• No results found

Redegewende verbandsmerkers toon baie spesifieke semantiese relasies met die voorafgaande stuk en vervul ʼn verklarende funksie. Die een gedagte dien ter versterking van die ander. ʼn Lys met redegewende verbandsmerkers kom vervolgens in Tabel 2.6 voor.

Redegewende verbandsmerkers afhangende van

hang af van

berustend op

ǂ Die studente sal almal slaag, afhangende van die tyd wat hulle spandeer aan voorbereiding vir die eksamen.

Hierdie faktore kan ʼn groot invloed hê op die finansiële sukses van die sokkerfees want die sukses hang af van die totale kaartjies wat verkoop is.

Uit korpus 1(29)

ǂ Die studente sal almal na die fees gaan, berustend op hulle maandelikse toelaag en die prys van die kaartjies. aangesien ...misdaad een van die grootste bekommernisse is

aangesien Suid-Afrika die hoogste misdaad syfer ter wereld het.

55 siende dat

met die dat

omdat

omrede

deurdat

Siende dat die infeksiekoers syfers so hoog is is die Afrikaner Burgerlike Netwerk (ABN) tans besig om planne te beraam vir ʼn beter toekoms.

Uit korpus 2(18)

Met die dat daar so baie kaartjies is en die kaartjies so vinnig verkoop, bewys dat die mense reg oor die wêreld ʼn baie groot belangstelling daar in het.

Uit korpus 1(5)

Die gemeenskap leef ook al hoe meer met kleiner inkomste, meestal omdat die broodwinners in baie huishoudings gesterf het.

Uit korpus 2(3)

Suid-Afrikaners sal nooit weer ʼn geleentheid soos die Wêreldbeker wil huisves nie, omrede daar altyd die vrees sal wees dat handeldryf van ons kinders en vrouens sal plaas vind.

Uit korpus 1(109)

Sy geheue word gedwonge aangewakker deurdat hy verplig is om aansoek te doen om amnestie vir ʼn sekere gebeurtenis...

Uit honneurskorpus: 2009 student 30

anders Die ondernemings wat verblyf aanbied aan die toeriste sal bekostigbare pryse moet maak, anders gaan die toeriste nie daar wil bly nie.

Uit korpus 1(38)

as

indien

Die ekonomie kan swaar daaronder ly as ondernemings nie stappe neem teen die voorkoming van VIGS nie.

Uit korpus 2(1)

Indien ʼn land gekies word om die Fifa Sokker-Wêreldbeker toernooi aan te bied moet dit ʼn impak op die land hê.

56 waar

ingeval

mits

Hierdie aspekte sal, waar van toepassing, afsonderlik op veral die film se twee hoofkarakters (Jan en Sarel) toegepas word.

Uit honneurskorpus: 2009 student 31

ǂ Die brandweer was op die toneel, ingeval die voertuig aan die brand geslaan het.

Tog blyk dit duidelik dat die 2010 Wêreldbeker-sokker ‘n sukses sal wees mits daar na alle aspekte van die voorbereidings vir die toernooi gekyk word.

Uit korpus 1(116)

as gevolg van (a.g.v.) Dit is al so erg dat van die onderwysers nie kan skool toe gaan as gevolg van die siekte of virus.

Uit korpus 2(52)

daarom

om die rede/om dié rede

weens die rede

vir dieselfde rede

Alle besighede wil hul produkte en dienste verkoop en het ʼn goeie bemarkings strategie nodig, en daarom stel hul dan iemand (bemarker) aan om dit profesioneel te doen...

Uit korpus 1(83)

Die eier wat Eurinome, die vrou, verskaf het vir die ontstaan van alles. Hier word die maker van die heelal uitgebeeld as ’n vrou. Om die rede kan daar gesê word dat Pieter daarna verwys dat die vrou ontstaan van alles is.

Uit honneurskorpus: 2009 student 24

...maar ʼn besmette persoon sal ʼn swak lewenstyl besit weens die rede dat hulle meskien te swak is om om te sien na die boerdery...

Uit korpus 2(101)

Met die verwagte oorsese besoekersgetal van ongeveer drie honderd en vyftig duisend, kan ons met redelike sekerheid verwag dat daar invloede sal wees wat Suid- Afrika gaan beinvloed. Vir dieselfde rede kan ons aanvaar dat die onderwys ook beinvloed sal word... Uit korpus 1(46)

57 nog een rede/ʼn ander rede

kan ʼn rede wees/is ʼn rede

die rede wat

die rede vir/ʼn rede vir

die rede hiervoor/ʼn rede hiervoor/een rede hiervoor

die rede daarvoor/ʼn rede daarvoor/een rede daarvoor

die rede waarom

Met al die misdaad en negatiwiteit wat daar reeds in Suid- Afrika is gaan die wettig making van prostitusie net nog een rede wees hoekom buitelanders nie Suid-Afrika wil besoek nie.

Uit korpus 1(109)

Nog ’n impak wat vigs op Suid-Afrika het is dat baie kinders albei hulle ouers verloor as gevolg van MIV/Vigs wat dan die rede is dat hulle weeskinders word.

Uit korpus 2(90)

...voer hierdie beeld van die gemeenskap verder wanneer hy sê dat ʼn drempel ʼn nuwe begin en nuwe statusse simboliseer. Die rede wat hy hiervoor verskaf is die grens waaroor ʼn bruidegom sy bruid dra...

Uit honneurskorpus: 2009 student 31

Die enjambement daarin verleen ’n element van tydsverloop aan die gedig en die rede vir die gebruik van die enjambement is om die leser langsaam te laat lees...

Uit honneurskorpus: 2009 student 24

...was al voorheen verlief gewees, alhoewel hulle dit nie geweet het toe hulle ontmoet het nie. Die rede hiervoor is dat hulle mekaar van hulle geheue uitgevee het...

Uit honneurskorpus: 2009 student 25

Toerisme is Suid-Afrika se grootste inkomste en daar is net een rede daarvoor. Suid-Afrikaners weet hoe om vreemdes welkom te laat voel.

Uit korpus 1(105)

Die verkoop van hierdie baadjie sal bydra tot die goei van die land se ekonomie. Die rede waarom daar sulke baadjies ontwerp is, is hoekom Suid-Afrika se misdaadsyfer baie hoog is. Uit korpus 1(94)

58

derhalwe Die woorde is deurgaans steeds semanties verwant en skep derhalwe binding in die teks.

Uit honneurskorpus: 2009 student 15

dienooreenkomstig ǂ As ’n mens gereeld gaan oefen sal jy dienooreenkomstig fikser word.

dus

gevolglik

Die studente wat met MIV/Vigs besmet is kan nie hulle kennis bydrae tot die ekonomie nie, omdat hulle afwesig gaan wees van die werkplek en hulle nie meer produktief kan wees om ʼn inkomste te verdien nie. Dus verloor die Suid Afrikaanse ekonomie mense wat geletterd is...

Uit korpus 2(55)

Die studente voltooi nie hulle studie kurses nie, gevolglik styg die werkloosheidsyfer weer.

Uit korpus (71)

hierom

om hierdie rede

Volgens hom kan die mens nie verder as ʼn liggaamlike en sterflike perspektief reik nie. Juis hierom word sy poësie as aards gekarakteriseer...

Uit honneurskorpus: 2009 student 28

Hierdie enigste geordende reeks is noemenswaardig vanweë die feit dat daar eintlik geen orde rakende tyd aan die verteller se herinneringe toe te skryf is nie. Juis om hierdie rede word die geordende reeks effens geskommel.

Uit honneurskorpus: 2009 student 15

namate Misdaad, korrupsie en geweld se syfers gaan baie styg namate die toeriste ons land binne kom.

Uit korpus 1(56)

na aanleiding (hier)van Cronje (2009) meen egter dat hierdie stereotipiese uitbeelding van mans deur die massamedia getransformeer word van ʼn emosioneel onderontwikkelde spesie tot ʼn komplekse onafhanklike geslag. Na aanleiding hiervan kan gesê word dat sterk onderskeid [nog altyd] tussen manlikheid en vroulikheid getref kan word [is], maar dat die rolle wat hierdie twee genders speel sedertdien begin verander het. Uit honneurskorpus: 2009 student 31

59

nogtans Die skool termyne is gewoontlik nie meer as 2 weke uit mekaar uit nie, dit gee genoeg tyd vir onderwysers om al die nodige werk van die kurrikulum te behandel met die leerders voor die Junie eksamen. Nogtans moet die skoolwerk deeglik deur gewerk word met die leerders en nie af gejaag word nie...

Uit korpus 1(66)

om...te Groot fokus is geplaas op die opgradering van paaie om vervoer te vergemaklik.

Uit korpus 1(18)

op die ou end

eindelik

uiteindelik

Leerders moet self hard werk om die vrugte op die ou einde te pluk.

Uit korpus 1(143)

Na aanleiding van die inhoud, kom dit duidelik na vore dat ons jeug generasie aan soveel negatiewe aspekte blootgestel word dat dit eindelik oorheersend is...

Uit korpus 1(149)

...begin deur hom klavierlesse te gee en dit uiteindelik lei tot die herstel van haar ekwilibrium wanneer hulle as ʼn paartjie terugkeer...

Uit honneurskorpus: 2009 student 29

op die voorwaarde dat

op die kondisie dat/met dien verstande dat

Weereens tree die wet as ʼn begrensende middel op wanneer die staatsamptenaar aan Susan sê dat Pieter slegs herklassifiseer kan word op die voorwaarde dat Matthys hom eers moet aanneem.

Uit honneurskorpus: 2009 student 31

ǂ Die studente mag ʼn raad stig, op die kondisie dat/met dien verstande dat dit aan die universiteit se beginsels voldoen.

op grond van Meeste van die lyers vrees ʼn nuwe leefwyse wat aangeleer moet word. Op grond hiervan kan die effek van Miv/Vigs lei tot groter maatskaplike kwessies naamlik werkloosheid en armoede. Uit korpus 2(25)

60

sodat Eers is daar ’n nabyskoot van Alex, en direk daarna ’n veraf- skoot van die veld wat vinnig verbybeweeg, sodat ’n mens die effek kry dat jy in ’n bewegende motor is en by die venster uitkyk.

Uit honneurskorpus: 2010 student 40

tensy Die volgende is onderskeibare elemente van fantasie soos deur Rademeyer, tensy anders aangedui...

Uit honneurskorpus: 2009 student 6

want Die slaagsyfers op skool kan slegs benadeel word met die wêreldbeker in Suid-Afrika, want skoolwerk word af gejaag in die klaskamers...

Uit korpus 1(66)

Tabel 2.6: Voorbeelde van redegewende verbandsmerkers

Daar word saamgestem met Carstens (1997:292) se subindeling van die merker “indien” as ʼn voorwaardelike merker, omdat dit die voorwaarde skep van een handeling/gebeurtenis wat moet plaasvind, voordat ʼn volgende handeling/gebeurtenis kan geskied (oorsaak-gevolg). Omdat die een handeling aanleiding gee tot die volgende handeling, is die hoofkategorie eerder redegewend, en nie tydsaanduidend soos Carstens (1997:292) aanvoer nie.

Die redegewende verbandsmerker “as” word deur Carstens (1997:292) verder gekategoriseer as voorwaardelik, soos in die geval van die volgende: Die studente sal nie die swemsessies bywoon as daar nie lewensredders langs die swembad teenwoordig is nie. Dit is opvallend om in die korpora te sien dat die sinne waarin dié woord voorkom, ook omgekeerd kan wees, soos dit in die volgende voorbeeld voorkom:

(9) As jy ʼn gastehuis of hotel besigheid oop gemaak het, het jy goed gedink. <Korpusopstel 1(108)>

Hiermee word geïmpliseer dat die voorwaarde om ʼn gastehuis of hotel te open, ʼn goed deurdagte plan was.

Die merker “vervolgens” word dikwels met “gevolglik” verwar. Soos in die volgende voorbeeld gesien word, word “gevolglik” verkeerdelik in die plek van “vervolgens” gebruik:

61

(10) Met ander woorde hoe die karakters geklee is, watter items op die stel is, waar die film afspeel en die algemene storielyn van die film. Gevolglik sal die genre van die film bespreek word... <Opstel honneurskorpus (2009 student 29)>

In dié voorbeeld is dit duidelik dat die bespreking van die genre nie ʼn gevolg is van enige voorafgaande inligting nie, en dat dit bloot ʼn nuwe hoofpunt is wat ingelei moes word deur middel van die merker “vervolgens”. Hierdie foutiewe woordkeuses sal tydens die analiseproses geëlimineer word.

Verder is daar ook verwarring tussen die gebruik van die merkers “mits” en “tensy”. Die gevalle waar die verkeerde woord in die bepaalde konteks gebruik is, sal tydens die analiseproses geëlimineer word. Volgens die korpora word die merker “mits” soms verkeerdelik aangewend wanneer dit in die plek staan van “tensy”. ʼn Voorbeeld hiervan is die volgende:

(11) Die virus is gevaarlik, mits die regte behandeling verkry word. <Korpusopstel 2(101)>

Die merker “mits” word korrek gebruik in ʼn sin soos die volgende: Die virus is nie gevaarlik nie, mits die regte behandeling verkry word. Om die betekenisverskil duideliker te maak, kan die merker “mits” met “as” vervang word, terwyl die merker “tensy” met “behalwe wanneer” vervang kan word.