• No results found

Subwêrelde na aanleiding van die teksgebruiker-karakter se hipotetisering oor Elu

5.4 Put your heart under your feet and walk as storiewêreld wat moontlike subwêrelde

5.4.3 Die karakters in Put your heart under your feet and walk

5.4.3.4 Subwêrelde na aanleiding van die teksgebruiker-karakter se hipotetisering oor Elu

talle van die balletskoene aan Elu behoort het en as instaan-element dien. Hy is daarom op sigself ook hipoteties en het ek daarom besluit dat hierdie kognitiewe praktyk die mees gepas sal wees vir Elu.

Die skoene vorm ʼn interessante digotomie, deurdat die skoene Elu se afwesigheid beklemtoon en as eiesoortige kortsluiting weer Elu op unieke wyse teenwoordig maak. Hierdeur word Elu onthou, herleef, verwerklik en vleeslik. Elu se teenwoordigheid as karakter word dus grootliks gesuggereer deur die objekte (kyk afdeling 3.3.5). Dit is hierdie aktualiteit van Elu wat die vertrekpunt bied vir die teksgebruiker-karakter om hipotetiese denke te konstrueer. Dié hipotetiese denke kan byvoorbeeld tot gestalte kom, sodra die teksgebruiker-karakter in wisselwerking tree met die werk Elu’s Shoes (kyk Cohen, 2017:49). Hierdie skoene is verflenterd en vuil. Dit wil blyk dat dit al deel was van ure se balletoefening, waartydens die skoene versag het, omdat dit al telkemale geweek was in sweet. Deurdat die teksgebruiker-karakter in kontak tree met Elu deur hierdie skoene, kan daar geargumenteer word dat skoene soos dié hipotetiese denke rondom Elu se balletoefeninge ontsluit. Ek voer aan dat skoene met so ʼn verslete voorkoms hipotetiese assosiasies oproep van Elu se balletoefening en voorbereiding. Dit bied die wegspringpunt waar die teksgebruiker-karakter kan nadink aan hoe Elu swoeg, sweet, dans en voorberei vir ʼn balletvertoning. Dit mag ook moontlik assosiasies van die Afrikaanse gesegde ‘bloed sweet’ oproep.

ʼn Werk wat ook aansluit by die bogenoemde gedagte is Hang (kyk Cohen, 2017:66). Hierdie werk vertoon twee balletskoene wat aan vleishake vasgemaak is. Die voorpunte van die skoene het ʼn duidelike donkerpienk/rooi skynsel – wat bloed mag suggereer. Sodra die teksgebruiker-karakter dus in gesprek tree met hierdie skoene en Elu as gesuggereerde karakter kan die teksgebruiker-karakter verdere hipotetiese denke konstrueer rondom Elu as danser wat sal ‘bloei’ vir sy kuns.

Om uit te brei op die gedagte van die teksgebruiker-karakter en Elu se interaksie en die daaropvolgende hipotetiese denke en subwêreld skepping verwys ek ook na die werk

Eternity (kyk Cohen, 2017:51). Eternity is ʼn samevoeging van ʼn balletskoen en servethouer

wat soos ʼn verloofring lyk. Verloofringe roep idees soos ewigdurende liefde en tradisionele troubeloftes op soos byvoorbeeld die stelling: ‘tot die dood ons skei’. Andersyds word die woord ‘eternity’, myns insiens, ook geassosieer met idees van die hiernamaals, ewige lewe en onsterflikheid. As hierdie kunswerk, Eternity, daarom Elu se afwesigheid beklemtoon en as eiesoortige kortsluiting weer op unieke wyse teenwoordig maak, kan dit ook hipotetiese denke konstrueer. Hierdie hipotetiese naspeuring kom byvoorbeeld tot gestalte in die wyse

waarop Eternity kan sinspeel op die hipotese dat Elu en Cohen se liefde ewigdurend is, en dat dit nie eers deur die dood geskei kan word nie. Hierdeur is nie net Elu onsterflik nie, maar ook hul liefde. Dit is slegs ʼn moontlike hipotese wat die teksgebruiker-karakter mag hê, maar daardeur skep hul ʼn subwêreld waarin dit gekonkretiseer word.

Die laaste kognisie, naamlik verhale ingebed in verhale sal ondersoek word deur Elu as karakter wat met (ander) ingebedde verhale kruis onder die vergrootglas te plaas. Hoewel ander karakters ook moontlik gesuggereer kan word in Put your heart under your feet... and

walk sal hierdie studie klem plaas op Elu. Uiteraard kan so ʼn bespreking slegs met breë hale

oor die installasie verf en is dit uit die staanspoor uiters selektief ten opsigte van watter materiaal bespreek word ten einde reg aan die argument te laat geskied binne hierdie verhandeling. Dit is weens hierdie redes dat daar besluit is om hoofsaaklik klem te plaas op Elu as ‘inheemse’ karakter.

Om die gedagtegang dat ʼn storiewêreld en ander subwêrelde oorkruis te ondersoek sal ek ʼn voorbeeld vanuit die literêre dissipline skets (kyk Wolf, 2005:590). Hierdie voorbeeld kom tot sy reg in die wyse waarop Alice ʼn karakter in drie afsonderlike dimensies word in die befaamde teks Through the looking-glass140 (1871) geskryf deur Lewis Carroll. Alice (A1)

as wakker in hoofstuk een van hierdie boek bestaan in die diëgetiese raam (vlak/wêreld een). Alice oorvleuel egter hierdie storiewêreld (wat sy natuurlik as haar werklike wêreld ervaar). Na aanleiding van hierdie oorkruising word Alice (A1) ʼn karakter in haar droom. Alice (A2) wat as karakter in haar droom die alternatiewe wêreld van die ‘looking-glass’ verken word dus ʼn ekstradiëgetiese karakter (vlak/wêreld 2). Alice (A2) word in hierdie raamwerk ʼn ekstradiëgetiese karakter juis omdat sy ʼn fiktiewe refleksie van haar oorspronklike fiktiewe self is. Alice (A2) is dus onderskik aan die primêre narratief waarin sy ingebed is. Die primêre karakter Alice (A1) wat in die oorspronklike narratief (storiewêreld) gesitueer is beweeg na ʼn sekondêre narratief (subwêreld) as Alice (A2). Tydens hoofstuk twaalf van hierdie verhaal word Alice (A2) gekonfronteer met die gedagte dat sy ook gelykertyd ʼn ekstra-ekstradiëgetiese karakter (A3) is, omdat sy die objek van ʼn ander

Cohen, die fiktiewe ego van die teksgebruiker en die gevonde objekte is Elu ʼn inheemse objek, eerder as ʼn immigrant-karakter (kyk Pavel, 1986:29).

Soos Alice kan Elu slegs in die domein van die storiewêreld bestaan. Dit mag dalk wees dat Elu verwys na ʼn werklike historiese persoon, maar in wese bly hy ʼn fiktiewe konstruksie van die teksgebruiker se wêreldkonstruering en dus ʼn inheemse objek eie aan die storiewêreld se ontologie. Hierdie is egter ʼn verwikkelde situasie, omdat Elu op verskeie vlakke bestaan binne die stratifikasie van die storiewêreld. Hy bestaan eerstens as ʼn gekonstrueerde karakter wat verbeel en geaktualiseer word deur die teksgebruiker (met behulp van leidrade en sleutels deur die kunstenaar en kunswerke). Met betrekking tot die (hetero)outofiktiewe aard van hierdie installasie kan daar aangevoer word dat hierdie eerste weergawe van Elu (E1), Elu as artistieke medewerker en lewensmaat van Cohen aan die bod stel (vlak/wêreld een).

Daarnaas word Elu (E2) as ekstradiëgetiese karakter op die spits gedryf (vlak/wêreld twee). Hier is waar die kruks van die saak lê, omdat Put your heart under your feet... and walk nie beperk word tot een enkele sekondêre narratief soos Through the looking-glass nie. Deur dieselfde resep te volg soos met die parateks-bespreking (4.4.1.1) kan daar aangevoer word dat hierdie onbeslistheid van ʼn definitiewe en enkele narratiewe subwêreld ʼn ryk tapisserie van moontlikhede bied. Dit mobiliseer ʼn wye register van interpretasie en verbeeldingsgeleenthede. Deurdat die hoogs persoonlike balletskoene ʼn gemene deler is in

Put your heart under your feet... and walk het ek tydens my interne lees ʼn sekondêre verhaal

geskep waartydens Elu (E2) dans in ʼn balletopvoering. Hierdie visualisering van Elu (E2) as balletdanser mag toegeskryf word aan die narratiewe benadering asook die narratiewe bevoegdheid waaroor Put your heart under your feet... and walk beskik (kyk Hoofstuk Drie afdeling 3.3.2). Ek as homo narran het die installasie as narratief omraam en herdefinieer deur my ingebore menslike tendens om tekste as narratiewe te benader. Daarnaas het ek as karakter binne die chronotoop van die storiewêreld ʼn karakter verbeel in ʼn sekondêre ingebedde wêreld. Voortaan word Elu (E1) ʼn ekstradiëgetiese karakter, naamlik Elu (E2) deurdat hy as geïmpliseerde protagonis van die storiewêreld ʼn ontologie oorkruis en deel vorm van my verbeelde narratief/subwêreld (vlak twee).

Hierdie gedagtegang sluit aan by die mise en abyme. Bloom (2007:228) merk dat hierdie konsep gebruik word in film en literêre teorie om die plasing van ʼn narratief in ʼn ander narratief te beskryf. Daar kan dus in die konteks van Put your heart under your feet... and

walk ʼn kruisbestuiwing plaasvind met betrekking tot die kunshistoriese en literêre

repeterende gevoel wat uiteindelik ook ʼn eiesoortige mise en abyme in die kunshistoriese sin word, deurdat dit ʼn gevoel van ʼn herhalende reeks beelde opper.

Hierdie skoene wat beskik oor narratiwiteit dien daarom as opkikkers/stimuli van die verbeelding (kyk Hoofstuk Drie – bl 53) en mag ook talle wegspringpunte van verskillende narratiewe by die teksgebruiker aktiveer. Hierdie idee word gerugsteun deur die narratiewe benadering wat in soortgelyke hoedanighede die idee bevorder dat die werklikheid aanmekaar ge-storie is. Hierdie skoene as kunsmatige gevonde objekte, wat ook gelykertyd simulasies is van die oorspronklike objekte kan sinspeel op die gedagte van ʼn narratief binne ʼn ander narratief. Die jukstaposisionering van absurde objekte roep ook idees op van die filmregisseur Sergei Mikhailovich Eisenstein (1889–1948) se montage of attractions141. Daar

is dus, soos in Ricoeur se mimese-model gestel, geen werklike individuele gebeure nie, maar slegs skematiese opvattings wat deur die ontvanger gekonkretiseer moet word. Met betrekking tot die objekte verbind aan die balletskoene opper verdere tydsdimensies en interpretatiewe kanale. Dit vind neerslag in die wyse waarop die objekte wat verbind is aan die skoene hul eie tydgrepe mag suggereer. Hierdie verwysing lig ook palimpses uit. Dié historiese gelaagdheid weerklink daarom die verstrengeling tussen verlede en hede. Deur Hoofstuk Drie op te diep word hierdie plooiing van tye dus gelykertyd ʼn vaartuig waardeur die verlede ingrypend hervorm en die toekoms hervisualiseer kan word.

Dié studie plaas klem op die verwarring tussen die diëgetiese ʼn ekstradiëgetiese wêrelde142.

Elu (E1) bestaan dus binne die diëgetiese storiewêreld (vlak een) en oorvleuel wêrelde sodra hy as Elu (E2) figureer in ander narratiewe of wêrelde wat steeds in die fiktiewe kader geleë is. Die oorvleueling van Elu (E1) tussen die storiewêreld en ander verbeelde

141 Met betrekking tot Eisenstein se montage of attractions word arbitrêre-gekose beelde voorgestel binne ʼn

greep van ʼn film (Eisenstein & Gerould, 1974:79). In Eisenstein se montage of attractions speel die gehoor ʼn kardinale rol as aktiewe deelnemer in die teatrale optrede. Hierdie beelde is sonder enige kronologiese

wêrelde/subwêrelde konstitueer dus ʼn tipe twee metaleptiese oorkruising in Put your heart

under your feet... and walk.

Thoss (2015) bevraagteken of daar werklik ʼn verskil is tussen media wanneer dit kom by oortredings tussen ʼn storiewêreld en ander denkbeeldige subwêrelde. Soos Thoss (2015) redeneer ek ook dat hierdie wêrelde immers verbeeldingryke konstrukte is wat teksgebruikers kan vorm. Daar kan dus in hierdie konteks aangevoer word dat media hier nie so ʼn deurslaggewende rol speel nie en dat die multimodale potensiaal van metalepsis dus nie hier (met betrekking tot Elu) op die spits gedryf word nie.

Hierdie oorvleueling van ontologiese grense tussen die storiewêreld en ander subwêrelde in Put your heart under your feet... and walk word dus tot wasdom gebring sodra Elu (E1) van die storiewêreld beweeg na ander subwêrelde soos vergestalt in die verbeelding van die teksgebruiker/karakter. Hierdie oorkruising tussen storiewêreld en subwêrelde kan verstaan word as intra-fiktiewe metalepsis. E1 en E2 is beide in die fiktiewe domein geleë. E1 is egter deel van die eiesoortige storiewêreld, terwyl E2 deel word van die moontlike subwêrelde. Hierdie dubbele belade fiktiewe representasies van Elu (E1/E2) verteenwoordig ontologies-verskillende wêrelde. Die goue draad wat dus alles bymekaar bring is die wyse waarop hierdie metalepsis wêrelde binne wêrelde suggereer. Tydens hierdie ondersoek is die vonds dat die oorkruising tussen die storiewêreld en ander subwêreld(e) grense plaasvind sodra Elu (E1) van die storiewêreld beweeg na ander subwêrelde as Elu (E2), soos vergestalt in die verbeelding van die teksgebruiker/karakter.

En résumé: die skepping van subwêrelde deur teksgebruiker-karakters en ander karakters se wisselwerking

Die teksgebruiker-karakter beskik oor die vermoë om binne die storiewêreld subwêrelde te projekteer. Elke subwêreld word gekonstrueer deur die teksgebruiker-karakter se kognisies. Hierdie kognisies kom tot gestalte in die manifestasies soos hipotetiese denke, fantasieë, spekulasies (met vrese en wense as onderafdelings) en verbeelde verhale wat in die storiewêreld geplaas is. Deur middel van die teksgebruiker-karakter se wisselwerking met ander karakters en die daaropvolgende kognitiewe aktiwiteite ontkiem talle subwêrelde en word die teksgebruiker-karakter ʼn vehicle vir die ontplooiing van subwêrelde.

5.5 Slotopmerkings

Hierdie hoofstuk was tweekantig; dit het gelykertyd ʼn teoretiese begronding van moontlike wêrelde-teorie geskep en ook dit geïnterpreteer in die konteks van Put your heart under your

oorsprong. Daar is bevind dat moontlike wêrelde-teorie spruit vanuit die analitiese skool se modale logika. Op grond daarvan word die heelal (geprojekteer deur die teks/uitstalling) ʼn hiërargiese sisteem waarbinne die teksgebruiker se werklike wêreld die middelpunt word waar rondom al die ander gekonstrueerde (sub)wêrelde wentel (Ryan, 2006b:446). Verder is getoon dat hierdie studie die absolutistiese en indeksale benadering tot die werklike wêreld sintetiseer. Wat hiermee bedoel word, is dat die sogenaamde werklike wêreld verteenwoordig word deur die domein waarbinne die teksgebruiker letterlik gesitueer is (absolutisties), maar ook sinspeel op die indeksale idee dat die teksgebruiker deur middel van ʼn verbeeldingryke spel en beliggaamde ervaring hierdie laasgenoemde wêreld tydelik en verbeeldingryk kan verlaat en vervang met die storiewêreld ontologie. Dit beteken dat die teksgebruiker kan ossilleer tussen verskillende (sub)wêrelde wat hul gelykertyd ook hul nuwe ‘werklike wêreld’ word. Daaropvolgend is daar bepaal dat ʼn moontlike wêreld gekonstrueer word vanuit taalkundige of ander semiotiese middele en bestaan in die verbeeldingsdomein van die teksgebruiker en/of karakter met behulp van toeganklikheidsverhoudinge.

Na aanleiding van die bostaande bespreking is Put your heart under your feet... and walk omraam as ʼn moontlike wêreld. Hierdie argument word baseer op die wyse waarop narratiwiteit die installasie omskep na ʼn storiewêreld (óf die vertrekpunt daarvan). Hierdie storiewêreld word ʼn moontlike wêreld deur middel van toeganklikheidsverhoudinge. Hierdie toeganklikheidsverhoudinge is nie gebaseer op die wyse waarop die storiewêreld met die werklike wêreld mimeties ooreenstem nie, maar die gedeelde menslikheid wat te voorskyn kom in die installasie. Hierdie gedeelde menslikheid kom tot gestalte in die vorm van die dood. Dood as deurslaggewende tema word ingeprent in die installasie nie net deur visuele gegewens in Put your heart under your feet... and walk nie, maar ook deur middel van paratekstuele data wat ʼn metaleptiese kruising ondergaan. Daar is uiteindelik melding gemaak dat die installasie as storiewêreld en moontlike wêreld gebruik kan word as vertrekpunt ten einde talle moontlike subwêrelde te skep.

te voorskyn kom in die storiewêreld) en skep verdere interpretasies daarvan. Die goue draad wat dus als bymekaar bind is die narratiwiteit wat die teksgebruiker ontplooi om ʼn storiewêreld te skep, en die ontologiese multimodale metalepsis wat die kruising tussen verskillende (sub)wêrelde toelaat. Sonder hierdie narratiwiteit en metalepsis sou die teksgebruiker nie omskep kon word tot karakter nie, en sou daar geen waarneembare interpreteerder en wêreldskepper gewees het nie.

In die lig van die gevolgtrekking wat vroeër in hierdie hoofstuk gemaak is, kan daar aangevoer word dat die teksgebruiker-karakter die ruimte en gevonde objekte as storiewêreldelemente interpreteer en verdere wêrelde verbeeldingryk konstrueer. Daar word ook geargumenteer dat die teksgebruiker-karakter as vehicle moontlike subwêrelde konstrueer met betrekking tot hul blootstelling aan die karakterdimensies van die kunstenaar, kunswerke, en verskillende manifestasies van Elu. Die subwêrelde word gekonstrueer deur middel van die teksgebruiker-karakter se kognitiewe praktyke tydens hul wisselwerking met ander karakters. Hierdie kognitiewe praktyke sluit in: spekulasie, fantasie, hipotetiese denke en verhale in verhale.

Put your heart under your feet... and walk as installasiekunswerk word dus ʼn semanties

produktiewe struktuur wat ontologies gepluraliseer kan word tydens interpretasieprosesse. Hierdie gedagtegang sluit aan by Eco (1979) wat aanvoer dat ʼn teks ʼn masjien word vir die produsering van moontlike wêrelde (kyk ook Ryan, 1992:542). Eco (1984:246) tref ʼn onderskeid tussen drie verskillende moontlike wêrelde: 1.) die wêreld verbeel en bevestig deur die outeur; 2.) die moontlike subwêrelde wat verbeel word deur die karakters; en 3.) die moontlike subwêrelde wat die modelleser konstrueer. In die konteks van hierdie studie pas ek egter Eco (1984) se uiteensetting losweg toe. Deur Eco (1984) se idees te (her)kontekstualiseer in my studie kan daar aangevoer word dat Put your heart under your

feet... and walk talle moontlike (sub)wêrelde suggereer, maar dat dit die konsepte van

outeur, karakter en modelleser op verwikkelde wyse saamsnoer. Binne die raamwerk van hierdie installasie word die teksgebruiker die ‘outeur’ van die oorspronklike storiewêreld – die teksgebruiker skep dus hul eie eiesoortige narratief. Daaropvolgend word Eco (1979) se ‘karakter’ en ‘modelleser’ konsepte verweef deurdat die teksgebruiker getransformeer word (met behulp van narratiwiteit en metalepsis) na ʼn karakter wat as storiewêreldelement optree en as vehicle verdere subwêrelde verbeeldingryk skep.

Na aanleiding van narratiwiteit en ontologiese multimodale metalepsis kan daar aangevoer word dat in hierdie eksperimentele en hibriede ruimte van Put your heart under your feet...

teksgebruiker reis in die loop van hul indompelinge deur verskeie wêrelde: benewens die konkrete reis deur die verskillende aspekte van die installasie, reis hul ook deur die wêreld van Cohen en Elu se (hetero)outofiktiewe verhaalvertelling, asook die wêreld van die verbeelding. Dit plaas keer op keer verdere wêrelde op die tafel – alternatiewe wêrelde. Die ontologiese vertrekpunt is dus nie ʼn geloof in objektiewe en vaste realiteit nie, maar eerder die gedurig veranderende en skeppende proses. Daar kan uiteindelik tot die gevolgtrekking gekom word dat Put your heart under your feet... and walk voorts die moontlikheid bied vir verskillende moontlike wêrelde, naamlik die storiewêreld en subwêrelde.

Hoofstuk Ses

Opsommend: Hoofmomente van die verhandeling en gevolgtrekkings

6.1 Inleidend

In hierdie verhandeling is ʼn ondersoek onderneem na die komplekse wyses waarop Steven Cohen se Put your heart under your feet... and walk moontlike wêrelde resoneer. Ek het die maniere waarop die kunsuitstalling as installasiekunswerk sinspeel op moontlike wêrelde ondersoek, met begrip van die narratiwiteit wat gesuggereer word en die ontologiese multimodale metalepsis wat plaasvind. Hierdie hoofstuk bied ʼn samevatting van die voorafgaande hoofstukke se hoofargumente, asook gevolgtrekkings oor moontlike wêrelde in die konteks van Put your heart under your feet... and walk.