• No results found

... ... Persoonlike toepassing: ... ... Vordering: Week 1 ... ... Week 2 ... ... ... Week 3 ... ... Week 4 ... ... ...

Aan die hand van hierdie Skrifgedeeltes kan ondermeer foutiewe oortuigings en selfleuens (Hoofstuk 3, vgl 3.5) geïdentifiseer en reggestel word. Die pastorant identifiseer die leuens wat hy of sy die meeste aan hom- of haarself ‘vertel’. Dit word dan neergeskryf en volgens die Skrif herstruktureer byvoorbeeld:

Leuen #1

Dit is 'n leuen omdat

...

Gedeelte vanuit die Bybel wat hierdie leuen teenstaan is ....

………

………

………

………

………

………

………

………

………

………

………

142

Die proses kan met elke verkeerde opvatting en selfleuen herhaal word en gereeld met die berader bespreek word, sodat die herhaling van die Bybelse waarheid geïnternaliseer en verandering van denke kan plaasvind.

5.3.3 Stap 3: Hanteer moontlike beperkings wat die verandering van denke negatief kan beïnvloed

In hoofstuk 3 (vgl. 3.5) is Thurman (1999) se verwysing na die “ABC” van denkvernuwing bespreek. Die pastorale berader kan hierdie riglyne met groot vrug inkorporeer in die vastelling van moontlike beperkings wat daar op die verandering van die pastorant se denke kan wees. Snellergebeure en innerlike oortuigings is twee moontlikhede wat die verandering negatief kan beïnvloed.

a. Snellergebeure

Snellers (triggers) in pastorante se lewe dui op sekere persone, plekke, voorwerpe of gebeure wat ongebalanseerde of negatiewe pynvolle denke ontketen (Roux, 2013:58). Daar word onderskei tussen eksterne snellers (werklike gebeure, persone of plekke) en interne snellers (soos ‘n herinnering uit die verlede of ‘n droom). Die verwagting van toekomsgebeure en selfs fisiese sensasies, soos byvoorbeeld ‘n verhoogde polsslag kan tot gedagte snellers lei. In Thurman se model dui die A op hierdie snellergebeure en moet die pastorant aangemoedig word om ‘n monetêre waarde aan negatiewe snellergebeure te koppel, sommige het slegs die waarde van ‘n 50c en ander van duisende Rande. Die doel hiervoor is dat die pastorant die werklike impak van die snellergebeure in perspektief sal beskou en sodoende bewus word van die emosionele snellers in sy of haar lewe, die relatiewe waarde of impak van die snellergebeure en wie die persoon is wat verantwoordelik is vir die ‘skade’ of vir die oplossing van die probleem. Die volgende voorbeeld gee meer duidelikheid op hierdie begrip: “Ek is baie ontsteld, want die vrou met die inkopiewaentjie het my motor gekrap. Ek is so ontsteld dat sy so agterlosing was, ek kan dit ‘n geldwaarde van R10 000 gee... maar, wag, ek het mos haar besonderhede, sy gaan die verantwoordelikheid vir die herstelwerk dra en daarom maak dit die ontsteltenis eerder R100.”

Snellers wat baie algemeen voorkom, is leuens wat die persoon aan hom- of haarself vertel en vir die waarheid glo (Thurman, 1999:174), byvoorbeeld “ek het nie ‘n probleem met drank nie Dis net vandag ‘n

A Snellergebeure Geen beheer B Selfgesprek (Innerlike oortuigings) Beheer deur bewustheid C Reaksie Verandering/genesing

143

uitsonderlike moeilike dag en daarom verdien ek die tyd van die oggend al ‘n drankie” of “Ag bog! Een bakkie nagereg na elke dag se hoofmaal is beslis nie die rede vir my gewigsprobleem nie.” Die pastorale berader kan die pastorant help om die leuen te identifiseer en dit dan met ‘n realistiese, gebalanseerde waarheid te vervang. Hoofstuk 3 (vgl. 3.5) beskryf ondermeer ‘n 12-weke program waartydens Thurman (1999:233–272) pastorante help om denkfoute soos leuens aan die self, te identifiseer en reg te stel. Ook in Hoofstuk 3 (vgl. 3.5), is aangetoon hoe foutiewe denkpatrone as snellers dien, byvoorbeeld “ek is nou regtig moeg en voel opstandig daaroor, maar ek moet nog eers by tannie Sus aanry”. Gebalanseerde denke sou waarskynlik iets wees soos “ek is nou regtig moeg, maar ek kies om by tannie Sus aan te ry. Sy waardeer dit altyd baie en die draaitjie gaan nie regtig ‘n verskil aan my moegheid maak nie.”

Die pastorale berader kan die pastorant daarin begelei om te besef dat leuengedagtes en denkfoute wat snellers vir reaksies word, deur ‘n aantal beginsels reggestel kan word soos om te onthou dat:

 Dit menslik is om te fouteer en nie nodig is dat foute wat begaan is, met woede teenoor die self of ander benader hoef te word nie.

 Almal nie tevrede gestel kan of hoef te word nie en die verslawing aan die goedkeuring van ander genees kan word deur doelbewus iets vernederend te doen soos om kliphard in ‘n hyser te begin lag (of watter voorbeeld ookal vir die pastorant van toepassing sou wees).

 Dat misleidende breinboodskappe van ware sensasie onderskei moet word (“ek is nie regtig te vaak om te fokus nie, ek is eintlik doodbang dat ek die werk nie gaan begryp nie”)

 Die pastorant moet onderskei tussen snellers uit die verlede en die werklike gebeure (“Al het die direkteur se geskree op my tydens die vergadering my ontsenu, het ek geglo dit is geregverdig en dat ek dit verdien het. Nou dat ek rustig en sonder die snellerreaksie daaroor besin, besef ek dat ek so gevoel het omdat dit my herinner het aan Mnr X wat in Gr 6 op my geskree het toe ek die boeke omgestamp het. Ek gaan more met die direkteur oor die insident gesels, want sy reaksie was onnodig en buite verhouding tot my vraag oor die prysaanpassing”.

 Onrealistiese denke en verwagtinge soos perfeksionisme as snellers vir reaksies kan dien. “Ek hoef nie die muur ‘n derde keer oor te verf nie. Die muur lyk eintlik goed genoeg.”

 Die pastorant moet daarin groei om probleme te konfronteer, eerder as om dit te vermy. (“Dit maak my rasend as sy....maar ek is te bang vir haar reaksie om dit aan te spreek.”)

Uit bogenoemde voorbeelde blyk dit dat denkfoute dikwels innerlike oortuigings tot gevolg het. Leuens wat foutiewe innerlike oortuigings tot gevolg het, is ondermeer selfleuens (“ek kan nie gelukkig wees as dinge nie volgens my sin verloop nie”), huweliksleuens (“my maat moet my emosioneel vervul”), wêreldleuens (“die verlede bepaal die toekoms”), geestelike leuens (“God se liefde moet verdien word”).

144

Sulke leuens ontstaan as gevolg van innerlike pyn en veroorsaak verdere innerlike pyn, maar word dikwels geglo en daarvolgens reageer wanneer bepaalde of soortgelyke gebeure gesneller word. Die aanspreek van innerlike oortuigings in die begeleiding van die pastorant is dus van groot belang.

b. Selfgesprek of innerlike oortuigings

“B” in die ABC van denkvernuwing dui op die innerlike oortuigings wat die pastorant huldig. Die pastorale berader moet die pastorant daartoe beglei om te leer wat die verband tussen emosies en gedagtes is (Hoofstuk 2, vgl. 2.5.3). Die aard van die innerlike oortuigings as gevolg van die snellergebeure, bepaal die emosionele, gedrags- en rasionele gevolge, daarom is duidelikheid omtrent die impak van hierdie aspek van groot belang in die herstrukturering van gedagtes. Innerlike oortuigings word ook beskryf as die ‘binnegesprek’ van die pastorant en beklemtoon weer die aanleer van nuwe vaardighede soos byvoorbeeld om meer bewus van eie denke te wees en nie die stroom van negatiewe denke toe te laat nie. Die begrip kan met die volgende voorbeeld geïllustreer word: A (snellergebeure) – my motor is gekrap; omdat B (innerlike oortuiging / binnegesprek) sy ongeërg en agterlosig was en nou sit ek met die skade; en dit gee aanleiding tot C (reaksie op gebeure) - verhoogde polsslag en vinnige asemhaling as gevolg van die ontsteltenis.

B (innerlike reaksie / binnegesprek) sou egter ook kon wees: ‘gelukkig aanvaar sy verantwoordelikheid’, wat gevolglik ‘n ander reaksie (C) teweeg gebring het. Die pastorant moet dus verstaan dat hy of sy nie soseer op die gebeure reageer nie, maar op die binnegesprek wat plaasvind (Hoofstuk 3, vgl. 3.5).

Die innerlike oortuigings of binnegesprek verwys na die pastorant se persoonlike reëls of verwagtinge wat hy of sy van hom- of haarself, ander mense en die wêreld het, asook na betekeniswaarde wat aan die eksterne en interne snellers geheg word (Roux, 2013:58-59). Die aard van die innerlike oortuigings (B) oor sekere gebeure (A), bepaal die emosionele, gedrags- en rasionele gevolge (C) by die pastorant.

Roux (2013:59) bestempel verkeerde en irrasionele maniere van dink as die wortel van die meeste probleme. Sulke denke raak mettertyd geoutomatiseerd (genormaliseer) met ‘n direkte invloed op gedragshandelinge. Met betrekking tot innerlike oortuigings, maak Roux (2013:58-59) die stelling dat die fynere besonderhede omtrent die aktiverende gebeure, van minder belang is as die pastorant se evaluasie omtrent die gebeure. Dit is gevolglik belangrik dat die pastorale berader met groot sensitiwiteit en respek, die pastorant sal begelei tot insig in die prosesse en daarna sal streef dat die pastorant sy/haar godsdienstige waardes en oortuigings sal verstaan en sy/haar denke daarvolgens sal verander.

145