• No results found

Gefiksionaliseerde kunswerke ondersoek as vergestalting van wêreld-

4.4 Die metaleptiese benadering tot (sub)wêreld oorvleuelings in Put your heart under your

4.4.1 Metalepsis in die konteks van werklike wêreld en storiewêreld-oorvleuelings

4.4.1.4 Gefiksionaliseerde kunswerke ondersoek as vergestalting van wêreld-

Die metalepsis wat plaasvind in Put your heart under your feet... and walk, met betrekking tot die kunswerke, word hier ondersoek. Hoewel Hoofstuk Vier tot op hede reeds verskeie media onder die vergrootglas geplaas het met verwysing na die parakteks as epistemologiese instrument, kunstenaar as performatiewe medium, en die ruimte as fasiliterende medium, sal hierdie bespreking fokus op die gevonde objekte as mediums wat ook ʼn metaleptiese oorvleueling suggereer. Die doel hiermee is tweeledig: eerstens om ʼn metaleptiese oorkruising onder die loep te neem en tweedens verder klem te plaas op metalepsis se multimodale potensiaal. Die bespreking rakende die kunstenaar en metalepsis in afdeling 4.4.1.2 het reeds die video-werke Fat en Blood onder die teoretiese lens geplaas. Gevolglik sal slegs die sogenaamde gevonde objekte as komponente van die installasie bespreek word.

Deur voort te bou op wat reeds in Hoofstuk Een en Drie bespreek is, is hierdie kunswerke eiesoortige gevonde objekte. Richards (2002:38) argumenteer dat Suid-Afrikaanse konseptuele kunstenaars veral daartoe geneig is om gevonde objekte (in Cohen se geval balletskoene en kitsch objekte) en semantiese representasie (hetero-outofiktiewe narratief) as kunsmateriale te benut in ʼn skeppingsproses waarvolgens die verbeelding en handewerk samehangend gebruik word (vgl. Van der Walt, 2014). Cousijn (2016) redeneer binne die raamwerk van eietydse kunspraktyke dat daar nie ʼn ontologiese onderskeid getref kan word tussen kunsskepping en kunstentoonstelling nie. In die konteks van kontemporêre kuns word daar geargumenteer dat: “to make art is to show things as art” (Groys, 2010). Hierdie gedagtegang sluit aan by die gevonde objek aspek in Put your heart under your feet... and

Fig. 4.20. Steven Cohen. Eternity (engagement ring napkin holder). 2017.

Fig. 4.22. Steven Cohen. Right angle (furniture moldings). 2017.

Fig. 4.23. Steven Cohen. Dispossesion (key). 2017.

Die verdere gebruik van verbruikersobjekte kom ook te voorskyn in werke soos Abject wat verflenterde en verskeurde balletskoene toon (Cohen, 2017:104). Die kruks van die probleem kom na vore in die wyse waarop al die objekte in mindere of meerdere mate onderworpe is aan ʼn proses van ‘samevoeging’. Daar is reeds verwys na hierdie samevoegings met betrekking tot die arbeidstyd wat verband hou met die skepping van die kunswerke binne Hoofstuk Drie se fokus op sekwensialiteit.

by die teksgebruiker kweek, juis omdat die objekte assosiasies met die sogenaamde werklike wek (kyk Combrink-Rathbone, 2014). Dit kan byvoorbeeld aangespoor word deur paratekstuele aanwysers met betrekking tot die kunswerke. Een so ʼn voorbeeld kom tot gestalte in Cohen se opmerking: The terrible things in my work are the things out there, the

things I find (kyk Cohen, 2017:116). Na aanleiding van die voorafgaande kan daar afgelei

word dat things out there verwys na objekte in die werklike wêreld. Daar kan dus aangevoer word dat hierdie kunswerke nie op sigself objekte of gekonstrueerde samevoegings is nie, maar beide. Met verwysing na Derrida ([1967] 1976) bereik hierdie werke dus différance116;

dit is onmoontlik tog moontlik, teenwoordig dog suggereer dit afwesigheid (kyk Hart, 2004:56; Combrink-Rathbone, 2014).

Die werke as fragmente word daarom verwyder van hul oorspronklike konteks en word geherrangskik binne ʼn nuwe ensemble om sodoende nuwe kontekste en verhoudings te vorm (vgl. Nel, 2017:240). Buiten die multigelaagede en ewigdurend uitgestelde betekenisse in hierdie gevonde objekte ondergaan hierdie objekte ook ʼn proses van fiksionalisering waartydens die alledaagse voorwerpe omskep word tot storiewêreldelemente. Met betrekking tot die voorgenoemde sou een so ʼn kunswerk verwys na Vigour Mortis wat van ʼn werklike wêreld gemummifiseerde kat tot fiktiewe element omskep word (kyk Cohen, 2017:126). In hierdie werk is daar elemente wat sinspeel op dood en die oorblyfsels van hierdie wesens wat dui op die soeke na behoud van die gestorwe wesens. Katte is simbolies van wedergeboorte en opstanding (weens hul ‘nege lewens’). Die gebruik van die kat saam met Elu se skoen as instaan-element kan sinspeel op die storie dat Elu deur Put your heart under your feet... and walk herleef en verwerklik word. Die benaming van hierdie kunswerk is interessant en mag hierdie storie verder beïnvloed.

Vigour se betekenis kan verstaan word deur dit te vergelyk met konsepte soos goeie

gesondheid, robuustheid, lewenskragtigheid, vitaliteit en geesdriftigheid. Die tweede helfte van die kunswerk se naam Mortis is die Latynse woord vir dood en word gewoonlik geassosieer met die mediese term rigor117 mortis. Die spel tussen lewe en dood en stilstand

en beweging in beide die titel en mummie kan, myns insiens, die teksgebruiker aanspoor

116 Derrida se konseptualisering genaamd différance bevorder die gedagte dat volkome betekenis nooit ten

volle ontbied kan word nie (Biro, 1990:40; Willette, 2014). Deur gebruik te maak van assosiatiewe strategieë skep Derrida die begrip différance met ’n spel op die assosiasies “difference – differing – deferring” (Culler 1983:97 aangehaal deur Lategan, 2011:5). In die opstel Différance (1968) dui Derrida aan dat betekenis ʼn eindelose ketting van to differ en to defer is (vgl. Prasad, 2007). Deur middel van différance wil Derrida doelbewus die volle potensiaal en veelduidigheid van tekste aantoon (Lategan, 2011:5).

117 Rigor mortis verwys na die derde stadium van die dood waartydens die ledemate van die lyk verstyf en

om die kat te fiksionaliseer tot ʼn zombie118–karakter wat katvoet tussen die lewe en dood

beweeg.

Fig. 4.25. Steven Cohen. Vigour Mortis (mummified cat). 2017.

In ag genome van die bostaande voorbeeld en argumente aangebied in Hoofstuk Drie beskik hierdie werke oor agentskap. Dit vind neerslag in die wyse waarop die skepping van die kunswerk beskou kan word as ʼn transformasie waartydens die (gebruikte) balletskoen (verbind aan ʼn objek) in ʼn nuwe skepsel omskep word en die teksgebruiker hierdie reïnkarnasie aktualiseer tydens ʼn verbeeldingryke spel. Hier word ʼn verbeeldingryke spel ʼn beslissende faktor binne die omskepping van ʼn semiotiese artefak tot storiewêreldelement. ʼn Potensiële interpretasies kan verwys na die wyse waarop die werke That time in Austria,

That time in Poland, en That time in France (kyk Hoofstuk Drie, afdeling 3.3.4)

verbeeldingryk gefiksionaliseer word tot driepootkreature. Die vormgewing van die konstruksie roep idees van die swastikateken op. Hierdeur kan die teksgebruiker die objekte omskep na queer en liminale karakters wat enersyds die Jode representeer en ook te gelykertyd die sogenaamde Ariese ras. Dit vind gestalte in die wyse waarop dié dierpote idees van Jood-voete ontlok en die perfekte balletskoen tekenend kan wees van die

agentskap ontwikkel deur middel van die teksgebruiker se verbeeldingryke praktyke vind ʼn metaleptiese oorvleueling plaas.

Die werklike wêreld-skoen en verbonde objekte (soos byvoorbeeld ʼn gemummifiseerde kat of dierpoot) as kunswerke vervaag die grense tussen wêrelde deurdat dit storiewêreldelemente word tydens die storiewêreldskepping. Verbruikersitems wat ʼn proses van samevoeging, vertoning, fiksionalisering en aktualisering tot eiesoortige agent ondergaan vergestalt dus ʼn oorvleueling tussen die werklike wêreld en storiewêreld. In hierdie interdissiplinêre navorsingsruimte argumenteer ek dus dat die eiesoortige gevonde objekte binne Put your heart under your feet... and walk nie net eindelose interpretasiegeleenthede karteer nie, maar ook ʼn metaleptiese oorkruising tussen die werklike wêreld en storiewêreld daarstel.