.

Paragraaf 28 is die enigste paragraaf wat deurmekaar voorkom. Hierdie paragraaf is vol bysinne en die leser verloor die betekenis daarvan. Hierdie punt saam met die hoeveelheid eensin-paragrawe, moeilike woorde en informasie-digtheid veroorsaak dat die hele teks deurmekaar voorkom. Die woord “leggers (paragraaf 16)” is ’n oud-modiese woord aangesien dit nie meer volop in die Afrikaanse taal gebruik word nie. Daar bestaan dus ’n moontlikheid dat die meeste lesers18 nie direk sal kan aflei dat “leggers” na

lêers verwys nie.