• No results found

2.3 TEIKENPOPULASIES, ONTLEDINGSEENHEDE EN INSLUI-

2.3.1 Teikenpopulasies, ontledingseenhede en insluitings-

Die teikenpopulasies, ontledingseenhede en die insluitingskriteria vir die onderskeie groepe rolspelers wat aan die nominale groepe deelgeneem het, sal vervolgens afsonderlik bespreek word.

2.3.1.1 Professionele verpleegpraktisyns

Professionele verpleegpraktisyns van die plaaslike PGS-klinieke waar die opleiding- skool se studente vir hul vereiste kliniese praktika geplaas was, en onder wie se toesig die studente gefunksioneer en geleer het, is as die eerste teikenpopulasie geïdentifiseer.

Die huidige nasionale gesondheidsbeleid ten opsigte van die PGS-praktyk het daartoe gelei dat studente/leerders in gesondheidswetenskappe afkomstig van verskeie plaaslike opleidingsinstansies, as deel van hul vereiste kliniese praktika in die PGS-klinieke geplaas moet word. Studente van die plaaslike verpleegkollege, voorgraadse, nagraadse en nabasiese studente van die plaaslike universiteit, asook studente van die private sektor en UNISA7, ding gevolglik om leergeleenthede in die PGS-praktyk mee. ’n Aantal spesifieke PGS-klinieke word jaarliks deur ’n skakelpersoon van die plaaslike munisipaliteit aan die betrokke opleidingskool vir plasing van die studente toegewys. Hierdie skakelpersoon is ’n senior professionele verpleegkundige wat reeds etlike jare lank die personeelontwikkeling in die PGS- klinieke by die plaaslike munisipaliteit behartig. Sy is ook vir die skakeling tussen die betrokke PGS-klinieke en die opleidingskool verantwoordelik. Uit die aard van so ’n skakelpersoon se pligte, wys sy spesifieke professionele verpleegpraktisyns in die betrokke munisipale PGS-klinieke aan om as hooftoesighouers vir die studente verantwoordelik te wees. Die tweedejaar studente is sedert 2001, toe die navorser die groep begin fasiliteer het, op ’n gereelde grondslag in elf munisipale PGS- klinieke geplaas.

7

Afhangende van die grootte van ’n betrokke kliniek, was daar tussen twee en ses professionele verpleegpraktisyns per kliniek. Soms was van die praktisyns met studie-, vakansie-, of siekteverlof of besig met ’n kursus. Hierdie situasie het die vasstelling van die presiese aantal persone in die teikenpopulasie van die praktisyns bemoeilik.

Afgesien van plasings by PGS-klinieke onder munisipale bestuur, het die opleidingskool ook studente by ’n plaaslike PGS-kliniek (wat onder gemeen- skapsbestuur en die bestuur van die Departement van Gesondheid van die Vrystaat is), geplaas. Hierdie kliniek het uit ’n vennootskapsprojek tussen die plaaslike universiteit, die betrokke gemeenskap en die Departement van Gesondheid van die Vrystaat tot stand gekom. Die aantal professionele verpleegpraktisyns in dié kliniek wat by die studente betrokke was, het gewissel tussen vyf en agt persone. ’n Spesifieke senior professionele verpleegkundige in hierdie kliniek dien nie net as skakelpersoon nie, maar is ook verantwoordelik vir die studente wat daar geplaas word.

Volgens Babbie (2001:179), asook Babbie, Mouton en medewerkers (2001:166) is dit soms toepaslik om deelnemers aan ’n studie op grond van die navorser se kennis met betrekking tot die populasie/teikenpopulasie, asook die aard van die navorsingsdoelwitte van ’n studie, te selekteer. Gay en Airasian (2003:192) se mening, wat hierby aansluit, lui as volg:

“The key to ‘sampling’ in qualitative research is to choose good participants who can provide the insight and articulateness needed to attain the desired richness of qualitative data.”

Steekproeftrekking vir hierdie ontledingseenheid is gevolglik deur middel van ’n doelgerigte seleksie gedoen.

Die navorser het ’n keuse gedoen in samewerking met die skakelpersoon van die munisipaliteit wat die professionele verpleegpraktisyns baie goed geken het. Hul oordeel en die doel van die studie is met ander woorde gebruik om ’n doelgerigte oordeelsteekproefseleksie te doen (Polit & Beck, 2006:264, 507). Die navorser

(wat ook koördineerder van die studente se jaargroep was) het die skakelpersoon by die PGS-kliniek onder bestuur van die Vrystaatse Departement van Gesondheid gevra om aan die nominale groep van die praktisyns deel te neem. Die primêre doel hiermee was om ’n gedeelte van die studente se praktikamodule te evalueer. Terselfdertyd is die latere gebruik van die data vir navorsingsdoeleindes egter ook deurgegee. Die verpleegpraktisyn in elke PGS-kliniek wat vir die tweedejaar voorgraadse studentverpleegkundiges verantwoordelik was, of hul verteenwoordiger (indien hulle nie self kon kom nie), het die ontledingseenheid (groep) van die praktisyns se teikenpopulasie gevorm. Al die personeellede in die onderskeie klinieke bespreek sake met, en rapporteer gewoonlik sake rakende die studente tydens plasing, aan die aangewese, toesighoudende, professionele verpleeg- praktisyns. Laasgenoemde rapporteer weer op hul beurt aan die skakelpersoon, wat met die koördineerder by die opleidingskool wat vir die kliniese plasings van die studente in die voorgraadse program verantwoordelik is, skakel. Altesaam 12 praktisyns verbonde aan 12 klinieke (een uit elk van die 11 munisipale PGS-klinieke en een uit die PGS-kliniek onder die Vrystaatse Departement van Gesondheid se bestuur), het ingewillig om aan die NGT-onderhoud deel te neem.

Twaalf praktisyns van PGS-klinieke waar die tweedejaar voorgraadse student- verpleegkundiges geplaas is, het aan die NGT-onderhoud deelgeneem. Dit was ’n gemengde groep wat uit gekleurde, swart en wit praktisyns bestaan het. Die onderhoud het bykans twee ure geduur en is in Engels gevoer, aangesien dit die gemeenskaplike taal is wat al die deelnemers in die groep kon verstaan.

2.3.1.2 Fasiliteerders

’n Totaal van sewe fasiliteerders van die betrokke opleidingskool het die teikenpopulasie vir hierdie groep rolspelers gevorm. Hulle was almal by die kliniese begeleiding en onderrig van die tweedejaar voorgraadse studentverpleegkundiges in die PGS-klinieke (2005-groep) betrokke. Vier van hierdie rolspelers was eenheid- basis personeellede. Hulle is gedurende 2005 as kliniese fasiliteerders vir die formele praktika en die kliniese begeleiding en onderrig van die betrokke studente in die PGS-klinieke deur die opleidingskool aangestel (Ramage, 2004:289). Die ander

drie voltydse personeellede was vir die formele teorie- en praktikaklasse van verpleegkunde verantwoordelik. Hulle was eweneens by die kliniese begeleiding en onderrig van die studente in die PGS-klinieke betrokke.

Die navorser was een van die laasgenoemde drie rolspelers, maar was ook in 2005 die koördineerder van die betrokke studente se praktikamodules. Cooper (1995 soos na verwys in MacPhail, 2001:165) is van mening dat meer betroubare response in ’n nominale groep verkry word indien die groepleier tydens die onderhoude ’n onbekende persoon is. Dit word toegeskryf aan die feit dat die deelnemers glo dat ’n bekende persoon, soos hul onderwyser (fasiliteerder of kollega) of ’n kenner van die onderwerp, subjektief teenoor hul response sal staan (Burns & Grove, 2005:544). Gevolglik is die navorser by hierdie ontledingseenheid as deelnemer en/of moderator uitgesluit en was dus ook nie tydens die werklike NGT-onderhoud met die fasiliteerders teenwoordig nie. Ook Gay en Airasian (2003:213) wys op die gevaar van bevooroordeling aan die kant van die waarnemer en die gevolglike invloed wat dit op data kan hê.

Geen steekproefseleksie is by die populasie van die fasiliteerders gedoen nie. Al ses oorblywende rolspelers het ingewillig om die ontledingseenheid van die teiken- populasie te vorm. Die groep het bestaan uit een swart man wat Engels, Sesotho en Afrikaans kan praat, een swart dame wat Engels en Sesotho magtig is, asook vier wit Afrikaanssprekende dames wat ook Engels kan praat.

2.3.1.3 Studente

Ses-en-dertig voorgraadse studentverpleegkundiges wat in 2005 vir hul tweedejaar by die betrokke opleidingskool ingeskryf was, het aan die insluitingskriteria vir die derde teikenpopulasie voldoen. Die studente moes vir:

• die eerste keer vir al die tweedejaar verpleegkundemodules, teorie en praktika, asook vir beide semesters geregistreer wees. Laasgenoemde vereiste was noodsaaklik, aangesien die formele teorie- en praktikaklasse van verpleegkunde geïntegreerd aangebied word, en die fokus in die tweedejaar

op primêre gesondheidsorg gerig is. ’n Groot deel van hierdie studente se kliniese uitkomste moet tydens plasing in PGS-klinieke bereik word en

• ten minste twee tot drie maande in die plaaslike PGS-klinieke praktika gedoen het.

Studente aan die betrokke hoër onderwysinstansie het ’n keuse ten opsigte van die voertaal waarin hulle hul opleiding wil doen. ’n Afrikaans- en Engelssprekende ontledingseenheid is dus op grond hiervan vir die studente se teikenpopulasie beplan.

Die steekproefseleksie vir die onderskeie Afrikaans- en Engelssprekende studente is op ’n vrywilligerbasis gedoen. Onderskeidelik tien Afrikaans- en agt Engels- sprekende deelnemers het ingewillig om aan die NGT-onderhoude deel te neem. Babbie, Mouton en medewerkers (2001:521), asook Mouton en Marais (1992:120), meen dat deelname wat op ’n vrywilligerbasis binne ’n eksperimentele ontwerp plaasvind, ’n besliste invloed op die bevindinge het. Daar is bevind dat vrywilligers gewoonlik oor beter vermoëns beskik as wat dit die geval is by ’n ewekansige steekproefseleksie. Dit kan data beïnvloed en daartoe bydra dat dit nie veral- gemeenbaar is nie. In die lig van die feit dat hierdie ’n kwalitatiewe studie is, skyn dit nie ’n probleem te wees nie. Die betrokke populasie vir die studie is in elk geval baie klein en die doel van hierdie studie is nie om die bevindinge ten opsigte van groter populasies te veralgemeen nie. Die getal deelnemers per ontledingseenheid is noodwendig deur die beginsel van vrywillige deelname beïnvloed. Vrywillige deelname aan ’n navorsingstudie berus op ingeligte toestemming, en is ’n baie belangrike etiese aspek wat in ag geneem moet word, aangesien deelnemers nie geforseer mag word nie (Burns & Grove, 2005:193, 196).

Al die teikenpopulasies, ontledingseenhede en insluitingskriteria wat tot dusver bespreek is, is primêr met die oog op data-insameling deur middel van nominale groepe beplan. Vervolgens dan inligting met betrekking tot die dokumente gedateer 2005, wat as databronne geïdentifiseer is.

2.3.2

Teikenpopulasies, ontledingseenhede en insluitings-