• No results found

ekspressiewe en relasionele boodskappe 2.1 Inhoud

2. Analise van die agtien nuusbriewe

2.3 Teks drie Die Zuma-uitspraak: Wat nou?

2.3.1 Die ekspressiewe boodskap van Helen Zille

A. “Niemand wat by die wapentransaksie-korrupsie betrek word, moet aan ’n behoorlike regsproses ontsnap nie.” (paragraaf 4)

Geïdentifiseerde tendense: 1, 3, 4, 6, 13, 15, 16 en 22

Kommentaar:

• Sy probeer hier ’n bepaalde waardesisteem oordra, naamlik dat sy voel enigiemand wat “verkeerd” opgetree het, moet vervolg word. • Die ANC word nie direk genoem nie, maar die afleiding kan gemaak

word dat hierdie aanhaling na die ANC verwys omdat Jacob Zuma deel was van die “wapentransaksie-korrupsie” en hy is lid van die ANC.

• Sy gee instruksies dat “almal” wat hieraan skuldig is, vervolg moet word.

B. “Kiesers kan in sulke omstandighede geen ingeligte keuse maak nie.” (paragraaf 7)

Geïdentifiseerde tendense:

3, 4, 11, 13, 15 en 21

Kommentaar:

• Zille is emotief in hierdie aanhaling aangesien sy daarop aandring dat kiesers nie “in sulke omstandighede” kan stem nie. Dit kom voor asof daar ’n mate van dringendheid in haar toon is.

C. “Die faksiegevegte binne-in die ANC, en die regerende party se misbruik van die Grondwet, beteken dat Suid-Afrika tussen twee meulstene vasgevang is.” (paragraaf 8)

Geïdentifiseerde tendense:

3, 4, 6, 13, 18, 20 en 25

Kommentaar:

• Die spreekwoord waarna verwys word, is: “tussen twee meulstene vasgevang”.

D. “Ek het reeds oor die belangrikheid van daardie uitspraak vir konstitusionele demokrasie uitgewei, en gaan my nie hier herhaal nie, behalwe om te sê dat daardie uitspraak my weer hoop vir ons land se toekoms gegee het.” (paragraaf 13)

Geïdentifiseerde tendense: 1, 2, 4, 13, 17, 19 en 21

Kommentaar:

• Zille weerspieël haar emosies in hierdie aanhaling deur daarna te verwys dat sy ook bemoedig is.

E. “Dit skep ’n belangrike voorbeeld vir die toekoms, en bewys ook dat die regbank as instelling hom nie deur magtige politici laat beïnvloed nie.” (paragraaf 14) Geïdentifiseerde tendense: 1, 2, 4, 5, 13, 15, 17 en 21 Struktuur tendense: 23, 25, 26 Kommentaar:

• Aangesien daar min strukturele probleme voorkom, soos moeilike woorde en hoë informasiedigtheid, kom die nuusbrief netjies voor.

2.3.2 Die ekspressiewe boodskap van die DA

1. “Die DA is ’n party wat die oppergesag van die reg en die Grondwet sterk steun, en respekteer dus die uitspraak in die Pietermaritzburgse Hoërhof om – op grond van ’n regstegniese punt – die besluit om Jacob Zuma weens bedrog en korrupsie te vervolg, tersyde te stel.” (paragraaf 1)

Geïdentifiseerde tendense: 1, 2, 5, 13

2. “Die DA sal sy bes doen om dié kwessie tot ’n spits te dryf.” (paragraaf 3)

Geïdentifiseerde tendense:

1, 2, 12, 13, 17 en 18

Kommentaar:

• Hierdie aanhaling is bemoedigend, aangesien dit aandui dat die DA bereid is om hard te werk om te verseker dat geregtigheid geskied. • Die spreekwoord waarna verwys word, is: “tot die spits te dryf”.

3. “Dit is waarom die DA sy beroep op ’n volle regterlike kommissie van ondersoek na die wapentransaksie, met 'n oudregter wat deur die Hoofregter benoem word aan die hoof daarvan, herhaal.” (paragraaf 4)

Geïdentifiseerde tendense: 1, 2, 12, 13, 17 en 22

Kommentaar:

• Zille is weereens bemoedigend aangesien sy aandui dat die DA hard sal werk om geregtigheid te laat seëvier.

4. “Ons moet die waarheid vasstel, en geregtigheid moet seëvier.” (paragraaf 4)

Geïdentifiseerde tendense: 1, 2, 12, 13, 17, 19 en 22

5. “Ons het ook gevra dat die Parlement ontbind moet word, en dat ’n verkiesing uitgeroep moet word weens regter Nicholson se verklaring dat hy “nie oortuig is dat die aansoeker (Zuma) verkeerd was om aan

te voer dat daar politieke inmengery by sy vervolging was nie”” (paragraaf 5)

Geïdentifiseerde tendense: 1, 2, 3, 5, 11, 13 en 22

6. “As Zuma sy dag in die hof beleef, en ons glo dít is in die land se belang, sal sy ondersteuners geen rede hê om te glo dat hy nié ’n regverdige verhoor sal beleef nie.” (paragraaf 11)

Geïdentifiseerde tendense:

1, 2, 3, 5, 13 en 19

2.3.3 Die relasionele boodskap

a. “Dit beteken ons weet nog steeds nie of Zuma ten opsigte van die aanklagte van korrupsie teen hom skuldig of onskuldig is nie.” (paragraaf 3)

Geïdentifiseerde tendense:

1, 3, 4, 5, 9, 12, 14, 15, 16 en 19

Kommentaar:

• Hoewel hierdie aanhaling voorkom as ’n gedeelde siening, probeer Zille die leser ook beïnvloed om van opinie te verander as hulle nie ook voel of Jacob Zuma skuldig of onskuldig is nie.

b. “Ons regbank het bewys dat hy nie aan magsmisbruik aandadig sal wees nie.” (paragraaf 12)

Geïdentifiseerde tendense:

c. “Terwyl ons vorentoe beweeg, moet alle Suid-Afrikaners – ook Zuma se ondersteuners – moed skep omdat ons ’n sterk en onpartydige regbank het. Dit gee ons hoop vir die toekoms.” (paragraaf 15)

Geïdentifiseerde tendense:

1, 3, 4, 5, 9, 11, 14, 16, 18, 19 en 21

2.3.4 Bespreking

Uit hierdie bespreking kan daar afgelei word dat Zille altyd positief praat as sy na haar party verwys (sien aanhaling 1 en 2). Inteendeel hiermee fokus sy net op die negatiewe van die ANC. Aangesien dit ’n politieke nuusbrief is, is dit vanselfsprekend dat sy wil bewys dat haar party “beter” is as enige ander een, veral die ANC. Sy plaas ook baie klem op haar waardes, sowel as die DA s’n.

Hierdie nuusbrief is ook vol opinies van haar. Weereens kan dit toegeskryf word aan die politieke aard daarvan. As ’n leier sonder opinie voorkom, kan dit haar beeld beïnvloed. Daar moet tog klem gelê word op die feit dat sy gepaste opinies het wat nie net haar mening insluit nie, maar dat dit wel opinies is wat bestaan by die breë Suid-Afrikaanse publiek. Hierdie opinies moet gebaseer wees op die DA se toekomsvisie, anders is die geloofwaardigheid daarvan baie min en dit kan ’n negatiewe uitwerking op haar beeld hê.

Zille skryf meestal vanuit ’n lae magafstand wanneer sy direk met haar lesers praat. Die toon van die nuusbrief is ook minder formeel of selfs informeel. Weereens is hierdie gepas aangesien sy ’n beter verhouding met haar leser bou as sy op dieselfde vlak as hulle voorkom.

De Stadler se KBP-model wys in die informasie-ontwerp daarop dat die leser met die drie maniere van toegang die teks moet evalueer en aanvaar. Die leser word dus aangemoedig om te aanvaar dat sy positief oor haar party

praat, op die negatiewe van die ANC fokus en ’n lae magafstand tussen haar en haar leser wil behou. Dit moet uiteindelik hulle beeld oor Zille beïnvloed.

Zille gee ook nie ’n aanduiding van haar opinie oor die leser nie. Dit kan problematies wees aangesien dit kan voorkom asof sy nie ’n opinie oor haar leser kan vorm nie. As sy duidelik daarop fokus dat sy erkenning gee aan haar leser se begeerte vir ’n beter toekoms in Suid-Afrika, dan sal sy ’n beter verhouding met haar leser kan vorm.

Die struktuur van die teks is in hierdie nuusbrief nie problematies nie. Slegs een paragraaf, naamlik paragraaf agt is ’n een-sin-paragraaf. Hoewel dit die moontlikheid het dat belangrike inligting verlore kan gaan en ’n swak beeld tot gevolg kan hê, is dit nie die geval nie. Daar kan duidelik uit hierdie sin afgelei word dat die inhoud baie belangrik is.

Die teksdeel “smouse van mag” (paragraaf 6) is nie ’n alledaagse uitdrukking nie. Om dié rede kan dit interpretasieprobleme veroorsaak, maar dit het ook ’n bepaalde seggingskrag.

2.4 Teks vier - Zuma moet hom tot die oppergesag van