• No results found

Ontwikkelingskursusse in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag

AFRIKAANSE NASIONALE WEERMAG

4.6 DIE SAMESTELLING VAN DIE SUID-AFRIKAANSE NASIONALE WEERMAG

4.6.5 Ontwikkelingskursusse in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag

Ontwikkelingsopleiding vir offisiere in die Nasionale Weermag vind plaas volgens die voorskrifte in ’n gesamentlike offisiersvormingskurrikulum vir die ontwikkeling van gesamentlike opleiding. Offisiersvorming in die verskillende Weermagdele (soos grafies in figuur 4.6[I] uitgebeeld) vind soos volg plaas: in die Leër by die Suid- Afrikaanse Leërgimnasium,31 in die Lugmag by die Suid-Afrikaanse Lugmag- kollege,32 in die Vloot by die Vlootkollege Gordonsbaai en in die Militêre Gesondheidsdienste by die Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdiensakademie33 by Thaba Tshwane. Alhoewel elke weermagsdeel verantwoordelik is vir junior stafopleiding (soos grafies in figuur 4.6[II]), vind die gesamentlike senior bevel en stafkursus (soos grafies in figuur 4.6[III]) by die Suid-Afrikaanse Oorlogskollege plaas en die Uitvoerende Nasionale Sekerheidsprogram (soos grafies in figuur 4.6[IV]) by die Suid-Afrikaanse Nasionale Verdedigingskollege in Thaba Tshwane.

Figuur 4.6: Ontwikkelingskursusse vir offisiere in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (Weller, 2000:15)

Hierteenoor vind die onderoffisiere se ontwikkelingsopleiding totaal gedesentraliseerd plaas, aangesien elke weermagsdeel vir sy eie ontwikkelingsopleiding verantwoor- delik is met min tot geen inspraak in gesamentlike opleiding nie. Hierdie aangeleentheid word in figuur 4.7 grafies uiteengesit en in Hoofstukke 5-8 breedvoerig bespreek. Volgens Projek NERVA (South African Defence Force,

31 Na Suid-Afrikaanse Leërgimnasium sal verder as Leërgimnasium verwys word. 32 Na Suid-Afrikaanse Lugmagkollege sal verder as Lugmagkollege verwys word.

33 Na Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdiensakademie sal verder as Militêre Gesondheidsdiens-

akademie verwys word Funksionele Lyn

Militêre Ontwikkelingslyn

Tweede

Luitenant Luitenant Kaptein Majoor Luitenant Kolonel Kolonel Brigidier Generaal tot Generaall

I

1 2

1989:1) is ’n volledige ondersoek rakende die ontwikkeling van onderoffisiere in die Nasionale Weermag uitgevoer. Hierdie ondersoek het uitgeloop op die ontwikkeling van Projek ALBATROS (Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, 1996:1) waarin onderoffisiersontwikkelingskursusse gestandaardiseer is met inagneming van die verskillende komponente. As die loopbaanvordering van die onderoffisiere bestudeer en ouderdomme aan range en ontwikkelingskursusse, soos in figuur 4.7 en tabel 4.7 uiteengesit, gekoppel word, is die volgende gemiddeldes volgens Moortcraft (2000 en in Suid-Afrikaanse Vloot, 1991:B-1) van toepassing.

Tabel 4.3: Ontwikkelingslyn van onderoffisiere in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (Moortcraft, 2000 en Suid-Afrikaanse Vloot, 1991:B-1)

Jare Diens Ouderdom Rangvlak Ontwikkelingskursus

a b c d

1ste diensjaar

18 jaar Begin met loopbaan en na ses maande verkry die leiersgroep in die Leër die rang van onderkorporaal.

Vlak I van Ontwikkelings- kursus: Vrywillige Militêre Diens in die Leër en Vloot, en basiese militêre opleiding in die Lugmag en Militêre Gesond- heidsdiens.

2de - 3de diensjare

19-20 jaar Leiersgroep in die Leër met die rang van korporaal en die rang van onderkorporaal vir die nie-leiersgroep in die Leër, Lugmag en Militêre Gesondheids- diens, en bevare see- man in die Vloot.

In jaar 2 doen Lugmaglede die junior onderoffisiersontwik- kelingskursus en in jaar 3 doen lede van die Vloot ’n Vrywil- lige Leierskapprogram.

Vlak II van die ontwikkelings- kursusse: In jaar 4 doen lede van die Leër die junior onder- offisiersontwikkelingskursus. 4de – 6de

diensjare

21-23 jaar Ná jaar 4 verkry die leiersgroep in die Leër die rang van sersant en die rang van korporaal word toegeken aan lede van die Lugmag en Militêre Gesond- heidsdiens, en baas- seeman in die Vloot. Ná jaar 6 verkry die lede van die Lugmag en Militêre Gesond- heidsdiens die rang

Vlak II van ontwikkelingskur- susse: In jaar 6 doen lede van die Militêre Gesondheids- diens’n Junior Onderoffisiers- ontwikkelingskursus en lede van die Vloot Militêre Opleiding vir Manskappe Deel 2.

a b c d van sersant en die rang

van bootsman in die Vloot.

7de – 9de diensjare

24-26 jaar Ná jaar 7 verkry die lede van die Leër die rang van stafsersant en ná jaar 9 verkry lede van die Lugmag die rang van vlugsersant. Die Militêre Gesond- heidsdiens kry die rang van stafsersant en lede van die Vloot dié van eerste bootsman.

In jaar 7 doen lede van die Leër die Senior Onderoffisiers Regimentele Dienste.

In jaar 9 doen lede van die Militêre Gesondheidsdiens die Senior Onderoffisiersontwik- kelingskursus, Vlak II van die Ontwikkelingskursusse: In jaar 9 doen lede van die Lugmag die Junior Toesighouerskursus.

10de – 12de diensjare

27-29 jaar Ná jaar 10 word die lede van die Leër adjudant-offisier klas 2 en ná jaar 12 word lede van die Lugmag, Vloot en Militêre Ge- sondheidsdiens bevor- der na die rang van adjudant-offisier klas 2.

In jaar 10 doen lede van die Leër die Senior Onderoffisiers Operasionele Dienstekursus Vlak III van Ontwikkelings- kursusse: In jaar 12 doen lede van die Lugmag die Senior Toesighouerskursus, die Militêre Gesondheidsdiens die

Adjudant-Offisierskursus en die Vloot Militêre Opleiding vir Manskappe Deel 3.

13de – 15de diensjare

30-32 jaar Ná jaar 13 word die lede van die Leër bevorder tot die rang van adjudant-offisier klas 1, terwyl lede van die Lugmag, Vloot en Militêre Gesondheids- diens ná jaar 15.

Vlak III van die Ontwikke- lingskursusse: In jaar 12 doen lede van die Leër die Adjudant- Offisiersontwikkelingskursus.

16de – 28ste + diensjare

33-60 jaar ’n Klein aantal adjudant-offisiere klas 1 word aangewend as Regiment Adjudant- Offisier of Skeeps- provose.

Geen ontwikkeling vind hier plaas nie.

Figuur 4.7: Ontwikkelingskursusse vir onderoffisiere in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (Weller, 2000:14)

4.7 SINTESE

Die relatiewe vreedsame samesmelting van sewe verskillende, meestal vyandelike, militêre magte in een Nasionale Weermag, is ’n toonbeeld van waartoe die toekomstige weermag in staat is. Die Nasionale Weermag het vanaf 13% van die totale nasionale begroting beweeg na tot net meer as 5,7% van die begroting. Dit is ’n aanduiding daarvan dat die weermag ernstig is om in ’n bekostigbare militêre mag te verander. Word die omgewing wat ’n invloed uitoefen op die militêre strategie van die Nasionale Weermag bestudeer, is dit duidelik dat die weermag in ’n bestaanskrisis is weens die aantal nasionale prioriteite wat aandag geniet en waarby die weermag ondersteuning moet verleen. Bydraend tot hierdie faktore is die steeds toenemende druk vanaf die samelewing wat die Nasionale Weermag nie slegs as ’n werkgewer in ’n tyd van werkloosheid beskou nie, maar ook as ’n belangrike rolspeler in die ontwikkeling van die jeug ten opsigte van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling en die Kwalifikasieraamwerk.

Die implikasie vir dié navorsing volgens die vereistes van die Personeelstrategie 2010 is dat die Nasionale Weermag daarop gerig moet wees om ’n bekostigbare, relatief jong gevegsmag te onderhou, wat druk plaas op die beperkte aantal diensjare waartoe lede in die stelsel toegelaat sal word. Hierdie omstandighede plaas nie slegs verdere druk op ’n werklose samelewing nie, maar vereis ook dat die Nasionale Weermag sy

Adjudant Offisier Klas 1 Adjudant Offisier Klas 2 Weerman Onder Korporaal

Korporaal Sersant Staf Sersant

Ontwikkelinglyn Funksionele lyn III II 2 3 1 I

ontwikkelingsopleiding sodanig rig dat lede in die stelsel ook van die nodige kennis, lewensvaardighede en gesindhede voorsien word vir ’n loopbaan buite die weermag. In Hoofstuk vyf word militêre ontwikkelingsopleiding in die Leër geïdentifiseer en gekategoriseer, met die insluiting van die vlag van die Leër ten einde die eenheid met die Nasionale Weermag te simboliseer.

HOOFSTUK 5

OPLEIDINGSKONTEKS VAN DIE SUID-AFRIKAANSE LEËR

5.1 INLEIDING

In die vorige hoofstuk is die konseptuele raamwerk waarbinne die verskillende weermagsdele funksioneer vir die ondersoek gedefinieer en afgebaken. Hierdie hoofstuk begin met ’n konteks van die ontwikkeling van die Leër en begripsafbakening van sentrale konsepte in die hoofstuk. Begrippe wat omskryf word, word bloot gedefinieer ten einde kommunikasie te fasiliteer. Hierna volg ’n bespreking oor die samestelling van die Leër ten einde die visie van die Leër te ondersteun. Die sentrale fokus van die hoofstuk handel oor opleidingstelsels en gevolglik die karaktereienskappe daarvan binne die opleidingsanalise van die Leër. ’n Skematiese voorstelling van die Opleidingskursusse word in figuur 5.2 aangebied. 5.2 KONTEKS VAN DIE ONTWIKKELING VAN DIE SUID-AFRIKAANSE LEËR

Na Uniewording van Zuid-Afrika het ’n behoefte ontstaan om ’n sentrale verdedingsmag op die been te bring. Kragtens die Zuid-Afrikaanse Verdedigingswet, Wet 13 van 1912, soos aanvaar op 14 Junie 1912, was die Leër volgens die Suid- Afrikaanse Weermag (1991:155) die eerste van die Unieverdedigingsmag se drie gevegsdienste wat op 1 Julie 1912 tot stand gekom het. Die oorsprong van die Leër kan egter nagespeur word tot so ver as 1658 toe die Verenigde-Oos-Indiese Kompanjie die eerste burgerwag gestig het om sy klein garnisoen aan die Kaap te beskerm. Die eerste Staande Mag-34lede is in diens geneem op 1 April 1913. Die eerste operasionele offensief van die Leër was egter tydens die binnelandse ontplooiing ter ondersteuning van die Suid-Afrikaanse Polisie,35 gedurende die 1913- Markpleinstaking in Johannesburg en weer in Januarie 1914 tydens die nywerheidstaking aan die Rand.

34 Staande Mag verwys na lede wat permanent deel van die Mag uitmaak (Suid-Afrikaanse Weermag,

1983:311).

BELEIDSTELSELANALISE VAN MILITÊRE OPLEIDING IN DIE SUID-AFRIKAANSE NASIONALE WEERMAG

Figuur 5.1: Skematiese uiteensetting van die navorsing

HOOFSTUK 2

HOOFSTUK 7 HOOFSTUK 3

OPLEIDINGSKONTEKS VAN DIE DEPARTEMENT VAN

VERDEDIGING

OPLEIDINGSKONTEKS VAN DIE SUID-AFRIKAANSE LEËR

OPLEIDINGSKONTEKS VAN DIE SUID-AFRIKAANSE LUGMAG OPLEIDINGSKONTEKS VAN DIE SUID-AFRIKAANSE VLOOT

OPLEIDINGSKONTEKS VAN DIE SUID- AFRIKAANDE MILITÊRE GESONDHEIDSDIENS HOOFSTUK 4 HOOFSTUK 5 HOOFSTUK 1 HOOFSTUK 6 HOOFSTUK 8 HOOFSTUK 9 HOOFSTUK 10 HOOFSTUK 11 BELEIDSTELSELANALISE- BENADERING ALGEMENE INLEIDING EN ORIËNTERING

TEORETIESE PERSPEKTIEWE VAN OPLEIDING

RIGLYNE VIR ’n EFFEKTIEWE MILITÊRE OPLEIDINGSBELEID

VERGELYKENDE BELEIDSTELSELANALISE VAN DIE DEPARTEMENT VAN VERDEDIGING

BELEIDSTELSELANALISE VAN MILITÊRE OPLEIDING IN DIE DEPARTEMENT VAN VERDEDIGING: SAMEVATTING VAN

Figuur 5.2: Skematiese oorsig van Hoofstuk 5 5.1 5.4 5..5.5 5.7.4 5.8 5.3 HOOFSTUK 5 INLEIDING 5.2 5.5.9 5.5.10 5.7.1

OPLEIDINGSKONTEKS VAN DIE SUID-