• No results found

ʼn Agtergrondskepping van moontlike wêrelde-teorie

5.2 ʼn Teoretiese raamwerk van moontlike wêrelde-teorie in die konteks van Put your heart

5.2.1 ʼn Agtergrondskepping van moontlike wêrelde-teorie

Kripke (1963) se modale125 sisteem merk die historiese vertrekpunt vir die konseptualisering

van moontlike wêrelde-teorie. Hierdie outeur (1963) se oorspronklike argumente is geskoei op Leibniziaanse126 metafisika. Doležel (1998) beaam die voorafgaande deur klem te plaas

op die wyse waarop moontlike wêrelde-teorie in die vroeë sestigerjare onder die narratief- filosofiese vergrootglas geplaas is met betrekking tot Kripke (1963) se modaal-gesentreerde artikel getiteld: “Semantical Considerations On Modal Logic” (vgl. Vernay, 2014:133). Die narratologiese toepassing van moontlike wêrelde-teorie spruit dus vanuit ʼn model wat ontwikkel is vanuit modale logika deur filosowe van die analitiese skool (Ryan, 2006b:644). Hierdie analitiese filosowe sluit in Kripke (1972), Hintikka (1967), Plantinga (1974), en in besonder Lewis (1973) en Rescher (1973). Na aanleiding hiervan het narratoloë soos Pavel (1986) en Doležel (1988; 1998) modale logika en die teorie van moontlike wêrelde op die narratologiese voorgrond geplaas (Meister, 2014). Ter aansluiting hierby het narratoloë soos Ronen (1994) en Ryan (1991a; 1991b) moontlike wêrelde-teorie geïnspireerde konsepte soos ontologie, verwysing (reference) en modaliteit geapproprieer en toegepas in die konstruksie van narratiewe wêrelde (Bell, 2011:68). In postklassieke narratologie word die gedagte ontgin dat ʼn pluraliteit van moontlike wêrelde mag bestaan en dat daar ‘werklike’ en moontlike wêrelde bestaan. Hierdie benadering bied ʼn teoretiese vertrekpunt met

Ryan (2006b:446) gebruik Kripke (1963) se modale sisteem om te verduidelik wat moontlike wêrelde is. Hierdie werklikhede oftewel narratiewe heelalle bestaan in ʼn hiërargiese struktuur. Dié struktuur het een duidelike aangewese element, naamlik die werklike wêreld. Die werklike wêreld staan teenoor al die sogenaamde satelliete van die heelal. Hierdie ander satelliete is dan moontlike wêrelde (kyk Van der Merwe, 2011:27).

Die werklikheid is daarom gekonstrueer vanuit ʼn pluraliteit van verskillende (verbeelde) wêrelde. Ryan (2006b:644) verduidelik hierdie narratologiese heelal deur die analogie van ʼn sonnestelsel te gebruik. In die middel van hierdie sonnestelsel is ʼn wêreld wat bekendstaan as die werklike wêreld. Hierdie werklike wêreld is omring deur subwêrelde (byworlds) wat moontlik, maar nie werklik is nie. Dié wêrelde bestaan op ʼn veranderlike afstand van die werklike wêreld en verskil tot ʼn mindere of meerdere mate van die werklike wêreld (Ryan, 2006b:645). Sodoende word ʼn narratiewe heelal geskep wat die feitelike met die nie-feitelike, en die fisiese met die kognitief-verbeelde verbind (vgl. Ryan, 2006b:648; Van der Merwe, 2011:27). Omdat die som van die verbeelde beide die werklike en die onwerklike (fiktiewe) insluit, is daar ʼn direkte verhouding tussen die werklike en die verbeelde. Die implikasie hiervan is dat ʼn fiktiewe wêreld ʼn moontlike wêreld kan wees (meer hieroor later in afdeling 4.2.2).

Hierteenoor word die sogenaamde werklike wêreld in die narratologie op twee uiteenlopende wyses behandel. Ryan (2006b:645) voer aan dat die nugtere (commonsensical) benadering verwys na die absolutistiese siening. Dié absolutistiese siening behels dat die werklike wêreld se ontologiese statuur verskil van moontlike wêrelde, omdat slegs dié wêreld op outonome wyse bestaan. In dié absolutistiese argument is die werklike wêreld tasbaar. In teenstelling daarmee is alle ander wêrelde die produk van verbeeldingryke aktiwiteite (vgl. Bell, 2016:6). Hierdie aktiwiteite verwys na dinge soos om te droom, te verbeel, te voorspel, of storievertelling. Soos in Hoofstuk Een reeds aangedui is, argumenteer Ryan (1991b; 2001; 2006a) en talle ander teoretici dat die werklike wêreld verteenwoordig word deur die domein waarin die teksgebruiker gesitueer is (Bell, 2011:69). Hier kan die kruks van my argument reeds kortliks geantisipeer word. Indien die beliggaamde ervaring (soos bespreek in Hoofstuk Drie) en daaropvolgende metalepsis (in Hoofstuk Vier) van die geïdentifiseerde performatiewe mediums in Put your heart under your

feet... and walk se ontologiese pluraliteit en onstabiliteit in ag geneem word, kan die

teksgebruiker/karakter se sogenaamde werklike wêreld-statuur geproblematiseer word omdat hul moontlik deel vorm van ʼn ander ontologie.

ʼn Ander beskouing van wat die werklike wêreld is, word aangebied deur Lewis (1973:84– 91) en staan bekend as modale realisme (Ryan, 1992:529; 2006b:645). Hierdie beskouing behels dat alle moontlike wêrelde ewe werklik is. Ryan (2006b:645) merk egter dat indien alle moontlike wêrelde ewe werklik sou wees word die bepaling van watter wêreld die werklike wêreld is geproblematiseer. Lewis (1973) voer aan dat die werklikheid ʼn indeksale idee is. Dit sou beteken dat die werklike wêreld se statuur varieer met die situering van die teksgebruiker (speaker kyk Ryan, 1992:529) en gepaardgaande deiktiese soos ‘ek’, ‘jy’, ‘hier’ en ‘nou’. Die ‘werklike wêreld’ verwys dus na ‘die wêreld waarin ek (wie ook al die ek mag wees ) geplaas is’ en alle ander moontlike wêrelde is ‘werklik’ vanuit die oogpunt van hul inwoners (Ryan, 2006b:654). Volgens hierdie indeksale benadering is die wêreld wat ons as werklik beskou ʼn nie-werklike moontlike wêreld vanuit die oogpunt van lede van die wêrelde wat ons as nie-werklik beskou.

Die narratologiese benadering tot moontlike wêrelde-teorie steun veral op die laasgenoemde indeksale teorie van die werklikheid (Ryan, 2006b:651). Die rede hiervoor is dat dit verduidelik hoe fiktiewe heelalle gesentreer kan word rondom hul eie werklike wêrelde, hoewel hierdie wêrelde vanuit teksgebruikers (ons) se oogpunt nie-werklike konstruksies van die verbeelding is. My benadering sluit aan by beide die absolutistiese en indeksale teorie van die ‘werklike wêreld’. Ek argumenteer dat die teksgebruiker letterlik gesitueer is (absolutisties) in die werklike wêreld, maar in meer as een ‘werklike’ wêreld (verbeeldingryk) geleë kan wees (modale realisme/indeksale benadering) (vgl. Ryan, 1991a:554). Die teksgebruiker kan dus letterlik gesitueer wees in werklike wêreld- installasiewerk (absolutisties), maar kan deur middel van narratiwiteit en metalepsis verbeeldingryk (figuurlik) getransponeer word tot die storiewêreld se ontologie en dit tydelik as hul nuwe werklik wêreld ervaar (indeksaal).

Ter verheldering van hierdie potensiële (werklike) wêrelde waarin die bostaande teksgebruiker gesitueer kan wees, lig ek vervolgens enkele aspekte vanuit Ryan (1991b; 1992; 2006b), Ronen (1994), Doležel (1998) en Pavel (1986) se argumente uit. Die

(ʼn narratiewe heelal)127. G is een van die objekte wat aan K behoort. Laastens is R die

verhouding tussen K en G (R is a ... relation defined over the members of K). Kripke (1963) interpreteer K as die stel van alle moontlike wêrelde. G verteenwoordig die werklike wêreld (die middelpunt van die narratiewe sisteem) en R is die toeganklikheidsverhouding. ʼn Toeganklikheidsverhouding is ʼn ooreenstemming tussen die moontlike wêreld en die sisteem van werklikheid (werklike wêreld) (kyk Van der Merwe, 2011:10). Ryan (1991b:31) verduidelik dat ‘moontlikheid’ sinoniem is met ‘toeganklikheid’: ʼn wêreld is dus moontlik in ʼn werklikheidsisteem mits dit toeganklik is tot die wêreld in die senter van hierdie sisteem. Binne die raamwerk van Ryan (2005b:446) se skrywe omarm toeganklikheidsverhoudinge hoofsaaklik logiese werklike wêreldwette: every world that respects the principles of non-

contradiction and the excluded middle is a possible world. Ryan (1991b:31–47) brei uit op

hierdie toeganklikheidsverhoudinge in haar boek Possible Worlds, Artificial Intelligence And

Narrative Theory. Sy (1991a) stel verder dat hierdie toeganklikheidsverhoudinge tot gestalte

kom in ʼn wye register en fenomene insluit soos fisiese wette, materiële oorsaaklikheid, aardrykskunde of geskiedenis, bevolkings van natuurlike spesies, stadiums van tegnologiese ontwikkeling, menslike inventarisse en dies meer (kyk Pearson, 2017:115). ʼn Wêreld is dus moontlik in ʼn werklikheidsisteem (K) indien dit toeganklik (R) is tot die wêreld wat gesitueer is in die middelpunt (G) van hierdie sisteem (vgl. Ryan, 2006b:645).

Diagram 5.1 van die narratiewe sisteem.

Die implikasie hiervan is dat die sogenaamde satelliete, in Ryan (2006b:446) se argumente, slegs moontlike wêrelde kan wees indien daar toeganklikheidsverhoudinge teenwoordig is. Verder is ʼn wêreld slegs moontlik indien dit verbind word aan die narratiewe heelal se middelpunt (die sogenaamde werklike wêreld) deur ʼn toeganklikheidsverhouding. ʼn Wêreld is dus moontlik in ʼn werklikheidsisteem indien dit toeganklik is vir die wêreld in die middelpunt van die sisteem (Ryan, 1991b:31). Die grense tussen moontlike en onmoontlike wêrelde hang daarom af van die spesifieke interpretasie wat aan hierdie toeganklikheidverhouding gegee word (Ryan, 2006b:645).

Laurie (2013:47) voer aan dat moontlike wêrelde in die letterkunde altyd verwant is aan die werklike wêreld, omdat die konvensionele begrip van woorde aan die werklike wêreld behoort. ʼn Konkrete vergestalting hiervan is die wyse waarop ʼn leser verstaan wat ʼn fiktiewe boot is, juis omdat hul weet wat ʼn werklike boot is. Ryan (2006b:646) beskryf fiktiewe wêrelde as nie-werklike moontlike wêrelde. Van der Merwe (2011:14) benadruk hierdie idee deur te stel dat:

Ryan (2006b:646) considers fiction as not merely a non-actual possible world, but a complete modal system centred around its own actual world, yet whose relations to the actual world make the fictional world “possible” in terms of the actual world as well.

Ronen (1996:21) definieer ʼn moontlike wêreld op sy beurt as ʼn nie-werklike en hipotetiese wêreld wat bestaan in terme van die werklike wêreld: a model constituted of a set of objects,

related in certain ways and maintaining some relationship with the actual state of the world.

Hierdie outeur (1996) se beskouing sluit daarom aan by Ryan (1991b; 1992; 2006b) se definiëring van moontlike wêrelde in die sin dat hierdie moontlike wêrelde ook rondom die werklike wêreld roteer met toeganklikheidsverhoudinge tussen die werklike wêreld en die moontlike wêrelde (kyk ook Van der Merwe, 2011:43).

besonder toepaslik vir die ondersoek na ʼn moontlike wêreld wat gesuggereer word deur modusse soos performance kuns, die visuele kunste, dans, videografie, mode, klank, en beeldhouwerk.

Na aanleiding van die bostaande teoretici se argumente kan die gevolgtrekking gemaak word dat ʼn moontlike wêreld gekonstrueer word vanuit teksmatige of ander semiotiese middele en bestaan binne die verbeeldingsdomein van die teksgebruiker en/of karakter met behulp van toeganklikheidsverhoudinge. In die lig hiervan word Put your heart under your

feet... and walk se storiewêreld as moontlike wêreld kortliks hersien ter uitbreiding van die

ondersoek na die installasie se storiewêreld as potensiële moontlike wêreld in Hoofstuk Drie.