• No results found

Hoofstuk 4: Derde beweging: Die klank van stilte 4.1 Inleiding: Algemene beskouing van stilte

4.3 Positiewe waarde van stilte

Die klem en ondersoek vir hierdie studie, sal vervolgens fokus op eienskappe van positiewe stilte. Hierdie eienskappe wat moontlik van waarde kan wees vir groeperinge soos die ‘Stil en Sterk-tipe’? In kort wil ek aandui wat stilte nie is nie.

4.3.1 Wat stilte nie is nie

 Dit is nie ‘n vorm van Oosterse aanbidding of meditasie nie. Alhoewel daar raakpunte is tussen Christelike stilte en Oosterse verstaan van stilte, is daar ook verskille:

“for the one (Oosters)… meditation is an inner journey to find the centre of one’s being, while for the other (Christelik) it is the concentration of the mind/heart upon an external Revelation… meditation is, then, for … Christians thinking about, reflecting upon, considering, taking to heart, reading slowly and carefully, prayerfully taking in, and humbly receiving into mind, heart and will that which God has revealed…being guided and inspired by the indwelling Spirit of Christ in the consideration of God’s revelation” (Bosman 1998: 61; Toon 1991: 19).

 Stilte is nie net vir uitgesoekte “verligtes” nie.

Die gedagte gaan saam met die verskil tussen Oosterse- en Christelike stilte. In die Ooste moet die pad van verligting saam met ‘n guru gestap word, terwyl die Christelike weg van stilte vir elke gelowige is. Deur die genade van God is stilte ‘n geskenk om Hom te ontmoet in Jesus Christus.

 Stilte is nie gewone stilte nie.

Stilte is nie leeg nie maar vol – swanger met die moontlikheid om die teenwoordigheid van God te herken en te ervaar. Soos in hierdie hoofstuk deur die werke van ander akademici aangetoon word.

67

Dit gaan nie hier oor die oomblik in die erediens wat die liturg sê “Kom ons word stil voor die Here nie”; of “Daar is nou tyd vir stilgebed” nie.

Die punt is egter dat ‘n dieper verstaan van stilte voor God die gemeente die geleentheid bied om God op nog eerliker en inniger vlakke te ontmoet. Stilte beteken wag op God, luister na Sy fluisteringe, net wees voor die Heilige wat kom om sy gemeente, sy bruid te ontmoet.

Psalm 27 vers 14: Wag op die Here! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op die Here! (Die Bybel 1953).

4.3.2 Aspekte van positiewe stilte

Jensen dui daarop dat stilte verskeie vorms kan aanneem en verskeie rolle kan vervul:

“Silence can communicate scorn, hostility, coldness, defiance, sternness, and hate; but it can also communicate respect, kindness, and acceptance” (1973:252). Selfs

Dauenhauer verwys na stilte as ‘n komplekse fenomeen wat terselfdertyd akkommoderend, simpaties, onselfsugtig en deernisvol kan wees dòg met paradoksale kante van sleg, kwaadwilligheid, vyandskap en ‘ver’-giftiging (1982:54).

Alhoewel daar heelwat gesê kan word oor stilte as negatiewe fenomeen, sal die ondersoek graag in hierdie hoofstuk handel met die waarde van positiewe stilte. Dit sal hoofsaaklik ‘n refleksie op akademiese werk wees wat reeds gelewer is ten opsigte van hierdie onderwerp. Die onbepaalde lidwoord ‘n, word doelbewus hier gebruik om aan te toon dat hierdie nie ‘n allesomvattende studie oor die positiewe waarde van stilte is nie, want dit sal ‘n onmoontlike taak wees om in een hoofstuk of in een studie al die literatuur hieroor te gebruik of te kan raadpleeg.

In sy werk Sounding Salvation, trek Cilliers merkwaardige bande tussen die rol en funksie wat musiek, klank en stilte kan speel in die holistiese welstand van die mens. Hy verwoord die waarde van klank as volg (met eie toevoeging en klem in kursief): “This ‘acoustical sounding of salvation’, corresponds with an understanding of faith seeking sound (or silence). It is about acoustics as a spiritual (pneumatological) expression of life; acoustics as beautification of life; acoustics as the existential

68

expression and articulation of a belief system through sound (also the sound of silence)” (Cilliers 2014:11).

Dit wil voorkom asof die positiewe waarde van stilte dus kan bydrae tot die welstand van individue. Daarom sal daar verder in hierdie hoofstuk ondersoek ingestel word na goeie vorme van stilte. Die poging is om vanselfsprekend om deur stilte, vir individue soos die "Stil en Sterk tipe", maar tog ook vir ander lidmate wat hulle hier in kan tuisvind, ‘n moontlike ruimte binne die liturgie te bied.

In die vorige hoofstuk is daar aangedui dat kerklidmate verskillende kommunikatiewe modelle, waarin die gespreekte woord, en musiek wat verskeie genrés insluit, gebruik tydens aanbidding in die liturgie. Wat belangrik is, is dat daar nie ‘n prioriteitsorde vir kommunikatiewe modelle behoort te wees nie, dus ook nie dat die een ‘n ander moet uitsluit nie.

Viljoen verwoord dit mooi deur te sê: “God se openbaring word ontvang deur middel van alle sintuie. Dat alle sintuie by die ontvang van die openbaring ingeskakel is, beteken dat die sintuie gebruik moet word om die gehoor te versterk. Geloof kom deur te hoor - die ander sintuie moet die gehoor ondersteun. Die reuk-, smaak- en tassintuig tree byvoorbeeld by die sakramente in. Wat die gehoor betref, lewer die akoestiese elemente van die gesproke woord, die toon daarvan, die kerkmusiek en stiltes ’n bydra” (Viljoen 2006:3). Stilte kan dus ook regmatig ‘n ruimte wees binne die die erediens waar daar in God se teenwoordigheid gewandel kan word. Dit is moeilik om met woorde te probeer beskryf wat binne die ruimtes van stilte gebeur, dat dit Goddelik is, is ‘n gegewe. Soos wat musiek ruimte bied tot die kononia met God, so is stilte ‘n tuiskom, ‘n is en wees by God. Wanneer Dauenhauer (1982:16) na positiewe stilte verwys, hoofsaaklik as God se domein, gebruik hy die term Deep Silence -‘n eie soortige stilte. ‘n Stilte so diep, dat die omvangrykheid daarvan nie ten volle beskryf kan word nie.