• No results found

ekspressiewe en relasionele boodskappe 2.1 Inhoud

4. Die verfynde model

4.1 Voorstelling van die verfynde model

Na aanleiding van bogenoemde bespreking oor die tendense kan die volgende model as ’n soort kontrole-matriks voorgestel word om die analise van die ekspressiewe en relasionele boodskappe te vergemaklik.

Klem word gelê op die feit dat hierdie verfynde model uitgebou is op grond van die tendense wat geïdentifiseer is in al agtien nuusbriewe. Bogenoemde bespreking oor wat die verskeie tendense alles behels moet verder ook in gedagte gehou word terwyl hierdie verfynde model gebruik word om die nuusbriewe te analises

Tabel 3.1: Die verfynde model vir die analises van Zille se nuusbriewe.

Verfynde model vir die identifisering van die ekspressiewe en relasionele boodskappe Ekspressiewe boodskap Relasionele boodskap

Inhoud Styl Struktuur Grafika Inhoud Styl Struktuur

1. Haar (DA)waardes/ houdings

13. Informeel 1. Opinie oor

leser 13. Saaklik 2. Positewe fokus 23. Verkeerde/ moeilike woorde 2. Skryf leser uit 14. "ons" 3. Negatiewe fokus 14. Sar- kasties/ironie 29. Foto van Helen Zille 4. Haar mening 15. Saaklik 24. Informasie digtheid 3. Gedeelde siening/gevoel 15. Vriend- skaplik 5. Zuma as onderwerp 16. Aan- vallend 4. Beïnvloed leser 6. ANC as onderwerp 17. Be- moedigend 25. Paragraaf (een sin) 30. DA- kenteken 5. Praat direk met die leser

16. Lae magafstand 7. Apartheid as onderwerp 18. Spreek- woorde 6. Praat indirek met die leser 17. Hoë magafstand 8. Mbeki as onderwerp 19. "Ek", "my" of "ons" 26. Nuusbrief-titels 7. Gedeelde geskiedenis 18. Be- moedigend 9. Zimbabwe/ Mugabe as onderwerp 20. Waar- skuwend 31. Hand- tekening 8. Vra die leser vrae 10. Onder- steuning van argument 27. Netjies 9. Oorreed 19. Informeel 21. Emotief/ Affektief 10. Sê die leser voor 11. Advies 11. Positiewe fokus 20. Formeel 12. Veglus 22. Instruktief 28. Deurmekaar 32. SA vandag 12. Negatiewe fokus 21. Emotief/ affektief 22. Skakel vir kommentaar

4.2 Bespreking van die model

4.2.1 Algemeen

Die onderskeie dele van hierdie model is tendense wat geïdentifiseer is in Zille se nuusbriewe. Nie al dié tendense is teenwoordig in al die nuusbriewe nie. Die doel van hierdie model is om probleemareas te identifiseer, soos byvoorbeeld dat sy te veel oor een onderwerp skryf of dat sy te negatief is, en presies hoe dit gerealiseer word in die betrokke tekste. Hierdie model gaan ook help om die aan- en afwesigheid van die ekspressiewe en relasionele boodskappe in die teks te identifiseer.

Die gebruik van die model is voor die hand liggend, aangesien slegs die aanhaling wat op elkeen van die dele van toepassing is, ingevul hoef te word. Elkeen van die kolomme bevat die geïdentifiseerde tendense van onderskeidelik die inhoud, styl, struktuur en grafika. Dit is vanselfsprekend dat die tendense onder al die hofies slegs by daardie dele pas. Die nommers wat vooraan elke tendens staan, is so geplaas dat die verfynde model makliker gebruik kan word by die analises van die nuusbriewe.

Hoewel verskeie ander tendense in die ekspressiewe en relasionele boodskappe geïdentifiseer kan word, is dié wat in die model verskyn, die belangrikste aangesien hulle die grootste impak het op die beeldvorming en -projeksie van Zille. Die terme wat gebruik word, is ook breed geformuleer sodat dit meer verskynsels kan omsluit.

Die ekspressiewe en relasionele boodskappe se inhoud, styl, struktuur en grafika verskil in die sin van hoe Zille dit gebruik. Met ander woorde, die inhoud by die ekspressiewe boodskap fokus meer op haar mening oor sake, dit word glad nie in verbinding gebring met die leser nie. Die inhoud van die relasionele boodskap is op die leser gerig en hiermee wil sy ’n verhouding met die leser bou. Die rede waarom daar geen tendense onder die relasionele boodskap se grafika is nie, is omdat daar nie grafika is wat op

hierdie boodskap fokus nie. As daar ’n foto van Zille was wat gesellig saam met die publiek verkeer, sou dit onder hierdie hofie geplaas kon word.

Verder vorm koherensie nie deel van hierdie model nie, aangesien nie alle nuusbriewe koherensie-probleme ervaar nie. In die tekste waar dit wel voorkom, soos nuusbrief een, het dit nie ’n invloed op haar beeld nie, aangesien die teks steeds vloei. Die leser het dus nie ’n probleem om die doelwitte van die teks te verstaan nie.

Daar is ook nie ’n grafikakolom by die relasionele boodskap nie. Die rede hiervoor is dat daar geen grafika in die tekste voorkom wat relasioneel van aard is nie.

In die volgende hoofstuk word hierdie verfynde model gebruik om Zille se agtien nuusbriewe te analiseer.

4.2.2 Samevatting

Hierdie hoofstuk het dit moontlik gemaak om ’n verfynde model van analise voor te stel. Die hoofstuk het ook tot gevolg gehad dat die verskillende tendense wat in hierdie model verskyn, verduidelik kon word. In die volgende hoofstuk gaan hierdie verfynde model gebruik word om die agtien tekste te analiseer.

Hoofstuk 4

Ondersoek

1. Inleiding

In hierdie hoofstuk word die verfynde model wat in Hoofstuk 3 voorgestel is, gebruik om die agtien nuusbriewe van Zille te analiseer.

In die drie afdelings, naamlik ekspressiewe boodskap van Zille, ekspressiewe

boodskap van die DA en die relasionele boodskap, gaan al die aanhalings wat

daarop van toepassing is, gelys word. In die verfynde model, soos in Hoofstuk 3 weergegee is, word nommers na elke tendens geplaas. In hierdie hoofstuk gaan die aanhalings gegee word, gevolg deur al die nommers (en dus tendense) wat daarop van toepassing is.

Dit gaan ook duidelik word in hierdie hoofstuk dat daar aanhalings is wat beide ekspressief en relasioneel van aard is. Daar is verder ook aanhalings wat ’n beeld oor die DA en oor Zille gee. Hierdie het verskeie implikasies, byvoorbeeld dat Zille haar uitlatings oorlaai met ekspressiewe en relasionele boodskappe.

Al die aanhalings wat hier genoem word, weerspieël ’n implisiete en/of eksplisiete beeld van Zille en die DA (ekspressief). Die relasionele boodskappe wat hier gelys word, is verder ook die uitlatings deur Zille wat ’n implisiete en/of eksplisiete aanduiding gee oor die beeld wat sy van die leser het. Hierdie aanhalings dui ook op Zille se vermoë om ’n verhouding met die leser te bou. Die bogenoemde opmerking van die implisiete en eksplisiete ekspressiewe en relasionele boodskappe hou in dat dit nie noodwendig direk ingesien kan word nie, maar dat die tendens wat daarby geïdentifiseer is, ’n aanduiding kan gee waarom dit onderskeidelik ekspressief en relasioneel is. Verder is alle spel- en grammatikafoute wat in die aanhalings verskyn, dié van Zille.

Struktuur gaan hoofsaaklik na al die aanhalings by die ekspressiewe en relasionele boodskappe bespreek word, aangesien dit meestal van toepassing is op die teks as geheel. Struktuur kan wel ná sommige aanhalings bespreek word, mits dit van toepassing is.

Nuusbrief een gaan die enigste nuusbrief wees wat ’n bespreking gaan bevat oor die grafika van die ekspressiewe boodskap van die nuusbrief. Die rede hiervoor is dat elke nuusbrief dieselfde grafika het. Verder gaan nuusbrief een ook die enigste bespreking bevat oor die struktuur van die nuusbriewe se relasionele boodskap, weereens omdat elke nuusbrief dieselfde struktuur in hierdie opsig het.

’n Voorbeeld van ’n oorspronklike nuusbrief kan gesien word in Addendum B. Die nuusbriewe in Addendum A is só geplaas dat paragraafnommers ingevul kan word, wat die gebruik van voorbeelde vergemaklik.