• No results found

121 4.3.4.4 Faset 4: Taal (Grammatika en konsepte)

‘n Woordstudie van Romeine 12:1 en 2 volgens Louw en Nida se aanlyn Griekse woordeboek, asook volgens Strong se aanlyn Griekse woordeboek, het die volgende opgelewer:

Lewende: ζάω záō, dzah'-o; a primary verb; to live (literally or figuratively):—life(-time), (a-live/-ly),

quick.

Buite Bybelse gebruik: om te leef, asem te haal, tussen die lewendes te wees; om die ware lewe te geniet en aktief, geseënd en ewig in die Koninkryk te wees; om te leef en op te tree (living and acting); lewende water, vitaliteit; om sterk en effektief te wees.

Heilige: ἅγιος hágios, hag'-ee-os; from ἅγος hágos (an awful thing) (compare G53, G2282); sacred

(physically, pure, morally blameless or religious, ceremonially, consecrated):—(most) holy (one, thing), saint.

Buite Bybelse gebruik: baie heilig, ‘n heilige.

Offer: θυσία thysía, thoo-see'-ah; from G2380; sacrifice (the act or the victim, literally or figuratively):—

sacrifice.

Buite Bybelse gebruik: Opoffering, slagoffer.

Redelike godsdiens: λατρεία latreía, lat-ri'-ah; from G3000; ministration of God, i.e. worship: (divine)

service.

Buite Bybelse gebruik: binne die konteks van godsdienstige diens (ook binne die Levitikus aanbidding) of bediening en aanbidding; ook ‘n diens wat te huur is (“service rendered for hire”).

Gelykvormig: συσχηματίζω syschēmatízō, soos-khay-mat-id'-zo; from G4862 and a derivative of G4976;

to fashion alike, i.e. conform to the same pattern (figuratively):—conform to, fashion self according to Buite Bybelse gebruik: Om eie denke en karakter volgens ‘n ander se patroon te vorm.

Word verander: μεταμορφόω metamorphóō, met-am-or-fo'-o; from G3326 and G3445; to transform

(literally or figuratively, "metamorphose"):—change, transfigure, transform. Buite Bybelse gebruik: verander in ‘n ander vorm; transformeer.

122

Vernuwing van denke: μεταμορφόω metamorphóō, met-am-or-fo'-o; from G3326 and G3445; to

transform (literally or figuratively, "metamorphose"):—change, transfigure, transform. Buite Bybelse gebruik: renovasie, transformeer, vernuwing.

Van denke (gemoed, volgens die 1953 vertaling): νοῦς noûs, nooce; probably from the base of G1097; the

intellect, i.e. mind (divine or human; in thought, feeling, or will); by implication, meaning:—mind, understanding. Compare G5590.

Buite Bybelse gebruik volgens die lexikon Strong's G3563 - nous: the mind, comprising alike the faculties of perceiving and understanding and those of feeling, judging, determining; the intellectual faculty, the understanding; reason in the narrower sense, as the capacity for spiritual truth, the higher powers of the soul, the faculty of perceiving divine things, of recognising goodness and of hating evil; the power of considering and judging soberly, calmly and impartially; a particular mode of thinking and judging, i.e thoughts, feelings, purposes, desires

Beproef: †δοκιμάζω dokimázō, dok-im-ad'-zo; from G1384; to test (literally or figuratively); by

implication, to approve: allow, discern, examine, like, (ap-) prove, try.

Buite Bybelse gebruik: toets, ondersoek, deursoek, navors; vas te stel of dit die ware of egte produk is. 4.3.4.5 Faset 5: Openbaring van God

Morgan (2018:563) toon verskeie ooreenkomste met temas in ander Nuwe Testamentiese boeke aan waardeur God openbaar word, naamlik die versoening (vergelyk Rom 5:10-11 met 2 Kor 5:18-20, Ef 2:14- 18 en Kol 1:20-23), Adam as tipe van Christus (vergelyk Rom 12:4-8 met 1 Kor 15:21), die kerk as liggaaam van Christus (vergelyk Rom 12:4-8 met 1 Kor 12:4-31; Ef 4:15-16), verdeeldheid tussen gelowiges (1 Kor 10:23-11:1) en vrede (1 Kor 7:15; Ef 2:14-17, 2 Tess 3:16). Constable (2017) toon ook aan hoe Paulus met verskillende teruggrepe na die Ou Testament, belangrike waarhede oordra, byvoorbeeld Isak en Ismael (Gen 21:12) word in Romeine 9:7-8 aangehaal om aan te toon dat seën nie aan etnisiteit gekoppel is nie, die verhaal van die versteuring van voorspelde orde rondom Jakob en Esau (Gen 25:23) word in Romeine 9:1—12 aangehaal, en in Romeine 9:15 word Eksodus 33:19 aangehaal om met betrekking tot Moses aan te toon dat God genade betoon aan wie Hy goeddink.

Sccott (2018:501) noem die volgende openbaringe, naamlik die gelowiges het ‘n onweerlegbare erfenis in die Koninkryk (Rom 1-3), hierdie erfenis is gelykstaande aan Abraham se reg op die seëninge in die verbond vervat (Rom 6), vanuit hierdie erfenis het alle gelowiges toegang tot die voorregte en seëninge van die

123

verbond (Rom 5:1-12), die genade is in Jesus Christus aan die mensdom betoon om hulle van die straf op sondeval te red (Rom 5:12-21), en beide Joodse- en nie-Joodse gelowiges is vanweë die evangelie verplig tot heiligheid en gehoorsaamheid, selfs ten tye van beproewing en vervolging (Rom 9-11).

4.3.4.6 Faset 6: Integrasie (Toepassing en kontrole)

Romeine 12 handel oor Christenskap in die praktyk (Scott, 2018:502). Vers 3 – 8 getuig van die gelowige se roeping teenoor sy of haar medegelowiges. Die gawes wat van God ontvang word, moet ook in die diens van ander staan (Scott, 2018:502). Reeds in die Ou Testament word die boodskap gegee dat ‘n offergawe simbolies van die aanbidder se selfoorgawe is, maar toenemend het die offer die selfoorgawe vervang (Ps 40:7). In Romeine 12:1 en 2 word dit duidelik gestel dat die gelowige self as lewende offergawe tot beskikking van God moet leef, deur nie langer deur die ou natuur beheer te word nie, maar deur die Gees van God. Die gelowige moet anders as die sondige, gebroke wêreldsemens wees, nie net in gebruike en gedrag nie, maar ook innerlik. Dit is net moontlik as die gelowige sy of haar denke vernuwe en die rasionele ook in diens van God stel. Utley (2017) het aangedui dat dit belangrik is dat die mens se rasionele denke ook in sy aanbidding betrokke is, anders word aanbidding blinde navolging wat net geskik is vir die aanbidding van afgode wat nie kan sien nie.

4.4 SAMEVATTING

Die vier perikope wat eksegeties ondersoek is toon die belangrikheid van die vernuwing van denke aan. Wanneer ʼn persoon Jesus Christus as sy of haar Saligmaker en Verlosser aanneem, moet die proses van heiliging in sy of haar lewe begin. Heiliging is wanneer die gelowige monoteïsties leef en die Skepper God as enigste God aanbid. Geestelike groei behels dat gelowiges in kennis van die Waarheid sal toeneem (1 Tim 2:3-4). Die toeneem van kennis veronderstel die verandering of vernuwing van denke deurdat ou gesindhede en waardes vervang word met Woordgebasseerde gesindhede en waardes. Alle verandering of groei in mense se lewens begin op kognitiewe vlak. Die pastorale berader kan die bespreekte perikope aan pastorante voorhou om hul te lei in die vernuwing van denke, asook om die noodsaaklikheid daarvan te kan verstaan. Selfinsig maak verandering of vernuwing moontlik. In 1 Kronike 28:9 beklemtoon Dawid dat die heiliging van gedagtes beteken om dit vir God as’t war ‘opsy te sit’ en dit is belangrik om met doelbewuste bewustheid te waak waaroor gedink word. Vrywillige toegewyding van die denke aan God, volg op die bekering (omkeer) van verkeerde maniere van dink, ‘n groei in geloof en vertroue in God en regverdiging of vryspraak op verdienste van Christus. Vanuit Psalm 77 kan die voorbeeld gesien word van iemand wat in groot persoonlike nood verkeer het en die negatiewe uitwerking daarvan op sy hele lewe. Toe die psalmdigter egter doelbewus besluit het om aan God se wonderdade van die verlede te dink, het daar ʼn

124

totale gemoedsverandering gekom. Dit beteken egter nie dat die persoon sy of haar moeilike omstandighede of emosionele pyn moet ontken of onderdruk nie, dit bevat juis die erkenning daarvan tesame met die wete dat God in beheer is. Om op die probleme te fokus, lei tot wanhopigheid. As daar egter op God se heiligheid, trou en goedheid gefokus word, kom hoop en geloof weer tot stand en sien die gelowige kans om die omstandighede te kan hanteer in die wete dat God altyd by hom of haar is.

Wanneer ʼn persoon die dood in die oë staar, verdwyn alle onbenullighede en die allerbelangrikste waarheid word bevestig. Dit was dieselfde met Jesus toe Hy, drie dae voor Sy kruisiging, gevra word na wat die grootste gebod is. In Matteus 22:34-40 beskryf Jesus die belangrikheid daarvan om God met die hele hart, siel en verstand lief te hê en die medemens, soos jouself. Jesus hou die liefdesgebod as die fondament voor waarop alle gedrag gebou moet word. Dit impliseer dus weereens die vernuwing van denke, sodat die gelowige kan verstaan wat die raadsplan van God is en sodoende daarvolgens te lewe. Om God met die verstand lief te hê, beteken dat Hy nie met blinde toewyding nagevolg word nie, maar ook met die intellek en doelbewuste nadenke. In Romeine 12:1-2 som Paulus die praktyk van die liefdesgebod op. Gelowiges word aangemoedig om God in totaliteit te dien en te aanbid. Die gelowige gee hom- of haarself aan God oor as ʼn vrywillige offer. Die gelowige se lewenswyse moet anders wees as die van ongelowiges, nie net in gebruike en optrede nie, maar ook deur innerlike vernuwing. ʼn Verandering of vernuwing van denke sal uitloop op veranderde gedrag en sodoende kan die gelowige na innerlike genesing en vryheid gelei word.

125

HOOFSTUK 5

’n RASIONEEL-ANALITIESE PASTORALE MODEL OM PASTORANTE