• No results found

DIE SAMESTELLING VAN DIE DEPARTEMENT VAN VERDEDIGING Volgens Steyn (1999: 13) is die Departement van Verdediging in April 1995 gevorm

AFRIKAANSE NASIONALE WEERMAG

4.4 DIE SAMESTELLING VAN DIE DEPARTEMENT VAN VERDEDIGING Volgens Steyn (1999: 13) is die Departement van Verdediging in April 1995 gevorm

met die uitsluitlike doel om siviele beheer oor die weermag uit te oefen. Met die bewindsoorname deur die African National Congress as regering in Suid-Afrika, het die verdedigingsomgewing in Suid-Afrika ’n nuwe era betree en het die integrasieproses van die voormalige – meestal vyandelike – gevegsmagte die samestelling van Nasionale Weermag onherroeplik verander.

Die Departement van Verdediging word gereguleer deur die Verdedigingswet van 1957, Wet 44 van 1957 (Republiek van Suid-Afrika, 1957). Die beleidsraamwerk en die doktrine van die Departement van Verdediging is afkomstig uit artikel 200 (1) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika (Republiek van Suid-Afrika, 1996). Die Departement van Verdediging word in ooreenstemming met die Grondwet en die volkeregtelike beginsels met betrekking tot die aanwending van mag die taak gegee om te verseker dat die territoriale integriteit van die staat en sy mense verdedig en beskerm word. Dit is belangrik om in gedagte te hou dat die White Paper on Defence (South African National Defence Force, 1996a:6) bepaal dat die Nasionale Weermag ’n primêre verdedigingsrol sal speel en dienooreenkomstig ’n struktuur sal onderhou. Die Defence Review (South African National Defence Force, 1998a:7) verklaar hierteenoor dat die Republiek van Suid-Afrika volgens die White Paper on Defence nie nou of in die toekoms enige aggressie teenoor enige ander staat sal toon nie. Aan die Minister van Verdediging word volgens die Verdedigingswet (Artikel 76 (1)) bevoegdheid verleen om alles in sy/haar vermoë te doen of te laat doen wat volgens sy/haar oordeel nodig is om uitvoering aan artikel 200 (1) van die Grondwet te verleen. Wet 108 van 1996, Artikels 198 (c), 199 (5) en 200 (2) verbind egter die Departement van Verdediging tot die volkeregtelike gewoontereg van die Geneefse en

Den Haagse Konvensies24 oor Humanitêre Reg, (Department of Defence, 1997:4-3) en ander internasionale ooreenkomste wat Suid-Afrika bind.

Die White Paper on Defence (South African National Defence Force, 1996a:7) stel dit duidelik dat die Nasionale Weermag ’n gebalanseerde, moderne, bekostigbare en tegnologies aanpasbare militêre mag moet wees. Dit moet geskik wees om alle take wat aan die departement opgedra word, effektief en doeltreffend te kan uitvoer. Alle lede van die Verdedigingsmag moet ook behoorlik opgelei wees in ooreenstemming met standaarde van die internasionale bevoegdheidsvlak. Die White Paper on

Defence (South African National Defence Force, 1996a:13-14) bepaal verder dat die

Departement van Verdediging bestuur sal word volgens die beginsel van demokratiese siviele-militêre beheer, soos grafies in figuur 4.3) voorgestel. Siviele beheer kan dan soos volg omskryf word … a condition to be achieved which ensures

that the military operates in accordance with the Constitution and wishes of the Parliament. These control measures are not aimed at interfering with the military chain of command or the military disciplinary code. They are aimed at integration of the military into a democratic society, strengthening mutual trust between the public and the military, and promoting a sense of honour within the military in serving a democratic, constitutional state (South African National Defence Force, 1994d:4).

• Vlak 0 en 1. Vlak 0 en 1 is verantwoordelik vir beleidsaspekte en die aandui van strategiese rigting eerder as operasionele aktiwiteite, soos in figuur 4.3 en 4.4 en

Department of Defence (1998a:11) aangedui.

¾ Die Minister van Verdediging is aan die president, parlement en kabinet verantwoordelik vir die verdedigingsfunksie en vir die bestuur en uitvoering van die Departement van Nasionale Verdediging (South African National Defence Force, 1996a:13). Volgens die Nasionale Weermag se militêre strategie (Department of Defence, 2001a:1-2) behels vlak 0 verder om die nasionale sekuriteitstrategie van die Republiek van Suid-Afrika te bepaal.

¾ Die Sekretariaat van Verdediging is verantwoordelik vir die demokratiese siviele bestuur van die verdedigingsfunksie, ten opsigte van siviele beheer van die Nasionale Weermag (South African National Defence Force, 1996a:13-14). Volgens die

Vlak 0

Volledige Bestuur van Verdediging

Vlak 1

Vlak 2

Vlak 3

Vlak 4

Figuur 4.3: Die Departement van Verdediging se bestuursvlakke van verant- woordelikheid (Department of Defence, 1998a:11)

Nasionale Weermag se militêre strategie (Department of Defence, 2001a:1-2) is die Sekretariaat van Verdediging in oorlegpleging met die Hoof van die Nasionale Weermag verantwoordelik vir die koöperatiewe strategie van die bepaling van aktiwiteite en beskikbaarstelling van hulpbronne soos gebaseer op die langtermyn- visie en missie van die organisasie.

¾ Die Hoof van die Nasionale Weermag is verantwoordelik vir die uitvoering van die verdedigingsfunksie, ten opsigte van verdedigingsbeleid en operasionele aspekte (South African National Defence Force, 1996a:14 en Verdedigingswet, 44 (8) van 1957).

• Vlak 2. Vlak 2 bestaan uit die stafdivisie (in figuur 4.2 aangedui as Verdedigingstafdivisie) wat primêr gefokus is op beleid, beplanning en kontrole, en gemik op die gee van rigting, eerder as op operasionele aktiwiteite (in figuur 4.4 aangedui as organisasiestruktuur van die Departement van Verdedigingen Department of Defence, 1998a:11).

Voorsitter van Krygkor

Intermediêre Struktuur

Eenhede

Hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag

Minister van Verdediging

Bestuur van Verdedigingstafdivisies

Sekretariaat van Verdediging

• Vlak 3. Vlak 3 bestaan uit intermediêre strukture wat Algemene Ondersteuningsbasisse, Gevegs- en Ondersteuningseenhede, ander noodsaaklike strukture nie gekoppel aan die huidige struktuur nie, die Departement van Verdediging satellietkantore en ander dienskantore gesetel in eenhede op vlak 4 ingesluit, soos in figuur 4.3 en Department of Defence (1998a:11) aangedui.

• Vlak 4. Vlak 4-eenhede is verantwoordelik vir die daaglikse funksionering van die Nasionale Weermag, soos in figuur 4.3 aangedui.

4.4.1 Visie en missie van die Departement van Verdediging

Die visie en missie van die Departement van Verdediging is soos volg:

• Die Departement van Verdediging omskryf die visie (Department of Defence, 2001a; http://www.gov.za/dept/defence/ index.html: 01/09/04) van die departement as volg: To ensure, in accordance with the Constitution, effective defence for a

democratic South Africa, enhancing national, regional and global security through balanced, modern, affordable and technologically advanced defence capabilities. Department of Defence (1999:70) omskryf die Visie van die Departement van

Verdediging as … safeguarding South Africa with affordable, effective defence and

having the respect and gratitude of our nation.

• Die Departement van Verdediging omskryf die missie (Department of Defence, 2001a; http://www.gov.za/dept/defence/ index.html: 01/09/04) van die departement daarenteen as volg: To provide, manage, prepare and employ defence capabilities

commensurate with the needs of South Africa as regulated by the Constitution, national legislation, and parliamentary and execution direction.

Volgens Masondo (1999:30) is die uitdaging vir die Departement van Verdediging in die 21ste eeu om aktief deel te neem aan vredesmissies in Afrika. In die lig van die Afrika– Renaissance soos deur gewese president Mandela en later deur president Mbeki voorgehou, is dit die plig van die Departement van Verdediging om, deur middel van die Nasionale Weermag, op die voorfront van aksies te wees ten opsigte van die voorkoming van konflikte in Afrika. Fursdom (2000:56) ondersteun Masondo wat betref die feit dat konflikte in die toekoms toenemend polities van aard sal wees. Hierdie konflikte sal gesamentlike vredesoperasies, bestaande uit konflikvoorkoming,

aktiewe konflik en nasleepkonflikaksies tot gevolg hê. Die uitdaging vir opleiding in die Departement van Verdediging is dus om vermelde konserwatisme ten goede aan te wend ten einde dit wat waardevol is, te bewaar en terselfdertyd veranderinge aan te bring wat aan die begin van die 21ste eeu van ’n dinamiese Nasionale Weermag vereis word.

4.5 DIE SAMESTELLING VAN DIE SEKRETARIAAT VAN VERDEDIGING