• No results found

36 2.5.3 Die invloed van denke op emosionele belewenis

2.5.4 Invloede van denke op gedragshandelinge

Ten einde tussen gewoonte optrede en verslawingsoptrede te onderskei is die Merriam-Webster aanlynwoordeboek geraadpleeg.

Gewoonte gedrag word omskryf as: “regularly or repeatedly doing or practising something or acting in some manner; having the nature of a habit; customary; habitual candor; habitual behavior; habitual drug use; regularly or repeatedly doing, practicing, or acting in some manner; doing something by force of habit; habitual drunkards; a habitual liar; resorted to on a regular basis; our habitual diet; inherent in an individual; habitual grace.”

Verslawing word omskryf as: “the quality or state of being addicted as in addiction to reading; compulsive need for and use of a habit-forming substance (such as heroin, nicotine, or alcohol) characterized by tolerance and by well-defined physiological symptoms upon withdrawal; broadly: persistent compulsive use of a substance known by the user to be harmful ”.

Dit blyk dus dat gewoonte gedrag ‘n gereelde handeling is, soos byvoorbeeld die gewoonte om elke aand ‘n glas wyn te drink. ‘n Verslawing, daarteenoor is gebore uit ‘n onbeheerbare drang na en gebruik van ‘n gewoontevormende middel en daar is ook toenemend meer van die substans nodig om die drang te stil. Wood et al. (2002:1281-1297) se navorsing toon verskillende gedagtes en emosies aan wat tydens gewoonte- en nie-gewoonte optrede betrokke is. Gewoonte-optrede, dit wil sê, aksies wat gewoontlik daagliks en in stabiele omstandighede plaasvind, het gelei tot gedagtes wat nie met die deelnemers se aksies verband gehou het nie. Dit kan waarskynlik daaraan toegeskryf word dat die deelnemers nie doelbewus hul aksies deur gedagtes hoef te gerig het nie. Daarteenoor het nie-gewoonte optrede – dit wil sê optrede wat nie gereeld plaasvind nie of in ander konteks plaasvind - egter gedagtes tot gevolg gehad wat op die aksie gerig was. Daar is bevind dat gewoonte-optrede selfregulerende voordele gehad het, deurdat gewoonte-optrede minder stresvol was. Wood et al. (2002:1281-1297) maak die opmerking dat gewoontegedrag persone toelaat om tydens die optrede aan gebeure uit die verlede terug te dink of te beplan

43

aan toekomstige gebeure, maar die gevaar inhou dat outomatisering plaasvind wat nie met die konteks en stimuli verband hou nie. Gewoonte-optrede het ook die moontlikheid van verlaagde self-evaluering, waarskynlik weens die gebrek aan gedagtes wat op doelwitte en strategieë gerig is (Wood et al., 2002:1281- 1297). Denke speel dus ‘n rol speel selfs wanneer die persoon nie van sy gedagtes bewus is nie.

Nog ‘n element wat gedrag kan beïnvloed, is onlogiese denke. Hamidi en Hosseini (2010:1631) verwys aansluitend na onlogiese denke as denke wat ondermeer uitermatige beklemtoning van kompulsie of verpligting toon, byvoorbeeld “Ek BEHOORT ten alle tye suksesvol te wees” en “Almal MOET van my hou.” Onlogiese denke is dikwels ’n aanduiding van emosionele onaanpasbaarheid (Hamidi en Hosseini, 2010:1632). Hamidi en Hosseini (2010:1631-1636) se studie het ondersoek tot watter mate 210 vroulike adolesente logiese of onlogiese denke op emosionele, opvoedkundige en sosiale vlakke gehad het; en of, op watter wyse dit emosionele, opvoedkundige en sosiale aanpasbaarheid sou beïnvloed. Die studie het ondermeer aangetoon dat buitengewone hoë selfverwagting en angstigheid een van die tien faktore was wat die deelnemers se sosiale aanpassing beïnvloed het. ‘n Sterk gevoel van hulpeloosheid het emosionele aanpasbaarheid beïnvloed en ‘n geneigdheid tot oorafhanklikheid en blamering het opvoedkundige aanpasbaarheid beïnvloed.

Uit bostaande kan telkens gesien word hoe ‘n skadelike denkwyse op talle manier ‘n persoon se welsyn negatief kan beïnvloed. In die woorde van Banks (1988:41): “Mental health lies within the consciousness of all human beings, but it is shrouded and held prisoner by our own erroneous thoughts.”

Net so belangrik is die feit dat denke ook bydra tot geestesgesondheid en algemene welsyn. Banks (1998:1- 49) maak die stelling: die brein is die bron van intelligensie, bewussyn van die bestaan word deur die bewuste geskep en gedagtes lei die persoon as vrydenkende wese deur sy leefwêreld. Gedagtes is nie ‘n konkrete werklikheid nie, maar dit is deur gedagtes dat werklikhede geskep word.

In aansluiting by Banks se siening dat die mens reeds die intrinsieke vermoë het om deur reg te dink sy welsyn te verbeter, wys Pransky (2003:1-13) op twee belangrike punte, naamlik dat verandering slegs volhoubaar kan wees as denke ‘n verandering na die positiewe ondergaan en dat individue oor ‘n ingebore staat van gesondheid en welsyn beskik en nie uit die staanspoor beskou moet word as onvoltooid en in nood vir regstelling nie.

Die verhandeling van Rees-Evans (2012:1-152) is daarop gefokus om vas te stel of blootstelling aan die Drie Beginsel-gebaseerde Model (Gedagte, Bewyssyn en Denke) ‘n positiewe bydrae tot die sielkundige welsyn van sowel personeel en leerders kan hê. Rees-Evans (2012:1) wys daarop dat in die kontemporêre Westerse akademiese bestel, personeel dikwels uitbranding ervaar, leerders ‘n gebrek aan dissipline toon en dat beide groepe toenemende ongelukkigheid en ontevredenheid ervaar. Nadat die drie beginsel-

44

gebaseerde model oor ‘n tydperk van sestien weke met die personeel en leerders toegepas is, het Rees- Evans (2012:110-122) veral op twee positiewe veranderinge gedui, naamlik op persoonlike vlak en verminderde stres. Meer oor die drie beginsel-gebaseerde model sal in Hoofstuk 5 bespreek word. Greenberger en Padesky (2016:292-296) gebruik ter illustrasie van die wisselwerking tussen denke, gedrag en emosie die eenvoudige metafoor van ‘n pêrel om aan te dui hoe ‘n irritasie in ‘n skulp in ‘n pêrel verander: So kan ‘n persoon se irritasies in pêrels ontwikkel as hy of sy leer om sy of haar gedagtes te identifiseer, te verstaan en die vaardighede aanleer om die gedagtes te verander. Die skrywers gebruik die voorbeeld van ‘n haastige persoon in ‘n kruidernierswinkel wat dan besef dat hy of sy haastig is en gespanne raak, maar dat dit ‘n ruk gaan neem om deur die gedrang te beweeg en dat hy of sy net sowel kan ontspan en die inkopies kan geniet. Volgens Greenberger en Padesky (2016:292-296) lei die verandering in denke in hierdie geval tot fisiese en emosionele kalmte.

2.6 SAMEVATTING

Hierdie hoofstuk het ten doel gehad om volgens Osmer se model (2008) te beskryf hoe navorsing rakende denke daar uitsien en die volgende gevolgtrekkings word gemaak:

Gesaghebbende pastoraat en pastorale wetenskapsvorming het sedert die Tweede Wêreldoorlog ontwikkel en die gebruik van literatuur uit ander wetenskappe is wenslik. Die volgende bevindinge rakende die invloed van denke is aan die hand van die volgende onderafdelings gemaak:

 Die invloed op die geestesdimensie kan gesien word uit hoe verkeerde begrip van en denke oor God ‘n persoon se gedrag kan beïnvloed en hoe voorspoedsgodsdiens denke tot manipulasie en verkeerde verwagtinge kan lei.

 Die invloed van denke op die gees, siel en liggaam dui ‘n sterk verweefdheid tussen die aspekte aan en dat denke emosies beïnvloed, wat weer gedrag beïnvloed. Gedrag beïnvloed dan weer hoe die persoon voel en dink.

 Onder die invloed van denke op die emosionele is ondermeer bevind dat skriftelike of verbale uitdrukking aan emosies terapeutiese waarde het, dat daar ‘n verband tussen depressie en denke is en dat denke tydens die selfgesprek ‘n bepalende rol ten opsigte van prestasie speel. Die rol van ‘n verdraaide wêreldbeskouing kan ook ‘n bepalende rol in emosies en optrede hê.

 Die invloed van denke op gedragshandelinge, het aangetoon dat gewoonte-optrede die voordeel het dat dit selfregulerende, lae spanningsoptrede tot gevolge het, maar die gevaar van outomatisering inhou. Onlogiese denke, soos buitengewone verwagtinge van die persoon self of van ander, kan sosiale en emosionele onaanpasbaarheid tot gevolg hê.

45

Voorgaande toon aan dat skadelike denke universeel en onder alle ouderdomsgroepe voorkom en die persoon op alle vlakke van menswees nadelig kan beïnvloed. Terselfdertyd kan die ingebore vermoë om gedagtes positief aan te wend, ‘n kragtige teëvoeter vir faktore soos stres en nadelige reaksies op situasies word.

46

HOOFSTUK 3

’N MULTIDISSIPLINÊRE BLIK OP DIE BEGELEIDING VAN