• No results found

Dit is egter belangrik dat die pastorant moet besef, dat sonder die werking van die Heilige Gees in sy of haar lewe, God en sy Woord slegs maar ‘n teorie sal bly. Hantla (2014:1-4) verwys na die vernuwing of heiliging van denke deur die toepassing van kritiese denke, want denke is betrokke by die ingesteldheid teenoor en benadering van die lewe, die ontwikkeling van intellektuele prosesse en ‘n self bewussyn ten opsigte van vooroordele, motiewe en aannames in ‘n gelowige se lewe. Na die sondeval, was elke faset van die mens se lewe deur die besoedelende uitwerking van sonde geraak, ook die denke. Sonde-besoedelde denke veroorsaak geestelike blindheid, sodat die kennis van God onderdruk word. Lukas 24:38-43 dui daarop dat die dissipels se denke nog nie deur Jesus en die Gees verhelder was nie, sodat hulle gedrag van empiriese getuienis afhanklik was, maar in vers 45 word gesien dat die Gees hulle denke verhelder het sodat hulle die Waarheid kon sien en begryp. Na die werking van die Heilige Gees, kon Jesus sy getuienis sonder die hulp van ‘n gelykenis aan hulle vertel. Die dissipels was nou, danksy die verstandsverheldering deur die Gees, vir die eerste keer in staat om te begryp wat Hy wou oordra. Regdeur die evangelies, het Jesus verklaar dat die Farisieërs baie kennis oor die Skrifte gehad het, maar, omdat hulle Jesus verwerp het, het die Gees nie die Skrifte vir hulle verhelder nie, sodat die Fariseërs nie Jesus as God kon herken nie. Denke wat nie onder beheer van die Heilige Gees staan nie, is dus denke wat nie regverdiging in en deur Jesus Christus kan aanvaar nie (Hantla, 2014:7-8).

Wanneer daar na die uitwerking van Geesbeheerde denke in die pastorant se lewe gekyk word, moet die berader die pastorant begelei tot die volle verstaan van wat Geesbeheerde denke behels. Hiervoor kan ‘n Bybelse raamwerk met die sleutelwoorde soos die volgende gebruik word:

 Toets/ondersoek/bewys (Gal 6:1-4) - dui op die toetsing of goedkeuring van die bevinding. Om die gedagtes aan die Gees te onderwerp, beteken dat die pastorant self-krities moet wees, sy of haar gedagtes moet deursoek en nie onder ‘n vals indruk moet verkeer dat sy of haar gedagtes minder onrein as enige ander persoon is nie. Geesvervulde denke is onderskeidend en kan die goeie behou (Ef 5:10; 1 Tess 5:21) (Hantla, 2014:10).

 Vernuwe (Rom 12:2) - beteken ook om die gedagtes gedurig te ondersoek en dag vir dag (2 Kor 4:16) vernuwe te word. Sodanige getoetse, hersiene gedagtes lei tot deurlopende vernuwing van die persoon as geheel (Kol 3:9-10). Hantla (2014:11) wys op die aktiewe deel van Kolossense 3:9-10, naamlik eerlike selfondersoek (waarin God se wil en waarheid aanduidend is), wat lei tot die passiewe deel, naamlik om dan volgens die resultaat van die selfondersoek deur God vernuwe te word. Efesiërs 4:23 beskryf die vernuwing van denke as om regverdige en heilige gedagtes soos diè van God te hê.

152

 Heiliging - Filippense 2:1-5 beskryf die lewe wat kan volg as die denke na die beeld van Christus herskep word, naamlik ‘n lewe waarin nederigheid, die belang van ander, liefde en harmonie heers (Hantla, 2014:13).

Die pastorant word volgens die A, B C model daarin bemagtig meer beheer oor sy of haar gedagtes uit te oefen deur nugter na opsies te kyk hoe om die impak van die snellergebeure te beperk of te verander en, indien dit nie moontlik is nie, die situasie op ‘n konstruktiewe en Geesbeheerde wyse te hanteer. Van die positiewe gevolge wat die vernuwing van denke ten doel het, is onder andere meer beheer oor die denke, die vermoë om bewustelik innerlike oortuigings te hersien en meer soepelheid ten opsigte van realistiese verwagtinge dat daar uitdagende snellergebeure gewoon deel van die lewe is, maar dat deur gebalanseerde reaksies, beheer oor sy of haar gedagtes en die invloed daarvan ontwikkel kan word. Opsommend kan die proses nou soos volg weergegee word:

Ten slotte moet ook in ag geneem word dat die vernuwing van denke nie ‘n dissipline is wat die individuele Christen in en deur hom- of haarself onderneem nie. Vernuwing van die denke verg nederigheid en afhanklikheid van God om vir die pastorant sy of haar verskuilde denkfoute en tekortkominge uit te wys en sodanig te vernuwe en te heilig om aan die verstand van Christus gelykvormig te word (Hantla, 2014:17).

5.3.6 Stap 6: Herhaling en verfyning van die teorie

Hierdie stap behels die evaluering van die teorie deur tydens elke sessie noukeurig die vordering ten opsigte van die Skriftuurlike begronding en die pastorant se denke, snellergebeure, innerlike oortuigings en/of selfgesprek en die reaksie op die snellergebeure, te monitor en die vorige stappe waar nodig te herhaal.

5.4 EVALUERING VAN DIE VOORGESTELDE MODEL

 Verwagte gevolge van die model

Pastoraat is nie net met die individu nie, maar ook met die groter sosiale konteks gemoeid (Hoofstuk 2, vgl. 2.3.2). Die bewustheid en regstelling van negatiewe denkpatrone, het die potensiaal om alle vlakke van die gemeenskap positief te beïnvloed, daar die individu, verhoudings met ander en die algemene ingesteldheid

A Snellergebeur e B Selfgesprek/ innerlike oortuigings C Reaksie D Nuwe waarheid /oortuiging E Nuwe reaksie

153

teenoor die samelewing deur denke geraak word (Hoofstuk 2, vgl. 2.3.2). ‘n Politieke kommentator, het byvoorbeeld in die gespreksprogram “Praat saam” (Radio Sonder Grense, 4 Julie 2018) die opmerking gemaak dat Suid-Afrikaners aan ‘n slagoffersindroom ly: die een groep glo hulle is die slagoffers van benadeling deur apartheid, die ander groep beskou hulself as die verontregtes van politieke regstelling. In albei gevalle – ongeag van tot watter mate die betrokkenes se belewenis en denke realisties en korrek mag wees – lei die slagofferdenke tot verlamming, onwilligheid en die onvermoë om oplossings vir die situasie te vind. Hierteenoor, beweer die kommentator, kan gedagtes soos “ongeag die onreg, wil ons ter wille van almal in Suid-Afrika oplossings vind” tot konstruktiewe denke en optrede lei. Soos in punt 5.3.1 hierbo aangetoon is, bemoeilik onveranderde denke veranderde optrede. Daarenteen lei gebalanseerde, konstruktiewe denke tot strategieë om negatiewe gebeure meer oplossingsgerig te kanaliseer en sodoende kan denke ‘n positiewe rol in die samelewing speel.

Doelwitte wat ten opsigte van die verandering van die kognitiewe proses gestel is, is aangespreek deur te ondersoek wat gebalanseerde denke behels en wat die invloed van denke op die gees, siel en liggaam is. Aspekte van die pastorant se konteks is in ag geneem ten opsigte van kwessies soos sy of haar agtergrond, innerlike genesing en aanvaarding van gedagtes, eerder as blote onderdrukking daarvan (vgl. 5.3.2 (a) en (b)). Struikelblokke wat die kognitiewe verandering kan beïnvloed, soos innerlike oortuigings en snellergebeure (vgl. 5.3.3 (a) en (b) is ook bespreek.

 Verwagte voordele van die model vir die pastorale berader

Talle beraders het waarskynlik al die benouende gevoel beleef as ‘n pastorant se verhaal en probleme so kompleks is, dat dit oorweldigend is; hoe en waar begin die pastorale berader? Voeg hierby die feit dat pastorante se gedrag soms ten spyte van die begeleiding weinig verander (5.3.1 hierbo). Selfs al sou die pastorale berader besef dat ‘n spesifieke probleem in die pastorant se denkwyse gesetel is, is dit van min waarde om bloot ‘n verkeerde denkwyse vir ‘n persoon uit te wys, want sonder begeleiding gaan diepgesetelde negatiewe denkpatrone moeilik verander. Die daarstel van ’n model bied vir die berader struktuur en riglyne vir sodanige begeleiding tot denkvandering. Die aanpassing van die ses stappe van Anderson (1991) se rasioneel-analitiese model (vgl. 5.3 hierbo) tot ʼn pastorale rasioneel-analietiese model, bied in een oogopslag ‘n raamwerk waarvolgens begeleiding kan geskied, met meer agtergrondsinligting wat in elke onderafdeling meer volledig bespreek word, maar ook benaderings waarop uitgebrei kan word, soos die narratiewe benadering wat in punt 5.3.2 (a) bespreek is. Die raamwerk van die model bied dus ‘n veilige struktuur vir begeleiding, maar is ook buigsaam om die individu se behoeftes en omstandighede in ag te neem.

154

 Verwagte voordele van die model vir die pastorant

Soos in punt 5.3.1 genoem, bevorder die pastorant se insig in die kragtige uitwerking van denke op sy of haar geestelike, fisiese en emosionele welsyn die denkvernuwingsproses. Die pastorant word toegelig oor aspekte soos die limbiese reaksie, aanvaarding van ‘n gedagte en vaardighede soos om bewustheid toe te pas. Ook die wete dat vernuwing van denke ‘n geestelike verantwoordelikheid is, kan die Christen pastorant daartoe inspireer om toenemend Bybelse perspektiewe betreffend denke te ondersoek. Die pastorant kan wegspring met die voorgestelde Bybelstudie (vgl. 5.3.2 (d)) en moontlik later self daarop voortbou. Die persoon word ook daartoe bemagtig om denkfoute en selfleuens (Hoofstuk 3, vgl. 3.5) te identifiseer en reg te stel en om die impak van die selfgesprek en innerlike oortuigings (5.3.3 hierbo) met insig en onder begeleiding van die pastorale berader positief te verander. Die model bied dus die geleentheid dat die pastorant nie meer die slafoffer van negatiewe denkpatrone hoef te wees nie, maar dit deur gebalanseerde, konstruktiewe denke te kan vervang.

 Verwagte gevolge van die model

Die pragmatiese taak van Osmer se model (2008) veronderstel dat aanpassings gemaak word. Met inagneming van die aanverwante dissiplines en die ontwikkeling in byvoorbeeld positiewe en kognitiewe sielkunde en die neurowetenskap, maar sonder die prysgee van die pastorale identiteit, kan kennis van die impak van denke op die brein en handeling, pastorante op fisiese en psigiese gebied bevoordeel. Geesbeheerde denke onderskei en toets gedagte, woord en handeling deur eerlike selfondersoek wat tot ‘n lewe na die beeld van Christus lei (Fil 2:105, vgl. 5.3.5 (b)).

 Moontlike tekortkominge van die model

Die inligtingsontploffing in die aanverwante dissiplines, soos die neurowetenskap, groei daagliks en ’n uitgebreide bespreking daarvan kan die pastorale berader, sowel as die pastorant, oorweldig, daarom is daar slegs enkele voorbeelde uit hierdie velde bespreek met die doel om ’n bewustheid van die beskikbaarheid van sodanige inligting by die berader te skep. Dit mag tegelykertyd as ’n tekortkoming, of ’n pluspunt van die model beskou word: ’n tekortkoming aangesien dit nie meer volledig bespreek is nie; ’n pluspunt omdat dit wel die nodige stimulasie vir verdere ondersoek van die aanverwante dissiplines ten opsigte van ’n spesifieke pastorant se situasie by die berader kan skep.

5.5 SAMEVATTING

Hierdie hoofstuk het ten doel gehad om aan die hand van Osmer (2008) se model, die pragmatiese deel van die ondersoek deur ’n rasioneel-analitiese model ter begeleiding van pastorante in die vernuwing van denke

155

voor te stel. Vir die gelowige sal die Skrif sentraal in sy of haar motivering vir gedagtevernuwing staan, daarom is Skrifgedeeltes wat op denke betrekking het, aan die hand van ’n Bybelstudie ondersoek. Die heiliging van gedagtes vorm ook ’n belangrike deel van die Christen se heiligmaking en geniet ook aandag in die hoofstuk. Moontlike beperkings, soos snellergebeure en innerlike oortuigings is bespreek, asook die ABC model van gedagtevernuwing en –herstrukturering. Laastens is die uiteindelike uitwerking van gebalanseerde, Geesbeheerde denke bespreek. Die navorser vertrou dat die pastorale berader deur die voorgestelde model daartoe bemagtig word om die pastorant in vernuwing van denke te begelei.

156

HOOFSTUK 6

FINALE GEVOLGTREKKINGS EN VOORGESTELDE AREAS VIR