HOOFSTUK 4: DATA-ANALISE EN BESKRYWING
4.3 Simplekse passings
Soos reeds genoem in 4.2.1, is 'n simplekse passing 'n eenvoudige vorm-betekenis-passing
waar die konseptualiseringsproses meer volgens of nader aan konvensie is, alhoewel die
passing tussen die leksikale item en die volledige holofrastiese gebruik (wat die funksie betref) moontlik verdere interpretasie verg.
'n Simplekse passing kan onderskei word wanneer daar 'n direkte passing tussen die
leksikale vorm en die betekenis gemaak word en die leksikale item dus
Hoofstuk 4 Data-analise en -beskrywing
90
(1) Alicia |pappa| As sy vir pappa sien28
Staan in die kot en roep hom
In Alicia se passing in (1), te wete [[PAPPA]/|pappa|], verwys die leksikale item |pappa| slegs na die entiteit [PAPPA] en is in ooreenstemming met gekonvensionaliseerde, oftewel volwasse taalgebruik. Alicia gebruik egter hierdie leksikale item holofrasties om twee funksies (vergelyk 2.1.2.3) uit te druk, naamlik om te verwys na die bestaan of herkenning van 'n objek en as 'n versoek dat 'n handeling moet plaasvind. Nog 'n voorbeeld waar daar na die bestaan of herkenning van 'n objek verwys word, is (2) hier onder in die vorm-betekenis-passing [[GORILLA]/|ghoela|], alhoewel die fonologiese vorm nog nie heeltemal gelyk is aan die wyse waarop 'n volwassene na die konsep sou verwys nie.
(2) Liandri |ghoela| Wys na 'n foto van 'n gorilla en noem hom ghoela
Wys na haar teddiebeer gorilla en noem hom ghoela
Uit die konteks is dit duidelik dat Liandri se intensie was om die gekonvensionaliseerde uitspraak van gorilla te gebruik, maar nog nie die vermoë het om die woord korrek uit te spreek nie. Daar kan vanuit hierdie kontekste afgelei word dat verdere interpretasie nie noodwendig nodig is rakende die wyse waarop Liandri konseptualiseer en kategoriseer ten einde 'n vorm- betekenis-passing te maak nie en daar kan verwag word dat sy mettertyd die konvensionele fonologiese vorm sal begin gebruik.
Met 'n simplekse passing maak die kind dus gebruik van een leksikale item om 'n hele uiting te impliseer. Dit sluit veral aan by Lust (2006:288) se definisie van 'n holofrase as die kind se vroeë enkelwoorduiting waartydens 'n hele proposisie deur 'n enkele woord verteenwoordig word (soos bespreek in 2.1.2.2). 'n Voorbeeld van só 'n leksikale item is Wilma se gebruik van |op| in (3).
28
Die woordgebruik in die voorbeelde is net so oorgeneem vanuit die data wat die respondente verskaf het. In alle gevalle word al die kontekste waarin die kind die leksikale item gebruik het ter wille van volledigheid, gegee. Die konteks wat in vetdruk aangedui is, is die konteks wat ter sake is vir die huidige bespreking.
Hoofstuk 4 Data-analise en -beskrywing
91
(3) Wilma |op| As sy op die kas wil sit As sy opgetel wil word
As sy sien haar sussie klim op iets
Uit hierdie kontekste wat aangebied word, is dit duidelik dat sy gewoon 'n sin impliseer soos 'Ek wil op die kas sit' of 'Tel my op' of 'Sussie klim op die kas'. Hierdie kontekste verwys egter ook na die aanwending van die leksikale item om verskillende funksies te verrig.
Soos bespreek in 2.1.2.3 noem Tomasello (2003:37) 'n aantal funksies wat deur 'n kind se eenwoorduiting geïmpliseer kan word. Die funksies wat hy onderskei, is ook sigbaar in die data wat in hierdie studie versamel is. Die relevante voorbeelde van die verskillende funksies word voorts puntsgewys bespreek.
(a) Versoek of verwys na die bestaan van objekte.
(4) Jacques |sjokolade| Enige sjokolade sweetie
As ons 'n slab eet
Voorbeeld (4) kan 'n verwysing wees na die bestaan van die objek, naamlik sjokolade, of na die handeling wat plaasvind, naamlik dat hy besig is om sjokolade te eet.
(b) Versoek of beskryf die herhaling van objekte of gebeurtenisse.
(5) Francois |nog| Gebruik as hy nog melk/pappies ens. wil hê
Francois se gebruik van |nog| is dus 'n versoek dat daar 'n herhaling van 'n sekere gebeurtenis moet plaasvind.
(c) Versoek of beskryf dinamiese gebeurtenisse waarby objekte betrokke is. (6) Jacques |op-pe-tel| As hy gedra wil word
As hy op 'n stoel wil sit
Jacques uiter die leksikale item |op-pe-tel| wanneer hy gedra wil word of op 'n stoel wil sit. Dit is dus die beskrywing of versoek van dinamiese gebeurtenisse waarby hy self betrokke is.
Hoofstuk 4 Data-analise en -beskrywing
92 (d) Versoek of beskryf die handelinge van mense.
(7) Wilma |toen| As sy haar skoene wil aantrek
As sy ander mense se skoene sien
As sy wil hê dat een van die gesinslede hul skoene moet aantrek
In die tweede konteks verwys Wilma wel na die skoen self, maar in die ander twee kontekste versoek sy dat 'n sekere handeling moet plaasvind, naamlik dat haar skoen of iemand anders se skoene aangetrek moet word. Dit is wel interessant in hierdie geval dat Wilma die leksikale item vir skoen kies eerder as vir aantrek. 'n Moontlike rede hiervoor kan wees, soos Tomasello (2000:38) dit stel (vergelyk 2.1.2.2), dat die leksikale item vir skoen meer markant in die volwassenes se taalgebruik is as aantrek en omdat dit die naamwoord in die uiting is.
(e) Lewer kommentaar op die ligging van objekte en mense.
(8) Anke |da| Wanneer ons vra waarheen sy wil gaan, sy wys met die vingertjie en sê 'da'
Sy beduie met die vingertjie en sê 'da' vir iets wat sy raaksien, bv. die hondjies
In hierdie voorbeeld gebruik Anke 'n bykomende gebaar saam met die gebruik van die leksikale item en hierdie gebaar is belangrik om die konteks te verstaan van wat sy bedoel. Met behulp van die aanwysende gebaar, lewer sy kommentaar op die ligging van objekte.
(f) Vra basiese vrae.
(9) Ashley |dá| Wys na iets
Vra vir iets
Vra dat iets benoem word (vra wat iets is)
Ashley vra dat iets benoem moet word of wat 'n spesifieke ding is deur die gebruik van die leksikale item |dá| ('wat is dit?').
Hoofstuk 4 Data-analise en -beskrywing
93 (g) Ken 'n eienskap toe aan 'n objek.
(10) Mandie |na| Sy sê dit wanneer sy nat word wanneer dit reën
Sy sê dit wanneer sy reën sien
Sy sal vat aan my nat hare en sê nat
In hierdie kontekste ken Mandie dus die eienskap van natheid aan sekere items toe. (h) Gebruik performatiewe om spesifieke sosiale gebeurtenisse en situasies aan te dui.
(11) Liandri |hallo| Groet mens in die oggend of as sy ouma of oupa of ander bekendes sien
Die vorm-betekenis-passings in bogenoemde voorbeelde is eenvoudig in die sin van dat die betekenis wat die kind aan die leksikale items heg, direk vanuit die konteks van gebruik afleibaar is29. Die verdere interpretasie is nodig om te bepaal watter funksie die holofrase vir die
kind vervul, maar die konseptualisering en kategorisering is gekonvensionaliseerd en kan derhalwe as simplekse passings beskou word. Soos wat die kinders se linguistiese sisteme meer uitgebreid raak, sal hulle meer leksikale items tot hul beskikking hê om die funksie van 'n uiting beter uit te druk.