• No results found

Die oorkruising van wêrelde soos gematerialiseer deur ruimte en bemiddel deur

4.4 Die metaleptiese benadering tot (sub)wêreld oorvleuelings in Put your heart under your

4.4.1 Metalepsis in die konteks van werklike wêreld en storiewêreld-oorvleuelings

4.4.1.3 Die oorkruising van wêrelde soos gematerialiseer deur ruimte en bemiddel deur

ʼn Verdere domein wat onderwerp word aan ʼn oorkruising van wêrelde verwys na die galeryruimte as liminale sone van tyd en plek. Die lokus van hierdie argument vind neerslag in wyse waarop die galeryruimte ʼn gelade milieu112 is wat beide storiewêreld en werklike

wêreld materialiseer en (her)verbeel. Voordat ek die bespreking rig na metalepsis, verwys ek weer vlugtig na die Stevenson Gallery se Johannesburgruimte die gekose ruimte waarbinne teksgebruikers ʼn storiewêreld kan verbeel, hetsy die storiewêreld in die galery

beliggaamde wyse (her)sentreer word in ʼn gerepresenteerde wêreld, ongeag of dié wêreld werklik of fiktief is.

Na aanleiding van Hoofstuk Drie se bespreking oor fiksionalisering en die wyse waarop dit die galeryruimte transformeer tot vertrekpunt vir die konstruering van ʼn eiesoortige storiewêreld, kan daar aangevoer word dat die galeryruimte ʼn vorm van metamorfose ondergaan. Die galeryruimte word dus getransformeer vanaf ruimte tot plek. Plek is emotief, multimodaal en gelaagd; terwyl ruimte abstrak en sonder beduidende betekenis is (vgl. Greyling, 2015:318). Soos Buell (2005:63) en Relph (1976:49) in hul afsonderlike argumente merk, verwys die konsep sin van plek dat plekke met betekenis en gevoel geassosieer word (vgl. Greyling, 2015). Hierdie assosiasie van betekenis en gevoel sluit aan by Sassen (2017) se stelling met betrekking tot die hoogs persoonlike dampkring van Put your heart under

your feet... and walk se ruimte:

… when you enter this space, there is something so richly personal, so irrevocably about the dancer himself, that it feels that Elu is present. Immortalised. Dancing with his characteristic sense of anguish and self-belief, in these shoes, or those. In pain and in joy.

Die Stevenson Gallery gee nie slegs ʼn sin van plek weer nie, maar word ook op sigself ʼn ‘plek’. Dié plek en sin van plek wat deur ʼn galery vergestalt kan word, kan dus wissel tussen ʼn abstrakte en konseptuele ruimte tot ʼn konkrete en spesifieke plek; en van persoonlike en private ervarings tot gemeenskaplike en gedeelde belewenisse (vgl. Kinoshita 2012; Greyling 2014:90–91 aangehaal deur Greyling, 2015:313). In hierdie studie verwys plek en sin van plek dus na die storiewêreld wat gekonstrueer word in Put your heart under your

feet... and walk. Soos reeds vermeld, voer Ryan (2014) aan dat ʼn storiewêreld gedefinieer

kan word as die storieruimte wat deur die teksgebruiker se verbeelding op grond van kulturele kennis en werklike wêreldondervinding voltooi word. Met betrekking tot hierdie persoonlike en private ervarings tot gemeenskaplike en gedeelde belewenisse in die storiewêreld voer Greyling (2015:309) aan dat die idee om binne-in ʼn plek te wees en talle ervaringsdimensies te beleef beskryf kan word deur woorde soos ingeplaastheid, beliggaming en ‘immersie’.

Hierdie studie gebruik die term beliggaamde ervaring om die quasi-mimetiese oproep van werklike wêreld-ervaringe te beskryf (kyk Hoofstuk Twee afdeling 2.3.5). Hierdie oproep van werklike wêreld-ervaringe sal dus ook die belewing van ruimte insluit. Na aanleiding hiervan beleef die teksgebruiker die galeryruimte as ʼn dialogiese ruimte wat gesuspendeer is tussen die storiewêreld en werklike wêreld. Sodra die ruimte egter gefiksionaliseer word en die

teksgebruiker aan ʼn beliggaamde ervaring deelneem, transformeer Stevenson Gallery van ʼn werklike wêreld-ruimte tot ʼn storiewêreldplek (of die vertrekpunt daarvan). Die dialogiese suspensie van die galery tussen verskillende wêrelde kom byvoorbeeld tot gestalte in die wyse waarop die ruimte transformeer word tot ʼn storiewêreldplek en die manier waarop die plasing van byvoorbeeld die balletskoene die teksgebruiker herinner aan grafte113. Die

galery kan dus op verbeeldingryke wyse tydelik ʼn begraafplaas114 word – hier word die

galeryruimte die letterlike tyd-ruimtelike milieu van die storiewêreld. Die teksgebruiker beweeg dan letterlik deur die storiewêreld begraafplaas en konstrueer deur middel van hul aksies en kognisies die gebeure in die verhaalwêreld.

Met verwysing na strokiesprente argumenteer Denson (2013) dat die rame wat die panele van mekaar skei die teksgebruiker toelaat om ʼn onderskeid te kan tref tussen die voorgestelde/gerepresenteerde objek en die voorstelling/representasie daarvan, en dat hierdie rame die teksgebruiker nooi om die grens tussen besigtiging en beeld te oorkruis. Ek is van mening dat hierdie argumentasielyn toepaslik is in Put your heart under your feet...

and walk. Die sogenaamde white cube115 van die galery word sigself ʼn metaforiese raam

wat die galeryruimte in die geheel omraam. Hierdie raam stel teksgebruikers in staat om die voorgestelde/gepresenteerde objek (soos byvoorbeeld ʼn balletskoen) en die voorstelling/representasie van die objek (ʼn gevonde objek in die vorm van ʼn balletskoen) waar te neem. Dié dialektiek van die beeld kan toegeskryf word aan omraming wat die grens (wat ʼn beeld as ʼn eenheid definieer) merk. Volgens Denson (2013:274) is ʼn raam (hetsy fisies gekonkretiseer of virtueel) ʼn toestand van perseptuele seleksie. Die raam skei dus die beeld van die ruimte daaromheen. Dit beteken dat die ‘raam’ van die galery die teksgebruiker toelaat om ʼn onderskeid te kan tref tussen werklike wêreld entiteite en storiewêreldelemente. Hierdie gedagtegang mag ook toepaslik wees met betrekking tot die

113 Myns insien kan die gevonde objekte verbeeldingryk omskep word na grafte. Hierdie gedagte word geskoei

op drie idees: 1.) graf(stene) word gebruik in onder andere die Joodse-religie en mag daarom in die konteks van Put your heart under your feet... and walk as gedenkteken(s) funksioneer; 2.) grafte bevat gewoonlik die oorledene se naam, geboortedatum, doodsdatum, saam met ʼn persoonlike boodskap of gebed en soms selfs

lae plinte wat die objekte op unieke wyse omraam, beklemtoon en onderskei van die res van die ruimte. Dié rame kan ook as ʼn sone van konneksie dien en die teksgebruiker nooi om die drempel liminaal van die werklike wêreld kunswerke na die storiewêreld te oorkruis (vgl. Kukkonen, 2017). Die raam bied dus die vertrekpunt tussen die balletskoene as kunswerke na die balletskoene as eienaardige ‘karakters’, omdat dit die teksgebruiker motiveer om ʼn verbeeldingryke spel te ontplooi.

Indien die teksgebruiker besluit om hierdie grens oor te steek, neem hul deel aan ʼn verbeeldingryke spel. Smiley (1999:12,46) benadruk die doelbewuste betrokke indompeling in ʼn plek. Vir hom is ingeplaastheid ʼn doelbewuste daad van verbinding en herverbinding (kyk Greyling, 2015). Aansluitend by hierdie idee van verbinding en herverbinding is die argument dat sosiale kontekste, gebeure en ruimte(s) ʼn hermeneutiese sirkel karteer (Abrams & Harpham, 2005:135; Blackburn, 1994:172). Hierdie gedagtegang sluit aan by die voorafgaande bespreking van die kunstenaar, waar daar gestel is dat die kunstenaar en sy unieke karakterdimensies voortdurend ossilleer tussen die werklike wêreld en storiewêreld. Die galeryruimte word ʼn milieu waarin die teksgebruiker van sy of haar alledaagse bestaan kan ontsnap (werklike wêreld) en hulleself oop stel vir ʼn ander soort ervaring, wat ook tot nuwe en groter perspektiewe kan lei (vgl. Duncan,1995:12,20 aangehaal deur Greyling, 2015). Hier kan die galery dalk verbeeldingryk omskep word na ʼn doolhof waardeur die teksgebruiker moet beweeg. Tydens hul verkenning van die doolhof word hul (die teksgebruikers) deurlopend gekonfronteer met raaiselagtige objekte wat hul ‘uitdaag’. Die teksgebruiker word uitgedaag in die wyse waarop die absurde objekte nadenke verg. Die teksgebruiker moet dus probeer sin maak van hierdie objekte en hul potensiële betekenis. Verbeeldingryk is die teksgebruiker daarom gesitueer in ʼn uitdagende doolhof-ruimte, maar omdat beliggaamde ervaring slegs tydelik is, word die teksgebruiker ook gereeld herinner daaraan dat hul eintlik in ʼn galery is. Dit beteken dat die doelbewuste ossillasie tussen die werklike wêreld en storiewêreld ruimtes (met die nodige fiksionalisering en beliggaamde ervaring) ʼn metaleptiese oorvleueling konstitueer.

En résumé: die oorkruising van wêrelde soos gematerialiseer deur ruimte

Die fiksionalisering van die galeryruimte van werklike wêreld ‘ruimte’ tot storiewêreld ‘plek’ sinspeel op die gedagte dat die storiewêreld die teksgebruiker se fisies-sensoriese ruimte (werklike wêreld) kan betree. Die verreikende implikasie hiervan is dat dit ʼn metaleptiese oorvleueling eggo – wat buite die raamwerk van letterkunde plaasvind en dus die multimodale potensiaal van metalepsis beklemtoon. Die metalepsis vind daarom plaas as geveinsde oortreding van grense deur die ruimte wat ʼn oorvleueling tussen die werklike

wêreld en storiewêreld fasiliteer. Die galeryruimte, as gefiksionaliseerde en fasiliterende medium, baan dus die weg vir ʼn laterale oorkruising tussen werklike wêreld en storiewêreld en die uiteindelike vervaging tussen die grense van fiksie en die werklike.

4.4.1.4 Gefiksionaliseerde kunswerke ondersoek as vergestalting van wêreld-