• No results found

 Tydsaanduidende verbandsmerkers

2.5.1.2 Interaksionele kategorie

Na afloop van die bespreking van die interaktiewe kategorie, kom die interaksionele kategorie aan bod. Die verskil tussen die interaktiewe en interaksionele kategorie kan opgesom word deur te sê dat die interaktiewe kategorie eerder fokus op die verbande wat tussen idees voorkom, terwyl die interaksionele kategorie volgens Ifantidou (2005:1327) fokus op die rol wat beide die skrywer en die leser speel, sowel as die skrywersintensie en lesersbegrip. Die werksdefinisie (kyk Afdeling 2.5) bevat die woord “betrek”, wat ook op die skrywer-leser- verhouding dui.

Die skrywersintensie en lesersbegrip bevorder ’n skrywer-leser-verhouding, omdat albei partye in die lees- en skryfproses betrek word. Die rol wat skrywers speel in die situasie waarin die teks funksioneer (soos die skrywer se persoonlike betreding in die teks), en die hoop wat dit teweegbring dat die lesers op ʼn spesifieke manier sal reageer, is ’n bewys van

87

die verhouding wat tussen die twee partye bestaan (Vande Kopple, 1985:87). Dié verhouding behels verskeie interpersoonlike funksies, soos byvoorbeeld die skrywer se uitdrukking van die leser se verwagte reaksie (Barton, 1995:233). Deur hierdie uitdrukking(s) van die skrywer word sy identiteit gedeeltelik ontbloot en sy verbintenis met die teks word aangetoon, wat tipies is van die interaksionele kategorie (Abdi, 2010:140).

Die interaksionele kategorie bestaan uit verskansers, bekragtigers, houdingsmerkers, relasiemerkers en selfverwysers. Hierdie kategorieë sal telkens bespreek word en toepaslike voorbeeldwoorde sal by elke kategorie in tabelvorm weergegee word.

2.5.1.2.1

Verskansers

Verskansers dien in die eerste plek om die graad van sekerheid van ’n stelling aan te pas, en kan as bedekte stelwyse gesien word. Verskansers word, volgens Crismore et al. (1993:50), nie gebruik om die “krag” van ʼn bepaalde stelling te versag nie, aangesien hierdie “versagtende merkers” deel vorm van houdingsmerkers.

Die begrip verskansers word in Crismore et al. (1993:50) se studie beperk tot linguistiese items wat die skrywer gebruik om sy gebrek aan betrokkenheid teenoor die volle waarheid van die stelling te toon. Hierdie gebrek aan betrokkenheid kan beskryf word as “terughouding”, omdat die skrywer nie sy eie houding of opinie eksplisiet weergee nie. Die skrywer se persoonlike opinie kan dus as ondergeskik beskou word. Hierdie onderskikking bring ook twyfel teweeg, waardeur die skrywer homself beskerm teen kritiek.

Die idee dat verskansers ’n bedekte stelwyse is, staan egter in kontras met die idee dat akademiese skryfwerk op feite gebaseer moet wees en nie op menings nie. ’n Bedekte stelwyse skep die idee dat die skrywer iets wegsteek en nie eerlik is met sy leser nie, of moontlik sy mening aan die leser gee in plaas van ’n konkrete feit. In die funksionele definisie van Weideman (2003:61) (kyk Afdeling 2.3) word duidelik gestel dat akademiese geletterdheid daaroor gaan om onder meer te kan onderskei tussen feite en menings. Die verskillende dele van ’n argument sluit hierby aan en sal vervolgens uiteengesit word (kyk Afdeling 2.8 vir ’n verdere uiteensetting oor argumentasie).

Die oorhoofse komponente van ’n argument is, volgens Underhill (2011:41-42), eerstens ’n stelling, tweedens bewys(e) vir die stelling en derdens ’n teenargument. Die bewyse word in verdere subkategorieë verdeel, naamlik feite (dit wat bewys kan word), ingeligte menings (gebaseer op navorsing en aanhalings deur kundiges in die veld), definisies (die betekenis van ’n woord of frase), statistieke (wetenskaplike ondersteuning) en voorbeelde (kragtige

88

illustrasies). Wat hier belangrik is, is die verwysing na feite en ingeligte menings, omdat dit by verskansers ter sprake is. Die volgende voorbeelde kan ter onderskeiding van feite en ingeligte menings dien:

Feit: Oud-president Nelson Mandela is reeds vir vyf-en-twintig dae gehospitaliseer en woordvoerders meld dat sy toestand kritiek is.

Ingeligte mening: Nelson Mandela gaan miskien nie sy 95ste verjaarsdag op 18 Julie 2013 beleef nie.

Na aanleiding van die feit, kan ’n ingeligte mening daaruit gemaak word. Hierdie ingeligte mening is op ’n feit gegrond, maar die mening is nog nie bewys nie. Die verskanser (“miskien”) is ’n aanduiding dat die nodige bewyse vir hierdie mening ontbreek. Opinies kan geredelik verskans word, omdat dit selde met volle sekerheid as “waarheid” aangebied kan word. Feite wat verskans word, sal egter baie verdag voorkom, omdat daar verwag word dat ’n feit die nodige bewyse bevat om dit met sekerheid weer te gee. Verskansers is daarom gepas by ingeligte menings, maar nie by feite nie.

Verskansers moet versigtig uitgeken word van ander metadiskoerskategorieë, omdat ʼn item wat in een konteks as ʼn verskanser gebruik is, in ʼn ander konteks ʼn ander funksie kan vervul (Abdi, 2010:141). Daarom sal daar deurentyd van konkordansiereëls gebruik gemaak word tydens die analises van data, om sodoende die merkers korrek te kategoriseer. ’n Voorbeeld van ’n geval waar ’n bepaalde item as verskanser gebruik word en daardie selfde item ook in ’n ander funksie aangewend kan word, word in die volgende dialoog geïllustreer:

Ma: Jy moet harder probeer om aan die einde van die semester al jou modules te slaag.

Kind: Ek sal probeer, Ma.

In die ma se spreekbeurt word die woord “probeer” nie as verskanser gebruik nie, maar as blote motivering om ’n groter poging aan te wend. Hierteenoor kom daar in die kind se spreekbeurt ’n mate van onsekerheid voor, want hy sê nie dat hy definitief aan die einde van die semester al sy modules gaan slaag nie. In hierdie geval is dit egter ʼn mening wat verskans word, wat onvanpas is by akademiese skryfwerk.

89

Abdi (2010:143) meen verder dat akademici meer van verskansers as van bekragtigers gebruik maak om hulle bevindings weer te gee, omdat verskansers ʼn mate van oproep tot reaksie is vir die leser. Op hierdie manier word interaksie met die lesers bewerkstellig. Hyland (1994:239) sê eksplisiet dat akademiese skryfwerk ryk is aan verskansers. Die normatiewe getalle wat in Tabel 4.26 uiteengesit is, toon egter aan dat eerstejaarstudente meer van bekragtigers as van verskansers gebruik maak. ʼn Moontlike rede hiervoor kan wees omdat studente hulle leser(s) deur middel van bekragtigers wil oortuig in plaas van die nodige bewyse.

Tabel 2.12 lys vervolgens die voorbeelde van verskansers wat in hierdie studie gebruik sal word.

Verskansers amper

feitlik

byna

’n Mens sou amper kon sê dubbel die normale hoeveelheid inligting moet oorgedra word.

Uit honneurskorpus: 2010 student 40

Feitlik alles in die film is gebaseer op die (ontmaskering van) illusie van “American Beauty”.

Uit honneurskorpus: 2009 student 3

Daar is ’n verhouding tussen die laasgenoemde woorde wat toon dat om medelye te toon teenoor ʼn ander ʼn spontane aksie is; dit gebeur byna vanself.

Uit honneurskorpus: 2009 student 10

blykbaar

hieruit blyk dat

Die besoekers soek blykbaar meer as net verblyf, hulle soek ook ʼn ervaring wat net deur die plaaslike mense van Suid Afrika kan gegee word.

Uit korpus 1(22)

Leerders sal ook deur skole bewus gemaak moet word van die gevare van Vigs en dit blyk asof skole seks onderrig klasse vir leerders sal moet oorweeg.

90

eintlik As gevolg van haar en haar skoonheid laat sy Craig besef dat hy in ’n vervelige eentonige lewe vasgevang is – die sogenaamde “American Dream” – en dat hy eintlik so baie van die werklike skoonheid in die wêreld om hom, heeltemal miskyk.

Uit honneurskorpus: 2009 student 3

kan wees dat Dit kan wees dat hy dit bloot verstaan vanweë sy samewerking met talle swartmense in sy beroep – hy is immers ʼn argitek, wat dus baie met bouers, wat hoofsaaklik swart is, te doen het.

Uit honneurskorpus: 2009 student 27

miskien

moontlik

Indien ons die tyd sou neem om die mooi in alles, self oënskynlike lelike dinge, sou ons ook miskien gelukkiger gewees het en meer betekenisvolle lewens gehad het.

Uit honneurskorpus: 2009 student 3

Leerders gaan heel moonlik baie agter raak met hulle werk en daar sal nie genoeg tyd wees vir ordentelike hersiening nie.

Uit korpus 1(135)

nie noodwendig Om bloot te beskryf wat op skerm is, is nie noodwendig die beste opsie nie.

Uit honneurskorpus: 2010 student 40

nie soseer Denotasie is die kontroleerbare grondbetekenis van ’n teken en konnotasie is al die betekenisassosiasies wat nie soseer deel is van die grondbetekenis nie, maar wel bydrae tot die voller betekenisinkleding van die teken.

Uit honneurskorpus: 2009 student 24

ongeveer/naastenby

omtrent

ǂ Ongeveer/naastenby die hele land is opgewonde oor die sportbyeenkoms wat in Suid-Afrika gehou word.

Daar word gekyk na die sterfsyfers onder onderwysers indien daar nie MIV was nie, daar sal dan omtrent vyf keer minder onderwysers sterf as in vandag se lewe, met MIV sal die sterfsyfer onder onderwysers styg...

91 nagenoeg

sowat

ʼn Direkte ekonomiese voordeel vir die mense van die land is die nagenoeg 159 000 werksgeleenthede wat geskep word, waarvan 40 000 Polisiemanne en 86 000

Veiligheidswagte is.

Uit korpus 1(4)

Die syfers neem toe sowat elke dag...

Uit korpus 2(96)

probeer

[ge]poog

In hierdie werkstuk word uitvoerig verwys na Odendaal se aannames oor vertaling, en na sy opinie oor ander se vertaalvermoë en –wyses. Daardeur probeer ek toon hoe hy – en ek – inskakel by die tradisie/kanon.

Uit honneurskorpus: 2009 student 11

Hier word gepoog om die belangrikstes definisies van hierdie konsep te weergee om ’n basiese verstaan van die konsep te kweek.

Uit honneurskorpus: 2010 student 39

skynbaar Om dus die betekenis van ’n vertaalde woord korrek te peil, is skynbaar nie ʼn kuns nie, maar eerder ʼn vaardigheid.

Uit honneurskorpus: 2009 student 11

waarskynlik Vir die ouderdomsgroep en ʼn leerder met MIV is dit heel waarskynlik die ouers se skuld dat die kind in aanraking met ander mense gekom het wat MIV positief is en die leerder het dit nie geweet nie.

Uit korpus 2(52)

Tabel 2.12: Voorbeelde van verskansers

Ten spyte daarvan dat verskansers net ingespan moet word om die leser se reaksie te ontlok en om die skrywer teen kritiek te beskerm, wend minder ervare skrywers dit dikwels aan om ongegronde stellings mee te verdoesel. Vergelyk die volgende voorbeeld hiervan:

(18) Dit blyk dat MIV/Vigs tans die grootste moordenaar van onderwysers is. <Korpusopstel 2(76)>

92

Daar sou maklik ʼn bewys gegee kon word van wat statisties die grootste oorsaak is van onderwysers se dood. Die skrywer se onsekerheid is duidelik hier sigbaar, omdat die nodige navorsing nie gedoen is nie.

Teenstellings kom ook voor waar die skrywer onseker is oor ʼn feit, maar dit nie aan die leser wil openbaar nie. Kyk die volgende voorbeeld:

(19) Tog blyk dit duidelik dat die 2010 Wêreldbeker-sokker ʼn sukses sal wees mits daar na alle aspekte van die voorbereidings vir die toernooi gekyk word. <Korpusopstel 1(116)>

In dié voorbeeld kom die verskanser “blyk” en die bekragtiger “duidelik” direk bymekaar voor, wat ʼn aanduiding is van die skrywer se verwarring.

Anders as die res van die verskansers wat bykans versigtigheid aantoon, het die merkers “poog” en “probeer” ʼn onseker ondertoon. Indien ʼn skrywer aantoon om slegs te poog om bepaalde aspekte te verduidelik of tot ʼn bepaalde gevolgtrekking te kom, klink hy nie seker van sy saak nie. Dit beïnvloed egter die geloofwaardigheid van die argument, aangesien die leser dan nie maklik die skrywer glo nie. ʼn Voorbeeld waar die merker “poog” nie as verskanser gebruik word nie, maar as ʼn merker van onsekerheid, word vervolgens gegee:

(20) Die volgende opstel poog om lig te werp op die invloed wat MIV/Vigs op adolessente in Suid- Afrika het. <Korpusopstel 2(100)>

2.5.1.2.2

Bekragtigers

Die tweede kategorie onder die interaksionele kategorie is bekragtigers, wat soos verskansers (kyk Afdeling 2.5.1.2.1) oor die graad van sekerheid handel. Die graad van sekerheid wat by bekragtigers ter sprake is, staan egter teenoor die van verskansers, omdat die skrywer nou juis sy sekerheid teenoor ʼn saak weergee. Abdi (2010:142) meen dat bekragtigers in sekere opsigte ʼn negatiewe, aanvallende reaksie by lesers kan ontlok wat die skrywers in ʼn arrogante lig plaas. ’n Bekragtiger word nie as aanvallend bedoel wanneer dit ter bevestiging van ’n feit gebruik word nie.

Dieselfde reël geld by bekragtigers as by verskaners, naamlik dat daar duidelik tussen ’n feit en ingeligte mening onderskei moet word wanneer ’n merker gebruik word wat die graad van sekerheid aantoon. Die volgende voorbeelde kan ter verduideliking hiervoor dien:

93

Feit: Die studente het beslis verlede jaar die lesing wat oor argumentasie handel, bygewoon.

Ingeligte mening: Die studente sal waarskynlik ook volgende jaar se lesing wat oor hierdie onderwerp handel, bywoon.

Dit is korrek om ’n bekragtiger (“beslis”) by ’n feit te gebruik, omdat dit bewys is en as die waarheid aanvaar kan word. Dit sal verkeerd wees om ’n bekragtiger by ’n ingeligte mening te gebruik, omdat daar steeds ’n mate van onsekerheid ontstaan of daardie stelling as waar bewys sal kan word. Die verskanser “waarskynlik” is wel korrek gebruik, omdat dit dui op die onsekerheid wat steeds bestaan oor die geldigheid van die stelling. Die gebruik van ’n bekragtiger is dus gepas by ’n feit, terwyl ’n verskanser gepas is by ’n ingeligte mening, en nie andersom nie. Voorbeelde van dié merkers wat by feite gebruik moet word en nie by ingeligte menings nie, kan vervolgens in Tabel 2.13 gevind word.

Bekragtigers

belangrik[e] Die gesaghebbendheid van die redakteurs, samestellers en outeurs: hierdie is ʼn baie belangrike aspek om in ag te neem aangesien dit die wetenskaplike aard van jou bron gaan bepaal.

Uit honneurskorpus: 2010 student 38

beslis Feit

Die 2010-Sokkerwêreldbeker gaan beslis ʼn ekonomiese hupstoot aan Suid-Afrika gee.

Uit korpus 1(121)15

Mening

Ongeskooldes en werkloses gaan beslis van die geleentheid gebruik maak om die “ryk” toeriste te beroof en om selfs ook te moor vir wat hulle wil hê, wat selfs tans elke dag in ons land gebeur.

Uit korpus 1(80)

94 sekerlik

verseker

ongetwyfeld

geen twyfel/sonder twyfel

Feit

In Karoo dien Afrikaans as die medium waarin die Ek en die Ander kommunikeer, hoewel dit sekerlik nie die moedertaal is van die Ander nie.

Uit honneurskorpus: 2010 student 39

Mening

Die syfers neem toe sowat elke dag, mense regoor Suid- Afrika is sekerlik nie bewus van die kwessie nie en dit word net erger.

Uit korpus 2(96)

Feit

ǂ Die akademiese jaar word met vyf weke verkort. Die tyd vir klaswerk sal verseker minder wees as ander jare.

Mening

Twee maande is ʼn lang tyd en meeste kinders gaan verseker nie aandag aan hulle akademie gedurende die vakansie gee nie.

Uit korpus 1(15)

Feit (Die nodige ondersteuning hiervoor is verskaf.)

ǂ MIV/vigs is ongetwyfeld ʼn kwessie wat ondernemings se winste raak, aangesien dit ʼn uitwerking op produksiekoste en verbruikersmarkte het.

Uit korpus 2(46)

Mening

ǂ Werkgewers is ongetwyfeld negatief ingestel teenoor aansoekers met MIV/VIGS.

Feit (Die nodige ondersteuning hiervoor is verskaf.)

Daar is sonder twyfel gestaaf dat die MIV epidemie ’n ernstige probleem in Suid-Afrika is.

95 Mening

Met al die opgraderings en deeglike beplanning is daar geen twyfel dat die 2010 Wêreldbekker Sokker in Suid- Afrika suksesvol gaan wees nie.

Uit korpus 1(31)

daadwerklik Hy wys hoe tekslinguistiese kennis daadwerklik gebruik kan word om nie net die betekenis van die dialoog, maar ook die algemene gevoel (“ambience”) van dié toneelstuk te peil.

Uit honneurskorpus: 2009 student 9

definitief Feit

Voyeurisme gaan juis daaroor om plesier te verkry deur na iemand te kyk. Hier word Catherine egter gedwing om die toneel dop te hou en sy verkry definitief nie plesier hieruit nie.

Uit honneurkorpus: 2009 student 32

Mening

Gastehuise gaan definitief hulle kostes verhoog vir daardie tydperk omdat daar baie toeriste gaan wees.

Uit korpus 1(108)

dit is belangrik dat Dit is belangrik dat Suid-Afrika as ʼn bekostigbare bestemming bly sodat toeriste na die toernooi terug sal keur na Suid-Afrika.

Uit korpus: 1(84)

dit is duidelik dat Dit is duidelik dat daar ʼn drastiese verandering in die akademiese jaar van onderwys sal voorkom omdat kwartale verkort word en dit moeilik is vir onderwysers om werk af te handel in ʼn korter priode.

Uit korpus 1(114)

dit is ʼn feit dat Feit

Die feit dat hy homself as sewe verskillende persone sien, speel op die simboliese betekenis van die volmaakte getal sewe.

96

Mening (In die volgende geval word ʼn mening verkeerdelik

as ʼn feit aangebied.)

En die feit dat ons in Suid-Afrika nie veel ervaring het in die voorkoming en hantering van mensehandel nie, is ʼn groot, groot kopseer.

Uit korpus 1(140)

hieruit blyk dit duidelik dat Na aanlyding van bogenoemde is dit duikelik dat daar struikelblikke vir die onderwys wag in die jaar 2010.

Uit korpus1(40)

inderdaad

inderwaarheid

om die waarheid te sê

Feit

... en hierdie afdeling van die bundel bevat inderdaad gedigte wat te doen het met die vrou, liefde en die seksuele of erotiese.

Uit honneurskorpus: 2009 student 24

Mening (In die geval op die volgende bladsy word ʼn mening

verkeerdelik as ʼn feit aangebied.)

ʼn Groot persentasie onderwysers het inderdaad nie die selfvertroue om ʼn sekere hoeveelheid werk met die leerders af te handel in ʼn kort tydperk nie.

Uit korpus 1(24)

Hy vind ook uit dat wat hy as waarheid geglo het inderwaarheid leuens was.

Uit honneurskorpus: 2009 student 30

ǂ Studente is baie verward tydens die eerste week van lesings. Om die waarheid te sê het hulle nie ʼn idee wat aangaan nie.

97

2.5.1.2.3

Houdingsmerkers

Vande Kopple (1988:238) begin deur houdingsmerkers (die derde kategorie onder die interaksionele kategorie) te beskryf as metadiskoers wat skrywers toelaat om hulle houdings teenoor voorgestelde inhoud weer te gee. Houdingsmerkers gee met ander woorde die skrywer se affektiewe houding weer teenoor tekstuele inligting. Hierdie houding sluit nie slegs die houding in wat by verskansers ter sprake kom nie, maar ʼn meer uitgebreide reeks houdings (Hyland, 1998:444). Dit is verder ook belangrik om te onderskei tussen bekragtigers en houdingsmerkers, omdat bekragtigers slegs sekerheid teenoor ʼn saak weergee, terwyl houdingsmerkers meer emotiewe of gevoelswaarde het. Volgens Hyland (1998:444) sluit houdingsmerkers emotiewe elemente soos verrassing, verpligting, belang en ooreenstemming in. In aansluiting hiermee meen Vande Kopple (1988:238) dat dié merkers die belangrikheid, belang/betrokkenheid, geskiktheid en persoonlike emosionele gevoelens van die skrywer teenoor die materiaal kan aantoon.

Terwyl Vande Kopple (1988:238) aanvoer dat houdingsmerkers middele is wat betrokkenheid aantoon, verskil Crismore et al. (1993:53) daarvan deur die mening uit te spreek dat houdingsmerkers as middele beskou kan word wat beklemtoon, eerder as om betrokkenheid teenoor ʼn saak te toon. Crismore et al. (1993:53) se beskrywing van houdingsmerkers neig dus meer na bekragtigers as na houdingsmerkers soos dit in hierdie studie gebruik word. ʼn Woord soos “belangrikste” sal byvoorbeeld as ʼn houdingsmerker gekategoriseer word, terwyl dit volgens Hyland (1998:444) se beskrywing eerder onder bekragtigers ressorteer. In hierdie studie word Hyland (2004) se uiteensetting en beskrywing van die kategorieë gevolg omdat dit eerstens ooreenstem met die verskynsels wat in die voorgestelde data voorkom, en tweedens omdat ’n direkte verband tussen die werksdefinisie van metadiskoers en Hyland se metadiskoerskategorieë voorkom (kyk Afdeling 2.5 en Afdeling 2.5.1). ʼn Uitbreiding op Hyland (2004) se kategorie, soos dit in dié studie gebruik word, kan in Tabel 2.14 gevind word.

Houdingsmerkers

dit is hartseer dat/dit is jammer dat/dit is ongunstig dat/dit is onvoordelig dat

ǂ Dit is hartseer dat/dit is jammer dat/dit is ongunstig dat/dit is onvoordelig dat die deurvloeikoerse van studente laag is.

dit spyt my dat ǂ Dit spyt my dat die so min mense ingelig is oor die gevare wat skoonmaakmiddels kan inhou.

ek stem nie saam nie Volgens Rossouw (2006): “Die impak wat MIV/vigs op die sakewêreld gehad het, was veel kleiner as wat voorspel is en die katastrofiese koste wat dit sou meebring, is ook nie

98

gevoel nie.” Met hierdie stelling stem ek nie saam nie omdat regoor Suid-Afrika elke ondernemings ly as gevolg van hierdie virus en nogsteeds word biljoene rande elke jaar voorsien vir navorsing en behandelings.

Uit korpus 2(47)

ek stem saam Volgens verskeie berigte is daar vasgestel dat 89% van