• No results found

Hoofstuk 3: Die tweede beweging: Die klank van musiek 3.1 Inleiding

3.10 Die behoefte aan diversiteit ten op sigte van liturgiese inkleding

3.11.2 Mistiese spiritualiteit

Die affektiewe en dus die belewing om in God se teenwoordigheid te wees, is hier van belang. Stiltes, simbole, meditasie is veel belangriker as ‘n liturgie wat met woorde of vaste gestruktureerdheid gepaard gaan. Hierdie spiritualiteitstipe is ‘n meer na binne gekeerde geloofspad wat in verwondering bly staan oor God se grootheid en teenwoordigheid. Daarom sou die herhaling en nadenke binne ‘n Skrifgedeelte of die herhaling van ‘n lied, vir hierdie spiritualiteitstipe van groot waarde wees, in die voortdurende ‘wees’ midde God se teenwoordigheid. Gebed is om in afwagting na God te luister, om in stil gebed in God se teenwoordigheid te wees.

Ten opsigte van musiek, sou eenvoudige liedere sonder grootse begeleiding, harmonies- of ritmiese ontwikkeling, hier kon dien. Inteendeel, accapella- en responsoriese sang, dra juis by tot die afhanklike erkenning van God alleen.

‘n Voorbeeld van so ‘n lied, is lied 278 in die amptelike Kerkliedboek van die NGK. Die teks is ‘n eenvoudige gebed, waarin die woorde herhaal word met ‘n smeking dat wat God die aanbidder sal aanhoor en vrede sal gee. Die lied word herhalend gesing, met’n aanduiding van ‘n musikale ‘amen’ as aanduiding tot die einde van die moment in die liturgie. Die melodielyn is eenvoudig en kan redelik met vryheid gefraseer word – ‘n soort ruimte vir nadenke en stilte oor die pas gesonge woorde. In hierdie lied dui

53

die rusteken voor die herhaling van die eerste woorde op nadenke en rus in God. Ook die oop notebalk na die eerste versreël dui op ‘n vryheid in die sing van die lied en ‘n ruimte in afeagting van die komende versoek wat tot die Here gerig word.

Kerkliedboek 278 Hoor ons bid, o Heer; hoor ons bid, o Heer

Verhoor tog ons gebed en gee ons vrede.

Amen

(Liedboek van die Kerk 2001).

3.11.3 Hartspiritualiteit (Charismaties georiënteerde lidmaat )

Hierdie spiritualiteitstipe stel geloofservaring deur persoonlike belewenis waar emosie, passie in die uitleef van hul geloof saam met ander gelowiges, voor op staan. Woordverkondiging is ook vir hulle belangrik, maar veral waar die interpersoonlike verhouding tussen God en mens die sentrale fokus is. Hier is die hart van God en omgee vir die naaste belangrik.Die inkleding van die liturgie is minder gestruktureerd of formeel, met die intensie om ‘n meer ‘warmer’ gevoel vir erediensgangers te koester. Wanneer daar gebid word, geskied dit in vryheid en op ‘n meer spontane wyse waar die gevoel en emosies wat die gelowige beleef, duidelik hoorbaar is. Sang sal goed beskryf kan word met die voorbeeld van Liedboek 286. Hier word ‘n beryming van die gebed om vrede van Francis van Assisi, gevind. Die fokus is op Goddelike liefde en vrede wat vanuit die hart na ander sal uitkring. Musikale opmerkings: musikaal is die lied nie konstant in metrum en tempo nie. Die lied begin met ‘n opslagmaat in ‘n majeur toonaard en beweeg na die eerste twee lyne na die verwante mineur – ‘n tipiese akkoord progressie wat ook ‘n verandering in die gemoedstoestand te weeg kan bring. Opmerklik dat teks en harmonie mekaar hier

54

aanvul. Die mineur (treuriger) klanke word saam met woorde soos; “waar haat is” en “pyn en smart” gebruik ‘n meer emosionele karakter te bewerk. Naas die strofe gedeelte, volg ‘n soort refrein wat musikaal effens anders daarna uitsien. Die teks “om ander hoër as myself te ag” word gekenmerk deur ‘n definitiewe stygende melodiese beweging en ‘n fermata om klem te lê op die teksinhoud15. Ook aan die einde van die refrein kom ‘n soortgelyke gebruik voor, maar hierdie keer geld ‘n nóg langer pose wat sou dien as ruimte vir nadenke tot die teologiese inhoud van wat pas gebid is.

Kerkliedboek 284

Laat, Heer, u vrede deur my vloei - waar haat is,

laat ek daar u liefde bring Laat ek in pyn en smart vertroostend wees

en krag gee deur geloof in U, o Heer.

O Heer, help my om altyd so te leef - om ander hoër as myself te ag. Ja, om lief te hê - ander bo myself - en ook eerder te gee as te verwag.

55

2. Laat, Heer, u vrede deur my vloei - en laat ek hoop gee waar daar twyfel is. Ek wil u lig in duisternis laat skyn. Laat ware vreugde altyd uit my straal.

O Heer, help my om altyd so te leef - om ander hoër as myself te ag. Ja, om lief te hê - ander bo myself - en ook eerder te gee as te verwag.

3. Laat, Heer, u vrede deur my vloei - leer my om ook soos U te kan vergeef. Maak my bereid om aan myself te sterf, dat ander U al meer in my kan sien. (Liedboek van die Kerk, 2001).

56

3.11.4 Handspiritualiteit

By handspiritualiteit, of ook bekend as Koninkrykspiritualiteit (Ware 1995), geld praktiese gerigtheid tot die uitlewing van geloof. Geloof moet dus oorgaan tot dade en sigbaarheid. Uitreikaksies waar daar op voetsoolvlak gewerk word, sou geld by hierdie groep. Dit gaan hier oor ‘n bewussyn van koninkryk gerig wees, om die hande en voete van Christus te wees. Gebed is gewoonlik misionaal gerig en fokus op die werk binne die Koninkryk of op die uitbreiding daarvan. ‘n Liturgie wat veral die visuele stimuleer en fokus op ‘n gerigtheid na buite, sou hier dien. Liedboek 488 is ‘n goeie voorbeeld wat binne hierdie spirituliteitstipe sou figureer. Musikaal word die lied in duidelike 4- slag maat gesing, bykans ‘n mars ritme wat op beweging dui. Ook die melodie is nie te ingewikkeld nie, dog duidelike ritmiese patrone en ‘n wye omvang word toegpas. Laasgenoemde kan as aanduiding dien vir die omvangrykheid van die Koningkryk waarna uitgereik moet word.

Kerkliedboek 488 1. Helder skyn u lig vir die nasies, ‘n vreugdeglans om die mense te verlig

tot die hele wêreld kan sien U is die lig.

57

2. Vrolik klink ons lied vir die volke, ‘n pryslied bring

al die nasies om ons saam

tot die hele wêreld kan jubel oor u Naam Mag u lof, Heer, deur ons klink.

3. Balsem bring herstel vir die wonde, ‘n sagte salf vir die mense met hul seer tot die hele die wêreld kan sien

dat U genees.

Mag U troos, Heer, deur ons bied.

4. Heer, u Woord gee hoop aan die nasies; ‘n hartvol hoop om die volke te verbly tot die hele wêreld kan glo dat U bevry. Mag U hoop, Heer, deur ons gee. (Liedboek van die Kerk 2001).

58