• No results found

Resultate en gevolgtrekking

2. Aan of afwesigheid van die boodskappe

2.2 Die ekspressiewe boodskappe van die DA

Tabel 5.2 weerspieël die gemiddelde ekspressiewe boodskappe wat fokus op die DA se waardes en beeld:

Die ekspressiewe boodskap van die DA

Nuusbrief Getal paragrawe Getal paragrawe met ekspressiewe boodskappe Gemiddeld

1 17 0 0% 2 17 0 0% 3 15 5 33% 4 23 0 0% 5 19 1 5% 6 29 5 17% 7 15 2 13% 8 15 0 0% 9 15 0 0% 10 16 0 0% 11 61 4 7% 12 18 1 6% 13 14 0 0% 14 21 3 14% 15 21 1 5% 16 22 0 0% 17 19 8 42% 18 27 5 19% Gemiddeld 9%

Tabel 5.2. Ekspressiewe boodskap van DA se tendense.

Hierdie tabel maak dit duidelik dat Zille baie min aandag daaraan gee om haar party by haar nuusbriewe betrek. Buiten dat slegs 9% in al agtien nuusbriewe verwysings na die DA bevat, het net tien tekste ’n duidelike ekspressiewe boodskap wat oor die DA se waardes handel. Dit is problematies aangesien Zille haar met die DA moet vereenselwig. Sy is immers die leier van die party. As Zille nie genoeg na die DA se waardes in haar nuusbriewe verwys nie, kan dit daarop dui dat sy haar nie met die DA se toekomsvisie vereenselwig nie.

Nuusbrief drie en sewentien is die enigste tekste waarin baie na die DA verwys word. Hulle het onderskeidelik ’n gemiddeld van 33% en 42%, wat hoog bo die gemiddeld van 9% is van al die tekste saam. Nuusbrief drie handel oor die Zuma-uitspraak en sy gee ’n duidelike aanduiding van die DA se waardes, veral gemik op die oppergesag van die reg. Dit kan ’n

aanduiding wees waarom so baie na die DA verwys word. Nuusbrief agtien bevat baie kritiek teen die ANC se ontkenning van misdaad totdat Johnny de Lange uiteindelik bekend gemaak het dat dit ’n probleem is. Die DA vorm dus ’n belangrike deel van hierdie nuusbrief, aangesien sy die leser wil oorreed dat die DA beter as die ANC is. Die gevolgtrekking kan egter gemaak word dat sy te veel klem lê op die DA en die ander drie boodskappe afskeep.

Nuusbriewe een, twee, vier, agt, nege, tien, dertien en sestien bevat geen verwysing na die DA se ekspressiewe boodskap nie. Nuusbrief een handel oor Zille se mening dat Zuma nie president van Suid-Afrika moet word nie. Dit is ’n duidelike verwysing na haar mening en kan ’n rede wees waarom die DA nie genoem word nie. In nuusbrief twee vra sy vrae oor die wysigings van wette wat die ANC voorstel en sy gee haar mening oor die wetsveranderinge. Weereens kan dit ’n aanduiding wees waarom glad nie na die DA verwys word nie. Nuusbrief vier fokus op Zuma se uitsprake oor die onafhanklikheid van die oppergesag. Hierdie nuusbrief is weereens gelaai met Zille se menings. Nuusbrief agt verwys na Mbeki se optrede in Zimbabwe, wat ook baie van haar menings bevat. Nuusbrief nege, wat handel oor die belangrikheid van goeie wette, sou baat gevind het by ’n verwysing na die DA, aangesien sy haar mening uitspreek oor die rol van wette. Wette word deur ’n regerende party gestel. Deur nie na die DA in hierdie nuusbrief te verwys nie kan ’n aanduiding gee dat die DA nie noodwendig dieselfde ideale as sy het nie. Dieselfde geld vir nuusbrief tien wat fokus plaas op Madiba se verjaardag. As sy die DA by hierdie nuusbrief betrek het, kon dit ’n duidelike aanduiding gewees het dat opposisiepartye oor een ding kan saamstem, naamlik die belangrikheid van Mandela se toekomsvisie. Nuusbrief dertien en sestien is weereens oorlaai met Zille se menings oor die regbank en sy regters en die polisie. As Zille nie die DA by haar uitlatings betrek nie, kan dit aandui dat die DA nie noodwendig haar menings deel nie.

2.3 Die relasionele boodskap

Tabel 5.3 dui die gemiddelde relasionele boodskappe in die agtien nuusbriewe aan:

Die relasionele boodskap.

Nuusbrief Getal paragrawe

Getal paragrawe met relasionele boodskappe Gemiddeld 1 17 5 29% 2 17 1 6% 3 15 3 20% 4 23 3 13% 5 19 1 5% 6 29 1 3% 7 15 3 20% 8 15 0 0% 9 15 3 20% 10 16 6 38% 11 61 13 21% 12 18 2 11% 13 14 3 21% 14 21 2 10% 15 21 1 5% 16 22 0 0% 17 19 1 5% 18 27 3 11% Gemiddeld 13%

Tabel 5.3. Die relasionele boodskap se tendense.

Hierdie tabel is ’n aanduiding dat Zille min na haar lesers in haar nuusbriewe verwys. Op sy beurt kan dit ’n aanduiding wees dat sy nie genoeg tyd bestee om ’n verhouding met haar leser te vorm nie. Aangesien die doel van hierdie nuusbriewe is om die leser op hoogte van DA-sake te hou, haar sienings oor gebeure en mense in Suid-Afrika te deel, asook om mense te oorreed om vir die DA te stem, word verwag dat sy ’n verhouding met haar leser sal bou. Sonder die nodige aandag aan haar leser kan sy hulle belangstelling verloor.

Nuusbrief tien is die enigste teks waarin die leser beduidend by die teks betrek word. Sy gemiddeld is 38%, wat baie hoër is as die gemiddeld van 13% in die agtien nuusbriewe. Die tema van die nuusbrief is Mandela se

verjaardag en handel oor sy visie en hoe ver die huidige ANC-leiers daarvan afgewyk het. Zille gebruik hierdie uitlating en die leser se liefde vir Madiba om die leser te oortuig dat die DA nie van Mandela se visie af wegbeweeg het nie en wil sodoende die leser oortuig om vir die DA te stem. Die leser se gevoelens word dus in hierdie teks betrek om ’n spesifieke doel te verrig, naamlik om te oorreed. Zille wil ook die leser oortuig dat ook sy ’n liefde vir Madiba het, al is hy ’n ANC-lid. Sy wil sodoende die verhouding tussen haar en die leser versterk.

Daar is verder net twee nuusbriewe wat nie ’n relasionele boodskap bevat nie, naamlik nuusbrief agt en sestien. Nuusbrief agt handel oor Mbeki se optrede in Zimbabwe en nuusbrief sestien oor die polisie se wreedaardige optrede teenoor Suid-Afrikaners. Die temas van hierdie nuusbriewe dui daarop dat sy juis ’n verhouding met die leser moet bou of selfs net ’n aanduiding gee dat die leser ook so oor die onderwerp kan voel. Die rede hiervoor is dat dit die geloofwaardigheid van die inhoud kan verhoog. Met ander woorde, as sy aandui dat die leser ook voel die polisie se wreedheid teenoor Stellenbosch se studente was ongewens, sal sy die leser oortuig dat die ANC nie genoeg aandag gee aan die verbetering van die polisiediens nie.

2.4 Advies

Hierdie resultate dui daarop dat Zille:

1. Baie aandag aan haar eie sienings en menings gee. 2. Te min aandag aan haar party se waardes gee. 3. Te min na haar party verwys.

4. Die gevaar loop om haar van die DA se toekomsvisie te vervreem. 5. Nie genoeg aandag aan haar lesers gee nie.

6. Nie ’n verhouding met haar lesers bou nie.

Advies kan gegee word dat sy meer aandag aan haar verhouding met haar leser moet gee. Deur meer direk na haar lesers te verwys, kan sy dit

bewerkstellig. As sy die DA ook meer in haar nuusbriewe betrek, sal sy altyd gesien word as deel van die party. Die party se toekomsvisie moet ook die grondslag van haar nuusbriewe vorm. Hierdie stellings kan slegs bewys word as dit getoets word deur middel van ’n lesergerigte metode.

As Zille haar party ook meer by haar nuusbriewe betrek, sal sy altyd die DA se waardes en toekomsvisie hê om haar uitlatings te ondersteun.

3. Resultate en gevolgtrekkings van die